You're offline
Skip to content
Addendum

Grade 12 NSC History P2 (Afrikaans) 2015 Preparatory Examination Addendum_hlayiso.com_.pdf

Subject: HistoryGrade 12201514 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2015 10792 GESKIEDENIS – ADDENDUM TWEEDE VRAESTEL 14 Bladsye 3 b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 2 (Tweede Vraestel) 10792/15 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN – 2015 GESKIEDENIS (Tweede Vraestel) VRAAG 1 WATTER IMPAK HET DIE FILOSOFIE VAN SWART BEWUSSYN OP DIE SKOLIERE IN DIE 1970’s GEHAD? BRON 1A Die volgende uittreksel fokus op die filosofie van swart bewussyn Alles in die swartman het ʼn dop geword, ʼn skaduwee van ʼn mens, heeltemal verslae, gedompel in sy eie smart, ʼn os wat die juk (las) van onderdrukking soos ʼn mak skaap (stilweg) dra. Dit is die eerste feit, bitter soos dit ookal is, wat ons moet aanvaar voordat ons met enige program om die status quo (bestaande toestande) te verander. Dit word nodig om die waarheid te sien, soos wat dit is, as jy aanvaar dat die enigste maatstaf vir verandering hierdie mense is wat hulle persoonlikheid verloor het. Die eerste stap, is dus om die swartman tot homself te laat kom, om lewe terug te blaas in sy leë dop; om hom met trots en menswaardigheid te vul, om hom te herinner aan sy eie aandadigheid in die misdaad om homself te laat misbruik en daarom toe te laat dat onheil ʼn opperhand het in sy geboorteland. Dit is wat ons bedoel met ʼn proses van selfondersoek. Dit is die definisie van Swart Bewussyn. [Aangepas en vertaal uit: Steve Biko: I write what I like, geredigeer deur A Stubbs] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 3 (Tweede Vraestel) 10792/15 BRON 1B Hierdie uittreksel lig die invloed wat Swart Bewussyn op die jeug van Soweto in 1976 gehad het uit. Dit was duidelik in die maande voor en na die historiese mars op 16 Junie 1976 dat die stryd teen Afrikaans nie bloot ʼn probleem oor ʼn taal was nie. Omhul (saamgevat) in die verwerping van Afrikaans was ʼn reeks griewe oor Bantoe-onderwys, die haglike (swak) toestande in die townships, die onderdrukking van swart ontevredenheid (griewe) en die miskenning van swart aspirasies, met ander woorde, die stelsel – apartheid – het ondraaglik geraak. Ondanks die groeiende ontevredenheid onder swart mense, was politieke mobilisasie baie beperk in die townships in die laat 1960’s en vroeë 1970’s. Daar was egter twee parallelle prosesse wat in hierdie tydperk ontvou het, wat sou saamsmelt (ontmoet) en swart politiek fundamenteel verander. Eerstens was daar ʼn skerp toename in die getal swart skoliere, veral in sekondêre skole. Vir die eerste keer in die land se geskiedenis was daar ʼn miljoen swart skoliere op skool, wat ʼn belangrike sosiale mag uitgemaak het. Tweedens, Swart Bewussyn het jong swartmense van die politieke gereedskap voorsien om die aard van onderdrukking te verstaan en het by hulle ʼn gees van ongehoorsaamheid gekweek. Dit het ook politieke samehorigheid gekweek by hulle wat voorheen gefragmenteerd was en het weerstand versprei en dit het blanke verdeeldheid openlik uitgedaag. Swart Bewussyn is deur Steve Biko en sy kamerade in tersiêre instellings ontwikkel waar dit spoedig wydverspreide gewildheid verwerf het. Terwyl swart universiteitstudente na vore getree het om blanke minderheidsoorheersing uit te daag, het hulle lae getalle aanvanklik die breë impak van hulle aksie beperk. In teenstelling het die aansienlike hoër getal skolierebevolking oor ʼn baie groter potensiaal beskik om weerstandspolitiek te beïnvloed. Die 1976-opstand is gekenmerk deur die outonome aksie van swart skoliere wat op hulle eie gemobiliseer het, hulle eie onafhanklike organisasies gestig het en politieke programme en optrede in die aansig van hewige onderdrukking deur die staat geloods het. [Aangepas en vertaal uit: http:// v1.sahistory.org.za/pages/hands-on-classroom] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 4 (Tweede Vraestel) 10792/15 BRON 1C Die volgende uittreksel deur Seth Mazibuko fokus op sy verhoor in 1977. Dit sit die planne vir die opstand op 16 Junie 1976 in Soweto uiteen asook die rolle van die BCM en SASM. “Op 13.6.76 het ek ʼn vergadering bygewoon. Daar was verskeie skole uit Soweto verteenwoordig op hierdie vergadering; dit was dus ʼn baie groot vergadering. Die hoofspreker was ʼn man genaamd Aubrey [moet nie met Aubrey Mokoena verwar word wat nie daar was nie] wat aan ons verduidelik het wat die doelwitte en fokuspunte van die SASM was. Hy het ook die gebruik van Afrikaans as onderrigmedium of taal bespreek en het die prefekte van ons skole vorentoe geroep om te verduidelik wat die posisie was. Ek het opgestaan en die vergadering vertel dat Phefeni [Junior Sekondêre] Skool geweier het om Afrikaans te gebruik en dat hulle klasse in Mei 1976 geboikot het. Aubrey het toe gevra hoe ander skole ons kan ondersteun omdat hulle eksamen moes skryf en ons [Phefeni] nie ... Don [Tsietsi] Mashinini het ʼn massa betoging voorgestel wat op 16.6.76 in alle swart skole gehou sou word. Die verkiesing van die nuwe [Soweto streek] komitee van die SASM is toe gehou. Die volgende lede is toe tot die komitee verkies: President, Don Mashinini van Morris Isaacson; Vise- President, Seth Malibu; ekself as sekretaris; ʼn damestudent uit Naledi Hoërskool – ek weet nie wat haar naam is nie [Sibongile Mkhabela]. Aubrey het ook verduidelik dat alle prefekte en monitors in ʼn Aksiekomitee georganiseer sou word. Hierdie komitee het uiteindelik op 15 Junie 1976 bymekaargekom om strategieë te konsolideer aangaan die optog van 16 Junie 1976. Mazibuko se betrokkenheid by die gebeure wat 16 Junie 1976 vooraf gegaan het, beklemtoon die deelname en ondersteuning van die BCM en ANC aan die SASM. Al het die SASM-leiers tot twee kampe behoort – die wat by die BCM betrokke was en die wat tot die ANC behoort het – het die gemeenskaplike doelwit ʼn skeuring verhoed. [Vertaal en verwerk uit: The Road to Democracy in South Africa: volume 2. (bladsye 339 en 340) deur Sifiso Mxolisi Ndlovu] onttrek op 12 Junie 2015 b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 5 (Tweede Vraestel) 10792/15 BRON 1D Die volgende foto toon studente wat plakkate dra teen die gebruik van Afrikaans as onderrigmedium. TE HEL MET ONS WIL NIE AFRIKAANS AFRIKAANS HÊ NIE [Geneem uit: Every Step of the Way: The Journey to Freedom in South Africa by M Morris] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 6 (Tweede Vraestel) 10792/15 VRAAG 2 HOE HET DIE WAARHEIDS- EN VERSOENINGSKOMITEE (WVK) TEENOOR SUID- AFRIKA SE VERDEELDE VERLEDE OPGETREE? BRON 2A Hierdie uittreksel verduidelik die doelwitte van die Waarheids- en Versoeningskomitee (WVK) wat in 1995 gestig is. Daar is twee uiters belangrike dinge wat uit die Waarheids- en Versoeningskomitee na vore gekom het. Die eerste was dat dit ʼn merkwaardige en wydstrekkende openbare blootstelling aan menseregte-oortredings en misdade wat onder die apartheidsregering gepleeg is ... dit het ʼn voorheen steeks bevolking gedwing (al was daar steeds ontkenning op een vlak) om in te sien dat Apartheid moreel verkeerd was; dat dit ʼn misdaad teen die mensdom was. Dit het ʼn argief geskep waar mense hulle verlede kon ondersoek en hopelik daaruit kon leer. Tweedens het dit gewone mense toegelaat om uitdrukking te gee aan die lyding onder die regering. Dit het ʼn heeltemal katariese (terapeutiese of helende) funksie vir baie slagoffers gehad. Dit is op hierdie manier dat ʼn soort rekonsiliasie reeds plaasgevind het. [Vertaal en geneem uit: www.wits.ac.za Traces of Truth – The South African TRC] Geneem op 4 Junie 2015 b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 7 (Tweede Vraestel) 10792/15 BRON 2B Die volgende uittreksel fokus op die reaksie op die werk van die WVK. Twee maande voordat sy verslag gepubliseer sou word in Oktober 1998 het die WVK opsommings van sy bevindings aan ongeveer 200 individue en organisasies gestuur wat geïdentifiseer is vir menseregtemisbruike. Hulle reaksie was regdeur vyandig. De Klerk was kwaad dat hy genoem is “ ʼn medepligtige aan menseregtemisbruike” en het by die Hooggeregshof aansoek gedoen om ʼn interdik teen ʼn uittreksel van 30 bladsye wat na hom verwys het. Die ANC se reaksie was meer van ʼn skok. Woedend omdat hulle vir oorlogsmisdade geïdentifiseer is, het die ANC aansoek gedoen om ʼn vergadering met die WVK, om hulle hulle bevindinge te laat herskryf. Die WVK het op ʼn skriftelike voorlegging aangedring, maar het die vergadering geweier. Die ANC het in reaksie gesê dat die WVK die teen-appartheidstryd gesê dat die WVK die teen-apartheidstryd gekriminaliseer het. [Vertaal en geneem uit: http://mobi.iol.co.za/#!/article/trc-files-reveal-damning-truth-1.1843834] Geneem op 12 Junie 2015 b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 8 (Tweede Vraestel) 10792/15 BRON 2C Hierdie spotprent, geteken deur Zapiro, evalueer die werk van die WVK. AANGEVAL VAN LINKS, REGS EN VAN VOOR, MAAR ONS HET DIT GEMAAK MENEER!! [Uit: The Sowetan, 29 Oktober 1998] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 9 (Tweede Vraestel) 10792/15 BRON 2D Die volgende uittreksel evalueer getuienis wat voor die WVK gelewer is. Ongeveer 147 transkripsies van vertroulike WVK-verhore is aan die Suid-Afrikaanse Argief oorhandig (SAHA) deur die Departement van Justisie nadat die Argief dekade lank gesukkel het om dit te kry. Hierdie dokumente bevat plofbare feite oor spesifieke menseregte- oortredings. Die vertroulike WVK-verhore is onder Afdeling 29 van die Bevordering van Nasionaliteitswet (1995) gehou. Voormalige hoof van ondersoeke, Dumisa Ntsebesa het gesê dat “dit van die allergrootste belang is dat lêers in die openbare domein beskikbaar moet wees aangesien hierdie dokumente ernstige vrae opper vir die NPA (Nasionale Vervolgingsgesag) oor sake wat nie opgevolg is nadat die WVK sy deure gesluit het nie.” Uit hierdie rekords het hy gesê, sal dit duidelik blyk dat “ons oortreders met deeglike tog hoflike ondervraging gekonfronteer het en hulle amnestie-aansoeke volledig moes wees, nie toegesmeerde weergawes nie.” Nou kan almal sien dat die ondersoek-eenheid oortreders met verdoemende prima facie- bewyse gekonfronteer het en dit slaan mens dronk dat niemand vervolg is toe die Departement van Justisie hierdie getuienis tot sy beskikking gehad het nie. Hy het gesê dat inligting wat in die verhore verkry is deur die regering gebruik moes word om op kontant en bates beslag te lê wat deur geheime strukture soos die Burgerlike Samewerkingsburo wat uitgewys is as medepligtig aan die dood van Anton Lubowski, David Webster, Dulcie September en ander misdade soos die bombardering van Vader Michael Lapsely. [Vertaal en verwerk uit: http://mobi.iol.co.za/#!/article/trc-files-reveal-damning-truth-1.1843834] Geneem op 12 Junie 2015 b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 10 (Tweede Vraestel) 10792/15 VRAAG 3 WAAROM HET SUID-AFRIKA BY DIE BRICS-GROEP AANGESLUIT? BRON 3A Die volgende bron sit NEPAD se visie vir Afrika in 2002 uiteen. Die NEPAD-brosjure wat by die Wêreld Ekonomiese Forum gesirkuleer is, sê: “Ons is by ʼn belangrike kruispad in die geskiedenis. ʼn Kritieke massa in leierskap het op die kontinent en oorsee ontwikkel wat werklik toegewy is aan die regenerasie van die kontinent. Afrika het die afgelope jare gevorder, die samekoms van ʼn ooreenkoms oor internasionale ontwikkelingsdoelwitte en ʼn gemeenskaplike agenda vir Afrika is bewyse daarvan. NEPAD het ook drie nuwe sleutelelemente geïdentifiseer: Dit is ontwikkeling van Afrika, beheer en besit deur Afrika; dit bring die konsep van ʼn nuwe vennootskap (met gemeenskaplike verpligtinge, ondernemings, belange, bydraes en voordele) na vore en Afrika onderneem sekere verpligtings en verantwoordelikhede in sy eie belang wat nie voorwaardes is wat van buite af opgelê is nie. Nigerië se President Obasanjo het op die WEF se konferensie in Durban in Junie 2002 gesê dat Nepad die eerste is om ʼn alles-inklusiewe plan daar te stel wat deur Afrika-leiers vir Afrikane ontwikkel is. Dit is Afrika se poging om met wêreldvraagstukke te deel. Een van die primêre doelwitte is om vrede te skep, want Afrika kan nie ekonomies ontwikkel sonder vrede nie. En sonder vrede kan die wêreld nie praat van om terrorisme effektief te beveg nie. “Wat sal verander is die houding van leierskap in Afrika” het Mosambiek se President Chissano gesê. “Nepad is eerstens ʼn vennootskap met Afrika en dan ʼn vennootskap met iemand anders. Ons behou die inisiatief.” Ander sleutelonderwerpe van die proses is die uitroei van armoede en die daarstel van goeie regering en demokrasie op die kontinent. “Ons stel hierdie standaarde oor onsself in omdat ons weet dat daar geen alternatief is nie,” het Obasanjo gesê: “As ons misluk, kan ons net onsself blameer, so ons mag nie misluk nie.” Die sleutel in Nepad is “vennootskappe” – tussen Afrika en die res van die wêreld, tussen Afrika-nasies onderling en tussen regering en burgerlike samelewings, hy het bygevoeg dat die Nepad-proses die eerste keer in die geskiedenis is dat ʼn ooreenkoms tussen Afrika met die res van die wêreld gesluit word. [Vertaal en verwerk uit: http://www.southafrica.info/business/economy/development/nepad.htm] Geneem op: 18 Junie 2015 b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 11 (Tweede Vraestel) 10792/15 BRON 3B Die volgende bron fokus op die redes hoekom Suid-Afrika by die BRICS-groeplande wou aansluit. In 2010 het Suid-Afrika by die BRIC organisasie probeer aansluit in ʼn poging om groei te stimuleer en onderlinge verbinding te verseker deur die Afrika-kontinent by die organisasie te laat aansluit. Jacob Zuma het in 2010 die BRIC-lande elkeen besoek om hulle te oortuig dat Suid-Afrika se lidmaatskap die vorming van BRIC sou wettig. Suid-Afrika het die argument gehandhaaf dat BRIC ʼn Goldman Sachs konfigurasie (struktuur) sou hê totdat lidlande op hulle eie besluit oor lidmaatskap. Suid-Afrika het ook die geleentheid gesien om sy eie ekonomiese integrasie op die kontinent te verseker deur vennootskappe met BRIC-maatskappye en finansiële instellings. Terwyl hulle die aanspraak gemaak het dat die land die eerste bestemming was vir buitelandse kapitaal, het staatsamptenare die land in staat gestel om die eerste Suid-Afrikaanse maatskappye in staat sou stel om verdere projekte deur Suid-Afrika op die kontinent te befonds. Met Suid-Afrika se groeikoers van 3% wat baie laer is as ander lande, is daar ʼn skynbare wanbalans tussen die nuwe toetreder en die vier ander lande. Suid-Afrika hoop om dit tot sy eie voordeel te gebruik deur homself te plaas as ʼn poel vir BRIC-beleggings in Suid-Afrika se gevorderde ekonomie, asook ʼn basis te wees vir verdere beleggings deur BRICS in die Afrika- kontinent. Die Republiek beskik ook oor interne stabiliteit, histories sterk finansiële markte en effektiewe reguleerders wat gunstig beskou word deur buitelandse beleggers, veral deur dié wat wil begin met pan-Afrika ondernemings. Suid-Afrikaanse ondernemings is wydverspreid in Afrika en die belangrikheid van tradisionele magte soos SASOL, SABMiller, Telkom en Anglo American beteken dat Suid-Afrika op ʼn korporatiewe (handels-)vlak by sy BRICS-vennote kan kersvashou ... Die BRICS-betrokkenheid in Afrika gee ʼn duidelik beeld van die verhoogde belangstelling in die kontinent en waarom Suid-Afrika as ʼn leier in belegging in hierdie streek beskou kan word. Vertaal en verwerk uit: http://theafricanfile.com/public-diplomacy/international-relations/globalization-in-emerging- markets-united-how-south-africa%E2%80%99s-relationship-to-africa-serves-the-brics/ Geneem op: 14 Februarie 2015 b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 12 (Tweede Vraestel) 10792/15 BRON 3C Hierdie spotprent lewer kommentaar op die BRICS-groep wat wegbreek van die G8-lande. DIE GROOT ONTSNAPPING [Vertaal en verwerk uit: http://www.les-crises.fr/2014/09/] Geneem op: 14 Februarie 2015 b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 13 (Tweede Vraestel) 10792/15 BRON 3D Die bron ondersoek die stigting van die Nuwe Ontwikkelingsbank en die rol van die BRICS- groep. NUWE ONTWIKKELINGSBANK (NOB) BRICS het, in sy Fortaleza-verklaring die stigting van ʼn Nuwe Ontwikkelingsbank aangekondig met die aanvangskapitaal (bedrag) van $50 biljoen met gelyke kapitaalbeleggings deur al die BRICS-lande. Hierdie kapitaal kan, indien moontlik, tot $100 biljoen verdubbel word. Shanghai in China, is as die hoofkwartier van die BRICS-ontwikkelingsbank verklaar en Indië is vir die eerste ses jaar President van die Nuwe Ontwikkelingsbank. ʼn Raad van goewerneurs en ʼn Raad van Direkteure onder die voorsitterskap van Rusland en China is aangestel. Die Fortaleza-verklaring is uitsonderlik omdat dit die slagspreuk: “Een land, Een stem” vir die voorgestelde bank aanvaar het. In teenstelling met die Bretton Woodsstelsel het BRICS besluit om die kapitaal op ʼn gelyke stembasis te verdeel en die kapitaal sal vir volhoubare ontwikkelingsprojekte in lidlande aangewend word ter afsluiting kan gesê word dat die BRICS- ontwikkelingsbank geskep is vanweë die ontevredenheid in die ontwikkelende lande oor die dominasies van die ontwikkelde lande in Wêreld Finansiële Instellings en om die leiding van die Bretton Woods-Tweeling uit te daag. As hierdie inisiatief in staat is om die ekonomiese wanbalans te oorleef, sal dit beslis die BRICS-lande bevoordeel en hulle sal beter ekonomiese groei kan bereik en sal meer gesag in wêreldpolitiek kan bereik. Vertaal en verwerk uit: http://wiseauthority.wordpress.com/2014/08/29/brics-new-development-bank-an- alternative-to-bretton-woods-system Geneem op: 14 Februarie 2015 b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 14 (Tweede Vraestel) 10792/15 ERKENNINGS: Visuele bronne en ander historiese getuienis is uit die volgende geneem: http://www/dirco.gov.za/docs/speeches/2007/mbeki0531.htm. http://www.edrc.net/ActivitiesText.htm. http://www/globalissues.org/article/3/structural-adjustment-a-major-cause-of-poverty. http://www.imf.org/external/np/exr/ib/2002/031502.htm. www.wits.ac.za Traces of Truth – The South African TRC. http://www.southafrica.info/business/economy/development/nepad.htm http://theafricanfile.com/public-diplomacy/international-relations/globalization-in-emerging -markets-united-how-south-africa%E2%80%99s-relationship-to-africa-serves-the-brics/ http://www.les-crises.fr/2014/09/ http://wiseauthority.wordpress.com/2014/08/29/brics-new-development-bank-an-alternative- to-bretton-woods-system/ Morris, M. 2004, Every Step of the Way: The journey to Freedom in South Africa (Cape Town, HSRC Press) Mzamane, M. et al. The Road to Democracy in South Africa Vol 2 (1970 – 1980) (Unisa Press, 2006) Stubbs, A. 2009. I Write What I Like, Steve Biko, A Selection of his Writings (Picador Africa) Taylor, J. 1998, Ubu and the Truth Commission (University of Cape Town Press, Cape Town) Theissen, G. Common Past, Divided Truth: The Truth and Reconciliation Commission in South African Public Opinion EINDE

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 History

Explore more published documents in this catalogue.

View all