Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2015
10792
GESKIEDENIS
TWEEDE VRAESTEL
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
10 bladsye + ʼn addendum van 14 bladsye
3
b.o.
Skip to contentAll 2015 papers %202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01/v1-761b3c43efc668005293/card.webp)
)%202015%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955/v1-6ab5452db578d608b6e0/card.webp)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed/v1-eaba88523cccc85340dd/card.webp)
%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c/v1-b616c542a8e748051a3c/card.webp)


View all





History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2015 Question Paper (Afr)
Grade 12 History Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2015 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2015 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- Gauteng Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 10
- File size
- 282.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 10
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS 2
(Tweede Vraestel) 10792/15
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
GESKIEDENIS
(Tweede Vraestel)
TYD: 3 uur
PUNTE: 150
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die
voorgeskrewe KABV-dokument gebaseer is.
AFDELING A:
BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1:
BURGERLIKE WEERSTAND, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA
VRAAG 2:
DIE KOMS VAN DEMOKRASIE VIR SUID-AFRIKA EN DIE VERWERKING
VAN DIE VERLEDE
VRAAG 3:
DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE WÊRELDORDE, 1989
TOT NOU
AFDELING B:
OPSTELVRAE
VRAAG 4:
BURGERLIKE WEERSTAND, 1970’s TOT 1980’s SUID-AFRIKA: DIE
APARTHEIDSKRISIS IN DIE 1980’s
VRAAG 5:
DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE VERWERKING VAN
DIE VERLEDE
VRAAG 6:
DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE WÊRELDORDE: DIE
GEBEURE VAN 1989
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS 3
(Tweede Vraestel) 10792/15
2. Afdeling A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat nodig is
om die vrae mee te beantwoord, kom in die BYLAAG voor.
3. Afdeling B bestaan uit DRIE opstelvrae.
4. Beantwoord DRIE vrae soos volg:
4.1 Ten minste EEN vraag moet ʼn brongebaseerde vraag wees en ten
minste EEN moet ʼn opstel wees.
4.2 Die DERDE vraag kan ʼn brongebaseerde vraag óf ʼn opstelvraag wees.
5. Kandidate moet hulle kennis, vaardighede en insig gebruik om die vrae te
beantwoord.
6. ʼn Direkte oorskryf van die bronmateriaal as antwoorde sal kandidate
benadeel.
7. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
8. Skryf netjies en leesbaar.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS 4
(Tweede Vraestel) 10792/15
AFDELING A
BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae uit hierdie afdeling
nie. Bronmateriaal wat vir die beantwoording kan hierdie vrae gebruik moet word, om in
die BYLAAG voor.
VRAAG 1
WATTER IMPAK HET DIE FILOSOFIE VAN SWART BEWUSSYN OP DIE SKOLIERE
IN DIE 1970’s GEHAD?
Bestudeer Bronne 1A, 1B en 1D en beantwoord die volgende vrae.
1.1 Verwys na Bron 1A.
1.1.1 Volgens die bron, op watter maniere het Biko gedink dat apartheid
swart Suid-Afrikaners van hulle trots en waardigheid ontneem? (2 x 2) (4)
1.1.2 Wie moet, volgens Biko, verandering bring vir onderdrukte swart
Suid-Afrikaners? (1 x 2) (2)
1.1.3 Noem VIER dinge wat swart Suid-Afrikaners moet doen, volgens die
bron, om hulleself te verander? (4 x 1) (4)
1.1.4 Definieer die volgende konsepte in jou eie woorde.
(a) Swart bewussyn
(b) Onderdrukking (2 x 2) (4)
1.2 Gebruik Bron 1B.
1.2.1 Noem TWEE faktore behalwe die Afrikaanse taalkwessie wat gelei
het tot die Soweto opstand van 1976. (2 x 1) (2)
1.2.2 Verduidelik die TWEE parallelle prosesse wat ontvou het en swart
politiek in die 1970’s verander het. (2 x 2) (4)
1.2.3 Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik hoe die filosofie van
Swart Bewussyn die skoliere van Soweto geïnspireer het. (2 x 2) (4)
1.2.4 Verduidelik hoekom gewone swart Suid-Afrikaanse skoliere ʼn groter
rol gespeel het as swart Suid-Afrikaanse universiteitstudente in die
weerstandspolitiek in die 1970’s. (2 x 2) (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS 5
(Tweede Vraestel) 10792/15
1.3 Raadpleeg Bron 1C.
1.3.1 Watter vergadering het, volgens Seth Mazibuko by Phefeni Skool
plaasgevind aangaande die gebruik van Afrikaans as medium van
onderrig? (1 x 2) (2)
1.3.2 Verduidelik die rolle wat die Swartbewussynsmag (BCM) en die ANC
in die Suid-Afrikaanse Studentebeweging (SASM) gespeel het. (1 x 2) (2)
1.4 Raadpleeg Bron 1D.
1.4.1 Verduidelik wat die spotprent uitbeeld op die studente se reaksie op
die gebruik van Afrikaans as onderrigmedium. Gebruik die visuele
leidrade in die bron ter ondersteuning van jou antwoord. (2 x 2) (4)
1.4.2 Wat vertel die woorde “To hell with Afrikaans” (Te hel met Afrikaans)
jou aangaande die Soweto-skoliere se houding teenoor Afrikaans as
onderrigmedium? (1 x 2) (2)
1.5 Vergelyk Bronne 1A en 1C en verduidelik hoe die inligting in hierdie bronne
mekaar ondersteun aangaan die opstand van 16 Junie 1976. (2 x 2) (4)
1.6 Gebruik al die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn
paragraaf van ongeveer AGT reëls (omtrent 80 woorde) waarin jy die impak wat
die Swart Bewussynsfilosofie op die jeug in Soweto in die 1970’s gehad het,
bespreek. (8)
[50]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS 6
(Tweede Vraestel) 10792/15
VRAAG 2
HOE HET DIE WAARHEIDS- EN VERSOENINGSKOMITEE (WVK) TEENOOR SUID-
AFRIKA SE VERDEELDE VERLEDE OPGETREE?
Bestudeer Bronne 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die volgende vrae.
2.1 Verwys na Bron 2A.
2.1.1 Wat was, volgens die bron, die TWEE prestasies van die WVK?
(2 x 1) (2)
2.1.2 Waarom, dink jy, was dit vir Suid-Afrikaners belangrik om hulle
verlede te beskou? (2 x 2) (4)
2.1.3 Verduidelik die volgende konsepte in jou eie woorde.
(a) Apartheid
(b) Rekonsiliasie (2 x 2) (4)
2.2 Gebruik Bron 2B.
2.2.1 Hoe het party individue en organisasies op die WVK se voorlopige
bevindings gereageer? (2 x 1) (2)
2.2.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis. Waarom, dink jy,
het De Klerk en die ANC op hierdie manier gereageer? (2 x 2) (4)
2.2.3 Hoe het die WVK op die ANC gereageer? (1 x 2) (2)
2.3 Raadpleeg Bron 2C.
2.3.1 Verduidelik die boodskap wat die spotprentkunstenaar oor die werk
van die WVK uitbeeld. Gebruik die visuele leidrade in die bron om jou
antwoord te ondersteun. (2 x 2) (4)
2.3.2 Lewer kommentaar oor Tutu se woorde: “AANVAL VAN LINKS,
REGS EN VAN VOOR AF ...” (2 x 2) (4)
2.4 Verduidelik hoe die inligting van Bron 2B die visuele bewyse in Bron 2C
ondersteun oor die werk van die WVK (TRC). (2 x 2) (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS 7
(Tweede Vraestel) 10792/15
2.5 Bestudeer Bron 2D.
2.5.1 Waarom, volgens die inligting in die bron, het dit 10 jaar geneem om
die 147 transkripsies aan die SAHA te oorhandig? (1 x 2) (2)
2.5.2 Gee moontlike redes hoekom die WVK oortreders “met strawwe maar
hoflike ondervraging” gekonfronteer het? (2 x 1) (2)
2.5.3 Lewer kommentaar oor Dumisa Ntsebesa se stelling: “Dit was van
die uiterste belang dat lêers toeganklik moes wees in die openbare
(publieke) domein ...” (2 x 2) (4)
2.5.4 Verduidelik in watter mate die inligting in die bron van nut sal wees vir
ʼn historikus wat die werk van die WVK bestudeer. (2 x 2) (4)
2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn
paragraaf van ongeveer AGT reëls (80 woorde) om die rol van die WVK in
na-apartheidse Suid-Afrika te verduidelik. (8)
[50]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS 8
(Tweede Vraestel) 10792/15
VRAAG 3
WAAROM HET SUID-AFRIKA BY DIE BRICSGROEP AANGESLUIT?
3.1 Verwys na Bron 3A.
3.1.1 Watter boodskap het NEPAD oor Afrika op die Wêreldse Ekonomiese
Forum oorgedra? (1 x 2) (2)
3.1.2 Waarom, dink jy, het NEPAD vrede as een van sy primêre doelwitte
geïdentifiseer? (1 x 2) (2)
3.1.3 Noem die DRIE nuwe sleutelelemente wat NEPAD voorsien het.
(3 x 1) (3)
3.2 Verwys na Bron 3B.
3.2.1 Volgens die bron, hoekom het Suid-Afrika besluit om by die groep
aan te sluit? (1 x 2) (2)
3.2.2 Watter rol het President Jacob Zuma gespeel om seker te maak dat
Suid-Afrika by die BRICS-groep aansluit? (1 x 2) (2)
3.2.3 Verduidelik hoe Suid-Afrika se lidmaatskap aan die BRICS-groep vir
almal voordelig sal wees. (2 x 2) (4)
3.2.4 Lewer kommentaar oor hoe bruikbaar hierdie bron vir ʼn historikus sal
wees wat die rede hoekom Suid-Afrika by die BRICS-groep
aangesluit het, bestudeer. (2 x 2) (4)
3.3 Verwys na Bron 3C.
3.3.1 Verduidelik die verhouding tussen die BRICS-lande en die G8-groep.
Gebruik die visuele leidrade in die bron om jou antwoord te
ondersteun. (2 x 2) (4)
3.3.2 Lewer kommentaar oor die opskrif ‘Die Groot Ontsnapping’ in die
konteks van ekonomiese globalisering. (2 x 2) (4)
3.3.3 Noem TWEE ander lande behalwe Suid-Afrika wat by die BRICS-
groep aangesluit het. (2 x 1) (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS 9
(Tweede Vraestel) 10792/15
3.4 Verwys na Bron 3D.
3.4.1 Hoeveel kapitaal moes elke lid van BRICS bydra tot die
Ontwikkelingsbank? (1 x 1) (1)
3.4.2 Gebruik die bron en jou kennis en verduidelik of die maatreëls wat in
plek gestel is om te voorkom dat een land oor ʼn ander sal domineer,
sal slaag. (2 x 2) (4)
3.4.3 Gee EEN rede vir die stigting van die Nuwe Ontwikkelingsbank.
(1 x 2) (2)
3.4.4 Verduidelik de verskil tussen die BRICS se nuwe Ontwikkelingsbank
en die Bretton Wood-stelsel. (2 x 2) (4)
3.4.5 Verduidelik hoe die BRICS-groep uit die stigting van die Nuwe
Ontwikkelingsbank voordeel sal trek. (1 x 2) (2)
3.5 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn
paragraaf van omtrent AGT reëls (80 woorde) waarin jy verduidelik hoekom
Suid-Afrika by die BRICS-groep aangesluit het. (8)
[50]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS 10
(Tweede Vraestel) 10792/15
AFDELING B
OPSTELVRAE
Beantwoord minstens EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae uit hierdie afdeling nie.
Jou opstel moenie langer as DRIE bladsye wees nie.
VRAAG 4
BURGERLIKE WEERSTAND 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA – DIE
APARTHEIDSKRISIS IN DIE 1980’s
“Met intense binnelandse druk wat op die regering van P W Botha uitgeoefen is, was
Suid-Afrika byna in ʼn toestand van burgeroorlog.”
Ontleed die stelling hierbo krities in die konteks van interne weerstand teen die
apartheidsregering, deur gemeenskaps-, studente- en werkerorganisasies tydens die
1980’s. [50]
VRAAG 5
DIE AANBREEK VAN DEMOKRASIE IN SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN
DIE VERLEDE
Evalueer in watter mate die eerste demokratiese verkiesing op 27 April 1994 die gevolg
was van die onderhandelingsproses tussen die ANC en die Nasionale Party. [50]
VRAAG 6
DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE WÊRELDOORDE: DIE
GEBEURE VAN 1989
“Van al die invloede was niks groter as Gorbachov se hervormings nie en het aanleiding
gegee tot die ineenstorting van die kommunistiese ryk, want dit het Pretoria se vrees dat
die swart stryd (struggle) teen apartheid ʼn samewerking was wat direk uit Moskou
gekom het.”
Aangepas en vertaal uit Tomorrow is Another Country deur Allister Sparks.
Bespreek krities hoe die gebeure in die Sowjetunie ʼn invloed gehad het op Suid-Afrika
se politieke veranderinge na 1989. [50]
TOTAAL: 150
EINDE
Study this subject
Recommended for this subject
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01/v1-761b3c43efc668005293/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2021 Question Paper (Afr)
)%202015%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955/v1-6ab5452db578d608b6e0/card.webp)
Addendum
History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2015 Addendum (Afrikaans)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed/v1-eaba88523cccc85340dd/card.webp)
Addendum
History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 Addendum (Afrikaans)
%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c/v1-b616c542a8e748051a3c/card.webp)
Memorandum
History Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2017 Memo (Afrikaans)

Question paper
History Grade 12 P2 NSC Supplementary 2015 QP (Afr)

Question paper
History Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2017 Question Paper
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Memorandum