Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
GESKIEDENIS V2
FEBRUARIE/MAART 2015
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 15 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentQuestion paper 

%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5/v1-08263ca49c7d250a5368/card.webp)






_hlayiso.com_--9b4b0c56-0d1c-480b-8ab5-b260d75b5222/v1-68278b92259dd5d25a89/card.webp)


View all





History Grade 12 Paper 2 NSC Supplementary 2015 Question Paper
Grade 12 History Paper 2 question paper from the NSC Supplementary Exam 2015, 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
History · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2015. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- NSC Supplementary Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 307.2 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 9
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 2 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die
voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA
VRAAG 2: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
VRAAG 3: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
WÊRELDORDE, 1989 TOT DIE HEDE
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA: DIE
KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989
2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
benodig word om hierdie vrae te beantwoord kan in die ADDENDUM gekry
word.
3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.
4. Beantwoord DRIE vrae soos volg:
4.1 Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste
EEN moet 'n opstelvraag wees.
4.2 Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag
wees.
5. In die beantwoording van die vrae moet kandidate hul kennis, vaardighede en
insig gebruik.
6. Die blote oorskryf van die bronne as antwoorde sal kandidate benadeel.
7. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
8. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 3 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord, is in die
ADDENDUM.
VRAAG 1: HOE HET DIE STIGTING VAN DIE SUID-AFRIKAANSE STUDENTE-
ORGANISASIE (SASO) DIE APARTHEIDSREGIME SE BELEID VAN
BANTOE-ONDERWYS IN DIE 1970's UITGEDAAG?
Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Raadpleeg Bron 1A.
1.1.1 Waarom, volgens die bron, het swart studente van NUSAS
weggebreek? (1 x 1) (1)
1.1.2 Biko het drie maniere voorgestel waarop 'swartes sake self moes
aanpak'. Noem die DRIE maniere. (3 x 1) (3)
1.1.3 Definieer die konsep Swart Bewussyn in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
1.1.4 Waarom, dink jy, het Biko gesê dat swart Suid-Afrikaners hulself
van hul 'sielkundige kettings' moes bevry? (2 x 2) (4)
1.2 Bestudeer Bron 1B.
1.2.1 Watter boodskappe dra die spotprent oor SASO oor? (2 x 2) (4)
1.2.2 Lewer kommentaar oor waarom SASO op die manier, soos in die
spotprent voorgestel, op 'wit' studente gereageer het. (2 x 2) (4)
1.3 Verduidelik hoe die inligting in Bron 1A en 1B mekaar ondersteun met
betrekking tot die stigting van SASO. (2 x 2) (4)
1.4 Lees deur Bron 1C.
1.4.1 Watter TWEE bewyse in die bron dui daarop dat die invloed van
SASO nie net tot studente wat aan universiteite gestudeer het,
beperk was nie? (2 x 1) (2)
1.4.2 Noem enige VIER plekke in Suid-Afrika waar SASO-takke gestig
is. (4 x 1) (4)
1.4.3 Verduidelik die rol wat 'vormingskole' in die politieke opvoeding
van swart kinders in die 1970's in 'n Suid-Afrikaanse konteks
gespeel het. (2 x 2) (4)
1.4.4 Noem enige TWEE leiers wat by die 'vormingskole' gegradueer
het. (2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 4 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
1.5 Verwys na Bron 1D.
1.5.1 Gebruik die inligting in die foto en jou eie kennis en verduidelik
waarom die jeug van Soweto met protesaksie begin het. (2 x 2) (4)
1.5.2 Verduidelik die beperkinge van hierdie bron vir 'n geskiedkundige
wat die redes vir die studenteprotes in Soweto in 1976 bestudeer.
(2 x 2) (4)
1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
hoe SASO die apartheidsregime se beleid van Bantoe-onderwys in die 1970's
uitgedaag het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 5 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
VRAAG 2: HET DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) SUID-
AFRIKANERS GEHELP OM DIE VERLEDE TE HANTEER?
Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.
2.1 Verwys na Bron 2A.
2.1.1 Waarom, volgens die bron, is die WVK gestig? (1 x 1) (1)
2.1.2 Haal bewyse uit die bron aan wat aandui dat die WVK binne 'n
spesifieke tydraamwerk moes werk. (1 x 1) (1)
2.1.3 Noem enige TWEE subkomitees wat gestig is om die WVK met sy
werk te help. (2 x 1) (2)
2.1.4 Waarom, dink jy, is 'die wetlike onregverdighede van apartheid' uit
die werk van die WVK uitgesluit? (2 x 2) (4)
2.2 Bestudeer Bron 2B.
2.2.1 Wat, volgens die plakkaat, was die DRIE misdade van die verlede?
(3 x 1) (3)
2.2.2 Gebruik die inligting in die bron en noem waarom 'stilswye'
verkeerd was. (1 x 2) (2)
2.2.3 Definieer die konsep versoening in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
2.2.4 Verduidelik of die inligting in die plakkaat die werk van die WVK op
'n effektiewe manier oordra. (2 x 2) (4)
2.3 Lees Bron 2C.
2.3.1 Noem DRIE maniere waarop herstellende geregtigheid beide
slagoffers en oortreders moes help. (3 x 1) (3)
2.3.2 Tony Yengeni het versoek dat Jeffrey Benzien die metode wat hy
tydens ondervraging gebruik het, weer moes uitbeeld. Gee 'n rede
vir hierdie versoek. (1 x 2) (2)
2.3.3 Verduidelik waarom Benzien ineengestort en gehuil het. (2 x 2) (4)
2.4 Verwys na die plakkaat in Bron 2B en die visuele bron in Bron 2C. Verduidelik
hoe die inligting in die bronne mekaar ondersteun met betrekking tot die
metodes wat die apartheid-veiligheidsagente gebruik het om anti-apartheids-
aktiviste te ondervra. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 6 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
2.5 Gebruik Bron 2D.
2.5.1 Noem enige TWEE vorms van ondersteuning wat slagoffers van
die WVK-proses verlang het. (2 x 1) (2)
2.5.2 Lewer kommentaar op waarom 72 persent van wit respondente
gesê dat 'dit sleg was vir die land om 'n Waarheidskommissie te
gehad het'. (2 x 2) (4)
2.5.3 Verduidelik die beperkinge van die gebruik van die inligting in
hierdie bron vir 'n geskiedkundige wat die WVK-proses bestudeer.
(2 x 2) (4)
2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) en verduidelik of
die WVK suksesvol was om Suid-Afrikaners te help om die verlede te
hanteer. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 7 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
VRAAG 3: HOE HET DIE IMPLEMENTERING VAN EKONOMIESE BELEIDE
SUID-AFRIKA NA 1996 BEÏNVLOED?
Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.
3.1 Verwys na Bron 3A.
3.1.1 Volgens die bron, wat was vir Suid-Afrika se ekonomiese en
maatskaplike chaos verantwoordelik? (1 x 1) (1)
3.1.2 Gee enige TWEE redes waarom die Internasionale Finansiële
Instellings besluit het om na 1989 by Suid-Afrika se ekonomie
betrokke te raak. (2 x 1) (2)
3.1.3 Noem die TWEE Internasionale Finansiële Instellings wat na die
1990's voordeel getrek het uit die globalisering van Suid-Afrika se
ekonomie. (2 x 1) (2)
3.1.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om die konsep
globalisering te definieer. (1 x 2) (2)
3.1.5 Waarom, dink jy, het Suid-Afrika se nuut verkose demokratiese
regering besluit om die Heropbou- en Ontwikkelingsprogram
(HOP) in te stel? (2 x 2) (4)
3.1.6 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
waarom die Suid-Afrikaanse regering besluit het om afstand te
doen van die HOP en dit met GEAR te vervang. (2 x 2) (4)
3.2 Gebruik Bron 3B.
3.2.1 Identifiseer die DRIE bondgenote wat in die spotprent uitgebeeld
word. (3 x 1) (3)
3.2.2 Verduidelik die boodskappe van die spotprent in die konteks van
die ANC se ekonomiese beleid. (2 x 2) (4)
3.3 Verduidelik hoe Bron 3A en 3B mekaar ondersteun met betrekking tot die
ANC se ekonomiese beleid na 1996. (2 x 2) (4)
3.4 Raadpleeg Bron 3C.
3.4.1 Noem TWEE verpligtinge waartoe Suid-Afrika ingestem het toe dit
in 1994 'n ondertekenaar van die Algemene Ooreenkoms oor
Tariewe en Handel ('GATT') geword het. (2 x 1) (2)
3.4.2 Verduidelik hoe die vroue in KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap na
die ondertekening van die 'GATT' geaffekteer is. (2 x 2) (4)
3.4.3 Lewer kommentaar daarop of 'n geskiedkundige die inligting in
hierdie bron as bruikbaar sou beskou. Ondersteun jou antwoord
met relevante bewyse. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 8 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
3.5 Bestudeer Bron 3D.
3.5.1 Wat was die indiensnemingsyfers in die klerebedryf in die
volgende jare:
(a) 1997 (1 x 1) (1)
(b) 2004 (1 x 1) (1)
3.5.2 Watter gevolgtrekkings kan jy uit die statistiek in die grafiek maak
rakende die klere- en tekstielbedryf tussen 2002 en 2004?
Ondersteun jou antwoord met relevante bewyse. (2 x 2) (4)
3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) en verduidelik hoe
die implementering van neoliberale ekonomiese beleid Suid-Afrika na 1996
beïnvloed het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 9 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling.
Jou opstel behoort ongeveer DRIE bladsye lank te wees.
VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA
PW Botha se poging om die apartheidstelsel te hervorm was 'n droewige mislukking.
Assesseer die geldigheid van hierdie stelling in die konteks van verskerpte interne
weerstand teen Botha se regime in die 1980's. [50]
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
Nelson Mandela het geglo dat 'onderhandeling, nie oorlog nie, die weg na 'n oplossing
was' vir 'n demokratiese Suid-Afrika.
Evalueer hierdie stelling krities in die konteks van Suid-Afrika se onderhandelings-
prosesse wat van 1990 tot 1994 ontvou het. [50]
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WÊRELDORDE
Bespreek tot watter mate Mikhail Gorbachev se hervormingsmaatreëls tot die
verbrokkeling van die Sowjetunie in 1992 aanleiding gegee het. Gebruik relevante
historiese bewyse om jou antwoord te ondersteun. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 History notes
CAPS revision notes with worked examples.
- History questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 History quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 History past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 past papers
More History and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paper
History Grade 12 Paper 2 NW June 2025 Question Paper (Afrikaans)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Question Paper (Afr)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5/v1-08263ca49c7d250a5368/card.webp)
Question paper
History Grade 12 Paper 2 NSC June 2024 Question Paper (Afrikaans)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape June 2023 Question Paper (Afr)

Question paper
History Grade 12 Paper 2 NSC November 2023 Question Paper

Question paper
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 Question Paper (Eng)
Related documents

Question paper
History Grade 12 Paper 1 NSC Supplementary 2015 Question Paper

Question paper
History Grade 12 Paper 2 NSC Supplementary 2016 Question Paper

Addendum
History Grade 12 Paper 1 NSC Supplementary 2015 Addendum
_hlayiso.com_--9b4b0c56-0d1c-480b-8ab5-b260d75b5222/v1-68278b92259dd5d25a89/card.webp)
Memorandum
History Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Mock 2015 Memo

Addendum
History Grade 12 Paper 2 NSC Supplementary 2016 Addendum

Question paper
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2015 Question Paper
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afrikaans)

Addendum