Skip to content

History Grade 12 P2 NSC Supplementary 2016 QP (Afr)

Question paperHistoryGrade 1220169 pages

Grade 12 History Paper 2 question paper from the NSC Supplementary Exam 2016 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GESKIEDENIS V2 FEBRUARIE/MAART 2016 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 2 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is. AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA VRAAG 2: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE VERLEDE VRAAG 3: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WÊRELDORDE, 1989 TOT DIE HEDE AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA: DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE VERLEDE VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989 2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gekry word. 3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae. 4. Beantwoord DRIE vrae soos volg: 4.1 Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN moet 'n opstelvraag wees. 4.2 Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag wees. 5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee. 6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig gebruik. 7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde. 8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 3 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word. VRAAG 1: WAAROM HET DIE SWARTBEWUSSYNSBEWEGING BESLUIT OM GEMEENSKAPSGEBASEERDE PROGRAMME GEDURENDE DIE 1970's IN TE STEL? Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg. 1.1 Verwys na Bron 1A. 1.1.1 Noem enige DRIE Swartbewussynsorganisasies waarby Steve Biko aktief betrokke was. (3 x 1) (3) 1.1.2 Verduidelik die rolle wat dr. Mamphela Ramphele by die Zanempilo-gesondheidskliniek gespeel het. (2 x 2) (4) 1.1.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewer kommentaar op die invloed wat Steve Biko op die Swartbewussynsbeweging gehad het. (2 x 2) (4) 1.2 Bestudeer Bron 1B. 1.2.1 Wat, volgens die bewyse in die bron, was die doelstellings van die filosofie van Swart Bewussyn? (2 x 1) (2) 1.2.2 Verduidelik die stelling 'die sentrum [Zanempilo] was nie slegs 'n gesondheidsfasiliteit nie'. (2 x 2) (4) 1.2.3 Waarom, volgens die inligting in die bron, is die Solempilo-projek beëindig? (1 x 2) (2) 1.2.4 Noem die DRIE projekte waaraan dr. Ramphele se Isutheng- gemeenskapsgesondheidsprogram wou hê die gemeenskap van Tzaneen moes deelneem. (3 x 1) (3) 1.3 Vergelyk Bron 1A met 1B. Verduidelik hoe hierdie bronne mekaar ondersteun met betrekking tot swart gemeenskapsprojekte. (2 x 2) (4) 1.4 Raadpleeg Bron 1C. 1.4.1 Identifiseer die gemeenskapsprojek wat in die foto getoon word. (1 x 1) (1) 1.4.2 Verduidelik op watter maniere hierdie gemeenskaps- gesondheidsentrum na jou mening die filosofie van Swart Bewussyn gesteun het. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 4 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS 1.5 Gebruik Bron 1D. 1.5.1 Wat was die hoofdoelstellings van die gemeenskaps- ontwikkelingsprojekte? (3 x 1) (3) 1.5.2 Lewer kommentaar op hoe die apartheidsregering probeer het om swart Suid-Afrikaners te 'verdeel'. (2 x 2) (4) 1.5.3 Verduidelik die bruikbaarheid van die bewyse in die bron vir 'n historikus wat swart Suid-Afrikaners se betrokkenheid by gemeenskapsprojekte bestudeer. (2 x 2) (4) 1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik waarom die Swartbewussynsbeweging besluit het om gemeenskaps- gebaseerde programme in die 1970's in te stel. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 5 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS VRAAG 2: HOE HET DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) DIE PROSES VAN REPARASIE (VERGOEDING) HANTEER? Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg. 2.1 Lees Bron 2A. 2.1.1 Watter TWEE boodskappe oor die proses van reparasie het Dullah Omar aan die Suid-Afrikaanse publiek oorgedra? (2 x 1) (2) 2.1.2 Definieer die term reparasie in die konteks van die WVK. (1 x 2) (2) 2.1.3 Noem enige TWEE aanbevelings wat die WVK voorgestel het met betrekking tot die proses van reparasie. (2 x 1) (2) 2.1.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik of die WVK se aanbeveling vir 'n nasionale herdenkingsdag vir gevalle helde en gebeurtenisse geïmplementeer is. (2 x 2) (4) 2.2 Bestudeer Bron 2B. 2.2.1 Waarom, volgens die inligting in die bron, was daar 'n toename in mediadekking van die WVK? (1 x 2) (2) 2.2.2 Haal bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat slagoffers van menseregteskendings 'aan die kortste ent getrek het'. (1 x 1) (1) 2.2.3 Noem die DRIE internasionale organisasies wat die proses van reparasie ondersteun het. (3 x 1) (3) 2.2.4 Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van die bewyse in hierdie bron vir 'n historikus wat die WVK se proses van reparasie navors. (2 x 2) (4) 2.3 Verwys na Bron 2A en 2B. Hoe verskil die inligting in Bron 2A van die bewyse in Bron 2B met betrekking tot die reparasieproses? Ondersteun jou antwoord met bewyse uit beide bronne. (2 x 2) (4) 2.4 Verwys na Bron 2C. 2.4.1 Verduidelik die boodskappe wat die spotprent met betrekking tot 'REPARASIE' oordra. (2 x 2) (4) 2.4.2 Gebruik die visuele leidrade in die spotprent en verduidelik hoe die volgende uitgebeeld word: (a) Regering (1 x 2) (2) (b) Slagoffers (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 6 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS 2.5 Raadpleeg Bron 2D. 2.5.1 Wat, volgens die bron, was die WVK se grootste mislukking? (1 x 2) (2) 2.5.2 Verduidelik waarom WVK-kommissaris Yasmin Sooka 'woedend gereageer' het op die stelling dat daar baie 'toneelspelers' onder die slagoffers was wat voor die WVK getuig het. (2 x 2) (4) 2.5.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik die verskille tussen herstellende geregtigheid en vergeldende geregtigheid. (2 x 2) (4) 2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik hoe die WVK die proses van reparasie hanteer het. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 7 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS VRAAG 3: WAAROM IS SUID-AFRIKA SE LIDMAATSKAP VAN DIE BRICS- GROEP AS OMSTREDE BESKOU? Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg. 3.1 Verwys na Bron 3A. 3.1.1 Waarom, volgens die bron, is Suid-Afrika genooi om ʼn lid van die BRICS-groep te word? (2 x 1) (2) 3.1.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom China as die mees dominante lid van die BRICS-groep beskou is. (2 x 2) (4) 3.1.3 Waarom, volgens die bron, het China Suid-Afrika as 'n 'aantreklike land' beskou? (2 x 1) (2) 3.1.4 Haal bewyse uit die bron aan wat daarop wys dat Suid-Afrika se insluiting by BRICS as omstrede beskou is. (1 x 2) (2) 3.2 Raadpleeg Bron 3B. 3.2.1 Noem enige DRIE lande wat die BRICS-beraad in New Delhi bygewoon het. (3 x 1) (3) 3.2.2 Beskryf die gemoedstemming van die BRICS-groep soos uitgebeeld in die spotprent. (1 x 2) (2) 3.2.3 Lewer kommentaar op die woorde in die spotprent: 'ONS HET GEMEENSKAPLIKE TERREIN VIR 'N MULTI-POLÊRE WÊRELD GEVIND' in die konteks van die BRICS-beraad wat in New Delhi gehou is. (2 x 2) (4) 3.3 Gebruik Bron 3C. 3.3.1 Waarom was O'Neill nie ten gunste van Suid-Afrika se lidmaatskap van BRICS nie? (2 x 2) (4) 3.3.2 Watter TWEE lande in die BRICS-groep het volgens die bron die grootste ekonomieë in die wêreld? (2 x 1) (2) 3.3.3 Noem TWEE faktore wat moontlik daartoe bygedra het dat Suid-Afrika se ekonomie buite 'Goldman Sachs se spektrum van groeiende markte val'. (2 x 1) (2) 3.3.4 Verduidelik of jy saamstem met O'Neill se siening dat Suid-Afrika nie in die BRICS-groep hoort nie. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 8 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS 3.4 Lees Bron 3D. 3.4.1 Lewer kommentaar op hoe Suid-Afrika se lidmaatskap van die BRICS-groep as voordelig vir die ontwikkeling van Afrika beskou kan word. (2 x 2) (4) 3.4.2 Watter land was Afrika se grootste handelsvennoot? (1 x 1) (1) 3.4.3 Verduidelik tot watter mate jy dink Afrika bevoordeel is deur die handelsbetrekkinge met die BRICS-groep. Ondersteun jou antwoord met relevante bewyse. (2 x 2) (4) 3.4.4 Beskryf die maniere waarop daar van die BRICS-groep verwag is om tot vredesinisiatiewe in Afrika by te dra. (1 x 2) (2) 3.5 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik waarom Suid-Afrika se lidmaatskap van die BRICS-groep as omstrede beskou is. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 9 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS AFDELING B: OPSTELVRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie afdeling. Jou opstel behoort ongeveer DRIE bladsye lank te wees. VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA: DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's PW Botha se strategieë om apartheid te verander en hervorm is met toenemende verset begroet. Assesseer die geldigheid van hierdie stelling in die konteks van die verskerpte interne verset in die 1980's in Suid-Afrika. [50] VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE VERLEDE Verduidelik tot watter mate die proses van onderhandeling die weg gebaan het vir Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing in 1994. [50] VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989 Die afbreek van die Berlynse Muur in 1989 was grootliks verantwoordelik vir die politieke veranderinge wat in Suid-Afrika plaasgevind het. Bespreek hierdie stelling krities. [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 History

View all