Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
GESKIEDENIS V1
FEBRUARIE/MAART 2016
ADDENDUM
Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2016 papers 

%20P1%2010791%20Preperatory%202016%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f146720c-997d-4fdf-b249-92df2b2b1b96/v1-62a27980ef04f09bf308/card.webp)



View all





History Grade 12 P1 NSC Supplementary 2016 Addendum (Afr)
Grade 12 History Paper 1 addendum from the NSC Supplementary Exam 2016 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.
History · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2016. Addendum, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Addendum
- Year
- 2016
- Exam period
- NSC Supplementary Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 775.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 2 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Addendum
VRAAG 1: WAAROM HET DIE DUITSE DEMOKRATIESE REPUBLIEK IN 1961
BESLUIT OM DIE BERLYNSE MUUR TE BOU?
BRON 1A
Die volgende bron, getiteld 'What you should know about the Wall' ('Wat jy van die Muur
moet weet'), is uit 'n brosjure geneem wat in 1962 gepubliseer is. Dit is deur die
Oos-Duitse regering opgestel en gee die redes vir die bou van die Berlynse Muur. Dit is in
Engels gepubliseer en was bedoel vir verspreiding in die buiteland.
[Die Muur] was die gevolg van baie jare se gebeure in Wes-Duitsland en Wes-Berlyn.
Kom ons kyk weer na die voorafgaande gebeure: In 1948 is 'n aparte
geldeenheidshervorming in Wes-Duitsland en Wes-Berlyn ingestel. Die Wes-Duitse
reaksionêre (verkramptes) het daardeur Duitsland en selfs Berlyn in twee
geldeenheidgebiede verdeel.
Die Wes-Duitse separatistiese staat is in 1949 gestig. Bonn (die hoofstad van Wes-
Duitsland) het daardeur die streeksgrens in 'n landsgrens verander.
In 1954 is Wes-Duitsland by NAVO (die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie) ingesluit.
Die besluit om die Wes-Duitse Bundeswehr (Duitse weermag) met atoomwapens te
bewapen, is in 1958 geneem. Bonn het dus aangehou om die situasie in Duitsland en
Berlyn te vererger ...
Ons het meer as eenhonderd voorstelle ingedien vir 'n ooreenkoms dat atoomwapens
laat vaar moet word en dat die twee Duitse state hulle uit NAVO of die Warskouverdrag
moet onttrek. Indien sake volgens ons voorstelle verloop het, sou die situasie in Duitsland
nie vererger het nie en sou daar gevolglik nie 'n muur gewees het nie ...
Ons wou nie langer passief staan en toekyk hoe dokters, ingenieurs en geskoolde
werkers aangemoedig word ... om hulle veilige bestaan in die DDR (Duitse Demokratiese
Republiek) prys te gee om in Wes-Duitsland of Wes-Berlyn te gaan werk nie. Hierdie en
ander manipulasies het die DDR jaarlikse verliese van tot 3,5 miljard mark gekos.
Maar ons het iets baie belangriker met die muur voorkom: dat Wes-Berlyn die beginpunt
van militêre konflik sou word.
[Uit http://research.calvin.edu/german-propaganda-archive/schlugs13.htm.
Toegang verkry op 27 Februarie 2015.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 3 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Addendum
BRON 1B
Hierdie bron is in 1961 deur DF Fleming, 'n Amerikaanse historikus, geskryf. Dit beskryf
die ekonomiese voorspoed en politieke vryheid wat duidelik in Wes-Berlyn te sien was.
Dit bespreek in breë trekke die redes vir die oprigting van die Berlynse Muur.
Teen 1961 was Wes-Berlyn 'n glansryke voorpos van kapitalisme, weelderig (ryk) in
vergelyking met Oos-Berlyn, vooruitstrewend (suksesvol), bedrywig (besig). Die
Verenigde State het $600 miljoen in Wes-Berlyn gestort. Wes-Duitsland het ook
aansienlik bygedra om dit 'n skitterende voorbeeld van ons lewenswyse te maak ...
Die ekonomiese vergelyking was erg genoeg, maar die vergelyking tussen individuele
vryheid in Wes-Berlyn en die gedissiplineerde, streng polisiebeheer daarrondom was die
ergste. Die kontras het veroorsaak dat 300 000 Oos-Duitsers elke jaar na Wes-Berlyn
verdwyn het en van daar na Wes-Duitsland gevlieg het. Dit was meestal jong, begaafde,
opgeleide en professionele mense, 'n uittog wat nie onbepaald (vir ewig) verdra kon word
nie ... Sedert 1949 het 3 miljoen mense deur dié ontsnaproete weggekom en die
bevolking het begin afneem.
Wes-Berlyn het ook die grootste kombinasie spioenasie (spioen- of geheime diens)
-agentskappe ooit op een plek bymekaar gehad. Dit was 'n byna ongelooflike meevaller
(vir die Weste) om operasies in moderne 'intelligensie', sabotasie ingesluit, 110 myl
(200 kilometer) binne 'die vyand se gebied' uit te voer. Westerse radiostasies en al die
ander propaganda-afdelings het dieselfde voordeel gehad.
Om al hierdie redes was Wes-Berlyn soos 'n diep sweer ('n gevaarlike wond) vir die
Ooste.
[Uit The Cold War and its Origins deur DF Fleming]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 4 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Addendum
BRON 1C
Hierdie spotprent is in 1961, voordat die Berlynse Muur gebou is, in 'n Oos-Duitse
tydskrif, Eulenspiegel, gepubliseer. Dit toon 'n Oos-Duitse werker wat na Wes-Berlyn vlieg
op soek na 'n beter lewe. Die boodskap in die spraakborrel is vertaal en oorgetik ter wille
van duidelikheid.
Wes-Berlyn
word
uitgebeeld as
vlieëpapier
wat werkers
wat uit Oos-
Duitsland
vlug, vang en
doodmaak.
Kom werk
hier
anderkant
waar die
heuning
baie beter Oos-Duitse
is! werkers
'n Voormalige
Oos-Duitse
werker wat na
die Weste
getrek het op
soek na 'n
beter lewe
HEUNING
[Uit http://research.calvin.edu/german-propaganda-archive/eule61.htm.
Toegang verkry op 27 Februarie 2015.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 5 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Addendum
BRON 1D
Hierdie uittreksel fokus op die korttermynredes vir Oos-Duitsland se besluit om die
Berlynse Muur te bou.
... Die gedwonge beleid van kollektivisering ('n beleid waar privaat grond as
staatseiendom onteien is) in Oos-Duitsland was rampspoedig; daar was gevolglik 'n
massiewe toename in die getal vlugtelinge wat weswaarts deur die oop grens in Berlyn
gevlug het.
In 1960 het 199 000 gevlug en in die ses maande tot Junie 1961, 'n verdere 103 000.
Teen Junie 1961 het verslae van die Stasi (die Oos-Duitse veiligheidspolisie) by
regeringskantore ingestroom oor onrus en ontevredenheid in die fabrieke …
Die stortvloed vlugtelinge wat hierdie beleid veroorsaak het, het die sluiting van die grens
in Berlyn onvermydelik gemaak om te voorkom dat die DDR ineenstort. Ulbricht (die
Oos-Duitse leier) het uiteindelik by die vergadering van die Warskouverdrag-lande (die
USSR en sy bondgenote in Oos-Europa) op 3 tot 5 Augustus 1961 toestemming hiervoor
verkry.
Die operasie is goed beplan deur Honecker, die minister verantwoordelik vir veiligheid, en
is in die vroeë ure van 13 Augustus uitgevoer. Aanvanklik het die 'antifascistiese
beskermende muur' (die naam wat deur die Oos-Duitse owerheid aan die Berlynse Muur
gegee is) hoofsaaklik uit doringdraad bestaan, maar dit is baie gou met 'n meer
permanente betonstruktuur vervang.
[Uit Germany from Defeat to Partition 1945–1963 deur D Williamson]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 6 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Addendum
VRAAG 2: WAAROM HET SUID-AFRIKA EN KUBA NA 1975 BY DIE KOUE
OORLOG IN ANGOLA BETROKKE GERAAK?
BRON 2A
Hierdie bron fokus op 'n toespraak wat in 1976 deur die Suid-Afrikaanse Eerste Minister,
BJ Vorster, in die Volksraad gelewer is. Vorster het die redes vir Suid-Afrika se ingryping
in die Koue Oorlog in Angola geskets.
In Januarie 1976 het Vorster (Suid-Afrika se Eerste Minister) in die Volksraad die blaam
vir Suid-Afrika se ingryping in Angola vierkantig op die skouers van die Russe en Kubane
geplaas: 'Ons betrokkenheid was die gevolg van Russiese en Kubaanse inmenging. As
hulle Angola nie binnegeval het nie, as hulle nie aan hierdie saak deelgeneem het nie, as
hulle nie probeer het om die hele Angola omver te werp (ondermyn) en om sy mense te
onderdruk (in te perk) nie, sou Suid-Afrika Angola nooit binnegeval het nie ... Ons het
ingegaan om Kuba en die MPLA van die damme (Ruacana en Calueque) af te verdryf.'
Daar is geen twyfel dat die ondersteuning wat die Russe en die Kubane in die vorm van
wapens en opleiding aan die MPLA gegee het, in 'n mate bygedra het om Suid-Afrika se
ingryping te motiveer nie, maar dit is onwaarskynlik dat dit so 'n deurslaggewende rede
was as wat Vorster geïmpliseer het. Dit was Swapo, nie die Kubane en die MPLA nie, wat
die twee damme tussen Ruacana en Calueque bedreig het. Die hoofrede vir Suid-Afrika
se ingryping in Angola was nie die teenwoordigheid van Russe en Kubane nie, maar
die begeerte om te voorkom dat 'n vyandige MPLA-regering aan bewind kom. Toe
Suid-Afrikaanse troepe vroeg in Oktober Angola begin binneval, was daar amper geen
Russe nie en net 'n paar Kubane in die land.
Daar is ook bewyse dat President Kaunda van Zambië en President Mobutu van Zaïre,
wat nie een die MPLA goedgesind was nie, Suid-Afrika se ondersteuning van die FNLA
en UNITA verwelkom het.
... Suid-Afrika se optrede het hom progressief (meer en meer) dieper in die Angolese
oorlog ingetrek ... Generaal Hendrik van den Bergh is na Frankryk gestuur om wapens ter
waarde van R20 miljoen vir die FNLA en UNITA te koop ... Suid-Afrikaanse instrukteurs
het begin om FNLA- en UNITA-soldate in die suide van Angola op te lei.
th
[Uit South Africa in the 20 Century deur BJ Liebenberg en SB Spies (redakteurs)]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 7 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Addendum
BRON 2B
Die volgende spotprent deur Thomas Wright, 'n Amerikaanse kunstenaar, het in die
Miami News verskyn. Dit is op 7 Desember 1975 in die Washington Post herdruk. Die
spotprent beeld die USSR en Kuba se betrokkenheid in Angola gedurende die eerste
fase van die Angolese Koue Oorlog uit, wat vanaf 1975 tot 1976 geduur het.
Angolese Fidel Castro:
woud/bos Eerste Minister
van Kuba
[Uit Conflicting Missions – Havana, Washington, Pretoria deur P Gleijeses]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 8 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Addendum
BRON 2C
Hierdie bron fokus op 'n onderhoud tussen die Suid-Afrikaanse Eerste Minister,
BJ Vorster, en 'n Amerikaanse joernalis, Arnaud de Borchgrave. Die onderhoud het
gehandel oor Suid-Afrika se besluit om in die Koue Oorlog in Angola in te gryp. Dit is op
17 Mei 1976 in Newsweek gepubliseer.
Suid-Afrika, wat gewag het dat die Kubane suidwaarts inbeweeg in die vakuum wat hulle
terugtrekking gelaat het, was bitter oor die Weste en die geheime swart Afrikabondgenote
se gebrek aan openlike ondersteuning. Pieter Botha (Suid-Afrika se minister van
verdediging), John Vorster en 'hoë amptenare' in Kaapstad het aan senior Suid-
Afrikaanse joernaliste begin vertel dat Suid-Afrika op aandrang van die Verenigde State
en sekere swart Afrikalande, veral Zambië en Zaïre, in Angola ingegryp het ...
En 'n onderhoud in daardie tyd tussen Vorster en senior Newsweek-joernalis, Arnaud de
Borchgrave, het so verloop:
De Borchgrave: Sou dit akkuraat wees om te sê dat die VSA verlede herfs Suid-Afrika
se hulp gevra het om die oorhand te help kry oor die Russe en Kubane in Angola?
Vorster: Ek wil nie daarop kommentaar lewer nie. Die Amerikaanse regering kan vir
hulleself praat. Ek is seker jy sal verstaan dat ek nie die vertroulikheid van regering-tot-
regering-kommunikasie kan skend nie. Maar as jy die stelling maak, sal ek dit nie ontken
nie.
De Borchgrave: Sou dit ook akkuraat wees om te sê dat u die groen lig van Kissinger
ontvang het vir 'n militêre operasie in Angola en dat ten minste ses gematigde swart
presidente in Afrika hulle goedkeuring vir die operasie gegee het?
Vorster: As jy dit uit jou eie sê, gaan ek jou nie 'n leuenaar noem nie.
[Uit Jonas Savimbi – A Key to Africa deur F Bridgland]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 9 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Addendum
BRON 2D
Hierdie bron is 'n uittreksel uit 'n toespraak wat Fidel Castro op 19 April 1976 gelewer het.
Dit fokus op die redes vir Kuba se betrokkenheid by die Koue Oorlog in Angola.
Beroepsoldate uit Zaïre, aangehits deur die Verenigde State, het in die somer van
dieselfde jaar (1975) Angolese gebied binnegeval, terwyl Suid-Afrikaanse militêre magte
in Augustus die Kunene-gebied beset het en wapens en instrukteurs aan UNITA-groepe
gestuur het.
Op daardie tydstip was daar nie 'n enkele Kubaanse instrukteur in Angola nie. Die eerste
materiële hulp en die eerste Kubaanse instrukteurs het Angola aan die begin van Oktober
op versoek van die MPLA bereik, toe Angola openlik deur buitelandse magte binnegeval
is. Geen Kubaanse militêre eenheid is egter na Angola gestuur om direk aan die geveg
deel te neem nie en dit was ook nie in die vooruitsig gestel nie.
Suid-Afrikaanse beroepsoldate het op 23 Oktober 1975, ook aangehits deur die
Verenigde State en ondersteun deur tenks en artillerie, Angolese gebied oor die
Namibiese grens binnegeval en diep in die land inbeweeg. Hulle het tussen sestig en
sewentig kilometer per dag gevorder. Op 3 November het hulle meer as vyfhonderd
kilometer in Angola ingedring ...
Die leierskap van ons party het op 5 November 1975 op versoek van die MPLA, besluit
om met groot dringendheid 'n bataljon beroepsoldate met tenkafweerwapens te stuur om
die Angolese patriotte (lojaliste) te help om die inval van die Suid-Afrikaanse rassiste te
stuit. Dit was die eerste Kubaanse troepeenheid wat na Angola gestuur is.
[Uit Cuba & Angola – Fighting for Africa's Freedom and Our Own deur MA Waters (red.)]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 10 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Addendum
VRAAG 3: HOE HET AMERIKANERS OP DIE INTEGRASIE VAN CENTRAL HIGH
SCHOOL IN LITTLE ROCK, ARKANSAS IN 1957 GEREAGEER?
BRON 3A
Hierdie bron het in 'n bulletin verskyn wat op 25 September 1957 deur die skoolhoof van
Central High School uitgereik is. Dit is getiteld 'What Should Students Do' ('Wat behoort
leerders te doen') en het riglyne gegee oor hoe leerders hulle gedurende die
integrasieproses by die skool moes gedra.
Dit is die tweede bulletin om sonder bespreking in julle registerklasse te lees. Die
Federale Hof het gisteraand die Onderwysraad beveel om vandag met die integrasie van
wit en Neger-leerders* (swart Amerikaners) op hoërskoolvlak te begin volgens die plan
van beperkte integrasie wat deur die hof goedgekeur is en op appèl gehandhaaf is.
Hierdie plan, wat deur die Federale Hof goedgekeur is, erken die verantwoordelikheid van
die Onderwysraad om die hoë gehalte van onderwys in ons skole te behou. 'n Groep
kwalifiserende Neger-leerders is vanjaar by Central High School ingeskryf om die
voorskrifte van die hof uit te voer. Hierdie leerders sal moontlik vandag teenwoordig
wees, of enige tyd in die toekoms. As 'n leerder aan Central High School het jy sekere
verpligtinge teenoor jouself en jou gemeenskap. Jy moet jou verantwoordelikhede ken.
Jy het 'n verantwoordelikheid teenoor jouself:
(a) Jou eerste en onmiddellike taak is om onderrig van die hoogs moontlike gehalte te
kry. Enige wanorde, verwarring, meningsverskil of stryery by of rondom die skool sal
met klaskamerwerk inmeng. Sulke wanorde, wanordelike byeenkomste of
oproerigheid op enige plek sal dit vir jou moeilik maak om te studeer. Ter wille van jou
vordering by die skool, moet jy weier om by enige argumente of stryende groepe
betrokke te raak.
(b) Enige persoon wat deur woord of daad met die ordelike uitvoering van 'n opdrag van
die Federale Hof inmeng, kan van minagting van die Hof aangekla word en sal
onderhewig wees aan arrestasie en vervolging deur die Federale Regering. Dit is 'n
ernstige oortreding en is strafbaar met 'n boete, gevangenisstraf of beide. Enige
uitjouery, betogings of dergelike wanorde kan as minagting van die hof beskou word.
Dit is geen kleinigheid nie.
Jy het 'n verantwoordelikheid teenoor jou skool:
Central High School het 'n reputasie as een van die toonaangewende openbare
hoërskole in die land. Dit is vir elkeen van ons belangrik om dit in daardie posisie te hou.
Ons kan dit doen indien elke leerder en onderwyser stil met ons werk hier by die skool –
leer en onderrig – voortgaan. Daar moet geen 'insidente' by die skool wees nie.
Jess W Matthews, prinsipaal
[Uit Facing History and Ourselves Teaching Guide deur
Facing History and Ourselves National Foundation, Inc.]
*Neger: 'n Neerhalende (aanstootlike) term wat gebruik is om na swart
Amerikaners te verwys
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 11 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Addendum
BRON 3B
Hierdie foto toon 'n deel van 'n groep van ongeveer 60 tot 75 wit Amerikaanse leerders
wat op 3 Oktober 1957 uit Central High School gestap het. Hulle was teen die
skoolintegrasieproses gekant.
[Uit http://www.apimages.com/metadata/Index/Watchf-AP-A-AR-USA-APHS138229-African-American-
/894c1234054f4e4eaf3227726557cf07/6/1. Toegang verkry op 28 Januarie 2015.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 12 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Addendum
BRON 3C
Hierdie bron is 'n uittreksel uit 'n artikel getiteld 'Fear is Portable' ('Vrees is draagbaar')
deur Terrence J Roberts, wat een van die Little Rock-nege was. Dit fokus op sy
ondervinding in 1957 in die Wiskunde (Algebra)-klas by Central High School.
Die Algebra-klas was vir my 'n toevlugsoord. Die onderwyseres, mev. Helen Conrad, het
dit van die eerste dag af duidelik gemaak dat sy geen nonsens sou duld van enigeen wat
teen my teenwoordigheid gekant was nie. Sy was uitdruklik daaroor en die klas het
daarvolgens gereageer.
Dit was ook in hierdie klas waar ek Robin Woods ontmoet het, 'n wit leerder wat haar
handboek met my gedeel het. Aangesien my boeke en ander skoolbenodigdhede gereeld
deur ander leerders vernietig is, het ek dikwels klas toe gekom sonder enige
benodigdhede. Robin het eenvoudig haar tafel teen myne geskuif en ons het haar boek
gedeel, 'n daad wat haar ongewild gemaak het.
Haar goedhartigheid is geïnterpreteer as 'n verontagsaming van die sosiale kode wat
enige kontak tussen swart leerders en wit leerders, veral swart seuns en wit meisies,
verbied het.
Leerders wat met enigeen van ons nege bevriend geraak het, is as 'nigger lovers*'
(Negerboeties) gebrandmerk en is verstoot deur diegene wat die ou orde wou behou.
Robin het nie toegelaat dat hierdie denkwyse in haar keuses inmeng nie.
[Uit Facing History and Ourselves Teaching Guide deur
Facing History and Ourselves National Foundation, Inc.]
*Nigger (Neger): 'n Neerhalende (aanstootlike) term wat gebruik is om na swart
Amerikaners te verwys
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 13 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Addendum
BRON 3D
Hierdie bron is 'n verslag deur Ernest Green (een van die Little Rock-nege). Hy skets sy
ondervindinge by die plegtigheid wat in 1958 by Central High School gehou is. Green was
die eerste swart Amerikaanse leerder wat by Central High School gematrikuleer het.
Die plegtigheid was einde Mei. Ek was nege maande daar en het gedink al wat ek wou
doen, was om te matrikuleer, om net daar weg te kom, sodat dit vir wit mense onmoontlik
sou wees om te sê dat geen swart persoon ooit by Central High School gematrikuleer het
nie ...
Martin Luther King was een van die gaste by die plegtigheid. Hy het in Pine Bluff,
Arkansas, by die swart kollege daar gepraat. Hy het by my ma en mev. Bates en nog 'n
paar ander vriende in die gehoor kom sit. Ek het gereken dat ek net oor daardie
reusegroot verhoog moes loop, wat so lank soos 'n voetbalveld gelyk het. Ek het
aangehou om vir myself te sê ek moet net nie struikel nie, met al daardie kameras wat my
dophou. Maar ek het geweet sodra ek by die skoolhoof gekom en daardie diploma
ontvang het, ek deur 'n muur gebreek het.
Daar was baie applous vir die leerders. Hulle het gepraat oor wie studiebeurse ontvang
het, wie 'n toppresteerder was, en al daardie dinge terwyl hulle name uitgelees is. Toe
hulle my naam lees, was daar niks nie, net die naam, en daar was 'n vreemde stilte.
Niemand het hande geklap nie. Maar ek het gereken hulle hoef ook nie. Want nadat ek
my diploma ontvang het, was dit verby. Ek het bereik waarvoor ek gekom het.
[Uit Voices of Freedom – An Oral History of the Civil Rights Movement from the 1950s through the 1980s
deur H Hampton and S Fayer]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 14 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Addendum
ERKENNINGS
Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:
Bridgland, F (1987). Jonas Savimbi – A Key to Africa (Paragon House, New York)
Facing History and Ourselves Teaching Guide (Facing History and Ourselves National
Foundation, Inc.)
Fleming, DF (1961). The Cold War and its Origins (Doubleday, Garden City, New York)
Gleijeses, P (2003). Conflicting Missions – Havana, Washington, Pretoria (Galago,
Alberton)
Hampton, H en Fayer, S (1990). Voices of Freedom – An Oral History of the Civil Rights
Movement from the 1950s through the 1980s (Bantam, New York)
http://www.apimages.com/metadata/Index/Watchf-AP-A-AR-USA-APHS138229-African-
American-/894c1234054f4e4eaf3227726557cf07/6/1
http://research.calvin.edu/german-propaganda-archive/schlugs13.htm
http://research.calvin.edu/german-propaganda-archive/eule61.htm
http://www.santacruzsentinel.com/ci_18674221
Liebenberg, BJ en Spies, SB (reds.) (1999). South Africa in the 20th Century (JL van
Schaik, Pretoria)
Waters, M (red.) (2013). Cuba & Angola – Fighting for Africa's Freedom and Our Own
(Pathfinder Press, New York)
Williamson, D (2001). Germany from Defeat to Partition 1945–1963 (Pearson Education
Limited, Harlow)
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
History Grade 12 P1 NSC Supplementary 2016 QP (Eng)

Addendum
History Grade 12 P2 NSC Supplementary 2016 Addendum (Afr)
%20P1%2010791%20Preperatory%202016%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f146720c-997d-4fdf-b249-92df2b2b1b96/v1-62a27980ef04f09bf308/card.webp)
Addendum
History Grade 12 Paper 1 Gauteng Mock 2016 Addendum

Addendum
History Grade 12 P1 NSC Supplementary 2015 Addendum (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 NSC Supplementary 2016 QP (Afr)

Question paper
History Grade 12 P1 EC June 2016 Question Paper (English)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

Question paper