Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
GESKIEDENIS V1
FEBRUARIE/MAART 2016
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2016 papers 





View all





History Grade 12 P1 NSC Supplementary 2016 QP (Afr)
Grade 12 History Paper 1 question paper from the NSC Supplementary Exam 2016 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2016. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- NSC Supplementary Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 337.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 2 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: DIE KOUE OORLOG: DIE OORSPRONG VAN DIE KOUE
OORLOG
VRAAG 2: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA
VRAAG 3: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
BURGERREGTEBEWEGING
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
VIËTNAM
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLE-
STUDIE – DIE KONGO EN TANZANIË
VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
SWARTMAGBEWEGING
2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM
gevind word.
3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.
4. Beantwoord DRIE vrae soos volg:
4.1 Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste
EEN moet 'n opstelvraag wees.
4.2 Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag
wees.
5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee.
6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en
insig gebruik.
7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 3 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die
ADDENDUM gevind word.
VRAAG 1: WAAROM HET DIE DUITSE DEMOKRATIESE REPUBLIEK IN 1961
BESLUIT OM DIE BERLYNSE MUUR TE BOU?
Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Gebruik Bron 1A.
1.1.1 Maak 'n lys van VIER gebeure, volgens die inligting in die bron,
wat Oos-Duitsland as dade van aggressie deur Wes-Duitsland
beskou het. (4 x 1) (4)
1.1.2 Identifiseer die TWEE opponerende militêre alliansies wat in
hierdie bron genoem word. (2 x 1) (2)
1.1.3 Verduidelik waarom die Oos-Duitse regering geglo het dat dit nodig
was om die Berlynse Muur in 1961 te bou. (2 x 2) (4)
1.1.4 Lewer kommentaar op of jy die inligting in hierdie bron as
betroubaar sou beskou in die konteks van die Duitse Demokratiese
Republiek se besluit in 1961 om die Berlynse Muur te bou. (2 x 2) (4)
1.2 Verwys na Bron 1B.
1.2.1 Kies TWEE woorde uit die bron wat die ekonomie van
Wes-Duitsland in 1961 die beste beskryf. (2 x 1) (2)
1.2.2 Definieer die begrip kapitalisme in die konteks van die bewyse in
die bron. (1 x 2) (2)
1.2.3 Waarom, dink jy, het die Verenigde State van Amerika
'$600 miljoen in Wes-Berlyn gestort'? Ondersteun jou antwoord
met relevante bewyse. (2 x 2) (4)
1.2.4 Verduidelik waarom drie miljoen mense vanaf 1949 besluit het om
na Wes-Duitsland te ontsnap. (2 x 2) (4)
1.2.5 Gee TWEE redes waarom Wes-Berlyn as strategies belangrik vir
die Verenigde State van Amerika beskou is. (2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 4 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
1.3 Bestudeer Bron 1C.
1.3.1 Met verwysing na die visuele leidrade in die bron, watter boodskap
word deur die spotprent oorgedra oor die lewe in:
(a) Wes-Duitsland (1 x 2) (2)
(b) Oos-Duitsland (1 x 2) (2)
1.3.2 Verduidelik hoe die spotprent 'n eensydige prentjie oor die lewe in
beide Wes- en Oos-Duitsland skets. Ondersteun jou antwoord deur
die visuele leidrade in die bron te gebruik. (2 x 2) (4)
1.4 Raadpleeg Bron 1D.
1.4.1 Noem enige TWEE bewysstukke in die bron wat te kenne gee dat
die mense wat in Oos-Duitsland gebly het, ontevrede was met die
regering se ekonomiese beleid. (2 x 1) (2)
1.4.2 Verduidelik die stappe wat die Oos-Duitse regering gedoen het om
die ineenstorting van die land se ekonomie te voorkom. (2 x 2) (4)
1.5 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
verduidelik waarom die Duitse Demokratiese Republiek in 1961 besluit het
om die Berlynse Muur te bou. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 5 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
VRAAG 2: WAAROM HET SUID-AFRIKA EN KUBA NA 1975 BY DIE KOUE
OORLOG IN ANGOLA BETROKKE GERAAK?
Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.
2.1 Verwys na Bron 2A.
2.1.1 Noem TWEE lande wat Vorster vir Suid-Afrika se ingryping in
Angola blameer het. (2 x 1) (2)
2.1.2 Waarom, volgens Vorster, het Suid-Afrika by die Koue Oorlog in
Angola betrokke geraak? Gee DRIE redes vir jou antwoord. (3 x 1) (3)
2.1.3 Lewer kommentaar op die manier waarop die inligting wat in
paragraaf 2 oor Suid-Afrika se betrokkenheid by die Koue Oorlog
in Angola gegee word, teenstrydig is met Vorster se bewering in
paragraaf 1. (2 x 2) (4)
2.1.4 Identifiseer TWEE Afrikaleiers in die bron wat die Suid-Afrikaanse
Weermag se besluit om die FNLA en UNITA by te staan, gesteun
het. (2 x 1) (2)
2.2 Raadpleeg Bron 2B.
2.2.1 Watter boodskappe dra die spotprenttekenaar oor met betrekking
tot die aard van buitelandse inmenging in Angola? Gebruik die
visuele leidrade in die bron om jou antwoord te ondersteun. (2 x 2) (4)
2.2.2 Verduidelik die beperkings van die bron vir 'n historikus wat die rol
van buitelandse inmenging in Angola tussen 1975 en 1976
bestudeer. (2 x 2) (4)
2.3 Bestudeer Bron 2C.
2.3.1 Hoe het Suid-Afrika gereageer op die Weste en swart
Afrikabondgenote se gebrek aan 'openlike ondersteuning' vir sy
terugtrekking uit Angola in 1975? (1 x 2) (2)
2.3.2 Verduidelik waarom Vorster nie bereid was om te bevestig of
Amerika Suid-Afrika gedurende die Koue Oorlog in Angola
gesteun het nie. (2 x 2) (4)
2.3.3 Kies bewyse uit die bron wat te kenne gee dat die Amerikaanse
regering Suid-Afrika se militêre operasie in Angola in 1975 gesteun
het. (2 x 1) (2)
2.3.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
wat De Borchgrave bedoel het met die bewering dat 'gematigde
swart presidente in Afrika hulle goedkeuring vir die operasie gegee
het' in die konteks van gebeure wat tussen 1975 en 1976 in
Angola plaasgevind het. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 6 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
2.4 Lees Bron 2D.
2.4.1 Watter Afrikaland (behalwe Suid-Afrika) het troepe na Angola
gestuur om teen die MPLA te veg? (1 x 1) (1)
2.4.2 Waarom het Fidel Castro die Verenigde State van Amerika
daarvan beskuldig dat hulle die oorlog in Angola aangehits
(veroorsaak) het? Ondersteun jou antwoord met relevante bewyse
uit die bron. (2 x 2) (4)
2.4.3 Verduidelik waarom jy dink leiers van Fidel Castro se party
gemeen het dat dit nodig was om die MPLA te ondersteun. (2 x 2) (4)
2.4.4 Haal woorde uit die bron aan wat Castro gebruik het om die
volgende aan te dui:
(a) Steun vir die Angolese troepe (1 x 1) (1)
(b) Vyandigheid teenoor die Suid-Afrikaanse troepe (1 x 1) (1)
2.5 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
verduidelik waarom Suid-Afrika en Kuba ná 1975 by die Koue Oorlog in
Angola betrokke geraak het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 7 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
VRAAG 3: HOE HET AMERIKANERS OP DIE INTEGRASIE VAN CENTRAL HIGH
SCHOOL IN LITTLE ROCK, ARKANSAS, IN 1957 GEREAGEER?
Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.
3.1 Lees Bron 3A.
3.1.1 Verduidelik die term integrasie in die konteks van die gebeure wat
in 1957 by Central High School plaasgevind het. (1 x 2) (2)
3.1.2 Hoe het lede van die raad by Central High School op die beslissing
van die Federale Hof gereageer? (1 x 2) (2)
3.1.3 Beskryf in jou eie woorde hoe Prinsipaal Matthews verwag het dat
leerders by Central High School hulle moes gedra. (2 x 2) (4)
3.1.4 Hoe, volgens die inligting in die bron, het Central High School
gehoop om hulle reputasie as een van die toonaangewende
openbare hoërskole in die VSA te behou? (1 x 2) (2)
3.2 Verwys na Bron 3B.
3.2.1 Waarom, dink jy, is hierdie foto geneem? Gee TWEE redes vir jou
antwoord. (2 x 2) (4)
3.2.2 Verduidelik wat daartoe gelei het dat die wit Amerikaanse leerders
uit Central High School gestap het. (1 x 2) (2)
3.3 Verwys na Bron 3A en 3B. Lewer kommentaar op die maniere waarop die wit
Amerikaanse leerders se optrede in Bron 3B strydig is met die inhoud van die
bulletin in Bron 3A. (2 x 2) (4)
3.4 Bestudeer Bron 3C.
3.4.1 Haal bewyse uit die bron aan wat te kenne gee dat
mev. Helen Conrad die integrasie by Central High School
ondersteun het. (1 x 1) (1)
3.4.2 Maak 'n lys van DRIE dinge in die bron wat daarop dui dat
Robin Woods anders as haar klasmaats was. (3 x 1) (3)
3.4.3 Op watter manier is die 'sosiale kode' by Central High School
geskend? (1 x 2) (2)
3.4.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
waarom jy hierdie historiese bewysstuk as bruikbaar sou beskou
vir 'n historikus wat oor die Little Rock-nege se ervarings by
Central High School navorsing doen. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 8 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
3.5 Verwys na Bron 3D.
3.5.1 Waarom het Ernest Green die feit dat hy aan Central High School
gematrikuleer het, as van besondere belang beskou? (2 x 1) (2)
3.5.2 Wat het Ernest Green bedoel met die bewering dat hy 'deur 'n
muur gebreek het'? (2 x 2) (4)
3.5.3 Hoe het mense wat die plegtigheid by Central High School
bygewoon het, gereageer toe Ernest Green sy diploma ontvang?
(1 x 2) (2)
3.5.4 Verduidelik, in jou eie woorde, Ernest Green se houding nadat hy
sy diploma ontvang het. (2 x 2) (4)
3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
verduidelik hoe Amerikaners in 1957 op die integrasie van Central High
School in Little Rock gereageer het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 9 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling.
Jou opstel behoort ongeveer DRIE bladsye lank te wees.
VRAAG 4: UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
VIËTNAM
Die Noord-Viëtnamese en die Nasionale Vryheidsfront (Viëtkong) het geveg om hulle
land van Amerikaanse inmenging te bevry. Dit was waarskynlik die hoofrede waarom
die Amerikaners nie daarin kon slaag om hulle te oorwin nie.
Bespreek hierdie bewering krities in die konteks van die oorlog wat tussen 1963 en
1973 in Viëtnam geveg is. [50]
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE –
DIE KONGO EN TANZANIË
Verduidelik in watter mate die leierskap van Mobutu Sese Seko en Julius Nyerere 'n
uitwerking op politieke en ekonomiese ontwikkeling van beide die Kongo en Tanzanië
ná die verkryging van onafhanklikheid gehad het. [50]
VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
SWARTMAGBEWEGING
Die Black Panther-party was alleen verantwoordelik vir die opkoms van 'Swart Mag' in
die Verenigde State van Amerika in die 1960's.
Stem jy saam met die stelling hierbo? Gebruik relevante voorbeelde om jou argument
te ondersteun. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
History Grade 12 P1 NSC Supplementary 2016 QP (Eng)

Question paper
History Grade 12 P2 NSC Supplementary 2016 QP (Afr)

Question paper
History Grade 12 P1 EC June 2016 Question Paper (English)

Question paper
History Grade 12 P1 EC June 2016 Question Paper (English)

Question paper
History Grade 12 P1 NSC Supplementary 2015 QP (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 NSC Supplementary 2016 Addendum (Afr)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum