Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
GESKIEDENIS V1
FEBRUARIE/MAART 2016
MEMORANDUM
PUNTE: 150
Hierdie memorandum bestaan uit 23 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2016 papers 





View all



%202024%20Question%20Paper%20X05_hlayiso.com_--7b41ec15-3856-4a67-a9db-cedd424e51c5/v1-5ae80cf63fec0975a316/card.webp)

History Grade 12 P1 NSC Supplementary 2016 Memo (Afrikaans)
Grade 12 History Paper 1 memorandum from the NSC Supplementary Exam 2016 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2016. Memorandum, 23 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2016
- Exam period
- NSC Supplementary Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 23
- File size
- 409.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 23
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 2 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
1. BRONGEBASEERDE VRAE
1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te
ontwikkel:
GEWIGS-
KOGNITIEWE
HISTORIESE VAARDIGHEDE TOEKENNING
VLAKKE
VAN VRAE
• Onttrek inligting uit bronne
VLAK 1 • Selektering en organisasie van relevante inligting uit 30%
bronne (15)
• Definieer historiese begrippe/terme
• Interpretasie van bewyse uit bronne
VLAK 2 40%
• Verduidelik inligting verkry uit bronne
(20)
• Analiseer bewyse uit bronne
• Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne
• Skakel met bronne om bruikbaarheid, betroubaarheid,
VLAK 3 eensydigheid en beperkings vas te stel 30%
• Vergelyk en kontrasteer interpretasies en (15)
perspektiewe in die bronne en kom tot onafhanklike
gevolgtrekkings
1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word:
• By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige
ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of voorbeelde.
• Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die
vereistes van die vraag voldoen is.
• In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan
aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte
skrif aangedui.
1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae
• Gebruik 'n regmerk () vir elke korrekte antwoord
• Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee redes
en word twee punte elk toegeken (); (1 x 2) wat neerkom op een rede en
twee punte toegeken word ()
• Indien 'n vraag 4 punte tel word 4 regmerke () aangedui
Paragraafvraag
Paragrawe moet globaal (holisties) geassesseer word. Beide die inhoud en die
struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte
toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer 'n antwoord op 'n
paragraafvraag geassesseer word:
• Lees die paragraaf en plaas 'n kolpunt () by elke punt binne-in die teks waar
die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord.
• Lees die paragraaf weer om die mate waartoe die kandidaat in staat was om
relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord, te evalueer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 3 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
• Maak regmerkies (), wat aan die kandidaat vir die paragraaf toegeken is,
aan die einde van die paragraaf, sowel as die vlak (1, 2 of 3) soos in die
holistiese rubriek aangedui en gee kommentaar, bv.
___________________________________________________________
___________________________________________________________
____________________________________________________
Vlak 2
Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf.
• Tel al die regmerkies vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt
onder in die regterkantse kantlyn, bv. 32
50
• Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die
antwoordeboek oorgedra word.
2. OPSTELVRAE
2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate:
• In staat sal wees om hul argument op 'n logiese en samehangende wyse te
stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en
bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om 'n redelike reeks feite of
'n effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde vraag te
beantwoord. Dit is noodsaaklik dat 'n opstel 'n inleiding, 'n samehangende en
gebalanseerde liggaam van bewyse en 'n slot het.
2.2 Nasien van opstelvrae
• Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word deur
die handboeke wat by 'n spesifieke sentrum gebruik is.
• Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as dit wat
ingesluit is by 'n riglyn vir nasien van 'n spesifieke opstel.
• By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet
kry vir enige ander relevante antwoord.
2.3 Globale assessering van 'n opstel
Die opstel sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat
die onderwyser die totale produk as 'n geheel sal bepunt sonder om die
samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder
aan om 'n individuele mening aan te bied deur gebruik te maak van geselekteerde
feitelike bewyse om 'n argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder
verwag word om slegs 'feite' neer te skryf om 'n beter punt te behaal nie. Hierdie
benadering sal leerders ook ontmoedig om 'model-antwoorde' voor te berei en te
reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem.
Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun
deur bewyse. Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met
holistiese assessering nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie,
aangesien die klem op die volgende val:
• Die konstruksie/daarstelling van 'n argument
• Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te
ondersteun
• Die leerder se interpretasie van die vraag.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 4 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
2.4 Assesseringsprosedures van die opstel
2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die opstel nagesien word.
2.4.2 Tydens die eerste deurlees van die opstel moet regmerkies toegeken word
vir 'n relevante inleiding (aangedui met 'n kolpunt ('bullet') in die
nasienriglyne/memorandum), vir elke hoofmoment/aspek wat volledig
gekontekstualiseer is en 'n relevante slotopmerking (aangedui met 'n
kolpunt in die nasienriglyn/memorandum) bv. 'n antwoord waar daar 5
hoofpunte is, sal daar dus 7 regmerkies wees.
2.4.3 Die volgende addisionele simbole kan ook gebruik word:
• Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik gekontekstualiseer
nie ^
• Verkeerde stelling _________________
• Irrelevante stelling |
|
|
• Herhaling R
• Analise A√
• Interpretasie 1√
2.5. Die matriks
2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle
By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die matriks
voorsien word. Tydens die assessering van 'n opstel moet beide die inhoud en die
aanbieding in ag geneem word. 'n Punt word toegeken by die snypunt van die
inhoud en aanbieding, gebaseer op die sewe vaardigheidvlakke.
(a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter mate
die hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak (op die matriks) vas te
stel.
I VLAK 4
(b) Die tweede deurlees van die skryfwerk sal die vlak (op die matriks) van
die aanbieding bepaal.
I VLAK 4
A VLAK 3
(c) Ken 'n algehele punt toe met behulp van die matriks.
I
A
VLAK 4
VLAK 3 }26–27
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 5 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
NASIENMATRIKS VIR OPSTELLE: TOTAAL: 50
VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1*
AANBIEDING Baie goed Baie goed Goed beplande en Argument beplan Toon soms bewys Poging Weinig of geen
beplande en beplande en gestruktureerde en gestruktureer. van 'n aangewend om poging om die
gestruktureerde gestruktureerde opstel. Bewyse tot 'n gestruktureerde en antwoord te opstel te
opstel. Goeie opstel. 'n Poog om 'n sekere mate beplande struktureer. struktureer nie.
sintese van Relevante duidelike argument gebruik om argument. Poog Grootliks
inligting. Het 'n argument is te ontwikkel. argument te om 'n argument vol beskrywend of
goed gevolg. Bewyse Gevolgtrekking ondersteun. te hou. poog om argument
INHOUD gebalanseerde, gebruik om die gemaak uit Slotsom bereik op Gevolgtrekking nie te ontwikkel. Geen
oorspronklike argument te bewyse om die grond van bewyse. duidelik poging om 'n
argument verdedig. Poog om argument te ondersteun deur gevolgtrekking te
ontwikkel met 'n onafhanklike ondersteun. bewyse nie. maak nie.
bewyse. Argument gevolgtrekking uit
deurgaans die bewyse te
volgehou en maak om die
verdedig. argument te
Onafhanklike ondersteun.
gevolgtrekking
gemaak uit
bewyse om die
argument te
ondersteun.
VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudskeuse ten 47–50 43–46
volle relevant tot
argument wat gevolg
is.
VLAK 6
Vraag is beantwoord.
Inhoudseleksie 43–46 40–42 38–39
relevant tot argument
wat gevolg is
VLAK 5
Vraag grotendeels
beantwoord. Inhoud 38–39 36–37 34–35 30–33 28–29
toereikend en
relevant.
VLAK 4
Vraag herkenbaar in
antwoord. Sommige 30–33 28–29 26–27
weglatings of
irrelevante keuse van
inhoud.
VLAK 3
Keuse van inhoud hou
verband met vraag,
maar beantwoord dit 26–27 24–25 20–23
nie. Hou soms nie
verband met die vraag
nie. Weglatings.
VLAK 2
Vraag ontoereikend 20–23 18–19 14–17
beantwoord. Inhoud
skraal.
VLAK 1*
Vraag ontoereikend
beantwoord of glad 14–17 0–13
nie. Ontoereikend of
irrelevante inhoud.
* Riglyne vir die toekenning van 'n punt in Vlak 1:
• Vraag glad nie beantwoord nie/ totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie =
0
• Vraag sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1–6
• Vraag ontoereikend en vaag beantwoord ; klein poging om die opstel te struktureer = 7–13
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 6 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: WAAROM HET DIE DUITSE DEMOKRATIESE REPUBLIEK IN 1961
BESLUIT OM DIE BERLYNSE MUUR TE BOU?
1.1
1.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
• In 1948 is 'n aparte geldeenheid in Wes-Berlyn ingestel
• In 1949 is die Wes-Duitse staat gestig
• 1954 het Wes-Duitsland by NAVO aangesluit
• 1958 het Wes-Berlyn besluite geneem oor atoomwapens (4 x 1) (4)
1.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
• Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO)
• Warskou-verdrag (2 x 1) (2)
1.1.3 [Interpretasie van inligting uit Bron 1A – V2]
• Die muur was 'n vredesmaatreël omdat Oos-Duitsland Wes-Duitsland gesien
het as 'n bedreiging van hulle veiligheid
• 'n Groot aantal opgeleide werkers het Oos-Duitsland vir Wes-Duitsland verlaat
en dit het beteken dat Wes-Berlyn gedreig het om die Oos-Duitse ekonomie te
verlam (jaarlikse verlies van 3.5 miljoen mark)
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
1.1.4 [Evalueer die betroubaarheid van Bron 1A – V3]
Kandidate moet aandui of die bron BETROUBAAR of NIE BETROUBAAR is
nie en hulle antwoord met relevante bewyse ondersteun.
BETROUBAAR
• Die bron is geskryf deur die Oos-Duitse regering en dit skets hulle siening van
die situasie in Oos-Duitsland
• Die gebeure waarna verwys word in die uittreksel is uit hulle oogpunt feitelik
korrek
• Enige ander relevante antwoord
NIE BETROUBAAR NIE
• Die bron is spesifiek geskryf om die Oos-Duitse siening met betrekking tot die
Berlynse Muur te gee
• Die pamflet is in Engels (nie Duits nie) geskryf en is versprei in die Verenigde
State van Amerika en Brittanje
• Dit gee die Oos-Duitse redes vir die bou van die muur, maar gee geen ander
perspektief nie
• Die gebeure waarna verwys word in die uittreksel is feitelik korrek maar is deur
Oos-Duitsland geïnterpreteer as dade van aggressie (selfs al was dit nie die
geval nie)
• Enige ander relevante antwoord
(enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 7 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
1.2
1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
• Glansende
• Kapitalisme
• Weelderig (enige 2 x 1) (2)
1.2.2 [Verduideliking van 'n historiese begrip uit Bron 1B – V1]
• 'n Ekonomiese stelsel gebaseer op privaatbesit van produksiemiddele (grond,
fabrieke, besighede)
• 'n Ekonomiese stelsel wat aangevuur word deur die verhoging van profyt
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
1.2.3 [Interpretasie van inligting uit Bron 1B – V2]
• Die VSA wou verseker dat Wes-Berlyn 'n rolmodel vir kapitalisme in Europa
was
• Om die lewensstandaard in Wes-Berlyn te verbeter
• Om te verhoed dat Wes-Berlyners in die versoeking kom om na Oos-Berlyn te
verhuis
• VSA het hulle verbind om die vry mense van die wêreld te ondersteun via die
Truman-leer en die Marshall-plan
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.2.4 [Interpretasie van inligting uit Bron 1B – V2]
• Die lewenskwaliteit het geblyk beter in Wes-Berlyn te wees in vergelyking met
Oos-Berlyn
• Oos-Berlyn het 'n tekort gehad van die vryhede wat mense in Wes-Berlyn
geniet het
• Berlyn was 'n vrystad so meeste mense kon vrylik tussen die sektore beweeg
• Hulle wou nie onder kommunistiese regering lewe nie
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.2.5 [Onttrekking van inligting uit Bron 1B – V1]
• Wes-Berlyn het 'n belangrike sentrum vir spioenasie en verspieding geword
• Wes-Berlyn was gesetel 'diep binne die vyand se gebied'
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 1) (2)
1.3
1.3.1 [Analise van inligting in Bron 1C – V2]
(a)
• Dit belowe 'n hoë lewensstandaard en lewenskwaliteit (heuning/ geld)
maar in werklikheid was dit nie die geval nie
• Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2)
(b)
• Lewe in Oos-Duitsland word uitgebeeld as gemaklik en het alles wat 'n
werker nodig het om te oorleef (geteken as bye wat in 'n roostuin bly)
• Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 8 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
1.3.2 [Ontdekking van eensydigheid in Bron 1C – V3]
• Die spotprent is geproduseer en gepubliseer in Oos-Duitsland waar anti-
kommunistiese opposisie stilgemaak is
• Die prentjie stel lewe in Oos-Duitsland in 'n positiewe lig, dit is 'n teenstelling
want Oos-Duitsers het in groot getalle uit Oos-Duitsland gevlug
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.4
1.4.1 [Onttrekking van inligting uit Bron 1D – V1]
• Groot getalle mense het uit Oos-Duitsland deur die oop grensgebied in Berlyn
gevlug
• Daar was onrus en ontevredenheid in die fabrieke
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 1) (2)
1.4.2 [Interpretasie van inligting uit Bron 1D – V2]
• Ulbricht versoek toestemming van die Warskou-pakt lande om die grensgebied
in Berlyn te sluit, vandaar sou vryheid en beweging beperk wees
• Die Berlynse Muur is op 13 Augustus 1961 gebou
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.5 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit.
• Die Duitse Demokratiese Republiek het die 'anti-fasistiese muur' gebou omdat
hulle geglo het dat die Westerse magte die vrede bedreig het (Bron 1A)
• Die Oos-Duitsers het Wes-Duitsland gesien as 'n bedreiging van veiligheid
(Bron 1A)
• Die optrede van die Westerse moondhede in Berlyn en Wes-Duitsland is gesien
as dade van aggressie (Bron 1A)
• Groot getalle opgeleide professionele persone het Oos-Duitsland via die
vrystad Berlyn verlaat (Bron 1A en 1D)
• In die konteks van toenemende Koue Oorlog-spanning het die muur militêre
konflik tussen opponerende magte verhoed (Bron 1A)
• Westerse magte het probeer om Oos-Duitse werkers aan te moedig om na die
Weste te vlug/ het hulle met beloftes van 'n beter lewenskwaliteit gelok (Bron
1C)
• Die Weste het Wes-Berlyn gebruik as 'n sentrum vir spioenasie om op Oos-
Duitsland te spioeneer en om anti-kommunistiese propaganda te versprei (Bron
1B)
• Die Duitse Demokratiese Republiek het die Berlynse Muur gebou om te
voorkom dat mense Oos-Duitsland via Oos-Berlyn verlaat (Bron 1B)
• Kommunisme is as 'n minder aanloklike lewenswyse as kapitalisme beskou
(Bron 1B en 1C)
• Oos-Duitsers/Berlyners was meer aangetrokke tot die beter lewenskwaliteit in
kapitalistiese Wes-Berlyn (Bron 1B en 1D)
• Die Oos-Duitse ekonomie was in die gevaar om ineen te stort omdat so baie
geskoolde en professionele mense probeer het om na die Weste te gaan (Bron
1A, 1C en 1D) so 'n muur was die enigste manier om die uitstroming te stop
• Die Oos-Duitsers het probeer om grond te kollektiviseer en privaat eienaarskap
te voorkom wat daartoe gelei het dat mense na die Weste gevlug het
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 9 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
• Die outoritêre regime en 'n gebrek aan vryheid in Oos-Duitsland het veroorsaak
dat mense na die Weste gevlug het, die muur het hierdie uitstroming van
mense gekeer (Bron 1B en 1D)
• Enige ander relevante antwoord
Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:
• Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen of
VLAK 1 min begrip oor waarom die Duitse Demokratiese Republiek PUNTE
besluit het om die Berlynse Muur in 1961 te bou. 0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate verband
VLAK 2 met die onderwerp bv. toon begrip oor waarom die Duitse PUNTE
Demokratiese Republiek besluit het om die Berlynse Muur 3–5
in 1961 te bou.
• Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf.
• Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer 'n deeglike
begrip oor waarom die Duitse Demokratiese Republiek
VLAK 3 besluit het om die Berlynse Muur in 1961 te bou. PUNTE
• Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf 6–8
en toon begrip van onderwerp.
(8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 10 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
VRAAG 2: WAAROM HET SUID-AFRIKA EN KUBA NA 1975 BY DIE KOUE
OORLOG IN ANGOLA BETROKKE GERAAK?
2.1
2.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
• Rusland
• Kuba (2 x 1) (2)
2.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
• Russe en Kubane gaan Angola binne
• Russe en Kubane het in die sake van Angola ingemeng
• Russe en Kubane het die mense van Angola onderdruk
• Vorster wou voorkom dat Kuba en die MPLA beheer oorneem van die damme
tussen Ruacana and Caleque (enige 3 x 1) (3)
2.1.3 [Vergelyking van bewyse en die vasstelling van verskille tussen die bewerings in
Bron 2A – V3]
• Vorster het beweer dat dit die betrokkenheid van Rusland en Kuba in Angola
was wat aanleiding gegee het tot Suid-Afrika se ingryping in Angola
(paragraaf 1)
terwyl Liebenberg en Spies aangedui het dat dit Suid-Afrika se begeerte was
om te voorkom dat 'n vyandige MPLA regering beheer in Angola oorneem
(paragraaf 2)
• Vorster het aangedui dat Suid-Afrika ingegaan het om te voorkom dat Kuba en
die MPLA beheer oor die damme neem (paragraaf 1)
terwyl Liebenberg en Spies aandui dat dit nie die Russe en Kubane was wat
geïnteresseerd was in die damme, maar eerder SWAPO (paragraaf 2)
• Vorster het beweer dat die Russe en Kubane die mense van Angola ondermyn
en onderdruk het (paragraaf 1)
terwyl Liebenberg en Spies aandui dat daar amper geen Russe en net 'n paar
Kubane in die land was toe Suid-Afrika Angola ingeval het (paragraaf 2)
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
• President Kaunda
• President Mobutu (2 x 1) (2)
2.2
2.2.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]
• Kubaanse ingryping was van 'n militêre aard soos getoon deur die geweer in
Castro se hande en die uniform wat hy aanhet
• Rusland het Kuba beheer en hulle gedwing om in te gryp soos getoon deur die
opwensleutel op Castro se rug
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 11 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
2.2.2 [Evaluering van die beperkings van Bron 2B – V3]
• Die spotprent kan eensydig wees want dit gee slegs 'n Amerikaanse
kunstenaar se siening
• Die spotprent toon slegs die Kubaanse en USSR ingryping in Angola,
terwyl Suid-Afrika en ander lande ook betrokke was in die Angolese oorlog,
maar nie getoon word nie
• Die USSR word getoon as die dryfveer agter Kuba, geen vermelding word
gemaak van Amerika se rol in die ondersteuning van Suid-Afrika se
ingryping in Angola
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.3
2.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
• Bitter/ongelukkig (1 x 2) (2)
2.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C - V2]
• Die VSA speel 'n belangrike rol in die verskaffing van wapens en inligting
die SAW en as Vorster sou praat oor die VS se bystand kon Suid-Afrika sy
versterking en ondersteuning verloor
• Die VS regering kon gekritiseer word op die internasionale verhoog
vanweë sy ondersteuning aan die apartheid regime
• Amerikaanse burgers was nie ingelig oor die rol wat hulle regering in die
Koue Oorlog in Angola gespeel het
• Die Suid-Afrikaanse regering wou nie die vertroulikheid van sy
kommunikasie met die VS regering verbreek nie
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.3.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
• Toe Vorster gekonfronteer is deur die bewering dat die VSA versoek het
dat Suid-Afrika help in Angola het hy gesê dat, 'as jy die stelling maak, sal
ek dit nie ontken nie.'
• Toe Vorster gekonfronteer is deur die beskuldiging dat Kissinger die groen
lig gegee het vir Suid-Afrika se militêre operasie in Angola het hy
geantwoord dat, 'As jy dit uit jou eie uit sê, gaan ek jou nie 'n leuenaar
noem nie.' (2 x 1) (2)
2.3.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]
• Sommige Afrika-presidente het nie die kommunistiese ideologie
ondersteun nie
• Sommige Afrika-presidente het nie die MPLA-regering in Angola
ondersteun nie
• Sommige Afrika presidente het alleenlik die SAW se ingryping om UNITA
en die FNLA te help ondersteun
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 12 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
2.4
2.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V1]
• Zaïre (1 x 1) (1)
2.4.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D - V2]
• Castro het geglo dat Amerika Zaïre die opdrag gegee het om troepe
na Angola te stuur
• Castro het geglo dat Amerika Suid-Afrika die opdrag gegee het om troepe,
tenks en artillerie na Angola te stuur
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
2.4.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2]
• MPLA was 'n kommunisties georiënteerde regering
• Om Kubaanse belange in Angola te beskerm
• Die Angolese gewapende magte (FAPLA) was nie in staat om die Suid-
Afrikaanse troepe se inval te voorkom nie
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.4.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V1]
(a)
• Angolese 'patriot' (1 x 1) (1)
(b)
• Suid-Afrikaanse 'rassiste' (1 x 1) (1)
2.5 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit.
• Volgens Vorster het Suid-Afrika in die Koue Oorlog in Angola deelgeneem
as gevolg van die USSR en Kuba se betrokkenheid (Bron 2A)
• Volgens Vorster het Suid-Afrika in die Koue Oorlog in Angola ingegryp as
gevolg van die bedreiging van die damme tussen Ruacana en Caleque
(Bron 2A)
• Suid-Afrika het betrokke geraak as gevolg van die bedreiging van 'n
vyandige MPLA regering (Bron 2A)
• Suid-Afrika het in Angola ingegryp om die FNLA en UNITA te ondersteun
(Bron 2A)
• Volgens Fidel Castro het Suid-Afrika in Angola ingegryp in antwoord op 'n
versoek deur die VSA (Bron 2C)
• Suid-Afrika het ander 'gematigde Afrika presidente' wat teen die MPLA
regering in Angola geveg het, ondersteun (Bron 2D)
• Volgens Vorster het Kuba betrokke geraak in Angola om die land te
onderwerp en die mense deur kommunisme te onderdruk (Bron 2A)
• Kuba het betrokke geraak om kommunisme in Afrika te versprei (eie kennis)
• Die USSR het Kuba beveel om in die Koue Oorlog in Angola deel te neem
(Bron 2B)
• Volgens Castro is Cuba deur die MPLA versoek om te help om Suid-Afrika
se inval in Angola te keer (Bron 2D)
• Enige ander relevante antwoord.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 13 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:
• Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen of
VLAK 1 min begrip oor waarom Suid-Afrika en Kuba na 1975 in die PUNTE
Koue Oorlog in Angola betrokke geraak het. 0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate verband
VLAK 2 met die onderwerp bv. toon begrip oor waarom Suid-Afrika PUNTE
en Kuba na 1975 in die Koue Oorlog in Angola betrokke 3–5
geraak het.
• Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf.
• Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer 'n deeglike
begrip oor waarom Suid-Afrika en Kuba na 1975 in die
VLAK 3 Koue Oorlog in Angola betrokke geraak het. PUNTE
• Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf 6–8
en toon begrip van onderwerp.
(8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 14 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
VRAAG 3: HOE HET AMERIKANERS OP DIE INTEGRASIE VAN CENTRAL HIGH
SCHOOL IN LITTLE ROCK, ARKANSAS, IN 1957 GEREAGEER?
3.1
3.1.1 [Verduideliking van 'n historiese begrip uit Bron 3A – V1]
• 'n Proses wat swart Amerikaanse leerders toelaat om Central High School
saam met wit Amerikaanse leerders by te woon
• 'n Proses om Central High School te desegregeer sodat swart Amerikaanse
leerders die skool kan bywoon
• 'n Proses wat segregasie by Central High School, 'n voormalige eksklusief
slegs blanke skool te beëindig, deur die insluiting van swart Amerikaanse
leerders toe te laat
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
3.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
• Dit het 'n groep gekwalifiseerde en vooraf gekose swart Amerikaanse
leerders by Central High School ingeskryf
• Dit het besluit om Central High School vanaf 1957 te integreer soos beveel
is deur die Hooggeregshof beslissing (1 x 2) (2)
3.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2]
• Om swart Amerikaanse leerders as mede leerders te aanvaar
• Om hulle te weerhou daarvan om rusie te veroorsaak of die skool te ontwrig
• Om hulle te weerhou daarvan om die risiko te neem om gearresteer te word
vir wanordelike gedrag
• Om op hulle studies te konsentreer en nie betrokke te raak in ontwrigtende
insidente by die skool nie
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
3.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A– V2]
• 'Ons kan dit doen indien elke leerling en onderwyser ons besigheid by
hierdie skool – leer en onderrig, met stilswye sal doen' (1 x 2) (2)
3.2
3.2.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2]
• Om te toon dat wit Amerikaanse leerders teen integrasie by Central High
School was
• Om te toon dat wit Amerikaners die integrasie van Central High School
afkeur en nie bereid was om hulle onderwyshulpmiddels te deel nie
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2]
• Om die besluit wat deur die skoolraad geneem is – om die skool te
desegregeer, uit te daag
• Om teen die desegregasie van Central High School te protesteer
• In protes teen die teenwoordigheid van swart Amerikaanse leerders by
Central High School
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 15 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
3.3 [Evalueer die verskille tussen Bron 3A en 3B – V3]
• Bron 3A beweer dat leerders gewaarsku is om nie enige wanorde of
verwarring te veroorsaak nie maar in Bron 3B word konserwatiewe
Amerikaanse wit leerders gesien wat chaos by die skool veroorsaak deur in
protes teen integrasie van Central High School uit te marsjeer
• Bron 3A dui aan dat betogings beskou sou word as minagting van die
hofbevel, maar Bron 3B toon konserwatiewe wit Amerikaanse leerders by
Central High School wat betoog teen die integrasie by Central High School
• Bron 3A versoek dat leerders die reputasie van Central High School
onderhou as 'n toonaangewende openbare skool, maar die 'insident' in Bron
3B het die reputasie van die skool vernietig
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.4
3.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1]
• Sy het dit van die eerste dag af in die Algebra klas duidelik gemaak dat sy
geen teenkanting teen integrasie sou duld nie (1 x 1) (1)
3.4.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1]
• Sy het haar handboek met Roberts gedeel
• Sy het haar 'haar bank langs myne geskuif en ons het haar boek gedeel'
• Sy was vriendelik met swart Amerikaanse leerders (3 x 1) (3)
3.4.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 3C – V2]
• Central High School is gereserveer vir wit Amerikaanse leerders en met die
toelating van swart Amerikaanse leerders is die sosiale kode geskend.
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
3.4.4 [Evaluering van die bruikbaarheid van Bron 3C – V3]
Die bron is bruikbaar omdat:
• Dit 'n uittreksel is wat die daadwerklike woorde van Terrence J Roberts
bevat
• Dit 'n verslag is van iets wat in een van Roberts se klasse gebeur het en
nuwe insig gee oor die gebeure wat by Central High School plaasgevind het
• Dit insig gee in die daaglikse ondervindinge van die Little Rock Nine by
Central High School
• Dit die effek wat rasse diskriminasie op swart Amerikaanse leerders gehad
het aandui
• Die inligting ooreenkom met ander bronne oor dieselfde onderwerp
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 16 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
3.5
3.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
• Dit sou onmoontlik wees vir wit Amerikaners om te sê dat swart
Amerikaners nooit by Central High School gegradueer het nie
• Hy was die eerste swart Amerikaner ooit wat by Central High School
gegradueer het
(enige 2 x 1) (2)
3.5.2 [Analise van bewyse uit Bron 3D – V2]
• Hy was die eerste swart Amerikaanse leerder wat na integrasie by Central
High School gegradueer het
• Sy graduering het geïmpliseer dat desegregasie by Central High School 'n
suksesstorie was
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.5.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
• Daar was 'n onheilspellende stilte
• Niemand het geklap nie (2 x 1) (2)
3.5.4 [Analise van bewyse in Bron 3D – V2]
• Hy het gevoel dat hy sy doel bereik het
• Hy het nie omgegee of die wit Amerikaanse gehoor applous gee
vir sy sukses nie
• Hy het nie omgegee dat sy prestasies nie erken is nie
• Hy wou die skool so gou as moontlik verlaat want hy het sy doel bereik
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
3.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit:
• Wit Amerikaanse leerders is gewaarsku om nie wanorde of betogings by
Central High School te veroorsaak nie (Bron 3A)
• Hulle het die skoolbulletin wat gedien het as 'n riglyn oor hoe leerders hulle
self moes handhaaf, ondermyn (eie kennis)
• Ongeveer 60-75 konserwatiewe wit Amerikaanse leerders het uit die skool
gemarsjeer in protes teen die integrasie van Central High School op 3
Oktober 1957 (Bron 3B)
• Wit Amerikaanse leerders in 'n Algebra klas het die teenwoordigheid van 'n
swart Amerikaanse leerder, Terrence Roberts, aanvaar (Bron 3C)
• 'n Wit Amerikaanse leerder, Robin Woods, het haar handboeke met 'n
swart Amerikaanse leerder gedeel (Bron 3C)
• Wit Amerikaanse ouers het nie vir Ernest Green gelukgewens toe hy
gegradueer het en sy diploma ontvang het in Mei 1958 (Bron 3D)
• Swart Amerikaners het die integrasie van Central High School as a
oorwinning vir die Burgerregtebeweging beskou (eie kennis)
• Enige ander relevante antwoord
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 17 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:
• Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen of
VLAK 1 min begrip oor hoe Amerikaners reageer het op die PUNTE
integrasie van Central High School in Little Rock in 1957. 0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate verband
VLAK 2 met die onderwerp bv. toon begrip oor hoe Amerikaners PUNTE
reageer het op die integrasie van Central High School in 3–5
Little Rock in 1957.
• Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf.
• Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer 'n deeglike
begrip oor hoe Amerikaners reageer het op die integrasie
VLAK 3 van Central High School in Little Rock in 1957. PUNTE
• Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf 6–8
en toon begrip van onderwerp.
(8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 18 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4
[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet aandui hoe die Noord-Viëtnamese (Viëtminh) die Nasionale Vryheidsfront
(Viëtkong) ondersteun het om hulle land te bevry van Amerikaanse ingryping. 'n Analise
oor hoe die Viëtkong in staat was om die VS weermag te oorwin moet gedoen word. Die
taktieke en strategieë wat gebruik is deur die VSA se weermag en die Viëtminh tesame
met die Viëtkong (Nasionale Vryheidsfront) gedurende die oorlog moet geskets word en
ook uitgelig word.
HOOFASPEKTE
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit:
• Inleiding: Kandidate moet hierdie bewering krities bespreek en 'n geskikte argument
volg.
UITBREIDING
Doel van die Viëtminh en die Viëtkong in die verdediging van Viëtnam
• Viëtnamese was verenig/patrioties/nasionalisties in die verdediging van hulle land teen
die VS
• Noord-Viëtnam het militêre ondersteuning van die USSR en Sjina ontvang en daarom
het die Viëtminh en die Viëtkong toegang gehad tot moderne wapens
• Guerrilla oorlogvoering is effektief gebruik deur die Viëtkong, ondersteun deur
Viëtminh van die noorde en het taktieke soos lokvalle, ondergrondse tonnels, tref en
trap en sabotasie gebruik
• Sterk leierskap in die Viëtkong onder Giap, het tot verdedigende aanvalle op die VS
weermag gelei
• Tet offensief (1968) is deur Viëtminh en Viëtkong teen stedelike sentrums en VSA
basisse regdeur Viëtnam geloods
• Die plaaslike Viëtnamese bevolking het die Viëtkong ondersteun om hulle land te
bevry
• Ho Chi Minh Trail is gebruik deur Viëtminh (noord) om die Viëtkong te ondersteun in
die Suide
• Die Viëtkong verhoog sy ondersteuningsbasis as gevolg van die taktieke wat teen VS
soldate gebruik is
• Enige ander relevante antwoord
Doel van die VSA in Viëtnam
• Ingegryp in Viëtnam om die verspreiding van kommunisme na Asië te stop/ oorlog
teen die domino effek
• 'Villagisation' (1963) (VSA en Suid-Viëtnam regering het nuwe dorpe gestig en
probeer om dorpenaars van guerrillas te skei) wat 'n mislukking was
• Golf van Tonkin Resolusie (1964) het President Johnson wye militêre mag gegee wat
gelei het tot die uitbreiding van oorlogvoering
• Die VSA onderneem massa lug bombardering 'Operasie Rolling Thunder'
(konvensionele oorlogvoering)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 19 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
• 'Operasie Ranch Hand' (het chemikalieë gebruik om woude (Agent Orange) en
gesaaides (Agent Blue) te verwoes
• Die VSA het jong en onervare soldate na Viëtnam gestuur
• Die VS gebruik soek en vernietig missies (My Lai slagting) om dorpe ondersteun deur
die Viëtkong uit te roei en wat lei tot groot burgerlike sterftes
• Die rol van die media, studente en ontwapeningsbewegings plaas druk op die VS
regering om uit Viëtnam te onttrek
• President Nixon se Viëtnamiseringsbeleid/ insluitend WHAM (Winning the hearts and
minds of the Viëtnamese) was 'n poging deur die VSA om van die oorlog te onttrek om
hulle aansien te red
• Die VSA het alle troepe teen 1973 uit Viëtnam onttrek en Noord-Viëtnam neem beheer
oor Saigon in 1975 wat lei tot Viëtnam wat onder kommunistiese regering verenig is
• Enige ander relevante antwoord
• Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 20 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
VRAAG 5
[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
In hierdie opstel moet kandidate verduidelik hoe die leierskap van Mobutu Sese Seko en
Julius Nyerere 'n impak op politieke en ekonomiese ontwikkeling in die 1960's
respektiewelik in die Kongo en Tanzanië gehad het. Hulle moet relevante ekonomiese en
politieke voorbeelde gee om hulle argument te ondersteun.
HOOFASPEKTE
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit:
• Inleiding: Kandidate moet hulle argument vasstel deur te verduidelik tot watter mate
die leierskapkwaliteite van Mobutu Sese Seko en Julius Nyerere 'n impak gehad het
op die politieke en ekonomiese ontwikkeling respektiewelik in die Kongo en Tanzanië.
UITBREIDING
Politieke stabiliteit
Eenderse leierskapkwaliteite
• Beide die Kongo en Tanzanië was onder Europese koloniale regering tot die vroeë
1960's
• Nadat veelparty verkiesings gehou is teen onafhanklikheidswording het beide lande
binne die eerste vyf jaar van onafhanklikheid eenpartystate geword
• Beide lande het aangehou om verkiesings te hou
• Beide leiers benadruk die belangrikheid van die Afrikanisasie van hulle politieke
sisteme (hulle beskou demokrasie as 'onafrikaans' en 'n Westerse instelling)
• Beide Sese Seko en Nyerere was trots daarop om hulle nasies te bou en het die trots
om 'n Zaïrees of Tanzaniër te wees flink bevorder
• Die leiers van beide lande het 'lewenslange presidente' gebly tussen die 1960's en
1970's
• In beide lande is opposisie leiers stilgemaak, gevange geneem en in sommige gevalle
vermoor om 'stabiliteit' te behou
• Enige ander relevante antwoord
Verskillende leierskapkwaliteite
• Mobutu Sese Seko skep 'n kleptokrasie waar 'n groep aangestelde openbare
amptenare hulle posisie uitgebuit het vir finansiële gewin terwyl Nyerere die
'Leierskapkode' in die Arusha Verklaring, wat hoë vlakke van integriteit van openbare
amptenare vereis het, ingestel het
• Mobutu Seso Seko was uitspattig en het duur klere geniet en het vir hom paleise
gebou terwyl Nyerere se leierskapstyl een van persoonlike integriteit en nederigheid
was
• Mobutu Sese Seko het hom vereenselwig met die Weste terwyl Nyerere 'n beleid van
onverbondenheid met albei kapitalistiese of kommunistiese lande aangeneem het
• Enige ander relevante antwoord
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 21 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
Ekonomiese ontwikkeling
Eenderse leierskapkwaliteite
• Beide land het swaar op landbou en minerale ontginning gesteun en nie een land was
in staat om te ontwikkel in 'n geloofwaardige vervaardigingsektor nie
• Nie een van die twee lande het 'n betekenisvolle styging in die lewenstandaard van
die meerderheid van hulle mense gesien nie
• Beide lande ondervind 'n ekonomiese krisis en maak daarom staat op buitelandse
bystand/ hulp
• Enige ander relevante antwoord
Verskillende leierskapkwaliteite
• Mobutu Sese Seko het aanvanklik nywerhede genasionaliseer met sy beleid van
Zaïrenasie maar toe dit misluk het, het hy 'n kapitalistiese model aangeneem terwyl
Nyerere 'n model van Afrika-sosialisme (soos uiteengesit in die Arusha Verklaring)
wat tot die nasionalisering van besighede en grond gelei het, aangeneem het
• Mobutu Sese Seko het bystand, belegging en finansiële ondersteuning van die Weste
(bv. VSA en Frankryk) aanvaar terwyl Nyerere aanvanklik gekant was teen
buitelandse bystand en dit beskou het as neokolonialisme
• Mobutu stig 'n nuwe klas elite ondersteuners terwyl Nyerere probeer om Tanzanië
van klasseskeiding te bevry
• Enige ander relevante antwoord
• Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 22 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
VRAAG 6
[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet die rol wat die Black Panther-party (en andere) gespeel het in die
opkoms van 'Swartmag' in die VSA in die 1960's verduidelik. Kandidate moet aandui dat
die Black Panther-party nie alleen verantwoordelik was vir die opkoms van 'Swartmag' in
die VSA in die 1960's nie.
HOOFASPEKTE
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit:
• Inleiding: Kandidate moet aandui dat die Black Panther-party nie alleen
verantwoordelik was vir die opkoms van 'Swartmag' in die VSA in die 1960's nie.
UITBREIDING
Die filosofie van die Swartmagbeweging
• Het geglo in konsepte soos selftrots, selfwaarde/selfrespek/selfhulp wat in swart
Amerikaners ingeboesem moet word
• Beginsels van Swartmag (doen dinge self; beheer politiek in hulle gemeenskappe;
wees trots op hulle eie kultuur en verdedig hulle self) teen rasse onderdrukking en
manipulasie
• Bevordering van swart belange en sorge
• Die filosofie van Swartmag het as 'n poging om swak lewensomstandighede van swart
Amerikaners aan te spreek opgekom
• Enige ander relevante antwoord
Die rol van die Black Panther-party
• Die Black Panther-party (BPP) is in 1966 deur Bobby Searle en Huey Newton gestig
• BPP was betrokke in die instelling en ondersteuning van Swartmagprogramme, i.e.
gemeenskapsprogramme en voedingskemas (anti-armoede-sentrums); onderneem
programme wat verantwoordelik was vir die verdediging van swart Amerikaners teen
polisie brutaliteit; het op sosio-ekonomiese toestande van swart Amerikaners gefokus
en het ook verskeie gemeenskap oorlewingsprogramme aan die gang gesit
• Die Tien Punt-plan het gedien as die manifes van die Black Panthers en het hulle
maatskaplike, politieke en ekonomiese doelwitte en mikpunte bevat
• Die Tien Punt-plan se doelwit was om te verseker dat swart Amerikaners gelyke
onderwys, behuising, werkverskaffing en burgerregte verkry deur die versoek vir
vryheid, volle indiensneming, behoorlike behuising, die behoefte om die werklike
geskiedenis van swart Amerikaners te leer, polisie brutaliteit te beëindig, moorde op
swart Amerikaners te beëindig en gratis gesondheidsorg
• Die Black Panther-party het betrokke geraak in straatpatrollies; het polisieaktiwiteite
gemonitor en hulleself beskerm deur gewere te dra (militante benadering) om die
aanhoudende polisie brutaliteit en teistering van jong stedelike swart Amerikaanse
mans te stop
• Enige ander relevante antwoord
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
History/P1 23 DBE/Feb.- Mar. 2016
NSC – Memorandum
Die rol van Malcolm X:
• Malcolm X het geglo in swart afsondering/skeiding en selfbeskikking (swart
nasionalisme) hy het selfrespek en selfdissipline bepleit
• Vra vir selfgelding (aggressiwiteit) in hulle rewolusie teen onderdrukking bv.
rasseopstande in Watts, Detroit
• Wou hê dat swart Amerikaners opstaan teen wit owerhede en outoriteit in die strewe
na vryheid, geregtigheid en gelykheid 'deur watter maniere ook al noodsaaklik is'
• Bevorder die gebruik van geweld as 'n manier van verdediging teen diegene wat swart
Amerikaners aanval
• Die Black Panther-party het Malcolm X se opvatting van eenheid onder die
internasionale werkersklas gevolg
• Enige ander relevante antwoord
Die rol van Stockely Carmichael:
• Hy het in 1966 die voorsitter van SNCC (Student Non-violent Coordinating Committee)
geword en besluit om die leringe van die Swartmagbeweging te aanvaar
• Het nie 'Swartmag' uitgevind nie, maar het dit gewild gemaak
• In 1966 het hy die Swartmag slagspreuk 'Black is beautiful' gewild gemaak en het
'Swart trots' bevorder
• Hy het geglo dat die strategie van geweldloosheid misluk het vanweë die
aanhoudende geweld wat deur wit Amerikaners teenoor swart Amerikaners gebruik is
• Hy is 'n voorstander daarvan dat 'wit liberales' uitgesluit word in die filosofie van swart
Amerikaners
• Was ten gunste van Afrikadrag en Afrikahaarstyle as 'n simbool van swart trots
• Carmichael het by die Black Panther-party (vir selfverdediging), wat die filosofie van
Swart Mag in werking gestel het, aangesluit
• Hy is verkies as 'erepremier' van die Black Panther-party
• Enige ander relevante antwoord
• Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat
[50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
History Grade 12 P1 NSC Supplementary 2016 QP (Eng)

Memorandum
History Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 Memo (English)

Addendum
History Grade 12 P2 NSC Supplementary 2016 Addendum (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 NSC Supplementary 2016 QP (Afr)

Question paper
History Grade 12 P1 EC June 2016 Question Paper (English)

Question paper
History Grade 12 P1 EC June 2016 Question Paper (English)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)
%202024%20Question%20Paper%20X05_hlayiso.com_--7b41ec15-3856-4a67-a9db-cedd424e51c5/v1-5ae80cf63fec0975a316/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P1 Gauteng Prelim 2024 Question Paper (Eng)

Addendum