Downloaded from hlayiso.com
This memorandum consists of 32 pages.
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
GESKIEDENIS V2
FEBRUARIE/MAART 2016
MEMORANDUM
PUNTE: 150
Hierdie memorandum bestaan uit 23 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2016 papers 





View all



%202024%20Question%20Paper%20X05_hlayiso.com_--7b41ec15-3856-4a67-a9db-cedd424e51c5/v1-5ae80cf63fec0975a316/card.webp)

History Grade 12 P2 NSC Supplementary 2016 Memo (Afrikaans)
Grade 12 History Paper 2 memorandum from the NSC Supplementary Exam 2016 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2016. Memorandum, 23 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2016
- Exam period
- NSC Supplementary Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 23
- File size
- 437.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 23
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 2 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
1. BRONGEBASEERDE VRAE
1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te
ontwikkel:
Kognitiewe Gewigstoekenning
Historiese vaardighede
Vlakke van vrae
• Onttrek inligting uit bronne
• Selektering en organisasie van relevante 30%
VLAK 1
inligting uit bronne (15)
• Definieer historiese begrippe/terme
• Interpretasie van bewyse uit bronne
40%
VLAK 2 • Verduidelik inligting verkry uit bronne
(20)
• Analiseer bewyse uit bronne
• Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne
• Skakel met bronne om bruikbaarheid,
betroubaarheid, eensydigheid en
beperkings vas te stel 30%
VLAK 3
• Vergelyk en kontrasteer interpretasies en (15)
perspektiewe in die bronne en kom tot
onafhanklike gevolgtrekkings
1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word:
• By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige
ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of voorbeelde.
• Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die
vereistes van die vraag voldoen is.
• In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan
aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte
skrif aangedui.
1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae
• Gebruik 'n regmerk () vir elke korrekte antwoord.
• Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee redes
en word twee punte elk toegeken (); (1 x 2) wat neerkom op een rede en
twee punte toegeken word ().
• Indien 'n vraag 4 punte tel, word 4 regmerkies () aangedui.
Paragraafvraag
Paragrawe moet globaal (holisties) geassesseer word. Beide die inhoud en die
struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte
toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer 'n antwoord op 'n
paragraafvraag geassesseer word:
• Lees die paragraaf en plaas 'n kolpunt () by elke punt binne-in die teks waar
die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord.
• Lees die paragraaf weer om die mate waartoe die kandidaat in staat was om
relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord, te evalueer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 3 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
• Maak regmerkies (), wat aan die kandidaat vir die paragraaf toegeken is,
aan die einde van die paragraaf, sowel as die vlak (1, 2 of 3) soos in die
holistiese rubriek aangedui en gee kommentaar, bv.
___________________________________________________________
___________________________________________________________
____________________________________________________
Vlak 2
Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf.
• Tel al die regmerkies vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt
onder in die regterkantse kantlyn, bv. 32
50
• Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die
antwoordeboek oorgedra word.
2. OPSTELVRAE
2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate:
• In staat sal wees om hul argument op 'n logiese en samehangende wyse te
stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en
bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om 'n redelike reeks feite of
'n effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde vraag te
beantwoord. Dit is noodsaaklik dat 'n opstel 'n inleiding, 'n samehangende en
gebalanseerde liggaam van bewyse en 'n slot het.
2.2 Nasien van opstelvrae
• Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word deur
die handboeke wat by 'n spesifieke sentrum gebruik is.
• Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as dit wat
ingesluit is by 'n riglyn vir nasien van 'n spesifieke opstel.
• By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet
kry vir enige ander relevante antwoord.
2.3 Globale assessering van 'n opstel
Die opstel sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat
die onderwyser die totale produk as 'n geheel sal bepunt sonder om die
samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder
aan om 'n individuele mening aan te bied deur gebruik te maak van geselekteerde
feitelike bewyse om 'n argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder
verwag word om slegs 'feite' neer te skryf om 'n beter punt te behaal nie. Hierdie
benadering sal leerders ook ontmoedig om 'model-antwoorde' voor te berei en te
reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem.
Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun
deur bewyse. Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met
holistiese assessering nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie,
aangesien die klem op die volgende val:
• Die konstruksie/daarstelling van 'n argument
• Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te
ondersteun
• Die leerder se interpretasie van die vraag.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 4 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
2.4 Assesseringsprosedures van die opstel
2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die opstel nagesien word.
2.4.2 Tydens die eerste deurlees van die opstel moet regmerkies toegeken word
vir 'n relevante inleiding (aangedui met 'n kolpunt ('bullet') in die
nasienriglyne/memorandum), vir elke hoofmoment/aspek wat volledig
gekontekstualiseer is en 'n relevante slotopmerking (aangedui met 'n
kolpunt in die nasienriglyn/memorandum) bv. 'n antwoord waar daar
5 hoofpunte is, sal daar dus 7 regmerkies wees.
2.4.3 Die volgende addisionele simbole kan ook gebruik word:
• Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik gekontekstualiseer nie
^
• Verkeerde stelling _________________
• Irrelevante stelling |
|
|
• Herhaling R
• Analise A√
• Interpretasie 1√
2.5. Die matriks
2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle
By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die matriks
voorsien word. Tydens die assessering van 'n opstel moet beide die inhoud en die
aanbieding in ag geneem word. 'n Punt word toegeken by die snypunt van die
inhoud en aanbieding, gebaseer op die sewe vaardigheidvlakke.
(a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter mate
die hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak (op die matriks) vas te
stel.
I VLAK 4
(b) Die tweede deurlees van die skryfwerk sal die vlak (op die matriks) van die
aanbieding bepaal.
I VLAK 4
A VLAK 3
(c) Ken 'n algehele punt toe met behulp van die matriks.
I
A
VLAK 4
VLAK 3 }26–27
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 5 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
NASIENMATRIKS VIR OPSTELLE: TOTAAL: 50
VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1*
AANBIEDING Baie goed Baie goed Goed beplande en Argument beplan Toon soms bewys Poging Weinig of geen
beplande en beplande en gestruktureerde en gestruktureer. van 'n aangewend om poging om die
gestruktureerde gestruktureerde opstel. Bewyse tot 'n gestruktureerde en antwoord te opstel te
opstel. Goeie opstel. 'n Poog om 'n sekere mate beplande struktureer. struktureer nie.
sintese van Relevante duidelike argument gebruik om argument. Poog Grootliks
inligting. Het 'n argument is te ontwikkel. argument te om 'n argument vol beskrywend of
goed gevolg. Bewyse Gevolgtrekking ondersteun. te hou. poog om argument
INHOUD gebalanseerde, gebruik om die gemaak uit Slotsom bereik op Gevolgtrekking nie te ontwikkel. Geen
oorspronklike argument te bewyse om die grond van bewyse. duidelik poging om 'n
argument verdedig. Poog om argument te ondersteun deur gevolgtrekking te
ontwikkel met 'n onafhanklike ondersteun. bewyse nie. maak nie.
bewyse. Argument gevolgtrekking uit
deurgaans die bewyse te
volgehou en maak om die
verdedig. argument te
Onafhanklike ondersteun.
gevolgtrekking
gemaak uit
bewyse om die
argument te
ondersteun.
VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudskeuse ten 47–50 43–46
volle relevant tot
argument wat gevolg
is.
VLAK 6
Vraag is beantwoord. 43–46 40–42 38–39
Inhoudseleksie
relevant tot argument
wat gevolg is
VLAK 5
Vraag grotendeels 38–39 36–37 34–35 30–33 28–29
beantwoord. Inhoud
toereikend en
relevant.
VLAK 4
Vraag herkenbaar in
antwoord. Sommige 30–33 28–29 26–27
weglatings of
irrelevante keuse van
inhoud.
VLAK 3
Keuse van inhoud hou
verband met vraag, 26–27 24–25 20–23
maar beantwoord dit
nie. Hou soms nie
verband met die vraag
nie. Weglatings.
VLAK 2
Vraag ontoereikend 20–23 18–19 14–17
beantwoord. Inhoud
skraal.
VLAK 1*
Vraag ontoereikend 14–17 0–13
beantwoord of glad
nie. Ontoereikend of
irrelevante inhoud.
* Riglyne vir die toekenning van 'n punt in Vlak 1:
• Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0
• Vraag sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1–6
• Vraag ontoereikend en vaag beantwoord ; klein poging om die opstel te struktureer = 7–13
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 6 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: WAAROM HET DIE SWARTBEWUSSYNSBEWEGING BESLUIT OM
GEMEENSKAPSGEBASEERDE PROGRAMME GEDURENDE DIE
1970's IN TE STEL
1.1
1.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
• SASO
• SASM
• NAYO
• BPC (enige 3 x 1) (3)
1.1.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]
• Dr Ramphele was 'n SB aktivis en het mense inspireer om die filosofie/en
leerstellings van SB te volg
• Dr Ramphele was 'n huisdokter van die Zanempilo-kliniek
• Sy speel 'n rol met die bewusmaking van swart Suid-Afrikaners ten opsigte van
die filosofie/leerstellinge van SB
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]
• Hy het 'n aktiewe rol gespeel in die stigting van die swart
gemeenskapsprogramme
• Hy speel 'n rol in die stigting van ander Swartbewussynsorganisasies
• Deur die filosofie van SB het hy die jeug inspireer om die apartheidsregering uit
te daag
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.2
1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B - V1]
• Om die jeug aan te moedig om onafhanklik te word
• Om waardigheid aan te moedig
• Om die gemeenskap op te hef deur middel van verskillende projekte
• Om te verseker dat swart Suid-Afrikaners mekaar help (2 x 1) (2)
1.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
• Zanempilo was ook 'n plek waar die gemeenskap kon ontmoet om sake te
bespreek wat hulle affekteer het
• Zanempilo was ook gebruik as 'n bymekaarkomplek vir verskillende
gebeurtenisse wat gevier word
• Dit het 'n vergader punt en opleidingsplek vir politieke aktiviste geword
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.2.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
• SB organisasies was in 1977 verban (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 7 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
1.2.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
• Bemagtiging van vroue
• Hulle aangemoedig om groentetuine te begin (selfonderhoudend)
• Ekonomiese programme ( 3 x 1) (3)
1.3 [Vergelyking van bewyse uit Bron 1A en 1B – V3]
• Bron1A dui aan dat Biko wou projekte begin soos die swart gemeenskaps-
programme terwyl Bron1B bevestig dat die Zanempilo-gesondheidskliniek was
gestig as 'n gemeenskapsprojek vir die gemeenskap
• Bron1A dui aan dat Biko se idees later die teorieë van die filosofie van SB word
terwyl Bron1B aandui dat sy idees verplaas word met die doelstellings van SB
wat swart Suid-Afrikaners aangemoedig het om onafhanklik te word
• Bron1A verwys na die Zanempilo-kliniek wat 'n SB inspirerende projek buite
King William's Town was terwyl Bron1B bevestig dat die Zanempilo-kliniek
primêre gesondheidsdienste aan die gemeenskap buite King William's Town
verskaf het
• Enige ander relevante vergelyking (enige 2 x 2) (4)
1.4.
1.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
• Zanempilo-kliniek (1 x 1) (1)
1.4.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2]
• Zanempilo was gebruik as vergaderplek
• Zanempilo was as 'n opleidingsplek vir politieke aktiviste gebruik
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
1.5
1.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1]
• Om swart Suid-Afrikaners aan te moedig om in solidariteit saam te staan
• Om swart Suid-Afrikaners aan te moedig om self onderhoudend te word
• Om swart Suid-Afrikaners van wit rassisme te bevry
• Om swart Suid-Afrikaners van kolonialisme te bevry
• Om swart Suid-Afrikaners van kapitalisme te bevry (enige 3 x 1) (3)
1.5.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]
• Die apartheid regering se polisiemag het dikwels swart Suid-Afrikaners
geteister
• Die apartheid regering se polisiemag het dikwels swart Suid-Afrikaners
geïntimideer
• Die apartheid regering het verbannings bevele op swart Suid-Afrikaners opgelê
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 8 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
1.5.3 [Evalueer die bruikbaarheid van bewyse uit Bron 1D – V3]
• Die bron noem die huiwerigheid van swart Suid-Afrikaners om betrokke te raak
in gemeenskapsontwikkelingsprogramme
• Die bron noem dat dit nie maklik was om sielkundige minderwaardigheid uit die
weg te ruim nie
• Die bron voorsien redes van hoe die verdrukker die verdruktes verdeel het
• Die bron beklemtoon die probleme wat gepaard gaan met polisieteistering,
intimidasie en verbanningsbevele
• Die bron maak melding van die vrees om na Robbeneiland gestuur te word
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit die relevante Bronne – V3]
Kandidate se antwoorde kan die volgende aspekte insluit:
• Die filosofie van Swart Bewussyn het swart trots en selfvertroue aangemoedig
(eie kennis)
• Die rol wat die BCM gespeel het met die stigting van gemeenskap baseerde
programme (Bron 1A)
• Gemeenskap programme is gebruik om die gemeenskappe op te hef (Bron1B)
• Die gemeenskap programme is deur swart Suid-Afrikaners ingestel om die
verarmde swart gemeenskappe op te (Bron 1B)
• Die gemeenskap programme was 'n verlengstuk van die filosofie van Swart
Bewussyn wat tot binne die gemeenskappe ingesypel het (Bron 1B)
• Die gemeenskapsprogramme is gebruik om die gemeenskappe te verenig en
om hulle te leer om hoe om die apartheidsregering uit te daag (eie kennis)
• Die Zanempilo-kliniek was 'n voorbeeld van 'n gemeenskapsprogram om swart
Suid-Afrikaanse gemeenskappe op te hef (Bronne 1B and 1C)
• Die Zanempilo-kliniek was gebruik as 'n vergaderplek, was gebruik as
bymekaarkomplek vir opleiding, bymekaarkomplek vir feesvieringe, en vir
politieke opleiding (Bron 1B)
• Die gemeenskapsprogramme wou selfvertroue by swart Suid-Afrikaners
inboesem (Bron 1D)
• Die gemeenskapsprogramme wou swart Suid-Afrikaners bevry van wit
rassisme, kapitalisme en kolonialisme (eie kennis)
• Enige ander relevante antwoord
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 9 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken:
• Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon
geen of min begrip oor waarom die
Swartbewussynsbeweging besluit het om betrokke
te raak by gemeenskap baseerde programme PUNTE
VLAK 1
gedurende die 1970's. 0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan glad nie oor die
onderwerp skryf nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate
verband met die onderwerp, bv. toon begrip oor
waarom die Swartbewussynsbeweging besluit het
PUNTE
VLAK 2 om betrokke te raak by gemeenskap baseerde
3–5
programme gedurende die 1970's.
• Gebruik bewyse op 'n baie eenvoudige manier.
• Gebruik relevante bewyse, bv. toon 'n deeglike begrip
oor waarom die Swartbewussynsbeweging besluit
het om betrokke te raak by gemeenskap baseerde
programme gedurende die 1970's. PUNTE
VLAK 3
• Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde 6–8
paragraaf en toon begrip van die onderwerp.
(8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 10 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
VRAAG 2: HOE HET DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
DIE PROSES VAN REPARASIES (VERGOEDING) HANTEER?
2.1
2.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
• Regering was voorsien van veelvlakraamwerk vir reparasies
• Reparasies sou nie beperk wees tot geldelike kompensasie (2 x 1) (2)
2.1.2 [Verduideliking van 'n historiese konsep uit Bron 2A – V1]
• Kompensasie vir die verlies van menselewens en eiendom
• Betaling vir skade wat 'n persoon moontlik ervaar het
• Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2)
2.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
• 'n Struktuur wat binne die president se kantoor moes geskep word met 'n
beperkte sekretariaat en vasgestelde lewensduur
• Daar moes 'n nasionale herdenkingsdag wees (2 x 1) (2)
2.1.4 [Interpretasie en analise van bewyse uit Bron 2A – V2]
Kandidate kan JA of NEE aandui en hul antwoord met bewyse ondersteun
JA
• 21 Maart word nou herdenk as MenseregteDag om alle slagoffers te eer wat
menseregteskending in die verlede verduur het
• Dingaan-/Geloftedag was vervang met Rekonsiliasiedag – 16 Desember
• 16 Junie word herdenk as Jeugdag om alle jeug te eer wat hul lewens verloor
het in die stryd vir 'n demokratiese Suid-Afrika
• 9 Augustus word herdenk as Vrouedag om eer te bring aan vroue vir rol in die
stryd vir demokrasie
• Enige ander relevante antwoord
OF
NEE
• Kandidate moet hul antwoord ondersteun met relevante bewyse
(enige 2 x 2) (4)
2.2
2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
• Die media het belang gestel in die reparasieproses van die WVK
• Die slagoffers het die regering beskuldig van te stadig beweeg met die WVK-
proses
• Beide die WVK en die regering het mekaar beskuldig van nie hul onderskeie
mandate tot uitvoering bring nie
• Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2)
2.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
• Hulle was slagoffers gemaak as gevolg van dit wat met hulle in die verlede
gebeur het en moes toekyk hoe oortreders amnestie kry
• Slagoffers het vir twee en half jaar gewag vir 'n skamele betaling van R3 500
(1 x 1) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 11 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
2.2.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
• Verenigde Volke Menseregtekomitee
• Inter-Amerikaanse Hof van Menseregte
• Europese Hof van Menseregte (3 x 1) (3)
2.2.4 [Evaluering van bruikbaarheid uit Bron 2B – V3]
• Die artikel verskaf 'n nuwe en holistiese siening omtrent die uitdagings wat die
WVK trotseer
• Dit kyk na al die belangrike rolspelers rakende die proses van reparasies
• Dit het 'n internasionale siening verskaf op die sake van reparasies wat
moontlik bruikbaar kan wees vir studente en leerlinge
• Die artikel was gepubliseer binne die tydperk waarin die regering moes reageer
op die aanbevelings van die WVK
• Die informasie in die bron kan bevestig/ondersteun word deur ander
uitgawes/skrywers/kommentators
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
2.3 [Vergelyking van perspektiewe in Bron 2A en 2B – V3]
• Bron 2A beklemtoon 'n holistiese benadering tot die sake van reparasies deur
die Suid-Afrikaanse regering terwyl Bron 2B die menings van politieke en
maatskaplike kommentators gee wie se hoof fokus die geldelike kompensasie
van slagoffers was
• Bron 2A bepleit 'n langtermynsiening op die proses van reparasies terwyl Bron
2B fokus op die dringende kompensasie van slagoffers wat gely het as gevolg
van menseregteskending
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
2.4
2.4.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]
• Die Suid-Afrikaanse regering het nie aandag gegee aan die regte van
slagoffers van menseregteskending nie
• Regering het nie belanggestel in die proses van reparasies nie
• Die WVK en die regering het verskil hoe die proses van reparasies hanteer
moes word
• Die ANC het nie belanggestel in die proses van reparasies nie
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
2.4.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]
(a)
• Die regering wys 'n houding van nie belangstelling/staar in 'n ander rigting
• Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2)
(b)
• Die slagoffers het afgeskeep gevoel/verraai/vergeet deur die regering en het
uitgeroep (gehuil) om hulp
• Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 12 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
2.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V1]
• Reparasies vir slagoffers wat getraumatiseer is was een van die WVK se
enkele grootste mislukkings (1 x 2) (2)
2.5.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2]
• Sooka het woedend reageer omdat sy die stelling as 'n belediging beskou vir
mense wat onder apartheid gely het.
• Die kabinetsminister was nie sensitief vir die toestand van die slagoffers wat
gelei het weens menseregteskending nie
• Sooka het gedink dat sommige mense in die regering teen reparasies vir
slagoffers was wat gely het as gevolg van menseregteskending
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
2.5.3 [Verduideliking van verskille tussen historiese konsepte deur gebruik te maak van
Bron 2D en eie kennis – V2]
• Herstellende geregtigheid fokus op genesing en rekonsiliasie terwyl vergeldend
geregtigheid straf en wraak beklemtoon
• Herstellende geregtigheid kan eenheid en berou aanhelp (volle onthulling)
terwyl vergeldend geregtigheid aanleiding kan gee tot groter verdeeldheid in
die gemeenskap (kan verswarende informasie wegsteek en dus nie volledig
onthul nie)
• Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
2.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit die relevante Bronne – V3]
Kandidate se antwoorde kan die volgende aspekte insluit:
• Die aanbevelings van die WVK het die regering in staat gestel om duidelik na
die onderwerp van reparasies te kyk asook om die grondwetlike mandaat te
oorweeg (Bronne 2A en 2D)
• Slagoffers en families het geldelike reparasies ontvang, maar dit was nie
voldoende nie
• Die regering het programme gehou/projekte om menslike waardigheid te
herstel en maatskaplike samehorigheid voort te bring (Bron 2A)
• In die meeste gevalle het slagoffers van menseregteskending voorkeur gekry
rakende die toekenning en bou van HOP huise (eie kennis)
• Simbolies reparasies/opgrawing en herbegrawe van die oorskotte van
slagoffers (eie kennis)
• Beurse vir kinders van militêre veterane en slagoffers van menseregteskending
(eie kennis)
• Die WVK was magteloos om die regering te forseer om al sy aanbevelings uit
te voer (Bron2 C). (Byvoorbeeld 'n eenmalige rykdombelasting op groot
maatskappye of om die presiese bedrag vas te stel wat aan die slagoffers
betaal moes word)
• Regering het die menslike aspek van reparasies afgeskeep (Bron 2C)
• Slagoffers moes lank wag vir geldelike reparasies (Bron 2B)
• Die regering het 'n groot aantal slagoffers teen 2003 nog nie betaal nie (eie
kennis)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 13 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
• Geldelike kompensasie vir slagoffers was onvoldoende (Bron 2B)
• Sommige slagoffers het nooit geldelike kompensasie soos beloof gekry nie
(Bron 2C en 2D)
• In sommige gevalle het die regering verskillende boodskappe aan die
gemeenskap bekendgemaak dus het dit hopeloosheid onder die slagoffers
meegebring (Bron 2A, 2C en 2D)
• Enige ander relevante antwoord
Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken:
• Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv.
toon geen of min begrip oor hoe die WVK met
die proses van reparasies hanteer het.
VLAK 1 PUNTE 0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan glad nie oor die
onderwerp skryf nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot
mate verband met die onderwerp, bv. toon begrip
oor hoe die WVK met die proses van reparasies
VLAK 2 hanteer het. PUNTE 3–5
• Gebruik bewyse op 'n baie eenvoudige manier.
• Gebruik relevante bewyse, bv. toon 'n deeglike
begrip oor hoe die WVK met die proses van
reparasies hanteer het.
VLAK 3 PUNTE 6–8
• Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde
paragraaf en toon begrip van die onderwerp.
(8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 14 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
VRAAG 3: WAAROM WAS SUID-AFRIKA SE LIDMAATSKAP TOT DIE BRICS-
GROEP AS OMSTREDE BESKOU?
3.1
3.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron3A – V1]
• Suid-Afrika het versoek om lidmaatskap tot die BRICS-groep
• President Zuma het die BRICS-groep op verskeie tye besoek om te koukus vir
lidmaatskap tot die BRICS-groep
• President Zuma het aangedui Suid-Afrika se ekonomieë beloop 'n derde van
die sub-Sahara Bruto Binnelandse Produksie wat 'n groot voordeel vir die
BRICS-groep is
• Die BRICS-groep sal toegang kry tot groot markte in sub-Sahara-Afrika (SSA)
(enige 2 x 1) (2)
3.1.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2]
• China is die land met die digste bevolkte land in die BRICS-groep
• China het die tweede grootste ekonomie in die wêreld
• China het die grootste ekonomie in die BRICS-groep
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
• Suid-Afrika het 'n groot aantal ryk verbruikers
• Het die grootste energieproduksiekapasiteit in sub-Sahara-Afrika
• Is een van die grootste produsente van edelmetale (enige 2 x 1) (2)
3.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
• Kritici het gevoel dat ontwikkelende ekonomieë met vinniger ekonomiese groei
as Suid-Afrika moes oorweeg word om by die BRICS-groep ingesluit te word
(1 x 2) (2)
3.2
3.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
• Brasilië
• Rusland
• Indië
• China
• Suid-Afrika (enige 3 x 1) (3)
3.2.2 [Interpretasie van bewyse van 'n visuele bron uit Bron 3B – V2]
• Die BRICS groep lyk gelukkig (sing, dans, glimlag, viering)
• Die BRICS groep haak mekaar in ter viering van hul politieke en ekonomiese
verhoudinge
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 15 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
3.2.3 [Interpretasie van bewyse van 'n visuele bron uit Bron3 B – V2]
Die woorde in die bron kan verwys na:
• Die BRICS-groep se begeerte om 'n teen werkende krag vir Westerse
oorheersing van wêreldsake (eenpolige) te wees deur die stigting van 'n nuwe
wêreldorde (multi-polêre)
• Die BRICS-groep samewerking om globale sekuriteit en ekonomiese stabiliteit
(multi-polêre)te bevorder teenoor Westerse oorheersing van internasionale
markte/ekonomieë
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.3
3.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – V2]
• O'Neill voel dat Suid-Afrika se invloed in Afrika nie 'n goed genoeg rede is vir
insluiting in die BRICS-groep
• O'Neill voel dat Suid-Afrika se invloed in die Afrika-unie besig is om te
verminder, daarom moet dit uit die BRICS-groep weggelaat word
• O'Neill beklemtoon dat Nigerië se ekonomie dié van Suid-Afrika verbygesteek
het en moet by die BRICS-groep ingesluit word
• O'Neill voel dat omdat Suid-Afrika se ekonomiese en politieke invloed op die
Afrika-vasteland verminder het, Suid-Afrika sy groot moondheid-status verloor
het daarom verdien Suid-Afrika nie om by die BRICS-groep ingesluit te word
nie.
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.3.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1]
• China
• Brasilië (2 x 1) (2)
3.3.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1]
• Suid-Afrika het 'n klein bevolking in vergelyking met ander lande in die BRICS
groep
• Suid-Afrika het 'n klein Bruto Binnelandse Produksie (BBP) in vergelyking met
ander lande in die BRICS groep (2 x 1) (2)
3.3.4 [Interpretasie en analise van bewyse vanuit Bron 3C om onafhanklike
gevolgtrekkings te maak – V3]
Kandidate moet aandui of hulle SAAMSTEM of NIE SAAMSTEM NIE en hul
antwoord met relevante bewyse staaf
STEM SAAM
• O'Neill is 'n wêreldbekende ekonoom en sy siening oor Suid-Afrika se insluiting
in die BRICS-groep moet vertrou word
• O'Neill noem belangrike bewyse (Suid-Afrika het 'n klein bevolking, klein BBP)
as redes waarom Suid-Afrika nie ingesluit moes word by die BRICS-groep nie
• Die feit dat Suid-Afrika se ekonomie nie die grootste op die kontinent is nie, is 'n
geldige rede om uit die BRICS-groep weggelaat te word
• Hy noem dat Suid-Afrika se politieke invloed in Afrika verminder en daarom
moet dit uit die BRICS-groep weggelaat word
• Enige ander relevante antwoord
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 16 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
OF
STEM NIE SAAM NIE
• O'Neill se redes rakende Suid-Afrika se lidmaatskap tot die BRICS-groep is
slegs baseer op ekonomiese beginsels en nie op dit wat Suid-Afrika kan bydra
sodat die BRICS-groep sy ekonomiese en politieke doelwitte te bereik nie
• O'Neill verwys nie na hoe Suid-Afrika as 'n lid van die BRICS-groep hulle kan
ondersteun om hul markte in Suidelike-Afrika te kan uitbrei nie
• O'Neill verwys nie na hoe Suid-Afrika as 'n lid van die BRICS-groep hulle kan
ondersteun om hul markte na die res van Afrika uit te brei nie
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.4
3.4.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V2]
• Suid-Afrika kan optree as tussenganger vir die BRICS-groep deur 'n
toonaangewende rol te speel met daar beleid van 'n agenda vir die ontwikkeling
in Afrika
• Suid-Afrika kan optree as 'n stem vir Afrika deur middel van BRICS
• Suid-Afrika kan inspan word om meer ondersteuning vir Afrika te bekom as
gevolg van haar lidmaatskap van die BRICS-groep (finansieel, ontwikkeling,
internasionale aangeleenthede)
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.4.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
• China (1 x 1) (1)
3.4.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V3]
Tot 'n groot mate
• Handel tussen Afrika en die BRICS-groep (China) het gegroei vanaf 4,6% in
1993 tot 19% in 2009
• Handel tussen Afrika en die BRICS-groep het uitgeloop in 'n handelsoorskot vir
Afrika
• Handel tussen Afrika en die BRICS-groep word beraam om $400 biljoen teen
2030 te beloop
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.4.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V2]
• BRICS-lande kan die Afrika-unie finansieel ondersteun sodat dit met
vredespogings kan begin om krisisse in menige Afrika-lande op te los
• Die BRICS-lande kan samewerking tussen die VN en die Afrika-unie
ondersteun om konflik in Afrika te verminder/onderdruk (enige 1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 17 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
3.5 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit die relevante Bronne – V3]
Kandidate se antwoorde kan die volgende aspekte insluit:
• Suid-Afrika se lidmaatskap tot die BRICS-groep was met gemengde reaksies
ontvang (Bron 3A)
• Sommige kritici het gevoel dat ontwikkelende ekonomieë met 'n vinniger groei
as Suid-Afrika in die BRICS-groep ingesluit moes word (Bron 3A)
• Suid-Afrika is die kleinste nasie in die BRICS-groep en dit sal 'n ekonomiese
en politieke uitwerking op die BRICS-groep hê (Bron 3B)
• Suid-Afrika is deur Nigerië verbygesteek as die nuwe ekonomiese krag op die
Afrika-kontinent wat haar lidmaatskap tot die BRICS-groep onder verdenking
bring (Bron 3C)
• Suid-Afrika se invloed in die Afrika-unie is besig om verflou wat haar
supermoondheid-status in gedrang bring (Bron 3C)
• Suid-Afrika is nie deel van die top 20 ekonomieë in die wêreld nie (Bron 3C)
• Suid-Afrika het 'n baie klein Bruto Binnelandse Produk (BBP) wat die BRICS-
lande nadelig raak (Bron3C)
• Suid-Afrika se ekonomiese groeikoers is stadig en daarom kwalifiseer dit nie
om deel van die BRICS-groep te wees nie (Bron 3C)
• Suid-Afrika wys geen tekens dat dit een van die grootste ekonomieë in die
wêreld kan word nie (eie kennis)
• Enige ander relevante antwoord
Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken:
• Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon
geen of min begrip oor waarom Suid-Afrika se
lidmaatskap van die BRICS groep as omstrede
PUNTE
VLAK 1 beskou word.
0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan glad nie oor die
onderwerp skryf nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate
verband met die onderwerp, bv. toon begrip oor
waarom Suid-Afrika se lidmaatskap van die BRICS PUNTE
VLAK 2
groep as omstrede beskou word. 3–5
• Gebruik bewyse op 'n baie eenvoudige manier.
• Gebruik relevante bewyse, bv. toon 'n deeglike begrip
oor waarom Suid-Afrika se lidmaatskap van die
BRICS groep as omstrede beskou word.
PUNTE
VLAK 3 • Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde
6–8
paragraaf en toon begrip van die onderwerp.
(8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 18 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA: DIE KRISIS
VAN APARTHEID IN DIE 1980's
[Beplan. konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur
gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet hul gedagterigting staaf met relevante bewyse. Hulle behoort te fokus op
die strategieë wat PW Botha gebruik het om apartheid te verander en te hervorm en hoe
dit aanleiding gegee het tot 'n toename in interne weerstand. Dit was 'n keerpunt in Suid-
Afrika se geskiedenis gedurende die 1980's. Hulle moet die aard van die weerstand
bespreek wat die verskillende anti-apartheidsorganisasies onderneem het en hoe dit
gedurende die 1980's gehandhaaf is.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoord insluit:
• Inleiding: Kandidate moet hul gedagte rigting staaf.
UITBREIDING
• Botha stel die driekamerparlement in 1983 in om verandering mee te bring
• Die UDF word gestig in response tot die driekamerparlement
• Die UDF begin die 'Don't Vote Campaign' (Kleurlinge en Indiërs was ontmoedig
om vir die driekamerparlement te stem); 'Million Signature' Veldtog ('n Petisie
teen Apartheid)
• Interne weerstand teen die apartheidsregime het toegeneem deur middel van
protes, bv. losbars van geweld in die Vaaldriehoek
• Die Vaal Civics Association organiseer huurboikotte (Polisie arresteer die
gemeenskapsleiers; Vaal-townships ontplof in geweld; stadsraadslede was
vermoor; skoolboikotte)
• Die regering kondig agtereenvolgende noodtoestande in 1985 en 1986 af om
teenkanting teen apartheid te stop, maar die taktiek is nie suksesvol nie.
• Die rol van die Werkersunies (Die stigting van COSATU was 'n keerpunt in die
stryd vir vryheid en demokrasie; die African Food Canning Workers Union
kondig die eerste nasionale staking aan)
• Die stakings se mikpunt was die verbetering van werksomstandighede van
werkers wat politieke regte insluit
• Onderwysveldtogte geloods deur die Education Crisis Committee; COSAS en
NUSAS begin die Education Charter Campaign wat aandring op beter
onderwys
• Die rol van die End Conscription Campaign (Blanke mans het verpligte militêre
diens tot die weermag teengestaan; menige blanke soldate het gevoel dat dit
verkeerd was om township-opstande te onderdruk)
• Die End Conscription Campaign begin met die 'Troops out of Townships'-
veldtog; jong blanke mans het geweier om diensplig in die leër te doen
• Die rol van Black Sash (hulle het Apartheid teengestaan, verskaf humanitêre
hulp aan slagoffers van Apartheid)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 19 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
• Verbruikers boikotte speel 'n belangrike rol in die stryd teen die Apartheid
regime (Dit het die ekonomie affekteer; verswakte ekonomie het 'n negatiewe
uitwerking op die wit Suid-Afrikaanse kapitaliste)
• Rol van die Mass Democratic Movement (MDM was 'n breë weerstand
beweging teen Apartheid)
• Teen die einde 1989 het Suid-Afrika onregeerbaar geword en die
apartheidsregering was geforseer om met die bevrydingsorganisasies te
onderhandel
• Enige ander relevante antwoord
• Slot: Kandidate moet hul argument saamvat met 'n relevante samevatting.
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 20 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
[Beplan. konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur
gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet aandui tot watter mate die proses van onderhandeling die weg gebaan
het vir Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing in 1994. Hulle moet wys hoe die
verskillende organisasies, hoofsaaklik die ANC en NP, vasberadenheid getoon het om
verandering deur onderhandelbare skikking teweeg te bring.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoord insluit:
• Inleiding: Kandidate moet 'n standpunt inneem en wys tot watter mate die
proses van onderhandeling die weg gebaan het vir Suid-Afrika se eerste
demokraties verkiesing.
UITBREIDING
• De Klerk neem die mag oor in 1989 – agtergrond
• De Klerk se 2 Februarie1990-toespraak in die parlement – 'n keerpunt vir Suid-
Afrika
• Die ontbanning van politieke en burgerlike organisasies soos die ANC en SAKP
• De Klerk se besluit om vir Mandela op 11 Februarie 1990 uit die tronk vry te
laat wat die weg gebaan het vir onderhandelinge
• Groote Schuur-minuut –2 Mei 1990 (ANC en NP ontmoet om te praat)
• Pretoria-minuut – 6 Augustus 1990 (ANC stem in om die wapenstryd op te hef)
• KODESA 1 (19 politieke partye uitsluitend AZAPO, KP en PAC)
• Deklarasie van Voorneme geteken met die hoop dat dit Suid-Afrika sal verenig,
onafhanklike regstelsel, grondwet, veelparty demokrasie
• Geweld het uitgebreek in dele van die land soos aan die Rand en Natal
• Slegs Blanke referendum (Maart 1992) om ondersteuning vir onderhandeling te
toets
• KODESA 2 (2 Mei 1992) misluk. Partye kon nie saamstem oor 'n nuwe
grondwetlike liggaam en tussentydse grondwet nie
• NP wou minderheid veto hê terwyl die ANC nie 'n tussentydse regering vir
langer as 18 maande wou hê nie asook gewone meerderheidsregering
• Boipatong-slagting en die gevolge daarvan (17 Junie 1992)
• Bisho-slagting het die proses van onderhandeling ontspoor (7 September 1992)
• Rekord van Verstandhouding geteken op 26 September 1992 tussen Roelf
Meyer (NP) en Cyril Ramaphosa (ANC)
• Sluipmoord van Chris Hani (10 April 1993) en die impak op Suid-Afrika
• Veelparty-onderhandelingsforum ontmoet by die Wêreldhandelsentrum en
bereik konsensus oor die proses van onderhandeling
• Verregse (AWB) se aanval op die Wêreldhandelsentrum en die gevolge
• Oorgangsklousule voorgestel deur Joe Slovo het die onderhandelings dooie
punt gebreek
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 21 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
• Verkiesingsdatum vasgestel vir 27 April 1994
• ANC wen die verkiesing en Mandela word die eerste swart president van Suid-
Afrika
• Enige ander relevante antwoord
• Slot: Kandidate moet hul argument saamvat met 'n relevante samevatting
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 22 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WÊRELDORDE: DIE
GEBEURE VAN 1989
[Beplan. konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur
gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet krities bespreek hoe die ineenstorting van die Berlynse Muur
verantwoordelik was vir politieke verandering in Suid-Afrika na 1989. Hulle moet
argumenteer of die ineenstorting die weg gebaan het vir onderhandeling tussen die
Nasionale Party en die African National Congress. Hulle moet standpunt inneem en hul
antwoord met relevante bewyse ondersteun.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoord insluit:
• Inleiding: Kandidate moet aantoon hoe die val van die Sowjetunie verandering in
Suid-Afrika beïnvloed het. Hulle moet 'n gedagterigting volg en antwoorde met
relevante bewyse ondersteun.
UITBREIDING
• Rol van Gorbatsjof en sy beleid van Perestroika en Glasnost
• Teen die einde van1989 was die Sowjetunie besig om te disintegreer
• Die kommunistiese regimes in Oos-Europa het verbrokkel
• Die Berlynse Muur het in 1989 ineengestort
• Verandering in die wêreld het bygedra tot die einde van apartheid (kommunisme was
nie meer 'n bedreiging nie)
• Die val van die USSR het die ANC ontsê van sy belangrikste ekonomiese en militêre
ondersteuning
• Sosialisme was nie meer 'n ernstige opsie vir die ANC nie
• Die Nasionale Party se aansprake dat dit Suid-Afrika beskerm teen die
kommunistiese aanslag was nie meer realisties nie
• Westerse moondhede het die beweging dat Suid-Afrika sy eie probleme vreedsaam
en demokraties oplos ondersteun
• Dit het duidelik geword dat die Nasionale Party nie wit oorheersing onbepaald in Suid-
Afrika kan handhaaf nie
• Invloedryke Nasionale Party-lede het begin besef dat apartheid nie die antwoord was
vir die behoeftes van blanke kapitaal nie
• Daar was geen twyfel dat die volgehoue onderdrukking van swart mense nie politieke
stabiliteit sou verseker nie
• Die regering het begin glo dat hervorming vir die ontwikkeling van 'n sterk swart
middelklas nodig was as teenvoeter teen 'n revolusie
• Die veiligheidsmagte en noodtoestande het nie die township-opstande gekeer nie
• Teen die laat 1980's was Suid-Afrika se ekonomie in 'n depressie gedompel
• P W Botha het 'n beroerte-aanval gekry en is deur F W De Klerk opgevolg
• F W De Klerk het begin aanvaar dat die stryd teen apartheid nie 'n komplot onder die
leierskap van Moskou was nie
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 23 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Memorandum
• Dt het De Klerk in staat gestel om met samesprekings met die
bevrydingsorganisasies te begin
• Op 2 Februarie 1990 het De Klerk ''n nuwe en regverdige grondwetlike bestel
aangekondig'
• Enige ander relevante antwoord
• Slot:: Kandidate moet hul argument saamvat met 'n relevante samevatting
[50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Addendum
History Grade 12 P2 NSC Supplementary 2016 Addendum (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 NSC Supplementary 2016 QP (Afr)

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 NSC June 2016 Memo (English)

Question paper
History Grade 12 P1 NSC Supplementary 2016 QP (Eng)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2016 QP (Eng)

Addendum
History Grade 12 Paper 2 EC June 2016 Addendum (English)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)
%202024%20Question%20Paper%20X05_hlayiso.com_--7b41ec15-3856-4a67-a9db-cedd424e51c5/v1-5ae80cf63fec0975a316/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P1 Gauteng Prelim 2024 Question Paper (Eng)

Addendum