Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
GESKIEDENIS V2
FEBRUARIE/MAART 2016
ADDENDUM
Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAddendum 











View all





History Grade 12 Paper 2 NSC Supplementary 2016 Addendum
Grade 12 History Paper 2 addendum from the NSC Supplementary Exam 2016, 14 pages. Read online or get the free PDF download.
History · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2016. Addendum, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Addendum
- Year
- 2016
- Exam period
- NSC Supplementary Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 1.1 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 14
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 2 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Addendum
VRAAG 1: WAAROM HET DIE SWARTBEWUSSYNSBEWEGING BESLUIT OM
GEMEENSKAPSGEBASEERDE PROGRAMME GEDURENDE DIE
1970's IN TE STEL?
BRON 1A
Die uittreksel hieronder fokus op Stephen Bantu Biko se rol in die stigting van
Swartbewussynsgeïnspireerde organisasies gedurende die 1970's.
… Biko se vroeë skryfwerk wys daarop dat hy teen hierdie tyd 'n stel idees uitgewerk het
waaruit die Swartbewussynsteorie later sou ontwikkel.
Die eerste organisasie wat Biko gestig het, was die Suid-Afrikaanse Studente-organisasie
(SASO) in Julie 1969. Hy is as die eerste president verkies. Hy het ook 'n belangrike rol
gespeel in ander organisasies wat onder invloed van Swartbewussyn tot stand gekom
het, waaronder die Swartmense se Konvensie (BPC), Suid-Afrikaanse Studente-
beweging (SASM) en die Nasionale Jeugorganisasie (NAYO). Projekte het die
Swartgemeenskapsprogram, vir wie Biko in die vroeë 1970's gewerk het, en Zanempilo,
'n gesondheidsfasiliteit buite King William's Town, ingesluit. Die kliniek, waar
dr. Mamphela Ramphele as huisdokter gewerk het, was 'n projek wat deur
Swartbewussyn geïnspireer is.
Na Biko se verbanning in 1973 het die Swartgemeenskapsprogram aangehou om hom te
ondersteun. Sy inperkingsbevel het tot sy arrestasie in 1977 gegeld. Selfs tydens sy
verbanning het hy die organisasies wat hy gestig het, gedien en bevorder. Tot sy dood in
polisie-aanhouding in 1977 het hy die leier gebly van die Swartbewussynsbeweging wat
hy help stig het.
[Uit New History deur H Gilomee et al. 2010]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 3 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Addendum
BRON 1B
Die uittreksel hieronder fokus op verskillende gemeenskapsprojekte wat as gevolg van
die invloed van die filosofie van Swart Bewussyn begin is.
… hoofsaaklik om [die] probleem te beantwoord ... dat die swart man 'n verslane wese is
wat dit baie moeilik vind om homself reg te ruk. Hy is vervreem (onstabiel) ... Hy word
gedwing om heeltyd bekommerd te wees oor sy voortbestaan, bekommernis oor die dag
van môre ... Ons het gevoel dat ons moet probeer om dié soort houding te vernietig en
opnuut 'n gevoel van waardigheid by die swart man vestig. Wat ons dus gedoen het, was
om verskillende soorte programme te ontwerp, dit aan die swart gemeenskap voor te lê
met 'n duidelike boodskap dat dit deur swart mense gedoen word met die uitsluitlike doel
om die swart gemeenskap op te hef. Ons het geglo dat ons mense by wyse van
voorbeeld sou leer.
Een van die blywende (wat langer gehou het) strukture wat as 'n
Swartgemeenskapsprogram (BCP)-inisiatief gevestig is, was die Zanempilo-
gemeenskaps-gesondheidsentrum met Ramphele as die dryfkrag. Dit was 10 km buite
King William's Town in Zinyoka geleë, en is in Januarie 1975 geopen. Dit was een van
die eerste primêre gesondheidsorg-inisiatiewe buite die openbare sektor in Suid-Afrika
en het broodnodige gemeenskapsgesondheidsleer verskaf. Die sentrum was egter nie
slegs 'n gesondheidsfasiliteit nie; dit het 'n bymekaarkomplek en opleidingsterrein vir
aktiviste geword, 'n plek waar die gemeenskap kon vergader om sake te bespreek, maar
ook 'n plek vir blydskap en feesviering, 'n voorbeeld van die gemeenskapslewe waarvan
Biko en Pityana gepraat het.
Die sukses van die Zanempilo-projek het tot 'n soortgelyke instelling, Solempilo (Eye of
Health), aan die Suidkus van Natal gelei, maar die verbanning van die
Swartbewussynsorganisasies in 1977 het die projek beëindig.
Toe Ramphele in 1977 verban en tot Tzaneen, Noord-Transvaal ingeperk is, het sy die
Isutheng-gemeenskapsgesondheidsprogram met geld van die BPC gestig. Deur
Isutheng het sy begin om vroue te bemagtig en hulle aangemoedig om met groentetuine
en ander ekonomiese inisiatiewe te begin. Byna al hierdie BPC-gesondheidsprojekte
was op kerkgrond.
[Uit http://www.sahistory.org.za/topic/black-community-programmes-bcp.
Toegang verkry op 22 Februarie 2015.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 4 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Addendum
BRON 1C
Hierdie foto toon die Zanempilo-kliniek wat in Zinyoka, 'n dorpie 10 km buite King
William's Town, geleë is. Dit was 'n projek wat in Januarie 1975 deur die Swartmense se
Konvensie (BPC) begin is.
Uit http://www.unisa.ac.za/news/index.php/2014/09/bikos-legacy-lives-on/.
Toegang verkry op 3 Februarie 2015.]
PROVINCIAL ADMINISTRATION: EASTERN CAPE
IPHONDO LEMPUMA-KOLONI
DEPARTMENT OF HEALTH
ISEBE LEMPILO
ZANEMPILO CLINIC
IKLINIKI
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 5 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Addendum
BRON 1D
Die uittreksel hieronder fokus op sommige van die redes waarom swart Suid-Afrikaners
onwillig was om by gemeenskapsontwikkelingsprogramme betrokke te raak wat deur die
Swartmense se Konvensie (BPC) begin is.
Die hoofdoelstellings van ons gemeenskapsontwikkelingsprojekte is dus om by ons
mense 'n gevoel van selfstandigheid, inisiatief en solidariteit in te skerp wat belangrik is in
ons stryd om onsself van wit rassisme, kapitalisme, kolonialisme en sielkundige knegskap
(geestelike slawerny) te bevry wat gedurende al hierdie eeue van koloniale verswakking
by ons ingeprent is.
'n Mens moet egter ook geduldig wees wanneer jy betrokke is by
gemeenskapsontwikkeling wat te doen het met die skep van 'n bewustheid en politieke
bewusmaking. 'n Mens moet nooit aanvaar dat dit maklik is om sielkundige sienswyses,
wat die verdrukker eeue geneem het om te kweek, uit te roei nie.
... Een van die lelikste aspekte van verdrukking is waarskynlik dat die verdrukker
sistematies betekenisvolle kommunikasie onder die verdruktes afsny. Dit is in werklikheid
een van die belangrikste aspekte van die verdrukker se strategie om die verdruktes
verdeeld te hou en om geen kommunikasie tussen hulle toe te laat nie sodat hulle nie
teen hom kan saamsweer nie.
Dus word polisieteistering, intimidasie, inperkingsbevele en ander metodes gebruik om dit
vir die verdruktes moeilik te maak om hulself te organiseer. 'n Mens moet gedurig teen
vrees baklei, wat 'n alomteenwoordige faktor in die swart gemeenskap is en selfs die
ywerigste ondersteuners van Swart Bewussyn teister.
Dit is vrees gegrond op die werklikheid van die situasie – vrees om jou op Robbeneiland
te bevind of om verban te word – wat aanleiding gegee het tot die verskriklike stilte in die
swart gemeenskap in Suid-Afrika. Die regime mors nie tyd met die handhawing en
voortbestaan van hierdie vrees ten einde die status quo (bestaande toestand) te behou
en te handhaaf nie. Inteendeel, al die faktore wat hierdie endemiese vrees in ons
gemeenskap skep, het 'n integrale deel van die hele gemeenskapstruktuur in Suid-Afrika
geword.
[Uit The Meaning of Black Consciousness in the Struggle for Liberation in South Africa,
'n referaat geskryf deur R Nengwekhulu, SA History Online]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 6 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Addendum
VRAAG 2: HOE HET DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
DIE PROSES VAN REPARASIE (VERGOEDING) HANTEER?
BRON 2A
Hierdie uittreksel is 'n toespraak wat Dullah Omar, gewese Minister van Justisie, op
25 Februarie 1999 in die Parlement gelewer het. Dit fokus op die Suid-Afrikaanse
regering se besluit oor hoe die kwessie van reparasie vir slagoffers wat ná 1960
menseregteskending ervaar het, te hanteer.
Ons erken die pyn en lyding van Suid-Afrika se tallose slagoffers. Ons is jammer. Ons
sal doen wat ons kan om hulle wonde, die wonde van hul gemeenskappe en die wonde
van die nasie te genees. Ons sal doen wat ons kan om hulle waardigheid, dié van die
gemeenskap en dié van die nasie te herstel. Ons sal doen wat ons kan om 'n raamwerk
vir reparasie (vergoeding) te verskaf, 'n veelvlakkige raamwerk wat een of ander vorm
van geldelike vergoeding, gemeenskapsgebaseerde vergoeding, simboliese vergoeding,
wetlike en administratiewe maatreëls en diensverskaffing sal insluit. Maar ons sal ook in
gedagte hou dat ons dapper seuns en dogters nie aan die stryd deelgeneem en hulle
lewens geoffer het vir geldelike vergoeding nie ...
Die WVK het, met betrekking tot reparasie en rehabilitasie, aanbeveel dat 'n struktuur in
die President se kantoor geskep moet word, met 'n beperkte sekretariaat en vasgestelde
tydsduur. Sy funksies sal wees om reparasie- en rehabilitasie-beleidsvoorstelle en
aanbevelings te implementeer, om meganismes (prosessering) vir geldelike vergoeding
te fasiliteer, om doodsertifikate uit te reik, om opgrawings en begrafnisse te bespoedig,
om kwessies van verklarings van sterftes te fasiliteer in gevalle waar familielede dit
aanvra, om die uitwissing van kriminele rekords te fasiliteer, om die beslissing van
uitstaande wetlike sake te fasiliteer, om die herbenoeming van strate en
gemeenskapsgeriewe te fasiliteer, om persone of betekenisvolle gebeurtenisse te
onthou of vereer en om monumente en gedenkstene op te rig. Die kommissie sê verder
dat daar 'n nasionale herdenkingsdag moet wees.
Ons beveel aan dat 'n oordrewe konsentrasie op individuele geldelike toelaes in relatief
groot bedrae nie aangemoedig moet word nie. Dit skep valse verwagtinge. Terselfdertyd
kan geldelike toekennings nie uitgesluit word nie of dit mag verskillende vorms aanneem,
byvoorbeeld spesiale pensioene.
[Uit Truth and Reconciliation in South Africa the Fundamental Documents
deur E Doxtader en PJ Salazar]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 7 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Addendum
BRON 2B
Hierdie artikel deur B Hamber en B Dishington fokus op reaksies op die Waarheids-en-
Versoeningskommissie se reparasiebeleid.
Die afgelope paar weke was daar 'n stortvloed van mediaberigte oor die Waarheids-en-
Versoeningskommissie se reparasie (vergoedings)-beleid. Slagoffers wat voor die WVK
getuig het, beskuldig die regering daarvan dat hulle te stadig op die WVK se
aanbevelings reageer. Die regering beskuldig die WVK daarvan dat hulle nie al die geld
bestee wat aan die reparasiebegroting toegeken is nie. Op sy beurt beskuldig die WVK
die regering daarvan dat hulle nie dadelik op sy aanbevelings reageer nie.
Hoe jy ook al na die saak kyk, die slagoffers trek aan die kortste ent. Hulle is
geviktimiseer deur dit wat in die verlede met hulle gebeur het en moes toekyk hoe
oortreders amnestie kry. Hulle het twee en 'n half jaar vir sogenaamde dringende
tussentydse betalings gewag, wat gemiddeld 'n bietjie meer as R3 500 beloop het vir
oortredings soos moord en verkragting. Om sake te vererger, wag die WVK se
langtermyn-vergoedingsaanbevelings, wat in Oktober 1998 voorgelê is, steeds op
indringende besprekings wat verder as politieke afknouery strek om praktiese
(moontlike) oplossings te vind. Die reg op vergoeding vir onregmatige dade is lankal
reeds as 'n fundamentele regsbeginsel erken en is onontbeerlik vir die funksionering van
regstelsels.
Reparasie word onder internasionale verdrae en gewoontereg erken in besluite deur die
Verenigde Nasies se Menseregtekomitee, die Inter-Amerikaanse Hof van Menseregte,
die Europese Hof van Menseregte en Nasionale Reg en Praktyk, asook in verskeie
ander internasionale verdrae. Onlangse verwikkelinge dui daarop dat vergoeding
eersdaags 'n internasionale maatstaf sal wees en nie net 'n beginsel nie. Daarom, indien
vergoeding nie oor lang termyn aan slagoffers toegestaan word nie, en kom ons hoop
dat dit nie die geval is nie, kan dit dalk vir hulle moontlik wees om te toets of dit strydig is
met Suid-Afrika se internasionale verpligtinge.
[Uit Sunday Independent, 25 Junie 2000]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 8 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Addendum
BRON 2C
Die spotprent deur Zapiro beeld die uitdagings uit wat die WVK in die gesig gestaar het
rakende die proses van reparasie (vergoeding).
[Uit The Sowetan, 9 Junie 2000]
REGERING SLAGOFFERS WVK REPARASIES ANC
[Uit The Sowetan, 9 Junie 2000]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 9 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Addendum
BRON 2D
Die volgende uittreksel deur A Krog kritiseer die WVK se reparasieproses.
Die WVK het erken dat vergoeding vir traumaslagoffers een van sy grootste mislukkings
was. Byna sewe jaar ná die eerste getuienis het slagoffers nog niks ontvang nie. In
teenstelling hiermee is amnestie wat toegestaan of geweier is, onmiddellik van krag. Die
Regering het in soveel woorde gesê dat alle swart mense onder apartheid gely het en
om vergoeding aan so min (sewentienduisend) slagoffers te betaal, onregverdig sal
wees. Hulle het ook gesê dat niemand apartheid teengestaan het met die idee om
geldelike vergoeding te ontvang nie; en nog erger, 'n kabinetsminister het gesuggereer
dat daar baie 'toneelspelers' was onder die slagoffers wat getuig het. Kommissaris
Yasmin Sooka het woedend op hierdie uitlatings gereageer.
Toe ons land besluit het dat ons die Waarheidskommissie-roete sou volg, het ons
aanvaar dat ons 'n model van herstellende geregtigheid eerder as een van vergeldende
geregtigheid sou nastreef ... Hierdie idee van herstellende geregtigheid is in die
gedrang. Dit word bedreig deur ons onvermoë om die materiële omstandighede van
diegene te verander wat na vore gekom het om hul stories te kom vertel ... Sooka het
ook daarop gewys dat die Konstitusionele Hof bepaal het dat amnestie net moontlik was
as gevolg van die verbintenis tot reparasie. Slagoffers het nou die reg om hulle tot die
hof te wend om die toestaan van amnestie ter syde te stel. Dit sal 'n tragedie wees
indien die brose vrede wat ons ondervind, in onrus gedompel word ...
[Uit Country of My Skull deur A Krog]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 10 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Addendum
VRAAG 3: WAAROM IS SUID-AFRIKA SE LIDMAATSKAP VAN DIE BRICS-
GROEP AS OMSTREDE BESKOU?
BRON 3A
Hierdie uittreksel is uit 'n kwartaalbulletin geneem wat in 2013 deur die Gautengse
Provinsiale Tesourie gepubliseer is. Dit beklemtoon die redes vir Suid-Afrika se insluiting
by die BRICS-groep.
Suid-Afrika se insluiting by die BRICS-groep volg op 'n versoek deur dié land om by die
groep aan te sluit en ook verskeie staatsbesoeke deur die Suid-Afrikaanse President aan
die lande in 2010. Die land is om verskeie redes genooi om by die groep aan te sluit,
onder andere dat dit die grootste ekonomie in sub-Sahara-Afrika (SSA) het en die feit dat
dit vir ongeveer 'n derde van die gebied se BBP (bruto binnelandse produk)
verantwoordelik is ...
Die land word ook gesien as een wat 'n invloed op die res van die kontinent het. Dit
'verteenwoordig' nie letterlik ander Afrikalande nie, maar dit het dieselfde probleme as
ander SSA-lande, soos ongelyke inkomste, armoede en werkloosheid. Suid-Afrika se
insluiting sal aan BRICS-lede beter toegang tot 'n baie groot verbruikersbasis op die
Afrika-kontinent bied asook mineraalbronne, wat olie en platinum insluit. Volgens Global
Sherpa is Suid-Afrika ook die mees ontwikkelde land in SSA en dien as deurgangsroete
na Afrika.
Veral China, wat as die mees dominante lid van die BRICS-groep beskou word, beskou
Suid-Afrika as 'n aantreklike land as gevolg van die groot aantal verbruikers, van wie
baie betreklik ryk is. Die land het ook die grootste energieproduksie-kapasiteit en is ook
die grootste produsent van edelmetale, soos goud en platinum. Beide hierdie kenmerke
is aantreklik vir Chinese beleggings en handelsbelange. China het groot finansiële
belange in die land, hoofsaaklik in die bankwese, infrastruktuur, mynbou, vervoer en
hernubare energie. Volgens Gateway House het die Industriële Kommersiële Bank van
China (IKBC) 'n 20%-aandeel (VS$4,7 miljard) in Standard Bank, een van Suid-Afrika se
grootste banke ...
Suid-Afrika se insluiting by die BRICS-groep het gemengde reaksies ontlok. Sommige
kritici voel dat ander ontluikende ekonomieë met 'n vinniger ekonomiese groei as Suid-
Afrika ingesluit kon word, omdat 'vinnige ekonomiese groei' 'n gemeenskaplike faktor
binne die groep is.
[Uit http://www.treasury.gpq.gov.za/...south%20africa%position%20in%20BRICS.
Toegang verkry op 20 Februarie 2015.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 11 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Addendum
BRON 3B
Die spotprent deur P Nath het op 30 Maart 2012 in die The Khaleej Times (Verenigde
Arabiese Emirate) verskyn. Dit beeld die leiers van Brasilië, Rusland, Indië, China en
Suid-Afrika uit wat die vierde BRICS-beraad bygewoon het.
BRICS-beraad BRASILIË, RUSLAND, INDIË, CHINA, SUID-AFRIKA
New Delhi
Ons het gemeenskaplike terrein
vir 'n multipolêre wêreld gevind.
[Uit http://www.cagle.com/tag/alliance/page/7/.
Toegang verkry op 28 Februarie 2015.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 12 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Addendum
BRON 3C
Hierdie is 'n gedeelte van 'n geskrewe onderhoud wat S Naidoo vir die Mail and Guardian
met J O'Neill, wêreldvoorsitter van Goldman Sachs Asset Management, gevoer het oor
Suid-Afrika se lidmaatskap van die BRICS-groep.
Indien die argument is dat Suid-Afrika se insluiting by BRICS die gevolg van sy invloed
op die res van die Afrikakontinent is, dan is dit 'n verkeerde een. 'Suid-Afrika ly reeds
verliese op beleggings aan ander opkomende ekonomiese sterre op die kontinent.
Lande soos Nigerië is tans meer invloedryk,' het hy gesê. 'Kyk net wat in die Afrika-unie
gebeur. Afgesien van sy gesonde fiskale (belasting) en finansiële stelsels, kan Suid-
Afrika nie meer daarop aanspraak maak dat hy die supermoondheid op die kontinent
is nie.'
Alhoewel die Suid-Afrikaanse owerheid en BRICS-aanhangers hieroor sal verskil en
Suid-Afrika se posisie in die groep heftig sal verdedig, bevestig die statistiek die
beleggingsbankier se argument. Twee van die BRICS-lande is nou onder die ses
grootste ekonomieë in die wêreld. Verlede jaar het China vir Japan verbygesteek om die
tweede grootste ekonomie in die wêreld te word, vyf jaar vroeër as wat O'Neill voorspel
het. Die Chinese ekonomie staan nou op ongeveer $5,9 triljoen.
Net so het Brasilië drie weke gelede die Verenigde Koninkryk (VK) as die sesde grootste
ekonomie verbygesteek, ongeveer 10 jaar gouer as wat geprojekteer is. Die
Internasionale Monetêre Fonds se syfers het Brasilië se ekonomie op ongeveer
$2,52 triljoen beraam en dié van die VK op $2,48 triljoen. Indië en Rusland lê net buite
die top 10, maar O'Neill glo dat hulle waarskynlik vinnig die leer gaan klim. 'Soos wat ons
deur die dekade kruip, sal hulle aandeel van die wêreld-BBP waarskynlik styg,' het hy
gesê ...
Suid-Afrika, aan die ander kant, is nie eers naby die top 20 grootste ekonomieë nie. Met
'n bevolking van net meer as 50 miljoen en 'n BBP van $364 miljard (biljoen) is dit net te
klein om binne Goldman Sachs se spektrum van groeiende markte te val. 'Om die
waarheid te sê, Suid-Afrika is 'n las op die dinamika van die BRICS-groep,' het O'Neill
gesê.
[Uit Mail & Guardian, 23 Maart 2012]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 13 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Addendum
BRON 3D
Hierdie bron is in 2012 deur W Yong namens die Suid-Afrikaanse Instituut van
Internasionale Sake geskryf. Hy steun Suid-Afrika se rol in die BRICS-groep.
Suid-Afrika het die potensiaal om 'n leidende rol in die opstel van die agenda oor Afrika
te speel. Dit kan die BRICS gebruik om Afrika se stem beter te verteenwoordig, en deur
Suid-Afrika se rol kan BRICS-lande beter na Afrika luister. Met Suid-Afrika wat 'n
leidende rol speel, kan die BRICS (groep) wyer steun bied aan aanbevelings deur
Afrikalande oor sake soos die hervorming van die Verenigde Nasies, globale finansiële
en ontwikkelingsinstellings, die wêreldhandelstelsel en Afrika se programme vir
volhoubare ontwikkeling.
Van groter belang is dat daar van die BRICS-lande verwag word om meer tot die
ekonomiese ontwikkeling van Afrika by te dra deur hulle Afrika-agenda te ontwikkel.
Chinese kundiges wys daarop dat Afrika se handel met BRICS-lande vinnig toeneem.
Afrika se buitelandse handel het van 4,6% in 1993 tot 19% in 2009 gegroei, wat 'n
handelsoorskot van $20,2 miljard vir Afrika tot gevolg gehad het. China is Afrika se
grootste handelsvennoot en is verantwoordelik vir twee derdes van die BRICS-lande se
handel met Afrika. Volgens 'n ontleding deur Standard Bank van Suid-Afrika, sal die
BRICS-lande se totale handel met Afrika teen 2030, $400 miljard beloop. Om te help om
die groeipotensiaal te bereik, is meer BRICS-deelname in en hulp aan Afrika broodnodig.
BRICS-lande kan aan die politieke front ook 'n positiewe rol speel. Hulle steun die
Afrika-unie se vredesinisiatiewe om die krisisse in Afrikalande op te los. Die BRICS-
lande ondersteun die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad (VNVR), Resolusie 2033, ten
volle, oor die noue samewerking tussen die VN en die Afrika-unie, ter ondersteuning van
Suid-Afrika se voorstel om die rol van die VN in konflikvoorkoming te versterk.
[Uit www.saiia.org.za/...z/-south-africa-s-role-in-the-BRICS-and-the-g-20-china-s-view.
Toegang verkry op 14 Februarie 2015.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 14 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS – Addendum
ERKENNINGS
Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:
Doxtader, E. and Salazar, PJ. 2007. Truth and Reconciliation in South Africa: The
Fundamental Documents (Interpak Books, Claremont)
Gilomee, H. et al. 2010 New History, (Tafelberg, Kaapstad)
http://www.cagle.com/tag/alliance/page/7/
http://www.sahistory.org.za/topic/black-community-programmes-bcp
http://www.treasury.gpq.gov.za/...south%20africa%position%20in%20BRICS
http://www.unisa.ac.za/news/index.php/2014/09/bikos-legacy-lives-on/
Krog, A. 2006. Country of My Skull (Random House, Johannesburg)
Mail & Guardian, 23 March 2012
Nengwekhulu, R. 1991. The Meaning of Black Consciousness in the Struggle for
Liberation in South Africa (Herskovits Library of African Studies, Northwestern University)
Sunday Independent, 25 June 2000
The Sowetan, 9 June 2000
www.saiia.org.za/...z/-south-africa-s-role-in-the-BRICS-and-the-g-20-china-s-view
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 History notes
CAPS revision notes with worked examples.
- History questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 History quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 History past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 past papers
More History and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P2 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 Paper 1 November 2024 NSC Addendum

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 Addendum (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 Addendum (English)
Related documents

Question paper
History Grade 12 Paper 2 NSC Supplementary 2016 Question Paper

Addendum
History Grade 12 Paper 2 EC June 2016 Addendum

Addendum
History Grade 12 Paper 2 NSC November 2016 Addendum

Addendum
History Grade 12 Paper 2 NSC November 2016 Addendum

Question paper
History Grade 12 Paper 1 NSC Supplementary 2016 Question Paper

Question paper
History Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Mock 2016 Question Paper
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Question paper
History Grade 12 Paper 2 NW June 2025 Question Paper (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum