You're offline
Skip to content
Question paper

NW 12 HISTORY P2 MG AFR JUNE 2025

Subject: HistoryGrade 12202518 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
PROVINSIALE ASSESSERING GRAAD 12 GESKIEDENIS V2 JUNIE 2025 NASIENRIGLYNE PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 18 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 2 NW/Junie 2025 Graad 12 – Nasienriglyne 1. BRONGEBASEERDE VRAE 1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te ontwikkel: Kognitiewe Historiese vaardighede Gewig van vrae vlakke  Onttrek bewyse uit bronne VLAK 1  Seleksie en organisering van relevante inligting 30% uit bronne (15)  Definieer historiese konsepte/terme  Interpretasie van bewyse uit bronne VLAK 2 40%  Verduidelik inligting wat uit bronne ingesamel is (20)  Ontleed bewyse uit bronne  Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne  Skakel met bronne om die bruikbaarheid, betroubaarheid, vooroordeel en beperkings VLAK 3 30% daarvan te bepaal (15)  Vergelyk en kontrasteer interpretasies en perspektiewe wat in bronne aangebied word en maak onafhanklike gevolgtrekkings 1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word:  By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word aan enige ander geldige en relevante standpunte, argumente, bewyse of voorbeelde.  By die toekenning van punte moet klem gelê word op hoe die vereistes van die vraag aangespreek is.  In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede wat aangespreek moet word) sowel as die vlak van die vraag kursief aangedui. 1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae  Gebruik 'n regmerkie ( ) vir elke korrekte antwoord  Gee aandag aan die punteskema bv. (2 x 2) wat vertaal word na twee redes en elk twee punte kry ( ) ; (1 x 2) wat na een rede vertaal en twee punte kry ( )  As 'n vraag 4 punte dra, dui aan deur 4 regmerkies te plaas ( ) Paragraaf vraag Paragrawe moet globaal (holisties) geassesseer word. Beide die inhoud en struktuur van die paragraaf moet in ag geneem word wanneer 'n punt toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer 'n antwoord op 'n paragraafvraag geassesseer word:  Lees die paragraaf en plaas 'n kolpunt ( • ) by elke punt binne die teks waar die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag aan te spreek.  Lees weer die paragraaf om te evalueer tot watter mate die kandidaat in staat was om relevante bewyse te gebruik om 'n paragraaf te skryf. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 3 NW/Junie 2025 Graad 12 – Nasienriglyne  Dui aan die einde van die paragraaf die regmerkies ( ) aan dat die kandidaat vir die paragraaf toegeken is; asook die vlak (1, 2 of 3) soos aangedui in die holistiese rubriek en 'n kort opmerking bv. ____________________________ • ________________________________ ________________ • ____________________________ • _________________ Vlak 2 Het meestal relevante bewyse gebruik om 'n basiese paragraaf te skryf  Tel al die regmerkies vir die brongebaseerde vraag en skryf dan die punt op die regterkantste onderkant kantlyn neer, bv. 32 50  Maak seker dat die totale punt akkuraat na die voor-/agterblad van die antwoordskrif oorgedra word. 2. OPSTELVRAE 2.1 Die opstelvrae vereis van kandidate om: In staat wees om hul argument op 'n logiese en samehangende wyse te struktureer. Hulle moet die relevante inligting selekteer, organiseer en verbind sodat hulle 'n redelike volgorde van feite of 'n doeltreffende argument kan aanbied om die gestelde vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat 'n opstel 'n inleiding, 'n samehangende en gebalanseerde versameling bewyse en 'n gevolgtrekking het. 2.2 Nasien van opstelvrae Kandidate mag enige ander relevante inleidings en/of gevolgtrekkings hê as dié wat in 'n spesifieke opstelnasienriglyn vir 'n spesifieke opstel ingesluit is. 2.3 Globale assessering van die opstel Die opstel sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat die onderwyser die opstel as 'n geheel assesseer, eerder as om die hoofpunte van die opstel afsonderlik te assesseer. Hierdie benadering moedig die leerder aan om 'n oorspronklike argument te skryf deur relevante bewyse te gebruik om die argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder verwag word om bloot inhoud (feite) op te blaas om 'n vlak 7 (hoë punt) te behaal nie. Hierdie benadering ontmoedig leerders om opstelle voor te berei en dit weer te gee sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien van die opstel gee krediet aan leerders se menings wat deur bewyse ondersteun word. Holistiese assessering, anders as inhoudgebaseerde nasien, penaliseer nie taalontoereikendheid nie, aangesien die klem op die volgende val:  Die leerder se interpretasie van die vraag  Die toepaslike keuse van feitelike bewyse (relevante inhoudseleksie)  Die konstruksie van argument (beplan, gestruktureer en het 'n onafhanklike argumentasielyn). 2.4 Assesseringsprosedures van die opstel 2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die opstel geassesseer word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 4 NW/Junie 2025 Graad 12 – Nasienriglyne 2.4.2 Tydens die lees van die opstel moet regmerkies toegeken word vir 'n toepaslike inleiding (wat met 'n kolpunt in die nasienriglyn aangedui word), die hoofaspekte/liggaam van die opstel wat die argumentasie onderhou/verdedig (wat met kolpunte in die nasienriglyn aangedui word) en 'n toepaslike slot (wat deur 'n nasienriglyn aangedui word). Byvoorbeeld, in 'n opstel waar daar vyf (5) hoofpunte is, kan daar ongeveer sewe (7) regmerkies wees. 2.4.3 Hou die PEEL -struktuur in gedagte wanneer jy 'n opstel assesseer. P Punt: Die kandidaat stel die opstel in deur 'n argument te neem/ 'n hoofpunt te maak. Elke paragraaf moet 'n punt insluit wat die hoofpunt (reël van argument) wat in die inleiding gemaak is, ondersteun. E Verduideliking: Die kandidaat moet in meer besonderhede verduidelik waaroor die hoofpunt gaan en hoe dit verband hou met die vraag wat gestel word (argumentreël). E Voorbeeld: Kandidate moet die vraag beantwoord deur inhoud te kies wat relevant is vir die argument. Relevante voorbeelde moet gegee word om die argument te ondersteun. L Skakel: Kandidate moet verseker dat die argument deurgaans volgehou word en samehangend geskryf is. 2.4.4 Die volgende simbole MOET gebruik word wanneer 'n opstel geassesseer word: • Inleiding, hoofaspekte en slot nie behoorlik gekontekstualiseer nie ^ • Verkeerde stelling _________________ • Irrelevante stelling | | | • Herhaling R • Analise A • Interpretasie I • Argumentreël LOA Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 5 NW/Junie 2025 Graad 12 – Nasienriglyne 2.5 Die matriks 2.5.1 Gebruik die matriks in die nasien van opstelle By die nasien van opstelle moet die kriteria soos verskaf in die matriks gebruik word. Let op die inhoud en aanbieding wanneer u die opstel assesseer. By die snypunt van die inhoud en aanbieding gebaseer op die sewe bevoegdheidsvlakke, moet 'n punt toegeken word. (a) Die eerste lees van die opstel sal wees om te bepaal tot watter mate die hoofaspekte gedek is en om die inhoudsvlak (op die matriks) toe te ken. I VLAK 4 (b) Die tweede lees van opstelle sal verband hou met die vlak (op die matriks) van aanbieding . I VLAK 4 A VLAK 3 (c) Ken 'n algehele punt toe met die gebruik van die matriks. I VLAK 4 V VLAK 3 } 26– 27 KOMMENTAAR Sommige weglatings in inhoudsdekking. Pogings om 'n argument te handhaaf. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 6 NW/Junie 2025 Graad 12 – Nasienriglyne GLOBALE ASSESSERING VAN OPSTELLE: TOTALE PUNTE: 50 VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1* AANBIEDING Baie goed Baie goed Goed beplande Het 'n argument Toon 'n paar Pogings om 'n Min of geen beplande en beplande en en beplan en bewyse van 'n antwoord te poging om gestruktureerde gestruktureerde gestruktureerde saamgestel. beplande en struktureer. die opstel te opstel. Goeie opstel. opstel. Bewyse wat tot 'n gekonstrueerde Grootliks struktureer sintese van Het 'n relevante Pogings om 'n mate gebruik is argument. beskrywend of 'n nie. inligting. argumentasielyn duidelike om die argument Pogings om 'n poging om 'n Het 'n ontwikkel. argument te te ondersteun. argument te argument te oorspronklike, Bewyse wat ontwikkel. Gevolgtrekkings handhaaf. ontwikkel. Geen INHOUD goed gebruik is om die Gevolgtrekking bereik op grond Gevolgtrekkings poging om 'n gebalanseerde argument te gemaak uit die van bewyse. nie duidelik deur gevolgtrekking te en onafhanklike verdedig. getuienis om die bewyse maak nie. argumentasie Pogings om 'n argument te ondersteun nie. met die gebruik onafhanklike ondersteun. van bewyse gevolgtrekking ontwikkel, die uit die getuienis argument te maak om die deurgaans argument te volgehou en ondersteun. verdedig. Onafhanklike gevolgtrekkings word gemaak uit bewyse om die argument te ondersteun. VLAK 7 Vraag is volledig beantwoord. Inhoudseleksie 47–50 43–46 ten volle relevant tot die argument. VLAK 6 Vraag is beantwoord. Inhoudseleksie relevant tot 43–46 40–42 38–39 die argument. VLAK 5 Vraag in 'n groot mate beantwoord. Inhoud 38–39 36–37 34–35 30–33 28–29 voldoende gedek en relevant. VLAK 4 Vraag herkenbaar in antwoord. 30–33 28–29 26–27 Sommige weglatings of irrelevante inhoudseleksie. VLAK 3 Inhoudseleksie hou wel verband met die vraag, maar beantwoord dit nie, of hou 26–27 24–25 20–23 nie altyd verband met die vraag nie. Weglatings in dekking. VLAK 2 Vraag onvoldoende aangespreek. Skraal inhoud. 20–23 18–19 14–17 VLAK 1* Vraag onvoldoende aangespreek of glad nie. Onvoldoende of irrelevante 14–17 0–13 inhoud. Riglyne vir die toekenning van 'n punt vir Vlak 1:  Vraag glad nie aangespreek nie/totaal irrelevante inhoud geen poging om die opstel te struktureer nie = 0  Inhoudkeuse sluit basiese en algemeen irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1- 6  Vraag onvoldoende aangespreek en vaag; min poging om die opstel te struktureer = 7-13 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 7 NW/Junie 2025 Graad 12 – Nasienriglyne AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 2: HOE HET DIE VERENIGDE DEMOKRATIESE FRONT (UDF) GEREAGEER OP DIE INSTELLING VAN DIE DRIEKAMER PARLEMENT DEUR DIE WIT GEDOMINEERDE NASIONALE PARTY REGERING? 1.1 1.1.1 [Onttrekking van bewyse van Bron 1A – V1]  Blankes  Gekleurd/Kleurlinge  Indiërs (3 x 1) (3) 1.1.2 [Interpretasie van bewyse van Bron 1A – V2]  Botha het hervormings ingestel in die hoop om steun in die swart gemeenskap te wen, terselfdertyd het hy onderdrukking verskerp om alle opposisie uit te roei  PW Botha wou hê apartheid moet minder diskriminerend vir die buite wêreld lyk  PW Botha se bedoeling was nie om apartheid af te skaf nie, maar om dit te versterk/opknap/vernuwe/herstruktureer in 'n ander manier  Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 1.1.3 [Omskrywing van konsep in Bron 1A – V2]  Al die mense in 'n land of gebied wat geregtig is om in 'n verkiesing te stem  Mense wat stemgeregtig is in 'n verkiesing  Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2) 1.1.4 [Interpretasie van bewyse van Bron 1A – V2]  Omdat hulle die wit kiesers sou uitstem wie in die minderheid was  Hulle sou die apartheid wette verander en d i e ongelykhede aanspreek  Afrikane sou nie in staat wees om vir hul regte te veg nie.  PW Botha wou wit voorregte beskerm  Voorsiening is vir hulle gemaak om te stem in die Tuislande/munisipaal/ plaaslik rade. Die Nasionaal Party het aan hulle politieke regte in die Bantoestans /Tuislande toegestaan  Om weerstand teen apartheid te verswak  Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 1.1.5 [Onttrekking van bewyse van Bron 1A – LV]  Volksraad  Huis van Afgevaardigdes  Huis van Verteenwoordigers (3 x 1) (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 8 NW/Junie 2025 Graad 12 – Nasienriglyne 1.2.1 [Onttrekking van bewyse van Bron 1B – V1]  om die baie ontberings wat apartheid in hul lewens geskep het teën te staan (1 x 2) (2) 1.2.2 [Interpretasie van bewyse van Bron 1B – V2]  UDF het briewe, pamflette en brosjures uitgestuur om die bekendstelling van die groep te adverteer.  Openbare saamtrekke is gehou.  UDF en sy affiliasies het boikotte en wegbly aksies vir werkers bevorder  Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 1.2.3 [Interpretasie van bewyse van Bron 1B – V2]  Hy impliseer dat ons nie kan instem tot regeringsbeleid wat steeds politieke regte aan swart Suid-Afrikaners ontsê nie.  Ds Boesak is van mening dat Botha se hervormings steeds diep geteister word deur rassistiese apartheidsbeleide wat die meerderheid swartes onderdruk.  Die apartheidsbeleid van verdeel en oorheers was in stand gehou  Enige ander relevant reaksie (enige 2 x 2) (4) 1.2.4 [Bepaal die betroubaarheid van Bron 1B – V3] Die bron is betroubaar want:  Dit beklemtoon die oorsprong en die bekendstelling van die UDF wat in reaksie was op die instelling van die apartheid hervormings en die vestiging van die Driekamer Parlement  Die toespraak is gelewer deur Allan Boesak wat een van die leiers van die UDF was  Die inligting in die bron kan met ander bronne bevestig / vergelyk word  Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4 ) 1.3 1.3.1 [Interpretasie van bewyse van Bron 1C – V2]  Troepe het UDF-vergaderings en -organisasies verbied; en verhoed dat media oor onrus en betogings berig  SAW was meedoënloos in die townships toe hulle die huise van mense aangeval en mense vermoor het.  Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 1.3.2 [Onttrekking van bewyse van Bron 1C – V1]  Troepe uit die townships  Geen apartheidsoorlog nie (2 x 1) (2) 1.4 [Vergelyking van bewyse van Bronne 1B en 1C om vas te stel hoe hulle mekaar ondersteun – V3]  Bron 1B praat oor die UDF se massaveldtogte teen die apartheidsregering en Bron 1C toon organisasies teen apartheid.  Bron 1B meld dat die UDF mense en organisasies teen die apartheidsonreg gemobiliseer het Bron 1C wys Suid Afrikane wat gekant is teen apartheidsonreg en beëindiging van verpligte militêre diensplig. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 9 NW/Junie 2025 Graad 12 – Nasienriglyne  Bron 1B spreek tot die eenheid van mense en organisasies wat saamwerk en Bron 1C toon die eenheid van organisasies op die plakkaat t.o.v weerstand teen apartheid  Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 1.5 1.5.1 [Onttrekking van bewyse van Bron 1D – V1]  Privaatskole  Universiteite (2 x 1) (2) 1.5.2 [Verduideliking van a historiese term van Bron 1D – V2]  Die UDF het mobilisering van mense en organisasies gelei om op te hou om die goedere te koop of te gebruik van winkels in wit besit en winkels wat deur swart medewerkers van apartheid besit word.  Doelbewuste weiering om produkte/goedere te koop as 'n maatreël om die regering te probeer dwing om apartheid te beëindig.  Wegbly en eise teen die instelling van die Driekamer parlement wat die implementering van apartheid voortgesit het.  Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2) 1.5.3 [Interpretasie van bewyse van Bron 1D – V2]  Om die regeringsorgane van die apartheidsregime te verwerp en te vernietig  Om onwettige staatsgesag uit te skakel en 'n strategiese onderskrywing van massamobilisering.  Enige ander relevante antwoord (1x 2) (2) 1.5.4 [Interpretasie van bewyse van Bron 1D – V2]  Gedurende die 1980's het 'n aantal burgerlike organisasies in Suid-Afrika ontstaan wat 'n beduidende rol gespeel het in die ineenstorting van die apartheidsregering.  Weerstand in die 1980's was nie beperk tot die studente en die jeug nie, dit was gemeenskapsgebaseer met volwassenes en werkers ook betrokke  In die 1980's was die swart bevolking meer verpolitiseer en georganiseer in verskeie verenigings en formasies  In die 1980's was werkers deur stakings (by die verset betrokke) en wegbly aksies van die werk af.  In die 1980's is die weerstand / verset ook verskuif na wit besighede wat apartheid ondersteun het deur boikotte van wit besigheid en skole.  In die 1980's was die bevrydingsbeweging (PAC, ANC, BCM) direk betrokke by die verset. bv. die ANC se oproep om die townships onregeerbaar te maak en die APLA se “Dekade van die Storm”  Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 10 NW/Junie 2025 Graad 12 – Nasienriglyne 1.6 [Interpretasie, analise en sintese van bewyse uit relevante bronne V3] Kandidate kan die volgende aspekte in hul antwoord insluit:  Mense regoor Suid-Afrika het gemeenskapsgebaseerde groepe georganiseer om die lyding wat apartheid in hul lewens veroorsaak het teë te staan (Bron 1B)  Vorming van 'n verenigde, nie-rassige, nie-seksistiese en demokratiese Suid-Afrika wat totaal teen die ongeregtighede van apartheid was. (Bron 1B)  Verskillende veldtogte wat deur die ECC gehou is, het daartoe bygedra om die land onregeerbaar te maak (Bron 1C)  Die ECC was beskou as 'n direkte vyand/bedreiging van vir die SAW (Bron 1C)  Die ECC het druk op die dienspligstelsel geplaas en dit onmoontlik gemaak vir die staat om te implementeer (Bron 1C)  Blanke teenkanting teen diensplig en SAW-troepe in die township en die End Conscription-veldtog (Bron 1C)  Gewelddadige betogings teen plaaslike stadsrade het in die Vaaldriehoek begin (Bron 1D)  Vorme van protes/weerstand: huur, verbruikersboikotte, wegbly aksies , stakings en politieke saamtrekke (Bron 1D)  Stigting van burgerlike organisasies om opposisie teen gemeenskapsrade te koördineer (Bron1D)  Enige ander relevante antwoord Gebruik die volgende rubriek vir toeken van punte: VLAK 1  Gebruik bewyse op 'n elementêre wyse, bv. toon geen of min begrip van hoe die Verenigde Demokratiese Front PUNTE (UDF) reageer het op die instelling van 0–2 driekamerparlement deur die wit-oorheersde Nasionale Party-regering  Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ‘n paragraaf skryf nie. VLAK 2  Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate verband oor die onderwerp, bv toon 'n mate van begrip van hoe die Verenigde Demokratiese Front (UDF) reageer het PUNTE op die instelling van driekamerparlement deur die wit- 3–5 oorheersde Nasionale Party-regering  Gebruike bewyse in ‘n baie basies manier om ‘n paragraaf te skryf. VLAK 3  Gebruik relevante bewyse, bv. demonstreer 'n deeglike begrip van hoe die Verenigde Demokratiese Front (UDF) reageer het met die PUNTE bekendstelling van driekamerparlement deur die 6–8 wit-oorheersde Nasionale Party-regering Gebruike bewyse baie effektief in ‘n georganiseerde paragraaf wat 'n begrip van die onderwerp toon. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 11 NW/Junie 2025 Graad 12 – Nasienriglyne VRAAG 2: HOE HET DIE WVK DIE DOOD VAN ASHLEY KRIEL ONDERSOEK OM NASIONALE VERSOENING TE BEVORDER? 2.1 2.1.1 [Onttrekking van bewyse van Bron 1A – V1]  om die growwe menseregteskendings wat onder apartheid tussen Maart 1960 en Mei 1994 plaasgevind het, te ondersoek  om 'n platform te bied vir slagoffers/oorlewendes om hul stories te deel, hierdie misbruike in sy finale verslag te dokumenteer en aanbevelings te verskaf vir regstelling en maatreëls om toekomstige misbruike te voorkom. (2 x 1) (2) 2.1.2 [Omskrywing van konsep in Bron 1A – V2]  die proses om persone of mense weer vriendelik of vreedsaam te maak nadat hulle baklei het.  Om twee persone of groepe bymekaar te bring (versoen) na 'n konflik  Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2) 2.1.3 [Onttrekking van bewyse bewyse van Bron 1A – V1]  Marteling.  Aanranding  Moord  Sluipmoord  Enige ander relevante antwoord (3 x 1) (3) 2.1.4 [Interpretasie van bewyse van Bron 1A – V2]  Die WVK het meer as 21 000 slagoffer-/oorlewendes se verklarings ingesamel, wat meer as 37 672 menseregteskendings duidelik uiteensit het vir die tydperk wat ondersoek was om die oortreders te konfronteer  Die WVK het ook verklarings ingesamel, 446 het besonderhede oor vorme van gewelddadige mishandeling bevat van diegene wat deur die polisie aangehou is. ( 2 x 2) (4) 2.2 2.2.1 [Onttrekking van bewyse van Bron 12 – V1]  Om by die verbode ANC aan te sluit (1 x 1) (1) 2.2.2 [Onttrekking van bewyse van Bron 2B – V1]  Adjudant offisier Jeffrey Benzien  Sersant Abels (2 x 1) (2) 2.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]  Volgens die polisie was Kriel gewapen met 'n pistool wat hy onder 'n handdoek gehou het  Die polisie het beweer daar was 'n gestoei waarna Kriel per ongeluk geskiet is  Kriel wat gewapen was, is geskiet ná 'n gestoei. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 12 NW/Junie 2025 Graad 12 – Nasienriglyne 2.2.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]  Operasionele beplanning is voor die voorval deur die polisiestasie gedoen.  Ander lede van die Veiligheidstak (Polisie) was in die omgewing  Bewyse wat ingesamel is, het getoon dat bloed op die badkamer- en kombuisvloere gevind is.  Die wond het direkte kontak aangedui  Enige ander relevante antwoorde (enige 3 x 1) (3) 2.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]  Waarheid van wat gebeur het onder apartheid tussen 1960 -64  Om die waarheid te ontbloot oor politieke misdade wat deur die veiligheidsmagte gepleeg was  Versoening tussen oortreders en slagoffers  Versoening tussen die verskillende volke van Suid-Afrika.  Genesing van die vyandigheid, haat en woede tussen die verdeelde mense van Suid-Afrika  Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 2.3.2 [Bepaling van die betroubaarheid van Bron 2C – V3] Die bron is NUTTIG omdat:  Dit is 'n oorspronklike foto wat aan die begin van WVK- verhore geneem is.  Wys hoe die WVK-kommissarisse voorberei om die formele verhore oor polities gemotiveerde misdade te begin  Dit is geneem toe die WVK-verhore plaasgevind het.  Die foto verskaf belangrike inligting van prominente lede van WVK wat teenwoordig was of deel was van WVK.  Dit verskaf inligting oor die primêre doel van die WVK wat op die plakkaat in die agtergrond aangedui word.  Dit verskaf inligting oor die datum en plek van die eerste openbare verhoor  Enige ander relevante antwoord. (2 x 2) (4) 2.4 [Vergelyking van bewyse uit Bron 2B en 2C – V3]  In Bron 2B verwys die plakkaat na die waarheid en in Bron 2D sê WVK het probeer om die waarheid van politieke misdade en menseregtevergrype bloot te lê. (Albei bronne verwys na die blootlegging van die waarheid)  In Bron 2B verwys die plakkaat na versoening en in Bron 2C sê dit dat die WVK gehoop het dat hierdie verrigtinge die waarheid sou blootlê en versoening sou bevorder.  Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4) 2.5 2.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V1]  Ashley Kriel  Ahmed Timol  Cradock vier (3 x 1) (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 13 NW/Junie 2025 Graad 12 – Nasienriglyne 2.5.2 [Definisie van konsepte uit Bron 2D – V2]  'n Amptelike kwytskelding vir mense wat beskuldig of skuldig is aan politieke misdade/misdrywe wat gedurende apartheidsjare gepleeg is.  'n Amptelike kwytskelding vir mense/persone wat bewyse gelewer het oor menseregtevergrype of politieke misdade gedurende apartheidsjare en berou getoon het vir hul optrede  Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2) 2.5.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2]  Hulle het geglo hy was verantwoordelik vir die dood van Ashley Kriel  Hy was betrokke by die marteling van aangehoudenes / aktiviste.  Hy het onmenslike martelmetodes soos elektroniese skokke en versmoor van aangehoudenes met nat sakke gebruik. (2 x 2) (4) 2.6 [Interpretasie, evaluering en sintese uit relevante bronne - V3-kandidate kan die volgende aspekte in hul reaksie insluit:  Mandaat van WVK om menseregteskendings te ondersoek (Bron 2A)  WVK moes 'n platform bied vir beide slagoffers en oortreders om te getuig oor menseregtevergrype. (Bron 2A)  Vir oortreders om te getuig en die waarheid te openbaar en berou te toon in ruil vir moontlike amnestie (Bron 2A)  Die WVK het voortgegaan en duisende verklarings ingesamel (Bron 2A)  Ashley Kriel 'n jong aktivis het by die ANC aangesluit en is toe vermoor kort na sy terugkeer na Suid-Afrika (Bron 2B)  Kaptein Benzien het beweer Kriel is dood nadat hy sy arrestasie teëgestaan het en was in besit van 'n pistool (Bron 2B)  Die polisie-eise is deur die familie betwis (Bron D)  Bewyse ingesamel het polisieweergawe betwis. (Bron D)  Die familie en organisasies soos Institute for Justice and Reconciliation (IJR) het gevra vir heropening van die saak (Bron 2D)  Kaptein Benzien het getuig en is amnestie toegestaan (Bron 2D)  Die familie was van mening dat dit onregverdig was aangesien Kaptein Benzien se getuienis nie geloofwaardig was nie en dat hy skuldig was aan ander ernstige menseregtevergrype soos marteling.  Enige ander relevante antwoord Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 14 NW/Junie 2025 Graad 12 – Nasienriglyne Gebruik die volgende rubriek vir die toeken punte:  Gebruik bewyse op 'n elementêre wyse, bv. toon geen of min begrip van hoe die WVK PUNTE VLAK 1 menseregteskendings ondersoek het en hoe dit 0–2 versoening wou bevorder.  Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ‘n skryf paragraaf nie.  Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate verband met die onderwerp, bv. toon 'n mate van begrip van hoe die WVK menseregteskendings PUNTE VLAK 2 ondersoek het en hoe dit versoening wou bevorder. 3–5 Gebruike bewyse in ‘n baie basiese manier om ‘n paragraaf te skryf.  Gebruik relevante bewyse, bv. demonstreer 'n deeglike begrip van hoe die WVK menseregteskendings ondersoek het en hoe dit PUNTE VLAK 3 versoening wou bevorder. 6–8 Gebruike bewyse baie effektief in ‘n georganiseerde paragraaf wat 'n begrip van die onderwerp toon. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 15 NW/Junie 2025 Graad 12 – Nasienriglyne AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4 [Beplan en bou ‘n oorspronklike argument gebaseer op relevante bewyse. Gebruik analitiese en interpretatiewe vaardighede] SINOPSIS Leerders moet krities bespreek hoe die Black Consciousness Movement (BCM) bygedra het tot die bevryding van Suid-Afrika deur weerstand teen apartheid te inspireer, selfstandigheid aan te moedig en sielkundige transformasie te bevorder. HOOF ASPEKTE Leerders kan die volgende aspekte in hul opstelle insluit: Inleiding: Kandidate moet krities bespreek hoe die Black Consciousness Movement (BCM) tot die bevryding van Suid-Afrika bygedra deur weerstand teen apartheid aan te wakker, selfstandigheid aan te moedig en sielkundige transformasie te bevorder. UITBREIDING  Politieke vakuum (Agtergrond inligting)  Geskep na ANC en PAC se politieke leiers en partye verban of gevange geneem was in 1960  Mobilisasie as swartes  Gee swartes n gevoel van trots  Om hulself te aanvaar /selfvertroue te he/self –vertroue/sin van identiteit  Bemagtig swartes om verwerp die gees van selfbejammering; minderwaardigheid kompleks; self-vervreemding en oorheersing deur eksterne kragte te verwerp  Die vorming van Swartbewussyn was verwelkom deur die apartheid regering as ‘n uitbreiding van aparte ontwikkeling  Politiese mobilisering  Swart studente begin om hulself t e organiseer deur wit oorheersing te weerstaan deur weg te breek van NUSAS en SASO (1968) te vorm  Swart studente het die filosofie van Swart Bewussyn (Rol van Biko / SASO) aangeneem  SASO was vir universiteit studente en SASM vir skole  Swart Bewussyn het gelei tot die vorming van die Swart Volke Konvensie (BPC) in 1972 wat studente, kerke, gemeenskappe en vakbonde ingesluit het.  Vakbonde in lyn met die Swart Bewussyn filosofie h e t ingesluit Swart Ouers se Vereniging en Swart Geallieerde Werkers Unie (BAWU)  Suid Afrikaanse Studente Beweging gevorm in 1972 het Swartes blootgestel aan die ideale van die Swart Bewussyn  Uitsetting van Tiro wat gelei het tot studente betogings  BCM en SASO organiseer FRELIMO Saamtrekke (1974)  Uitsetting van studente van universiteite  Die arrestasies van Swart Bewussyn leiers verhoog politieke aktivisme  Student mobilisering  Bantoe Onderwys het Afrikaans as ‘n medium van instruksie in skole (1975) bekendgestel.  SASO en SASM beïnvloed die vorming van Soweto Studente Verteenwoordiger Raad (SSRC) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 16 NW/Junie 2025 Graad 12 – Nasienriglyne  Albeide swart onderwysers en studente verwerp Afrikaans - as die taal van dieonderdrukker  Sommige onderwysers en leerders was reeds blootgestel aan die idees van Biko en die Swart Bewussyn filosofie deur SASO-student onderwysers van universiteite  Die departementele omsendbrief o o r Afrikaans (50/50) was die sneller vir die Soweto opstand  16 van Junie 1976 het studente protesteer vreedsaam teen die implementering van die omsendbrief  Polisie reaksie teen student betogings (Hector Petersen, n 13-jarige seuntjie was een van die eerste ongevalle van hierdie opstand)  Mobilisering deur Gemeenskap Programme  Die verbanning van Biko na King Williams Town het fokus op gemeenskapprogramme geplaas  Mamphele Ramphele verbanning na Tzaneen  Swart Bewussyn het onafhanklikheid van blankes deur Swart Gemeenskapsprogramme bevordering vir swartes sonder wit bystand te ondersteun. ( Zanempilo Health Clinic/Ginsburg Opvoedkundig Trust/ Zimele Vertrou Fonds/ Solempilo Gemeenskap Gesondheid Sentrum/ Ithuseng Gemeenskapsgesondheid Program en Winter Skoolprojekte)  Mobilisering deur Arbeid  Werkers gemobiliseer om vakbonde te vorm  Swart Bewussyn het gelei tot die vorming van die Swart Geallieerde Werkers Unie (BAWU) – werkers stakings in Durban in 1973)  Moord van Biko (1977) in polisie aanhouding  19 Oktober 1977 verbanning van 19 organisasies geassossieer met swart Bewussyn  Mobilisering deur Media  Rol van media wat simpatiek was teenoor die Swart Bewussyn filosofie, bv. Die Wêreld en Die Naweek Wêreldkoerante was gesluit  Enige ander relevante reaksie  Gevolgtrekking: Kandidate moet hulle argument met ‘n relevant gevolgtrekking opsom. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 17 NW/Junie 2025 Graad 12 – Nasienriglyne VRAAG 5 [Beplan en bou ‘n oorspronklike argument gebaseer op relevant bewyse met behulp van analitiese en interpretatiewe vaardighede] SINOPSIS Leerders moet aandui of hulle met die stelling saamstem of nie. As hulle saamstem met die stelling, moet hulle verduidelik hoe Nelson Mandela alleen verantwoordelik was vir die volhouding van die onderhandelings proses e n h o e dit uiteindelik gelei het tot die nuwe demokratiese Republiek van Suid Afrika in 1994. As hulle nie met die stelling saamstem nie, moet hulle hul argument ondersteun. HOOF ASPEKTE Leerders moet die volgende aspekte in hul antwoord insluit:  Inleiding: Kandidate moet standpunt inneem en aandui of Nelson Mandela alleen verantwoordelik was in die volhou van die onderhandeling proses e n h o e dit uiteindelik gelei het tot die nuwe demokratiese Republiek van Suid Afrika in 1994. UITBREIDING  De Klerk kom in 1989 aan bewind  De Klerk se toespraak in die parlement op 2 Februarie 1990  Ontbanning van die politieke en burgerlike organisasies, soos die ANC en SAKP  Vrylating van Nelson Mandela op 11 Februarie 1990 en ander verbode politieke leiers in 1990  Ontbanning van die ANC, die PAC en die SAKP en ander verbode organisasies  Groote Schuur minuut, 2 Mei 1990 – NP stel politieke gevangenes vry en albei partye het hulself daartoe verbind om geweld te beëindig en om te onderhandel  Geweld in die Vaaldriehoek (Rol van verskeie politieke organisasies)  Pretoria-minuut in Augustus 1990 – ANC stop gewapende stryd en NP stop noodtoestand  Die Nasionale Vredesooreenkoms wat deur 27 politieke organisasies onderteken is - het vangnet voorsien vir onderhandelinge  KODESA 1 (20 Desember 1991) - 19 politieke partye behalwe vir KP en PAC  Partye kon nie saam stem oor magsdeling en Konstitusionele Vergadering – byeenkoms ëindig  Die Verklaring van Voorneme – partye ingestem om nuwe grondwet en tussentydse regering saam te stel  Slegs blankes referendum – De Klerk toets wit mening nadat h y drie tussentydse- verkiesings aan KP verloor het.  KODESA 2 (2 Mei 1992) – nie gehou nie a.g.v geweld en onvermoë van partye om oor magsdeling saam te stem  Boipatong bloedbad en invloed van Derde Mag (17 Junie 1992)  Bisho bloedbad (September 1992) – ANC ondersteuners wat deel wou wees van onderhandeling proses  ANC roep vir rollende /aanhoudende massa aksie teen die Nasionale Party.  Rekord van Begrip (September 1992) – Meyer en Ramaphosa wy hulself aan vrede en aan onderhandelinge toe.  Meyer en Ramaphosa stem in tot die Slovo Sonsondergang klousule Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 18 NW/Junie 2025 Graad 12 – Nasienriglyne  Partye wat meer as 5% van die stemme wen, sal 'n regering van nasionale eenheid vorm en die nuwe SA regeer en blankes kan hulle werk vir 5 jaar behou  Veelparty onderhandelinge hervat by die Wêreld Handel Sentrum maar het nie gehou nie  Die AWB het die onderhandelinge op 15 Junie 1993 onderbreek toe hulle die Wêreldhandel Sentrum met gepantserde voertuig bestorm  Sluipmoord van Chris Hani (10 April 1993) – Janusz Waluś  Mandela spreek die nasie toe op TV  St James-slagting (25 Julie 1993)  Heidelberg Taverne skietvoorval (30 Desember 1993)  Shell Huis bloedbad (28 Maart 1994)  Datum vir die eerste demokratiese verkiesings vas gestel (27–29 April 1994)  Volgehoue geweld deur verkiesings tyd – motor bom buite ANC kantore - Motorbom ontplof by Jan Smuts Lughawe  Verkiesings gehou te danke aan toewyding en kompromie  Uitslae van verkiesing: ANC 62,7%, NP 20,4% en IFP 10,5%  ANC, NP en IFP vorm die Regering van Nasionale Eenheid soos ooreengekom in die Sonsondergang Klousule  Mandela het eerste swart Staats President van die nuut verkose demokratiese Republiek van Suid Afrika geword met Thabo Mbeki en FW de Klerk as sy adjunkte  Enige ander relevant reaksie  Gevolgtrekking: Kandidate moet hulle argument met n relevante gevolgtrekking afsluit. [50] Indien kandidate nie met hierdie stelling saamstem nie, moet hulle hul argument met relevante bewyse ondersteun. GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 History

Explore more published documents in this catalogue.

View all