Skip to content

History Grade 12 P2 NW June 2025 Question Paper (Afrikaans)

Question paperHistoryGrade 1220257 pages

Grade 12 History Paper 2 question paper from the NW June Exam 2025 (Afrikaans), 7 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
PROVINSIALE ASSESSERING GRAAD 12 GESKIEDENIS V2 JUNIE 2025 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 2 NW/Junie 2025 Graad 12 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B gebaseer op die voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument. AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: BURGERLIKE WEERSTAND, 1970's TOT 1980's: DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's VRAAG 2: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE VERLEDE AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 3: BURGERLIKE WEERSTAND, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA VRAAG 4: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE VERLEDE 2. AFDELING A bestaan uit TWEE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat vereis word om hierdie vrae te beantwoord, sal in die ADDENDUM gevind word. 3. AFDELING B bestaan uit TWEE opstelvrae. 4. Beantwoord DRIE vrae soos volg: 4.1 Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN moet 'n opstelvraag wees. 4.2 Die DERDE vraag kan óf 'n brongebaseerde vraag óf 'n opstelvraag wees. 5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer. 6. Wanneer jy die vrae beantwoord, moet jy jou kennis, vaardighede en insig toepas. 7. Jy sal benadeel word deur bloot die bronne as antwoorde te herskryf. 8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik word. 9. Skryf duidelik en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 3 NW/Junie 2025 Graad 12 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE Beantwoord ten minste EEN of TWEE vrae in hierdie afdeling. Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord, is in die ADDENDUM vervat. VRAAG 1: HOE HET DIE VERENIGDE DEMOKRATIESE FRONT (UDF) GEREAGEER OP DIE INSTELLING VAN DIE DRIEKAMER PARLEMENT DEUR DIE WIT- GEDOMINEERDE NASIONALE PARTY REGERING? Bestudeer Bronne 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg. 1.1 Verwys na Bron 1A. 1.1.1 Noem DRIE groepe mense wat in die driekamerparlement verteenwoordig was. (3 x 1) (3) 1.1.2 Verduidelik wat die stelling impliseer '... Botha het beide die onderdrukking en die hervormingskant van die regeringsbeleid gesimboliseer. ' (1 x 2) (2) 1.1.3 Definieer die term kiesers in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 1.1.4 Met behulp van die inligting in die bron en jou eie kennis, verduidelik hoekom jy dink Afrikane (Swartmense) steeds nie stemreg onder die driekamerparlement sal hê nie . (2 x 2) (4) 1.1.5 Identifiseer die DRIE kamers van die driekamerparlement . (3 x 1) (3) 1.2 Lees Bron 1B. 1.2.1 Waarom het so baie mense regoor Suid-Afrika gemeenskapsgebaseerde groepe begin organiseer? (1 x 2) (2) 1.2.2 Hoe het die UDF mense en ander organisasies regdeur die land gemobiliseer teen die apartheidsonregte? (1 x 2) (2) 1.2.3 Verduidelik die betekenis van Eerw. Dr. Allan Boesak se stelling, 'ons kan nie 'n 'nuwe ooreenkoms' aanvaar wat apartheid nog beter laat werk nie'. (2 x 2) (4) 1.2.4 Waarom sou 'n historikus hierdie bron as betroubaar beskou ten opsigte van die oorsprong van die United Democratic Front (UDF)? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 4 NW/Junie 2025 Graad 12 1.3 Bestudeer Bron 1C. 1.3.1 Verduidelik wat deur die woorde op die plakkaat geïmpliseer word, 'TROEPE UIT DIE WOONGEBIEDE!' ('TROOPS OUT OF THE TOWNSHIPS!'), in die konteks van die UDF se weerstand teen die driekamerparlement in 1983. (1 x 2) (2) 1.3.2 Haal TWEE stellings vanuit die plakkaat aan, wat daarop dui dat die UDF en die End Conscription Campaign gevra het dat alle soldate uit die swart townships/woongebiede onttrek moet word. (2 x 1) (2) 1.4 Verwys na Bronne 1B en 1C. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 1C die inligting in Bron 1B ondersteun aangaande die UDF se interne weerstand teen apartheidshervormings in 1983. (2 x 2) (4) 1.5 Gebruik Bron 1D. 1.5.1 Identifiseer TWEE instansies wat studente van alle rasse kon toelaat nadat PW Botha sommige apartheidswette afgeskaf het. (2 x 1) (2) 1.5.2 Verduidelik die konsep boikot in die konteks van die UDF se protes teen die apartheidshervormings. (1 x 2) (2) 1.5.3 Waarom het die UDF-geaffilieerde burgerlike verenigings in die Vaaldriehoek besluit om 'n weiering (boikot) om huurgeld te betaal te ondersteun? (1 x 2) (2) 1.5.4 Lewer kommentaar oor hoekom die weerstand in die 1980's oorweeg was/gesien is as meer wydverspreid as in 1976. (1 x 2) (2) 1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (80 woorde) en verduidelik hoe die Verenigde Demokratiese Beweging (UDF) reageer het op die instelling van die Driekamerparlement deur die wit gedomineerde Nasionale Party- (8) regering. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 5 NW/Junie 2025 Graad 12 VRAAG 2: HOE HET DIE WVK DIE DOOD VAN ASHLEY KRIEL ONDERSOEK OM NASIONALE VERSOENING TE BEVORDER? Bestudeer Bronne 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg. 2.1 Verwys na Bron 2A. 2.1.1 Haal twee redes uit die bron aan vir die totstandkoming van die Waarheids-en-versoeningskommissie. (2 x 1) (2) 2.1.2 Definieer die term versoening in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 2.1.3 Noem DRIE ernstige soorte menseregteskendings wat deur die veiligheidsmagte gepleeg is. (3 x 1) (3) 2.1.4 Lewer kommentaar op wat geïmpliseer word met die stelling 'die kommissie het genoeg waardevolle inligting gehad om die oortreders te konfronteer' (2 x 2) (4) 2.2 Lees Bron 2B. 2.2.1 Waarom het die jong aktivis Ashley Kriel Suid-Afrika in die geheim verlaat in 1985? (1 x 1) (1) 2.2.2 Noem die TWEE Veiligheidstakbeamptes wat Kriel gekonfronteer het op die dag waarop hy vermoor is. (2 x 1) (2) 2.2.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik die polisieweergawe van gebeure wat tot Kriel se dood gelei het. (2 x 2) (4) 2.2.4 Noem DRIE redes in die bron waarom die familie van Kriel en baie historici nie die verduideliking wat die polisie verskaf het, geglo het nie. (3 x 1) (3) 2.3 Bestudeer Bron 1C. 2.3.1 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewer kommentaar waarom die kommissie hierdie verhore gehou het. (2 x 2) (4) 2.3.2 Verduidelik waarom 'n historikus dit as 'n betroubare bron kan beskou wanneer hy die ondersoeke wat deur die WVK gedoen is oor menseregtevergrype navors. (2 x 2) (4) 2.4 Vergelyk Bronne 2C en 2D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2C die bewyse in Bron 2D ondersteun met betrekking tot die WVK- verhore in die Menseregteskendings deur die veiligheidsmagte. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 6 NW/Junie 2025 Graad 12 2.5 Gebruik Bron 1D. 2.5.1 Noem DRIE hoëprofiel-sterftes van politieke aktiviste wat die IJR as verdag beskou het en verdere ondersoeke regverdig het. (3 x 1) (3) 2.5.2 Verduidelik die konsep amnestie in die konteks van die WVK- verhore in Suid-Afrika. (1 x 2) (2) 2.5.3 Lewer kommentaar oor hoekom baie families en slagoffers die WVK se besluit om kaptein Jeffrey Benzien amnestie toe te staan as onregverdig beskou het. (2 x 2) (4) 2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik of die Waarheids-en Versoeningskommissie (WVK) in staat was om geregtigheid en berusting aan die Kriel-familie te bring. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 7 NW/Junie 2025 Graad 12 AFDELING B: OPSTELVRAAG Beantwoord EEN of TWEE vrae in hierdie afdeling. Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees. VRAAG 3: BURGERLIKE WEERSTAND, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA Black Consciousness Movement (BCM)/(Swartbewussyn Beweging) het tot die bevryding van Suid-Afrika bygedra deur weerstand teen apartheid aan te wakker, selfstandigheid aan te moedig en sielkundige transformasie te bevorder. Bespreek hierdie stelling krities. Motiveer jou antwoord met relevante historiese bewyse. [50] VRAAG 4: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE VERLEDE Nelson Mandela was alleen verantwoordelik om die onderhandelingsproses aan die gang te hou wat uiteindelik tot die totstandkoming van die nuwe demokratiese Republiek van Suid-Afrika gelei het in 1994. Stem jy saam met die stelling? Ondersteun jou argument met relevante bewyse. [50] GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 History

View all