PROVINSIALE ASSESSERING
GRADE 12
GESKIEDENIS V1
JUNIE 2025
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye en ‘n addendum van 10 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2025 papers 





View all





History Grade 12 P1 NW June 2025 Question Paper (Afrikaans)
Grade 12 History Paper 1 question paper from the NW June Exam 2025 (Afrikaans), 7 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
History · Grade 12 · NW June Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 7 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2025
- Exam period
- NW June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 7
- File size
- 553.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 7
This exam
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Geskiedenis/V1 2 NW/Junie 2025
Graad 12
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die
voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA
VRAAG 2: BURGERLIKE PROTES VAN DIE 1960’s TOT DIE 1970’s:
DIE VSA BURGERREGTEBEWEGING
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 3: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – DIE KONGO
VRAAG 4: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1960’s TOT DIE
1970’s: SWARTMAGBEWEGING
2. AFDELING A bestaan uit TWEE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
word.
3. AFDELING B bestaan uit TWEE opstelvrae.
4. Beantwoord DRIE vrae soos volg:
4.1 Ten minste EEN moet ‘n brongebaseerde vraag wees en ten minste
EEN moet ‘n opstelvraag wees.
4.2 Die DERDE vraag kan óf ‘n brongebaseerde vraag óf ‘n opstelvraag
wees.
5. Jy word aangeraai om EEN uur per vraag te bestee.
6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
gebruik.
7. Jy sal benadeel word deur blote oorskryf van bronne as antwoorde.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 3 NW/Junie 2025
Graad 12
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord, is
in die ADDENDUM vervat.
VRAAG 1: HOE HET DIE INGRYPING DEUR BUITELANDSE MAGTE
KOUE OORLOG-SPANNING IN ANGOLA TUSSEN 1974 EN
1976 VERERGER?
Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Verwys na Bron 1A.
1.1.1 Noem die DRIE militêre bewegings in die bron wat vir Angola se
onafhanklikheid van koloniale heerskappy geveg het. (3 x 1) (3)
1.1.2 Definieer die term onafhanklikheid in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
1.1.3 Identifiseer TWEE bepalings uit die bron van die Alvor-
ooreenkoms, (2 x 1) (2)
1.1.4 Lewer kommentaar oor die implikasie van die stelling, ‘Angola het in
‘n Koue Oorlog-slagveld ontwikkel’, in die konteks van die Angolese
Burgeroorlog. (2 x 2) (4)
1.2 Bestudeer Bron 1B.
1.2.1 Volgens die bron, watter Angolese bevrydingsbeweging het in Julie
1975 wapens van die CIA ontvang? (1 x 1) (1)
1.2.2 Noem enige DRIE maniere uit die bron wat toon dat die Verenigde
State van Amerika UNITA ondersteun het. (3 x 1) (3)
1.2.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis, en verduidelik,
waarom jy dink, die CIA valse inligting oor die Sowjetunie en Kuba
versprei het. (2 x 2) (4)
1.3 Gebruik Bron 1C.
1.3.1 Gebruik die visuele leidrade in die bron en verduidelik die boodskappe
wat in die spotprent oorgedra word ten opsigte van:
(a) Die Sowjetunie (Rusland) se betrokkenheid in Angola (1 x 2) (2)
(b) Die Verenigde State van Amerika se reaksie op die Sowjetunie
se betrokkenheid in Angola. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 4 NW/Junie 2025
Graad 12
1.4 Verwys na Bron 1D.
1.4.1 Noem die Angolese bevrydingsbeweging in die bron wat Kuba se
bystand gevra het. (1 x 1) (1)
1.4.2 Waarom, volgens die bron, het ‘n Kubaanse afvaardiging Angola in
Augustus 1975 besoek? (2 x 1) (2)
1.4.3 Verduidelik die konsep imperialiste in die konteks van die VSA se
betrokkenheid in Angola. (1 x 2) (2)
1.4.4 Lewer kommentaar oor die implikasie van die stelling, ‘Kuba het met
ander woorde besluit om Neto byna vyf keer meer instrukteurs as wat
hy gevra het, aan te bied.’ in die konteks van Kuba se betrokkenheid
by die Angolese Burgeroorlog. (2 x 2) (4)
1.4.5 Verduidelik die betroubaarheid van die bron aan ‘n navorser wat die
betrokkenheid van Kuba by die Angolese Burgeroorlog navors.
(2 x 2) (4)
1.5 Bestudeer Bron 1C en 1D. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 1C verskil van
die inligting in Bron 1D ten opsigte van die betrokkenheid van buitelandse
magte in die Angolese Burgeroorlog. (2 x 2) (4)
1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ‘n
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
hoe die ingryping deur buitelandse magte Koue Oorlog-spanning tussen 1974
en 1976 in Angola vererger het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 5 NW/Junie 2025
Graad 12
VRAAG 2: HOE HET DIE PROTES-VELDTOGTE IN BIRMINGHAM IN DIE
1960’s BYGEDRA TOT DESEGREGASIE VAN SWART
AMERIKANERS IN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA
(VSA)?
Bestudeer Bronne 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.
2.1 Bestudeer Bron 2A.
2.1.1 Haal bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat Birmingham in die
1960’s ‘n gesegregeerde stad was. (2 x 1) (2)
2.1.2 Definieer die term segregasie in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
2.1.3 Waarom dink jy was die meeste wit Amerikaners wat in 1963 in
Birmingham gewoon het, teen desegregasie gekant? (1 x 2) (2)
2.1.4 Lewer kommentaar oor die implikasie van die stelling, ‘In Birmingham
het ons ongeveer veertig bomaanvalle in die afgelope tien jaar gehad,
so dit was nie net ‘n leë dreigement nie …’ (1 x 2) (2)
2.2 Gebruik Bron 2B.
2.2.1 Identifiseer enige DRIE redes in die bron waarom die aanvanklike
veldtog teen segregasie in Birmingham onsuksesvol was. (3 x 1) (3)
2.2.2 Haal bewyse uit die bron aan wat Connor gemotiveer het om sy
taktieke gedurende die Birmingham-veldtog te verander. (1 x 2) (2)
2.2.3 Verduidelik waarom Bull Connor die gebruik van geweld tydens die
Birmingham-veldtog van 1963 wou vermy. (1 x 2) (2)
2.2.4 Lewer kommentaar oor die rol van mediadekking gedurende die 1963
Birmingham-veldtog. (2 x 2) (4)
2.3 Verwys na Bron 2C.
2.3.1 Verduidelik waarom jy dink hierdie foto geneem is. (1 x 2) (2)
2.3.2 Lewer kommentaar oor waarom ‘n geskiedkundige hierdie bron nuttig
sou vind wanneer die rol van die media tydens die Birmigham-veldtog
van 1963 nagevors word. (2 x 2) (4)
2.4 Verwys na Bronne 2B en 2C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2B die
bewyse in Bron 2C ondersteun ten opsigte van die burgerregteprotes in
Birmingham in 1963. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 6 NW/Junie 2025
Graad 12
2.5 Raadpleeg Bron 2D.
2.5.1 Identifiseer enige DRIE maniere wat swart Amerikaners gelyke regte
in Birmingham geweier is. (3 x 1) (3)
2.5.2 Verduidelik die konsep van gelyke regte in die konteks van die
Birmingham-veldtog in 1963. (1 x 2) (2)
2.5.3 Lewer kommentaar oor die implikasie van die stelling ‘Die tyd het nou
vir hierdie nasie (Amerika) aangebreek om sy belofte na te kom’ met
betrekking tot die stryd om burgerregte in Birmingham. (1 x 2) (2)
2.5.4 Gee TWEE bewyse uit die bron wat daarop dui dat betogers in
Birmingham vreedsaam was. (2 x 1) (2)
2.5.5 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik
waarom jy dink die strategieë wat President Kennedy voorgestel het,
doeltreffend was om segregasie in die 1960’s in die Verenidge State
te beëindig. (2 x 2) (4)
2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ‘n
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
hoe die protesveldtogte in Birmingham bygedra het tot desegregasie van
swart Amerikaners in die Verenigde State van Amerika in die 1960’s. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 7 NW/Junie 2025
Graad 12
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling.
Jou opstel behoort ongeveer DRIE bladsye lank te wees.
VRAAG 3: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – DIE KONGO
Mobuto Sese Seko het positiewe veranderinge aan die Kongo gebring deur sy
politieke, ekonomiese en sosiale beleide wat onmiddelik na onafhanklikwording in
1960 ingestel is.
Bespreek hierdie stelling krities en gebruik relevante historiese bewyse om jou
argument te ondersteun. [50]
VRAAG 4: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970s:
SWARTMAGBEWEGING
Verduidelik tot watter mate die Swartmagbeweging militant en geweldadig van
aard was in die voorspraak vir respek vir die lewens van swart Amerikaners in die
Verenigde State van Amerika in die 1960’s.
Ondersteun jou argument met relevante bewyse. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 Addendum (Afr)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 Memo (Afrikaans)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P1 November 2024 NSC Addendum (English)

Memorandum