Skip to content

History Grade 12 P1 NW June 2025 Question Paper (Afrikaans)

Question paperHistoryGrade 12202510 pages

Grade 12 History Paper 1 question paper from the NW June Exam 2025 (Afrikaans), 10 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
PROVINSIALE ASSESSERING GRAAD 12 GESKIEDENIS V1 JUNIE 2025 ADDENDUM Hierdie addendum bestaan uit 10 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 2 NW/Junie 2025 Graad 12 – Addendum VRAAG 1: HOE HET DIE INGRYPING DEUR BUITELANDSE MAGTE KOUE OORLOG-SPANNING IN ANGOLA TUSSEN 1974 EN 1976 VERERGER? BRON 1A Hierdie bron verduidelik hoe die MPLA, FNLA en UNITA om beheer oor Angola geveg het nadat dit in 1975 onafhanklikheid verkry het. Drie groot militêre bewegings het sedert die 1960’s vir Angolese onafhanklikheid geveg. Die Popular Movement for the Liberation of Angola (MPLA) was ‘n Marxistiese organisasie wat in die hoofstad, Luanda, gesetel was en onder leiding van Agostinho Neto was. Die National Front for the Liberation of Angola (FNLA), onder leiding van Holden Roberto, was in die noorde van die land gevestig en het sterk bande met die Amerikaanse bondgenoot, Mobutu Sese Seko, in die naburige Zaïre gehad. Die National Union for the Total Independence of Angola (UNITA), ‘n uitloper van die FNLA, is deur Jonas Savimbi gelei en deur die land se grootste etniese groep, die Ovimbundu, ondersteun. Na aanleiding van die Portuguese staatsgreep het hierdie drie rewolusionêres in Januarie 1975 met verteenwoordigers van die nuwe Portuguese regering vergader en die Alvor-ooreenkoms onderteken wat Angolese onafhanklikheid verleen het en voorsiening gemaak het vir ‘n drievoudige magsdelingstelsel. Vertroue onder die drie groepe het egter vinning afgebreek, en die land is in ‘n burgeroorlog gedompel, waar elkeen om alleenmag gewedywer het. Die krisis in Angola het in ‘n Koue Oorlog-slagveld ontwikkel, aangesien die supermoondhede en hul bondgenote militêre hulp aan hul voorkeurklante gelewer het. Die Verenigde State van Amerika het hulp en opleiding aan beide die FNLA en UNITA verskaf terwyl troepe uit Zaïre Holden Roberto en sy vegters gehelp het. China het ook militêre instrukteurs gestuur om die FNLA op te lei. Die Sowjetunie het militêre opleiding en toerusting aan die MPLA verskaf. Gedurende die somer van 1975 was die Sowjet- ondersteunde MPLA in staat om sy mag in Luanda te konsolideer en die Amerikaans- ondersteunde FNLA uit die hoofstad te verdryf, maar die FNLA het voortgegaan om aan te val. [Uit http://history.state.gov/milestones/1969-1976/angola. Toegang verkry op 15 Januarie 2025] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 3 NW/Junie 2025 Graad 12 – Addendum BRON 1B Die bron hieronder dui aan hoe die Verenigde State van Amerika UNITA gedurende die Angolese Burgeroorlog ondersteun het. Die Amerikaanse Intelligensiediens (CIA) het in Julie 1975 sy eerste groot verskeping wapens aan die FNLA gemaak. Soos die Russe en die Chinese, het Amerika dus hulp aan een kant van die Angolese burgeroorlog verleen op 'n vlak wat veel groter was as wat dit ooit in die stryd teen Portugese kolonialisme was. Amerika was opvallend direk by die burgeroorlog betrokke. Benewens opleiding van Angolese vegeenhede, het Amerikaanse personeel heelwat vlugte tussen Zaïre en Angola gemaak om verkennings- en voorsieningsmissies uit te voer. Die CIA het meer as 'n miljoen dollar aan 'n ambisieuse huursoldaatprogram bestee. Verskeie berigte het in die Amerikaanse pers verskyn, waarin beweer is dat baie Amerikaanse guerrillavegters besig was om in Angola teen die MPLA te veg, van 'talle' tot '300', en dat baie ander in die Verenigde State van Amerika gewerf en opgelei word om by hulle aan te sluit. Maar John Stockwell, die hoof van die CIA se Angola-taakmag, stel die aantal Amerikaanse huursoldate wat eintlik in Angola was, op slegs 24. Die CIA het ook die bewapening van Britse huursoldate (wat in Angola geveg het) gefinansier. Die Staatsekretaris, Henry Kissinger, het agterna die Senaat ingelig dat 'die CIA nie betrokke is' by die werwing van huursoldate vir Angola nie … Joernaliste, wat belangrike nuusdienste verteenwoordig het, is gewerf en sodoende kon die Diens (CIA) internasionale dekking van vals verslae vir Sowjetraadgewers in Angola genereer. Een CIA-storie, wat deur UNITA aan die pers bekend gemaak is, was dat 20 Russe en 35 Kubane gevange geneem is. Nog 'n leuen was dat verkragtings in Angola na bewering deur Kubaanse soldate gepleeg is; dit is vererger om hulle gevangeneming, verhoor en teregstelling in te sluit … [Uit https://williamblum.org/chapters/killing-hope/angola. Toegang verkry op 15 Januarie 2025] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 4 NW/Junie 2025 Graad 12 – Addendum BRON 1C Die spotprent hieronder deur Bob Connolly, het op 27 November 1975 in die Rand Daily Mail verskyn. Die titel is 'Oor die Vingers Getik ("Knuckle-rapping")' en toon Henry Kissinger (die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake) wat die Russiese hand met 'n 'olyftak' slaan. RUSSIESE KISSINGER GREEP IN AFRIKA [Uit Conflicting Missions: Havana, Washington, Pretoria by P Gleijeses Toegang verkry op 15 Januarie 2025] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 5 NW/Junie 2025 Graad 12 – Addendum BRON 1D Die uittreksel hieronder bevat 'n verduideliking deur Raul Diaz Arguelles, hoof van Decima Direccion (die spesiale taakmag wat in beheer van alle Kubaanse oorsese militêre missies is) oor waarom Kuba vanaf 1975 in Angola betrokke geraak het. 'Ons het op Sondag, 3 Augustus, in Luanda, Angola, aangekom en die MPLA gekontak,' het Diaz Arguelles aan Raul Castro verslag gedoen … 'In ons eerste gesprek met Neto … het ons die doel van ons besoek verduidelik wat ons op die volgende punte gebaseer het: • Die versoek wat deur die MPLA gerig is … in Januarie en die versoek wat later in Mosambiek aan Cheito (Xiyeto), die stafhoof van FAPLA gerig is. • Ons wou duidelikheid kry oor watter bystand ons moes verleen, gegewe die FNLA en Mobutu se aggressie teenoor die MPLA en die moontlike verloop van gebeure voor onafhanklikheid in November. Ons het geweet dat die magte van reaksie en imperialisme al hulle mag (krag) sou gebruik om te voorkom dat die MPLA beheer oorneem, want dit sou 'n progressiewe regering in Angola beteken. Daarom het ons vir Neto die militante solidariteit van ons Opperbevelvoerder, ons party en ons regering gebring, en ons het hom 100 000 dollar gegee. Die Angolese het gedurende die gesprek oor die gebrek aan bystand uit die sosialistiese kamp gekla en hulle het uitgewys dat, die sosialistiese kamp hulle nie help nie … terwyl die imperialiste (VSA) die FNLA op elke moontlike manier help. Hulle het ook gekla dat die Sowjetunie in 1972 opgehou het om hulle te help en dat die militêre bystand wat hulle nou stuur, nietig (waardeloos) is, gegewe die enormiteit (omvangrykheid) van die behoefte …' Intussen is Diaz Arguelles se voorstel van 'n militêre missie dramaties (op groot skaal) in Havana uitgebrei. Die hersiene plan het gevra vir die versending van 480 man wat personeelopleidingsentrums sou skep (stig), wat 5 300 Angolese in drie tot ses maande sou oplei. Kuba sou die wapens verskaf, asook kos, klere, kampgereedskap, toiletware, medisyne, veldbeddens en beddegoed. Kuba het met ander woorde besluit om Neto byna vyf keer meer instrukteurs as wat hy gevra het, aan te bied. [UIT Conflicting Missions: Havana, Washington, Pretoria by P Gleijeses Toegang verkry op 15 Januarie 2025] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 6 NW/Junie 2025 Graad 12 – Addendum VRAAG 2: HOE HET DIE PROTES-VELDTOGTE IN BIRMINGHAM IN DIE 1960’s BYGEDRA TOT DESEGREGASIE VAN SWART AMERIKANERS IN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA)? BRON 2A Die bron hieronder is ‘n uittreksel geneem uit ‘n onderhoud met eerwaarde Joseph Ellwanger, ‘n wit Lutherse predikant, wat deel was van die komitee wat in 1963 die Birmingham-veldtog georganiseer het. In 1963 was Birmingham omtrent so ‘n gesegregeerde stad in die Suide as wat jy kon kry. Daar was nog bordjies by die drinkfonteintjies. Daar was geen swart klerke in die middestad se winkels nie. Daar was geen swartes in die polisiemag of brandweer nie. En daar was baie openlike dreigemente deur die polisiekommissaris, Bull Connor, teen enige poging om ‘n paar van hierdie regte te bekom ... Daar was nie net die siening in die wit gemeenskap dat swartes ondergeskik was nie, maar hierdie siening is duidelik uitgespreek en het gedien as die basis vir die segregasie wat al jare bestaan het ... baie lede van die Ku Klux Klan het ... amper ‘n godsdienstige geloof in hul harte gehad dat ons hierdie soort rassuiwerheid moes bewaar anders sou ons onsself en ons toekomstige geslagte verdoem. As ons dink waarvoor wit mense bang was in terme van die moontlikheid van ‘n geïntegreerde gemeenskap, was ‘n deel daarvan eenvoudig die vrees vir die onbekende. Miskien selfs dieper was die vrees vir die Ku Klux Klan en dat hul dreigemente ‘n werklikheid sou word. In Birmingham het ons ongeveer veertig bomaanvalle in die afgelope tien jaar gehad, so dit was nie net ‘n leë dreigement nie ... My rol in die Birmingham-betoging was basies om deel te wees van ‘n komitee van twintig wat bymekaar gekom het om die beplanning te doen ... Ek kan steeds die sessies met dr. King en Ralph Abernathy en Andrew Young onthou en dit was ‘n wonderlike ervaring van oopheid vir almal se idees. Daar was niemand wat nie die geleentheid gegun was om deel van die beplanning te wees nie. [Uit Voices of Freedom. An Oral History of the Civil Rights Movement by Henry Hampton and Steve Fayer. Toegang verkry op 15 Januarie 2025] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 7 NW/Junie 2025 Graad 12 – Addendum BRON 2B Die bron hieronder fokus op die strategieë wat deur betogers gevolg is, die reaksie deur staatsowerhede en die invloed van mediadekking van die Birmingham-veldtog in 1963. Die Birmingham-veldtog het stil begin met sitstakings op 3 April 1963 by etlike ‘slegs blankes’-middagete-toonbanke in die middestad. Van die begin af het die veldtog te staan gekom voor ‘n apatiese (onbelangstellende) swart gemeenskap, ‘n openlik vyandige, gevestigde swart leierskap en Bull Connor se ‘geweldlose weerstand’ in die vorm van die arrestasie van die oortreders van die stad se segregasiewetgewing. Met geen sensasionele (opspraakwekkende) nuus nie, het die nasionale media niks gevind om oor verslag te doen nie en die veldtog het momentum begin verloor. Toe Connor egter beveel dat polisiehonde gebruik moes word om ‘n skare swart omstanders uitmekaar te jaag, het joernaliste verslag gedoen oor ‘n aanval deur ‘n Duitse herdershond op ‘n betoger wat geen geweld gebruik het nie, en sodoende die wreedheid openbaar wat segregasie ondermyn het … In ‘n desperate poging om mediadekking te kry en om die veldtog lewendig te hou … is die Kinder-veldtog (Children’s Campaign) op 2 Mei 1963 geloods waarin swart jeugdiges van skole in die omgewing as betogers opgetree het. In ‘n poging om die gebruik van geweld te vermy het Bull Connor honderde skoolkinders laat arresteer en in skoolbusse tronk toe vervoer. Toe die tronke vol was, het hy beveel dat brandslange en polisiehonde gebruik moes word om groot protesoptogte in bedwang te hou … Swart Amerikaanse betogers het met woede gereageer en die polisie met bakstene en bottels gegooi toe die brandweermanne die brandslange oopgedraai het. Die media het die negatiewe beelde van Connor en sy manskappe vasgelê wat die geweldlose (vreedsame) betoging van skoolkinders met kragtige strale water en aanvalle deur polisiehonde onderdruk het. Voorbladfoto’s in die land se koerante het President Kennedy oortuig om die Assistant-prokureur-generaal vir Burgerregte, Burke Marshall, na Birmingham te stuur om onderhandelinge te hou wat ‘n einde aan die geweldadige betogings sou bring. [Uit http://www.encyclopediaofalabama.org/face/Article.jsp?id=h-1358. Toegang verkry op 15 Januarie 2025] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 8 NW/Junie 2025 Graad 12 – Addendum BRON 2C Die foto hieronder het in die Daily News verskyn gedurende die Birmingham-veldtog, 1963. Dit toon brandweermanne wat beveel is om hul hoëdruk-brandslange op burgerregtebetogers, wat op die sypaadjie sit, te gebruik. [Uit http://www.dailynews.com. Toegang verkry op 15 Januarie 2025] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 9 NW/Junie 2025 Graad 12 – Addendum BRON 2D Die uittreksel hieronder is uit ‘n gebeeldsaaide toespraak aan die Amerikaanse publiek deur President JF Kennedy op 11 Junie 1963 in reaksie op die gebeure in Birmingham en ander proteste wat elders plaasgevind het. Die kern van die vraag is of alle Amerikaners gelyke regte en gelyke geleenthede gegee moet word, of ons ons mede-Amerikaners gaan behandel soos wat ons behandel wil word. As ‘n Amerikaner gekeer word om middagete te geniet in ‘n restaurant wat vir die publiek oop is omdat sy vel donker is, as hy nie sy kinders na die beste beskikbare openbare skool kan stuur nie, as hy nie kan stem vir die staatsamptenare wat hom verteenwoordig nie; kortliks, as hy nie ‘n volwaardige en vrye bestaan, wat ons almal nastreef, kan geniet nie, wie van ons sal dan tevrede wees om ons velkleur te verander en in sy skoene te staan? … Die tyd het nou vir hierdie nasie aangebreek om sy belofte na te kom. Die gebeure in Birmingham en elders het die roepstem na gelykheid so laat toeneem dat geen stad of staat of wetgewende liggaam wyslik kan kies om dit te ignoreer nie. Die vure van frustrasie en onmin brand in elke stad, noord en suid, waar regsmiddele nie beskikbaar is nie. Regstelling word gesoek in die strate, in betogings, optogte en proteste wat lei tot spanning en geweld wat lewens bedreig. Ons staan dus voor ‘n morele krisis as ‘n land en as ‘n volk. Dit kan nie met onderdrukkende polisie-optrede begroet word nie. Dit kan nie oorgelaat word aan nog protesoptogte in die strate nie. Dit kan nie stilgemaak word met niksseggende optrede of uitsprake nie. Die tyd het aangebreek om in die Kongres, in jou staat en plaaslike wetgewende liggaam en, bo alles, in ons daaglikse lewe, op te tree … Volgende week sal ek die Kongres van die Verenigde State versoek om op te tree, om ‘n verbintenis te maak wat hulle nog nie hierdie eeu ten volle gemaak het nie, dat ras geen plek in die Amerikaanse lewenswyse of wetgewing moet hê nie … [Uit http://www.presidentialrhetoric.com/historicspeeches/kennedy/civilrightsmessage.html. Toegang verkry op 15 Januarie 2025] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 10 NW/Junie 2025 Graad 12 – Addendum ERKENNINGS Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem: Hampton, H and Fayer, S. Voices of Freedom. An Oral History of the Civil Rights Movement Gleijeses, P. Conflicting Missions – Havana, Washington, Pretoria http://history.state.gov/milestones/1969-1976/angola. http://www.dailynews.com. http://www.encyclopediaofalabama.org/face/Article.jsp?id=h-1358 http://www.presidentialrhetoric.com/historicspeeches/kennedy/civilrightsmessage.html. https://www.williamblum.org/chapters/killing-hope/angola Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 History

View all