Skip to content

History Grade 12 Paper 1 NW June 2025 Memo (Afrikaans)

MemorandumHistoryGrade 12202522 pages

Grade 12 History Paper 1 memorandum from the NW June Exam 2025 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
PROVINSIALE ASSESSERING GRAAD 12 GESKIEDENIS V1 JUNIE 2025 NASIENRIGLYNE PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 19 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 2 NW/Junie 2025 Graad 12 – Nasienriglyne 1. BRONGEBASEERDE VRAE 1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te ontwikkel: Kognitiewe Historiese Vaardighede Gewigstoekenning Vlakke van vrae • Onttrek inligting uit bronne VLAK 1 • Selektering en organisasie van relevante 30% inligting uit bronne (15) • Defineer historiese begrippe/terme • Interpretasie van bewyse uit bronne VLAK 2 • Verduidelik inligting uit bronne verkry 40% • Analiseer bewyse uit bronne (20) • Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne VLAK 3 • Skakel met bronne om bruikbaarheid, 30% betroubaarheid, eensydigheid en (15) beperkings vas te stel • Vergelyk en kontrasteer interpretasies en perspektiewe in die bronne en kom tot onafhanklike gevolgtrekkings 1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word: • By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of voorbeelde. • Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die vereistes van die vraag voldoen is. • In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte skrif aangedui. • Daar word van leerlinge verwag om ‘n standpunt in te neem in die beantwoording van ‘tot watter mate’ vrae om enige punte te verdien. 1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae • Gebruik ‘n regmerk () vir elke korrekte antwoord. • Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee redes en word twee punte elk toegeken (); (1 x 2) wat neerkom op een rede en twee punte toegeken word.() • Indien ‘n vraag 4 punte tel word 4 regmerke () aangedui. Paragraafvraag Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die inhoud en die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer 'n antwoord op 'n paragraafvraag geassesseer word: • Lees die paragraaf en plaas 'n kolpunt (•) by elke punt binne-in die teks waar die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord. • Lees die paragraaf weer om die mate waartoe die kandidaat in staat was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te skryf, te evalueer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 3 NW/Junie 2025 Graad 12 – Nasienriglyne • Maak regmerkies (), wat aan die kandidaat vir die paragraaf toegeken is, aan die einde van die paragraaf, sowel as die vlak (1, 2 of 3) soos in die holistiese rubriek aangedui en gee kommentaar,bv. _______________ • ___________________________ • ___________________ _________________________________________________ • ______________  Vlak 2 Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf. • Tel al die regmerkies vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt onder in die regterkantse kantlyn, bv. 32 50 • Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die antwoorde- boek oorgedra word. 2. OPSTELVRAE 2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate: • In staat sal wees om hul argument op 'n logiese en samehangende wyse te stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om 'n redelike reeks feite of 'n effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat 'n opstel 'n inleiding, 'n samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en 'n slot het. 2.2 Nasien van opstelvrae • Nasieners moet daarvan bewus wees dat die inhoud van die antwoord gelei sal word deur die handboeke wat by die betrokke sentrum gebruik word. • Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of slot hê as dit wat ingesluit is by ‘n riglyn vir nasien van ‘n spesifieke opstel. 2.3 Globale assessering van 'n opstel Die opstel sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat die onderwyser die totale opstel as 'n geheel sal bepunt sonder om die hoofpunte afsonderlik te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder aan om 'n oorspronklike argument aan te bied deur relevante bewyse te gebruik om ‘n argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder verwag word om slegs inhoud 'feite' neer te skryf om 'n vlak 7 (hoë punt) te behaal nie. Hierdie benadering sal leerders ontmoedig om opstelle voor te berei en te reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun deur bewyse. Anders as by inhouds- gebaseerde nasien, word leerders met holistiese assessering nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem op die volgende val: • Die leerder se interpretasie van die vraag. • Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse (relevante inhoudseleksie) • Die konstruksie/daarstelling van 'n argument (beplan, gestruktureer, en ‘n onafhanklike argument) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 4 NW/Junie 2025 Graad 12 – Nasienriglyne 2.4 Assesseringsprosedures van die opstel 2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die opstel nagesien word. 2.4.2 Tydens die eerste deurlees van die opstel moet regmerkies toegeken word vir 'n relevante inleiding (aangedui met 'n kolpunt ('bullet') in die nasienriglyne), vir elke hoofaspek/liggaam van die opstel wat die argument ondersteun (aangedui met ‘n kolpunt (‘bullet’) in die nasienriglyne) en relevante slotopmerking (aangedui met 'n kolpunt (‘bullet’) in die nasienriglyne) Bv. 'n opstel waar daar 5 hoofpunte is, sal daar dus 7 regmerkies wees. 2.4.3 Hou die PEEL-struktuur in gedagte by die assessering van ‘n opstel. P Punt (point): Die kandidaat lei die opstel in met ‘n argument/’n duidelike hoofpunt. Elke paragraaf moet ‘n punt bevat wat die hoofpunt (argument) wat in die inleiding gemaak is, ondersteun. E Verduideliking (Explanation): Die kandidaat moet in groter detail bespreek waaroor die hoofpunt (argument) gaan en hoe dit verband hou met die vraag wat gevra is. E Voorbeeld (Example): Die kandidate moet die vraag beantwoord deur inhoud te selekteer wat relevant is tot die argument. Relevante voorbeelde moet gegee word om argument vol te hou. L Skakel (Link): Kandidate moet seker maak dat die argument deurgaans in die opstel onderhou word en samehangend geskryf is. 2.4.4 Die volgende simbole MOET gebruik word in die assessering van ‘n opstel: • Inleiding: hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik gekontekstualiseer nie ^ • Verkeerde stelling _________________ • Irrelevante stelling I I I • Herhaling H • Analise A • Interpretasie I • Argument LOA Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 5 NW/Junie 2025 Graad 12 – Nasienriglyne 2.5 Die matriks 2.5.1 Gebruik die matriks vir die assessering van opstelle By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die matriks voorsien word. Tydens die assessering van 'n opstel moet beide die inhoud en die aanbieding in ag geneem word. 'n Punt word toegeken by die snypunt van die inhoud en aanbieding, gebaseer op die sewe vaardigheidvlakke. (a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter mate die hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak (op die matriks) vas te stel. I VLAK 4 (b) Die tweede deurlees van die skryfwerk sal die vlak (op die matriks) van die aanbieding bepaal. I VLAK 4 A VLAK 3 (c) Ken ‘n algehele punt toe met behulp van die matriks. I VLAK 4 A VLAK 3 } 26-27 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 6 NW/Junie 2025 Graad 12 – Nasienriglyne NASIENMATRIKS VIR OPSTELLE: TOTAAL: 50 VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1* AANBIEDING Baie goed Baie goed Goed beplande Argument beplan Toon soms Poging Weinig of geen beplande en beplande en en en gestruktureer. bewys van 'n aangewend om poging om die gestruktureerde gestruktureerde gestruktureerde Bewyse tot 'n gestruktureerde antwoord te opstel te opstel. Goeie opstel. 'n opstel. sekere mate en beplande struktureer. struktureer nie. sintese van Relevante Poog om 'n gebruik om argument. Poog Grootliks inligting. Het 'n argument is duidelike argument te om 'n argument beskrywend of goed gevolg. Bewyse argument te ondersteun. vol te hou. poog om gebalanseerde, gebruik om die ontwikkel. Slotsom bereik Gevolgtrekking argument te INHOUD oorspronklike argument te Gevolgtrekking op grond van nie duidelik ontwikkel. Geen argument verdedig. Poog gemaak uit bewyse. ondersteun deur poging om 'n ontwikkel met om 'n bewyse om die bewyse nie. gevolgtrekking te bewyse. onafhanklike argument te maak nie. Argument gevolgtrekking ondersteun. deurgaans uit die bewyse te volgehou en maak om die verdedig. argument te Onafhanklike ondersteun. gevolgtrekking gemaak uit bewyse om die argument te ondersteun. VLAK 7 47–50 43–46 Vraag is ten volle beantwoord. Inhoudskeuse ten volle relevant tot argument wat gevolg is. VLAK 6 43–46 40–42 38–39 Vraag is beantwoord. Inhoudseleksie relevant tot argument wat gevolg is. VLAK 5 38–39 36–37 34–35 30–33 28–29 Vraag grotendeels beantwoord. Inhoud toereikend en relevant. VLAK 4 30–33 28–29 26–27 Vraag herkenbaar in antwoord. Sommige weglatings of irrelevante keuse van inhoud. VLAK 3 26–27 24–25 – Keuse van inhoud hou verband met 20–23 vraag, maar beantwoord dit nie. Hou soms nie verband met die vraag nie. Weglatings. VLAK 2 20–23 18–19 14–17 Vraag onbereikend beantwoord. Inhoud skraal. VLAK 1* 14–17 0–13 Vraag ontoereikend beantwoord of glad nie. Ontoereikend of irrelevante inhoud. Riglyne vir die toekenning van 'n punt in Vlak 1: • Vraag glad nie beantwoord nie/ totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0 • Vraag sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1–6 • Vraag ontoereikend en vaag beantwoord ; geringe poging om die opstel te struktureer = 7–13 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 7 NW/Junie 2025 Graad 12 – Nasienriglyne AFDELING A: BRON GEBASEERDE VRAE VRAAG 1: HOE HET DIE INGRYPING DEUR BUITELANDSE MAGTE KOUE OORLOG-SPANNING IN ANGOLA TUSSEN 1974 EN 1976 VERERGER? 1.1 1.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1] • ‘Popular Movement for the Liberation of Angola (MPLA)’ • ‘National Front for the Liberation of Angola (FNLA)’ • ‘National Union for the Total Independence of Angola (UNITA)’ (3 x 1) (3) 1.1.2 [Definisie van ‘n historiese term uit Bron 1A – V1] • ‘n Toestand waarin lande soewereine (selfbeskikking) beheer het oor hul eie politieke, ekonomiese en sosiale sfere van die lewe • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 1.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1] • ‘Angola onafhanklikheid verleen’ • ‘Voorsiening gemaak vir die drievoudige-magsverdelingstelsel’ (2 x 1) (2) 1.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2] • USSR het militêre opleiding en toerusting aan die MPLA verskaf in die Angolese Burgeroorlog • Die VSA het die FNLA en UNITA in die Angolese Burgeroorlog ondersteun • Beide die VSA en die USSR het burgeroorlog aangevuur deur hulle voorkeurbondgenote met militêre bystand te ondersteun • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 1.2 1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit 1B – V1] • ‘National Front for the Liberation of Angola (FNLA)’ (1 x 1) (1) 1.2.2 [Onttrekking van bewyse uit 1B – V1] • ‘Opleiding van Angolese vegeenhede’ • ‘Verkennings- en voorsieningsmissies uitgevoer’ • ‘CIA het meer as ‘n miljoen dollar aan ‘n ambisieuse huursoldaat- program bestee’ • ‘Amerikaanse guerrillavegters veg in Angola’ • ‘Die CIA het bewapening van Britse huursoldate gefinansier’ (enige 3 x 1) (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 8 NW/Junie 2025 Graad 12 – Nasienriglyne 1.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2] • Om die kommunistiese ideologie te diskrediteer en te ondermyn • Om kommunisme in ‘n swak lig te stel • Om die verspreiding van kommunisme in Angola en ander Afrikalande te voorkom • Om die verspreiding van kapatalisme te verseker en sy sukses te demonstreer • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 1.3 1.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2] (a) • Die Sowjetunie het gevegsbeheer oor Angola gehad (die groot Russiese hand wat Angola vasgryp) • Die Sowjetgreep op Angola simboliseer Sowjetbeheer • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) (b) • Die VSA word uitgebeeld asof hulle oneffektiewe metodes gebruik om Sowjetbeheer oor Angola te voorkom (Kissinger tik die Russiese hand liggies op die kneukels met ‘n olyftak) • Die VSA is nie gewillig om ten volle betrokke te raak in Angola nie (staan buite die landsgrense) • Die VSA lyk magteloos in vergelyking met die Sowjetunie hand • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 1.4 1.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1] • ‘MPLA’ (1 x 1) (1) 1.4.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1] • ‘Die versoek wat deur die MPLA gerig is’ • ‘Wou duidelikheid kry oor watter bystand ons moes verleen’ • ‘Neto die militante solidariteit van ons Opperbevelvoerder gegee’ • ‘Hom 100,000 dollar gegee’ (enige 2 x 1) (2) 1.4.3 [Verduideliking van ‘n historiese begrip uit Bron 1D – V2] • Amerika (land) het ‘n aggresiewe metode gebruik om gebiede te verkry om sy posisie in Angola te versterk • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 1.4.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2] • Kuba wou verseker dat die MPLA die Angolese Burgeroorlog wen • Kuba wou versker dat die MPLA goed voorbereid was • Kuba wou hê dat dit moet lyk asof Angola (MPLA) selfonderhoudend is • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 9 NW/Junie 2025 Graad 12 – Nasienriglyne 1.4.5 [Bepaal die betroubaarheid van bewyse uit Bron 1D – V3] Die bron is BETROUBAAR omdat: • Die bron bevat direkte woorde van Diaz Aguelles wat ‘n leier was van die Kubaanse afvaardiging na Angola in 1975 • Die bron is uit ‘n boek wat historici toegang gee tot argief- en onderhoudmateriaal • Die inligting in die bron, kan deur ander bronne bevestig word, rakende die betrokkenheid van Kuba by die Angolese Burgeroorlog • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 1.5 [Vergelyking van bewyse in Bronne 1C en 1D – V3] • Bron 1C beeld die Sowjetunie uit asof hulle ‘n stewige greep oor Angola het terwyl (Bron 1D) Neto sê dat die Sowjetunie in 1972 opgehou het om hulle te help en die VSA (Kissinger) word getoon as nie volledig betrokke in Angola nie (staan buite die landsgrense) terwyl Kuba in Bron 1D bewus was dat die VSA die FNLA bygestaan het • Bron 1C (gepubliseer in November 1975) maak geen melding van enige betrokkenheid van Kuba in Angola nie terwyl Bron 1D dit duidelik stel dat Kuba sedert Augustus 1975 die MPLA in Angola bygestaan het • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 1.6 [Interpretasie, analise en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3] Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit: • Rusland, China en die VSA het hulp verleen aan verskillende bevrydingsbewegings (MPLA, FNLA en UNITA) in Angola (Bron 1A) • Die supermoondhede het militêre bystand aan hulle bondgenote na onafhanklikheid gelewer (Bron 1A) • Die VSA verskaf hulp en opleiding aan die FNLA en UNITA (Bron 1B) • Die CIA gebruik die pers/joernaliste om die Sowjetunie en Kuba in onguns te bring (Bron 1B) • Die VSA het die Sowjetunie as ‘n groot bedreiging vir Angolese stabiliteit gesien (Bron 1C) • Kubaanse militêre personeel was verantwoordelik vir die opleiding van MPLA soldate (Bron 1D) • Kuba het militêre personeel en toerusting verskaf (Bron 1D) • Suid-Afrika, die VSA en Frankryk het UNITA ondersteun (eie kennis) • Enige ander relevante antwoord Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 10 NW/Junie 2025 Graad 12 – Nasienriglyne Gebruik die volgende rubriek om ‘n punt toe te ken: • Gebruik bewyse op ‘n elementêre wyse, bv. toon geen of VLAK 1 min begrip oor hoe die ingryping deur buitelandse PUNTE magte Koue Oorlog-spanning in Angola tussen 1974 0–2 en 1976 vererger het nie. • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ‘n paragraaf skryf nie. • Bewyse is meestal relevant en hou in ‘n groot mate verband met die onderwerp, bv. toon begrip oor hoe die VLAK 2 ingryping deur buitelandse magte Koue Oorlog- PUNTE spanning in Angola tussen 1974 en 1976 vererger het. 3–5 • Gebruik bewyse op ‘n basiese manier om ‘n paragraaf te skryf. • Gebruik relevante bewyse, bv. demonstreer ‘n deeglike VLAK 3 begrip van hoe die ingryping deur buitelandse magte PUNTE Koue Oorlog-spanning in Angola tussen 1974 en 6–8 1976 vererger het. • Gebruik bewyse baie effektief in ‘n georganiseerde paragraaf en toon begrip van onderwerp. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 11 NW/Junie 2025 Graad 12 – Nasienriglyne VRAAG 2: HOE HET DIE PROTES-VELDTOGTE IN BIRMINGHAM IN DIE 1960’s BYGEDRA TOT DESEGREGASIE VAN SWART AMERIKANERS IN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA)? 2.1 2.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1] • ‘Daar was nog kennisgewingbordjies by waterfonteine’ • ‘Daar was geen swart klerke in dorpswinkels nie’ • ‘Daar was geen swartes in die polisiemag of in die brandweer nie’ • ‘Daar was baie openlike dreigemente deur die polisie gemaak’ (enige 2 x 1) (2) 2.1.2 [Definisie van ‘n historiese term uit Bron 2A – V1] • Die skeiding van mense volgens hulle ras d.w.s. (swart en wit) • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 2.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2] • Hulle wou rassuiwerheid handhaaf • Hulle het geglo dat swart Amerikaners ondergeskik aan wittes was • Hulle was vreesbevange vir rasse-integrasie • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 2.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2] • Swart Amerikaners is deur rassistiese wit Amerikaners aangeval • Swart Amerikaners se eiendomme is gebombadeer • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 2.2 2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1] • ‘Die veldtog het ‘n apatiese (onbelangstellende) swart gemeenskap gekonfronteer’ • ’n Openlike vyandige gevestigde swart leierskap’ • ‘Geweldlose weerstand in die vorm van polisie-arrestasies van oortreders’ • ‘Die nasionale media het niks gevind om te rapporteer nie’ (enige 3 x 1) (3) 2.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1] • ‘Toe tronke vol was, het hy beveel dat brandslange en polisiehonde gebruik moes word om groot protesoptogte in bedwang te hou …’ (enige 1 x 2) (2) 2.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2] • Hy wou nie hê die media moet polisiebrutaliteit dek nie • Hy wou die beeld van die staat beskerm • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 12 NW/Junie 2025 Graad 12 – Nasienriglyne 2.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2] • Die media het die optrede en wreedhede van die veiligheidsmagte openbaar wat president Kennedy genoodsaak het om in te tree om onderhandelinge te laat plaasvind • Wye nasionale en internasionale mediadekking het tot ondersteuning van die Burgerregtebeweging gelei • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 2.3 2.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2] • Om te beklemtoon dat betogers deur die polisie met hoëdruk- brandslange aangeval is • Dit beeld die betogers uit wat vreedsaam sit met arms gelig om hul koppe te beskerm • Dit beeld die betogers uit wat papnat, maar geweldloos, op die sypaadjie sit, • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 2.3.2 [Evaluasie van die bruikbaarheid van inligting uit Bron 2C – V3] Die bron is BRUIKBAAR omdat: • Dit is ‘n foto wat op die dag van die Birmingham-optog geneem is en die werklike gebeure van die dag uitbeeld • Dit beklemtoon die polisiebrutaliteit teenoor swart Amerikaners wat met ander bronne bevestig kan word • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 2.4 [Vergelyking van inligting in Bronne 2B en 2C – V3] • Beide bronne verwys na die media wat die beeld van Connor en sy manne vaslê wat optogte onderdruk • Albei bronne wys brandweermanne wat brandslange op betogers gebruik • Bron 2B verwys na geweldlose betogers en Bron 2C wys hoe hulle op die sypaadjie sit • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 2.5 2.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V1] • ‘Kon nie middagete in ‘n restaurant wat vir die publiek oop is geniet nie’ • ‘Kon nie kinders na die beste beskikbare openbare skool stuur nie’ • ‘Kon nie vir die staatsamptenare wat hulle verteenwoordig stem nie’ • ‘Kon nie ‘n volwaardige en vrye bestaan geniet nie’ (enige 3 x 1) (3) 2.5.2 [Verduideliking van ‘n historiese begrip uit Bron 2D – V2] • Die regte vir swart Amerikaners in Birmingham om gelyk te wees aan wittes wat segregasie gebruik het om hul regte te waarborg • ‘n Stelsel waarin swart Amerikaners gelyke regte geweier is weens hul ras, geslag of godsdiens affiliasie in Birmingham • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 13 NW/Junie 2025 Graad 12 – Nasienriglyne 2.5.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2] • Die gebeure in Birmingham het aan die lig gebring dat daar ‘n behoefte was om rassisme te beëindig • Daar was ‘n behoefte om nuwe federale wette in te stel wat regoor die land van toepassing is om die probleem van segregasie aan te spreek • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 2.5.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V1] • ‘betogers’ • ‘parades’ (2 x 1) (2) 2.5.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2] • Kennedy (as die president) het alle staats- en wetgewende liggame beveel om doelgerig op te tree – en nie net te praat nie • Kennedy het die Amerikaanse Kongres aangesê om ‘n besluit te neem teen rassisme in Amerika • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 2.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante Bronne – V3] Kandidate kan die volgende by hul antwoord insluit: • Birmingham was in 1963 een van die mees gesegregeerde stede in die Suide (Bron 2A) • Die Ku Klux Klan het gepoog om segregasie te handhaaf (deur vrees en dreigemente) (Bron 2A) • Die Birmingham-veldtogbeplanningskomitee is gestig (Bron 2A) • Die Birmingham veldtog was ‘n geweldlose/vreedsame optog (Bron 2A, 2B en 2C) • Dit het aanvanklik gelyk of die Birmingham-veldtog nie suksesvol was nie (Bron 2B) • Die ‘Kinderveldtog’ is van stapel gestuur: Om mediadekking te genereer en die veldtog lewendig te hou (Bronne 2B en 2C) • Reaksie van die polisie en brandweermanne: Gebruik van honde, arrestasies en hoëdruk waterslange (Bronne 2B en 2C) • Swart Amerikaanse betogers: het met woede gereageer en polisiemanne met bakstene en bottels gegooi (Bron 2B) • Die rol van mediadekking om polisiebrutaliteit teen skoolkinders bloot te stel (Bronne 2A en 2B) • President Kennedy is gedwing om in te gryp: Het assistant-prokureur- generaal vir Burgerregte, Burke Marshall, na Birmingham gestuur om onderhandelinge te versker om die ‘geweldadige’ betogings te beëindig (Bronne 2B en 2D) • Verbetering van algemene omgewing in werksplekke (eie kennis) • Betogers het vreedsaam gesit met arms gelig om hul koppe te beskerm (Bron 2C) • Kennedy het die Kongres gevra om rassisme in Amerika te beëindig (Bron 2D) • Enige ander relevante antwoord Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 14 NW/Junie 2025 Graad 12 – Nasienriglyne Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken: • Gebruik bewyse op ‘n elementêre wyse bv. toon geen of min begrip van hoe die protesveldtogte in VLAK 1 Birmingham in die 1960’s bygedra het tot PUNTE desegregasie van swart Amerikaners in die 0–2 Verenigde State van Amerika nie. • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ‘n paragraaf skryf nie. • Bewyse is Meestal relevant en hou in ‘n groot mate verband met die onderwerp bv. toon ‘n mate van begrip VLAK 2 van hoe die protesveldtogte in Birmingham in die PUNTE 1960’s bygedra het tot desegregasie van swart 3–5 Amerikaners in die Verenigde State van Amerika. • Gebruik bewyse op ‘n baie eenvoudige wyse om ‘n paragraaf te skryf. • Gebruik relevante bewyse bv.. demonstreer ‘n deeglike begrip van hoe die protesveldtogte in Birmingham in VLAK 3 die 1960’s bygedra het tot desegregasie van swart PUNTE Amerikaners in die Verenigde State van Amerika. 6–8 • Gebruik bewyse baie effektied in ‘n georganiseerde paragraaf en toon begrip van die onderwerp. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 15 NW/Junie 2025 Graad 12 – Nasienriglyne AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 3: GEVALLESTUDIE – DIE KONGO [Beplan en konstrueer ‘n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasievaardighede] SINOPSIS Kandidate moet bespreek of Mobuto Sese Seko positiewe veranderinge in die Kongo gebring het deur die politieke, ekonomiese en sosiale beleide wat ingestel is nadat die land onafhanklikheid in 1960 verkry het. As sy beleide nie altyd positiewe veranderinge meegebring het nie, moet kandidate ook na die negatiewe veranderinge verwys. HOOFASPEKTE Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit: • Inleiding: Kandidate moet ‘n kritiese standpunt inneem deur aan te dui of beleide wat deur Mobutu Sese Seko ingestel is, positiewe veranderinge in die Kongo ná onafhanklikheid kon bring. Hulle moet aandui hoe hulle van plan is om hul argument te ondersteun. UITBREIDING Politieke beleid • Die Kongo het op 30 Junie 1960 onafhanklikheid verkry met Joseph Kasavubu as President en Patrice Lumumba as Eerste Minister. Joseph Kasavubu het verkies dat die Kongo ‘n federale staat is terwyl Patrice Lumumba ten gunste was van ‘n sterk sentrale nasionale regering/Lumumba was ook in konflik met Moise Tshombe • Die Kongo het met baie politieke onstabiliteit begin – met Tshombe wat op die opvolging van Katanga vir sy eie onafhanklikheid gefokus het • Mobutu het in 1965 mag by Kasavubu oorgeneem deur ‘n coup d’état (staatsgreep) • Hy het daarin geslaag om een of ander vorm van stabiliteit te bring (positiewe verandering) • Mobutu het outoritarisme toegepas om politieke stabiliteit te bereik (negatiewe verandering) • In 1967 het Mobutu daarin geslaag om die Katanga-rebellie te keer (positiewe verandering) • Het sy land ‘n nuwe grondwet (konstitusie) as ‘n eenpartystaat onder sy party, die Popular Movement for the Revolution (MPR), gegee (positiewe verandering) • Die Kongo het binne die eerste vyf jaar na onafhanklikheid ‘n eenpartystaat geword met alle opposisie onderdruk (negatiewe verandering) • Mobutu het ‘n persoonlikheidskultus ontwikkel/Mobutuisme – het die Kongo ‘n outokratiese staat gemaak onder homself as ‘n militêre diktator (negatiewe verandering) • Hy is deur die VSA bygestaan omdat hy as ‘n anti-kommunistiese bondgenoot beskou is (negatiewe en positiewe verandering) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 16 NW/Junie 2025 Graad 12 – Nasienriglyne • Hy het ‘n beleid van Zaïrenasie, ‘n beleid wat vaardige/kundige buitelanders of diegene wat strategiese bestuursposisies beklee het met ongeskoolde plaaslike inwoners vervang – wat tot wanadministrasie en wanbestuur in politieke leierskaprolle gelei het (positiewe en negatiewe verandering) • Hy het nepotisme (kleptokrasie) toegelaat (negatiewe verandering) • Mobutu was lewenslange president tot met sy dood in 2007 • Enige ander relevante antwoord Ekonomiese beleid • Nasionalisasie: Mobutu het die land se kopermynbedryf genasionaliseer en winste uit die koperbedryf gebruik om sy 10-jaar industrialisasie plan te finansier (positiewe verandering) • Het maatskappye in buitelandse besit sonder vergoeding genasionaliseer • Buitelandse maatskappye is onder beheer van sy bondgenote en familielede geplaas (negatiewe verandering) • Het Zaïrenasie bekendgestel (vervang buitelanders met Zaïriese burgers) (positiewe en negatiewe verandering) • Zaïrenasie het gelei tot korrupsie, diefstal en wanbestuur (negatiewe verandering) • Die ekonomie is gekenmerk deur nepotisme en elitisme wat ‘n groot gaping tussen die elite en gewone burgers/ryk en arm geskep het (negatiewe verandering) • Swak ekonomiese beleide het tot die agteruitgang van infrastruktuur soos paaie en ander infrastruktuur gelei • Mobutu is gedwing om ‘n retrosessie (terugkeer van buitelandse eienaars) in te stel (ondoeltreffenheid van Zaïrenisasie as ‘n ekonomiese beleid) • Styging in die prys van olie het landbou geraak • Die Kongo se ekonomie het in duie gestort • Die Kongo het afhanklik geword van buitelandse hulp en beleggings, bv. van die Wêreldbank (negatiewe verandering) • Enige relevante antwoord Sosiale en Kulturele beleid • Met onafhanklikheid het die Kongo 14 universiteitsgegradueerdes uit 14 miljoen mense gehad – Implementeer ‘n beleid van Authenticité (oorspronklik om inheemse gelowe en oortuigings te bevorder) om koloniale invloed uit te roei en Zaïrse met trots en eie kultuur te verenig. Ook na verwys as Afrikanisasie (positiewe verandering) • Vervang Christelike name met Afrika-name, bv. Die Kongo is in 1971 na Zaïre herdoop • Leipoldville het Kinshasha geword; Elisabethville het Lumumbashi geword, en Stanleyville het Kisangani geword; Mobutu het ook sy eie naam verander van Joseph Desire Mobutu na Mobutu Sese Seko Kuku Ngbedu Waza Banga, wat beteken: “Die oorheersende oorwinnaar, wie as gevolg van sy uithouvermoë en onbuigbaarheid sal oorwin, van oorwinning na oorwinnaar en vuur in sy nasleep laat. (positiewe veranderinge in lyn met dekolonisasie) • Kleredrag: die dra van Westerse-styl pakke is verbied (deur ‘n dekreet) en vervang met ‘abacos’ (A’ bas le costumes’), wat beteken ‘weg met die pak’ (positiewe verandering) • Het plaaslike musiek bevorder (positiewe verandering) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 17 NW/Junie 2025 Graad 12 – Nasienriglyne • Mobutu het demokrasie as ‘n vreemde ideologie vir Afrika beskou – hy het as hoofman in a tradisionele Afrika-styl regeer en dit gebruik om sy eie outoritêre posisie te versterk (negatiewe verandering) • Frans het die onderrigtaal gebly en die onderwysstelsel het steeds die stedelike elite bevoordeel (negatiewe verandering) • Na onafhanklikheid het primêre onderwys en skoolinskrywings van 1,6 miljoen in 1960 tot 4,6 miljoen in 1974 gestyg (positiewe verandering). Toe staatsbefondsing deur Mobutu teruggetrek is, moes ouers begin betaal en primêre onderwys het begin afneem (negatiewe verandering) • Onderwysers en hospitaalpersoneel was maande lank onbetaald weens swak ekonomiese en politieke praktyke (negatiewe verandering) • Armoede het toegeneem weens voedselinflasie (negatiewe verandering) • Enige ander relevante antwoord • Slot: Kandidate moet hul argument met ‘n relevante gevolgtrekking saamvat. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 18 NW/Junie 2025 Graad 12 – Nasienriglyne VRAAG 4: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1960’s TOT DIE 1970’s: SWARTMAGBEWEGING [Beplan en konstrueer ‘n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasievaardighede] SINOPSIS Kandidate moet verduidelik tot watter mate die Swartmagbeweging ‘n militante en geweldadige beweging van aard was wat respek vir die lewens van swart Amerikaners in die Verenigde State van Amerika in die 1960’s bepleit het. Hulle moet hul argument met relevante historiese bewyse ondersteun. HOOFASPEKTE Kandidate behoort die volgende aspekte in hulle antwoord insluit: • Inleiding: Kandidate moet ‘n standpunt inneem deur te verduidelik tot watter mate die Swartmagbeweging ‘n militante en geweldadige beweging van aard was wat respek vir die lewens van swart Amerikaners in die Verenigde State van Amerika in die 1960’s bepleit het. Hulle moet ook ‘n uiteensetting gee van hoe hulle hul argument sal ondersteun. UITBREIDING • Omstandighede in die VSA (agtergrond inligting)  Swart Amerikaners steeds ekonomies en polities kreupel (onderdruk) in die VSA as gevolg van diskriminerende (Jim Crow) wette  Gebrek aan gevoel van trots as gevolg van sosio-ekonomiese omstandighede (woon in ghetto’s en krotbuurte/ swak behuising/fasiliteite met gebrekkige onvoldoend hulpbronne)  Swart Amerikaners het ongeduldig geraak met die stadige pas van verandering en die impak van die Burgerregtebeweging in die 1960’s  Swart Amerikaners is aan polisiebrutaliteit onderwerp – het gelei tot groei van nasionalistiese gevoelens • Swartmagbeweging bepleit (verkondig) selfgeldigheid, selfstandigheid en Swart trots; beheer van politiek in hul eie gemeenskappe (deur Stokely Carmichael bepleit); Swart Amerikaners om hulself teen polisiebrutaliteit te beskerm; swartes moet teen wit owerhede opstaan om vryheid te kry; bevordering van Afrikahaarstyle en Afrika-kleredrag en het die slagspreuk ‘Black is beautiful’ geskep • Malcom X het gewapende selfstandigheid teen wit onderdrukking bevorder (militant) • Hy het aangevoer dat bloedvergieting nodig is vir revolusie (militant en geweldadig), en hy het selfrespek en selfdissipline bepleit • Het die konsep van ‘Swart trots’ bevorder (selfagting/selfrespek/selfhelp) • Het swart Amerikaners aangemoedig om teen wit Amerikaanse owerhede op te staan om sodoende vryheid, geregtigheid en gelykheid op enige manier moontlik te verkry (militant) • Ondersteun die gebruik van geweld as ‘n manier van selfverdediging teen diegene wat swart Amerikaners aangeval het (geweldadig) • Stokely Carmichael het geglo dat geweldloosheid as ‘n strategie misluk het as gevolg van die aanhoudende geweld wat deur wit Amerikaners teenoor swart Amerikaners gebruik is (geweldadig) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 19 NW/Junie 2025 Graad 12 – Nasienriglyne • Hy het ‘n plan bevorder om die VSA in aparte swart en wit lande te verdeel • Het die uitsluiting van wit liberaliste as ‘n filosofie van swart Amerikaners bepleit • Hy was teen die VSA se betrokkenheid by die Viëtnam-oorlog • Impak: die mees voor die hand liggende vorme van rassediskriminasie het geëindig • Rassegeweld en spanning het afgeneem • Swart Amerikaners is tot openbare ampte verkies • Behuising en fasiliteite van swart Amerikaners is verbeter (selfagting) • Swart geletterheid en afhanklikheid van staatstoelaes was beperk (selfagting) • Regstellendeaksiebeleide vir federale indiensneming is ingestel • In 1966 het Bobby Searle en Huey Newton die Black Panther Party (BPP) gestig vir selfverdediging – teen polisiebrutaliteit (militant en geweldadig) • Die Tienpuntplan aangeneem om sy sosiale, politieke en ekonomiese doelwitte vir die opheffing van die swart Amerikaanse gemeenskap/swart bemagtiging (selfagting) te dek • Die BPP het voedingskemas, kindersorg- en geletterdheidsprojekte in swart gemeenskappe bestuur – die voedingskemas het honger onder die jeug uitgeroei en leer in skole verbeter (Swartbemagtiging) • BPP-geletterdheidsprojekte het ongeletterdheid onder die swart Amerikaanse gemeenskappe uitgeroei (Swartbemagtiging) • BPP-lede het die strate gepatrolleer om polisieaktiwiteite te monitor (polisie na polisie) • BPP het geëis dat swart geskiedenis in swart skole onderrig moet word • Enige ander relevante antwoord Slot: Kandidate moet hul argument met ‘n relevante gevolgtrekking saamvat [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou
1.4.1 1.4.2 1.3.1a 1.2.1 1.1.1 1.4.3 1.2.2 1.1.2 VRAAG NOMMER 1.6 1.5 1.4.4 1.1.3 TOTAAL 1.4.5 b 1.2.3 1.1.4       UITHAAL VAN BEWYSE UIT BRONNE Geskiedenis/V1 EINTLIKE PERSENTASIE (%) SELEKSIE VAN RELEVANTE INLIGTING Kopiereg voorbehou   VERDUIDELIKING VAN HISTORIESE BEGRIPPE VERDUIDELIKING VAN INLIGTING UIT BRONNE   INTERPRETASIE GESKIEDENIS – GRAAD 12 VERWAGTE PERSENTASIE (%) ONTLEDING VAN BEWYSE UIT BRONNE    INTERPRETASIE EN EVALUASIE VAARDIGHEDE  EVALUEER BRUIKBAARHEID, VOOROORDEEL EN BETROUBAARHEID 20  VERGELYK EN ONDERSKEI TUSSEN VERSKILLENDE INTERPRETASIES Maak ‘n regmerkie om vaardigheid aan te dui  ORGANISEER BEWYSE OM ANTWOORDE TE STAAF 14 1 2 1 3 3 2 2 VLAK 1 Graad 12 – Nasienriglyne KOGNITIEWE 20 2 4 2 4 4 4 VLAK 2 PUNTE 16 8 4 4 VLAK 3 VLAKKE 8 4 1 2 2 4 4 2 4 1 3 4 3 2 2 4 100 100 50 TOTAAL        MAKLIK       MEDIUM UITDAGINGS    MOEILIK 28 30 V1 PERSENTASIE % 40 NW/Junie 2025 40 V2 PERSENTASIE % Blaai om asseblief 32 ONTLEDINGSROOSTER 30 V3 PERSENTASIE %
2.5.1 2.5.2 2.2.1 2.1.1 2.5.3 2.3.1 2.2.2 2.1.2 2.6 2.5.4 2.4 2.2.3 2.1.3 VRAAG NOMMER TOTAAL 2.5.5 2.3.2 2.2.4 2.1.4      UITHAAL VAN BEWYSE UIT BRONNE Geskiedenis/V1 EINTLIKE PERSENTASIE (%) SELEKSIE VAN RELEVANTE INLIGTING Kopiereg voorbehou  VERDUIDELIKING VAN HISTORIESE BEGRIPPE  VERDUIDELIKING VAN INLIGTING UIT BRONNE    INTERPRETASIE GESKIEDENIS – GRAAD 12 VERWAGTE PERSENTASIE (%) ONTLEDING VAN BEWYSE UIT BRONNE     INTERPRETASIE EN EVALUASIE VAARDIGHEDE  EVALUEER BRUIKBAARHEID, VOOROORDEEL EN BETROUBAARHEID 21  VERGELYK EN ONDERSKEI TUSSEN VERSKILLENDE INTERPRETASIES Maak ‘n regmerkie om vaardigheid aan te dui  ORGANISEER BEWYSE OM ANTWOORDE TE STAAF 14 2 3 3 2 2 2 VLAK 1 Graad 12 – Nasienriglyne KOGNITIEWE 20 4 2 2 2 2 4 2 2 VLAK 2 PUNTE 16 8 4 4 VLAK 3 VLAKKE 8 3 2 2 2 4 4 2 4 3 2 2 4 2 2 2 2 100 100 50 TOTAAL       MAKLIK         MEDIUM UITDAGINGS    MOEILIK 28 30 V1 PERSENTASIE % 40 NW/Junie 2025 40 V2 PERSENTASIE % Blaai om asseblief 32 ONTLEDINGSROOSTER 30 V3 PERSENTASIE %
4 3 VRAAG NOMMER UITHAAL VAN BEWYSE UIT BRONNE Geskiedenis/V1 SELEKSIE VAN RELEVANTE INLIGTING GESKIEDENIS – GRAAD 12 Kopiereg voorbehou VERDUIDELIKING VAN HISTORIESE BEGRIPPE VERDUIDELIKING VAN INLIGTING UIT BRONNE INTERPRETASIE ONTLEDING VAN BEWYSE UIT BRONNE INTERPRETASIE EN EVALUASIE VAARDIGHEDE EVALUEER BRUIKBAARHEID, VOOROORDEEL EN BETROUBAARHEID VERGELYK EN ONDERSKEI TUSSEN VERSKILLENDE INTERPRETASIES 22 Maak ‘n regmerkie om vaardigheid aan te dui   ORGANISEER BEWYSE OM ANTWOORDE TE STAAF VLAK 1 KOGNITIEWE VLAK 2 Graad 12 – Kognitiewe Rooster PUNTE 50 50 VLAK 3 VLAKKE 50 50 TOTAAL MAKLIK MEDIUM UITDAGINGS   MOEILIK V1 PERSENTASIE % V2 PERSENTASIE % NW/Junie 2025 ONTLEDINGSROOSTER V3 PERSENTASIE %

Study this subject

More from Grade 12 History

View all