Skip to content

History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2021 Question Paper (Afr)

Question paperHistoryGrade 12202124 pages

Grade 12 History Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2021 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2021 10791 GESKIEDENIS VRAESTEL 1 TYD: 3 uur PUNTE: 150 8 bladsye + ’n addendum van 14 bladsye Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. 'n Addendum van 14 bladsye is binne die vraestel ingesluit. b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS 2 (Vraestel 1) 10791/21 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is. AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: DIE OORSPRONG VAN DIE KOUE OORLOG VRAAG 2: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA VANAF DIE 1970’s TOT DIE 1980’s VRAAG 3: BURGERLIKE SAMELEWING BETOGINGS VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: DIE UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE: VIËTNAM VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE: DIE KONGO VRAAG 6: BURGERLIKE SAMELEWING BETOGINGS VAN DIE 1950's TOT DIE 1970's 2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat nodig is om hierdie vrae te beantwoord, sal in die ADDENDUM gevind word. 3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae. 4. Beantwoord DRIE vrae soos volg: 4.1 Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en die ander EEN moet 'n opstelvraag wees. 4.2 Die DERDE vraag kan óf 'n brongebaseerde vraag of 'n opstelvraag wees. 5. Wanneer vrae beantwoord word, moet kandidate hul kennis, vaardighede en insig toepas. 6. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer. 7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die die bronne as antwoorde. 8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 9. Skryf duidelik en leesbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS 3 (Vraestel 1) 10791/21 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, uit hierdie afdeling. Die bronmateriaal wat nodig is om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word. VRAAG 1: HOE HET DIE USSR EN DIE VSA TUSSEN 1945 EN 1949 HUL INVLOEDSFERE IN EUROPA GESKEP? Bestudeer Bronne 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg. 1.1 Bestudeer Bron 1A. 1.1.1 Wie, volgens die bron was die Groot Drie? (3 x 1) (3) 1.1.2 Maak gebruik van die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom dit nodig was vir die Groot Drie om by Potsdam in 1945 te ontmoet? (2 x 2) (4) 1.1.3 Hoekom, volgens die bron, was President Truman vasbeslote om die hantering van Duitsland te verlig (verminder)? (2 x 1) (2) 1.1.4 Gebruik jou eie kennis om die besluite wat in 1945 by die Potsdam- konferensie geneem is, te verduidelik. (1 x 2) (2) 1.2 Raadpleeg Bron 1B. 1.2.1 Gebruik die bron om EEN aspek te identifiseer, om te bewys dat die Amerikaanse regering die meeste gevrees het oor die invloed van Sowjet- Rusland en sy satelliete. (1 x 1) (1) 1.2.2 Verskaf 'n rede waarom Winston Churchill na Stalin verwys het as ''Maarskalk Stalin''. (1 x 2) (2) 1.2.3 Definieer die konsep 'Ystergordyn' in die konteks van die Koue Oorlog. (1 x 2) (2) 1.2.4 Lewer kommentaar oor waarom Winston Churchill bekommerd was oor die verspreiding van kommunisme in Sentraal- en Oos-Europa. (2 x 2) (4) 1.2.5 Verduidelik waarom hierdie bron as betroubaar beskou kan word vir ’n historikus wat die oorsprong van die Koue Oorlog in Europa ondersoek. (2 x 2) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS 4 (Vraestel 1) 10791/21 1.3 Verwys na Bron 1C. 1.3.1 Verduidelik die boodskappe wat in die spotprent oorgedra word. Gebruik visuele leidrade in die bron om jou antwoord te ondersteun. (2 x 2) (4) 1.3.2 Watter TWEE supermoondhede word in die spotprent uitgebeeld? (2 x 1) (2) 1.4 Bestudeer Bron 1D. 1.4.1 Gebruik die bron om die TWEE bydraes van die Marshall-plan te identifiseer, wat ’n poging was om Wes-Europese ekonomieë te laat herleef. (2 ×1) (2) 1.4.2 Lewer kommentaar op die sukses van die Marshall-plan, met verwysing na die bron. (2 x 2) (4) 1.4.3 Waarom, volgens die bron, was die Marshall-plan befondsing nie buite sy oorspronklike wettige einddatum van 1952 hernu nie? (2 x 1) (2) 1.5 Verwys na Bronne 1C en 1D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1C die getuienis in Bron 1D ondersteun met betrekking tot die Marshall-plan. (2 x 2) (4) 1.6 Gebruik inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT lyne (ongeveer 80 woorde) wat verduidelik hoe die USSR en die VSA hul invloedsfere na 1945 geskep het. (8) [50] VRAAG 2: WAT WAS DIE AARD VAN BUITELANDSE BETROKKENHEID BY DIE ANGOLESE BURGEROORLOG? Bestudeer Bronne 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg. 2.1 Bestudeer Bron 2A. 2.1.1 Volgens die bron, watter bewegings veg vir Angolese onafhanklikheid sedert die 1960's? (3 x 1) (3) 2.1.2 Lys TWEE buitelandse magte, in die bron, wat betrokke was by die ondersteuning van die FNLA. (2 x 1) (2) 2.1.3 In die konteks van die konflik in Angola, definieer die konsep 'burgeroorlog'. (1 x 2) (2) 2.1.4 Deur gebruik te maak van inligting in die bron en jou eie kennis, verduidelik waarom Kuba en die USSR die MPLA met hulp wou bystaan. (1 x 2) (2) 2.1.5 Verduidelik waarom die Verenigde State verkies het om sy verbintenis met die Apartheidsregime nie bekend te maak nie? (1 x 2) (2) b.o.
Downloaded from hlayiso.com MAAK ASSEBLIEF HIERDIE ADDENDUM VAN 14 BLADSYE LOS. GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2021 10791 GESKIEDENIS VRAESTEL 1 ADDENDUM 14 bladsye b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 2 (Vraestel 1) 10791/21 VRAAG 1: HOE HET DIE USSR EN DIE VSA INVLOEDSFERE IN EUROPA TUSSEN 1945 EN 1949 GESKEP? BRON 1A Die onderstaande bron verduidelik die verdeling van Duitsland na afloop van die Tweede Wêreldoorlog in 1945. Die Groot Drie – Die Sowjet leier Joseph Stalin, die Britse Eerste Minister Winston Churchill (vervang op 26 Julie deur die Eerste Minister Clement Attlee) en die Amerikaanse President Harry Truman, het in Potsdam, Duitsland ontmoet, vanaf die 17de Julie tot die 2de Augustus 1945 om terme vir die einde van die Tweede Wêreldoorlog te onderhandel. Na afloop van die Yalta Konferensie wat in Februarie 1945 plaasgevind het, het Stalin, Churchill en die Amerikaanse president Franklin D. Roosevelt saamgestem dat na die oorgawe van Duitsland, na-oorlogse grense in Europa vasgestel moes word. Op die 8ste Mei 1945, het Duitsland oorgegee en die Geallieerde leiers het besluit om mekaar by Potsdam gedurende die somer te ontmoet om die gesprekke wat by Yalta plaasgevind het te hervat. Alhoewel die Geallieerdes hulself daartoe verbind het om ‘n gesamentlike oorlog in die Stille Oseaan te voer, het die leemte aan ’n gemeenskaplike vyand in Europa dikwels probleme veroorsaak om konsensus te bereik, rakende die na-oorlogse rekonstruksie van die Europese kontinent. Die grootste vraagstuk wat aandag by Potsdam geniet het, was hoe om Duitsland na afloop van die oorlog te hanteer. By Yalta, het die Sowjette ernstige na-oorlogse reparasie, afkomstig van Duitsland voorgestel, waarvan die helfte na die Sowjet Unie moes gaan. Roosevelt het toegestem tot hierdie vereistes, terwyl Truman en sy sekretaris, James Byrnes vasbeslote was om die hantering van die Duitsers te verlig, deur voor te stel dat die geokkupeerde nasies slegs reparasie sal vereis vanaf hul eie besettingsone. Truman en Byrnes het hierdie voorstel ernstig aangemoedig omdat hul ’n herhaling van die situasie van die Verdrag van Versailles wou voorkom. Volgens die Verdrag van Versailles was reparasie kostes, na afloop van die Eerste Wêreldoorlog ook van Duitsland vereis,. Talle kenners het saamgestem dat die geharde reparasie vereistes wat deur die Verdrag van Versailles op Duitsland afgedwing was, die Duitse ekonomie gestrem het en aanleiding gegee tot die opkomende Nazi’s. Ten spyte van verskille, het die Geallieerde leiers wel daarin geslaag om tot ’n paar ooreenkomste te kom. Onderhandelings het die status van ‘n gedemilitariseerde en ontwapende Duitsland in vier sones van Geallieerde beheer gevestig. [Uit //history.state.gov/milestones/1937-1945/Potsdam-conference Toegang verkry op 22 Maart 2021.] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 3 (Vraestel 1) 10791/21 BRON 1B Hierdie is ’n uittreksel uit die “Ystergordyn” toespraak, deur die Britse Eerste Minister, Winston Churchill in Fulton, Missouri op die 5de Maart 1946. ’n Skadu het geval op die onlangse oorwinning wat die Geallieerde behaal het. Niemand weet wat Sowjet Rusland en die Kommunistiese Internasionale Organisasie beplan in die nabye toekoms óf wat hul perke is tot hul uitbreiding en pogings tot omskakeling nie. Ek het ’n sterk bewondering en aansien vir die brawe Russiese mense en oorlogskameraad Maarskalk Stalin. Daar is simpatie en goedhartigheid in Brittanje – en ek betwyfel nie of hier nie ook dieselfde gevoel heers, ten opsigte van alle Russiese mense, met ‘n strewe tot bewaring nie, selfs deur verskille en weiering om langdurige vriendskappe te vestig. Ons verstaan dat die Russe hulself moet beveilig op hul Westerse grense deur die verwydering van alle Duitse aggressie. Ons verwelkom Rusland tot haar regmatige plek onder die leidinggewende lande in die wêreld. Bowenal verwelkom ons konstante, deurlopende en groeiende kontak tussen die Russiese mense en ons eie mense aan beide kante van die Atlantiese Oseaan. Dit is wel my plig om die feite duidelik te maak soos ek dit sien om jul voor waarhede te plaas oor die huidige situasie in Europa. Van Stettin aan die Baltiese See tot by Triëst aan die Adriatiese See het daar ‘n Ystergordyn oor die vasteland gesak. Agter daardie lyn is al die hoofstede van die ou lande van Sentraal-en Oos-Europa – Warschau, Berlyn, Praag, Weenen, Boedapest, Belgrado, Boekarest en Sofia. Al hierdie bekende stede en die bevolkings daaromheen is geleë binne die Sowjet-sfeer en almal word onderwerp, in een of ander vorm, nie net aan die Sowjet-invloede nie, maar aan ‘n hoë en toenemende mate van beheer vanaf Moskou. Athene alleenlik met haar ontsterflike glorie is vry om self te besluit tot ‘n verkiesing onder Britse, Amerikaanse en Franse observasie, terwyl die Russies-gedomineerde Poolse regering aangemoedig word om enorme en onregmatige indringings aan Duitsland te maak. Dit veroorsaak wel die massa-uitsetting van miljoene Duitsers op ’n ernstige en ongedroomde skaal vind nou plaas. Selfs die kleiner Kommunistiese partye wat baie klein is in al hierdie Oos-Europese state, is ver bo hulle getalle verhef en probeer oral op soek na totalitêre beheer. [Uit //www.nationalarchives.gov.uk/education/resources/cold-war-on-file/iron-curtain speech/ Toegang verkry op 20 Maart 2021.] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 4 (Vraestel 1) 10791/21 BRON 1C Die onderstaande spotprent is aanduidend van die rede vir die bekendstelling van die Marshall-plan ten einde Wes-Europa te beskerm van die gevaar van Sowjet oorheersing. MARSHALL-PLAN VERTRAGING WES-EUROPA [Uit https://your-instructions-from-moscow.tumbir.com/post/157795653745/while-the-shadow- lenghtens-edwin-marcus-new-york. Toegang verkry op 10 March 2021.] TERWYL DIE SKADU VERLENG b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 5 (Vraestel 1) 10791/21 BRON 1D Die onderstaande bron fokus op die evaluering die Marshall-plan in 1952. Soos bekend het die VSA $13.3 biljoen dollar (ongeveer $140 miljard in 2017 dollar) van ekonomiese hulp tussen 1948 en 1951 aan 16 Wes-Europese lande deur die ECA (Economic Cooperation Administration) verleen. Baie van hierdie fondse was toegewys vir aankope van kommoditeite. Geskiedkundiges het saamgestem dat die Marshall-plan grootliks bygedra het tot die herlewing van Wes-Europese ekonomieë deur die toepassing van inflasie-beheer, die herlewing van handel en die herstel van produksie. Dit het ook gehelp in die verbetering van infrastruktuur deur gelyksoortige fondse in die plaaslike valuta-eweknie-fondse. Wat opvallend is van hierdie hulp, is dat die Europeërs self ’n belangrike rol vertolk het in die beplanning en implementering van die ERP (Ekonomiese Herstelplan). Amerikaanse hulp het moontlik die riglyn gestel vir lande in ontvangs, ten einde hul by te staan in hul na-oorlogse herstel en stabiliteit. Die feit dat die Europeërs meestal tot die basiese vereistes saamgestem het, het aanleiding gegee dat ’n sekere vorm van kapitalisme as ’n na-oorlogse ekonomie en ’n sekere regeringstyl bevorder is. Dit het uiteindelik veroorsaak dat die Marshall-plan suksesvol was. Die aanvanklike befondsingsbedrag (einddatum 1952), soos wetlik bepaal deur die Amerikaanse kongres het behoue gebly. Met wye verandering reeds in plek was dit egter meer uitdagend vir ondersteuners om addisionele hulp te ontvang vanaf die ERP of ook bekend as die Ekonomiese Herstelplan (Economic Recovery Programme.) Boonop, die uitbreek van die Koreaanse Oorlog in 1950 het Amerikaanse belangstelling gelok en aanleiding gegee dat die fokus verskuif het van ekonomiese ontwikkeling tot befondsing vir verdediging en ondersteuning vir militêre herbewapening in Europa as ‘n skans teen die Sowjet Unie en internasionale kommunisme. [Uit https://www.afsa.org/helping-europe-help-itself-marshall-plan. Toegang verkry op 19 Maart 2021.] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 6 (Vraestel 1) 10791/21 VRAAG 2: WAT WAS DIE AARD VAN BUITELANDSE BETROKKENHEID IN DIE ANGOLESE BURGEROORLOG? BRON 2A Die onderstaande bron beskryf hoe die buitelandse magte in die Angolese Burgeroorlog betrokke geraak het. Drie hoof militêre bewegings (faksies) het geveg vir die onafhanklikheid van Angola sedert die 1960’s. Die Popular Movement for the Liberation of Angola (MPLA) was ’n Marxistiese organisasie wat hoofsaaklik in die hoofstad, Luando gesentreer was en gelei deur Agostinho Neto. Die National Front for the Liberation of Angola (FNLA), gelei deur Holden Roberto, was gebaseer in die noorde van die land en het sterk bande met ’n bondgenoot gehad wat pro-Amerikaans was. Dit was Mobutu Sese Seko, in die buurstaat Zaïre. Die National Union for the Total Independence of Angola (UNITA), gelei deur Jonas Savimbi en ondersteun deur die land se grootste etniese groep, die Oimbundu was die derde faksie. Hierdie drie groepe het die Alvorooreenkoms onderteken wat die onafhanklikheid van Angola bevestig het, en het ook ’n magsverdeling voorgestaan deur die drie faksies. Vertroue was gou verbreek en die land het haarself in ’n burgeroorlog gewikkel soos wat elke faksie alleenheerskappy wou afdwing Die krisis in Angola het ontwikkel in ’n Koue Oorlog oorlogsfront soos die supermoondhede en hul bondgenote militêre hulp verskaf het aan hul gekose kliënte. Die VSA het hulp en opleiding verskaf vir beide die FNLA en UNITA, terwyl troepe vanuit Zaïre, Holden Roberto ondersteun het. China het ook militêre instrukteurs gestuur om hulp aan die FNLA te verleen. Die Sowjet Unie het militêre opleiding en toerusting aan die MPLA verskaf. Gedurende die somer van 1975, het die Sowjet-ondersteunde MPLA hul mag in Luanda gekonsolideer en daarin geslaag om die Amerikaans-ondersteunde FNLA uit die hoofstad te verdryf maar die FNLA het aanhou aanval. Die MPLA het lang, gevestigde verhoudings met Fidel Castro van Kuba gehad. Reeds voor die 11de November het die MPLA met Castro onderhandel vir Kubaanse hulp. Op dieselfde tyd het UNITA wat ook Amerikaanse ondersteuning gehad het, begin om met die apartheidsregering in Suid-Afrika te onderhandel vir militêre versterking. Pretoria, met die doel om die gebruik van Angola as 'n basis vir rebelle te beveg vir die onafhanklikheid van Suid-Afrika, het Namibië beset, het kragte bygedra wat in Oktober Suid-Angola binnegekom het en vinnig vordering gemaak het in die rigting van die hoofstad. In reaksie hierop het Castro spesiale magte van Kuba ontplooi om die Suid-Afrikaanse magte te blokkeer. Hy was ook daarin geslaagd om aandag te vestig op Amerika wat magte ondersteun wat aan die apartheidsregering behoort het. Die Amerikaanse regering het wel Suid- Afrikaanse inmenging aangemoedig, maar het verkies om hul verbintenis met die apartheidsregime as minder belangrik te ag. [Uit https://history.state.gov/milestones/1969-1976/angola. Toegang op 19 March 2021 verkry.] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 7 (Vraestel 1) 10791/21 BRON 2B Die onderstaande bron beskryf die aard van betrokkenheid van die VSA in die Angolese Burgeroorlog. Die Amerikaners het nie opgegee nie. Dit was die Koue Oorlog en wêreldwyd was daar wedywering met die Sowjet Unie. Russiese wou toegang tot Angola ten alle koste verhoed en nie net oor die olie nie. Angola het ook beskik oor goeie hawens aan die Atlantiese kus. Die moontlikheid tot ’n Russiese vlootbasis het Washington bekommer. Suid-Afrika het ook die teenwoordigheid van Kubaanse en Russiese troepe in Angola as ’n bedreiging beskou. Daar was geen twyfel wat bestaan het, dat indien Amerika en Europa ’n keuse sou moes maak tussen apartheid en kommunisme in Suid-Afrika wat dit sou wees nie. Die belangrikste motief en taktiek van die Amerikaners was om die Sowjet Unie bloed te laat sweet deur hul betrokkenheid in Angola buitensporig duur te maak. In die praktyk het dit beteken die bloeding van Angolese boere, die grootste lyers in die oorlog wat meer as veertig jaar geduur het. Soos talle klein burgeroorloë tydens die Koue Oorlog era, het dit ideologies voorgekom, en was aangevuur deur proksies van die kommunistiese Sowjet Unie en die kapitalistiese Amerika. Die Angolese oorlog was inderwaarheid ’n verlenging van ’n plaaslike geskiedkundige konflik. Om magtige bondgenote te verkry, het albei kante die gesange van die Sowjet Unie of Amerika gesing. Die supermoondhede is mislei om te glo dat hulle ware dissipels gehad het. In die begin was Amerikaanse ondersteuning aan UNITA ‘n geheim, maar in 1985 het dit formeel meer bekendgeraak dat die Amerikaanse befondsing vir hulpverlening ongeveer $27 miljoen dollar beloop het. In praktyk het die CIA reeds sedert die 1970’s hulp aan dié rebelle groep verleen. Hierdie oorlog, soos dikwels verklaar deur Amerikaanse diplomate was onoorwonne, tog was daar kans vir kompromieë en ’n regering van nasionale eenheid. Hul beleid het egter tot die volgende gelei: ’n Marxistiese regime bewapen deur die Sowjet Unie en beskerm deur Kubaanse troepe wat voortgegaan het om ’n inkomste te genereer van olie, wat deur Amerikaanse olie-maatskappye ontgin was, maar waarvan die operasies ook aangeval was deur Amerikaans- ondersteunende rebelle. Angola was ’n bisarre vertoon van die Koue Oorlog asook een van die mees moorddadige oorloë. [Uit Africa: Altered States, Ordinary Miracles deur R Dowden] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 8 (Vraestel 1) 10791/21 BRON 2C Die onderstaande bron verduidelik die rol van Suid-Afrika in Angola, veral die rol van Magnus Malan die Suid-Afrikaanse Minister van Verdediging en hoof van die Suid- Afrikaanse Weermag. Magnus Malan was, vanweë sy sistematiese onderdrukking teen die mense van Suid-Afrika en die streek as geheel, in ’n poging om wit heerskappy en kapitalisme te verdedig dikwels as ’n oorlogsmisdadiger beskou. Dit was onder sy leierskap dat die Suid-Afrikaanse weermag, soos swerms sprinkane, dood en verwoesting agtergelaat het. Dit was ook deur die Verenigde Nasies bereken dat teen die einde van apartheid meer as $80 miljard dollar se vernietiging en ekonomiese skade aangerig is in Angola en die streek van Suider-Afrika in die algemeen. Meer as 2 miljoen mense het gesterf, is vermink, verplaas of het vlugtelinge geword, soos hul uit die gebied gevlug het. In Angola, het die Suid-Afrikaanse Weermag ‘n konvensionele en onreëlmatige oorlog gevoer ter ondersteuning van UNITA teen die MPLA en hul Kubaanse bondgenote. Suid-Afrika het ook soortgelyke operasies in Namibië en Mosambiek uitgevoer, wat die stabiliteit van die streke bedreig het. Die Suid-Afrikaanse Weermag in samewerking met sekere elemente van die Amerikaanse regering het alles in hul vermoë gedoen in ’n poging om Jonas Savimbi in Angola te vestig. Hulle drie-fase operasie is deur hul ingestel bekend as: ‘Modular, Hooper en Packer’ om sodoende vernietiging binne Angola te verseker. Hierdie militêre toetrede is by Cuito Cuanavale stopgesit en die Suid- Afrikaners is beslis verslaan. [Uit https://www.pambazuka.org/human-security/magnus-malan-and-crimes-against-humanity- africa. Toegang verkry op 5 Mei 2021.] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 9 (Vraestel 1) 10791/21 BRON 2D Die onderstaande spotprent deur Zapiro het in The Sowetan koerant op die 29ste Oktober 1998 verskyn. Dit het die werk van die Waarheids-en-Versoeningskommisie geëvalueer. Magnus Malan UNITA [Uit https://blogs.litnet.co.za/abrham/2011/07/24/magnus. Toegang verkry op 1 April 2021.] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 10 (Vraestel 1) 10791/21 VRAAG 3: WATTER IMPAK HET DIE GREENSBORO SITSTAKINGS OP DIE BURGERREGTE BEWEGING IN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA IN DIE 1960’S GEHAD? BRON 3A Die onderstaande bron verduidelik hoe die verskillende vorme van protes bygedra het tot die einde van segregasie in Amerika. Blanke suidelike weerstand wat voortgespruit het uit die bekende Brown versus die Raad van Topeka-uitspraak, was aanduidend dat aparte fasiliteite grootliks bygedra het tot ongelykhede soos segregasie in die openbare onderwyssektor. Dit was ook as ongrondwetlik verklaar. Die stadige tempo van verandering het ongeduld gestimuleer veral onder die jong Afro-Amerikaners sedert die begin van die 1960’s. Hulle het tot die slotsom gekom dat hul nie langer vir verandering kan wag nie, dit was dus noodsaaklik dat hul verandering vinniger wou sien gebeur. Die Montgomery Bus Boikot, wat deurlopend in 1956 plaasgevind het, was veral aanduidend dat direkte aksie deur ’n groot groep mense inderdaad kan werk. Die sitstakings by ’n Woolworths middagete-toonbank deur vier kollege studente van Greensboro het ’n dekade van aktiwiteite ingelui. Ook ’n tydperk wat die einde van Jim Crow beteken het. Die verwydering van segregasie in publieke areas en die “Slegs Blankes” en “Slegs Nie-blanke” aanduidings was geensins ’n oorwinning nie. Sedert die eerste sitstaking het Ella Baker, die voetsoolleier wie se aktivisme terugdateer na die 1930’s en wat adviseur was vir die studente van die Student Nonviolent Coordinating Committee (SNCC) gestig het, het vanaf die eertse sitstaking dit duidelik gemaak dat die stryd veel groter was “as ’n hamburger of selfs ’n reuse Coke koeldrank”. Daar was Veel meer op die spel vir hierdie aktiviste, as om die harte van die wittes te verander. Toe die sitstaking deur Atlanta versprei het, het betogters se eise toegeneem wat werksgeleenthede, beter gesondheidsorg, hervorming van die polisie- en regstelsel, opvoeding en stemreg vereis het. Demonstrasies in Maart 1963 in Birmingham, onder die leierskap van Fred Shuttleworth se Alabama Christian Movement for Human Rights, wat ook geaffilieer was by die SCLC (Southern Christian Leadership Conference), het nie net ’n einde aan segregasie vereis in die winkels in die middestad geëis nie, maar ook werksgeleenthede vir swart Amerikaners in besighede en die munisipaliteit. Die optog na Washington in Maart 1963 was hoofsaaklik onthou as die geleentheid waar Martin Luther King Jr., sy droom verkondig het, was ’n demonstrasie vir “werk en geregtigheid.” [Uit http://nationalhumanitiescenter.org/tserve/freedom/1917beyond/essays/crm.htm. Toegang verkry op 19 Maart 2021.] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 11 (Vraestel 1) 10791/21 BRON 3B Die onderstaande bron fokus op die moedige oomblik van die Greensboro vier studente wat ’n sterk standpunt ingeneem het teen segregasie en ondersteuning daarvoor gekry het in die 1960’s in Amerika. Die middag van 1 Februarie 1960, het vier studente, David Richmond, Franklin McCain, Jibreel Khazan en Joseph McNeil van Noord-Carolina se Landbou-en Tegniese Kollege in die F.W. Woolworths winkel in die middestad van Greensboro ingestap. Na die aankope van ’n paar persoonlike items het hul by die middagete- toonbank gaan sit en probeer bestel. Omdat die studente swart was, het die personeel geweier om hulle te bedien. Hul het bly sit en met sluitingstyd het hul, hulself voorgeneem om die volgende dag terug te keer. Sitstakings was al dekades lank ’n belangrike taktiek (metode) in die burgerregte- stryd maar die sukes daarvan was ’n kwessie van tyd. Alhoewel soortgelyke sitstakings op ’n toetsbabsis in Nashville voorgekom het, was dit egter die Greensboro voorval wat nasionale aandag verkry het. Die vier studente het die volgende dag teruggekeer met 25 ander saam hul en teen dag 5 van die sitstakings, was daar reeds meer as 300 ondersteuners, waarvan sommige van hul witmense was. Om die beurt het die sitstakings by die middagete-toonbank voortgeduur. Alhoewel Greensboro altyd beskou was as ’n “gematigde” suidelike stad het spanning tussen wit en swart toegeneem. Die spanning het meer voelbaar begin raak soos wat bendes, meestal bestaande uit wit jeug talle beledigings na die studente-betogers geslinger het. Die kontras tussen die gedissiplineerde studente en die oproerige wit kwaadstokers was voelbaar vir die joernaliste wat media dekking aan die situasie verleen het. Soos die ondersteuning vir die Greensboro vier, veral in die noorde toegeneem het, het sitstakings en “sit-downs” vinniger deur die suide begin versprei. Teen die einde van die jaar was daar meer as 100 sulke protesaksies deur die state van die ou Konfederasie toegeneem. In Greensboro kon ’n moratorium nie ’n effektiewe oplossing meegebring nie. Met die terugkeer van die studente het die bestuur alle dienste by die middagete- toonbank gestaak. Verliese het toegeneem as gevolg van ‘n landswye boikot wat toegeneem het. Woolworths het toegegee en sy middagete-toonbanke oopgemaak vir betalende klante van enige ras. [Uit https://www.abajournal.com/magazine/article/feb._1_1960_students_spark_ civil_rights_sit- ins_at_lunch_counters. Toegang verkry op 19 Maart 2021.] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 12 (Vraestel 1) 10791/21 BRON 3C Die onderstaande bron is aanduidend van die invloed wat die Greensboro vier op ander studente in Georgia, Atlanta gehad het. Op 16 Februarie 1960, twee weke nadat die Greensboro sitstakings begin het, het die Georgia staatswetgewing in Atlanta bepaal dat dit ‘n misdaad was, indien ’n persoon sou weier om ’n plek te verlaat in opdrag van die bestuur van die betrokke onderneming. Die Appèlkomitee vir Menseregte het ’n direkte aksie-veldtog geloods. Op 15 Maart 1960, het 200 studente deelgeneem aan verskeie sitstakings in 10 verskillende areas, insluitend die landdroskantoor, die stadsaal, bushaltes en die treinstasie. Goewerneur Ernst Vandiver het arrestasies vereis wat gelei het dat 77 studente na tronke gestuur is. Die National Association of Colored People (NAACP) het regsverteenwoordiging aan die studente gebied. In Mei 1960, het die Ku Klux Klan ’n 500-ledetal samekoms gehad. Dit het egter swart Amerikaners gemotiveer om ’n dokument te onderteken waarin hul, hulself beroep het tot die erkenning van hul menseregte en om ’n “kneel-in” veldtog te begin. Dit was minder suksesvol as die sitstakings. Gefrustreerd dat swart koerante nie die studente se oortuigings rakende die gebeure sal publiseer nie, het COAHR (The Committee on the Appeal for Human Rights) hul eie koerant begin publiseer en 20 000 eksemplare is na swart kerke versprei. In ’n belangrike stap het Dr Martin Luther King Jr., by die studente aangesluit in hul aksie van ongehoorsaamheid. Op 19 Oktober is hy gearresteer. Daar was ’n nasionale verontwaardiging oor sy inhegtenisneming en Robert Kennedy het die goewerneur van Georgia gebel en geëis dat hy vrygelaat moes word. King is twee dae later vrygelaat. Die toenemende sitstakings het verkope syfers met 13% laat daa. Ten slotte het wit besigheidseienaars die swart leierskap ontmoet om ’n plan tot desegregasie te bespreek. [Uit https://nvdatabase.swarthmore.edu/content/atlanta-students-sit-us-civilrights-1960 -1961 Toegang verkry op 19 Maart 2021.] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 13 (Vraestel 1) 10791/21 BRON 3D Die titel van die onderstaande bron dui: ‘Dit is ek in die foto, Hunter Gray’. Hy was aangeval tydens ’n burgerregte protesaksie in Jackson, Mississippi, op 28 Mei 1963. Hy het verklaar: ‘Iemand het die agterkant van my kop met ’n rand van ’n gebreekte suikerhouer gesny. Daar was baie bloed'. HUNTER GRAY ANNE MOODY JOAN TRUMPAUER [Uit https://www.theguardian.com/artanddesign/2015/mar/27/hunter-gray-1963-jackson- mississippi-sit-in#img-1. Toegang verkry op 19 March 2021.] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 14 (Vraestel 1) 10791/21 ERKENNING Visuele bronne en ander historiese bewyse is van die volgende verkry: [https://www.abajournal.com/magazine/article/feb._1_1960_students_spark_civil_rights _sit-ins_at_lunch_counters] [https://nvdatabase.swarthmore.edu/content/atlanta-students-sit-us-civilrights-1960 - 1961] [https://www.theguardian.com/artanddesign/2015/mar/27/hunter-gray-1963-jackson- mississippi-sit-in#img-1] [http://nationalhumanitiescenter.org/tserve/freedom/1917beyond/essays/crm.htm] [https://blogs.litnet.co.za/abrham/2011/07/24/magnus] [https://www.pambazuka.org/human-security/magnus-malan-and-crimes-against- humanity-africa] [Africa: Altered States, Ordinary Miracles by R Dowden] [https://history.state.gov/milestones/1969-1976/angola] [//www.afsa.org/helping-europe-help-itself-marshall-plan.] [://www.nationalarchives.gov.uk/education/resources/cold-war-on-file/iron-curtain- speech/.] [https://your-instructions-from-moscow.tumbir.com/post/157795653745/while-the- shadow-lenghtens-edwin-marcus-new-york] EINDE
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS 5 (Vraestel 1) 10791/21 2.2 Lees Bron 2B. 2.2.1 Hoekom, volgens die bron, wou die VSA dat die Russe uit Angola onttrek? (2 x 1) (2) 2.2.2 Met behulp van die bron en jou eie kennis, lewer kommentaar op die stelling dat die Amerikaners se taktiek hoofsaaklik daarop gemik was "om die Sowjetunie te laat bloei deur haar ondernemings in Angola duur te maak”. (1 x 2) (2) 2.2.3 Verduidelik waarom Amerika se steun vir UNITA oorspronklik geheim gehou is. (1 x 2) (2) 2.2.4 Met behulp van die bron en jou eie kennis, verskaf 'n rede waarom die teenwoordigheid van Kubaanse en Russiese troepe in Angola 'n bedreiging vir Suid-Afrika was. (2 x 1) (2) 2.3 Bestudeer Bron 2C. 2.3.1 Hoekom, volgens die bron, het Magnus Malan as 'n oorlogsmisdadiger gekwalifiseer? (1 x 1) (1) 2.3.2 Haal bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat Suid-Afrika gekant was teen die kommunistiese ideologie van die MPLA. (1 x 2) (2) 2.3.3 Gebruik die bron om die waarde van die ekonomiese skade wat Suid- Afrika in Angola en Suidelike Afrika in die algemeen, veroorsaak het, te bepaal. (1 x 1) (1) 2.3.4 Deur gebruik te maak van die inligting in die bron, identifiseer DRIE maniere hoe Suid-Afrika die menseregte van die mense van Angola geskend het. (3 x 1) (3) 2.3.5 Verduidelik die beperkings van hierdie bron aan 'n historikus wat Suid- Afrika se betrokkenheid in Angola bestudeer. (2 x 2) (4) 2.4 Verwys na Bron 2D. 2.4.1 Verduidelik die boodskappe wat in die spotprent oorgedra word. Gebruik visuele leidrade in die bron om jou antwoord te ondersteun. (2 x 2) (4) 2.4.2 Ondersoek die figuur gemerk UNITA. Verduidelik wat die grootte en ligging daarvan voorstel met betrekking tot UNITA se verhouding met Suid-Afrika. (1 x 2) (2) 2.4.3 Lewer kommentaar op die gebare en gesigsuitdrukking van die gorilla. (1 x 2) (2) b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS 6 (Vraestel 1) 10791/21 2.5 Verwys na Bronne 2C en 2D. Verduidelik hoe die inligting in Bron C die getuienis in Bron D ondersteun rakende die betrokkenheid van Magnus Malan en Suid- Afrika in Angola. (2 x 2) (4) 2.6 Gebruik die inligting in die betrokke bronne en jou eie kennis, skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT lyne (ongeveer 80 woorde) en verduidelik die aard van die buitelandse betrokkenheid by die Angolese Burgeroorlog. (8) [50] VRAAG 3: WATTER IMPAK HET DIE GREENSBORO SITSTAKINGS OP DIE BURGERREGTEBEWEGING IN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA IN DIE 1960'S GEHAD? Bestudeer Bronne 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg. 3.1 Verwys na Bron 3A. 3.1.1 Wat, volgens die bron het die Brown vs. die Raad van Topeka- uitspraak verklaar oor afsonderlike fasiliteite? (1 x 1) (1) 3.1.2 Gebruik die bron om DRIE vorme van nie-gewelddadige protes-aksies te identifiseer wat gebruik was om segregasie in Amerika te beëindig. (3 x 1) (3) 3.1.3 Gebruik jou eie woorde om die konsep Jim Crow te definieer. (1 x 2) (2) 3.1.4 Gebruik die inligting in die betrokke bronne en jou eie kennis en lewer kommentaar op die stelling, ' die stryd was baie groter as 'n hamburger of selfs 'n reuse Coke'. (2 x 2) (4) 3.1.5 Vanuit die bron, gee TWEE eise wat deur betogers van die Burgerregtebeweging in Atlanta in 1960 gestel is. (2 x 1) (2) 3.2 Raadpleeg Bron 3B. 3.2.1 Identifiseer die name van die VIER studente in die bron wat diens geweier was by F.W. Woolworths, Greensboro. (4 x 1) (4) 3.2.2 Verduidelik hoe die uitkomste van die sitstakings in Greensboro steun aan die Burgerregtebeweging verleen het. (2 x 2) (4) 3.2.3 Gebruik die bron en jou eie kennis om die rol wat die media in die bevordering van die Burgerregte betogings te verduidelik,. (2 x 2) (4) 3.3 Lees Bron 3C. 3.3.1 Lewer kommentaar oor die doel van die staatswetgewing wat in Atlanta aangeneem is oor die sitstakings. (1 x 2) (2) 3.3.2 Haal uit die bron aan, TWEE openbare plekke waar die 200 studente geprotesteer het. (2 x 1) (2) b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS 7 (Vraestel 1) 10791/21 3.3.3 Verduidelik waarom die “kneel-ins” betogings nie so wyd verspreid was nie. (1 x 2) (2) 3.4 Verwys na Bronne 3B en 3C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3B die bewyse in Bron 3C ondersteun rakende die toename in ondersteuning vir die sitstakings in die Amerikaanse state. (2 x 2) (4) 3.5 Gebruik Bron 3D. 3.5.1 Watter boodskappe, dink jy beeld die foto uit oor die sitstakings? (2 x 2) (4) 3.5.2 Verduidelik waarom Bron D as nuttig beskou kan word vir 'n historikus wat die ervarings van die studente wil ondersoek wat aan die sitstakings deelgeneem het. (2 x 2) (4) 3.6 Deur gebruik te maak van die inligting en bewyse in die bronne, sowel as jou eie kennis, skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT lyne (ongeveer 80 woorde) om die impak van die Greensboro sitstakings op die Burgerregtebeweging in die Verenigde State van Amerika in die 1960's te verduidelik. (8) [50] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS 8 (Vraestel 1) 10791/21 AFDELING B: OPSTELVRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar NIE meer as TWEE vrae in hierdie afdeling nie. Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees. VRAAG 4: DIE UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE: VIËTNAM Die konvensionele oorlogvoering strategie wat deur die Verenigde State van Amerika aangeneem is, is oorweldig deur die guerrilla-taktiek wat tussen 1965 en 1975 deur die Viëtkong tydens die Vietnamese Oorlog gebruik is. Stem jy saam met hierdie stelling? Ondersteun jou argument met relevante bewyse. [50] VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: DIE KONGO Wat beide sy politieke en ekonomiese beleid beskou, was Mobuto Sese Seko se leierskap ondoeltreffend, en het uiteindelik sy land benadeel. Bespreek die bogenoemde stelling krities deur relevante bewyse te gebruik om jou argumentslyn te ondersteun. [50] VRAAG 6: BURGERLIKE SAMELEWING BETOGINGS VAN DIE 1950'S TOT DIE 1970's: SWART KRAGBEWEGING Verduidelik tot watter mate Malcolm X, Stokely Carmichael en die Black Panther Party daarin geslaag het om die filosofie van Swartmag onder die Afro-Amerikaners in die 1960's te vestig. Gebruik relevante inhoud om jou argumentslyn te ondersteun. [50] TOTAAL: 150 EINDE

Study this subject

More from Grade 12 History

View all