Skip to content

History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2021 Addendum (Afrikaans)

AddendumHistoryGrade 12202114 pages

Grade 12 History Paper 2 addendum from the Gauteng Mock Exam 2021 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2021 10792 GESKIEDENIS VRAESTEL 2 ADDENDUM 14 bladsye b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 2 (Vraestel 2) 10792/21 VRAAG 1: HOE HET BURGERLIKE ORGANISASIES IN DIE 1980's IN SUID- AFRIKA OP DIE NASIONALE PARTY SE HERVORMINGS VAN DIE APARTHEIDSBELEID GEREAGEER? BRON 1A Die uittreksel hieronder fokus op die vestiging van die Verenigde Demokratiese Front. Dit is gestig weens die apartheidsbeleide wat in die vroeë 1980's ingestel is. Die belangrikste en werklik oorspronklike organisatoriese uitdrukking van gewilde weerstand in die 1980's, was die Verenigde Demokratiese Front (UDF). Die UDF is in 1983 gestig. ’n Organisasie wat aanvanklik skynbaar gestig is om teenkanting teen die staat se grondwetlike voorstelle en ander wetgewing te mobiliseer. Die wetgewing was gesamentlik bekend as die Koornhof Wetsontwerpe, wat ook die Wet op Swart Plaaslike Owerhede ingesluit het. Die UDF as sambreel-organisasie het 'n koalisie van burgerlike verenigings, studente-organisasies, jeugkongresse, vrouegroepe, vakbonde, kerklike verenigings, sportklubs en 'n menigte ander organisasies byeengebring. Hulle het dikwels, weens hul affiliasie met die UDF, hul vermoë om onafhanklik te organiseer behou en verbeter. Die UDF het op sy hoogtepunt beweer dat die organisasie ongeveer 700 affiliate in 10 streeksgebiede gegroepeer gehad het, met 'n totaal van meer as twee miljoen lede. Met die toenemende oplewing van “township”-onrus wat in 1984 in alle erns begin het, was dit die jongmense van die woongebiede wat die hoof stukrag (motivering) agter die stryd verskaf het, terwyl die leierskap in 1988 aan die vakbonde oorgedra is. In een belangrike opsig het die UDF daarin geslaag om voort te bou op die ervaring van “township”-gebaseerde organisasies soos burgerlike verenigings, deurdat dit plaaslike en nasionale griewe suksesvol gekombineer het. Die eerste fase van die UDF het gevolg op aktiwiteite om teen verkiesings op te staan, asook teen die Driekamerparlement en die Koornhof Wetsontwerpe. Maar kort na Augustus 1984 het politieke aktiwiteite van die opposisie verskuif na ‘n stryd wat deur plaaslike gemeenskappe geïnisieer is. Hulle het bekommerd geraak oor basiese kwessies wat die lewe binne die swart woongebiede geraak het en dit het daartoe aanleiding gegee dat die tweede fase ingehuldig (geïnisieer) is. Die massa-oplewing het in September 1984 in alle erns toegeneem en het die vorm van bus- en huurboikotte, behuisingsbewegings, plakkersopstande, arbeidstakings, skoolbetogings en wegbly-aksies aangeneem. [Uit:https://libcom.org/library/peoples-politics-state-politics-aspects-national-liberation-south-africa- 1984-1994.] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 3 (Vraestel 2) 10792/21 BRON 1B Die volgende uittreksel gaan oor die reaksie van kerke teenoor die staat se onderdrukking in die 1980's. Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK), 'n interkerklike (inklusiewe geloof) forum van kerke, was prominent in die stryd vir sosiale geregtigheid. Hulle het ook die apartheidswette uitgedaag gedurende die jare van stryd in Suid-Afrika. Die leiers was onder andere, Desmond Tutu, Beyers Naudé en Frank Chikane. Die SARK het die idees van bevrydingsteologie, wat in die 1960's in Latyns- Amerika ontstaan het, in die 1980’s gewild gemaak. Die Christelike boodskap is geïnterpreteer as 'n manier om die armes te bevry, deur die gebruikmaking van direkte politieke optrede teen onregverdige wette wat gekenmerk is deur die strukturele (fisiese) geweld van die polisie en die weermag. In 1985 het SARK-teoloë die Kairos-dokument (Oomblik van Waarheid) uitgereik. Die Kairos-dokument het 'n beroep op kerke gedoen om op te staan vir die armes, die onderdruktes en ook op te tree teen die ongeregtighede van apartheid. Die dokument het verklaar dat Christene die behoeftes van die stryd om bevryding moet dien en sy lede moet mobiliseer om te werk en te beplan vir 'n verandering in die regering. Dit het ook burgerlike ongehoorsaamheid ondersteun. Biskop Tutu het in Desember 1985 by 'n Wêreldraad van Kerke se sitting in Harare die ongeduld van die jeug aangespreek oor die gebrek aan sosiale verandering wat die kerk nie kon voorsien nie: "Ons wat 'n vreedsame oplossing wil hê, word vinnnig ’n irrelevansie. Ons praat met woorde en hulle (die regering) antwoord met koeëls. Dit is waarom ek gesê het, as ek jonk was, sou ek Biskop Tutu lank gelede verwerp het." [Uit: https://www.sahistory.org.za/article/liberation-organisations.] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 4 (Vraestel 2) 10792/21 BRON 1C Die bron hieronder beskryf die reaksie van burgerlike verenigings op die onderdrukkende wette van die Nasionale Party. Die gemeenskapsrade is deur 'n “township-wye” koördineringskomitee verteenwoordig. Hierdie koördineringskomitees het gewoonlik verdedigend opgetree om die gemeenskap teen staatsonderdrukking en soms misdaad te beskerm. In baie gebiede het hierdie strukture egter die basis gevorm vir innoverende (vindingryke), pro-aktiewe ontwikkelingstrategieë. Hierdie netwerk van sosiale bewegings het apartheids-opgelegde strukture begin afbreek en gemeenskappe volgens demokratiese beginsels herskep. Talle opstande het binne die gemeenskappe ontstaan, in reaksie teen die wyse waarop die apartheidsregulering van basiese stedelike noodsaaklikhede soos behuising, grond, dienste (soos water en riool), vervoer, gesondheidsorg, kindersorg en opvoeding beheer is. Hierdie stryd het kop-aan-kop gebots met plaaslike regeringstrukture, wat berug was vir hulle korrupsie, waar lede verkies is, gebaseer op uiters lae peilings en waar die administrasie ondoeltreffend was, en fiskaal onlewensvatbaar. Protes het op ‘n klein skaal begin deur middel van petisies, vertoë en persverklarings. Toe die owerhede hierdie vertoë ignoreer, is wyer kollektiewe hulpbronne gemobiliseer in optogte, wegbly-aksies, boikotte, ensovoorts. Onvermydelik is hierdie optredes deur die geharde aksies van die veiligheidsmagte onderdruk. Dit was die doel van die apartheidstaat om die siklus van protes, onderdrukking en geweld wat dikwels met teen-geweld beantwoord was te bespoedig. Die Noodtoestande, wat die eerste keer in 1985 in werking getree het en tot middel-1989 voortgeduur het, was duidelik daarop gemik om hierdie sosiale bewegings op die grondvlak uit te wis. Vergaderings en organisasies is verbied, aktiviste is in hegtenis geneem en in die tronk gestop en talle weermagtroepe het die strate in die woonbuurte (“townships”) gepatrolleer. [Uit: https://www.saha.org.za/imagesofdefinace/community_azikhwelwa.htm.] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 5 (Vraestel 2) 10792/21 BRON 1D Die volgende bron toon die impak van die Noodtoestand in Suid-Afrika vanaf 1985. Tydens 'n Noodtoestand het die staat spesiale magte gehad en normale wette wat menseregte en siviele regte beskerm het omseil. TEISTERING!!! BOTHA SE HERVORMINGS [Uit: https://www.sahistory.org.za/sites/default/files/poster738.jpg.] ONS SAL NIE STILGEMAAK WORD NIE! b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 6 (Vraestel 2) 10792/21 VRAAG 2: HOE HET DIE WAARHEIDS- EN VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) DIE PROSES VAN REPARASIE HANTEER? BRON 2A Hierdie uittreksel is geskryf deur Desmond Tutu, die voorsitter van die WVK. Dit fokus op die redes vir die ontstaan van die Waarheids- en Versoeningskommissie in 1995. By die eerste byeenkoms van die Waarheids- en Versoeningskommissie, op Versoeningsdag in 1995, het ek gepraat oor die belangrikheid van politieke onpartydigheid (regverdigheid) van die proses, indien dit sou slaag. Dit was nie die vrome (opregte/morele) pleidooi aan die priester nie, dit was die Waarheidskommissie se regsmandaat. Ons hoef nie die moraliteit van mense se optrede te oordeel nie, maar moet liewer as 'n inkubasie (ontwikkeling/groei) area van nasionale genesing, versoening en vergifnis dien. Ons was 'n gewonde volk, as gevolg van die konflikte van die verlede. Dit maak nie saak aan watter kant ons gestaan het nie, ons het almal genesing nodig gehad. As lede van die kommissie was ons gewonde genesers. Die kommissie het drie tasbare take gehad, om ‘n volledige beeld te verkry van die oorsake, aard en omvang van die growwe skendings van menseregte wat tussen 1960 en 1994 voorgekom het deur ondersoeke te doen en ‘n waardige platform te skep vir slagoffers en oortreders van menseregteskendings om hul stories te vertel; om amnestie aan kwalifiserende oortreders van menseregteskendings toe te staan en om aanbevelings aan die regering oor reparasies te maak. Dit het ook 'n breër en minder tasbare (raakbare) verantwoordelikheid gehad om by te dra tot die ontwikkeling van 'n fundamenteel nuwe, deernisvolle, regverdige en morele samelewing. “Die doelwitte van die kommissie sal wees om nasionale eenheid en versoening te bevorder, in 'n gees van begrip, wat die konflik en verdeeldheid van die verlede sal oortref," is in die Wet op die Bevordering van Nasionale Eenheid en Versoening van 1995 gestipuleer. “Ons is bevoorreg om op hierdie kommissie te wees. Ek het vir my nuwe span kommissarisse aangesê om ons land en ons mense te help om vir eens en vir altyd vrede te maak met ons donker verlede. " Die struktuur van Suid-Afrika se Waarheidskommissie, en die beginsels wat die werk onderlê (ondersteun) het, is in baie ander lande vereer en nagevolg. [Uit: https://mg.co.za/article/2014-04-24-unfinished-business-of the-trc-healing.] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 7 (Vraestel 2) 10792/21 BRON 2B Die bron hieronder, 'n artikel deur B. Hamber en B. Dishington, fokus op die reaksies op die Waarheids- en Versoeningskommissie se reparasiebeleid. Die laaste paar weke het 'n vlaag (vloed) van mediaberigte oor die Waarheids- en Versoeningskommissie se reparasie beleid voorgekom. Slagoffers wat voor die WVK getuig het, het hulle daarvan beskuldig dat hulle te stadig op die WVK se aanbevelings gereageer het. Die regering het die WVK blameer, omdat die WVK nie al die geld wat aan die reparasie begroting toegewys is, bestee het nie. Hoe ons ook al daarna kyk, die slagoffers het onregverdige behandeling ontvang. Hulle is geviktimiseer deur wat in die verlede met hulle gebeur het en moes kyk hoe oortreders amnestie kry. Hulle het twee en 'n half jaar lank gewag vir sogenaamde dringende tussentydse (tydelike) betalings, wat gemiddeld 'n bietjie meer as R3 500 beloop het vir oortredings soos moord en verkragting. Om sake te vererger, het die WVK se aanbevelings oor langtermyn reparasies wat in Oktober 1998 ter tafel gelê is, gesloer. Dit was steeds ‘n omvattende (belangrike) onderwerp van bespreking wat verder gegaan het as blote politieke afknouery om haalbare (moontlike) oplossings te ondersoek. Die reg op reparasie vir verkeerde dade word al lank reeds erken as 'n fundamentele regsbeginsel, noodsaaklik vir die funksionering van regstelsels. Reparasie word erken deur internasionale verdrae en plaaslike regstelsels in besluitneming deur die Verenigde Nasies se Menseregte en Nasionale Regspraktyk, asook in verskeie ander internasionale verdrae. Onlangse verwikkelinge dui daarop dat reparasies binnekort 'n internasionale standaard sal word en nie net 'n beginsel nie. As reparasies dus nie op die lange duur aan slagoffers toegestaan word nie, en laat ons hoop dit is nie die geval nie, sal dit vir hulle moontlik wees om te bepaal of Suid-Afrika hierdie verpligtinge nakom. [Uit: Sunday Independent] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 8 (Vraestel 2) 10792/21 BRON 2C Die bron hieronder verduidelik hoe slagoffers van apartheid 1 miljoen rand elk in reparasie-koste geëis het. 'n Skare slagoffers van apartheid het Dinsdag by die Uniegebou in Pretoria vergader en 'n dringende vergadering met president Cyril Ramaphosa geëis. Die groep bejaardes, baie van hul het krukke gebruik om hulle te help loop, is gelei deur die aktivis Nomarussia Bonase van die Khulumani -ondersteuningsgroep, 'n organisasie wat apartheidsera slagoffers en aktiviste ondersteun. "Ons is van Gauteng, maar wat ons hierheen gebring het, is 'n nasionale mandaat en die eise van die Khulumani-ondersteuningsgroep. Dit is nou 25 jaar en ons is steeds op hierdie reis en ons probeer om die regering te betrek om oor ons eise te praat. Ons is 'n gewonde samelewing. Ons is deur apartheid gewond. Ná 1994 is die Waarheids- en Versoeningskommissie (WVK) gevorm, en daardie kommissie was bedoel om vrede te bring, die waardigheid van mense wat deur apartheid geskend is, te herbou en te herstel," het Bonase aan die African News Agency gesê. "Tydens die WVK het mense wat slagoffers van apartheid was gesê hulle het reparasie nodig. Die WVK het 'n aanbeveling gemaak dat slagoffers en hul gesinne individuele reparasies moet kry. Hulle het 'n finansiële pakket vir elke individu aanbeveel wat op daardie tydstip nie minder as R120 000 sou wees nie. Dit was in 1998. Hulle het ook gesê hulle sou die slagoffers behoorlike behuising gee, die slagoffers met behoorlike medikasie help en hulle ook met onderwys ondersteun." "Die ander was simboliese reparasies wat 'n simbool sou wees om nie te vergeet wat tydens apartheid gebeur het nie. Vir ons het dit daaroor gegaan om ons stories te skryf, in boeke te verskyn en ook om monumente en grafstene vir die slagoffers op te rig. Hierdie demokrasie waaroor ons vandag praat, het onstaan as gevolg van bloed wat gestort is. Ons het mense wat verdwyn het, se families hier," het sy gesê. “Daar is ook mense hier wat gewond is. Hulle het hulp nodig. Al hierdie dinge is deel van wat ons eis. Die regering het sedertdien net sowat 22 000 stories aangehoor en slegs 15 000 mense is vergoed. Daardie mense is ook hier, vir hulle is slegs R30 000 gegee. Ons regering het steeds onvoltooide besigheid met die WVK." Bonase het gesê die slagoffers eis nou "'n dringende behoorlike reparasie" wat sou help om hul wonde te genees. [Uit: https://www.iol.co.za/news/politics/victims-of-apartheid-demand-r1m-each-in-reparations] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 9 (Vraestel 2) 10792/21 BRON 2D Die volgende spotprent deur Zapiro het op 29 Oktober 1998 in die Sowetan-koerant verskyn. Dit evalueer die werk van die WVK. REGERING SE VERGOEDINGS AANBEVELINGS DEUR DIE WVK VIR APARTHEIDS-ERA GRUWELDADE ONS IS ONBEPAALD UITBETALINGS VERSKONINGS GESLUIT, JY SAL BY DIE VOLGENDE VENSTER BEDIEN WORD [Uit: https://www.google.com/search?q=zapiro+cartoons+on+reparations.] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 10 (Vraestel 2) 10792/21 VRAAG 3: HOE HET GLOBALISERING WERKERS IN ONTWIKKELENDE LANDE BEÏNVLOED? BRON 3A Die bron hieronder fokus op die invloed van globalisering. Ons kommunikeer en deel nou mekaar se kulture deur handel, reis en die vervoer van produkte regoor die wêreld binne ure of dae. Ons is in 'n groot globale ekonomie waar iets wat op een gebied gebeur, wêreldwyd 'n uitkring- effek kan hê. Hierdie proses word globalisering genoem. Globalisering is die proses waardeur die wêreld toenemend, onderling verbind word as gevolg van massiewe (grootliks) verhoogde handel en kulturele uitruilings. Globalisering het die produksie van goedere en dienste verhoog. Die grootste maatskappye is nie meer nasionale maatskappye nie, maar multinasionale korporasies met filiale (besighede) in baie lande. Voorbeelde van multinasionale korporasies is Starbucks, McDonalds en Nike. Globalisering vind al honderde jare plaas, maar het die afgelope halfeeu geweldig toegeneem. Globalisering het gelei tot 'n verhoogde internasionale handel en maatskappye wat in meer as een land werksaam is. Daar is 'n groter afhanklikheid van die wêreldekonomie en vryer beweging van kapitaal, goedere en dienste. Hoewel globalisering waarskynlik help om meer rykdom in ontwikkelende lande te skep, help dit nie om die gaping tussen die wêreld se armste lande en die wêreld se rykste lande te verklein nie. [Uit: https://www.bbc.co.uk/bitesize/guides/zxpn2p3/revision/1] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 11 (Vraestel 2) 10792/21 BRON 3B Die volgende bron verduidelik die impak van multinasionale korporasies op die lewens van werkers in ontwikkelende lande. Multinasionale korporasies bied 'n toevloei van kapitaal na die ontwikkelende land. Die belegging om ‘n fabriek te bou word gereken as 'n kapitaalvloei op die finansiële rekening van die betalingsbalans (verskil tussen inkomstes en uitgawes). Hierdie kapitaalbelegging help die ekonomie om sy produktiewe kapasiteit te ontwikkel en te verhoog. Een van die beste maniere om die vlak van ekonomiese groei te verhoog, is om 'n invloei van kapitaal uit die buiteland te voorsien. Die invloei van kapitaal help om buitelandse beleggings te finansier en stel ontwikkelende lande in staat om invoere te koop. Multinasionale korporasies verskaf werk. Hoewel lone, volgens Westerse standaarde baie laag voorkom, sien mense in ontwikkelende lande dikwels hierdie nuwe werksgeleenthede as ‘n beter uitkoms, as om vir bestaansboere met selfs laer inkomste te gaan werk. “Sweatshop” arbeid is beter as die alternatief van werk soek, aas (bakhand staan) of geen betaalde indiensneming te verkry nie. Ekonome is nie almal oortuig dat “sweatshop” arbeid noodwendig 'n goeie ding is nie. Kritici argumenteer dat swak arbeidstoestande multinasionale korporasies toelaat om hul monofoniese (beherende) krag te gebruik om laer lone aan werkers te betaal as wat hulle veronderstel is om te betaal. Multinasionale maatskappye kan help om die infrastruktuur in die ekonomie te verbeter. Hulle kan die vaardighede van hul arbeidsmag verbeter. Buitelandse beleggings kan besteding in die infrastruktuur soos paaie en vervoer stimuleer. Multinasionale maatskappye help om die ekonomie te diversifiseer vanaf die volslae afhanklikheid van primêre produkte en landbou – wat dikwels onderhewig is aan wisselvallige pryse en aanbod. [Uit:https://www.economicshelp.org/blog/1413/development/multinational-corporations-in- developing-countries/] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 12 (Vraestel 2) 10792/21 BRON 3C Die spotprent hieronder beeld die toestande uit waaronder werkers in ontwikkelende lande goedere vir multinasionale maatskappye soos Nike produseer. ONS WIL BILLIKE INTUSSEN, IN 'N “SWEATSHOP” WERKSOMSTANDIGHEDE IEWERS IN INDONESIË... HÊ NIKE [Uit: https://caribbeandilemma.wordpress.com/2015/03/12/behind-the-swoosh-do-sweatshop- create-employment-or-exploitation/] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 13 (Vraestel 2) 10792/21 BRON 3D Die volgende bron beskryf hoe die burgerlike samelewing betoog het teen die uitbuiting van werkers deur multinasionale maatskappye soos Nike. Nike is een van die sakewêreld se skitterende voorbeelde van hoe om die openbare beeld van ‘n onderneming te herstel. In die 1990's is die maatskappy geteister deur berigte dat “sweatshops” en kinderarbeid gebruik word. Druk het toegeneem tot 1998, toe Nike se medestigter Phil Knight, in die openbaar homself verbind het tot die verandering van die maatskappy se praktyke. Nike het dan ook die volgende dekade juis dit gedoen. Nou dreig Nike se “sweatshops”-probleem om terug te keer. Op 29 Julie het studente en aktiviste regoor die wêreld deelgeneem aan 'n dag van protes teen Nike, georganiseer deur United Students Against Sweatshops (USAS). Die demonstrasies wat plaasgevind het in stede soos Boston, Washington D.C., Bangalore en San Pedro Sula in Honduras, het gelei tot ‘n toename in die bewerings teen Nike wat weer begin opvlam het. Van die bewerings is dat werkers by 'n Nike-kontrakfabriek in Hansae, Viëtnam, aan loondiefstal en aan verbale mishandeling onderwerp is, ure lank moes werk in hoë temperature,oor die limiet van 90 grade, tot op die punt dat hulle by hul naaldwerkmasjiene ineenstort. Nike word ook daarvan beskuldig dat arbeidsgeleenthede verminder is wat aanleiding daartoe gegee het dat honderde werkers belangrike werksgeleenthede verloor het. Die maatskappy het ook na bewering die onafhanklike moniteringsgroep Worker Rights Consortium (WRC) toegang ontken om sy kontrakfabrieke te inspekteer. Die WRC is in 2000 deur universiteite, internasionale arbeidsregskenners en studentegroepe gestig om te verseker dat produkte met universiteitslogo's daarop, gemaak word onder toestande wat werkers se regte respekteer. [Uit: https://qz.com/1042298/nike-is-facing-a-new-wave-of-anti-sweatshop-protests.] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 14 (Vraestel 2) 10792/21 ERKENNINGS Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem: https://libcom.org/library/peoples-politics-state-politics-aspects-national-liberation- south-africa- https://www.sahistory.org.za/article/liberation-organisations https://www.saha.org.za/imagesofdefinace/community_azikhwelwa.htm https://www.saha.org.za/imagesofdefinace/takeyourhandsoffmeimaworkernotatoya womansplaceisinthestruggle.htm https://www.sahistory.org.za/sites/default/files/poster738.jpg https://www.bbc.co.uk/bitesize/guides/zxpn2p3/revision/1 https://www.economicshelp.org/blog/1413/development/multinational- corporations-in-developing-countries/ https://www.economicshelp.org/blog/1413/development/multinational- corporations-in-developing-countries/ https://qz.com/1042298/nike-is-facing-a-new-wave-of-anti-sweatshop-protests/ https://mg.co.za/article/2014-04-24-unfinished-business-of-the-trc- healing.Accessed on 03 May 2021 https://www.iol.co.za/news/politics/victims-of-apartheid-demand-r1m-each-in- reparations-.Accessed https://www.google.com/search?q=zapiro+cartoons+on+reparations http://ecexams.co.za/2016_September_Trial_Exams.htm EINDE

Study this subject

More from Grade 12 History

View all