Downloaded from hlayiso.com
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2021
NASIENRIGLYNE
GESKIEDENIS (VRAESTEL 2) (10792)
24 bladsye
Skip to contentAll 2021 papers %20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c/v1-b616c542a8e748051a3c/card.webp)
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--9c825710-3cb6-41a5-83f1-ec4a4f9c153e/v1-42f62c7d1fe7c7105c27/card.webp)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed/v1-eaba88523cccc85340dd/card.webp)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995/v1-4bd7c3b8e18e806e9bbb/card.webp)
)%202015%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955/v1-6ab5452db578d608b6e0/card.webp)

View all




%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5/v1-08263ca49c7d250a5368/card.webp)
History Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2021 Memo (Afrikaans)
Grade 12 History Paper 2 memorandum from the Gauteng Mock Exam 2021 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Memorandum, 24 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2021
- Exam period
- Gauteng Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 24
- File size
- 1.1 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 24
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
10792/21
1. BRONGEBASEERDE VRAE
1.1 Die volgende kognitiewe vlakke word gebruik om brongebaseerde vrae te
ontwikkel:
Kognitiewe
Historiese vaardighede Gewig van vrae
vlakke
Onttrek inligting uit bronne
Keuse en organisasie van relevante inligting uit 30%
VLAK 1
bronne (15 punte)
Definieer historiese konsepte/terme
Interpretasie van bewyse uit bronne
40%
VLAK 2 Verduidelik inligting wat uit bronne versamel is
(20 punte)
Ontleed bewyse uit bronne
Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne
Bespreek bronne om die nuttigheid,
betroubaarheid, vooroordeel en beperkings te
30%
VLAK 3 bepaal
(15 punte)
Vergelyk en kontrasteer interpretasies en
perspektiewe wat in bronne aangebied word en
verkry ’n onafhanklike gevolgtrekking
1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word:
• By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet aan enige ander geldige en relevante
standpunte, argumente, bewyse of voorbeelde gegee word.
• By die toekenning van punte moet klem geplaas word op hoe die vereistes van die vraag
aangespreek is.
• In die nasienriglyne word die vereistes van die vraag (vaardighede wat aangespreek moet
word) asook die vlak van die vraag, kursief aangedui.
2. OPSTELVRAE
2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate:
• In staat sal wees om hul argument te struktureer in 'n logiese en samehangende wyse.
Hulle moet die relevante inligting kies, organiseer en saamvoeg sodat hulle 'n redelike
reeks feite of 'n effektiewe argument kan aanbied om die vraag wat gestel word, te
beantwoord. Dit is noodsaaklik dat 'n opstel 'n inleiding, 'n samehangende en
gebalanseerde liggaam van bewyse en 'n gevolgtrekking het.
2.2 Nasien van opstelvrae
• Merkers moet daarvan bewus wees dat die inhoud van die antwoord gelei sal word
deur die handboeke wat by die sentrum gebruik word.
• Kandidate kan enige ander relevante inleiding en/of gevolgtrekking hê as dié wat by
'n spesifieke opstel nasienriglyn vir 'n spesifieke opstel ingesluit is.
.
2
Downloaded from hlayiso.com
10792/21
2.3 Globale assessering van die opstel
Die opstel sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat die
onderwyser die algehele produk as ’n geheel aanteken, sonder om die komponent dele
afsonderlik aan te teken. Hierdie benadering moedig die leerder aan om 'n individuele
mening te bied deur geselekteerde feitlike bewyse te gebruik om 'n argument te
ondersteun. Daar sal nie van die leerder verwag word om bloot 'feite' te heroorweeg om 'n
hoë punt te behaal nie. Hierdie benadering ontmoedig leerders om 'model' antwoorde voor
te berei en hulle te reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag te
oorweeg. Holistiese assessering, in teenstelling met inhoudsgebaseerde assessering
penaliseer leerders nie vir onbereikende taal nie. Klem word op die volgende geplaas:
• Die konstruksie van die argument.
• Die toepaslike seleksie van feitlike bewyse om die argument te ondersteun.
• Die leerder se interpretasie van die vraag.
2.4 Assesseringsprosedures van die opstel
2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die opstel geassesseer word.
2.4.2 Tydens die lees van die opstel moet regmerkies toegeken word vir 'n relevante
inleiding (wat deur ’n koeël in die nasienriglyn aangedui word), die belangrikste
aspekte/liggaam van die opstel wat die lyn van argument onderhou/verdedig (wat
deur koeëls in die nasienriglyn aangedui word) en 'n relevante gevolgtrekking (wat
deur ’n koeël in die nasienriglyn aangedui word).
Byvoorbeeld, in 'n opstel waar daar vyf (5) hoofpunte is, kan daar ongeveer sewe
(7) regmerkies wees.
2.4.3 Hou die PEEL-struktuur in gedagte tydens die nasien van ’n opstel.
P Punt: Die kandidaat stel die opstel bekend deur 'n
argumentslyn duidelik te stel/'n belangrike punt te maak.
Elke paragraaf moet 'n punt insluit wat die belangrikste
(argumentslyn) onderhou wat in die inleiding bekendgestel is.
E Verduideliking: Die kandidaat moet in meer detail verduidelik
waaroor die hoofpunt gaan en hoe dit verband hou met die
vraag wat gestel word (lyn van argument).
E Voorbeeld: Kandidate moet die vraag beantwoord deur inhoud
te kies wat relevant is vir die lyn van argument. Relevante
voorbeelde moet gegee word om die argumentslyn te
onderhou.
L Skakel: Kandidate moet verseker dat die argument regdeur
volgehou word en samehangend geskryf word.
3
Downloaded from hlayiso.com
10792/21
2.4.4 Die volgende simbole MOET gebruik word wanneer 'n opstel geassesseer word:
• Inleiding, hoofaspekte en gevolgtrekking nie behoorlik gekontekstualiseer nie
^
• Verkeerde stelling _________________
• Irrelevante inligting |
|
|
• Herhaling R
• Analise A√
• Interpretasie I√
• Lyn van Argument LOA
2.5 Die matriks
2.5.1 Gebruik van die matriks in die nasien van opstelle
In die nasien van opstelle moet die kriteria soos voorsien in die matriks gebruik word. By
die assessering van die opstel, let op albei die inhoud en aanbieding.By die snypunt van
die inhoud en aanbieding gebaseer op die sewe vaardigheidsvlakke, moet ’n punt
toegeken word.
1. Die eerste lesing van uitgebreide skryfwerk sal wees om te bepaal tot watter
mate die hoofaspekte gedek word en om die inhoudsvlak (op die matriks) toe
te ken.
I VLAK 4
(b) Die tweede lesing van uitgebreide skryfwerk hou verband met die vlak (op
die matriks) van aanbieding.
I VLAK 4
A VLAK 3
(c) Ken 'n algehele punt toe met die gebruik van die matriks.
I VLAK 4 }26–27
A VLAK 3
4
Downloaded from hlayiso.com
10792/21
NASIENMATRIKS VIR OPSTELLE – TOTAAL PUNTE: 50
VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1*
AANBIEDING Baie goed beplande Baie goed Goed beplande en Argument beplan en Toon ’n mate van Poging aangewend om Min of geen poging om
en gestruktureerde beplande en gestruktureerde gestruktureer. bewys van 'n antwoord te struktureer. die opstel te
opstel. Goeie sintese gestruktureerde opstel. Bewyse tot 'n gestruktureerde en Grootliks beskrywend of struktureer nie.
van opstel. 'n Relevante Poog om 'n duidelike sekere mate gebruik beplande argument. poog om argument te
inligting. Het 'n goed argument is argument te om argument te Poog om 'n argument ontwikkel. Geen poging
gebalanseerde, ontwikkel. Bewyse ontwikkel. ondersteun. vol te hou. om 'n gevolgtrekking te
oorspronklike gebruik om die Gevolgtrekking Slotsom bereik op Gevolgtrekking nie
maak nie.
argument ontwikkel argument te gemaak uit bewyse grond van bewyse. duidelik deur bewyse
met bewyse. verdedig. Poog om 'n om die argument te ondersteun nie.
Argument deurgaans onafhanklike
INHOUD ondersteun.
gevolgtrekking uit
volgehou en
die bewyse te maak
verdedig.
om die argument te
Onafhanklike
ondersteun.
gevolgtrekking
gemaak uit bewyse
om die argument te
ondersteun.
VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudskeuse ten 47–50 43–46
volle relevant tot
argument wat
gevolg is.
VLAK 6
Vraag is
beantwoord.
Inhoudseleksie 43 – 46 40 – 42 38 – 39
relevant tot
argument wat
gevolg is.
VLAK 5
Vraag grotendeels
beantwoord. 38 – 39 36 – 37 34 – 35 30 – 33 28 – 29
Inhoud toereikend
en relevant.
VLAK 4
Vraag herkenbaar in
antwoord. Sommige
weglatings of 30 – 33 28 – 29 26 – 27
irrelevante keuse
van inhoud.
VLAK 3
Keuse van inhoud
hou verband met
vraag, maar
beantwoord dit nie, 26 – 27 24 – 25 20 – 23
of hou soms nie
verband met die
vraag nie.
Weglatings.
VLAK 2
Vraag ontoereikend
beantwoord. 20 – 23 18 – 19 14 – 17
Inhoud skraal.
VLAK 1*
Vraag ontoereikend
beantwoord of glad
nie. Ontoereikend
14 – 17 0 – 13
of irrelevante
inhoud.
* Riglyne vir toekenning van ’n punt by Vlak 1:
Vraag glad nie aangespreek nie/heeltemal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0
Antwoord sluit basiese en oor die algemeen irrelevante inligting in = 1–6
Vraag onvoldoende aangespreek en vaag; min poging om die opstel te struktureer = 7 – 13
5
Downloaded from hlayiso.com
10792/21
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: HOE HET BURGERLIKE ORGANISASIES IN DIE 1980's IN SUID-
AFRIKA OP DIE NASIONALE PARTY SE HERVORMINGS VAN
DIE APARTHEIDSBELEID GEREAGEER?
1.1 1.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
Om teenkanting teen die staat se grondwetlike voorstelle en ander
wetgewings te mobiliseer. (1 x 1) (1)
1.1.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]
Die apartheid wetgewing ingestel in 1982 as 'n manier van
hervorming ( Nuwe ooreenkoms/beleid) van apartheid.
(Enige ander relevante respons) (1 x 2) (2)
1.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
Burgerlike verenigings
Studente-organisasies
Jeugkongresse
Vrouegroepe
Vakbonde
Kerkverenigings
Sportklubs (enige 2 x 1) (2)
1.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
Twee miljoen mense (1 x 1) (1)
1.1.5 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
a) Jongmense het die stukrag vir die stryd verskaf.
b) Vakbonde het leierskap verskaf. (2 x 1) (2)
1.1.6 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]
Die Driekamerparlement het nie swart mense ingesluit nie.
Dit was ook slegs beperk tot Indiërs en Kleurlinge, wat nie in die
Volksraad kon stem nie.
(Enige ander relevante respons) (2 x 2) (4)
6
Downloaded from hlayiso.com
10792/21
1.2 1.2.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
Dit verduidelik dat die SAKP teen rassisme (nie-rassig) gekant
was.
Dit verduidelik dat dit oor verskillende denominasies was omdat
die drie leiers van verskillende kerke is.
Dit was 'n vreedsame organisasie wat vreedsame verandering
geëis het, aangesien dit deur kerkleiers gelei is.
(Enige ander relevante antwoord) (enige 1 x 2) (2)
1.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
Polisie het mense gemartel.
Hulle het mense vermoor.
Hulle het teenstanders gearresteer en aangehou.
(Enige ander relevante respons) (enige 1 x 2) (2)
1.2.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
Die Kairos Dokument het die volgende voorstelle gemaak:
Vir die kerk om op te staan vir die armes en die onderdruktes.
Vir die kerk om op te staan teen die ongeregtighede van apartheid.
Vir Christene om die behoeftes van die stryd om bevryding te dien.
Vir Christene om lede te mobiliseer om te werk en te beplan vir 'n
verandering in die regering. (enige 2 x 1) (2)
1.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
Hy het bedoel dat geweldlose (vreedsame) aksies gedurende die
tyd nie gehelp het nie, aangesien die staat wel geweld gebruik het.
Om vreedsaam te wees is irrelevant omdat daar geweld van die
weermag is.
Hy het bedoel dat die regering gewere/wapens gebruik het en dus
het dit nie gehelp om vreedsame oplossings te gebruik nie.
(Enige ander relevante respons) (enige 2 x 2) (4)
1.2.5 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
“Ons wat 'n vreedsame oplossing wil hê, word vinnig ’n
irrelevansie.”
“Ek sou Biskop Tutu lank gelede verwerp het.” (2 x 1) (2)
7
Downloaded from hlayiso.com
10792/21
1.3 1.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
Staatsonderdrukking
Soms misdaad (2 x 1) (2)
1.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2]
Wet op Swart Stedelike Owerhede Wet op Swart Plaaslike
Owerhede. (1 x 2) (2)
1.3.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
Geharde veiligheidsmag aksies.
Vergaderings en organisasies is verbied.
Aktiviste is aangehou en tronk toe gestuur.
Weermag troepe patrolleer “township” strate.
Organisasies is verbied.
(enige 2 x 1) (2)
1.3.4 [Evaluering van die nuttigheid/bruikbaarheid van Bron 1C – V3]
Die bron is nuttig/bruikbaar omdat:
Dit verduidelik die redes vir burgerlike betogings wat teen
apartheid beleide gekant was
Dit verduidelik die wyse waarop burgerlike betogings plaasgevind
het, wat boikotte, wegbly-aksies en optogte insluit.
Dit verduidelik die reaksie van die Nasionale Party regering
teenoor die protesaksies wat arrestasies, aanhouding en
weermag patrollies in “townships”/swart woongebiede insluit.
(Enige ander relevante respons) (2 x 2) (4)
1.4 [Vergelyking van bewyse uit Bronne 1B en 1D – V3]
Albei bronne noem dat die rede vir die opposisie teen die regering was om
teen die apartheidswette te veg.
Bron 1B sê die stryd teen ongeregtighede moet gedoen word deur direkte
politieke konfrontasie van onregverdige wette en in 1C het aktiviste kop-
aan-kop konfrontasies met regeringstrukture gehad.
Bron 1B sê die regering het koeëls gebruik om die aktiviste te beveg en
Bron 1C noem dat die weermag na die “townships” gestuur is.
Bron 1B sê die Kairos-dokument van die SAKP het burgerlike
ongehoorsaamheid ondersteun. Bron 1C bevestig die burgerlike
ongehoorsaamheid van wegbly-aksies en boikotte.
(Enige ander relevante respons) (enige 2 x 2) (4)
8
Downloaded from hlayiso.com
10792/21
1.5 1.5.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]
Om die gruweldade wat tydens die noodtoestand plaasgevind het,
aan te dui.
(Enige ander relevante respons) (1 x 2) (2)
1.5.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]
Aanhouding/Detensie skend die regte van aktiviste.
Die doodskiet van aktiviste/die gebruik van koeëls is ook 'n
skending van hul regte.
Weiering om vergaderings toe te laat is 'n skending van hul
menseregte.
(Enige ander relevante respons) (1 x 2) (2)
1.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van relevante bronne – V3]
Kandidate kan die volgende aspekte in hul reaksie insluit:
UDF het 'n beroep gedoen op organisasies wat apartheid wou teenstaan
om bymekaar te kom en te verenig. (Bron 1A)
Moedig eenheid aan. (Eie kennis)
UDF is gestig wat bestaan het uit 'n koalisie van verskillende groepe en
organisasies. (Bron 1A)
SAKP, UDF- en burgerlike verenigings het 'n beroep gedoen op 'n stryd
teen maatskaplike ongeregtighede en vir 'n demokratiese Suid-Afrika.
(Bronne 1A, 1B, 1C en 1D)
Die Indiërs en Kleurlinge is ontmoedig om te stem. (Eie kennis)
Alle Koornhof Wetsontwerpe/Nasionale Party se hervormingsbeleide van
apartheid is verwerp.(Bron 1A)
Kairos-dokument deur SAKP aanvaar om vir armes te veg. (Bron 1B)
Teenkanting teen die regering het die stryd om beter onderwys, grond en
behuising ingesluit. (Bronne 1A,1C en 1D)
Burgerlike ongehoorsaamheid, direkte konfrontasie, boikotte ens. is deur
bevrydingsbewegings gebruik. (Bronne 1C en 1D)
Die koalisie van UDF-groepe het 'n beroep gedoen op eenheid oor ras- en
party-groeperinge. (Bronne 1B,1C en 1D)
Weiering om gelei te word deur raadslede wat ingevolge die
apartheidswette verkies is. (Bron 1C)
(Enige ander relevante antwoord)
9
Downloaded from hlayiso.com
10792/21
Gebruik die rubriek om die paragraaf te merk.
Gebruik bewyse op 'n elementêre wyse, bv. toon
geen of min begrip om te verduidelik hoe die
verskeie burgerlike organisasies in die 1980's
op die Nasionale Party se hervorming van die PUNTE
VLAK 1
apartheidsbeleid in Suid-Afrika gereageer het 0–2
nie.
Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n
paragraaf oor die onderwerp skryf nie.
Bewyse is meestal relevant en hou tot 'n groot
mate verband met die onderwerp, bv. dui ’n
gedeeltelike begrip wanneer hulle verduidelik
hoe die verskeie burgerlike organisasies in die
PUNTE
VLAK 2 1980's op die Nasionale Party se hervorming
3–5
van die apartheidsbeleid in Suid-Afrika
gereageer het.
Gebruik bewyse op 'n baie basiese wyse om 'n
paragraaf te skryf.
Gebruik relevante bewyse, bv. demonstreer 'n
deeglike begrip wat verduidelik hoe die
verskeie burgerlike organisasies in die 1980's
op die Nasionale Party se hervorming van die PUNTE
VLAK 3
apartheidsbeleid in Suid-Afrika gereageer het. 6–8
Gebruik bewyse baie effektief in 'n
georganiseerde paragraaf wat 'n begrip van die
onderwerp toon.
(8)
[50]
10
Downloaded from hlayiso.com
10792/21
VRAAG 2: HOE HET DIE WAARHEIDS- EN VERSOENINGSKOMMISSIE
(WVK) DIE PROSES VAN REPARASIE (HERSTEL) HANTEER?
2.1 2.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
“Ons hoef nie die moraliteit van mense se optrede te oordeel nie,
maar moet liewer as 'n inkubasie (ontwikkeling/groei)
ruimtekamer van nasionale genesing, versoening en vergifnis
optree.” (1 x 2) (2)
2.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
Om nasionale eenheid te bevorder.
Om versoening te bevorder. (2 x 1) (2)
2.1.3 [Definisie van ’n historiese konsepte – V2]
Vergoeding/betaling en finansiële hulp verskaf aan slagoffers van
growwe menseregteskendings.
(Enige ander relevante respons) (1 x 2) (2)
2.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
Om ’n volledige beeld te verkry van die moontlike oorsake, aard
en omvang van growwe skendings van menseregte wat tussen
1960 en 1994 gepleeg is en om ondersoeke te doen en waardige
platforms vir slagoffers en oortreders van menseregteskendings
te skep om hul stories te vertel.
Om amnestie toe te staan aan kwalifiserende oortreders van
menseregteskendings.
Om aanbevelings aan die regering oor reparasies te maak. Dit
het ook 'n breër en minder tasbare/konkrete verantwoordelikheid
gehad om by te dra tot die ontwikkeling van 'n fundamenteel
nuwe, deernisvolle, regverdige en morele samelewing. (3 x 1) (3)
2.1.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]
Desmond Tutu het geïmpliseer dat hy aan sy mede-
kommissarisse gesê het dat hulle Suid-Afrikaners, beide
oortreders en slagoffers, moet aanmoedig om na vore te kom en
voor die WVK te getuig.
Hy het die slagoffers en oortreders aangemoedig om hul kant
van die storie te vertel sodat hulle kan genees en afsluiting kan
kry.
Hy het die slagoffers en oortreders aangemoedig om hul kant van
die storie te vertel sodat versoening in Suid-Afrika bereik kan
word/om die doele van die WVK om te versoen en verenig te
bereik.
(Enige ander relevante respons) (enige 2 x 2) (4)
11
Downloaded from hlayiso.com
10792/21
2.2 2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
Slagoffers wat voor die WVK getuig het, het hulle daarvan
beskuldig dat hulle te stadig op aanbevelings gereageer het.
Hulle het twee en 'n half jaar lank gewag vir sogenaamde
dringende tussentydse betalings, wat gemiddeld 'n bietjie meer
as R3 500 beloop vir oortredings soos moord en verkragting.
(2 x 1) (2)
2.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]
a) As die oortreders die hele waarheid blootgestel het, dan is
amnestie gegee. OF As die oortreders bewys het dat hul
misdade polities gemotiveerd was, is amnestie gegee. (1 x 2) (2)
b) Die reparasie beleid was vyandig teenoor die slagoffers van
growwe menseregteskendings, hulle is nie onmiddellik betaal nie,
hulle het ná twee en 'n half jaar tussentydse betalings ontvang.
(1 x 2) (2)
(Enige ander relevante respons)
2.2.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
R3 500 (1 x 1) (1)
2.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]
Om die lande wat dieselfde geskiedenis as Suid-Afrika het, aan
te moedig om Suid-Afrika se reparasie-proses te kopieer of na te
boots as 'n goeie voorbeeld van nasiebou.
Sodat mense se menseregte gerespekteer kan word.
(Enige ander relevante antwoord) (1 x 2) (2)
2.3 2.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
Hulle het 'n dringende vergadering met president Ramaphosa
geëis. (1 x 2) (2)
2.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]
Dit het slagoffers na die Uniegebou vergesel om reparasies van
die regering te eis.
Dit het regsverteenwoordiging aan die slagoffers verskaf sodat
die regering die reparasies aan die slagoffers kan betaal soos
deur die WVK aanbeveel.
Dit het sopkombuise verskaf aan die slagoffers wat nie
reparasies ontvang het nie.
Dit het berading aan die slagoffers verskaf.
(Enige ander relevante antwoord) (enige 1 x 2) (2)
2.3.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
Nomarussia Bonase (1 x 2) (2)
12
Downloaded from hlayiso.com
10792/21
2.3.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]
Die slagoffers het ná 25 jaar nie die reparasies van die WVK
ontvang nie.
Hulle het reparasies nodig gehad om hulle mediese rekeninge te
betaal weens die beserings wat hulle tydens apartheid opgedoen
het.
Hulle moes hulle lewens herbou om te vergoed vir wat hulle
tydens die apartheidsera verloor het.
(Enige ander relevante respons) (enige 1 x 2) (2)
2.3.5 [Verduidelik die bruikbaarheid van Bron 2C – V3]
Dit verduidelik dat 'n skare slagoffers by die Uniegebou bymekaar
gekom het om reparasies te eis.
Dit verduidelik dat die slagoffers ondersteuning ontvang het van
die Khulumani-ondersteuningsgroep.
Dit verduidelik die ongelukkigheid/teleurstelling wat gely is weens
laat betalings van reparasies aan die slagoffers van apartheid.
(Enige ander relevante antwoord) (enige 2 x 2) (4)
2.4 2.4.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2]
Die slagoffers van apartheid wag vir hulle reparasies-uitbetalings
van die WVK.
Die slagoffers van apartheid het die WVK genader om hulle
uitbetalings te eis wat die regering belowe het vir die growwe
menseregteskendings wat hulle tydens apartheid gely het.
Die slagoffers van growwe menseregteskendings is teleurgesteld
om te hoor dat die regering reparasies vir 'n ongespesifiseerde
tydperk gestop het.
Die regering lewer talle verskonings aan slagoffers van apartheid
ondanks die WVK se aanbevelings/Die regering ignoreer die
aanbevelings van die WVK om reparasies aan slagoffers van
apartheid se gruweldade te betaal. (enige 1 x 2) (2)
2.4.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2]
Dit toon dat die regering die implementering van die aanbevelings
van die WVK vertraag om reparasies aan die slagoffers van
menseregteskendings te betaal.
Toe die slagoffers van menseregteskendings hulle reparasies
van die regering gaan haal het, is daar verskonings gemaak.
(Enige ander relevante respons) (enige 1 x 2) (2)
13
Downloaded from hlayiso.com
10792/21
2.5 [Vergelyking van bewyse uit Bronne 2C en 2D – V3]
2C sê dat die WVK aanbeveel het dat die regering moet verseker dat die
slagoffers en hul gesinne individuele reparasies moet ontvang en 2D
getiteld “Regering reparasies wat deur die WVK vir slagoffers van
apartheid aanbeveel is”, het hulle teleurgesteld gelaat..
2C noem dat slagoffers van apartheid tydens die apartheidsera gewond
en gestremd gelaat was. Hulle het finansiële vergoeding nodig gehad vir
die beserings wat hulle opgedoen het en 2D toon gestremde slagoffers in
rolstoele, wat na die regering se uitbetalings-afdeling gegaan het om
reparasies te eis, en hulle het net verskonings ontvang.
(Enige ander relevante respons) (2 x 2) (4)
2.6 [Interpretasie, evaluasie, en sintese van bewyse vanuit relevante bronne – V3]
Die WVK het ondersoeke gedoen en platforms geskep vir slagoffers en
oortreders van menseregteskendings om hul stories te vertel, amnestie
aan oortreders van menseregteskendings toe te staan en aanbevelings
aan die regering oor reparasies te maak. (Bron 2A)
Die WVK het aanbeveel dat die regering reparasies aan die slagoffers
van apartheid moet betaal. (Bron 2A)
Die reparasies is nie betyds aan slagoffers betaal nie, terwyl die
oortreders amnestie toegestaan is sodra hulle voor die WVK getuig het en
sy voorwaardes nagekom het. (Bron 2B)
Die slagoffers wat voor die WVK getuig het, het die regering daarvan
beskuldig dat hulle te stadig beweeg in die implementering van die WVK
se aanbevelings. (Bron 2B)
Die slagoffers het twee en 'n half jaar lank gewag voordat hulle
tussentydse betalings van 'n bietjie meer as R3 500 ontvang het vir
oortredings soos verkragting en moord wat hulle tydens die
apartheidsera ervaar het.(Bron 2B)
Vyf-en-twintig jaar later het slagoffers nog steeds nie langtermyn-
reparasies ontvang nie. (Bron 2C)
Die slagoffers wat deur die Khulumani-ondersteuningsgroep ondersteun
is, het by die Uniegebou vergader om reparasies van die regering te eis.
(Bron 2C)
Die bron toon die ongelukkigheid en teleurstelling wat die slagoffers van
apartheid gely het weens laat betalings van reparasies aan hulle. (Bron
2D)
Die slagoffers van growwe menseregteskendings is teleurgesteld om te
leer dat die regering reparasies vir 'n ongespesifiseerde tydperk gestop
het. (Bron 2D)
Die regering gee verskonings aan slagoffers van apartheid ten spyte van
die WVK-aanbevelings. (Bron 2D)
Die regering ignoreer die aanbevelings van die WVK om reparasies aan
slagoffers van apartheids-gruweldade te betaal. (Bron 2D)
(Enige ander relevante respons) (8)
14
Downloaded from hlayiso.com
10792/21
Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken:
Gebruik bewyse op 'n elementêre wyse bv.
toon geen of min begrip van hoe die WVK die PUNTE:
VLAK 1
reparasie-proses hanteer het nie 0–2
Gebruik bewyse gedeeltelik om 'n paragraaf te skryf.
Bewyse is meestal relevant en hou tot 'n groot mate
verband met die onderwerp, bv. toon begrip van hoe
PUNTE:
VLAK 2 die WVK die reparasie-proses hanteer het.
3–5
Gebruik bewyse op 'n baie basiese wyse om 'n
paragraaf te skryf.
Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer 'n
deeglike begrip van hoe die WVK die reparasie-
PUNTE:
VLAK 3 proses hanteer het.
6–8
Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde
paragraaf wat 'n begrip van die onderwerp toon.
(8)
[50]
15
Downloaded from hlayiso.com
10792/21
VRAAG 3: HOE HET GLOBALISERING WERKERS IN ONTWIKKELENDE
LANDE BEÏNVLOED?
3.1 3.1.1 [Definisie van 'n historiese konsep in Bron 3A – V1]
Globalisering verwys na die tegnologiese, politieke en ekonomiese
veranderinge wat daartoe gelei het dat die wêreld op 'n ander
manier funksioneer as wat dit 20 jaar gelede gedoen het.
Globalisering beskryf die manier waarop mense, idees en goedere
vinniger en goedkoper deur die wêreld beweeg as voorheen.
(Enige ander relevante respons) (enige 1 x 2) (2)
3.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
McDonalds
Starbucks
Nike (enige 2 x 1) (2)
3.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
“Globalisering help waarskynlik ontwikkelde lande om meer
rykdom te skep.” (1 x 1) (1)
3.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2]
Globalisering het nie armoede in ontwikkelende lande verminder
nie.
Globalisering het die gaping van ongelykheid en armoede tussen
arm en ryk lande vergroot.
(Enige ander relevante respons) (enige 1 x 2) (2)
3.2 3.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
Invloei van kapitaal
Verskaf indiensneming
Verbeter infrastruktuur (3 x 1) (3)
3.2.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 3B – V2]
Verskaf nuwe werksgeleenthede in die fabrieke vir werkers.
Verskaf werksgeleenthede vir ongeskoolde werkers.
Multinasionale korporasies bied groter geleenthede vir 'n groot
aantal lae betalende werksgeleenthede vir werkers.
(Enige ander relevante respons) (2 x 2) (4)
16
Downloaded from hlayiso.com
10792/21
3.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2]
Werk in 'n oorvolle fabriek kan nodig wees vir die ontwikkeling van
ekonomieë want hulle skep werk en help om armoede te verlig.
Werk in “sweatshops” of oorvolle fabrieke help om die vaardighede
van die arbeidsmag te verbeter.
(Enige ander relevante respons) (1 x 2) (2)
3.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2]
Multinasionale maatskappye het bygedra tot verbetering in
infrastruktuur, soos paaie en vervoer, wat veroorsaak dat die
uitvoere en invoere meer doeltreffend vervoer kan word.
Hulle help die ekonomie om weg te beweeg van afhanklikheid van
primêre produkte soos landbouprodukte, na industriële produkte.
(Enige ander relevante respons) (2 x 2) (4)
3.2.5 [Verduidelik die bruikbaarheid van Bron 3B – V3]
Dit is nuttig, aangesien dit wys hoe multinasionale korporasies
help om die ekonomie te ontwikkel en sodoende produktiwiteit te
verhoog.
Dit wys hoe multinasionale korporasies werk verskaf, hoewel lone
laag is.
Dit wys hoe multinasionale maatskappye help om die infrastruktuur
in die land te verbeter.
Dit wys hoe multinasionale maatskappye help om die ekonomie te
diversifiseer deur nie net op primêre produkte en landbou staat te
maak nie.
(Enige ander relevante respons) (2 x 2) (4)
3.3 3.3.1 [Interpretaasie van bewyse uit Bron 3C – V2]
Die spotprent beeld die uitbuiting van werkers in die “sweatshops”
uit (verbale misbruik/skree deur die werkgewer).
Werkers is nie toegelaat om teen onbillike werksomstandighede en
lae lone te protesteer nie. (Die werkgewer skop die betoger.)
Die ongeskoolde arbeidsmag in ontwikkelende lande is uit die
armer lande. (Bron 3C)
Multinasionale maatskappye soos Nike het fabrieke in
ontwikkelende lande opgestel waar hulle die goedkoopste arbeid
kan kry.
(Enige ander relevante respons) (enige 2 x 2) (4)
3.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – V2]
Werkers is verbaal misbruik deur die werkgewer/swak behandeling
van werkers.
Werkers het vir lang ure gewerk en is baie lae lone betaal.
Onregverdige en onmenslike werksomstandighede.
(Enige ander relevante respons) (enige 2 x 2) (4)
17
Downloaded from hlayiso.com
10792/21
3.4 3.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
Die maatskappy is geteister deur berigte dat dit “sweatshops” en
kinderarbeid gebruik het. (1 x 2) (2)
3.4.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
Nike is 'n sportdrag vervaardiger. (1 x 1) (1)
3.4.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
Loon diefstal en verbale mishandeling.
Het lang ure gewerk by temperature oor die limiet van 90 grade.
(2 x 1) (2)
3.4.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
Workers’ Rights Consortium (WRC) (1 x 1) (1)
3.5 [Vergelyking van bewyse van Bronne 3C en 3D – V3]
Bron 3C beeld die uitbuiting van werkers in 'n Nike “sweatshop” uit en Bron
3D bepaal dat werkers beweer dat hulle by temperature van oor 90 grade
moet werk.
Bron 3C beeld werkers uit wat verbaal misbruik word in die Nike-fabriek en
in Bron 3D beweer werkers dat hulle verbaal by die Nike-fabriek misbruik
word.
Albei bronne beklemtoon die onregverdige behandeling van werkers in die
Nike-fabriek.
Bron 3C beeld 'n werker uit wat protesteer en Bron 3D wys daarop dat die
burgerlike samelewing betoog teen Nike-“sweatshops”.
(Enige ander relevante respons.) (enige 2 x 2) (4)
3.6 [Interpretasie, evaluasie en sintese van bewyse uit die bronne – V3]
Globalisering het gehelp om rykdom in ontwikkelende lande te skep.
(Bron 3A)
Globalisering het die gaping van armoede en ongelykheid in ontwikkelende
lande verbreë. (eie kennis)
Multinasionale korporasies het werksgeleenthede gebied vir mense in
ontwikkelende lande. (Bron 3B)
Multinasionale korporasies verbeter infrastruktuur in die ekonomie.
(Bron 3B)
Globalisering dra by tot die verbetering van die vaardighede van werkers in
ontwikkelende lande. (Bron 3B)
Globalisering dra by tot die verbetering van infrastruktuur in ontwikkelende
lande. (Bron 3B)
Multinasionale maatskappye ontgin werkers in ontwikkelende lande
(Bron 3C)
“Sweatshops” is die produk van die wêreldekonomie. (Eie kennis)
Werkers in ontwikkelende lande het teen uitbuiting in die “sweatshops”
geprotesteer.
Burgerlike samelewing het teen “sweatshops” en kinderarbeid betoog.
(Enige ander relevante antwoord)
18
Downloaded from hlayiso.com
10792/21
Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken:
Gebruik bewyse op 'n elementêre wyse. Toon min
begrip van hoe globalisering werkers in
PUNTE
VLAK 1 ontwikkelende lande geraak het. 0–2
Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf
oor die onderwerp skryf nie.
Bewyse is meestal relevant en hou tot 'n groot mate
verband met die onderwerp, e.g., toon 'n mate van
begrip van hoe globalisering werkers in PUNTE
VLAK 2
ontwikkelende lande geraak het. 3–4
Gebruik bewyse op 'n baie basiese wyse om 'n
paragraaf te skryf.
Gebruik relevante bewyse bv., demonstreer 'n
deeglike begrip van hoe globalisering werkers in
PUNTE
VLAK 3 ontwikkelende lande geraak het.
5–8
Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde
paragraaf wat 'n begrip van die onderwerp toon.
(8)
[50]
19
Downloaded from hlayiso.com
10792/21
AFDELING B: OPSTELVRAE
[Beplan en bou 'n oorspronklike argument gebaseer op relevante bewyse met behulp van
analitiese en interpretatiewe vaardighede.]
VRAAG 4: BURGERLIKE WEERSTAND, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA – DIE
KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's
SINOPSIS:
Kandidate moet aandui tot watter mate die idees van Steve Biko en die ideologie van
Swartbewussyn in 1976 tot die Soweto Studente Betogings bygedra het.
HOOFASPEKTE:
Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoorde insluit:
INLEIDING:
Kandidate moet aandui tot watter mate die idees van Steve Biko en die ideologie van
Swartbewussyn tot die Soweto Studente Betogings in 1976 bygedra het. Hulle moet die
rede vir hul standpunt aandui en verduidelik hoe hulle hulle argumentslyn gaan ondersteun.
UITBREIDING:
Swartbewussyn het die studente in Suid-Afrika beïnvloed met hul ideologieë.
Het swart mense aangemoedig om die kettings van onderdrukking en
minderwaardigheid af te gooi.
Het hulle aangemoedig om swart trots en waardigheid te bevorder.
Het die wit magstruktuur wat in Suid-Afrika bestaan het, uitgedaag
Steve Biko het die idees van Swartbewussyn oor swart eenheid en die emansipasie-
beweging bevorder.
Hy was 'n dinamiese man wat 'n generasie swart jeug met sy idees geïnspireer het.
Hy het die ideologie van Swartbewussyn in sy toesprake en in sy skryfwerk versprei.
Opvoeding/Onderwys in die swart “townships” was minderwaardig weens die
apartheidsbeleide.
Oorbevolking en gebrek aan hulpbronne, ontevrede onderwysers, ouers en studente.
Swartbewussyn het 'n belangrike rol gespeel in die politisering (politieke
bewusmaking) van die jeug van Soweto in 1976.
Toe Afrikaans in skole bekendgestel is, was dit met teenkanting dwarsdeur Suid-
Afrika gegroet.
Afrikaans was 'n onderdrukkende taal en het die swart leerders voorberei op 'n lewe
van serwituut.
Onderwysers en leerders het met die taal gesukkel.
Weens die invloed van SASO, is hoërskoolleerlinge aangemoedig om studenterade te
vorm en so te verenig.
Studente het teen onbillike taalbeleide in die besonder betoog en teen
diskriminerende wette in die algemeen.
(Enige ander relevante respons)
SLOTSOM:
Kandidate moet hul argument met ’n relevante slot afsluit.
20
Downloaded from hlayiso.com
10792/21
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN
DIE AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
[Beplan en bou 'n argument gebaseer op bewyse met behulp van analitiese en interpretatiewe
vaardighede.]
SINOPSIS:
Kandidate moet wys hoe opposisiepartye en die NP-regering gedwing is om 'n politieke
skikking te bereik deur onderhandelinge, wat gelei het tot die geboorte van 'n nuwe SA in
1994. Hulle moet wys hoe onderhandelinge in die 1990’s gelei het tot 'n vreedsame
resolusie van die politieke dooiepunt in Suid-Afrika.
HOOFASPEKTE:
Kandidate moet die volgende aspekte in hul reaksie insluit:
INLEIDING:
Kandidate moet ’n stelling kan maak oor hoe pogings deur verskeie politieke partye en die NP-
regering om 'n politieke skikking deur onderhandelinge te bereik, uiteindelik tot die geboorte van
'n nuwe SA in 1994 gelei het.
UITBREIDING:
De Klerk se toespraak in die parlement (2 Februarie 1990) het die basis gelê vir
onderhandelinge.
Die ontbanning van politieke en burgerlike organisasies soos die ANC en die SAKP.
Opheffing van beperkings op COSATU en AZAPO.
Gesprekke tussen groot belanghebbendes het in 1990 begin.
Groote Schuur Minuut – 2 Mei 1990 (ANC en NP ontmoet, ANC-afvaardiging onder leiding
van Mandela, NP-afvaardiging onder leiding van De Klerk) het konsensus bereik oor die
grondslagte vir onderhandelinge.
Apartheidswetgewing word herroep, soos die Wet op Afsonderlike Geriewe.
Pretoria Minuut – 6 Augustus 1990 (ANC het ingestem om gewapende stryd op te gee as
een element van konsensus).
KODESA 1 - 19 politieke partye uitsluitend AZAPO, CP en PAC/300 afgevaardigdes.
Verklaring van Voorneme onderteken wat 'n verenigde SA verseker het. Onafhanklike
regsbank, asook die grondwet-kwessie wat fokus op die belangrikheid van konsensus wat
bereik moet word.
Slegs blankes referendum (Maart 1992) deur FW de Klerk.
KODESA 2 het ineengestort. Partye kon nie saamstem oor 'n nuwe grondwet wat
tussentydse regeringskwessies aanspreek nie en waarop partye nie konsensus kon bereik
nie.
Boipatong slagting en die gevolge daarvan (June 1992).
ANC-onttrekking aan onderhandelinge.
Bisho-slagting het die proses van onderhandelinge bedreig (September 1992).
Agter die skerms onderhandelings tussen ANC en die NP.
Rekord van Begrip onderteken (September 1992) tussen die ANC en NP.
Sluipmoord op Chris Hani (10 April 1993) deur ’n regtervleuel en die impak daarvan op
Suid-Afrika.
21
Downloaded from hlayiso.com
10792/21
Multi-party onderhandelingsforum.
Regse groep (AWB) se aanval op die Wêreldhandelsentrum in Kemptonpark en die
gevolge daarvan.
St James slagting deur APLA– Julie 1993.
Heidelberg Taverne slagting deur APLA – Desember 1993.
Sunset-klousule voorgestel deur Joe Slovo het die onderhandeling-dooiepunt verbreek.
(Konsensus as ’n voorspel tot grondwetlike kompromieë)
Shell House slagting – 28 Maart 1994.
Bophuthatswana staatsgreep – 11 Maart 1994.
Verkiesingsdag – 27 April 1994 asook geweld op verkiesingsdag.
ANC het verkiesing gewen/uitslae van verkiesing.
Regering van Nasionale Eenheid is gevorm – ’n multi-party demokrasie het ontstaan.
(Enige ander relevante respons)
SLOTSOM:
Kandidate moet hul argument met ’n relevante gevolgtrekking bind.
[]50
22
Downloaded from hlayiso.com
10792/21
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WÊRELD ORDE: DIE
GEBEURE VAN 1989
[Beplan en bou 'n oorspronklike argument gebaseer op relevante bewyse met behulp van
analitiese en interpretatiewe vaardighede.]
SINOPSIS:
Kandidate moet aandui of hulle saamstem of nie met die stelling en moet hulle lyn van
argument ondersteun met relevante bewyse. Hulle moet aandui of die ineenstorting
van die Sowjetunie grootliks verantwoordelik was vir politieke veranderinge wat in
1989 in Suid-Afrika plaasgevind het. Hulle moet ’n standpunt inneem en 'n argument
ontwikkel wat hul repons ondersteun met historiese bewyse.
HOOFASPEKTE:
Kandidate moet die volgende in hul reaksie insluit:
INLEIDING:
Kandidate moet aandui of die ineenstorting van die Sowjetunie in 1989 gedien het as 'n vonk
vir die politieke transformasie wat in Suid-Afrika plaasgevind het en staaf hulle standpunt
met ’n argumentslyn.
UITBREIDING:
Kandidate moet die volgende punte in hul antwoord insluit:
In die 1980's het die Suid-Afrikaanse regering 'n getransformeerde wêreldorde in die
gesig gestaar en Suid-Afrika het geïsoleerd geword.
Die meeste van Suid-Afrika se buurstate het onafhanklikheid bereik.
Gorbachev se beleid van Perestroika en Glasnost en die impak daarvan op Suid-
Afrika.
Teen die einde van 1989 het die Sowjetunie begin was besig om te ontbind en die
kommunistiese regimes in Oos-Europa het begin om ineen te stort.
Die Berlynse Muur het geval wat tot verreikende gevolge vir Suid-Afrika gelei het.
Veranderinge in die wêreld het bygedra tot die einde van apartheid.
Die ineenstorting van die USSR het die ANC van sy belangrikste ekonomiese en
militêre steun ontneem.
Sosialisme was nie meer 'n ernstige opsie vir die ANC nie.
Die Nasionale Party se aanspraak op die beskerming van Suid-Afrikaners teen 'n
kommunistiese aanslag het onrealisties geword.
Onttrekking van ondersteuning deur Brittanje, VSA en die Weste.
Oplegging van sanksies/boikotte.
Westerse wêreldmagte het die voorsteelling ondersteun dat Suid-Afrika sy probleme
vreedsaam en demokraties oplos.
Dit het duidelik geword dat die Nasionale Party regering nie onbepaald wit oppergesag
kon handhaaf nie.
Invloedryke Nasionale Party-lede het begin besef dat apartheid nie die antwoord op die
behoeftes van wit kapitalistiese ontwikkeling was nie.
Daar was geen twyfel dat die voortgesette onderdrukking van swart Suid-Afrikaners nie
politieke stabiliteit sou verseker nie.
23
Downloaded from hlayiso.com
10792/21
Die regering het begin glo dat hervorming nodig is om die ontwikkeling van 'n sterk
swart middelklas in te sluit wat as 'n "teenvoeter" teen ’n rewolusie sou kon optree.
De Klerk het begin aanvaar dat die swart stryd teen apartheid nie 'n sameswering uit
Moskou was nie.
Dit het De Klerk in staat gestel om betrokke te raak by gesprekke met die
bevrydingsorganisasies.
Op 2 Februarie 1990 het De Klerk 'n "nuwe en regverdige grondwetlike bedeling"
aangekondig wat die einde van apartheid beteken het.
(Enige ander relevante respons)
SLOTSOM:
Kandidate moet hul argument met 'n relevante gevolgtrekking bind. [50]
TOTAAL: 150
24
Study this subject
Recommended for this subject
%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c/v1-b616c542a8e748051a3c/card.webp)
Memorandum
History Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2017 Memo (Afrikaans)
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--9c825710-3cb6-41a5-83f1-ec4a4f9c153e/v1-42f62c7d1fe7c7105c27/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2021 Question Paper (Afr)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed/v1-eaba88523cccc85340dd/card.webp)
Addendum
History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 Addendum (Afrikaans)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995/v1-4bd7c3b8e18e806e9bbb/card.webp)
Addendum
History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2019 Addendum (Afrikaans)
)%202015%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955/v1-6ab5452db578d608b6e0/card.webp)
Addendum
History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2015 Addendum (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P1 November 2024 NSC Addendum (English)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5/v1-08263ca49c7d250a5368/card.webp)
Question paper