Skip to content
Question paper

History Grade 12 Paper 1 NSC Supplementary 2015 Question Paper

Grade 12 History Paper 1 question paper from the NSC Supplementary Exam 2015, 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: HistoryGrade 1220159 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GESKIEDENIS V1 FEBRUARIE/MAART 2015 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 2 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is. AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: DIE KOUE OORLOG: DIE OORSPRONG VAN DIE KOUE OORLOG VRAAG 2: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA VRAAG 3: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: BURGERREGTEBEWEGING AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: DIE UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE – VIËTNAM VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLE- STUDIE – DIE KONGO EN TANZANIË VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: SWARTMAGBEWEGING 2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord kan in die ADDENDUM gekry word. 3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae. 4. Beantwoord DRIE vrae soos volg: 4.1 Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN moet 'n opstelvraag wees. 4.2 Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag wees. 5. In die beantwoording van die vrae moet kandidate hul kennis, vaardighede en insig gebruik. 6. Die blote oorskryf van bronne as antwoorde sal kandidate benadeel. 7. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 8. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 3 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, uit hierdie afdeling. Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord, is in die ADDENDUM. VRAAG 1: HOE HET DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA EN DIE SOWJETUNIE PROBEER OM TUSSEN 1946 EN 1951 INVLOEDSFERE IN EUROPA TE VESTIG? Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg. 1.1 Verwys na Bron 1A. 1.1.1 Definieer die konsep Ystergordyn in die konteks van die Koue Oorlog in Europa. (1 x 2) (2) 1.1.2 Noem enige VIER stede wat in die Sowjet-invloedsfeer geleë was. (4 x 1) (4) 1.1.3 Haal bewyse uit die bron aan wat te kenne gee dat Griekeland nie onder die Sowjet-invloedsfeer was nie. (1 x 2) (2) 1.1.4 Verduidelik wat Churchill met sy bewering 'daar is geen ware demokrasie nie' met betrekking tot die situasie in Oos-Europa geïmpliseer het. (2 x 2) (4) 1.2 Raadpleeg Bron 1B. 1.2.1 Noem die TWEE instellings wat Dean Acheson gehelp het om te ontwikkel gedurende Truman se Koue Oorlog. (2 x 1) (2) 1.2.2 Die Amerikaanse Kongres was aanvanklik onwillig om hulp te verleen aan die Turkse en die Griekse regerings. Gee 'n rede vir die Amerikaanse Kongres se standpunt. (1 x 2) (2) 1.2.3 Verduidelik hoe Acheson dit reggekry het om die Amerikaanse Kongres te oortuig om beide Turkye en Griekeland met hulp te ondersteun. (2 x 2) (4) 1.3 Lees Bron 1C. 1.3.1 Noem die TWEE Oos-Europese lande wat groot belangstelling getoon het om by die Europese Herstelprogram aan te sluit. (2 x 1) (2) 1.3.2 Verduidelik waarom Stalin gedink het dat die Europese Herstelprogram 'n uitdaging vir sy invloedsfeer was. (2 x 2) (4) 1.3.3 Lewer kommentaar oor waarom die Kominform gestig is. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 4 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS 1.4 Raadpleeg Bron 1B en 1C. Verduidelik op watter maniere die bewyse in Bron 1C die vrese bevestig waarna Acheson in Bron 1B verwys het. (2 x 2) (4) 1.5 Gebruik Bron 1D. 1.5.1 Hoe word die volgende leiers in die spotprent uitgebeeld: (a) Truman (1 x 2) (b) Stalin (1 x 2) (4) 1.5.2 Verduidelik of die spotprenttekenaar se uitbeelding van gebeure as partydig beskou kan word. Gebruik die visuele leidrade in die bron om jou antwoord te ondersteun. (2 x 2) (4) 1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik hoe die Verenigde State van Amerika en die Sowjetunie probeer het om tussen 1946 en 1951 invloedsfere in Europa te vestig. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 5 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS VRAAG 2: WATTER FAKTORE TUSSEN 1975 EN 1976 HET TOT DIE UITBREEK VAN DIE BURGEROORLOG IN ANGOLA BYGEDRA? Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg. 2.1 Lees Bron 2A. 2.1.1 Identifiseer die leiers van die DRIE nasionalistiese bewegings in Angola in 1975. (3 x 1) (3) 2.1.2 Watter bewyse in die bron gee te kenne dat die bedoeling van die Alvor-ooreenkoms was om demokrasie in Angola in te stel? (2 x 1) (2) 2.1.3 Die Angolese nasionalistiese leiers het gemeen dat dit belangrik was 'om hulle militêre posisies op te skort'. Gee 'n rede vir hulle standpunt. (1 x 2) (2) 2.1.4 Verduidelik waarom die FNLA 'n militêre voordeel bo die ander nasionalistiese groepe gehad het. (1 x 2) (2) 2.2 Bestudeer Bron 2B. 2.2.1 Noem die Afrikaland wat die FNLA ondersteun het. (1 x 1) (1) 2.2.2 Waarom het die CIA (VSA) besluit om die FNLA in die Angolese burgeroorlog te ondersteun? (1 x 2) (2) 2.2.3 Noem die TWEE lande wat Savimbi ondersteun het. (2 x 1) (2) 2.2.4 Gebruik bewyse in die bron en jou eie kennis en verduidelik die ideologiese verskille tussen UNITA en die MPLA. (2 x 2) (4) 2.3 Gebruik Bron 2C. 2.3.1 Watter bewyse in die bron gee te kenne dat die FNLA vir oorlog gereed was? (1 x 2) (2) 2.3.2 Gebruik die bewyse in die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom die FNLA voor 11 November 1975 beheer oor Luanda wou oorneem. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 6 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS 2.4 Verwys na Bron 2D. 2.4.1 Verduidelik die geskiedkundige term guerrillaoorlogvoering in die konteks van die Angolese burgeroorlog. (1 x 2) (2) 2.4.2 Waarom, dink jy, het Savimbi in 1976 dit nodig gevind om na guerrillaoorlogvoering in Angola oor te slaan? (2 x 2) (4) 2.4.3 Volgens die inligting in die bron, wat het Savimbi van Kaunda versoek? (1 x 2) (2) 2.4.4 Beskryf Savimbi se leierseienskappe in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 2.4.5 Verduidelik waarom jy, as 'n geskiedkundige, die inligting in die bron as partydig sal beskou. (2 x 2) (4) 2.5 Verduidelik hoe die inligting in beide Bron 2B en 2C mekaar ondersteun met betrekking tot die besetting van Luanda in 1975 deur die MPLA en die FNLA. (2 x 2) (4) 2.6 Gebruik die inligting in Bron 2A en 2D en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik watter EEN van die bronne jy as die bruikbaarste sou beskou om na te vors oor die faktore wat tussen 1975 en 1976 tot die uitbreek van die burgeroorlog in Angola bygedra het. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 7 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS VRAAG 3: WAS DIE INTEGRASIE VAN CENTRAL HIGH SCHOOL IN LITTLE ROCK IN 1957 'N OORWINNING VIR DIE BURGERREGTE- BEWEGING? Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg. 3.1 Lees Bron 3A. 3.1.1 Waarom het 'n skare buite Central High School in Little Rock bymekaargekom? (1 x 2) (2) 3.1.2 Hoe het die volgende probeer om die joernaliste te keer om oor gebeure in Little Rock verslag te doen: (a) Die skare (1 x 1) (1) (b) Die polisieman van Little Rock (1 x 1) (1) 3.1.3 Verduidelik wat jy onder die term segregasie verstaan in die konteks van die gebeure wat in 1957 in Little Rock plaasgevind het. (1 x 2) (2) 3.1.4 Waarom, dink jy, het Alex Wilson besluit om nie van die 'skare' weg te hardloop nie? Ondersteun jou antwoord met relevante bewyse. (2 x 2) (4) 3.2 Bestudeer Bron 3B. 3.2.1 Verduidelik hoe die skare op Alex Wilson reageer het. Gebruik die visuele leidrade in die foto om jou antwoord te ondersteun. (2 x 2) (4) 3.2.2 Waarom, dink jy, het die skare op hierdie manier op Alex Wilson gereageer? (1 x 2) (2) 3.3 Verwys na Bron 3C. 3.3.1 Identifiseer die hoofstrategie wat Martin Luther King Jr. wou hê die burgerregte-aktiviste in Little Rock, Arkansas, moes volg. (1 x 1) (1) 3.3.2 Noem die DRIE metodes wat die skare gebruik het om burgerregte-aktiviste te intimideer. (3 x 1) (3) 3.3.3 Wat het Martin Luther King Jr. bedoel toe hy van 'geestelike krag' gepraat het? (1 x 2) (2) 3.3.4 Verduidelik waarom Martin Luther King Jr. 'optimisties' was oor die integrasie van skole in die Verenigde State van Amerika. (2 x 2) (4) 3.4 Bestudeer Bron 3A, 3B en 3C en verduidelik die rol wat die media in 1957 in die blootstelling van segregasie by Central High School gespeel het. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 8 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS 3.5 Raadpleeg Bron 3D. 3.5.1 Identifiseer VIER maniere waarop swart Amerikaanse studente by Central High School beledig is. (4 x 1) (4) 3.5.2 Verduidelik waarom Ernest Green vasbeslote was om by Central High School te gradueer. (2 x 2) (4) 3.5.3 Lewer kommentaar oor waarom jy dink Ernest Green se weergawe in die bron bruikbaar sal wees vir 'n geskiedkundige wat navorsing doen oor die integrasie van studente by Central High School. (2 x 2) (4) 3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik tot watter mate die integrasieproses in 1957 by Central High School in Little Rock 'n oorwinning vir die Burgerregtebeweging was. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 9 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS AFDELING B: OPSTELVRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, uit hierdie afdeling. Jou opstel behoort ongeveer DRIE bladsye lank te wees. VRAAG 4: DIE UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE – VIËTNAM Die onttrekking van soldate uit Viëtnam het die nederlaag van die Verenigde State van Amerika se beleid van insluiting aangekondig. Stem jy met hierdie bewering saam? Motiveer jou antwoord deur relevante bewyse uit die tydperk 1965 tot 1975 te gebruik. [50] VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIES – DIE KONGO EN TANZANIË Verduidelik tot watter mate die ekonomiese beleid van die Kongo en Tanzanië suksesvol was vanaf onafhanklikheid tot en met die 1980's. [50] VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: SWARTMAGBEWEGING Evalueer die rol wat Malcolm X en Stokely Carmichael in die bekendmaking van die Swartmagbeweging in die 1960's gespeel het. [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 History

View all