Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2019
10792
GESKIEDENIS
VRAESTEL 2
TYD: 3 uur
PUNTE: 150
10 bladsye + ʼn addendum van 14 bladsye
b.o.
Skip to contentAll 2019 papers %202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01/v1-761b3c43efc668005293/card.webp)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995/v1-4bd7c3b8e18e806e9bbb/card.webp)
%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c/v1-b616c542a8e748051a3c/card.webp)


)%202015%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955/v1-6ab5452db578d608b6e0/card.webp)
View all





History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 Question Paper (Afr)
Grade 12 History Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2019 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2019 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- Gauteng Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 10
- File size
- 276.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 10
This exam
Gauteng Mock Exam 2019
- Paper 1Question paper · EngQuestion paper · Eng (2)Question paper · AfrQuestion paper · Afr (2)Addendum · EngAddendum · Eng (2)Addendum · Eng (3)Addendum · AfrAddendum · Afr (2)Addendum · Afr (3)Memo · EngMemo · Afr
- Paper 2Question paper · EngQuestion paper · Eng (2)Question paper · AfrQuestion paper · Afr (2)Addendum · EngAddendum · Eng (2)Addendum · AfrAddendum · Afr (2)Memo · EngMemo · Afr
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS 2
(Vraestel 2) 10792/19
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
GESKIEDENIS
(Vraestel 2)
TYD: 3 uur
PUNTE: 150
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die voorgeskrewe
inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA
VRAAG 2: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
VRAAG 3: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ʼn NUWE WÊRELDORDE,
1989 TOT DIE HEDE
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA:
DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE WÊRELDORDE:
1989 TOT DIE HEDE
2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat nodig is om
hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word.
3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.
4. Beantwoord DRIE vrae soos volg:
4.1 Ten minste EEN moet ʼn brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN moet ʼn
opstelvraag wees.
4.2 Die DERDE vraag kan όf ʼn brongebaseerde vraag όf ʼn opstelvraag wees.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS 3
(Vraestel 2) 10792/19
5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee.
6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig toepas.
7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik word.
9. Skryf netjies en leesbaar.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS 4
(Vraestel 2) 10792/19
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae in hierdie afdeling nie.
Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM
gevind word.
VRAAG 1: HOE HET DIE FILOSOFIE VAN DIE SWARTBEWUSSYNSBEWEGING DIE
SOWETO-OPSTANDE VAN 1976 BEïNVLOED?
Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Lees Bron 1A.
1.1.1 Wat, volgens die bron, het met die leiers van die
bevrydingsbeweging in die laat 1960's gebeur? (3 x 1) (3)
1.1.2 Hoe, volgens die bron, het die Swartbewussynsbeweging swart
Suid-Afrikaners gedurende die 1970's gehelp? (1 x 1) (1)
1.1.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik die
redes waarom swart werkers in die 1970's geprotesteer het. (2 x 2) (4)
1.2 Verwys na Bron 1B.
1.2.1 Defineer die konsep Swartbewussyn in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
1.2.2 Waarom was dit, volgens jou, nodig dat die Swartbewussynsfilosofie
die onderdrukker se beleid van verdeel en oorheers teenstaan?
(1 x 2) (2)
1.2.3 Kies TWEE bewyse in die bron wat daarop dui dat die onderdrukker
swart Suid-Afrikaners opsetlik geestelik en sielkundig minderwaardig
laat voel het. (2 x 1) (2)
1.2.4 Lewer kommentaar op wat deur die frase 'die sielkundige revolusie'
in die konteks van die filosofie van Swartbewussyn geïmpliseer
word.
(2 x 2) (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS 5
(Vraestel 2) 10792/19
1.3 Gebruik Bron 1C.
1.3.1 Hoe, volgens die bron, het die Swartbewussynsfilosofie jong swart
Suid-Afrikaners beïnvloed? (3 x 1) (3)
1.3.2 Verduidelik hoekom jy dink Afrikaans as die taal van die
onderdrukker gesien is. (2 x 2) (4)
1.3.3 Haal bewyse uit die bron aan wat suggereer dat baie studente by die
optog in Soweto aangesluit het. (1 x 1) (1)
1.3.4 Op watter manier, volgens die bron, het die studente op die polisie
gereageer? (2 x 1) (2)
1.3.5 Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van die inligting in die bron
vir ʼn historikus wat die invloed van die filosofie van Swartbewussyn
op swart Suid-Afrikaners in die 1970's bestudeer. (2 x 2) (4)
1.4 Bestudeer Bron 1D.
1.4.1 Verduidelik die boodskappe wat in die foto oorgedra word. (2 x 2) (4)
1.4.2 Lewer kommentaar op die betekenis van die studente se gebalde
vuiste in die bron. (1 x 2) (2)
1.5 Vergelyk Bronne 1C en 1D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1C die bewyse in
Bron 1D ondersteun ten opsigte van die filosofie van Swartbewussyn. (2 x 2) (4)
1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf
van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin verduidelik word hoe die
filosofie van die Swartbewussyn die Soweto-opstand van 1976 beïnvloed het. (8)
[50]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS 6
(Vraestel 2) 10792/19
VRAAG 2: HOE HET DIE WAARHEID- EN VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) DIE
MOORD OP GRIFFITHS MXENGE HANTEER?
Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.
2.1 Verwys na Bron 2A.
2.1.1 Hoe, volgens die bron, is Griffiths Mxenge vermoor? (1 x 2) (2)
2.1.2 Definieer die konsep van versoening in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
2.1.3 Lys die DRIE mense in die bron wat aan die moord op Griffiths
Mxenge skuldig bevind is. (3 x 1) (3)
2.1.4 Lewer kommentaar op hoekom jy dink Mxenge se moordenaars vir
amnestie aansoek gedoen het.
(2 x 2) (4)
2.2 Bestudeer Bron 2B.
2.2.1 Haal bewyse uit die bron aan wat aandui dat Coetzee Mxenge vermoor
het. (2 x 1) (2)
2.2.2 Waarom, dink jy, het die Waarheid-en Versoeningskommissie aan Dirk
Coetzee, David Tshikalange en Almond Nofemela amnestie vir die
moord op Griffiths Mxenge toegestaan? (2 x 2) (4)
2.2.3 Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir ʼn historikus wat die
amnestieproses van die WVK ondersoek. (2 x 2) (4)
2.2.4 Watter inligting in die bron vertel jou dat Coetzee, Nofemela en
Tshikalange nie vir Griffiths Mxenge geken het nie? (1 x 2) (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS 7
(Vraestel 2) 10792/19
2.3 Lees Bron 2C.
2.3.1 Verduidelik die boodskappe wat in die spotprent oorgedra word.
(2 x 2) (4)
2.3.2 Lewer kommentaar op hoekom jy dink die spotprenttekenaar
'TRUTH' (WAARHEID) en 'RECONCILIATION' (VERSOENING) met
ʼn gaping tussen hulle uitgebeeld het. (2 x 2) (4)
2.4 Raadpleeg Bron 2D.
2.4.1 Hoeveel steekwonde, volgens die bron, is op Mxenge se liggaam
gevind? (1 x 1) (1)
2.4.2 Hoekom, dink jy, was die Mxenge-familie teen die amnestie-aansoek
van Coetzee, Nofemela en Tshikalange gekant? (2 x 2) (4)
2.4.3 Hoe, volgens die bron, het die Mxenge-familie hul ontevredenheid oor
die toekenning van amnestie aan Griffiths Mxenge se moordenaars
getoon? (1 x 2) (2)
2.5 Vergelyk Bronne 2B en 2D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2B die bewyse in
Bron 2D ondersteun ten opsigte van die moord op Griffiths Mxenge. (2 x 2) (4)
2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf
van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin verduidelik word hoe die
Waarheid- en Versoeningskommissie die moord op Griffiths Mxenge hanteer het. (8)
[50]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS 8
(Vraestel 2) 10792/19
VRAAG 3: WATTER IMPAK HET GLOBALISERING OP DIE KLERE- EN
TEKSTIELBEDRYF IN SUID-AFRIKA IN DIE 21STE EEU GEHAD?
Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.
3.1 Lees Bron 3A.
3.1.1 Definieer die term globalisering in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
3.1.2 Noem TWEE faktore in die bron wat globalisering beïnvloed het. (2 x 1) (2)
3.1.3 Wanneer, volgens die bron, het verskeie regerings besluit om ʼn vryemark
ekonomiese stelsel aan te neem? (2 x 1) (2)
3.1.4 Verduidelik in die konteks van globalisering wat deur die frase 'vryemark
ekonomiese stelsel' geïmpliseer word. (1 x 2) (2)
3.1.5 Waarom, volgens die bron, is globalisering as 'diep omstrede' beskou?
(1 x 2) (2)
3.1.6 Wat, volgens die bron, was die 'hoofdryfveer' van globalisering? (1 x 1) (1)
3.2 Bestudeer Bron 3B.
3.2.1 Hoe het die Mededingingsprogram vir Klere en Tekstiel, volgens die bron,
tot Suid-Afrika se tekstielbedryf bygedra? (2 x 1) (2)
3.2.2 Identifiseer die handelsooreenkoms in die bron wat ontwikkeling van die
tekstielbedryf in minder ontwikkelde lande bygestaan het. (1 x 1) (1)
3.2.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom die
Departement van Handel en Nywerheid die Mededingingsprogram vir Klere
en Tekstiel geskep het. (2 x 2) (4)
3.2.4 Lewer kommentaar op hoekom jy dink die tekstielbedryf uitdagings ervaar.
(1 x 2) (2)
3.2.5 Gee die naam van die plan wat daarop gemik was om die
vervaardigingsbedryf in Suid-Afrika te herleef. (1 x 1) (1)
3.3 Raadpleeg Bron 3C.
3.3.1 Verduidelik die boodskap wat in die spotprent oorgedra word. Gebruik die
visuele leidrade in die bron om jou antwoord te ondersteun. (1 x 2) (2)
3.3.2 Lewer kommentaar op hoe China in die bron uitgebeeld word. (2 x 2) (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS 9
(Vraestel 2) 10792/19
3.4 Vergelyk Bronne 3B en 3C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3B die bewyse in
Bron 3C ondersteun ten opsigte van die uitdagings waarmee Suid-Afrika se
tekstielbedryf gekonfronteer word. (2 x 2) (4)
3.5 Verwys na 3D.
3.5.1 Identifiseer die vakbond wat COSATU besluit het om te ondersteun. (1 x 1) (1)
3.5.2 Verduidelik die impak wat die kwota-ooreenkoms op Suid-Afrika se
tekstielbedryf in 1996 gehad het. (1 x 2) (2)
3.5.3 Lewer kommentaar op hoe invoer uit China Suid-Afrika se tekstielbedryf
geraak het. (2 x 2) (4)
3.5.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik hoekom ʼn
historikus hierdie bron nuttig sal vind wanneer COSATU se reaksie op die
globalisering van Suid-Afrika se tekstielbedryf ondersoek word. (2 x 2) (4)
3.6 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf van
ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) wat die impak wat globalisering op die
kleding- en tekstielbedryf in Suid-Afrika in die 21ste eeu gehad het, verduidelik. (8)
[50]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS 10
(Vraestel 2) 10792/19
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae in hierdie afdeling nie.
Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank te wees.
VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s:
SUID-AFRIKA: DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s
Sanksies en disinvesterings deur die Internasionale Anti-Apartheidsbeweging was die
mees effektiewe strategieë wat tot die uiteindelike einde van die apartheidsregering in die
1980's gelei het.
Stem jy saam met hierdie stelling? Ondersteun jou argument met relevante bewyse. [50]
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
HANTERING VAN DIE VERLEDE
Die geboorte van ʼn demokratiese bedeling in Suid-Afrika was nie ʼn produk van oorlog
nie, maar ʼn produk van onderhandelinge.
Verduidelik tot watter mate die geweld wat in die 1990's in verskillende dele van Suid-
Afrika uitgebreek het, byna die geboorte van ʼn demokratiese land in 1994 ontspoor het.
Ondersteun u argument met relevante bewyse. [50]
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE WÊRELDORDE:
GEBEURE VAN 1989
Die disintegrasie van die Sowjetunie in 1989 het politieke veranderinge in Suid-Afrika in
die 1990's versnel.
Bespreek hierdie stelling krities in die konteks van Gorbatsjof se hervormingsmaatreëls
en die impak daarvan op die politieke veranderinge wat in Suid-Afrika plaasgevind in die
1990's het. [50]
TOTAAL: 150
EINDE
Study this subject
Recommended for this subject
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01/v1-761b3c43efc668005293/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2021 Question Paper (Afr)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995/v1-4bd7c3b8e18e806e9bbb/card.webp)
Addendum
History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2019 Addendum (Afrikaans)
%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c/v1-b616c542a8e748051a3c/card.webp)
Memorandum
History Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2017 Memo (Afrikaans)

Question paper
History Grade 12 P2 NSC November 2019 Question Paper (Afr)

Question paper
History Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2017 Question Paper
)%202015%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955/v1-6ab5452db578d608b6e0/card.webp)
Addendum
History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2015 Addendum (Afrikaans)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Memorandum