Skip to content

History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2022 Addendum (Afr)

AddendumHistoryGrade 12202214 pages

Grade 12 History Paper 1 addendum from the Eastern Cape June 2022 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 JUNIE 2022 GESKIEDENIS V1 ADDENDUM Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/JUNIE 2022) VRAAG 1: HOE HET RUSSIESE EKSPANSIONISME IN GRIEKELAND EN TURKYE TOT DIE IMPLEMENTERING VAN DIE TRUMAN-LEER IN 1947 BYGEDRA? BRON 1A Die volgende bron beskryf die politieke toestande in Griekeland en Turkye na die Tweede Wêreldoorlog. Britse troepe was sedert Oktober 1944 in Griekeland. Hulle doel was om ʼn nie- kommunistiese regering in Griekeland te verseker. Die kommunisties-geleide Nasionale Bevrydingsfront het in Desember 1944 probeer om Athene te verower, maar is deur Britse troepe verslaan. Die Nasionale Bevrydingsfront het sy aktiwiteit hernu na die verkiesing van ʼn regse regering in Maart 1946 wat linkse politieke organisasies begin onderdruk het. In 1946 het die Nasionale Bevrydingsfront die Griekse regering in ʼn burgeroorlog begin beveg. Hulle is deur Joego-Slawië, Albanië en Bulgarye van wapens voorsien. Die Nasionale Bevrydingsfront het baie vinnig beheer oor die grootste deel van Noord- Griekeland verkry, met die regeringsmagte wat slegs in Athene en Salonika beveilig was. In reaksie op hierdie gebeure het Brittanje hulp aan die Griekse regering gestuur. Die Westerse magte het die gebeure in Griekeland as samehangend gesien met die lot van Italië en die Middellandse See oor die algemeen. Hulle was bang vir Sowjet-oorheersing van die streek. In Turkye het Sowjet-druk vir die terugkeer van betwiste gebied en die reg op vlootbasisse in die Bosporus en die Dardanelle, toegeneem. Hierdie druk het gedurende 1946 toegeneem. Hierdie verwikkelinge het vir die Westerse magte geblyk asof dit die Sowjet- voorneme was om oorheersing in die Midde-Ooste met sy belangrike olievoorrade te verkry. Turkye was dus van groter strategiese waarde, maar as Griekeland onder kommunistiese oorheersing geval het, sou Turkye se posisie hopeloos wees. Dit sou deur vyandige kommunistiese lande wat aan die Sowjetunie verbonde was, omring word. Brittanje het beide die Griekse en Turkse regerings gehelp. Die ekonomiese koste van die Tweede Wêreldoorlog en probleme met die handhawing van huishoudelike voorrade van noodsaaklike goedere soos steenkool in die onmiddellike na-oorlogse jare het Brittanje en Europa oor die algemeen op die randjie van ekonomiese ineenstorting gebring. Brittanje het die Verenigde State op 28 Februarie 1947 ingelig dat sy teen die einde van Maart sou ophou om hulp aan Griekeland en Turkye te verleen. [Uit The Making of the Modern World deur Christopher Condon] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2022) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 3 BRON 1B Die onderstaande bron is ʼn uittreksel uit ʼn inligtingsessie wat deur Lincoln MacVeagh en Edwin C. Wilson, Amerikaanse ambassadeurs in Griekeland en Turkye, aan die Buitelandse Betrekkinge Komitee van die Verenigde State se Senaat in Maart 1947 gelewer was waarin hulle die behoefte aan Amerikaanse hulp verduidelik. Ambassadeur MacVeagh: Op die oomblik is die situasie in Griekeland buitengewoon ernstig en krities. Enige vertraging, as ons iets daaraan gaan doen, is baie gevaarlik as ons ʼn totale ineenstorting van die land gaan vermy, beide ekonomies en sosiaal, wat die land in die satelliet-wentelbaan van die Russiese Ryk sal bring. ... Sedert die Kommunistiese Revolusie in Rusland het Rusland die enigste supermoondheid op die Europese vasteland geword. Groot Brittanje het nou geen moontlikheid om die ou koalisies teen die dominante Europese mag te vorm nie. Rusland se invloed word sterker en sterker. ... Dit skep hierdie druk en spanning in Griekeland wat die mag van die Kommunistiese Party binne Griekeland self aansienlik verhoog het, wat vandag ʼn baie magtige vyfde kolombeweging geword het. Ambassadeur Wilson: Mnr. Voorsitter, in die byna 2 jaar wat ek in Turkye was, het ek tot die oortuiging gekom dat die instandhouding van ʼn onafhanklike posisie deur Turkye ʼn kwessie van noodsaaklike belang vir ons eie land is. Turkye is die enigste onafhanklike land op die grense van die Sowjetunie vanaf die Baltiese tot by die Swart see. As Turkye toegelaat sou word om onder Sowjet-oorheersing te kom, hetsy deur die regime af te breek met buitedruk of deur ʼn daad van openlike aggressie teen die land, sal die Sowjetgrense dan deur Sirië na Irak strek ... [Uit Legislative origins of the Truman doctrine by the U.S. Congressional Senate Committee on Foreign Relations] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/JUNIE 2022) BRON 1C Die onderstaande kaart gee ʼn uiteensetting van die Ystergordyn wat ná die Tweede Wêreldoorlog oor Europa neergedaal het. [Uit The Making of the Modern World deur Christopher Condon] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2022) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 5 BRON 1D Die volgende bron is ʼn uittreksel uit president Truman se toespraak (Truman-leer) aan die Amerikaanse Kongres op 12 Maart 1947 waarin hy op Griekeland en Turkye se versoek om hulp gereageer het. Die Britse regering, wat Griekeland en Turkye gehelp het, kan ná 31 Maart geen verdere finansiële of ekonomiese hulp verleen nie. ... Ons is die enigste land wat hierdie hulp kan verleen. Die volke van ʼn aantal lande van die wêreld het onlangs totalitêre regimes (regerings) gekry wat teen hul wil op hulle afgedwing was. Die regering van die Verenigde State het gereelde betogings teen dwang en intimidasie in Pole, Roemenië en Bulgarye gemaak, wat teenstrydig met die Yalta-ooreenkoms was. Ek glo dat dit die beleid van die Verenigde State moet wees om vrye mense te ondersteun wat pogings van onderdrukking deur gewapende minderhede of druk van buite teenstaan. Ek glo dat ons ondersteuning hoofsaaklik ekonomiese en finansiële hulp moet wees wat noodsaaklik is vir ekonomiese stabiliteit en ordelike politieke prosesse. ... As Griekeland onder die beheer van ʼn gewapende minderheid sou val, sou die effek op sy buurstaat, Turkye, onmiddellik en ernstig wees. Verwarring en wanorde kan heel moontlik deur die hele Midde-Ooste versprei. Ek versoek dus die Kongres om die bemagtiging van hulp aan Griekeland en Turkye te verskaf tot die bedrag van $400 miljoen vir die tydperk wat op 30 Junie 1948 eindig. ... Benewens fondse, vra ek die Kongres om die besonderhede van Amerikaanse burgerlike en militêre personeel aan Griekeland en Turkye te bemagtig, op versoek van daardie lande, om te help met die aktiwiteite van heropbou en met die doel om toesig te hou oor die gebruik van sulke finansiële en materiële hulp wat verskaf gaan word. Ek beveel aan dat bemagtiging ook verkry moet word vir die instruksie en opleiding van geselekteerde Griekse en Turkse personeel. [Uit Journal of the Senate of the United States of America] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/JUNIE 2022) VRAAG 2: WAAROM WAS DIE MPLA IN STAAT OM DIE BEWIND IN ANGOLA IN NOVEMBER 1975 OOR TE NEEM? BRON 2A Die onderstaande bron beskryf die impak van Portugese dekolonialisasie op die drie bevrydingsbewegings in Angola in 1975. Portugal se vermoë om ʼn politieke oplossing in Angola te bereik, was twyfelagtig, en die magsvakuum en politieke verdeeldheid wat deur die staatsgreep in Portugal veroorsaak is, was uiteindelik in die chaotiese proses van dekolonisasie weerspieël. Die persepsie dat ʼn linkse militêre regering in Portugal, met ʼn sterk kommunistiese element die MPLA sou bevoordeel, het dalk wantroue onder die Angolese partye vererger en het beslis nie gehelp om vertroue op te bou nie. Terwyl Portugal onderhandelinge gevoer het, het die drie bewegings heel gelukkig wapenvoorraad van die Portugese gewapende magte na hul eie ondersteuners herlei. Die Portugese magte het self gehelp met hierdie aktiwiteite, met ʼn vooroordeel teenoor ondersteuning vir die MPLA, wat slegs gedien het as ʼn versterking van die persepsie dat Portugal se onpartydigheid twyfelagtig was. Tussen die ondertekening van die Alvor- ooreenkomste in Januarie 1975 en onafhanklikheid in November 1975 het die drie bewegings meer moeite gedoen om hul militêre vleuels te posisioneer vir die oorname van Luanda as om enige van die bepalings van die Alvor-ooreenkomste te implementeer. Die persepsie was dat die party wat Luanda op 11 November beheer, die res van Angola sou beheer. Gegewe Portugal se politieke onstabiliteit ten tyde van dekolonisasie, die klimaat van wantroue tussen die Angolese bewegings, die ideologiese verskille en Angola se enorme natuurlike rykdom, was buitelandse belangstelling vinnig om alliansies te smee en te konsolideer. Die doel was nou nie om ʼn bevrydingsbeweging te ondersteun nie, maar eerder om ʼn vriendelike regime (regering) in ʼn onafhanklike Angola te verseker. Namate onafhanklikheid genader het, het die konflik tussen die bevrydingsbewegings ook toegeneem, tesame met buitelandse steun vir elke beweging in die vorm van militêre en finansiële hulp. [Uit Different events, different outcomes – Civil War and rebel groups in Angola and Mozambique] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2022) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 7 BRON 2B Die volgende bron verduidelik hoe Suid-Afrika se ingryping in die Angolese Burgeroorlog daartoe bygedra het dat die MPLA hul posisie in Angola versterk het. Op 14 Oktober het Suid-Afrikaanse magte Angola uit Namibië binnegeval. Suid-Afrika was deur die Verenigde State aangemoedig om aan te val, aangesien beide lande oordrewe vrese van Sowjet-ekspansionisme (uitbreiding) gedeel het. Die vinnige noordwaartse opmars van Suid-Afrikaanse magte het Luanda bedreig, waar die MPLA se teenwoordigheid beide onstuimig en noodsaaklik vir sy legitimiteit (wettigheid) was. Op 3 November het die MPLA se politburo in ʼn noodsessie vergader en eenparig die voorstel van Agostinho Neto, partyleier en onverkose staatspresident, goedgekeur om onmiddellike en massiewe versterkings van Havana te versoek. Kuba se reaksie, het binne ure gekom ... Operasie Carlotta is geskep ter herdenking van ‘Black Carlotta’, die leier van ʼn slawe-rebellie wat in November 1843 begin het. Die simboliek was deurslaggewend namate Kubaanse veelrassige troepe die apartheidsmagte uitgedaag het. Sowat 30,000 troepe, met swaar artillerie en tenks, is gestuur, insluitend een van Kuba se nuutste wapens, die BM-21 missiellanseerder, wat salvo's van 122 mm missiele oor 8 myl kon afvuur. Swaar toerusting soos T-34 tenks is direk van die Sowjetunie gestuur om verskeping vertragings te vermy. Kubaanse personeel het toe die Angolese opgelei om dit te gebruik. Die operasie was onder Castro se direkte, persoonlike beheer. Die impak van Kuba se ervare en toegewyde magte was onmiddellik. Die Slag van Ebo 300 km suid van die hoofstad op 23 November was ʼn “keerpunt” in die oorlog vir Angola. [Uit Journal of Asian and African Studies 017, Vol. 52(5) 657–669] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/JUNIE 2022) BRON 2C Die foto hieronder toon Fapla troepe bewapen met ʼn Russiese BM-21 missiellanseerder en T-34-tenks tydens die Angolese Burgeroorlog van 1975. [Uit https://www.shutterstock.com/editorial/image-editorial/angola-civil-war-1976. Toegang op 15 Januarie 2022 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2022) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 9 BRON 2D Hierdie bron is ʼn uittreksel van ʼn onderhoud met Robert W. Hultslander, voormalige CIA- stasiehoof in Luanda, met historikus Piero Gleijeses in 1998. Professor Piero Gleijeses is die skrywer van die boek Angola: Conflicting Missions. VRAAG: Wat was jou eie beoordeling van Agostinho Neto en die MPLA? Die MPLA was die beste gekwalifiseerde beweging om Angola te regeer. Baie van sy leiers was opgevoed aan die Universiteit van Coimbra en ʼn paar aan die Patrice Lumumba Universiteit in Moskou. Alhoewel baie Marxisme uiterlik aangeneem het, was hulle baie nader aan Europese radikale sosialisme as aan Sowjet-Marx-Leninisme. Lucio Lara, ʼn mulatto-intellektueel, was waarskynlik ʼn oortuigde kommunis. Agostinho Neto, was die onbetwiste leier van die MPLA. Ander senior MPLA-leiers was indrukwekkend: Lopo do Nacimiento, Paula Jorge, Nito Alves, Carlos Rocha en Iko Carreira was slim politieke operateurs. Chieto en Dangereux was goeie militêre bevelvoerders, ens. Daarbenewens was die MPLA die minste stamverbonde van die drie bewegings. Neto en die meeste van die top kader was Mbundu, maar die MPLA het baie verskillende stamme verwelkom, anders as die FNLA (Bakongo) en UNITA (Ovimbundu). Ten spyte van die onbetwiste kommunistiese agtergrond van baie van die MPLA se leiers, was hulle meer effektief, beter opgevoed, beter opgelei en beter gemotiveerd. Die gewone soldate was ook beter gemotiveerd (veral die gewapende vegters, wat harder en met meer vasberadenheid geveg het). Portugese Angolese het die MPLA oorweldigend ondersteun. Die inligtingsessies en oriëntasie wat ek ontvang het voordat ek in Luanda aangekom het, het die kommunistiese oriëntasie van die MPLA beklemtoon en my oortuig van die dringende behoefte om die MPLA teen te staan om mag oor te neem. Aangesien die MPLA Sowjet-hulp ontvang het, het ek geglo dat ons geen ander keuse gehad het om dit teen te werk met ons eie ondersteuning aan sy teenstanders. Dit was eers ná drie maande in Luanda dat ek besef het wat werklik gebeur het ... [Uit https://nsarchive2.gwu.edu/NSAEBB/NSAEBB67/transcript.html. Toegang op 15 Januarie 2022 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/JUNIE 2022) VRAAG 3: HOE HET DIE VRYHEIDSRITTE INTERSTAAT BUSVERVOER IN DIE VSA IN DIE 1960’s GEDESEGREER? BRON 3A Die onderstaande bron beskryf die redes vir die vorming van die Vryheidsritte-beweging in die VSA in 1961. In 1961 het die direkteur van die Congress of Racial Equality (CORE), James Farmer en mede-CORE-leier Bayard Rustin, ʼn vroeëre strategie van die laat 1940's opgewek wat ʼn beroep op swartes gedoen het om gesegregeerde treine en busse te ry tydens interstaat reise in die diep Suide. Die vroeëre protes-op-wiele het klaaglik misluk toe die ryers in Noord-Carolina in hegtenis geneem, skuldig bevind en maandlange vonnisse gegee is. Hierdie keer het die betogers gehoop dat hulle groter ondersteuning van die federale regering en die Departement van Justisie sou ontvang. Soos die sit-staking beweging staatgemaak het op direkte konfrontasie, so sou die Vryheidsryers. Die groep se benadering het beide swartes en wittes betrek: Die blanke Vryheidsryers sou sitplekke agter in busse inneem, en swart deelnemers sou voor sit; 'n dubbele skending van die busmaatskappybeleid. Indien hulle beveel sou word om te beweeg, sou beide swartes en wittes hul sitplekke behou. By elke bushalte sou swartes net na die slegs-blanke wagkamers gaan en probeer om die fasiliteite te gebruik. Die strategie het aanvaar dat blankes gewelddadig sou reageer en dat sulke konfrontasies nie deur die federale regering geïgnoreer kon word of soos James Farmer dit gestel het, "sodat die federale regering gedwing sou word om die federale wet af te dwing’. Dit was die rasionaal (doelwit) vir die Vryheidsrit. Die eerste groep ‘Vryheidsryers’ het op 4 Mei 1961 op ʼn bus in Washington, D.C., geklim. Dertien ryers is gewerf. Die beplande reis sou hulle deur Virginia, Noord- Carolina en Suid-Carolina neem en dan oor die diep Suide na Louisiana. Die groep het gehoop om New Orleans op 17 Mei te bereik, die sewe-jaar herdenking van die Brown- besluit. Elkeen van die ryers het geweet watter gevare die deelname inhou. “Daar is vir ons gesê dat die rassiste en voorstanders van segregasie enige iets sou doen om segregasie in interstaat busreise te handhaaf”, het James Farmer opgemerk. ‘So toe ons die rit begin het, dink ek almal van ons voorbereid was op die hoeveelheid geweld wat na ons toe sou kom. Ons was voorbereid op die moontlikheid van die dood.” [Uit The Civil Rights Movement – Striving for Justice deur Tim McNeese.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2022) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 11 BRON 3B Hierdie bron beskryf die reaksie van die Ku Klux Klan teenoor die Vryheidsritte-beweging. ... die leiers van die Alabama Knights van die Ku Klux Klan was besig om planne van hul eie te finaliseer. Die Klan-mans het sedert middel April van die Vryheidsrit geweet, danksy ʼn reeks FBI-memo’s wat aan die Birmingham-polisiedepartement gestuur is. Polisie sersant Tom Cook, ʼn ywerige Klan ondersteuner en anti-Kommunis het die organisasie met gedetailleerde inligting oor die Rit voorsien, insluitend ʼn stad-vir-stad reisplan. ... hulle het genoeg geweet om die alarm onder die getroue verdedigers van wit oppergesag aan te wakker ... die Klan-mans, met Cook se hulp, het ʼn onbeskofte verwelkoming vir die invallende “negers” en “neger-liefhebbers” voorberei wat op die punt was om die ou gebruike en wette van die soewereine staat, Alabama, te oortree. Op 17 April 1961, meer as twee weke voor die Vryheidsrit begin het, het sersant Cook met Gary Thomas Rowe, ʼn lid van die Eastview Klavern, die mees gewelddadigste Klan- enklawe in Alabama, ontmoet. Cook het nie geweet dat Rowe ʼn FBI-informant was nie. ... Cook het ʼn uitgebreide komplot uitgelê om die Vryheidsrit in Birmingham tot ʼn stilstand te bring. Hy het Rowe verseker dat ander lede van die Birmingham-polisiedepartement, sowel as amptenare van die Alabama-snelwegpatrollie, die plan ondersteun en dat hulle op hul samewerking kon staat maak. “Jy sal saam met my werk en ek sal saam met jou aan die Vryheidsryers werk,” het hy belowe. ‘Ons gaan jou vyftien minute toelaat ... Jy kan hulle aanrand, hulle bom, hulle vermink, hulle doodmaak, ek gee nie om nie. Daar sal absoluut geen arrestasies wees nie. Jy kan elke Klan-man in die land verseker dat niemand vir daardie vyftien minute in Alabama in hegtenis geneem sal word nie.’ Die finale plan, wat soos ʼn volskaalse militêre operasie gelyk het, het ʼn beroep gedoen op ʼn aanvanklike aanranding in Anniston, die Ryers se eerste geskeduleerde stop in Alabama, gevolg deur ʼn opruimingsaksie in Birmingham. [Uit Freedom Riders: 1961 and the Struggle for Racial Justice deur Raymond Arsenault] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/JUNIE 2022) BRON 3C Hierdie foto beeld Vryheidryers uit wie se bus met petrol gebombardeer was deur blanke meerderwaardiges buite Anniston, Alabama in die VSA op 14 Mei 1961. [Uit https://www.clarionledger.com/story/news/local/journeytojustice/2018/05/14/week-civil-rights- history-may-14-through-20/607385002/. Toegang op 15 Februarie 2022 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2022) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 13 BRON 3D Hierdie bron beskryf die maatreëls wat deur die Amerikaanse regering geneem is om die veiligheid van die Vryheidsryers te verseker. Die president het 600 federale maarskalke na Alabama ontplooi. Tweehonderd van hulle is na die hospitaal gestuur waar die Vryheidsryers vir hul beserings behandel is. Goewerneur Patterson het die optrede van die president in die openbaar bevraagteken en gesê, “Ons het nie jou maarskalke nodig nie. Ons wil hulle nie hê nie, en ons het nie vir hulle gevra nie.” Martin Luther King jnr. het sy steun aan die Vryheidsryers gegee toe Federale maarskalke ʼn beskermende versperring rondom die kerkgebou gevorm het. Twee dae na die konfrontasie buite die Eerste Baptiste Kerk het 27 Vryheidsryers op twee busse geklim en weswaarts na Jackson, Mississippi, vertrek. Die busrit na die Alabama- Mississippi staatsgrens was sonder voorval. Die Vryheidsryers was verheug om Mississippi Nasionale Wagte op die snelweg te sien “met hul gewere wat na die veld aan beide kante van die pad gerig was.” Robert Kennedy het die Amerikaanse senator James O. Eastland gekontak om ʼn ooreenkoms in Mississippi uit te werk. Hy het die getroue voorstaanders van segregasie belowe dat hy nie federale amptenare sou ontplooi indien Eastland hom sou belowe dat daar geen gewapende aanvalle teen die Vryheidsryers sou wees nie. Eastland het die prokureur-generaal verseker dat daar geen geweld in sy staat sou wees nie. Die gewapende magte het na die buitewyke van Jackson uitgebrei. Sommige van die Vryheidsryers het gesing en was opgewonde oor die verandering in hul vooruitsigte om hul eindbestemming in New Orleans te bereik. ... toe hulle die busterminaal in die hoofstad van Jackson bereik het, is hulle deur die staatspolisie in hegtenis geneem vir oortreding. In Oktober het die Interstaat Kommersiele Kommissie ʼn verbod op rassediskriminasie op interstaat reise uitgereik, wat op 1 Desember 1961 toegepas was. Die lof vir hierdie oorwinning het hoofsaaklik na CORE en SNCC gegaan. [Uit Breaking White Supremacy deur Gary Dorrien.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/JUNIE 2022) ERKENNINGS Visuele bronne en ander geskiedkundige bewyse was geneem uit die volgende: Different events, Different outcomes – Civil War and rebel groups in Angola and Mozambique Freedom Riders: 1961 and the Struggle for Racial Justice deur Raymond Arsenault https://nsarchive2.gwu.edu/NSAEBB/NSAEBB67/transcript.html. https://www.history.com/this-day-in-history/central -high-school-integrated https://www.shutterstock.com/editorial/image-editorial/angola-civil-war-1976 Journal of Asian and African Studies 017, Vol. 52(5) 657–669 Journal of the Senate of the United States of America, Vol. 63(2) 137–152 Legislative origins of the Truman doctrine deur die U.S. Congressional Senate Committee on Foreign Relations The Civil Rights Movement – Striving for Justice by Tim McNeese. The Making of the Modern World deur Christopher Condon Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 History

View all