Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
GESKIEDENIS V2
NOVEMBER 2018
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentQuestion paper 





View all



History P2 Nov 2018 Afr_hlayiso.com_.pdf
History · Grade 12 · NSC November Exam · 2018. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Pages
- 9
- File size
- 306.5 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 9
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 2 DBE/November 2018
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA
VRAAG 2: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
VRAAG 3: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
WÊRELDORDE, 1989 TOT DIE HEDE
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA:
DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989
2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
word.
3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.
4. Beantwoord DRIE vrae soos volg:
4.1 Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste
EEN moet 'n opstelvraag wees.
4.2 Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag
wees.
5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer.
6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
gebruik.
7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 3 DBE/November 2018
NSS
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae in hierdie afdeling
nie. Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord, is in die
ADDENDUM vervat.
VRAAG 1: HOE HET DIE FILOSOFIE VAN SWART BEWUSSYN SUID-
AFRIKAANSE STUDENTE GEDURENDE DIE 1970's BEÏNVLOED?
Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Verwys na Bron 1A.
1.1.1 Haal DRIE organisasies uit die bron aan wat vir die opkoms van
die Swartbewussynsbeweging verantwoordelik was. (3 x 1) (3)
1.1.2 Waarom, volgens die bron, is die Swartbewussynsbeweging
gestig? (1 x 2) (2)
1.1.3 Definieer die konsep Swart Bewussyn in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
1.1.4 Lewer kommentaar op hoe aktiviste van die Swartbewussyns-
beweging van plan was om die 'juk van onderdrukking ' in Suid-
Afrika te breek. (2 x 2) (4)
1.1.5 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik die
rol wat SASO onder die swart Suid-Afrikaanse jeug gespeel het.
(2 x 2) (4)
1.2 Lees Bron 1B.
1.2.1 Waarom, volgens die bron, is Tiro uit die Universiteit van die
Noorde geskors? (1 x 1) (1)
1.2.2 Verduidelik die invloed wat Tiro op Mashinini se politieke denke
gehad het. (2 x 2) (4)
1.2.3 Identifiseer die TWEE bevrydingsoorwinnings in die bron wat
gedien het om Soweto-leerders te inspireer. (2 x 1) (2)
1.3 Bestudeer Bron 1C.
1.3.1 Hoe, volgens die bron, het die Suid-Afrikaanse polisie op die
leerders van Soweto gereageer? (1 x 2) (2)
1.3.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
waarom jy dink Sam Nzima nie gestop het om Hector Pieterson te
help nie. (2 x 2) (4)
1.3.3 Noem enige TWEE maniere in die bron waarop leerders
gereageer het nadat hulle van Hector Pieterson se dood gehoor
het. (2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 4 DBE/November 2018
NSS
1.4 Gebruik Bron 1D.
1.4.1 Verduidelik waarom jy dink die redakteur van The World-koerant
besluit het om hierdie artikel op die voorblad te publiseer. (2 x 2) (4)
1.4.2 Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van die inligting in die
bron vir 'n historikus wat die impak van die Soweto-opstand van
1976 bestudeer. (2 x 2) (4)
1.5 Vergelyk Bron 1C en 1D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1C die bewyse
in Bron 1D rakende Sam Nzima se rol gedurende die Soweto-opstand van
1976 ondersteun. (2 x 2) (4)
1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
hoe die filosofie van Swart Bewussyn Suid-Afrikaanse leerders gedurende die
1970's beïnvloed het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 5 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 2: HET DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
SLAGOFFERS VAN POLITIEKE MISDADE GEHELP OM GENESING
TE VIND?
Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.
2.1 Gebruik Bron 2A.
2.1.1 Wie, volgens die bron, was vir die stigting van die WVK
verantwoordelik? (1 x 1) (1)
2.1.2 Verduidelik hoe die vrese van die volgende deur die WVK hanteer
is:
(a) Afrikaners (1 x 2) (2)
(b) Die ANC (1 x 2) (2)
2.1.3 Definieer die konsep versoening in die konteks van die WVK.
(1 x 2) (2)
2.1.4 Identifiseer die TWEE leiers van die WVK in die bron. (2 x 1) (2)
2.1.5 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
hoe die WVK oortreders en slagoffers van politieke misdade
hanteer het. (2 x 2) (4)
2.1.6 Kies TWEE bewysstukke uit die bron wat die doelstellings van die
WVK oordra. (2 x 1) (2)
2.2 Raadpleeg Bron 2B.
2.2.1 Hoe, volgens die bron, is Rick Turner vermoor? (1 x 2) (2)
2.2.2 Verduidelik waarom jy dink dat Rick Turner se moordenaar na
veertig jaar 'steeds vry' is. (1 x 2) (2)
2.2.3 Noem enige DRIE leiers, soos in die bron aangehaal, wat 'die
hoogste prys in die stryd vir 'n vry en demokratiese land betaal het'.
(3 x 1) (3)
2.2.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik of
Jann Turner met die vind van haar vader se moordenaar suksesvol
was. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 6 DBE/November 2018
NSS
2.3 Lees Bron 2C.
2.3.1 Haal TWEE stellings uit die bron aan wat te kenne gee dat die BSV
vir die moord op Rick Turner verantwoordelik was. (2 x 1) (2)
2.3.2 Lewer kommentaar op waarom jy die inligting in die bron as
bruikbaar sou beskou wanneer die omstandighede waaronder Rick
Turner vermoor is, nagevors word. (2 x 2) (4)
2.4 Verwys na Bron 2B en 2C. Verduidelik hoe die inligting oor die sluipmoord op
Rick Turner in beide bronne eenders is. (2 x 2) (4)
2.5 Bestudeer Bron 2D.
2.5.1 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
waarom Alex Boraine gesê het dat 'Vergeldende Geregtigheid', 'uit
hierdie ekspedisie weggelaat is'. (2 x 2) (4)
2.5.2 Verduidelik waarom jy dink Zapiro na 'VLAKPLAAS' in die
spotprent verwys. (1 x 2) (2)
2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
of die Waarheids-en-Versoeningskommissie slagoffers van politieke misdade
gehelp het om afsluiting te vind. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 7 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 3: HOE HET GLOBALISERING NA 1990 TOT WERKSVERLIESE IN
SUID-AFRIKA SE KLERE- EN TEKSTIELBEDRYF BYGEDRA?
Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.
3.1 Verwys na Bron 3A.
3.1.1 Definieer globalisering in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
3.1.2 Waarom, volgens die bron, het die werkende klas op die klere- en
tekstielbedryf staatgemaak? (1 x 2) (2)
3.1.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
hoe Sjina die plaaslike klere- en tekstielbedryf beïnvloed het.
(2 x 2) (4)
3.1.4 Watter impak het globalisering op die volgende gehad:
(a) Groot maatskappye (1 x 1) (1)
(b) Klein en medium-ondernemings (1 x 1) (1)
3.2 Bestudeer Bron 3B.
3.2.1 Haal DRIE redes uit die bron aan wat die Cape Clothing
Association vir die werksverliese in die klere- en tekstielbedryf
gegee het. (3 x 1) (3)
3.2.2 Verduidelik waarom jy dink SACTWU nie met die Cape Clothing
Association se kommentaar oor werksverliese in die klere- en
tekstielbedryf saamgestem het nie. (2 x 2) (4)
3.2.3 Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van die inligting in die
bron vir 'n historikus wat navorsing oor werksverliese in die klere-
en tekstielbedryf doen. (2 x 2) (4)
3.3 Raadpleeg Bron 3C.
3.3.1 Verduidelik die boodskappe wat in die plakkaat oorgedra word.
(2 x 2) (4)
3.3.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
waarom COSATU besluit het om die plakkaat te ontwerp. (2 x 2) (4)
3.4 Vergelyk Bron 3B en 3C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3B die bewyse
in Bron 3C oor werksverliese in Suid-Afrika se klere- en tekstielbedryf
ondersteun. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 8 DBE/November 2018
NSS
3.5 Lees Bron 3D.
3.5.1 Wat, volgens die bron, het in 2015 met die Suid-Afrikaanse klere-
en tekstielbedryf gebeur? (3 x 1) (3)
3.5.2 Hoe, volgens Eppel, is werk in Suid-Afrika se klere- en
tekstielbedryf geskep? (2 x 1) (2)
3.5.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
waarom jy dink SACTWU besluit het om die 'koop Suid-Afrikaans'-
veldtog te onderneem. (2 x 2) (4)
3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
hoe globalisering na 1990 tot werksverliese in die Suid-Afrikaanse klere- en
tekstielbedryf bygedra het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 9 DBE/November 2018
NSS
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae in hierdie afdeling
nie.
Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.
VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA:
DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's
Dit was hewige druk deur internasionale anti-apartheidsorganisasies wat tot die
politieke transformasie in Suid-Afrika gelei het.
Bespreek hierdie stelling krities deur te verwys na die verskillende vorme van
weerstand wat die internasionale anti-apartheidsorganisasies gedurende die 1980's
onderneem het, wat tot die uiteindelike ineenstorting van die apartheidsregime bygedra
het. [50]
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA DIE SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
Nelson Rohilahla Mandela, 'Die Vader van die Nasie', was eiehandig vir die geboorte
van 'n vry en demokratiese Suid-Afrika in 1994 verantwoordelik.
Stem jy met die stelling saam? Ondersteun jou argument deur relevante bewyse te
gebruik. [50]
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989
Verduidelik tot watter mate die val van die Berlynse Muur in 1989 die weg vir die
Nasionale Party en die African National Congress gebaan het om met samesprekings
te begin.
Ondersteun jou argument met relevante bewyse. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Question paper
History-Grade-12-NSC-P1-QP-September-2025-Mpumalanga.pdf

Question paper
HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Gr 12 History P2 (Afrikaans) 2024 Question Paper X05_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Gr 12 History P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper_hlayiso.com_.pdf

Question paper
HISTORY P2 GR12 QP JUNE 2023_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper
History P2 Nov 2023 Afr_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
Addendum
History P2 Nov 2018 Addendum Afr_hlayiso.com_.pdf
Question paper
History P2 Add Gr12 June 2018 English_hlayiso.com_.pdf

Question paper
History P2 Nov 2019 Afr_hlayiso.com_.pdf
Question paper
History P2 Nov 2017 Afr_hlayiso.com_.pdf

Question paper
History P2 Nov 2013 Eng_hlayiso.com_.pdf

Addendum
HISTORY P2 ADDENDUM SEPT 2018 Eng D_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 History
Explore more published documents in this catalogue.
Addendum
History-Grade-12-NSC-P2-ADDENDUM-September-2025-Mpumalanga.pdf

Memorandum
History-Grade-12-NSC-P2-MEMO-September-2025-North-West.pdf

Memorandum
History P1 May-June 2025 MG Eng.pdf

Addendum
HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Addendum
HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Memorandum