Skip to content

History Grade 12 P2 NSC November 2018 Addendum (Afrikaans)

AddendumHistoryGrade 12201814 pages

Grade 12 History Paper 2 addendum from the NSC November Exam 2018 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GESKIEDENIS V2 NOVEMBER 2018 ADDENDUM Hierdie addendum bestaan uit of 14 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 2 DBE/November 2018 NSS – Addendum VRAAG 1: HOE HET DIE FILOSOFIE VAN SWART BEWUSSYN SUID- AFRIKAANSE STUDENTE GEDURENDE DIE 1970's BEÏNVLOED? BRON 1A Die bron hieronder fokus op die redes vir die ontstaan van die Swartbewussynsbeweging. Die Swartbewussynsbeweging (SBB) het in 1968 ontstaan. Dit was 'n gevolg van 'n politieke leemte wat die apartheidsregime deur die verbanning en gevangenskap van leiers van die African National Congress, die Pan Africanist Congress en die Suid- Afrikaanse Kommunisteparty geskep het. Nog 'n faktor wat vir die ontstaan van die Swartbewussynsbeweging verantwoordelik was, was die toenemende frustrasie en marginalisering (minagting) wat deur swart studente ervaar is as gevolg van die grotendeels wit studenteleierskap van die Nasionale Unie van Suid-Afrikaanse Studente (NUSAS). Die Suid-Afrikaanse Studente-organisasie (SASO) is in 1969 gestig en hoofsaaklik deur Bantu Stephen Biko en Barney Pityana gelei. Dit het op die bevordering van die saak van die onderdruktes in Suid-Afrika gefokus. Die SASO het die grondslag gelê vir wat verder (groter) as universiteite en studentegroepe sou groei om 'n meer uitgebreide beweging te word. Hulle het die werke van die Brasiliaanse opvoedkundige, Paulo Freire, gebruik wat oor die idee van 'bewusmaking' gepraat het, met ander woorde om mense krities van hul omstandighede bewus te maak en om dit te verander. Swartbewussynaktiviste, soos Mosiuoa Lekota, Strini Moodley, Mamphela Ramphela en Saths Cooper, het 'n sleutelrol gespeel om te verseker dat Suid-Afrikaners die 'juk (las) van onderdrukking' verbreek sodat hulle introspeksie kon doen om hul vermoëns te ontwikkel en hulle bevryding 'n werklikheid te maak. SASO het later jeugleierskapkonferensies gehou by 'vormingskole' waar studente kritiese sosiale analise- en organisasievaardighede geleer het. Dit het gehelp om die Swartbewussynsfilosofie onder hoërskoolleerders te versprei … [Uit Steve Biko and the Black Consciousness Movement deur A Hadfield] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 3 DBE/November 2018 NSS – Addendum BRON 1B Die uittreksel uit 'n koerantartikel hieronder fokus op die rol wat Onkgopotso Tiro gespeel het om Tsietsi Mashinini (studente-aktivis) se politieke denke te vorm. Onkgopotso Tiro was 'n student aan die Universiteit van die Noorde, bekend as Turfloop. Hy is geskors omdat hy tydens 'n gradeplegtigheidseremonie 'n vurige toespraak gelewer waarin hy Bantoe-onderwys gekritiseer het. Morris Isaacson [Hoër skool] se prinsipaal, Legau Mathabathe, het Tiro 'n geleentheid gebied toe hy hom 'n onderwyspos gegee het. Dit is hoe mentor en gementorde ('mentee'), Tiro en Mashinini, ontmoet het. Tiro was vir Mashinini 'n bron van kennis oor die Swartbewussynsfilosofie en die droom dat Suid-Afrika eendag vry sou wees om Azania genoem te word. Tiro het Mashinini se politieke denke beïnvloed wat laasgenoemde se aanvaarding van die filosofie van Swart Bewussyn verduidelik. Tiro, wat Mashinini se Engels- en Geskiedenisonderwyser was, het hom as 'n kritiese denker van formaat met 'n passie vir lees beskryf. Mashinini is verkies tot voorsitter van die taakkomitee, later as die Soweto- studenteraad (SSR) hernoem. Hy was die eerste president en is deur Khotso Seathlolo en later Tromfomo Sono en Dan Motsisi opgevolg. Die vryheidsoorwinnings in Mosambiek in 1974 en Angola in 1976 het as inspirasie vir die Soweto-leerders gedien. Daar is besluit om op 16 Junie 1976 'n vreedsame optog teen die instelling van Afrikaans as 'n onderrigtaal te hou. Die optog het meer as 20 000 studente in skooldrag gelok. Geen geweld is beplan nie. Mashinini het beklemtoon dat die optog vreedsaam en versigtig bestuur moes wees om aanhitsing te vermy. Maar die Suid-Afrikaanse polisie het met lewendige ammunisie gereageer. [Uit Sunday Independent, 12 Junie 2016] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 4 DBE/November 2018 NSS – Addendum BRON 1C Die uittreksel hieronder is deel van 'n onderhoud wat Clare O'Donoghue met Sam Nzima gevoer het. Hy [Nzima] het as 'n fotojoernalis by The World-koerant gewerk en was verantwoordelik vir die vaslê van die gebeure wat op 16 Junie 1976 in Soweto ontvou het. Die Suid-Afrikaanse Polisie is op 16 Junie 1976 in Soweto ingestuur. Die polisie, deur 'n wit man aangevoer, het begin om 'n stok rond te swaai en geskree: 'Weg met julle. Ons gee julle drie minute.' Dit was 'n gespanne situasie. Ek wou nie deel van die skare wees nie en 'n 'pers'-armband aangesit om myself te identifiseer. Toe begin die leerders Nkosi Sikelel' iAfrika sing. 'Ons gaan skiet,' het hy gesê en sy handwapen uitgepluk. Hy het dit direk op die leerders gerig en twee skote gevuur. Toe was die duiwel los. Hy het 'n teken gegee en nog polisiemanne het begin skiet. Leerders het in alle rigtings gehardloop. Ek weet nie hoe ek buite trefafstand gekom het en in iemand se huis beland het nie, maar ek onthou dat ek omgedraai en gesien het hoe Hector Pieterson val. Hy was die eerste een. Ek het gesien hoe Mbuyisa Makhubu hom optel en begin om in my rigting te beweeg, met Hector se suster, Antoinette, wat langs hom hardloop. Soos hulle in die pad afgekom het, het ek ses foto's geneem, die beroemde foto ingesluit. In 'n toestand van skok het ek gewerk sonder om te dink. Mense het my gevra waarom ek nie gestop het om vir Hector te help nie, maar ek was 'n joernalis, ek was daar om vas te vang wat gebeur. Mbuyisa het Hector in die motor gelaai en hulle het na die kliniek oorkant die straat gery. Een van die leerders het gehoor dat die dokter Hector dood by aankoms verklaar en gehardloop om die ander te vertel. Hulle was ontstoke (kwaad) en baie het begin om die polisie met klippe te bestook, ander het motors en geboue aan die brand gesteek en drankwinkels gestroop. Ek het my film opgerol en dit aan die bestuurder gegee om daarmee na die pers te jaag voordat die polisie dit konfiskeer (afneem). Ek het nooit besef watter uitwerking dit sou hê nie … My foto van Hector Pieterson was teen drie uur daardie dag op die voorblad van elke koerant, hier en oorsee. [Uit https://archive.cnx.org/contents/53c6c858-d33f-4e4f-9065-2927a5611edd@1.html. Toegang op 4 April 2018 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 5 DBE/November 2018 NSS – Addendum BRON 1D Die artikel hieronder het op 16 Junie 1976 op die voorblad van The World-koerant verskyn. Die foto links op die bladsy is deur Sam Nzima geneem. Dit wys Antoinette Pieterson langs Mbuyisa Makhubu wat vir Hector Pieterson dra. [Uit https://apartheidperiod.wordpress.com/2014/12/04/primary-source-analyisi. Toegang op 17 April 2018 verkry.] ANTOINETTE PIETERSON HECTOR PIETERSON MBUYISA MAKHUBU AFRIKAANSE VERTALING: 4 DOOD, 11 BESEER TOE KINDERS OPROER MAAK Polisie bots met optoggangers Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 6 DBE/November 2018 NSS – Addendum VRAAG 2: HET DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) SLAGOFFERS VAN POLITIEKE MISDADE GEHELP OM GENESING TE VIND? BRON 2A Die uittreksel hieronder beskryf die redes vir die stigting van die Waarheids-en- Versoeningskommissie (WVK). 'n Sleutelfiguur in die formulering van die wet wat die kommissie (WVK) daargestel het, was die destydse Minister van Justisie, Dullah Omar. Daar was baie publieke angstigheid oor die moontlikheid van 'n anti-Afrikaner-heksejag. Hy het hierdie vrese besweer: Ek wil beklemtoon dat die doel nie is om 'n heksejag uit te voer of om oortreders van menseregteskendings voor die hof op aanklagte te daag nie. Dit is … om Suid- Afrikaners in staat te stel om hulle verlede op 'n moreel aanvaarbare basis te aanvaar en om die saak van versoening te bevorder. Die bewerings van wanpraktyke teen die ANC 'sou ook nie toegesmeer word of onder die mat gevee word nie'. Omar het voortdurend die behoefte beklemtoon om 'n forum vir slagoffers te verskaf om die waarheid te praat, soos hulle dit ervaar het, en vir oortreders om die waarheid te openbaar, soos aan hulle bekend. Die WVK het vroeg in 1996 tot stand gekom, onder die gesamentlike leierskap van Aartsbiskop Desmond Tutu en die voormalige geestelike en liberale politikus, Alex Boraine. Ander kommissarisse het uit alle rasse en politieke spektrums gekom. Hulle taak was om menseregteskendings tussen 1960 en 1994 aan beide kante te ondersoek, om getuienis deur slagoffers en oortreders aan te hoor en, daar waar die volle waarheid openbaar is en politieke motivering duidelik aanwesig was, oortreders amnestie van vervolging of siviele optrede te gee. Die doelstellings van die WVK was om die waarheid en genesing aan te moedig. [Uit Every Step of the Way: The Journey to Freedom in South Africa in opdrag van die Ministerie van Onderwys, 2004.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 7 DBE/November 2018 NSS – Addendum BRON 2B Die koerantartikel hieronder fokus op hoe Rick Turner vermoor is. Dit het op 7 Januarie 2018 in die Sunday Tribune verskyn met die titel, 'Wie het dr. Rick Turner vermoor?'. Dit is net na middernag op 8 Januarie 1978 en universiteitsakademikus en politieke aktivis, Rick Turner, hoor 'n geluid buite sy huis in Daltonweg 32, in die Durbanse woonbuurt Bellair. Geklee in kort slaapklere, loop hy van sy slaapkamer om ondersoek in te stel. 'n Skoot gaan af en Turner slaan op die vloer neer. Sy moord vind slegs vier maande na die moord van 'n ander politieke aktivis, die Swartbewussynsleier, Bantu Stephen Biko, deur die Suid-Afrikaanse veiligheidspolisie plaas. Turner se moordenaar is na veertig jaar steeds vry indien hy nog lewe. Maar die konsensus (ooreenstemming) is steeds dat hierdie sluipmoord deur die apartheidsregime se veiligheidsmag beplan en uitgevoer is. 'n Hartseerstorie oor die houding van Suid-Afrikaners oor die moorde op diegene wat die hoogste prys in die stryd vir 'n vry en demokratiese land betaal het, byvoorbeeld Biko, Neil Agget, Matthew Goniwe, Sparrow Mkhonto en Ashley Kriel het in die dekades na Turner se sluipmoord ontluik (ontvou). Jann Turner (Rick se dogter) sê haar ondersoek, wat in 1989 begin het, is deur ondersoekjoernalis, Jacques Pauw, se onthullings oor die veiligheidspolisie se moordbendehoofkwartier by Vlakplaas gemotiveer. Daar was nuwe hoop in 2015 dat Turner se moordenaar oplaas geïdentifiseer sou word met die vrystelling van die Artikel 29-verhore van die Waarheids-en-Versoeningskommissie, getuienis wat nie voorheen geopenbaar is nie. Maar dit het nie 'n moordenaar geïdentifiseer nie. Daar was baie aanduidings. Onder diegene wat deur die WVK opgeroep is om getuienis te lewer, was Chris Earle, 'n voormalige moord-en-roof-kaptein, sy bevelvoerder, Majoor Christoffel Gert Groenewald en Martin Dolinschek, 'n operateur van die Buro vir Staatsveiligheid (BSV) … [Uit https://www.iol.co.za/sunday-tribune/news/who-killed-dr-rick-turner-12638345. Toegang op 10 Februarie 2018 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 8 DBE/November 2018 NSS – Addendum BRON 2C Die bron hieronder is 'n afskrif van die getuienis wat Jann Turner oor die sluipmoord van haar pa, Rick Turner, by die WVK-verhore gegee het. Dit is op 24 Oktober 1996 in Durban gehou en die voorsitter was dr. Alex Boraine. VOORSITTER: Weer eens, wanneer jy gereed is, moenie haastig wees nie. Ons sal luister. Baie dankie. JANN TURNER: My naam is Jann Turner. Baie dankie dat julle ons vandag aanhoor. Ek gaan 'n bietjie praat oor die nag toe my pa vermoor is, en dan oor my eie pogings om oor die jare heen sy moordenaar te vind. … Dit lyk vir my meer as vreemd dat die Durbanse moord-en-roof-eenheid, 'n eenheid met 'n uitstekende rekord van opgeloste misdade, nog nooit eens met 'n sterk leidraad, wat nog te sê 'n moordenaar, vorendag gekom het nie. Dit was buitengewoon vir die moordenaar van 'n wit persoon in 'n wit woonbuurt om in 1978 nie gearresteer te word nie. Nog meer buitengewoon wanneer die slagoffer deur die polisie dopgehou is, soos ons weet is my pa voortdurend vir ten minste vyf jaar dopgehou. Wie ook al my pa vermoor het, het dit met uitsonderlike professionaliteit en effektiwiteit gedoen en het die beste hulp gehad om hulle spore toe te smeer. Dit wil my voorkom asof die enigste mense wat op so 'n manier kon opgetree het die lede of agente van die destydse Buro van Staatsveiligheid (BSV) of veiligheidspolisie was. Dit is belangrik om kennis te neem dat my pa se sluipmoord nie geïsoleerd was nie. Ons het net 'n paar weke voor hy vermoor is, gehoor dat skote op Fatima Meer se huis gevuur is. Fatima het gelukkig ontkom. Soos wat die gewese polisieman, Dirk Coetzee, en Martin Dolinschek aan my verduidelik het, is mense soos my pa nie eens as menswaardig beskou nie, hulle was kommunistiese, terroristeskuim (vuilgoed). Hulle was letterlik doodmaklike teikens … Alle ondersoeke tot op hede het ons tot by die muur van stilswye rondom die BSV en die veiligheidspolisie gelei. Die Waarheids-en-Versoeningskommissie bied die eerste, en waarskynlik ook die laaste, hoop dat my pa se sluipmoord volledig en amptelik ondersoek sal word. Ek wil weet wie my pa vermoor het en waarom. Ek verwag nie dat julle met die moordenaar vorendag moet kom nie, maar wat ek wel verwag is dat julle sal probeer om sy moord te ondersoek … Leon Mellet, 'n destydse misdaadverslaggewer by een van die Durbanse koerante, en nou 'n brigadier, het in die week na my vader vermoor is verskeie stories geskryf waarin gesinspeel is dat my vader deur die ANC vermoor is … [Uit http://sabctrc.saha.org.za/tvseries/episode9/section3.htm. Toegang op 23 Maart 2018 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 9 DBE/November 2018 NSS – Addendum BRON 2D Die spotprent beeld Aartsbiskop Desmond Tutu en dr. Alex Boraine uit wat teen die BEWYSE-BERG uitklim. Hulle is die taak opgelê om politieke wandade wat tussen 1960 tot 1994 gepleeg is, te ondersoek. [Uit Sowetan, 1 Mei 1996] VERGELDENDE GEREGTIGHEID VLAKPLAAS DESMOND, MENSE VRA WAAROM SY UIT HIERDIE EKSPEDISIE WEGGELAAT IS… Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 10 DBE/November 2018 NSS – Addendum VRAAG 3: HOE HET GLOBALISERING NA 1990 TOT WERKSVERLIESE IN SUID-AFRIKA SE KLERE- EN TEKSTIELBEDRYF BYGEDRA? BRON 3A Die bron hieronder fokus op hoe globalisering die klere- en tekstielbedryf in Suid-Afrika beïnvloed het. Globalisering het 'n negatiewe invloed op die klere- en tekstielbedryf gehad met ernstige gevolge (nasleep). Alhoewel die bedryf slegs 0,6% tot Suid-Afrika se bruto binnelandse produk (BBP) bydra, verskaf dit direk werksgeleenthede aan 127 000 mense, ongeveer 20% meer as die motor- en onderdelesektor. Daarom hang die lewensbestaan van baie mense van die arbeidersklas van die oorlewing van die bedryf af. Hierdie bedryf het voor 1990 op die plaaslike mark staatgemaak; sedert Suid-Afrika se integrasie (insluiting) in die wêreldekonomie, is die mark egter met goedkoop invoere, hoofsaaklik uit Sjina, oorstroom. Suid-Afrika se nie-mededingende tekstiel-en- klerebedryf het voorheen op invoertariewe en kwotabeperkings staatgemaak om dit teen buitelandse invoere te beskerm. Integrasie in die wêreldekonomie het egter lidmaatskap van die Wêreldhandelsorganisasie ingesluit wat die land se vermoë om beskermende maatreëls te gebruik, beperk het. Groot firmas het op die impak van globalisering gereageer deur beleggings te lok om masjinerie en prosesse te moderniseer. As gevolg daarvan het produktiwiteit verbeter en klere-uitvoere het vanaf 4% in 1990 tot 18% in 2000 gegroei. Sulke veranderings was egter nie sonder koste nie aangesien verhoogde produktiwiteit verlaagde werksvlakke behels het. Dit is die klein- en medium-ondernemings (KMO's) wat die meeste sukkel, want hulle kon nie daarin slaag om die nodige beleggings te lok nie. Sonder om produksiehoeveelhede te verhoog, is een moontlikheid vir oorlewing dalk om met die waardeketting op te beweeg en funksies te verrig wat meer waarde toevoeg … [Uit Industrialisation in South Africa: The Impact Of Globalisation deur P Green] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 11 DBE/November 2018 NSS – Addendum BRON 3B Die artikel hieronder beklemtoon die redes en reaksie op werksverliese in die klere- en tekstielbedryf in Kaapstad. Dit is deur S Mangxamba geskryf en het op 29 Oktober 2001 in die Independent Online News verskyn. DUISENDE WERKSGELEENTHEDE IN KAAPSE KLEREHANDEL VERLORE Sluitings het gedurende die afgelope 10 maande 'n verwoestende uitwerking op werksgeleenthede in die klerebedryf, Kaapstad se grootste werkverskaffer, gehad met 19 maatskappye wat hul deure gesluit het en ten minste 2 249 werksverliese. Die werkgewersorganisasie, Cape Clothing Association, het die verlies aan werk in die Moederstad aan stygende arbeids-, grondstof- en fabriekshuurkoste, gepaard met 'n toename in onwettig ingevoerde goedere, toegeskryf. Maar die Suid-Afrikaanse Klere- en Tekstielwerkersunie (SACTWU) het gesê dat dit 'absoluut onwaar' is dat arbeidskoste buite verhouding gestyg het. SACTWU se adjunk-hoofsekretaris, Andre Kriel, het verklaar: 'Arbeidskoste het met die inflasiekoers tred gehou. Dit is eenvoudig onwaar dat arbeidskoste gedurende die laaste paar jaar die hoogte ingeskiet het. Die werklike koste van salarisstygings in 2000 en 2001 vir klerebedryfwerkgewers in die Wes-Kaap was 6 persent en 1,87 persent onderskeidelik. Gert van Zyl, direkteur van die Cape Clothing Association, beweer dat ten minste 140 maatskappye sedert 1991 óf hulle deure gesluit het óf na persele in die voormalige tuislande of ander state in suidelike Afrika, soos Malawi, getrek het. SACTWU het gesê dat daar net gedurende die afgelope 24 maande ten minste 33 963 werksgeleenthede in die klere- en tekstielbedryf in Suid-Afrika verlore gegaan het, met die kleresektor wat 'n totaal van 22 756 werksgeleenthede verloor het. Die unie het die aantal werksverliese grootliks toegeskryf aan die tariefprogram wat so deurgejaag is (voorkeur gekry het), handelsooreenkomste wat in lande van die Suider- Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap gesluit is en onwettige invoere en storting. [Uit https://www.iol.co.za/news/south-africa/thousands-of-jobs-lost-in-cape-rag-trade-75998. Toegang op 15 September 2017 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 12 DBE/November 2018 NSS – Addendum BRON 3C Die plakkaat hieronder is in 2015 deur die Congress of South African Trade Unions (COSATU) geproduseer. Dit was in reaksie op die duisende werkers wat hul werk as gevolg van die sluiting van klere- en tekstielfabrieke in KwaZulu-Natal en Kaapstad verloor het. [Uit http://www.industriall-union.org/a-turnaround-for-south-africas-tectile-industry. Toegang op 15 September 2017 verkry. VERVAARDIG IN SUID-AFRIKA RED ONS KLEREFABRIEKE Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 13 DBE/November 2018 NSS – Addendum BRON 3D Die uittreksel hieronder fokus op die strategieë wat vakbonde gebruik het om werksgeleenthede in die klere- en tekstielsektor te red. Dit het op die Suid-Afrikaanse Klere- en Tekstielwerkersunie (SACTWU) se webtuiste verskyn. Suid-Afrika is histories een van die grootste klereprodusente op die vasteland van Afrika, maar het die afgelope 15 jaar dalende produksie ervaar. Die nuwe energie- inspuiting in die tekstielbedryf in 2015 wat nuwe werksgeleenthede, groter geleenthede en verhoogde produktiwiteit tot gevolg het, het duidelik geword het. Simon Eppel, navorser by SACTWU, vertel hoe die unie werk om ordentlike werksgeleenthede in die Suid-Afrikaanse tekstielbedryf te red en te vermeerder: 'Die bedryf verloor steeds werksgeleenthede, maar die getal het aansienlik verminder. By SACTWU probeer ons werksgeleenthede red waar dit andersins verlore sou gaan, en ons het dit onlangs reggekry om werksgeleenthede in die bedryf te laat groei.' Werk in Suid-Afrika se tekstielbedryf is op stuk van sake besig om te groei – in die laaste jaar het dit met 1,5 persent gestyg. 'Dit is bevestiging dat die regering se ondersteuning van die bedryf, gepaargaande met die unie se aktiewe veldtog vir werk, voortgaan om vrugte af te werp,' sê Eppel. 'Na 'n tydperk van stabiliteit, gevolg deur jare van werksverliese, lyk dit asof werksgeleenthede in ons bedryf gereed is om te groei.' Eppel voeg by dat hy 'versigtig optimisties' oor hierdie tentatiewe (tydelike) ommeswaai is wat grootliks te danke is aan die energie wat ingesit is om die bedryf te laat herleef. Een voorbeeld is die Suid-Afrikaanse regering wat die vergroening van die bedryf [klere en tekstiel] voorstaan om dit meer volhoubaar te maak. Nog 'n voorbeeld is SACTWU se 'koop Suid-Afrika'-veldtog, waar die unie ooreenkomste met groot maatskappye en instellings aangaan om die plaaslike bedryf te ondersteun. SACTWU voer sedert die vroeë 2000's 'n veldtog waarin 'n beroep op verbruikers gedoen word om plaaslik geproduseerde tekstielprodukte en Suid-Afrikaans te koop en hoe dit die gemeenskap beïnvloed. Uit http://www.industriall-union.org/a-turnaround-for-south-africas-textile-industry. Toegang 15 September 2017 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 14 DBE/November 2018 NSS – Addendum ERKENNINGS Visuele bron en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem: Every Step of the Way: The Journey to Freedom in South Africa in opdrag van die Ministerie van Onderwys, 2004. Green, P. 2009. Industrialisation in South Africa: The Impact Of Globalisation (University of East Anglia) Hadfield, A. 2017. Steve Biko and the Black Consciousness Movement (Southern Africa Online) http://sabctrc.saha.org.za/tvseries/episode9/section3.htm http://www.industriall-union.org/a-turnaround-for-south-africas-textile-industry https://apartheidperiod.wordpress.com/2014/12/04/primary-source-analyisi https://archive.cnx.org/contents/53c6c858-d33f-4e4f-9065-2927a5611edd@1.html https://www.iol.co.za/news/south-africa/thousands-of-jobs-lost-in-cape-rag-trade-75998 https://www.iol.co.za/sunday-tribune/news/who-killed-dr-rick-turner-12638345 Sowetan, 1 Mei 1996 Sunday Independent, 12 Junie 2016 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 History

View all