Skip to content

History Grade 12 P2 2024 QP (Afr)

Question paperHistoryGrade 1220247 pages

Grade 12 History Paper 2 question paper from the HISTORY P2 GR12 JUNE 2024 READY FOR PRINTING!7.5.24 (Afrikaans), 7 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

HISTORY P2 GR12 JUNE READY FOR PRINTING!7.5.24 2024

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 12 JUNIE 2024 GESKIEDENIS V2 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye en ʼn addendum van 10 bladsye.
2 GESKIEDENIS V2 (EC/JUNIE 2024) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is. AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA VRAAG 2: DIE OPKOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE VERLEDE AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 3: BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA: DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s VRAAG 4: DIE OPKOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE VERLEDE: ONDERHANDELDE OOREENKOMS EN DIE RNE VRAAG 5: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989 2. AFDELING A bestaan uit TWEE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word. 3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae. 4. Beantwoord DRIE vrae soos volg: 4.1 Ten minste EEN moet ʼn brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN moet ʼn opstelvraag wees. 4.2 Die DERDE vraag kan OF ʼn opstelvraag OF ʼn brongebaseerde vraag wees. 5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer. 6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig toepas. 7. Jy sal deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde benadeel word. 8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/JUNIE 2024) GESKIEDENIS V2 3 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE Beantwoord ten minste EEN óf TWEE vrae uit hierdie afdeling. Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord, is in die ADDENDUM vervat. VRAAG 1: WAAROM HET DIE BURGERLIKE SAMELEWING IN SUID-AFRIKA DIE IMPLEMENTERING VAN DIE WET OP STEDELIKE BANTOERADE GEDURENDE DIE 1980’s TEENGESTAAN? Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg. 1.1 Verwys na Bron 1A. 1.1.1 Definieer die konsep Driekamerparlement in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 1.1.2 Gebruik jou eie kennis en verduidelik wie die Swart Plaaslike Owerhede was. (1 x 2) (2) 1.1.3 Waarom dink jy, het die 1980’s ʼn keerpunt in die Suid-Afrikaanse geskiedenis geword? (2 x 2) (4) 1.1.4 Noem enige TWEE tipes proteste uit die inligting in die bron wat deur gewone Suid-Afrikaners teen die apartheidsregime onderneem is. (2 x 1) (2) 1.2 Raadpleeg Bron 1B. 1.2.1 Waarom, volgens die bron, was die burgerlike organisasies op plaaslike vlak gestig? (2 x 1) (2) 1.2.2 Lewer kommentaar op waarom jy dink die meeste burgerlikes hulself met die ANC geïdentifiseer het. (1 x 2) (2) 1.2.3 Noem enige TWEE ‘brood-en-botter’-kwessies wat deur burgerlikes getakel was. (2 x 1) (2) 1.2.4 Definieer die term ‘Volksmag’ in die konteks van die redes waarom burgerlike organisasies apartheid teengestaan het. (1 x 2) (2) 1.2.5 Verduidelik wat Oliver Tambo met sy stelling geïmpliseer het: “In hierdie komende tydperk sal ons met nog meer krag (energie); die vernietiging van die regeringsorgane moet voortsit om die land onregeerbaar te maak”. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 GESKIEDENIS V2 (EC/JUNIE 2024) 1.3 Lees Bron 1C. 1.3.1 Haal bewyse uit die bron aan wat aandui dat mense in die ‘townships’ (lokasies/informele nedersettings) meer polities bewus geword het. (2 x 1) (2) 1.3.2 Verduidelik die ekonomiese ontberinge wat swart Suid-Afrikaners ervaar het, wat tot betogings gelei het. (1 x 2) (2) 1.3.3 Wie, volgens die bron, het ʼn beroep op die Vaal Burgervereniging gedoen om teenkanting teen die huurverhogings te mobiliseer? (1 x 2) (2) 1.3.4 Lewer kommentaar oor die bruikbaarheid van die inligting in hierdie bron vir ʼn historikus wat die redes waarom burgerlike organisasies swart plaaslike owerhede in die 1980’s verwerp het, ondersoek. (2 x 2) (4) 1.4 Gebruik Bron 1D. 1.4.1 Watter boodskappe word in hierdie plakkaat rakende die reaksies van gemeenskappe teenoor apartheid uitgebeeld? (2 x 2) (4) 1.4.2 Wat, volgens die plakkaat, was die eise van die inwoners? (2 x 1) (2) 1.5 Vergelyk Bron 1C en 1D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1C die bewyse in Bron 1D ondersteun met betrekking tot hoe burgerlike organisasies op swart plaaslike owerhede gereageer het. (2 x 2) (4) 1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, skryf ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik waarom die burgerlike samelewing in Suid-Afrika die implementering van die Wet op Stedelike Bantoerade gedurende die 1980’s teengestaan het. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/JUNIE 2024) GESKIEDENIS V2 5 VRAAG 2: HOE HET DIE WAARHEID-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) GEPOOG OM VERSOENING IN SUID-AFRIKA TE BEVORDER? Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg. 2.1 Bestudeer Bron 2A. 2.1.1 Noem TWEE redes waarom die WVK in 1995 gestig is. (2 x 1) (2) 2.1.2 Definieer die term herstellende geregtigheid in die konteks van die doelstellings van die WVK. (1 x 2) (2) 2.1.3 Verduidelik waarom jy dink die WVK-verhore as ʼn belangrike simboliese funksie in Suid-Afrika gedien het. (2 x 2) (4) 2.1.4 Haal bewyse uit die bron aan wat aandui dat Suid-Afrikaners gretig was dat hul stories gehoor moes word. (1 x 2) (2) 2.2 Raadpleeg Bron 2B. 2.2.1 Waarom, volgens die bron, het PW Botha die WVK verwerp? (2 x 1) (2) 2.2.2 Lewer kommentaar oor die houding teenoor die werk van die WVK deur: (a) PW Botha (1 x 2) (2) (b) Desmond Tutu (1 x 2) (2) 2.2.3 Waarom dink jy was dit belangrik dat PW Botha voor die WVK moes verskyn? (2 x 2) (4) 2.2.4 Lewer kommentaar oor die beperkings van hierdie bron vir ʼn navorser wat die WVK-verhore bestudeer. (2 x 2) (4) 2.3 Gebruik Bron 2C. 2.3.1 Watter boodskappe word in hierdie spotprent met betrekking tot die reaksie van PW Botha teenoor die WVK oorgedra? (2 x 2) (4) 2.3.2 Identifiseer die leier wat die WVK-proses bestuur het. (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 GESKIEDENIS V2 (EC/JUNIE 2024) 2.4 Vergelyk Bron 2B en 2C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2B die bewyse in Bron 2C met betrekking tot die werk van die WVK ondersteun. (2 x 2) (4) 2.5 Lees Bron 2D. 2.5.1 Definieer die term rekonsiliasie in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 2.5.2 Waarom, volgens die bron, is die ‘Register vir Rekonsiliasie’ daar- gestel? (2 x 1) (2) 2.5.3 Lewer kommentaar oor waarom baie Suid-Afrikaners die ‘Register vir Rekonsiliasie’ kom teken het. (1 x 2) (2) 2.5.4 Haal bewyse uit die inligting in die bron aan wat aandui dat baie Suid- Afrikaners toegewyd is om ʼn nuwe Suid-Afrika te herbou. (2 x 1) (2) 2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, skryf ’n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik hoe die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) gepoog het om versoening in Suid-Afrika te bevorder. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/JUNIE 2024) GESKIEDENIS V2 7 AFDELING B: OPSTELVRAE Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling, maar nie meer as TWEE vrae nie. Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees. VRAAG 3: BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA: DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s Verduidelik tot watter mate die Swart Bewussynsbeweging (SBB) die ingesteldheid van swart Suid-Afrikaners verander het om die apartheidsregime in die 1970’s uit te daag. [50] VRAAG 4: DIE OPKOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE VERLEDE: ONDERHANDELDE OOREENKOMS EN DIE RNE Suid-Afrika se pad na demokrasie was deurspek (geteister) met wydverspreide uitdagings en onoorkomelike (onoorwonne) struikelblokke. Stem jy saam met die stelling? Gebruik relevante bewyse om jou lyn van argument te ondersteun. [50] VRAAG 5: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989 Die ineenstorting van kommunisme in 1989 was grootliks verantwoordelik vir die politieke veranderinge wat in Suid-Afrika plaasgevind het. Bespreek die stelling krities. Gebruik relevante bewyse om jou lyn van argument te staaf. [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 History

View all