Downloaded from hlayiso.com
SENIOR SERTIFIKAAT/
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
HIST.1
GESKIEDENIS V1
NOVEMBER 2020
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye.
MIDDAGSESSIE
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2020 papers 





View all





History Grade 12 P1 NSC November 2020 Question Paper (Afr)
Grade 12 History Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · NSC November Exam · 2020. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2020
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 422.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 2 DBE/November 2020
SS/NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: DIE KOUE OORLOG: INSLUITING EN WAAGMANSKAP: DIE
KUBAANSE MISSIELKRISIS
VRAAG 2: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA
VRAAG 3: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: DIE
SWARTMAGBEWEGING
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: GEVALLESTUDIE – CHINA
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE –
DIE KONGO EN TANZANIË
VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: DIE
BURGERREGTEBEWEGING
2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
word.
3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.
4. Beantwoord DRIE vrae soos volg:
4.1 Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN
moet 'n opstelvraag wees.
4.2 Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag wees.
5. Jy word aangeraai om EEN uur per vraag te bestee.
6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
gebruik.
7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 3 DBE/November 2020
SS/NSS
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die
ADDENDUM gevind word.
VRAAG 1: HOE HET DIE SOWJETUNIE EN DIE VERENIGDE STATE VAN
AMERIKA IN DIE 1960's TOT KOUE OORLOG-SPANNING IN KUBA
BYGEDRA?
Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Gebruik Bron 1A.
1.1.1 Waarom, volgens die bron, het Castro 'n noue verhouding met
Khrushchev gehad? (1 x 2) (2)
1.1.2 Definieer die konsep kommunisme in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
1.1.3 Verduidelik wat geïmpliseer word met die stelling, 'Khrushchev en
die Sowjette kon nie vir 'n bondgenoot teen die Verenigde State
van Amerika (VSA), wat beter geleë was, gevra het nie', in die
konteks van die Kubaanse Missielkrisis. (2 x 2) (4)
1.1.4 Wat, volgens die bron, was die uitkoms van die geveg by die Bay
of Pigs vir die volgende lande:
(a) Die VSA (1 x 1) (1)
(b) Kuba (1 x 1) (1)
1.2 Lees Bron 1B.
1.2.1 Watter hulpbronne, volgens die bron, het Khrushchev aan Kuba
verskaf? (2 x 1) (2)
1.2.2 Verduidelik waarom Khrushchev verklaar het dat 'die wapens en
militêre toerusting wat na Kuba gestuur is, is uitsluitlik vir
verdedigingsdoeleindes ontwerp'. (1 x 2) (2)
1.2.3 Lewer kommentaar op wat Khrushchev geïmpliseer het met die
stelling, 'Dreigemente en afpersing is 'n integrale deel van die
imperialistiese state' in die konteks van die Koue Oorlog in Kuba.
(2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 4 DBE/November 2020
SS/NSS
1.3 Bestudeer Bron 1C.
1.3.1 Waarom, volgens die bron, was Kennedy bekommerd oor die
Sowjetunie se teenwoordigheid in Kuba? (1 x 2) (2)
1.3.2 Verduidelik wat jy dink Kennedy aangespoor het om die
Amerikaanse publiek oor die ontplooiing van Sowjet militêre
toerusting na Kuba in te lig. (2 x 2) (4)
1.3.3 Haal VIER uitdagings uit die bron aan wat kommunisme vir die
wêreld ingehou het. (4 x 1) (4)
1.3.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik die
beperkings van hierdie bron vir 'n historikus wat die Kubaanse
Missielkrisis navors. (2 x 2) (4)
1.4 Raadpleeg Bron 1D.
1.4.1 Verduidelik waarom jy dink hierdie artikel op die voorblad van
The Arizona Republic verskyn het. (1 x 2) (2)
1.4.2 Lewer kommentaar op die koeranthoofopskrif, 'AMERIKA
BLOKKEER KUBA, SÊ VIR RUSS OM "OP TE HOU" ' in die
konteks van die Kubaanse Missielkrisis. (2 x 2) (4)
1.5 Verwys na Bron 1C en 1D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1C die
bewyse in Bron 1D met betrekking tot Kennedy se reaksie op die ontplooiing
van Sowjetmissiele na Kuba ondersteun. (2 x 2) (4)
1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
verduidelik hoe die Sowjetunie en die Verenigde State van Amerika in die
1960's tot Koue Oorlog-spanning in Kuba bygedra het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 5 DBE/November 2020
SS/NSS
VRAAG 2: WATTER IMPAK HET DIE SLAG VAN CUITO CUANAVALE OP
SUID-AFRIKA EN KUBA GEHAD?
Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.
2.1 Lees Bron 2A.
2.1.1 Waarom het die SAW in 1987 'n groot aanval in suid-oostelike
Angola geloods, volgens die bron? (2 x 1) (2)
2.1.2 Identifiseer TWEE militêre magte in die bron wat 'in die rigting van
die Namibiese grens beweeg en Suid-Afrika se terugtoglyn
(aftoglyn) afgesny' het. (2 x 1) (2)
2.1.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewer
kommentaar op waarom die SAW se lugvleuel nie die Kubaanse
lugmag kon verslaan nie. (2 x 2) (4)
2.2 Bestudeer Bron 2B.
2.2.1 Noem DRIE redes in die bron wat Suid-Afrika aangespoor het om
Cuito Cuanavale te verlaat. (3 x 1) (3)
2.2.2 Wie, volgens die bron, was gedurende die Slag van Cuito
Cuanavale die leier van Suid-Afrika? (1 x 1) (1)
2.2.3 Haal bewyse uit die bron aan wat te kenne gee dat die President
van Suid-Afrika en sy adviseurs 'n wapenstilstand aanvaar het.
(2 x 1) (2)
2.2.4 Verduidelik wat jy dink deur die stelling 'Crocker se lang stryd was
verby, sy doel om vir 'n streeksvredesooreenkoms te onderhandel,
is uiteindelik verwesenlik' in die konteks van die Slag van Cuito
Cuanavale geïmpliseer word. (2 x 2) (4)
2.3 Raadpleeg Bron 2C.
2.3.1 Watter TWEE kwessies, volgens die bron, is ten nouste verbind
met die vrede en veiligheid van die suid-westelike streek van
Afrika? (2 x 1) (2)
2.3.2 Definieer die konsep onafhanklikheid in die konteks van Angola.
(1 x 2) (2)
2.3.3 Verduidelik wat Oliva geïmpliseer het met die stelling, 'die
Kubaanse militêre afvaardiging, ... hulle internasionale missie
suksesvol uitgevoer het'. (2 x 2) (4)
2.3.4 Lewer kommentaar op die rol wat die Verenigde Volkeorganisasie
gedurende die vredesonderhandelings in Angola gespeel het.
(2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 6 DBE/November 2020
SS/NSS
2.4 Gebruik Bron 2D.
2.4.1 Verduidelik die boodskappe wat in die foto oorgedra word. (2 x 2) (4)
2.4.2 Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van hierdie bron vir 'n
historikus wat die uitkoms van die Slag van Cuito Cuanavale
navors. (2 x 2) (4)
2.5 Verwys na Bron 2C en 2D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2C die
bewyse in Bron 2D met betrekking tot Kuba se rol in die Angolese
Burgeroorlog ondersteun. (2 x 2) (4)
2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die
impak wat die Slag van Cuito Cuanavale op Suid-Afrika gehad het,
verduidelik. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 7 DBE/November 2020
SS/NSS
VRAAG 3: WATTER PROGRAMME HET DIE BLACK PANTHER-PARTY IN DIE
1960's IN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA
GEÏMPLEMENTEER?
Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.
3.1 Lees Bron 3A.
3.1.1 Noem DRIE gemeenskapsprogramme in die bron wat die Black
Panther-party vir swart Amerikaners gereël het. (3 x 1) (3)
3.1.2 Wat, volgens die bron, was die TWEE strategieë wat die Black
Panther-party gebruik het om behoeftige swart Amerikaners te
help? (2 x 1) (2)
3.1.3 Verduidelik wat die Black Panther-party geïmpliseer het met ' 'n
hervormingsprogram word deur die huidige uitbuitstelsel
saamgestel as 'n versoeningsoffer om die mense 'n rat voor die oë
te draai en om hulle stil te hou …'. (2 x 2) (4)
3.1.4 Lewer kommentaar op die impak wat die Gratis Ontbytprogram op
swart Amerikaanse kinders gehad het. (2 x 2) (4)
3.2 Raadpleeg Bron 3B.
3.2.1 Verduidelik die boodskappe wat in die foto oorgedra word. (2 x 2) (4)
3.2.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewer
kommentaar op die bruikbaarheid van hierdie bron vir 'n historikus
wat die programme van die Black Panther-party bestudeer. (2 x 2) (4)
3.3 Bestudeer Bron 3A en 3B. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3A die bewyse
in Bron 3B met betrekking tot die programme van die Black Panther-party
ondersteun. (2 x 2) (4)
3.4 Verwys na Bron 3C.
3.4.1 Wat, volgens Ericka Huggins, moet die stad Oakland doen om die
lewens van swart Amerikaners op te hef? (3 x 1) (3)
3.4.2 Verduidelik wat Ericka Huggins geïmpliseer het toe sy gesê het
Oakland Community School 'bedien kinders wat as "opvoedkundig
minderbevoorreg", "ekonomies verwaarloos" en "onopvoedbaar"
bestempel word'. (2 x 2) (4)
3.4.3 Waarom, volgens die bron, is die Inter-communal Youth Institute
gestig? (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 8 DBE/November 2020
SS/NSS
3.5 Gebruik Bron 3D.
3.5.1 Noem TWEE maniere in die bron waarop die FBI-agente die
programme van die Black Panther-party vernietig het. (2 x 1) (2)
3.5.2 Definieer die konsep swart nasionalisme in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
3.5.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
waarom die Black Panther-party se Skoolontbytprogram in 1975
toegelaat is om op 'n permanente basis bedryf te word. (2 x 2) (4)
3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die
programme verduidelik wat die Black Panther-party in die 1960's in die
Verenigde State van Amerika geïmplementeer het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 9 DBE/November 2020
SS/NSS
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae in hierdie afdeling
nie.
Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.
VRAAG 4: GEVALLESTUDIE – CHINA
Voorsitter Mao Zedong het die Derde Vyfjaarplan (Kulturele Revolusie) ingestel om die
uitdagings wat gewone Chinese gedurende die implementering van die Tweede
Vyfjaarplan (Groot Sprong Vorentoe) ondervind het, aan te pak.
Stem jy met hierdie stelling saam? Gebruik relevante bewyse om jou argument te
ondersteun. [50]
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE –
DIE KONGO EN TANZANIË
Bespreek krities die maatskaplike en ekonomiese beleide wat Mobutu Sese Seko (die
Kongo) en Julius Nyerere (Tanzanië) in hulle onderskeie lande geïmplementeer het na
die verkryging van onafhanklikheid in die 1960's. [50]
VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
DIE BURGERREGTEBEWEGING
Verduidelik tot watter mate die verskillende vorme van protes deur die
Burgerregtebeweging in die 1960's tot die verbetering van die lewens van gewone
swart Amerikaners in die Verenigde State van Amerika gelei het.
Ondersteun jou argument met relevante bewyse. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
History Grade 12 P1 NSC November 2020 Question Paper (Eng)

Question paper
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP (Sesotho)

Question paper
History Grade 12 P1 NSC November 2014 Question Paper (Eng)

Question paper
History Grade 12 P1 NSC November 2014 Question Paper (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 NSC November 2020 Addendum (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 NSC November 2020 Memo (Afrikaans)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum