Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
GESKIEDENIS V1
NOVEMBER 2014
ADDENDUM
Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2014 papers 

%20(English)%20June%202014%20Addendum_hlayiso.com_--4aa7434a-8815-410f-a2dd-92249bec2c0a/v1-001011824feeafa27152/card.webp)



View all





History Grade 12 P1 NSC November 2014 Addendum (Afrikaans)
Grade 12 History Paper 1 addendum from the NSC November Exam 2014 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.
History · Grade 12 · NSC November Exam · 2014. Addendum, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Addendum
- Year
- 2014
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 966.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 2 DBE/November 2014
NSS – Addendum
VRAAG 1: HOE HET DIE BERLYNSE BLOKKADE TOT KOUE OORLOG-
SPANNING TUSSEN DIE WESTERSE MOONDHEDE EN DIE
SOWJETUNIE BYGEDRA?
BRON 1A
Hierdie bron beklemtoon hoe die verdeling van Duitsland en Berlyn tot Koue Oorlog-
spanning in Europa bygedra het.
By die Jalta-konferensie in 1945 het die Groot Drie besluit dat die land (Duitsland) vir
besettingsdoeleindes in vier sones verdeel sou word, een sone vir Frankryk asook een
vir elk van die Groot Drie, en dat die stad Berlyn gesamentlik beset sou word.
... vroeg in 1947, lank voor die Marshall-plan bekend gestel is, het die verdeling van
Duitsland permanent begin lyk. Dit was duidelik dat die Amerikaners en die Britte in die
rigting van die vorming van 'n aparte Wes-Duitsland beweeg het, as deel van die plan
vir die ekonomiese herstel van nie-kommunistiese Wes-Europa. Op 18 Junie 1948 is 'n
nuwe geldeenheid, die Deutschmark, in die Westerse sones begin sirkuleer om die ou
Reichsmark te vervang. Die Russe het gereageer deur 'n nuwe geldeenheid, die
Ostmark (Oos-Duitse mark), in hulle sone, wat Berlyn ingesluit het, bekend te stel. Die
Russe het hierdie keer hard en vinnig teruggeslaan. Hulle het verklaar dat aangesien
die Amerikaners, Britte en Franse besig was om 'n nuwe Duitsland in die Weste te
vorm, hulle geen reg gehad het om in die Duitsland van die Ooste in te meng nie. Om
hulle posisie heeltemal duidelik te maak, het die Russe op 24 Junie die paaie,
spoorlyne en waterweë wat Wes-Berlyn met die Westerse sones verbind het, gesluit.
Die Westerse moondhede kon Berlyn aan sy lot oorgelaat het. Dit sou beteken het dat
meer as tweemiljoen Wes-Berlyners aan 'n kommunistiese regering oorgelewer sou
word. Alhoewel Wes-Berlyn 'n nuttige 'luisterpos' agter die 'ystergordyn' was, was dit
werklik 'n konfrontasie met die Russe, wat tot 'n warm oorlog kon lei, werd?
... Die bevelvoerder van die Amerikaanse magte in Duitsland, generaal Lucius Clay,
het verklaar: 'Ons het Tsjeggo-Slowakye verloor. Noorweë word bedreig. Ons val terug
uit Berlyn. As Berlyn val, sal Wes-Duitsland volgende wees.' En dan vermoedelik die
res van Wes-Europa? Onthou die domino's? Harry Truman, die man wie se leerstelling
bepaal dat geen grond aan die kommuniste gegee moet word nie, het sonder om
doekies om te draai die Amerikaanse posisie opgesom: 'Ons bly, punt.'
[Uit: Twentieth Century History – The World Since 1900 deur T Howarth]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 3 DBE/November 2014
NSS – Addendum
BRON 1B
Die uittreksel hieronder fokus op die hulp wat die Westerse moondhede in 1948 aan
Wes-Berlyners verskaf het.
Tussen 24 Junie 1948 en 30 September 1949 het Britse en Amerikaanse soldate
ongeveer 400 000 vlugte na Wes-Berlyn onderneem met ongeveer tweemiljoen ton
voedsel, steenkool, klere en ander noodsaaklikhede. Op die besigste dae het 'n
vliegtuig elke 45 sekondes by een van die drie lughawens in Wes-Berlyn geland.
Vlieëniers het selfs die riviere as aanloopbane gebruik om hulle noodsaaklike vrag te
bring. Berlyn se Havelrivier was die landingsplek vir amfibiese lugvaartuie (vliegtuie
wat op water kan land) wat aan die lugbrug deelgeneem het.
Maar selfs met die voorraad wat deur Westerse nasies geskenk is, het geblokkeerde
Berlyners nie 'n maklike jaar gehad nie. Daar was so 'n tekort aan brandstof dat
kragstasies vir slegs 'n paar uur elke dag elektrisiteit kon verskaf. Voedselrantsoene
het hoofsaaklik uit gedroogde aartappels bestaan en vars voedsel was glad nie
beskikbaar nie. In die winter het die son voor vieruur ondergegaan. Die mense van
Wes-Berlyn het saamgebondel in hulle koue, donker huise sonder hitte, lig of 'n
warm ete om hulle op te beur.
Wes-Berlyners was nietemin vasbeslote om nie onder Sowjetdruk te swig nie. Hulle
het geweier om voedsel van die kommunistiese regering van Oos-Berlyn te aanvaar.
[Uit: A History of the United States, Volume II: 1865 to the Present – American Voices
deur S Foresman]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 4 DBE/November 2014
NSS – Addendum
BRON 1C
Hierdie foto, wat in 1948 geneem is, toon 'n Amerikaanse vragvliegtuig wat voorraad
vervoer en besig is om op Tempelhof-lughawe in Wes-Berlyn te land. Die fotograaf
is onbekend.
[Uit: The Oxford Illustrated History of Modern Europe, redakteur TCW Blanning]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 5 DBE/November 2014
NSS – Addendum
BRON 1D
Hierdie is 'n uittreksel uit 'n toespraak wat op 1 November 1948 deur Otto Grotewohl,
die voorsitter van die Verenigde Sosialiste-party in Oos-Duitsland, gelewer is.
Dit is welbekend dat die Sowjetunie 100 000 ton graan, meer as 10 000 ton olie,
verhittingsmateriaal en ander kommoditeite vir Berlyn voorsien het. Vars vleis, vis,
eiers, aartappels en ander produkte word uit die volksdemokrasieë (Sowjet-beheerde
Oos-Europa) ingevoer. Dit beteken dat voorraad vir die hele bevolking van Berlyn
gewaarborg is.
Die feit dat hierdie geleentheid nie benut word nie, is hoofsaaklik 'n gevolg van die
kwaadwillige politieke veldtog wat deur die reaksionêre (heftige teenkanting) Britse en
Amerikaanse groepe gevoer word. Die Westerse besettingsowerhede voorkom dat
inwoners in hulle sektore voordeel trek uit die geleenthede om voorraad te bekom wat
deur die Sowjetsektor aangebied word. Die optrede van die Berlynse Stads-
administrasie is boonop bloot krimineel, aangesien hulle hul uiterste bes doen om die
situasie te vererger. Die verset van die Berlynse stadsraad, wat 'n slaaf van die
Westerse besettingsowerhede is, het daartoe gelei dat die mense wat in die Westerse
sektore woon, beroof word van die geleentheid om voedselvoorraad en ander
kommoditeite te bekom wat direk deur die Sowjetunie aan die winkels in die Westerse
sektore verskaf word. Die 'Lugbrug' wat deur die Westerse besettingsmagte ontwerp
is, is 'n absoluut onnodige en suiwer opruiende maatreël wat in geen opsig genoeg
voorraad aan Berlyn kan voorsien nie en, wat meer is, dit belas die Duitsers met
geweldige koste ...
Op die oomblik is die imperialistiese magte van die Westerse moondhede in alliansie
met die opkomende reaksionêre magte in Duitsland. Hulle sweep die Duitsers teen die
Sowjetunie op en ontketen die begeerte vir oorlog en die dors na wraak ...
[Uit: http://www.cvce.eu, Toegang verkry op 27 Augustus 2013.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 6 DBE/November 2014
NSS – Addendum
VRAAG 2: HOE HET DIE BUITELAND IN DIE EERSTE FASE VAN DIE
ANGOLESE BURGEROORLOG VANAF 1975 TOT 1976 INGEGRYP?
BRON 2A
Die volgende bron oor die Angolese vredesonderhandelinge is geskryf deur 'n
Verenigde Nasies-konsultant, dr. Fernando A Guimarᾶes. Dit fokus op hoe
verskillende vryheidsbewegings in Angola deur die buiteland gesteun is.
Toe die einde van die anti-koloniale oorlog aanbreek, het die MPLA, die FNLA en
UNITA nie gesofistikeerde oorlogstuig gehad nie. Namate hulle in die tweede helfte
van 1974 uit ballingskap en die omliggende gebiede gekom het, was hulle nie veel
meer as 'n versameling klein guerrilla-eenhede nie wat selde hulle kamerade gesien
het, wat nog saam met hulle geveg het … skaars een jaar later was daar egter
kolonnes pantserkarre, groot mortiere, vuurpyllanseerders, tenks en straalvegters in
aksie toe die MPLA teen die gekombineerde magte van die FNLA en UNITA te staan
gekom het in 'n kort, maar verwoede magstryd in Angola. In daardie kort tydperk het 'n
vinnige wapenwedloop die mededingers van anti-koloniale bewegings na teenstanders
van 'n burgeroorlog verander. Buitelandse ingryping in die Angolese burgeroorlog is
blootgelê as die oorsaak van daardie wapenwedloop …
Die mag van die FNLA is verder versterk toe Amerika in Januarie 1975 met 'n geheime
ondersteuningsprogram begin het. Vroeg in 1974 het die Amerikaanse
Intelligensiediens ('CIA') in die geheim begin om betalings aan die FNLA te maak en
gevoel dat hierdie beweging die Amerikaanse belange in Angola die beste
verteenwoordig het … 'n 'CIA'-voorstel om 300 000 VS dollar aan die FNLA te skenk
… is deur die Minister van Buitelandse Sake, Henry Kissinger, goedgekeur …
Teen Maart 1975 het die MPLA begin om groot wapenbesendings uit die Sowjetunie te
ontvang. Volgens amptelike skattings deur Amerika het 27 skeepsvragte tussen April
en Oktober 1975 aangekom en 30 tot 40 lugsendings is gedoen om oorlogstoerusting
af te lewer …
Volgens een bron wat Radio Luanda aangehaal het, het die eerste Kubaanse militêre
adviseurs teen 7 Mei 1975 in Angola begin aankom. Die hooftaak van hierdie
afvaardiging (groep) was om opleidingskampe vir FAPLA, die militêre vleuel van die
MPLA, te vestig en te bedryf …
Die ingryping van Suid-Afrika het 'n nuwe fase in die toenemende konflik ingelui …
beide UNITA en die FNLA het kontak met Pretoria gemaak, en Suid-Afrika het wapens
aan die voorheen swak bewapende UNITA verskaf. Teen laat Augustus (1975) het
Suid-Afrika opleidingskampe vir albei bewegings gevestig …
[Uit: The Origins of the Angolan Civil War deur FA Guimarᾶes]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 7 DBE/November 2014
NSS – Addendum
BRON 2B
Die spotprent hieronder het op 31 Desember 1975 in 'n Britse koerant, die Daily Mail,
verskyn. Dit het die VSA se Minister van Buitelandse Sake, Henry Kissinger,
uitgebeeld wat aan die Amerikaanse president, Gerald Ford, verduidelik waarom hy
wou hê dat die VSA by die Angolese burgeroorlog betrokke moes raak. Die woorde in
die bron is vir duidelikheid oorgetik.
RAAM 1 RAAM 2
Sê tog weer vir my, Henry!
Waarom wil ek hê Om 'n ... as ons EEN
Amerika moet in ANGOLA DOMINO- ondersteun ... sal
betrokke raak? situasie te ALMAL regop bly.
voorkom.
RAAM 3 RAAM 4
Jy bedoel soos
ons in VIËTNAM
??!!
PRESIES!
gemaak het!
[Uit: http://www.cartoons.ac.uk/browse/cartoon_item/anytext=angola%20war?page=4.
Toegang verkry op 30 September 2013.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 8 DBE/November 2014
NSS – Addendum
BRON 2C
Dit is 'n uittreksel uit 'n onderhoud met Fidel Castro wat deur 'n Sweedse kameraspan
gedoen is. Dit verduidelik in breë trekke die redes waarom Kuba in Angola ingegryp
het. Die onderhoud is op 23 Julie 1977 in Havana, Kuba gevoer.
Ons kon nie met gevoude arms bly sit toe gewone Suid-Afrikaanse troepe Angola op
23 Oktober (1975) ingeval het nie. En toe die MPLA ons hulp gevra het, het ons die
nodige bystand aangebied om te voorkom dat mense wat vir amper 14 jaar vir
onafhanklikheid gestry het, vernietig word, om die moord op tienduisende
rewolusionêres te voorkom, om te voorkom dat apartheid in Angola ingestel word, dat
die 'CIA' hulself in Angola vestig, en dat neokolonialisme en imperialisme in Angola
gevestig word. Dit was ons basiese plig, ons rewolusionêre plig en ons internasionale
plig om tot elke prys ons ondersteuning aan die MPLA te bied. Daar is geen rede vir
ons land om oor die opoffering en moeite spyt te wees nie.
Kyk, ek kan jou van een ding verseker. Gegewe die betrekkinge wat daar tussen die
Sowjetunie en Kuba bestaan en gegewe die beleid wat deur die Sowjetunie gevolg
word, sou die Sowjetregering en die Sowjetparty Kuba nooit gevra het om 'n enkele
man na Angola te stuur nie.
'n Besluit van daardie aard kon slegs deur ons party en ons regering geneem word.
Diegene wat sulke aantygings maak, ken Kuba nie, ken die Sowjetunie nie en weet
niks omtrent die betrekkinge wat daar tussen die Sowjetunie en Kuba bestaan nie.
… die plig van die rewolusionêre volke van die wêreld is om lande te help wat vir hulle
vryheid stry. In hierdie opsig sal ons ons internasionale plig teenoor die volke van
Afrika nakom ...
[Uit: http://lanic.utexas.edu/project/castro/db/1977/19770723.html.
Toegang verkry op 3 Oktober 2013]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 9 DBE/November 2014
NSS – Addendum
BRON 2D
Dit is 'n deel van 'n onderhoud wat op 13 Februarie 1976 deur Clarence Rhodes van
UPITN-TV ('United Press International Television News') met die voormalige
Suid-Afrikaanse Eerste Minister, BJ Vorster, gevoer is. Rhodes het Vorster oor die
Suid-Afrikaanse Weermag se betrokkenheid by die Angolese burgeroorlog uitgevra.
Rhodes: Hierdie Angolese episode word in sommige oorde as 'n flater aan
Suid-Afrikaanse kant beskou: dat julle daarby betrokke geraak het; dat julle moes
onttrek sonder om julle doelwitte te bereik. Is dit die geval?
Eerste Minister: As u so 'n aantyging maak, aanvaar ek dat wat u in gedagte het, is
dat ons by die burgeroorlog in Angola betrokke was. Ek het dit baie duidelik in die
Parlement gestel dat ons nooit by die burgeroorlog as sodanig betrokke was nie …
Rhodes: As u sê dat Suid-Afrika nie by die burgeroorlog in Angola betrokke was nie,
wat op groot skaal deur Kuba ondersteun word – sal u omgee om dit te verduidelik,
Meneer?
Eerste Minister: … (Suid-Afrikaanse betrokkenheid in Angola) het plaasgevind, soos
ek aan u probeer verduidelik het, omdat hulle die Calueque-dam-terrein beset het ...
hierdie dam bied hoegenaamd geen voordeel aan Suid-Afrika nie; die dam voorsien
water aan die Ovambo-mense … Ek wil dit baie duidelik stel dat Suid-Afrika se
betrokkenheid die gevolg was van Russiese en Kubaanse inmenging en nie die
oorsaak van Russiese en Kubaanse inmenging nie – dit is ook duidelik gestel deur
dr. Kissinger en sy Adjunkminister van Buitelandse Sake.
Rhodes: … Hoe ernstig neem u hierdie uitbreiding van die kommunistiese invloed in
Afrika op?
Eerste Minister: … Jy het 'n Kubaanse mag van duisende – op hierdie stadium na
raming tussen tien- en dertienduisend – wat deelneem aan 'n burgeroorlog in Suider-
Afrika en as dit al was, kon 'n mens jou skouers optrek en sê, goed, hulle sal môre
teruggaan. Maar omdat ons weet hoe die kommuniste en die Kubane is, is daar
niemand wat vir jou op hierdie stadium kan sê hulle sal huis toe gaan sodra hulle die
MPLA aan bewind gebring het nie. Ek dink daar moet aanvaar word dat hulle hier is
om te bly, en ek dink daar moet aanvaar word dat net soveel as wat hulle Angola
ondermyn of ten minste, soveel as wat hulle probeer om Angola te ondermyn, gaan
hulle probeer om ander lande in Suider-Afrika te ondermyn. Want, en hieroor is daar
geen twyfel nie, … wêreldoorheersing is nog altyd, tot vandag toe, die kommuniste se
oogmerk.
[Uit: http://www.sahistory.org.za/archive/interview-south-african-prime-minister-mr-b-j-vorster-mr-
clarence-rhodes-upitn-tv-13-february. Toegang verkry op 13 Mei 2013.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 10 DBE/November 2014
NSS – Addendum
VRAAG 3: WATTER ROL HET DIE REGERING VAN DIE VERENIGDE STATE IN
1957 IN DIE DESEGREGASIE VAN CENTRAL HIGH SCHOOL IN
LITTLE ROCK, ARKANSAS, GESPEEL?
Agtergrondinligting
In September 1957 het 'n krisis in Little Rock, Arkansas, ontstaan toe die skoolraad
probeer het om Central High School te desegregeer. In stryd met die Hooggeregshof
se beslissing om skole te desegregeer, het Goewerneur Orval Faubus die Arkansas
Nasionale Burgermag opdrag gegee om die registrasie van nege swart Amerikaanse
leerders by die voorheen wit skool te verhinder. Faubus het die ondersteuning van 'n
groot aantal wit segregasioniste gehad wat gedreig het om geweld teen die swart
Amerikaanse leerders te gebruik. Namate die krisis vererger het, het die President van
die Verenigde State, D Eisenhower, besluit om op te tree om wet en orde te herstel
deur federale troepe by die skool te ontplooi.
BRON 3A
Hierdie foto toon 'n leerder, Hazel Bryan, wat op Elizabeth Eckford skree toe sy op
4 September 1957 by die skool aangekom het. Eckford was een van die eerste swart
Amerikaanse studente wat gekeur is om die voorheen 'slegs wit' Central High School
by te woon.
Lid van
die
Arkansas
Nasionale
Burgermag
Hazel
Bryan
Elizabeth
Eckford
[Uit: http://ethicsbob.files.wordpress.com/2011/12/little_rock_desegregation_1957.jpg.
Toegang verkry op 15 September 2013.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 11 DBE/November 2014
NSS – Addendum
BRON 3B
Hieronder is twee telegramme* wat in September 1957 aan President Eisenhower
gestuur is. Dit het hom dringend versoek om stappe te doen teen 'n skare wit
protesteerders wat die desegregasie van Central High School, Little Rock, wou
voorkom.
Telegram 1: Dr Martin Luther King jr. het op 9 September 1957 die volgende
telegram aan President Eisenhower gestuur:
EK VERSOEK DRINGEND DAT U 'N STERK ONOMWONDE STANDPUNT IN DIE
LITTLE ROCK SITUASIE SAL INNEEM. INDIEN DIE FEDERALE REGERING NIE 'N
STERK POSITIEWE STANDPUNT OP HIERDIE STADIUM INNEEM NIE, SAL DIT
DIE INTEGRASIEPROSES VYFTIG JAAR TERUGSIT. DIT IS 'N GOEIE
GELEENTHEID VIR U EN DIE FEDERALE REGERING OM DIE BEGEERTES EN
STREWES VAN MILJOENE MENSE MET GOEIE BEDOELINGS TE ONDERSTEUN
EN OM WET EN ORDE 'N WERKLIKHEID TE MAAK.
Telegram 2: Die burgemeester van Little Rock, Woodrow Mann, het op
24 September 1957 die volgende telegram aan President Eisenhower gestuur:
DIE ONMIDDELLIKE BEHOEFTE AAN FEDERALE TROEPE IS DRINGEND. DIE
SKARE IS OM 8VM BAIE GROTER AS WAT DIT OP ENIGE STADIUM GISTER
WAS. MENSE STROOM UIT ALLE RIGTINGS NA DIE TONEEL. DIE SKARE IS
GEWAPEN EN DAAR IS VUISGEVEGTE EN ANDER GEWELD. SITUASIE IS BUITE
BEHEER EN POLISIE KAN NIE DIE SKARE UITEENJAAG NIE. EK SMEEK U AS
PRESIDENT VAN DIE VERENIGDE STATE IN DIE BELANG VAN MENSLIKHEID,
WET EN ORDE EN VIR DEMOKRASIE WÊRELDWYD OM DIE NODIGE TROEPE
BINNE 'N PAAR UUR TE STUUR. U OPTREDE SAL VREDE EN ORDE EN DIE
NAKOMING VAN U PROKLAMASIE HERSTEL.
[Uit: http://www.centralhigh57.org/the_tiger.htm. Toegang verkry op 30 September 2013.]
* 'n Telegram was soortgelyk aan 'n brief en is voor die 21ste eeu as 'n
vinnige vorm van kommunikasie gebruik. 'n Telegram het gewoonlik 'n
woordbeperking gehad.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 12 DBE/November 2014
NSS – Addendum
BRON 3C
Dit is 'n uittreksel uit President Eisenhower se mediakonferensie wat op
24 September 1957 gehou is. Hy het sy besluit om Amerikaanse federale troepe na
Little Rock, Arkansas te stuur, aangekondig.
Goeienaand, my landgenote: Ek wil vanaand 'n paar minute met julle praat oor die
ernstige situasie wat in Little Rock ontstaan het … Vanoggend het die skare weer voor
die Central High School in Little Rock bymekaar gekom, natuurlik met die doel om
weer die uitvoering van die hofbevel oor die toelating van Negerkinders by die skool te
voorkom …
Ingevolge hierdie verantwoordelikheid het ek vandag 'n uitvoerende bevel gegee dat
troepe onder federale gesag gebruik moet word om te help met die toepassing van
federale wetgewing in Little Rock, Arkansas …
Daar kan nie toegelaat word dat oproerige skares die besluite van ons howe ter syde
stel nie …
Ons nasie se respek vir wetgewing is 'n fondament van ons lewenswyse as
Amerikaners …
In die Suide, soos elders, is burgers intens bewus van die geweldige onreg wat in die
oë van die nasie aan die mense van Arkansas gedoen is, en in die oë van die wêreld is
dit aan die nasie gedoen.
Op 'n tydstip wanneer ons oorsee voor ernstige situasies te staan kom vanweë die
haat wat kommunisme vir 'n regeringstelsel het wat op menseregte gebaseer is, sal dit
moeilik wees om die skade wat aan die aansien en die invloed en inderdaad aan die
veiligheid van ons nasie en die wêreld gedoen word, te oordryf.
Ons vyande verlustig hulle in hierdie insident en gebruik dit oral om 'n wanvoorstelling
van ons hele nasie te gee. Ons word uitgebeeld as 'n skender van die
gedragstandaarde wat volke oor die wêreld heen saam in die Handves van die
Verenigde Nasies verklaar het. Daarin het hulle 'geloof in fundamentele menseregte'
en 'in die waardigheid en waarde van die mens' bevestig en hulle het dit 'sonder
onderskeid tussen ras, geslag, taal of godsdiens' gedoen.
En nou doen ek met 'n diepe vertroue 'n beroep op die burgers van die staat Arkansas
om te help om alle inmenging met die wet en sy prosesse onmiddellik te beëindig.
[Uit: http:historymatters.gmu.edu/d/6335/. Toegang verkry op 30 September 2013.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 13 DBE/November 2014
NSS – Addendum
BRON 3D
Die volgende telegram is op 1 Oktober 1957 deur die ouers van die Little Rock-Nege
aan President Eisenhower gestuur. Dit beklemtoon die belangrikheid van die President
se besluit om federale troepe te stuur om die desegregasie van Central High School uit
te voer.
ONS DIE OUERS VAN DIE NEGE NEGERKINDERS WAT BY LITTLE ROCK
CENTRAL HIGH SCHOOL INGESKRYF IS, WIL HÊ DAT U MOET WEET DAT U
OPTREDE OM HULLE REGTE TE BESKERM ONS GELOOF IN DEMOKRASIE
VERSTERK HET. NOU, SOOS NOG NOOIT TEVORE NIE, HET ONS 'N BLYWENDE
GEVOEL VAN SAMEHORIGHEID EN DOELGERIGTHEID. ONS GLO DAT VRYHEID
EN GELYKHEID WAT ALLE MENSE BY GEBOORTE ONTVANG, SLEGS DEUR
VRYHEID EN GELYKE GELEENTHEDE VIR SELFONTWIKKELING, GROEI EN
DOELGERIGTE BURGERSKAP GEHANDHAAF KAN WORD. ONS GLO DAT DIE
MATE WAARTOE MENSE ORAL HIERDIE KONSEP BESEF EN AANVAAR DIE
WARE GROEI EN WARE GROOTHEID VAN AMERIKA TOT 'N GROOT MATE
BEPAAL. U HET OP BEWONDERENSWAARDIGE WYSE AAN ONS AS NASIE EN
AAN DIE WÊRELD BEWYS HOE DIEP U IN HIERDIE KONSEP GLO. HIERVOOR IS
ONS DIEP DANKBAAR EN BETOON ONS ONS OPREGTE EN BLYWENDE DANK
AAN U. MAG ONS ALMAGTIGE EN ALWYSE VADER U SEËN, LEI EN ALTYD
BEWAAR.
[Uit: http://www.centralhigh57.org/the_tiger.htm. Toegang verkry op 30 September 2013.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 14 DBE/November 2014
NSS – Addendum
ERKENNINGS
Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:
Blanning, TCW. (ed.)1996. The Oxford Illustrated History of Modern Europe (Oxford
University Press, Oxford and New York)
Foresman, S. 1992. A History of the United States. Volume II 1865 to the Present –
American Voice (Harper Collins Publishers, Illinois)
Guimarᾶes, FA. 2001. The Origins of the Angolan Civil War (Macmillan, London)
Howarth, T. 1992. Twentieth Century History. The World since 1900 (Longman,
London and New York)
http://ethicsbob.files.wordpress.com/2011/12/little_rock_desegregation_1957.jpg
http://historymatters.gmu.edu/d/6335/
http://lanic.utexas.edu/project/castro/db/1977/19770723.html
http://www.cartoons.ac.uk/browse/cartoon_item/anytext=angola%20war?page=4
http://www.centralhigh57.org/the_tiger.htm
http://www.cvce.eu
http://www.sahistory.org.za/archive/interview-south-african-prime-minister-mr-b-j-
vorster-mr-clarence-rhodes-upitn-tv-13-february
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
History Grade 12 P1 NSC November 2014 Question Paper (Eng)

Question paper
History Grade 12 P1 NSC November 2014 Question Paper (Afr)
%20(English)%20June%202014%20Addendum_hlayiso.com_--4aa7434a-8815-410f-a2dd-92249bec2c0a/v1-001011824feeafa27152/card.webp)
Addendum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2014 Addendum (English)

Addendum
History Grade 12 P1 NSC November 2019 Addendum (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 NSC November 2015 Addendum (English)

Addendum
History Grade 12 P1 NSC November 2013 Addendum (English)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

Question paper