Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
GESKIEDENIS V2
NOVEMBER 2014
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 13 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2014 papers 

_hlayiso.com_--eed60833-7a75-4958-a8dd-2cab09ac22e9/v1-97da7a9c61df59efec3c/card.webp)
%20(English)%20June%202014%20QP_hlayiso.com_--50718c3c-2599-4d0c-91fe-dbc300d11e58/v1-2cba073e02f6397fc362/card.webp)


View all





History Grade 12 P2 NSC November 2014 Question Paper (Afr)
Grade 12 History Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2014 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · NSC November Exam · 2014. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2014
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 297.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 2 DBE/November 2014
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die
voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA
VRAAG 2: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
VRAAG 3: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
WÊRELDORDE, 1989 TOT DIE HEDE
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA:
DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989
2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
benodig word om hierdie vrae te beantwoord kan in die ADDENDUM gekry
word.
3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.
4. Beantwoord DRIE vrae soos volg:
4.1 Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste
EEN moet 'n opstelvraag wees.
4.2 Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag
wees.
5. In die beantwoording van die vrae moet kandidate hul kennis, vaardighede en
insig gebruik.
6. Die blote oorskryf van bronne as antwoorde sal kandidate benadeel.
7. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
8. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 3 DBE/November 2014
NSS
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, uit hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord, is in die
ADDENDUM.
VRAAG 1: WATTER IMPAK HET DIE FILOSOFIE VAN SWART BEWUSSYN IN
DIE 1970's OP DIE LEERDERS VAN SOWETO GEHAD?
Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Bestudeer Bron 1A.
1.1.1 Definieer die begrip Swart Bewussyn in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
1.1.2 Wat, volgens die bron, was die bedoeling van die filosofie van
Swart Bewussyn? (1 x 2) (2)
1.1.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
wat Biko met die volgende woorde bedoel het: 'die kragtigste
wapen in die hande van die onderdrukker, (is) die denke van die
onderdrukte'. (2 x 2) (4)
1.1.4 Watter impak het Biko verwag moes die filosofie van Swart
Bewussyn op die 'swart man' hê? (2 x 1) (2)
1.2 Lees Bron 1B.
1.2.1 Watter stappe het die apartheidsregering gedoen om die
aktiwiteite van SASO en die BPC te onderdruk? (2 x 1) (2)
1.2.2 Noem TWEE uitdagings waarvoor die Swartbewussynsbeweging
tussen Desember 1972 en Maart 1973 te staan gekom het.
(2 x 1) (2)
1.2.3 Verduidelik hoe die ondersteuners van die filosofie van Swart
Bewussyn op die apartheidsregering se onderdrukkende maatreëls
gereageer het. (2 x 2) (4)
1.3 Gebruik Bron 1C.
1.3.1 Volgens die bron, watter rol het die volgende leiers in die
mobilisering van die studente in Soweto gespeel:
(a) Tsietsi Mashinini (1 x 2) (2)
(b) Seth Mazibuko (1 x 2) (2)
1.3.2 Waarom, dink jy, het Mashinini 'n oproep vir massa-optogte teen
die gebruik van Afrikaans as onderrigmedium in swart Suid-
Afrikaanse skole gedoen? (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 4 DBE/November 2014
NSS
1.3.3 Beskryf hoe gebeure die oggend van 16 Junie 1976 in
Orlando-wes, Soweto verloop het. (2 x 2) (4)
1.3.4 Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir 'n historikus wat
'n studie maak van die impak wat die SASM-leiers gedurende die
1970's op die leerders van Soweto gehad het. (2 x 2) (4)
1.4 Verwys na Bron 1D.
1.4.1 Verduidelik die boodskap wat deur die foto oorgedra word. (1 x 2) (2)
1.4.2 Wat vertel die woorde 'Na die duiwel met Afrikaans' jou oor die
houding van Soweto-studente teenoor die gebruik van Afrikaans as
'n onderrigmedium? (1 x 2) (2)
1.5 Verduidelik hoe die inligting in Bron 1C die visuele bewyse in Bron 1D oor die
filosofie van Swart Bewussyn ondersteun. (2 x 2) (4)
1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om die invloed wat
die filosofie van Swart Bewussyn gedurende die 1970's op swart Suid-
Afrikaners gehad het, te verduidelik. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 5 DBE/November 2014
NSS
VRAAG 2: HOE HET DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
SUID-AFRIKA SE VERDEELDE VERLEDE HANTEER?
Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.
2.1 Verwys na Bron 2A.
2.1.1 Waarom, volgens die bron, is die WVK gestig? (2 x 1) (2)
2.1.2 Hoe het die Menseregteskendingskomitee hul werksaamhede
verrig? (1 x 2) (2)
2.1.3 Definieer die konsep rekonsiliasie in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
2.1.4 Waarom, volgens die WVK, is herstellende geregtigheid as
belangrik beskou? Ondersteun jou antwoord met relevante redes.
(2 x 2) (4)
2.1.5 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
waarom die meeste getuienis wat by die WVK aangehoor is, deur
vroue gelewer is. (2 x 2) (4)
2.2 Lees Bron 2B.
2.2.1 Waarom het Rokaya Saloojee ''n blywende haat vir sommige
wittes' gehad? (Getuienis 1) (1 x 1) (1)
2.2.2 Watter bewyse in die bron dui daarop dat die polisie moontlik
Suluman Saloojee vermoor het? (Getuienis 1) (1 x 2) (2)
2.2.3 Verduidelik tot watter mate jy die inligting in Getuienis 1 as
bruikbaar sal beskou wanneer die moord op die anti-apartheids-
aktivis, Suluman Saloojee, ondersoek word. (2 x 2) (4)
2.2.4 Waarom het James Simpson voor die WVK verskyn? (Getuienis 2)
(1 x 2) (2)
2.2.5 Identifiseer die skuldiges in elk van die volgende:
(a) Getuienis 1 (1 x 1) (1)
(b) Getuienis 2 (1 x 1) (1)
2.3 Lewer kommentaar op hoe die inligting in Bron 2A en Bron 2B (Getuienis 2)
mekaar ondersteun rakende die werk van die WVK. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 6 DBE/November 2014
NSS
2.4 Bestudeer Bron 2C.
2.4.1 Watter persentasie wit Suid-Afrikaners het gedink dat die WVK 'n
'baie slegte ding' was? (1 x 1) (1)
2.4.2 Verduidelik waarom wit Suid-Afrikaners nie die WVK gesteun
het nie. (2 x 2) (4)
2.4.3 Waarom dink jy het 'n groter persentasie swart Suid-Afrikaners
teenoor wit Suid-Afrikaners die werk van die WVK gesteun?
(1 x 2) (2)
2.5 Raadpleeg Bron 2D.
2.5.1 Haal TWEE redes uit die bron aan wat daarop dui dat die WVK
gekritiseer is. (2 x 1) (2)
2.5.2 Verduidelik waarom die meeste swart Suid-Afrikaners ongelukkig
was oor die bevindinge van die WVK. Gebruik bewyse uit die bron
sowel as jou eie kennis om jou antwoord te ondersteun. (2 x 2) (4)
2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) en verduidelik of
die WVK daarin geslaag het om Suid-Afrika se verdeelde verlede te hanteer.
(8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 7 DBE/November 2014
NSS
VRAAG 3: WATTER IMPAK HET GLOBALISERING GEHAD OP EKONOMIESE
BETREKKINGE TUSSEN LANDE IN DIE NOORDELIKE EN
SUIDELIKE HALFROND?
Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.
3.1 Verwys na Bron 3A.
3.1.1 Wat, volgens die bron, is globalisering? (1 x 2) (2)
3.1.2 Identifiseer die TWEE finansiële instellings wat die dryfkrag agter
globalisering was. (2 x 1) (2)
3.1.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik die
verhouding tussen globalisering en demokrasie. (2 x 2) (4)
3.1.4 Verduidelik of die aanvaarding van 'n handelsliberaliseringsbeleid
ontwikkelende lande sou gehelp het om hulle ekonomieë te laat
groei. (2 x 2) (4)
3.2 Raadpleeg Bron 3B.
3.2.1 Hoe het Mark Malloch Brown ongelykheid beskryf? (1 x 2) (2)
3.2.2 Wat was die inkomstegaping tussen die ryk en die arm lande?
(1 x 2) (2)
3.2.3 Waarom, volgens Mbeki, was dit nodig om sterk suid-suid-
vennootskappe op te bou? (1 x 2) (2)
3.2.4 Verduidelik of jy die inligting in hierdie bron as bruikbaar sou
beskou wanneer die invloed van globalisering op die ontwikkelende
lande bestudeer word. (2 x 2) (4)
3.3 Hoe verskil die inligting in Bron 3A en Bron 3B rakende die impak van
globalisering op ontwikkelende lande? Ondersteun jou antwoord deur
relevante bewyse te gebruik. (2 x 2) (4)
3.4 Bestudeer Bron 3C.
3.4.1 Gee EEN rede vir die toepassing van die Strukturele
Aanpassingsplanne. (1 x 1) (1)
3.4.2 Verduidelik of jy saamstem met die manier waarop die Strukturele
Aanpassingsplanne aan ontwikkelende lande opgelê is. (2 x 2) (4)
3.4.3 Haal bewyse uit die bron aan wat te kenne gee dat die skrywer
handel tussen ontwikkelde lande en armer lande as onregverdig
beskou het. (1 x 1) (1)
3.4.4 Waarom was dit nie vir ontwikkelende lande moontlik om
geprosesseerde goedere in te voer nie? (2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 8 DBE/November 2014
NSS
3.5 Gebruik Bron 3D.
3.5.1 Identifiseer die kontinente in die Noordelike en Suidelike Halfrond
soos in die bron uitgebeeld. (2 x 1) (2)
3.5.2 Noem enige TWEE produkte waarmee lande in die Suidelike
Halfrond met lande in die Noordelike Halfrond handel gedryf het.
(2 x 1) (2)
3.5.3 Verduidelik hoe die spotprenttekenaar die verhouding tussen lande
in die Suidelike en Noordelike Halfrond uitbeeld. (2 x 2) (4)
3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) wat die impak
verduidelik wat globalisering op ekonomiese betrekkinge tussen lande in die
Suidelike en Noordelike Halfrond gehad het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 9 DBE/November 2014
NSS
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar NIE meer as TWEE vrae nie, uit hierdie
afdeling.
Jou opstel behoort ongeveer DRIE bladsye lank te wees.
VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA: DIE
KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's
Verduidelik tot watter mate die interne versetbewegings in Suid-Afrika gedurende die
1980's daarin geslaag het om PW Botha se apartheidsregime uit te daag. [50]
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
2014 vier die 20ste herdenking van die stigting van 'n demokratiese en vrye Suid-Afrika.
Met verwysing na die stelling hierbo, bespreek tot watter mate leierskap, toegewings
en onderhandelinge tussen verskillende politieke organisasies in 1994 tot die geboorte
van 'n demokratiese Suid-Afrika gelei het. [50]
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WÊRELDORDE:
DIE GEBEURE VAN 1989
Die ineenstorting van die Sowjetunie het gedurende die 1990's gehelp om politieke
verandering in Suid-Afrika te bespoedig.
Stem jy saam met die stelling? Staaf jou antwoord. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
History Grade 12 P1 NSC November 2014 Question Paper (Eng)

Question paper
History Grade 12 P1 NSC November 2014 Question Paper (Afr)
_hlayiso.com_--eed60833-7a75-4958-a8dd-2cab09ac22e9/v1-97da7a9c61df59efec3c/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2014 QP (Afr)
%20(English)%20June%202014%20QP_hlayiso.com_--50718c3c-2599-4d0c-91fe-dbc300d11e58/v1-2cba073e02f6397fc362/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P2 NSC June 2014 Question Paper (English)

Question paper
History Grade 12 P2 NSC November 2021 Question Paper (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 NSC November 2019 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum