You're offline
Skip to content
Memorandum

History P1 May June 2018 Memo Afr_hlayiso.com_.pdf

Subject: HistoryGrade 12201823 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN GESKIEDENIS V1 2018 NASIENRIGLYNE PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 23 bladsye. Kopiereg voorbehou Final Approved Copy Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 2 DBE/2018 SSE – Nasienriglyne 1. BRONGEBASEERDE VRAE 1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te ontwikkel: Kognitiewe Gewigstoekenning Historiese vaardighede Vlakke van vrae • Onttrek inligting uit bronne • Selektering en organisasie van relevante inligting 30% VLAK 1 uit bronne (15) • Definieer historiese begrippe/terme • Interpretasie van bewyse uit bronne 40% VLAK 2 • Verduidelik inligting verkry uit bronne (20) • Analiseer bewyse uit bronne • Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne • Skakel met bronne om bruikbaarheid, betroubaarheid, eensydigheid en beperkings vas 30% VLAK 3 te stel (15) • Vergelyk en kontrasteer interpretasies en perspektiewe in die bronne en kom tot onafhanklike gevolgtrekkings 1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word: • By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of voorbeelde. • Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die vereistes van die vraag voldoen is. • In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte skrif aangedui. • By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet kry vir enige ander relevante antwoord. • Daar word van leerlinge verwag om ʼn standpunt in te neem in die beantwoording van ‘tot watter mate’ vrae om enige punte te verdien 1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae • Gebruik 'n regmerk () vir elke korrekte antwoord. • Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee redes en word twee punte elk toegeken (); (1 x 2) wat neerkom op een rede en twee punte toegeken word (). • Indien 'n vraag 4 punte tel, word 4 regmerkies () aangedui. Paragraafvraag Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die inhoud en die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer 'n antwoord op 'n paragraafvraag geassesseer word: • Lees die paragraaf en plaas 'n kolpunt (.) by elke punt binne-in die teks waar die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord. • Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat in staat was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 3 DBE/2018 SSE – Nasienriglyne • Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die paragraaf aan die einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1,2, of 3) soos aangedui in die holistiese rubriek en gee 'n kort kommentaar bv. ___________ . __________________________ . _________________________ _____________________________________________ . _________________ √√√√ Vlak 2 Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf • Tel al die regmerkies vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt op die kantlyn regs onder, bv. 32 50 • Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die antwoordeboek oorgedra word. 2. OPSTELVRAE 2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate: • In staat sal wees om hul argument op 'n logiese en samehangende wyse te stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om 'n redelike reeks feite of 'n effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat 'n opstel 'n inleiding, 'n samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en 'n slot het. 2.2 Nasien van opstelvrae • Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word deur die handboeke wat by 'n spesifieke sentrum gebruik is. • Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as dit wat ingesluit is by 'n riglyn vir nasien van 'n spesifieke opstel. 2.3 Globale assessering van 'n opstel Die opstel sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat die onderwyser die opstel as 'n geheel sal bepunt sonder om die hoofpunte afsonderlik te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder aan om 'n oorspronklike argument aan te bied deur relevante bewyse te gebruik om 'n argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder verwag word om slegs inhoud (feite) neer te skryf om 'n vlak 7 (hoë punt) te behaal nie. Hierdie benadering sal leerders ontmoedig om opstelle voor te berei en te reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun deur bewyse. Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese assessering nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem op die volgende val: • Die leerder se interpretasie van die vraag • Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse (relevant inhoudseleksie) • Die konstruksie/daarstelling van 'n argument (beplan, gestruktureer en ʼn onafhanklike argument) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 4 DBE/2018 SSE – Nasienriglyne 2.4 Assesseringsprosedures van die opstel 2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die opstel nagesien word. 2.4.2 Tydens die eerste deurlees van die opstel moet regmerkies toegeken word vir 'n relevante inleiding (aangedui met 'n kolpunt 'bullet' in die nasienriglyne), vir elke hoofaspek/liggaam van die opstel wat die argument ondersteun (aangedui met 'n kolpunt 'bullet' in die nasienriglyne) en 'n relevante slotopmerking (aangedui met 'n kolpunt 'bullet' in die nasienriglyne) Bv. In 'n opstel waar daar 5 hoofpunte is, sal daar dus 7 regmerkies wees. 2.4.3 Hou die PEEL struktuur in gedagte in die assessering van ʼn opstel. P Punt: Die kandidaat lei die opstel in met ʼn argument/’n duidelike hoofpunt. Elke paragraaf moet ʼn punt bevat wat die hoofpunt (argument) wat in die inleiding gemaak is, ondersteun. E Verduideliking: Die kandidaat moet in groter detail bespreek waaroor die hoofpunt (argument) gaan en hoe dit verband hou met die vraag wat gevra is. E Voorbeeld: Die kandidate moet die vraag beantwoord deur inhoud te selekteer wat relevant is tot die argument. Relevante voorbeelde moet gegee word om argument vol te hou. L Skakel: Kandidate moet seker maak dat die argument deurgaans in die opstel onderhou word en samehangend geskryf is. 2.4.3 Die volgende simbole MOET gebruik word in die assessering van ʼn opstel: • Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik gekontekstualiseer nie ^ • Verkeerde stelling _________________ • Irrelevante stelling | | | • Herhaling R • Analise A√ • Interpretasie 1√ • Argument LOA Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 5 DBE/2018 SSE – Nasienriglyne 2.5. Die matriks 2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die matriks voorsien word. Tydens die assessering van 'n opstel moet beide die inhoud en die aanbieding in ag geneem word. 'n Punt word toegeken by die snypunt van die inhoud en aanbieding, gebaseer op die sewe vaardigheidsvlakke. (a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter mate die hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak (op die matriks) vas te stel. I VLAK 4 (b) Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks) van die aanbieding bepaal. I VLAK 4 A VLAK 3 (c) Ken 'n algehele punt toe met behulp van die matriks. I A VLAK 4 VLAK 3 }26–27 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 6 DBE/2018 SSE – Nasienriglyne NASIENMATRIKS VIR OPSTELLE: TOTAAL: 50 VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1* AANBIEDING Baie goed Baie goed Goed beplande en Argument beplan Toon soms bewys Poging Weinig of geen beplande en beplande en gestruktureerde en gestruktureer. van 'n aangewend om poging om die gestruktureerde gestruktureerde opstel. Bewyse tot 'n gestruktureerde en antwoord te opstel te opstel. Goeie opstel. 'n Poog om 'n sekere mate beplande struktureer. struktureer nie. sintese van Relevante duidelike argument gebruik om argument. Poog Grootliks inligting. Het 'n argument is te ontwikkel. argument te om 'n argument vol beskrywend of goed gevolg. Bewyse Gevolgtrekking ondersteun. te hou. poog om argument INHOUD gebalanseerde, gebruik om die gemaak uit Slotsom bereik op Gevolgtrekking nie te ontwikkel. Geen oorspronklike argument te bewyse om die grond van bewyse. duidelik poging om 'n argument verdedig. Poog om argument te ondersteun deur gevolgtrekking te ontwikkel met 'n onafhanklike ondersteun. bewyse nie. maak nie. bewyse. Argument gevolgtrekking uit deurgaans die bewyse te volgehou en maak om die verdedig. argument te Onafhanklike ondersteun. gevolgtrekking gemaak uit bewyse om die argument te ondersteun. VLAK 7 Vraag is ten volle beantwoord. Inhoudskeuse ten volle relevante tot argument wat gevolg 47–50 43–46 is. VLAK 6 Vraag is beantwoord. Inhoudseleksie relevante tot argument 43–46 40–42 38–39 wat gevolg is VLAK 5 Vraag grotendeels beantwoord. Inhoud toereikend en 38–39 36–37 34–35 30–33 28–29 relevante. VLAK 4 Vraag herkenbaar in antwoord. Sommige weglatings of 30–33 28–29 26–27 irrelevante keuse van inhoud. VLAK 3 Keuse van inhoud hou verband met vraag, maar beantwoord dit nie. Hou soms nie 26–27 24–25 20–23 verband met die vraag nie. Weglatings. VLAK 2 Vraag ontoereikend beantwoord. Inhoud 20–23 18–19 14–17 skraal. VLAK 1* Vraag ontoereikend beantwoord of glad nie. Ontoereikend of 14–17 0–13 irrelevante inhoud. * Riglyne vir die toekenning van 'n punt in Vlak 1: • Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie =0 • Inhoudseleksie sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie =1–6 • Vraag ontoereikend en vaag beantwoord ; klein poging om die opstel te struktureer = 7–13 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 7 DBE/2018 SSE – Nasienriglyne AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: WAAROM HET KUBA IN DIE 1960's DIE BRANDPUNT VAN DIE KOUE OORLOG TUSSEN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA EN DIE SOWJETUNIE GEWORD? 1.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1] • 'Om Kubaanse uitgewekenes op te lei' • 'Om Kuba in te val' • 'Castro te verwyder' (enige 2 x 1) (2) 1.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1] • ‘Guatemala’ • ‘Nicaragua’ (2 x 1) (2) 1.1.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 1A – V2] • Kennedy het die Kubaanse probleem van Eisenhower oorgeërf / Kennedy moes Eisenhower se werk voltooi • Om die VSA se mag en prestige oor Kuba te toon • Kennedy wou gesien word as 'n sterk leier in die VSA en die hele wêreld • Kennedy wou Castro verwyder en wou dit laat lyk asof die VS regering geen rol gespeel het in die inval nie • Om die verspreiding van kommunisme te keer • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 1.1.4 [Verduideliking van 'n historiese konsep in Bron 1A – V1] • Amerika se poging om Kuba polities te beheer deur Castro te verwyder en demokrasie te implementeer • Amerika het gepoog om sy kapitalistiese ideologie te versprei en te implementeer • Amerika het gepoog om die verspreiding van kommunisme te keer • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1] • 'Gewapende aggressie het begin teen Kuba' • 'Gewapende bendes wat hierdie land binnegeval het in die Verenigde State van Amerika opgelei, toegerus en bewapen is' • 'Die vliegtuie wat Kubaanse stede bombardeer, behoort aan die Verenigde State van Amerika' • 'die bomme wat hulle laat val, word deur die Amerikaanse regering verskaf' (enige 3 x 1) (3) 1.2.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 1B – V2] • Khrushchev wou hê dat die VSA en die Sowjetunie moes saamwerk (onderhandel) om die krisis in Kuba op te los • Khrushchev wou hê dat die VSA Kuba se soewereiniteit moes respekteer • Spoor die VSA aan om in harmonie met Kuba te werk • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 8 DBE/2018 SSE – Nasienriglyne 1.2.3 [Evalueer die bruikbaarheid van Bron 1B – V3] Die bron is BRUIKBAAR omdat: • Dit eerstehandse inligting (brief) gee van Nikita Khrushchev aan President Kennedy • Die brief is geskryf tydens die Kubaanse inval, 18 April 1961 • Dit gee insig oor hoe die Sowjetunie Kuba ondersteun het onmiddellik na die inval van Kuba deur die VSA • Dit lig toe hoe Khrushchev die VSA blameer vir aggressie teen Kuba • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 1.3 [Vergelyking van bewyse in Bron 1A en 1B – V3] • In Bron 1A wou die VSA Castro uit Kuba verwyder terwyl in Bron 1B die Sowjets toegewyd was om Castro as leier van Kuba te beskerm • Bron 1A skets die VSA se plan om Kuba in te val en sy regering te ondermyn terwyl Bron 1B fokus op die Sowjetunie se toegewydheid om die Kubaanse regering te ondersteun • Bron 1A dui aan hoe die VSA teen kommunisme in Kuba gekant was terwyl in Bron 1B die Sowjetunie ondersteuning aan Kuba bied • In Bron 1A het Castro Kuba met Sowjettenks verdedig terwyl Bron 1B toon dat die Kubaanse bendes/uitgewekenes opgelei, toegerus en bewapen is met wapens wat deur die VS verskaf is • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 1.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1] • 'Die Verenigde State nog steeds Kuba wou inval om sodoende ontslae te raak' (Castro) • 'Regering te verander' • 'Kubaanse Kommunistiese Rewolusie te vernietig' (3 x 1) (3) 1.4.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 1C – V2] • Deur VS spioenasievliegtuie wat foto's geneem het op hulle verkenningsvlugte • Uit die verslae wat die CIA verskaf het oor die bewyse van missielterreine in Kuba • Deur verslae van Kubaanse vlugtelinge wat aangedui het dat terreine ontwikkel word vir die ontplooiing van Sowjetwapens aan Kuba • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 1.4.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1] • 'Verskrik/Geskok' • 'Kwaad' (2 x 1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 9 DBE/2018 SSE – Nasienriglyne 1.5.1 [Interpretasie van bewyse in Bron 1D – V2] • Om die aankoms van missiele in Kuba te blokkeer • Om sy sterkte en mag aan die wêreld te vertoon en teen die Sowjetunie en sy aggressie op te staan • Die VSA was bekommerd omdat hierdie missielbasisse gesien kon word as uitbreiding van Sowjet of kommunistiese invloed in Kuba • Die ontplooiing van Sowjetmissiele na Kuba het 'n ernstige bedreiging vir die veiligheid van die VSA en sy burgers geword • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 1.5.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 1D – V2] • Kuba het bedreig gevoel • VS militêre basisse was geleë binne en buite Kubaanse grense, dit was 'n skending van haar soewereiniteit en onafhanklikheid • Kuba het geïntimideerd gevoel deur die sterkte en mag van die VSA • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 1.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3] Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit: • Die VSA was suspisieus oor Kommunistiese oorname in Kuba (Bron 1A) • Die VSA het die gebruik van geld om Kubaanse uitgewekenes op te lei vir die inval in Kuba goedgekeur (Bron 1A) • Kennedy het die inval in Kuba toegelaat om sodoende die mag en sterkte van die VSA te demonstreer (Bron 1A) • Kuba was gekant teen Amerikaanse imperialisme en het selfbeskikkingsreg begeer deur kommunisme aan te gryp (Bron 1A) • Khrushchev het 'n brief aan Kennedy geskryf waarin hy hom blameer vir die inval in Kuba (Bron 1B) • Khrushchev het die VSA blameer vir die ignorering van samesprekings oor goeie verhoudinge tussen die VSA en die Sowjetunie (Bron 1B) • Castro vra bystand van die Sowjetunie om 'n Amerikaanse inval te voorkom (Bron 1C) • Verslae van Kubaanse vlugtelinge en CIA agente het 'n groeiende opbou van Sowjettroepe en gesofistikeerde wapens in Kuba aangedui (eie kennis) • VS spioenasievliegtuie het 'n belangrike rol gespeel in die ontdekking van missielterreine wat in Kuba opgerig is (Bron 1C) • Die Sowjetunie het missiele in Kuba ontplooi (Bron 1C en 1D) • Die VSA het 'n vlootblokkade (kwarantyn) beveel om Sowjetskepe te keer om na Kuba te vaar (Bron 1D) • Die VSA wou die verspreiding van kommunisme na Latyns-Amerika stop (eie kennis) • Die Sowjetunie wou missiele naby die VSA ontplooi om sy sterkte te demonstreer (eie kennis) • Enige ander relevante antwoord Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 10 DBE/2018 SSE – Nasienriglyne Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken: • Gebruik bewyse op 'n elementêre wyse, bv. toon geen of VLAK 1 min begrip oor waarom Kuba in die 1960's die brandpunt PUNTE van die Koue Oorlog tussen die Verenigde State van 0–2 Amerika en die Sowjetunie geword het. • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie. • Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate verband VLAK 2 met die onderwerp, bv. toon begrip oor waarom Kuba in die PUNTE 1960's die brandpunt van die Koue Oorlog tussen die 3–5 Verenigde State van Amerika en die Sowjetunie geword het. • Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf. • Gebruik relevante bewyse, bv. demonstreer 'n deeglike begrip oor waarom Kuba in die 1960's die brandpunt van VLAK 3 die Koue Oorlog tussen die Verenigde State van Amerika PUNTE en die Sowjetunie geword het. 6–8 • Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf en toon begrip van onderwerp. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 11 DBE/2018 SSE – Nasienriglyne VRAAG 2: HOE HET DIE INMENGING DEUR BUITELANDSE MAGTE TUSSEN 1974 EN 1976 KOUE OORLOG-SPANNING IN ANGOLA VERERGER? 2.1.1 [Verduideliking van 'n historiese konsep in Bron 2A – V1] • Politieke selfregering / selfbeskikking deur Angola van Portugese koloniale regering • Dekolonisasie van Angola na die beëindiging van koloniale regering • Oorhandiging van beheer van die Angolese regering aan bevrydingsbewegings deur die Portugese regering deur middel van die Alvor Ooreenkoms • Angola het oor sy eie interne en eksterne beleid besluit • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 2.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1] • ‘Popular Movement for the Liberation of Angola (MPLA)’ • ‘National Front for the Liberation of Angola (FNLA)’ • ‘National Union for the Total Independence of Angola (UNITA)’ (3 x 1) (3) 2.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1] • 'Angolese onafhanklikheid verleen' • 'Voorsiening gemaak het vir 'n drievoudige magsdelingstelsel' (2 x 1) (2) 2.1.4 [Interpretasie van bewyse in Bron 2A – V2] • USSR het militêre opleiding en toerusting aan die MPLA verskaf terwyl die VSA die FNLA en UNITA in die Angolese burgeroorlog ondersteun het • Beide die VSA en die USSR het oorlog aangevuur deur hulle voorkeur bondgenote met militêre bystand te ondersteun • Die supermoondhede het die burgeroorlog in Angola gebruik om sy natuurlike hulpbronne uit te buit • Beide die VSA en die USSR wou hulle ideologie promoveer • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B– V1] • National Front for the Liberation of Angola (FNLA) (1 x 1) (1) 2.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B– V1] • 'Opleiding van Angolese vegeenhede' • 'Verkennings- en voorsieningsopdragte uitgevoer' • 'CIA het meer as 'n miljoen dollar aan 'n ambisieuse huursoldaatprogram bestee' • 'Amerikaanse huursoldate veg in Angola' • 'Die CIA het ook die bewapening van Britse huursoldate gefinansier' (enige 3 x 1) (3) 2.2.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 2B – V2] • Om die kommunistiese ideologie te diskrediteer en te ondermyn / om kommunisme in 'n swak lig te stel • Om die verspreiding van kommunisme in Angola en ander Afrikalande te voorkom • Om die verspreiding van kapitalisme te verseker en sy sukses te demonstreer • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 12 DBE/2018 SSE – Nasienriglyne 2.3.1 [Interpretasie van bewyse in Bron 2C – V2] • Die Sowjetunie het 'n stewige houvas oor Angola (die groot Russiese hand wat Angola gryp) • Die Sowjetgreep op Angola simboliseer Sowjetbeheer /Kommunistiese beheer • Die Sowjetunie gebruik Angola as 'n pion in die Koue Oorlog teen die VSA • Die Sowjetunie was fisies teenwoordig in Angola (getoon deur die hand wat in Angola is) • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (2) 2.3.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 2C – V2] • Die VSA word uitgebeeld asof hulle oneffektiewe metodes gebruik om Sowjetbeheer oor Angola te voorkom (Kissinger slaan die Russiese hand liggies op die kneukels met 'n olyftak) • Die VSA is nie gewillig om ten volle betrokke te raak in Angola nie (staan buitekant die landsgrense) • Die VSA lyk magteloos in vergelyking met die Sowjetunie (relatiewe grootte van Kissinger in vergelyking met die hand van die Sowjetunie) • Kissinger dra ʼn olyftak wat ʼn simbool van vrede uitbeeld en dat hy die konflik vreedsaam wou oplos • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 2.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D– V1] • ‘MPLA’ (1 x 1) (1) 2.4.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D– V1] • 'Die versoek wat deur die MPLA gerig is' • 'duidelikheid verkry oor watter bystand ons moes verleen' • 'Neto die militante solidariteit van ons Hoofkommandant gegee' • 'Hom 100,000 dollar gegee' (enige 2 x 1) (2) 2.4.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 2D – V2] • Om seker te maak dat die MPLA die Angolese burgeroorlog wen • Om te verseker dat die MPLA goed voorbereid was • Om dit te laat lyk asof Angola (MPLA) selfonderhoudend is • Om kommunisme in Angola te verskans • Gebrek aan ondersteuning deur die sosialistiese kamp om die MPLA te ondersteun • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 2.4.4 [Evalueer die bruikbaarheid van Bron 2D – V3] Die Bron is BRUIKBAAR omdat: • Die Bron bevat direkte woorde van Diaz Aguelles wat 'n leier was van die Kubaanse afvaardiging na Angola in 1975 • Die Bron is uit 'n boek wat historici toegang gee tot argief- en onderhoudmateriaal • Die Bron gee die perspektief van die Kubaanse afvaardiging wat help om te verduidelik waarom hulle in die Angolese Burgeroorlog betrokke geraak het • Die Bron verskaf inligting oor die MPLA se versoek om bystand van Kuba • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 13 DBE/2018 SSE – Nasienriglyne 2.5 [Vergelyking van bewyse in Bron 2C en 2D – V3] • Bron 2C beeld die Sowjetunie uit asof hulle 'n stewige greep oor Angola het terwyl Neto in Bron 2D sê dat die Sowjetunie in 1972 opgehou het om hulle te help en dat hulle militêre hulp 'nietig' was • In Bron 2C word die VSA (Kissinger) getoon as nie volledig betrokke in Angola nie (staan buitekant die land) terwyl Kuba in Bron 2D bewus was dat die VSA die FNLA bygestaan het • Bron 2C (gepubliseer in November 1975) maak geen melding van enige betrokkenheid van Kuba in Angola nie terwyl Bron 2D dit duidelik stel dat Kuba sedert Augustus 1975 die MPLA in Angola bystaan • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 2.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3] Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit: • Rusland, China en die VSA het hulp verleen aan verskillende bevrydingsbewegings (MPLA, FNLA en UNITA) in Angola (Bron 2A) • Die Supermoondhede het militêre bystand aan hulle bondgenote na onafhanklikheid gelewer (Bron 2A) • Die VSA verskaf hulp en opleiding aan die FNLA en UNITA (Bron 2B) • Die CIA gebruik die pers/ joernaliste om die Sowjetunie en Kuba in onguns te bring (Bron 2B) • Die VSA het die Sowjetunie gesien as 'n groot bedreiging vir Angolese stabiliteit (Bron 2C) • Die MPLA het militêre hulp van Kuba gevra (Bron 2D) • Kubaanse militêre personeel was verantwoordelik vir die opleiding van MPLA soldate (Bron 2D) • Kuba het militêre personeel en toerusting verskaf (Bron 2D) • Suid-Afrika, Frankryk het UNITA ondersteun (eie kennis) • Enige ander relevante antwoord Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken: • Gebruik bewyse op 'n elementêre wyse, bv. toon geen of VLAK 1 min begrip oor hoe die inmenging deur buitelandse PUNTE magte Koue Oorlog-spanning tussen 1974 en 1976 in 0–2 Angola vererger het. • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie. • Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate verband VLAK 2 met die onderwerp, bv. toon begrip oor hoe die PUNTE inmenging deur buitelandse magte Koue Oorlog- 3–5 spanning tussen 1974 en 1976 in Angola vererger het. • Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf. • Gebruik relevante bewyse, bv. demonstreer 'n deeglike begrip oor hoe die inmenging deur buitelandse magte VLAK 3 Koue Oorlog-spanning tussen 1974 en 1976 in Angola PUNTE vererger het. 6–8 • Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf en toon begrip van onderwerp. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 14 DBE/2018 SSE – Nasienriglyne VRAAG 3: WAT WAS DIE REAKSIES OP DIE STIGTING VAN DIE BLACK PANTHER-PARTY IN DIE 1960's IN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA? 3.1.1 [Verduideliking van 'n historiese konsep in Bron 3A – V1] • Trots in Afro-Amerikaanse kultuur en erfenis wat nie in die hoofstroom media, onderwys en literatuur bevorder is nie • Selfverdediging deur swart Amerikaners in die konteks van polisiebrutaliteit en wit-oorheersde geweld • Selfhelp in die konteks waar baie swart Amerikaners in armoede gelewe het, werkloos was en 'n gebrek aan toegang tot gesondheidsdienste gehad het • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 3.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1] • Huey Newton • Bobby Searle (2 x 1) (2) 3.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1] • 'Betaling van vergoeding aan swart Amerikaners deur die federale regering as kompensasie vir slawerny' • 'Kwytskelding aan swart Amerikaners van weermagdiens' • 'vryheid van swart Amerikaners wat in federale, staat, distrikte en stedelike gevangenisse aangehou word, tensy hulle verhoor is deur 'n jurie van hulle eie portuurs' (enige 2 x 1) (2) 3.1.4 [Interpretasie van bewyse in Bron 3A – V2] • Die Black Panthers het gepoog om die gesag van die polisie uit te daag, byvoorbeeld deur gewere te dra • Die polisie was sterk gekant teen gewapende swart mense wat hulle aksies dophou en opneem • Dit was die eerste keer dat 'n georganiseerde gemeenskapsgroep gedreig het om uit selfverdediging op te tree indien die polisie geweld of brutaliteit gebruik of onwettig optree • Die polisie het geweet dat die Black Panthers sou skiet om dood te maak indien hulle of ander lede van hulle gemeenskap aangeval word • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 3.2.1 [Interpretasie van bewyse in Bron 3B – V2] • Dit gee te kenne dat die gebeurtenis beskou is as baie belangrik/nuuswaardig, ongewoon en skokkend en daarom was dit op die voorblad van die koerant • Die Sacramento Bee was teen die doelwitte en aksies van die Black Panther-party gekant • Die Sacramento Bee beeld hulle uit op 'n negatiewe wyse deur gebruik te maak van woorde soos 'invallers' en 'negerbende' • Die hoofopskrif het die Black Panthers nie as egte burgers van die VSA beskou nie, daarom gee die verwysing na 'inval' te kenne dat dit 'n aanval van buite was • Die koerant gee te kenne dat die lede van die Black Panther-party gewapen en gevaarlik was, hulle het gekies om 'n beeld van 'n Black Panther-lid wat 'n semi- outomatiese geweer dra op die voorblad te druk • Die koerant wou die publiek se opinie op 'n negatiewe wyse teen die Black Panther- party draai en dit het geen poging aangewend om te verduidelik dat die Panthers probeer het om hulle konstitusionele regte te verdedig nie en daarom gewere gedra het • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 15 DBE/2018 SSE – Nasienriglyne 3.2.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 3B – V2] • Die koerant se hoofopskrif gee te kenne dat die Black Panther-party 'n wettelose organisasie/opstokers en vyande van die staat was deur woorde te gebruik soos 'KONGRESGEBOU INGENEEM'. • Die Black Panther-party het getoon dat hulle manifes nie net woorde was nie maar dat hulle eintlik hulle beginsels geïmplementeer het • Die Black Panther-party het sy reg om gewere te dra om die swart Amerikaanse gemeenskap te beskerm, verdedig • Dit beeld die Black Panther Party uit as ʼn militante organisasie • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 3.3 [Vergelyking van bewyse in Bron 3A en 3B – V3] • Bron 3A staaf dat die Black Panther-party 'n paramilitêre uniformstyl aangeneem het wat barette ingesluit het terwyl Bron 3B 'n lid van die Black Panther-party toon wat 'n baret dra en swaar gewapen is • In Bron 3A maak die Black Panther-party aanspraak op sy konstitusionele reg om wapens te dra terwyl 'n lid van die Black Panther-party in Bron 3B met 'n geweer gesien word • In Bron 3A word beweer dat die verhouding tussen die polisie en die Black Panther- party 'gespanne' was terwyl die hoofopskrif in Bron 3B dit stel dat die 'Staatspolisie keer Gewapende Neger Bende' • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 3.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1] • 'Die Black Panther-party amper 5 000 lede in meer as 20 state gehad' • 'Vanaf San Diego tot New Haven was Panthers en deelnemers aktief in talle programme en diensprojekte' • 'Weekliks 20 000 kinders gevoed het' • ‘Oor die hele land versprei en duisende jongmense gelok’ (enige 2 x 1) (2) 3.4.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1] • 'Gratis ontbytprogramme in 19 plekke' • 'Het vryheidskole ontwikkel' • 'Gratis gesondheidsklinieke' • 'Gratis sekelseltoetsing' (enige 3 x 1) (3) 3.4.3 [Interpretasie van bewyse in Bron 3C – V2] • Die Panthers was aktiviste, hulle het nie net gepraat oor verandering maar het dinge 'gedoen' om verandering te bring (polisiepatrollies, oorlewingsprogramme) • Jongmense is geïnspireer deur die moed, vreesloosheid, vasberadenheid en militantheid van die Panthers • Nie soos ander organisasies was die Panthers meer vasberade om te veg en hulle gemeenskappe te beskerm, dit het aanklank gevind by jongmense wat gefrustreerd geraak het met die benadering van die Burgerregtebeweging • Die leerbaadjies, barette en veral die dra van gewere het baie jongmense aangetrek • Die Panthers het jongmense die hoop gegee dat hulle deur middel van hulle aksies 'n beter toekoms vir hulleself kon bou • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 16 DBE/2018 SSE – Nasienriglyne 3.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1] • ‘Die FBI het die Black Panther-party veroordeel (gekritiseer) as 'n groep 'kommunistiese voëlvryverklaardes' (1 x 1) (1) 3.5.2 [Interpretasie van bewyse in Bron 3D – V2] Hoover: • Het geglo dat die Black Panther-party probeer het om die VS regering in onguns te bring en te vernietig • Het gevrees dat die Black Panther-party se taktiek kon lei tot 'n instorting van wet en orde • Beweer dat die Black Panther-party se aksies onrus en 'n moontlike burgeroorlog in die VSA kon veroorsaak • Was bekommerd dat die Black Panther-party kommunistiese ideologie sou versprei en die kapitalistiese sisteem in die VSA ondermyn • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 3.5.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1] • ‘Die Black Panther-party is gewelddadig deur die polisie en die FBI aangeval’ • ‘Daar was elke denkbare soort aanval op die party se maatskaplike programme’ • ‘Vernietiging van die party se eiendom’ • 'Het eiers van die ontbytprogramme gebreek' • 'Die Party se kliniekvoorrade vermorsel' • 'Vernietiging van bondels van die Party se koerante' (enige 2 x 1) (2) 3.5.4 [Evalueer die bruikbaarheid van bewyse in Bron 3D – V3] Die Bron is BRUIKBAAR omdat: • Dit help om te verduidelik waarom daar so baie spanning tussen die Black Panther party (BPP) en die FBI was • Die beklemtoon hoe die FBI informante en lokvinke gebruik het om die BPP te diskrediteer • Die inligting beklemtoon dat FBI agente aktief probeer het om die BPP van binne te vernietig, bv. dit het die party se gratis kliniekvoorrade verpletter • Dit is baie jare na die gebeure saamgestel en het die voordeel dat nakennis nuwe inligting oor die rol van die FBI na vore gebring het • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 17 DBE/2018 SSE – Nasienriglyne 3.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne - V3] Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoorde insluit: • Die BPP het gewapende patrollies tot standgebring om hulle gemeenskappe te verdedig teen polisiebrutaliteit wat gespanne verhoudings met wetstoepassings- agente tot gevolg gehad het (Bron 3A) • Die media (koerante) het gereageer op die BPP se dra van wapens uit selfverdediging deur hulle te bestempel as 'invallers' en ''n Negerbende' (Bron 3B) • Die BPP moedig jongmense aan om te verenig, terug te veg en hulle gemeenskap te beskerm en dit lei tot groot ondersteuning van die party (Bron 3A en 3C) • Duisende jongmense is aangetrek na die Black Panther-party as gevolg van sy beleid (Bron 3C) • 'n Breë versameling van organisasies het die Black Panther-party ondersteun deur die oorlog in Viëtnam teen te staan (Bron 3C) • Swart Amerikaners het die BPP ondersteun en is bevoordeel uit sy selfhelp Gemeenskapsprogramme (Bron 3C en 3D) • Die FBI het die Black Panther-party veroordeel as 'n groep 'kommunistiese voëlvryverklaardes' (Bron 3D) • Die FBI loods 'n propagandaveldtog teen die Black Panther-party (Bron 3D) • Die FBI het alles in sy vermoë gedoen om eiendom en programme van die Black Panther-party te vernietig (Bron 3D) • Enige ander relevante antwoord Gebruik die volgende rubriek om 'n punt toe te ken: • Gebruik bewyse op 'n elementêre wyse, bv. toon geen of VLAK 1 min begrip om die reaksies op die stigting van die Black PUNTE Panther-party in die Verenigde State van Amerika in die 0–2 1960s te verduidelik. • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie. • Bewyse is meestal relevant en hou in 'n groot mate verband VLAK 2 met die onderwerp, bv. toon begrip om die reaksies op PUNTE die stigting van die Black Panther-party in die Verenigde 3–5 State van Amerika in die 1960s te verduidelik. • Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf. • Gebruik relevante bewyse, bv. demonstreer 'n deeglike begrip om die reaksies op die stigting van die Black VLAK 3 Panther-party in die Verenigde State van Amerika in die PUNTE 1960s te verduidelik. 6–8 • Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf en toon begrip van onderwerp. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 18 DBE/2018 SSE – Nasienriglyne AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: GEVALLESTUDIE – CHINA [Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasievaardighede] SINOPSIS Kandidate moet die implementering van Mao Zedong se beleid van die 'Groot Sprong Vorentoe’ en die ‘Kulturele Rewolusie' tussen 1957 en 1969 in die Volksrepubliek van China krities bespreek. HOOFASPEKTE Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit: • Inleiding: Kandidate moet krities bespreek of Mao Zedong se beleid van die Groot Sprong Vorentoe en die Kulturele Rewolusie suksesvol geïmplementeer is. UITBREIDING • Mao Zedong se implementering van die Eerste Vyfjaarplan / Honderd Blomme-veldtog (Agtergrond slegs kortliks) Die Groot Sprong Vorentoe • Implementering van die Tweede Vyfjaarplan (Groot Sprong Vorentoe) in 1958, sy doelwit was om industriële en landbouproduksie in China te verhoog • Om alle vorme van private onderneming te beëindig • Bevorder die kollektivisering van koöperatiewe (plase) • Deel met teenkanting teen kollektivisme deur die kragdadige amalgamasie van plase • Statistieke van produksie uitkomste is oordryf om die sukses van die beleid te 'bewys' • Hoë belasting op plaasprodukte lei tot ontevrede kleinboere en afname in produksie • Het staatgemaak op ongeskoolde arbeid (landbouers) vir industriële produksie eerder as wetenskaplikes en ingenieurs. Dit lei tot 'n afname in produktiwiteit in die industriële sektor • Werkers moes lang ure werk om produksie te verhoog • Mao se poging om yster- en staalproduksie te verhoog in agterplaashoogoonde, het gelei tot minderwaardige kwaliteit van yster en staal - • Die Groot Sprong Vorentoe was 'n klaaglike mislukking na 3 jaar van implementering • Mao Zedong was nie in staat om die sterfte van miljoene mense van hongersnood te stop nie • Mao Zedong het weer kapitalisme slegs in sekere sektore ingestel • Mao Zedong bedank as President van China (1959) maar bly aan as Voorsitter van die Kommuniste Party (handig gesag oor aan President Liu Shaoqi en Deng Xiaoping om ekonomiese sake te hanteer) • Enige ander relevante antwoord Die Kulturele Rewolusie • Ingestel in 1966 om gesag te herstel wat verlore geraak het as gevolg van die mislukking van die Groot Sprong Vorentoe • Het die Kommunistiese Party gebruik om die regering se gesag te verseël • Het weer die nasionalisering van swaar industrieë ingestel • Fokus op die beginsels van die totstandkoming van 'n klaslose samelewing • Stig die Rooi Wagte om met opponente van die Kommunistiese Party af te reken • Gebruik die Rooi Wagte om ou gewoontes en houdings te verander (Vier Oues) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 19 DBE/2018 SSE – Nasienriglyne • Stel die Klein Rooi Boekie bekend om die gedagterigting van kritici te verander en kommunisme te bevorder • Om kommunisme af te dwing is skole, universiteite en kolleges gesluit en met kritici afgereken • Dit laat ʼn generasie sonder formele onderrig • Elimineer sleutelbeamptes (Xiaoping & Liu Shaoqi) en word die alleenregeerder van China in 1966 • Enige ander relevante antwoord • Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 20 DBE/2018 SSE – Nasienriglyne VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE – DIE KONGO EN TANZANIË [Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasievaardighede] SINOPSIS Kandidate moet aandui tot watter mate Tanzanië meer suksesvol as die Kongo was om die politieke, ekonomiese en maatskaplike uitdagings waarmee hulle na onafhanklikheidswording in die vroeë 1960's gekonfronteer is, te oorkom. HOOFASPEKTE Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit: • Inleiding: Kandidate moet 'n standpunt inneem deur aan te dui tot watter mate Tanzanië meer suksesvol as die Kongo was om die politieke, ekonomiese en maatskaplike uitdagings waarmee hulle na onafhanklikheidswording in die vroeë 1960's gekonfronteer is, te oorkom. UITBREIDING Kandidate moet 'n standpunt inneem en sê of Tanzanië meer suksesvol as die Kongo was in die optrede teen verskeie uitdagings. Politieke uitdagings: • Beide die Kongo en Tanzanië was onder Europese koloniale regering in die vroeë 1960's • Na veelparty-verkiesings het beide lande eenparty-state binne die eerste vyf jaar, na die verkryging van onafhanklikheid, geword • Die kwaliteite van goeie leierskap: dit het die onderhou van die regsorde ingesluit, om na die belange van burgers om te sien, om vry en regverdige veelparty-verkiesings te hou, om die burger- en menseregte van alle mense te beskerm, om politieke stabiliteit en nasionale samehorigheid te bevorder • Mobutu Sese Seko (Kongo) het mag oorgeneem deur middel van 'n militêre staatsgreep terwyl Julius Nyerere (Tanzanië) verkies is • Beide Mobutu Sese Seko en Nyerere het eenparty-state in hulle onderskeie lande ingestel • Nie een van die twee lande het vry en regverdige veelparty-verkiesings gehou nie. Beide het gevoel dat hierdie regeringsvorm meer toepaslik was vir Afrika as 'n Westerse demokratiese styl • In beide lande is opposisie partye stilgemaak en daar was bewyse van inhegtenisname en menseregteskendings vir die wat teen die regering gepraat het • Die tydperk na onafhanklikheidswording in die Kongo was gekenmerk deur geweld en politieke oproer terwyl in Tanzanië daar min konflik was na onafhanklikheid en die land het polities stabiel gebly • Die Kongo was erg verdeel oor etniese grense heen met leiers wat met mekaar gekompeteer het; Onder Nyerere se leierskap was Tanzanië verenig as 'n enkele land, hy het 'n nasionale identiteit aangemoedig en daar was baie min etniese konflik • Beide leiers het die belangrikheid van Afrikanisasie van hulle politieke stelsels aangemoedig (hulle het demokrasie beskou as 'on-Afrika' en 'n Westerse instelling) • Beide Mobutu Sese Seko en Nyerere was trots om hulle nasies op te bou en het kragtig die trots om 'n Zaïrees of Tanzaniër te wees • Die leiers van beide lande het 'lewenslange presidente' tussen die 1960's en 1970's gebly Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 21 DBE/2018 SSE – Nasienriglyne • In beide lande is opposisieleiers stilgemaak, in hegtenis geneem en in sommige gevalle doodgemaak om 'stabiliteit' te behou • Mobutu Sese Seko het 'n kleptokrasie gevorm waar aangestelde politieke amptenare hulle posisie misbruik het vir finansiële gewin terwyl Nyerere 'Kode vir Leiers' ingestel het in die Arusha Verklaring wat hoë vlakke van integriteit van politieke amptenare vereis het • Mobutu Sese Seko was uitspattig en het duur klere gedra en paleise gebou terwyl Nyerere se leierskapstyl een was van persoonlike integriteit en nederigheid • Mobutu Sese Seko het hom vereenselwig met die Weste terwyl Nyerere 'n beleid van ongebondenheid aanvaar het met nog kapitalistiese lande nog kommunistiese lande • Enige ander relevante antwoord Ekonomiese uitdagings: • Die Kongo en Tanzanië het enkel-produkte van hulle onderskeie koloniseerder oorgeërf • Met onafhanklikheidswording het die Kongo en Tanzanië 'n tekort gehad aan 'n lewendige vervaardigingsnywerheid • Die Kongo en Tanzanië het 'n paar gekwalifiseerde tegnici en ingenieurs gehad • Mobutu en Nyerere het die grond en nywerhede genasionaliseer om rykdom eweredig te versprei • Nog die Kongo nog Tanzanië het oliereserwes gehad en het albei 'n ekonomiese krisis beleef toe die oliepryse in die 1970's gestyg het • Beide Mobutu (1970s) en Nyerere (1980s) het besluit om sektore van die ekonomie te privatiseer as gevolg van 'n ekonomiese krisis • Beide lande het lenings van die buiteland en buitelandse organisasies aanvaar; vanaf die 1960's het die Kongo finansiële hulp van die kapitalistiese Weste aanvaar; terwyl Tanzanië vanaf die 1980's gedwing was om Wêreldbank-lenings te aanvaar en onderwerp was aan strukturele ontwikkelingsbeleid • Nog die Kongo nog Tanzanië het daarin geslaag om 'n betekenisvolle vervaardigingsindustrie te ontwikkel • Beide die Kongo en Tanzanië het afhanklik gebly van die uitvoer van landbouprodukte en minerale • Beide die Kongo en Tanzanië het gesukkel om ekonomies te ontwikkel • Die Kongo het 'n kapitalistiese ekonomiese stelsel aanvaar; terwyl Tanzanië 'n sosialistiese ekonomiese model aanvaar het • Die Kongo het van die vroeë 1960's swaar gesteun op buitelandse hulp en kundigheid; terwyl Tanzanië gepoog het om selfonderhoudend te wees en neokolonialisme verwerp het • Die Kongo het daarna gestreef om die ekonomie te industrialiseer en 'n vervaardigingsbasis te ontwikkel; terwyl Tanzanië sy landboubasis uitgebou het met sy villagisation beleid en Ujamaa • Die Kongo se ekonomie is gekarakteriseer deur elitisme en nepotisme; terwyl Tanzanië korrupsie van regeringsamptenare verminder het deur 'n 'Kode vir Leiers' • Die ekonomie van die Kongo het groot verskille in rykdom tussen rykes en armes geproduseer terwyl Tanzanië gepoog het om ekonomiese ongelykheid te minimaliseer • Enige ander relevante antwoord Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 22 DBE/2018 SSE – Nasienriglyne Maatskaplike uitdagings: Onderwys • Beide lande het koloniale onderwysstelsels oorgeërf en Eurosentriese waardes bevorder • Beide lande is uitgedaag deur tekorte aan vaardighede, slegs 'n paar tegnici en ingenieurs was beskikbaar • Beide lande is Europese geskiedenis en tale geleer; Afrika-inhoud is beskou as minderwaardig en is nie aangebied nie Tanzanië: • Het Swahili (plaaslike taal) bo Engels bevorder • 'n Massiewe geletterdheidsveldtog is ingestel wat 'n drastiese val in ongeletterdheid (van 80% tot 20%) tussen 1961 en 1981 tot gevolg gehad het • Nyerere het 'Opvoeding vir Selfstandigheid' (1967) opgestel wat basiese geletterdheid in primêre skole in alle plattelandse gebiede bevorder het Kongo: • Het slegs 14 universiteit gegradueerdes oorgeërf • Het sy hoër onderwys stelsel uitgebrei • Het primêre onderwys tussen 1960 en 1974 verhoog van 1.6 miljoen tot 4.6 miljoen mense • Frans het die onderrigtaal gebly in die Kongo en nie soos Swahili in Tanzanië nie Afrikanisasie: • Villagisation (Ujamaa) in Tanzanië aanvaar tradisionele gemeenskapswaardes wat op selfstandigheid gebaseer is • Zaïrenasie in die Kongo het ervare Belgiese menslike hulpbronne vervang met plaaslike mense en het Europese name met plaaslike name vervang, bv. Kongo na Zaïre • Enige ander relevante antwoord • Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 23 DBE/2018 SSE – Nasienriglyne VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: DIE BURGERREGTEBEWEGING [Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur gebruik te maak van analitiese en interpretasievaardighede] SINOPSIS Kandidate moet aandui of sitbetogings die enigste vorm van nie-gewelddadige protes wat in die 1960’s suksesvol deur burgerregte-aktiviste gebruik is om segregasie en diskriminasie in die VSA te beëindig. HOOFASPEKTE Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit: Inleiding: Kandidate moet aandui of hulle saamstem dat sitbetogings die enigste vorm van nie-gewelddadige protes was wat effektief deur die Burgerregtebeweging in die 1960's gebruik is om segregasie en diskriminasie in die VSA te beëindig. Indien kandidate nie saamstem met die bewering wat gemaak is nie behoort die volgende aspekte in hulle antwoord ingesluit te word: UITBREIDING • Montgomery bus-boikot verwys (1955) (Slegs agtergrond) • Sitbetogings (vanaf 1960): vier studente in Greensboro sit by 'n slegs-blanke toonbank; die aantal studente neem daagliks toe; Sitbetogings versprei oor die suide; die rol van die SNCC (Student non-violent Coordinating Committee); Sitbetogings versprei na Leesbetogings (Read-ins), Stapbetogings (Wade-ins) ens. (impak: restauranttoonbanke is in die somer van 1961 vir alle rasse in die VSA geopen) • Vryheidsryers: Swart Amerikaners en Wittes van die Noorde het ritte begin om segregasie in die busstelsel uit te daag; hulle is aangeval, gebombardeer en in hegtenis geneem; hulle het geen beskerming van die polisie ontvang nie. President Kennedy is gedwing om hulle te beskerm; Die Federale regering het op 1 November 1961 'n bevel uitgereik wat alle openbare fasiliteite tussen state gedesegregeer het • Die Birmingham Veldtog (1963): Massabetogings het rasse segregasie en ekonomiese uitsluiting van swart van Amerikaners uitgedaag; het 'n kinderoptog ingesluit; het met gewelddadige aksies van die polisie gepaardgegaan. Kennedy het op die rasse diskriminasie in die VSA gereageer; Op 10 Mei 1963 het Birmingham aangekondig dat alle munisipale fasiliteite gedesegregeer moes word • March na Washington (Augustus 1963) is bygewoon deur 250 000 mense om gelykheid in werke te versoek; dit was beroemd want Martin Luther King Jnr. het sy 'I Have a Dream speech' gelewer. Dit het betekenisvol bygedra tot die ondertekening van die Burgerregtewet van 1964 • Vryheidsomer (1964): Meer as 70 000 swart Amerikaanse vrywilligers het geregistreer en het in vryheidskole in Mississippi geletterdheid aangebied; hulle is gekonfronteer met ernstige geweld deur segregasioniste en polisiebeamptes. Dit het bygedra tot die ondertekening van die Burgerregtewet van 1964 • Selma tot Montgomery Optogte (1965): Swart Amerikaners wou stem; hulle het te doen gekry met polisiebrutaliteit wat tot die 'Bloody Sunday' gelei het, dit het tot die uitvaardiging van die Stemregwet van 1965 gelei • Enige ander relevante antwoord • Slot: Kandidate moet hul argument met 'n relevante slot saamvat. [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 History

Explore more published documents in this catalogue.

View all