Skip to content

History Grade 12 P1 NSC June 2018 Question Paper (Afrikaans)

Question paperHistoryGrade 1220189 pages

Grade 12 History Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2018 (Afrikaans), 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN GESKIEDENIS V1 2018 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 2 DBE/2018 SSE INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is. AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: DIE KOUE OORLOG: INSLUITING EN WAAGMANSKAP: DIE KUBAANSE MISSIELKRISIS VRAAG 2: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA VRAAG 3: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: DIE SWARTMAGBEWEGING AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: GEVALLESTUDIE – CHINA VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE – DIE KONGO EN TANZANIË VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: DIE BURGERREGTEBEWEGING 2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat nodig is om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word. 3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae. 4. Beantwoord DRIE vrae soos volg: 4.1 Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN moet 'n opstelvraag wees. 4.2 Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag wees. 5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee. 6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig toepas. 7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde. 8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 3 DBE/2018 SSE AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word. VRAAG 1: WAAROM HET KUBA IN DIE 1960's DIE BRANDPUNT VAN DIE KOUE OORLOG TUSSEN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA EN DIE SOWJETUNIE GEWORD? Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg. 1.1 Gebruik Bron 1A. 1.1.1 Waarom, volgens die bron, het President Eisenhower dertien miljoen dollar aan die CIA beskikbaar gestel? (2 x 1) (2) 1.1.2 Identifiseer die TWEE lande waar die CIA Kubaanse uitgewekenes opgelei het om die inval van Kuba uit te voer. (2 x 1) (2) 1.1.3 Waarom, dink jy, het President Kennedy toegelaat dat die CIA met die inval van Kuba voortgaan? (2 x 2) (4) 1.1.4 Verduidelik die konsep Amerikaanse imperialisme in die konteks van die Kubaanse Missielkrisis. (1 x 2) (2) 1.2 Lees Bron 1B. 1.2.1 Haal DRIE bewyse uit die bron aan wat te kenne gee dat die Sowjetregering kwaad was oor die taktiek wat die Amerikaanse regering teen Kuba gebruik het. (3 x 1) (3) 1.2.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoe Khrushchev die 'gevaar van oorlog' wou uitskakel. (2 x 2) (4) 1.2.3 Verduidelik waarom 'n historikus die inligting in hierdie bron bruikbaar sou vind wanneer navorsing gedoen word oor die Sowjetunie se besluit om Kuba gedurende die Koue Oorlog te ondersteun. (2 x 2) (4) 1.3 Bestudeer Bron 1A en 1B. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1A en Bron 1B verskil ten opsigte van die verhouding wat die Verenigde State van Amerika en die Sowjetunie met Kuba gehad het. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 4 DBE/2018 SSE 1.4 Raadpleeg Bron 1C. 1.4.1 Waarom, volgens die bron, het Castro Khrushchev om bystand gevra? Gee DRIE redes. (3 x 1) (3) 1.4.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewer kommentaar op hoe die Verenigde State van Amerika oor die oprigting van missielterreine in Kuba uitgevind het. (2 x 2) (4) 1.4.3 Hoe het President Kennedy en sy raadgewers op die ontdekking van die missielterreine in Kuba gereageer? Haal TWEE frases uit die bron aan. (2 x 1) (2) 1.5 Verwys na Bron 1D. 1.5.1 Verduidelik waarom die VSA in 1962 besluit het om 'n vlootblokkade op Sowjetskepe af te dwing wat probeer het om Kuba binne te vaar. (2 x 2) (4) 1.5.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om die impak van die Amerikaanse militêre basisse op Kuba te verduidelik. (2 x 2) (4) 1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik waarom Kuba in die 1960's die brandpunt van die Koue Oorlog tussen die Verenigde State van Amerika en die Sowjetunie geword het. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 5 DBE/2018 SSE VRAAG 2: HOE HET DIE INMENGING DEUR BUITELANDSE MAGTE TUSSEN 1974 EN 1976 KOUE OORLOG-SPANNING IN ANGOLA VERERGER? Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg. 2.1 Gebruik Bron 2A. 2.1.1 Verduidelik die konsep onafhanklikheid, in die konteks van Angola in die 1970's. (1 x 2) (2) 2.1.2 Noem die DRIE militêre bewegings in die bron wat vir Angola se onafhanklikheid van koloniale oorheersing geveg het. (3 x 1) (3) 2.1.3 Gee TWEE bepalings van die Alvor-ooreenkoms, soos in die bron aangehaal. (2 x 1) (2) 2.1.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik wat met die frase 'Angola het in 'n Koue Oorlog-slagveld ontwikkel' geïmpliseer word. (2 x 2) (4) 2.2 Raadpleeg Bron 2B. 2.2.1 Volgens die inligting in die bron, watter Angolese bevrydingsbeweging het in Julie 1975 wapens van die CIA ontvang? (1 x 1) (1) 2.2.2 Haal DRIE maniere uit die bron aan wat toon dat die Verenigde State van Amerika UNITA ondersteun het. (3 x 1) (3) 2.2.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom die CIA vals inligting oor die Sowjetunie en Kuba versprei het. (2 x 2) (4) 2.3 Verwys na Bron 2C. Gebruik die visuele leidrade in die bron en verduidelik die boodskappe wat in die spotprent oorgedra word ten opsigte van: 2.3.1 Die Sowjetunie (Rusland) se betrokkenheid in Angola (2 x 2) (4) 2.3.2 Die Verenigde State van Amerika se reaksie op die Sowjetunie se betrokkenheid in Angola (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 6 DBE/2018 SSE 2.4 Lees Bron 2D. 2.4.1 Identifiseer die Angolese bevrydingsbeweging in die bron wat Kuba se bystand gevra het. (1 x 1) (1) 2.4.2 Waarom, volgens die bron, het 'n Kubaanse afvaardiging Angola in Augustus 1975 besoek? (2 x 1) (2) 2.4.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom Kuba bereid was om Agostinho Neto 'dramaties' meer militêre steun te gee as waarvoor hy gevra het. (2 x 2) (4) 2.4.4 Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van hierdie bron vir 'n historikus wat die betrokkenheid van buitelandse magte by die Angolese burgeroorlog navors. (2 x 2) (4) 2.5 Bestudeer Bron 2C en 2D. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 2C verskil van die inligting in Bron 2D ten opsigte van die betrokkenheid van buitelandse magte in die Angolese Burgeroorlog. (2 x 2) (4) 2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik hoe die inmenging deur buitelandse magte Koue Oorlog-spanning tussen 1974 en 1976 in Angola vererger het. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 7 DBE/2018 SSE VRAAG 3: WAT WAS DIE REAKSIES OP DIE STIGTING VAN DIE BLACK PANTHER-PARTY IN DIE 1960's IN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA? Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg. 3.1 Lees Bron 3A. 3.1.1 Verduidelik die konsep Swart Mag in die konteks van die stigting van die Black Panther-party. (1 x 2) (2) 3.1.2 Haal TWEE leiers uit die bron aan wat in 1966 die Black Panther- party gestig het. (2 x 1) (2) 3.1.3 Gebruik die inligting in die bron en noem enige TWEE eise in die Black Panther-party se tienpuntmanifes. (2 x 1) (2) 3.1.4 Waarom dink jy het die optrede van die Black Panther-party tot 'gespanne verhoudings met wetstoepassingsagentskappe' gelei? (2 x 2) (4) 3.2 Gebruik Bron 3B. 3.2.1 Verduidelik waarom hierdie artikel op die voorblad van The Sacramento Bee-koerant verskyn het. (2 x 2) (4) 3.2.2 Lewer kommentaar op die hoofopskrif 'KONGRES-GEBOU INGENEEM' ('CAPITOL IS INVADED') in die konteks van die strategie wat deur die Black Panther-party aangeneem is. (2 x 2) (4) 3.3 Verwys na Bron 3A en 3B. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 3A die inligting in Bron 3B ondersteun ten opsigte van die strategieë wat die Black Panther- party gebruik het. (2 x 2) (4) 3.4 Raadpleeg Bron 3C. 3.4.1 Identifiseer enige TWEE frases in die bron wat te kenne gee dat die Black Panther-party in die 1970's wydverspreide steun in die Verenigde State van Amerika ontvang het. (2 x 1) (2) 3.4.2 Maak 'n lys van enige DRIE gemeenskapsprojekte in die bron wat deur die Black Panther-party begin is. (3 x 1) (3) 3.4.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom jong mense die Black Panther-party as 'aan die voorpunt van die rewolusie' beskou het. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 8 DBE/2018 SSE 3.5 Bestudeer Bron 3D. 3.5.1 Haal 'n bewys uit die bron aan wat te kenne gee dat die FBI krities oor die Black Panther-party was. (1 x 1) (1) 3.5.2 Verduidelik waarom jy dink dat Hoover gesê het dat die Black Panther-party 'die grootste bedreiging vir die interne veiligheid van Amerika' verteenwoordig het. (2 x 2) (4) 3.5.3 Noem enige TWEE aksies in die bron wat tydens polisieklopjagte uitgevoer is om die Black Panther-party te vernietig. (2 x 1) (2) Lewer kommentaar op waarom 'n historikus hierdie bron bruikbaar 3.5.4 sal vind wanneer navorsing oor die FBI se reaksie op die Black Panther-party gedoen word. (2 x 2) (4) 3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om die reaksies op die stigting van die Black Panther-party in die 1960's in die Verenigde State van Amerika te verduidelik. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 9 DBE/2018 SSE AFDELING B: OPSTELVRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie afdeling. Jou opstel behoort ongeveer DRIE bladsye lank te wees. VRAAG 4: GEVALLESTUDIE – CHINA Bespreek krities die implementering van Mao Zedong se beleid, die 'Groot Sprong Vorentoe' en die 'Kulturele Rewolusie' tussen 1957 en 1969 in die Volksrepubliek van China. [50] VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE – DIE KONGO EN TANZANIË Verduidelik tot watter mate Tanzanië meer suksesvol as die Kongo was om die politieke, ekonomiese en maatskaplike uitdagings waarmee hulle na onafhanklikheidswording in die vroeë 1960's gekonfronteer is, te oorkom. Ondersteun jou argument met relevante bewyse. [50] VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: DIE BURGERREGTEBEWEGING Die sitbetogings was die enigste vorm van nie-gewelddadige protes wat in die 1960's suksesvol deur burgerregte-aktiviste gebruik is om segregasie en diskriminasie in die Verenigde State van Amerika te beëindig. Stem jy met hierdie stelling saam? Ondersteun jou argument met relevante bewyse. [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 History

View all