Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
GESKIEDENIS V2
2018
ADDENDUM
Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2018 papers 





View all





History Grade 12 Paper 2 NSC June 2018 Addendum (Afrikaans)
Grade 12 History Paper 2 addendum from the NSC June Exam 2018 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.
History · Grade 12 · NSC June Exam · 2018. Addendum, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Addendum
- Year
- 2018
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 646.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 2 DBE/2018
SSE – Addendum
VRAAG 1: WATTER IMPAK HET DIE SWARTBEWUSSYNSFILOSOFIE (SB)
IN DIE 1970's OP SUID-AFRIKANERS GEHAD?
BRON 1A
Die bron hieronder gee, in breë trekke, die Swartbewussynsfilosofie en hoe dit die
stigting van die Suid-Afrikaanse Studente-organisasie (SASO) beïnvloed het.
Volgens Bantu Stephen Biko, 'strewe Swart Bewussyn daarna om swart mense die
waarde van hul eie standaarde en lewensopvatting te toon. Dit spoor swart mense aan
om volgens daardie standaarde selfondersoek te doen en om nie deur die wit
gemeenskap, wat hulleself verontskuldig het en wit standaarde die maatstaf gemaak
het waarop selfs swart mense mekaar beoordeel, geflous te word nie.'
… As ondersteuner van die Swartbewussynsfilosofie (SB), saam met ander geletterde
Afrikane wat in die groot stedelike gebiede gewoon het, het Biko in die 1960's in 'n
hoogs gerespekteerde intellektueel ontwikkel. Biko het sy soeke na eie identiteit begin
en het gehoop om die trots van swart kultuur, 'n kultuur wat deur die setlaarregering
geminag is, op te bou. Biko en sy studentekollegas was ontvanklik vir die politieke
idees wat deur baie swart intellektuele uitgedruk is en het geleer om die emosionele
mag van die Swartbewussynsboodskap te gebruik.
… Swart universiteitstudente het baie jare lank probeer om deur die veelrassige en
liberale Nasionale Unie van Suid-Afrikaanse Studente (NUSAS) vordering te maak.
NUSAS, spesifiek, was uitgesproke in hulle kritiek teenoor regeringsoptrede, veral by
Engelsprekende universiteite waar hulle lidmaatskap sterk was.
Jong swart studente is deur Biko se ideologie geïnspireer en wou 'n eksklusief swart
beweging tot stand bring. Swart studente het in 1969 'n studente-unie slegs vir swart
studente, die Suid-Afrikaanse Studente-organisasie (SASO), met Biko as president,
bekendgestel.
[Uit http:// www.sahistory.org.za/topic/defining-black-consciousness.
Toegang op 8 Februarie 2018 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 3 DBE/2018
SSE – Addendum
BRON 1B
Die resensie hieronder is van 'n toespraak wat deur Anne Heffernen van
Onkgopotse Tiro (lid van SASO) in 1972 by die Turfloop Universiteit gelewer is. Dit
fokus op hoe lede van SASO oor Bantoe-onderwys gevoel het.
… Turfloop was teen die vroeë 1970's 'n broeines (middelpunt) van aktivisme as
gevolg van SASO se organisasie op kampus. Boikotte en protesoptogte het 'n
gereelde kenmerk van die studentelewe geword. Die landelike kampus het in 1972
nasionale aandag gekry. Onkgopotse Tiro, 'n SASO-lid en voormalige president van
die VSR, het by die universiteit se gradeplegtigheid daardie jaar 'n vurige toespraak
gelewer waarin hy Bantoe-onderwys en die implementering daarvan by Turfloop
veroordeel het. Tiro het die feit aangepak dat 'n sogenaamde swart universiteit deur wit
leierskap beheer is, dat wit maatskappye kontrakte gekry het om voorraad aan die
kampus te lewer, en dat die wit hoogwaardigheidsbekleërs swart ouers, wat gekom het
om te sien hoe hul kinders graad kry, se sitplekke ingeneem het.
Die toespraak het omstredenheid by Turfloop en verder veroorsaak. Die raad van die
universiteit, wat heeltemal wit was, het Tiro geskors. Swart akademiese personeel het
in verset uit die vergadering gestap waar die besluit aangekondig is. In reaksie op Tiro
se uitsetting, het Turfloop-studente klasse geboikot totdat administrateurs die
universiteit gesluit het en al die studente huis toe gestuur het. Intussen het studente op
ander swart kampusse deur die hele land aan betogings en boikotte deelgeneem.
SASO het sy nasionale bande tussen kampusse deur hierdie proses versterk.
[Uit http://aidc.org/turfloop-soweto-back-dialectic-1976/. Toegang op 9 Februarie 2018 verkry.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 4 DBE/2018
SSE – Addendum
BRON 1C
Die foto hieronder toon studente wat marsjeer en die vrylating verlang van
medestudente, wat deur die apartheidsregime in hegtenis geneem is.
[Uit https://image.101.co.za. Toegang op 10 Februarie 2018 verkry.]
ONS BAKLEI NIE MET JULLE NIE,
LAAT NET ONS MEDESTUDENTE VRY
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 5 DBE/2018
SSE – Addendum
BRON 1D
Die uittreksel hieronder is 'n antwoord deur Bantu Stephen Biko oor die sukses van die
Swartbewussynsfilosofie.
Ons was suksesvol in die opsig dat ons die element van vrees in die denke van swart
mense verminder het. Swart mense was in die 1960's vreeslik bang om by die politiek
betrokke te raak. Die universiteite het nie juis nuttige leierskap vir swart mense
opgelewer nie, want almal het dit meer gemaklik gevind om hulleself aan 'n spesifieke
professie oor te gee om geld te maak. Maar sedertdien het swart studente begin om
hulle hoofsaaklik vir leierskapsrolle in die verskillende fasette van die swart
gemeenskap voor te berei. Deur ons politieke uitdrukking van swart mense se
aspirasies het baie swart mense die behoefte om teen die stelsel op te staan en saam
te werk, begin waardeer.
Daar is nou baie meer politieke gesprekke, baie meer politieke debat en baie meer
veroordeling van die stelsel by gewone swart mense as ooit tevore. Ek verwys hier na
die hele onderdrukkende onderwysstelsel waaroor die studente praat. Nadat daaroor
gekla is, wil die apartheidsregering dit waaroor die studente in verset is, nog verder
verskans deur die polisie en Saracens (pantservoertuie) en honde in te bring.
Die reaksie van die studente was dus ten opsigte van hulle trots. Hulle was nie bereid
om te kalmeer nie, nie eens met 'n geweer op hulle gerig nie. Dus het gebeur wat
moes gebeur. Sommige mense is doodgemaak. Hierdie opstande het net aangehou en
aangehou.
[Uit I Write What I Like: STEVE BIKO deur A Stubbs red.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 6 DBE/2018
SSE – Addendum
VRAAG 2: HOE HET DIE AMNESTIEKOMITEE VAN DIE WAARHEIDS-EN-
VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) DIE DOOD VAN BANTU
STEPHEN BIKO HANTEER?
BRON 2A
Die uittreksel hieronder fokus op die redes vir die stigting van die Waarheids-en-
Versoeningskommissie (WVK).
Die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) is in 1995 gestig om menseregte-
skendings sedert 1960 te ondersoek en om amnestie toe te staan aan die oortreders
wat volle onthullings gedoen het. Die kommissie moes ook versoening en eenheid
onder Suid-Afrikaners bevorder. In ruil vir 'n volle bekentenis oor 'n polities
gemotiveerde misdaad, het die WVK diegene wat na vore sou kom, amnestie belowe.
Die vyf voormalige veiligheidsbeamptes wat Steven Biko op 6 September 1977
ondervra het, het in 1997 by die WVK om amnestie aansoek gedoen. Die WVK se
mandaat was om onpartydig te wees, maar sy samestelling was kwalik gebalanseerd.
Die voorsitter, Aartsbiskop Desmond Tutu, was 'n beskermheer (lid) van die United
Democratic Front, die ANC se interne front sedert die vroeë 1980's …
Die WVK was op daardie stadium die eerste herstellende geregtigheidsproses van sy
soort om openbare verhore te hou en om ruimte aan oorlewendes te gee om hulle
stories in hulle eie woorde te vertel. Hierdie verhore het 'n belangrike simboliese
funksie gedien in 'n land waar die regeringstelsel gegrond was op die ontkenning en
die stilmaak van veral swart stemme.
Die kommissie het altesaam 21 300 verklarings van slagoffers ontvang en 38 000
growwe menseregteskendings aangeteken. Meer as eenduisend oortreders het
amnestie ontvang na volle onthulling. Die kommissie het eerder op die oortreder of die
slagoffer gefokus as om op die konteks van 'n daad te konsentreer, met die gevolg dat
die konteks in die meeste gevalle maar swak geskets (ondersoek) is. Die kruisverhoor
van slagoffers is nie in die slagofferverhore toegelaat nie, maar hoorsê-getuienis wel.
[Uit Race and Reconciliation deur D Herwitz]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 7 DBE/2018
SSE – Addendum
BRON 2B
Die uittreksel hieronder is 'n gedeelte uit 'n verklaring wat die Waarheids-en-
Versoeningskommissie uitgereik het. Dit fokus op die amnestieaansoek deur die vyf
veiligheidspolisiemanne wat vir die dood van Bantu Stephen Biko verantwoordelik was.
'n Groep berugte (wrede) veiligheidspolisiemanne van die streekshoofkantoor in
Port Elizabeth het in Januarie 1997 vir 'n reeks moorde in die Oos-Kaap om amnestie
aansoek gedoen. Hulle name het vir baie jare vrees in die townships ingeboesem soos
wat hulle rondgegaan het en ongestraf (sonder goedkeuring) opgetree het. Hulle
enigste hoop om nou vervolging te vermy was om voor die Waarheids-en-
Versoeningskommissie te getuig.
Hulle beroemdste slagoffer was Bantu Stephen Biko, 'n dinamiese jong leier uit die
Oos-Kaap wie se kort lewe 'n diepgaande impak op swart politiek en denke gehad het
en wie se eensame dood as 'n permanente monument van polisiebrutaliteit sou bly
staan.
Die dood van Biko is twintig jaar later by 'n WVK-amnestieverhoor getoets. Vyf lede
van die ondervragingspan was teenwoordig: Majoor Harold Snyman, Kaptein Daniel
Siebert, Adjudant-offisier Johan Beneke, Adjudant-offisier Rubin Marx en Speursersant
Gideon Nieuwoudt.
Die vyf polisiemanne het om amnestie vir strafbare manslag aansoek gedoen.
George Bizos, wat vir die Biko-familie opgetree het, het die amnestie teengestaan. 'Die
aansoekers,' het hy gesê, 'het nie 'n volle onthulling gedoen van wat gebeur het nie.
Bewerings wat by die geregtelike ondersoek gemaak is, is slegs aangepas om
konkrete bewyse weg te redeneer wat nie by die vals bewyse, wat by die geregtelike
ondersoek gemaak is, gepas het nie. Hulle het ook nie 'n politieke motief gehad toe
hulle Biko noodlottig beseer het nie. Om hulpelose aangehoudenes tot die dood te
martel met die doel om inligting uit hulle te kry, is nie 'n politieke doelwit nie.'
[Uit http://www.justice.gov.za/trc/media/pr/1999/p990216a.htm. Toegang op 9 Desember 2017 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 8 DBE/2018
SSE – Addendum
BRON 2C
Hierdie bron fokus op waarom amnestie nie aan vier veiligheidspolisiemanne, wat
verantwoordelik was vir die dood van Bantu Stephen Biko, toegestaan is nie.
AMNESTIEBESLUIT OOR DIE DOOD VAN STEVE BIKO
Vier voormalige beamptes van die veiligheidsafdeling in Port Elizabeth, wat in
September 1997 aansoek gedoen het om amnestie vir die moord op die swart
bewussynsleier, Bantu Stephen Biko, is vandeesweek amnestie deur die
Amnestiekomitee van die WVK geweier en hulle aansoeke is verwerp.
Die vier beamptes wat Biko ondervra het, is Daniel Siebert, Adjudant-offisier Johan
Beneke, Adjudant-offisier Rubin Marx en Harold Snyman. Hul medepligtige en vyfde
aansoeker, Gideon Johannes Nieuwoudt, wie se aansoek deur 'n ander
amnestiepaneel aangehoor is, is in Desember verlede jaar amnestie geweier.
In die weiering van amnestie aan die vier aansoekers het die komitee sy besluit op die
volgende redes gegrond:
1. Die dood van Biko was nie 'n daad wat verband hou met 'n politieke doelwit soos
deur die Amnestie-wet vereis word nie.
2. Die komitee was nie tevrede dat die aansoekers 'n volledige onthulling gedoen het
soos verder deur die Wet vereis word nie.
3. Dit was nie oortuig dat die aansoekers ware getuienis gelewer het oor die gebeure
wat tot die besering van Biko gelei het nie.
4. Ten slotte het die komitee gesê dat dit oortuig was dat die dood van Biko geheel
en al buite verhouding was met enige moontlike doelwit wat die aansoekers
nagestreef het.
[Uit http://www.justice.gov.za/trc/media/pr/1999/p990216a.htm. Toegang op 28 November 2017 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 9 DBE/2018
SSE – Addendum
BRON 2D
Die spotprent hieronder, deur Stidy, beeld die 20ste herdenking van die dood van die
Swartbewussynsleier, Bantu Stephen Biko, uit. Dit het in Over The Rainbow – The
First 10 Years of South Africa's Democracy in Cartoons verskyn en is op
12 September 1997 geteken.
[Uit Over The Rainbow – The First 10 Years of South Africa's Democracy in Cartoons deur A Stidolph]
ADVOKAAT GEORGE BIZOS
AFRIKAANSE VERTALING VAN DIE OPSKRIF:
DIE BIKO-ONDERSOEK – 20 JAAR LATER
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 10 DBE/2018
SSE – Addendum
VRAAG 3: HOE IS SUID-AFRIKA SE KLERE- EN TEKSTIELBEDRYF DEUR
GLOBALISERING GERAAK?
BRON 3A
Die artikel hieronder fokus op die impak wat handelliberalisering op die klere- en
tekstielbedryf in Suid-Afrika gehad het. Dit is vir The Journalist geskryf deur die
Minister van Ekonomiese Ontwikkeling, E Patel.
Voor die oorgang na demokrasie het die klere- en tekstielbedryf rofweg 250 000
werkers in diens gehad. Dit is ondersteun deur baie hoë tariewe wat buitelandse
goedere uitgehou het, baie lae lone wat koste laag gehou het en beduidende
finansiële subsidies wat besighede aan die lewe gehou het, veral in die ou
tuislandgebiede … wat nie vanaf die middel 1980's en verder volhoubaar was nie.
Suid-Afrika het in 1993, op die vooraand van die nuwe demokrasie, deelgeneem aan
samesprekings oor 'n nuwe globale handelstransaksie wat gemik was op die instel van
laer tariewe en die oopmaak van markte regoor die wêreld. Suid-Afrika is deur die
uitgaande regering verteenwoordig, wat min in langtermynontwikkeling belang gestel
het en wat aangebied het om beskerming van die plaaslike bedryf dramaties te sny.
Alhoewel die vakbonde, met die ondersteuning van Nelson Mandela (voordat hy
president van die land geword het), probeer het om dit om te keer, was hulle slegs
gedeeltelik suksesvol.
Die gevolg was dat die beskerming van die klere- en tekstielbedryf oor die eerste
dekade van demokrasie elke jaar van 'n hoë 100% tot 40% in 2002 verlaag is. China
het terselfdertyd 'n massiewe, baie mededingende klerebedryf, wat op uitvoere na
ander dele van die wêreld gerig was, opgebou. Die gevolg was dat plaaslik
vervaardigde klere toenemend met ingevoerde goedere, hoofsaaklik uit China,
vervang is.
Soos wat invoere in die laat 1990's Suid-Afrika binnegestroom het, het dit tot 'n
enorme verlies aan werksgeleenthede en die sluiting van fabrieke gelei. Die effek van
die opening van ons markte so vinnig en so wyd soos dit, was verwoestend.
[Uit http://www.thejournalist.org.za/spotlight/unravelling-the-fabric-of-the-industry-south-africas-clothing-
and-textile-business. Toegang op 20 Januarie 2018 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 11 DBE/2018
SSE – Addendum
BRON 3B
Die bron hieronder is 'n gedeelte uit 'n transkripsie van 'n onderhoud wat E Vlok, die
Direkteur van Navorsing, Suidelike Afrika Klere- en Tekstielwerkersunie, op
6 April 2017 op Cape Talk Radio gedoen het. Dit gee in breë trekke die impak van
globalisering op die Suid-Afrikaanse klere- en tekstielbedryf.
SUID-AFRIKAANSE KLERE- EN TEKSTIELBEDRYF DAAL VAN 200 000 TOT
19 000 POSTE
6 April 2017, 15:55: CAPE TALK
Ettienne Vlok, Direkteur van Navorsing by die Suidelike Afrika Klere- en
Tekstielwerkersunie, het met Azania Mosaka oor die uitdagings wat die tekstielbedryf
in die gesig staar, gepraat.
Vlok sê dat die impak van goedkoop invoerprodukte op die plaaslike klerebedryf
'n aansienlike daling in die aantal mense wat in diens is, veroorsaak het.
'Ons het ongeveer 15 jaar gelede amper 200 000 mense in die klere- en tekstielbedryf
gehad en ons is nou sowat 19 000. Behalwe vir die statistiek beteken dit dat baie
mense afgelê is en dat baie fabrieke gesluit het.'
Vlok voeg by dat hierdie syfers tot die hoë getalle van werkloosheid en ongelykhede
in Suid-Afrika bygedra het. Hy sê die bedryf is op talle maniere uniek. Een daarvan is
dat in vergelyking met ander vervaardigingsektore, vier uit elke vyf werkers vroue is.
Dit het 'n groot invloed op die uitroei van armoede in werkersklasgemeenskappe
gehad.
'As ons hierdie bedryf laat groei, kan ons tot geslagsgelykheid bydra.' Vlok pak ook
die potensiaal van groot klere- en tekstielmiddelpunte in landelike gebiede aan wat in
staat sal wees om werk te skep. Hy sê nog 'n groot uitdaging is die onvermoë om met
lande soos China mee te ding, wat maniere (lae produksiekoste) gebruik om hul
produkte baie goedkoper te maak.
[Uit http://www.702.co.za/articles/251378/sa-clothing-and -textile-industry-drops-from-200-000-to-
19-000-jobs-researcher. Toegang op 20 Januarie 2018 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 12 DBE/2018
SSE – Addendum
BRON 3C
Die foto hieronder, deur K Mogale, het op die webblog van Eye Witness News verskyn.
Dit toon lede van die Congress of South African Trade Unions (COSATU) en die South
African Clothing and Textile Workers Union (SACTWU) wat op 7 Oktober 2017 in
Kaapstad marsjeer.
[Uit http://ewn.co.za/2015/10/07/Cosatu-marches-underway-in-CT-and-JHB.
Toegang op 20 Januarie 2018 verkry.]
'N NUWE GROEIKOERS/-PAD VIR BEHOORLIKE WERK
IN DIE KLERE-, TEKSTIEL-, SKOEN- EN LEERBEDRYF
South African Clothing and Textile Congress of South African Trade
Workers Union (SACTWU) Unions (COSATU)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 13 DBE/2018
SSE – Addendum
BRON 3D
Hierdie artikel fokus op die maatreëls wat die Suid-Afrikaanse regering ingestel het om
'n ommekeer in die klere- en tekstielbedryf te bring. Dit het op 11 Oktober 2017 in die
City Press verskyn.
Die Minister in die Presidensie vir Beplanning, Monitering en Evaluering, Jeff Radebe,
het die tekstiel- en klerebedryf as een van die sektore beklemtoon waar die ekonomie
die doeltreffendste versterk kon word.
Dit is 'n wonderbaarlike ommekeer, veral in die lig van beleggingsverlagings en
ekonomiese en sosiopolitieke onstabiliteit. Die klere- en tekstielbedryf was een van die
wat die swaarste deur globalisering en toenemende mededinging na die opening van
Suid-Afrika se grense vir globale markte na 1994 getref is.
As gevolg van hoë invoerbelasting en die verhoging van onwettige invoer en goedkoop
tekstiele uit China, Pakistan en elders, tesame met onvoldoende belegging, het die
bedryf agteruit gegaan.
Gelukkig is 'n aantal bewustelike ingrypings geïmplementeer wat gehelp het om dinge
om te keer.
Die Departement van Handel en Nywerheid (DTI) het 'n landswye kleding- en tekstiel-
mededingingsprogram ('CTCP') ontwikkel, waarvan die breër doelwit is 'om die bedryf
by te staan met die opgradering van prosesse, produkte en mense om dit so te
herposisioneer dat dit effektief kan meeding met ander lae-koste produserende
lande ...'
Trouens, die Suid-Afrika-konferensie (oor klere en tekstiele) het aan die lig gebring dat
die CTCP sowat 12 000 werksgeleenthede geskep het en meer as 400 maatskappye
bygestaan het.
Volgens Ebrahim Patel het plaaslike verkope van klere, tekstiele, skoene en leer van
ongeveer R41,8bn in 2010 tot meer as R50bn in 2015 gestyg; 'n styging van 21% oor
vyf jaar.
[Uit https://www.fin24.com/Opinion/the-great-textile-turnaround-20171011.
Toegang op 20 Januarie 2018 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 14 DBE/2018
SSE – Addendum
ERKENNINGS
Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:
Herwitz D. 2003. Race and Reconciliation (University of Minnesota Press)
http://aidc.org/turfloop-soweto-back-dialectic-1976/
http://ewn.co.za/2015/10/07/Cosatu-marches-underway-in-CT-and-JHB
http://www.justice.gov.za/trc/media/pr/1999/p990216a.htm
http:// www.sahistory.org.za/topic/defining-black-consciousness
http://www.thejournalist.org.za/spotlight/unravelling-the-fabric-of-the-industry-south-
africas-clothing-and-textile-business
http://www.702.co.za/articles/251378/sa-clothing-and -textile-industry-drops-from-200-
000-to-19-000-jobs-researcher
https://image.101.co.za
https://www.fin24.com/Opinion/the-great-textile-turnaround-20171011
Stidolph A. 2003. Over The Rainbow – The First 10 years of South Africa's Democracy
In Cartoons (Pietermaritzburg)
Stubbs A. (red.) 2004. I Write What I Like: STEVE BIKO (Picador Africa)
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 Addendum (Eng)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 Addendum (Eng)

Addendum
History Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2018 Addendum

Addendum
History Grade 12 P2 NSC November 2018 Addendum (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 Paper 2 NSC June 2021 Addendum (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2018 Memo (Afrikaans)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

Question paper