Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
GESKIEDENIS V2
2021
ADDENDUM
Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2021 papers 

%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01/v1-761b3c43efc668005293/card.webp)

%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5/v1-08263ca49c7d250a5368/card.webp)

View all





History Grade 12 Paper 2 NSC June 2021 Addendum (Afrikaans)
Grade 12 History Paper 2 addendum from the NSC June Exam 2021 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.
History · Grade 12 · NSC June Exam · 2021. Addendum, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Addendum
- Year
- 2021
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 725.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 2 DBE/2021
SS/NSS – Addendum
VRAAG 1: WAT WAS DIE REAKSIES OP DIE INSTELLING VAN AFRIKAANS
AS 'N VERPLIGTE ONDERRIGTAAL IN SWART SUID-AFRIKAANSE
SKOLE IN 1976?
BRON 1A
Die bron hieronder fokus op die Departement van Bantoe-onderwys se besluit om
Afrikaans as 'n verpligte onderrigtaal in swart Suid-Afrikaanse skole in te stel.
Die kwessie wat die 1976-Soweto-opstande veroorsaak het, was 'n dekreet (wet) wat
deur die Departement van Bantoe-onderwys uitgevaardig is. Die Adjunkminister van
Bantoe-onderwys, Andries Treurnicht, het 'n opdrag aan skoolrade, inspekteurs en
prinsipale gestuur dat Afrikaans op 'n gelyke basis met Engels geplaas moes word en
as 'n onderrigtaal in alle skole gebruik moes word. Hierdie opdrag het onmiddellik
negatiewe reaksie by verskeie onderwyserorganisasies en skoolrade, in en buite
Soweto, uitgelok.
Die eerste liggaam wat formeel op die instelling van die apartheidsregime se taalbeleid
gereageer het, was die Tswana Skoolraad, wat uit skoolrade van Meadowlands,
Orlando West, Dobsonville en ander gebiede in Soweto bestaan het. Die notule van
die vergadering van die Tswana Skoolraad wat op 20 Januarie 1976 gehou is, lui soos
volg:
'Die kringinspekteur het die Raad ingelig dat die Sekretaris van Bantoe-onderwys
verklaar het dat alle direkte belasting wat deur die swart bevolking van Suid-Afrika
betaal word, na die verskillende tuislande vir onderwysdoeleindes daar gestuur word
… In stedelike gebiede word 'n swart kind se onderwys deur die wit bevolking, dit is
Engels- en Afrikaanssprekende groepe, betaal. Die Sekretaris van Bantoe-onderwys
het dus 'n verantwoordelikheid om beide Engels- en Afrikaanssprekendes tevrede te
stel. Gevolglik, as die enigste manier om beide groepe tevrede te stel, moet die
onderrigtaal in alle skole op 'n 50-50-basis geskied … Indien skole in die toekoms in 'n
taal onderrig wat nie deur die Departement vir 'n spesifieke vak voorgeskryf is nie, sal
eksamenvraestelle slegs in daardie onderrigtaal, met geen opsie vir ander tale nie,
opgestel word.'
Die Tswana Skoolraad het verskeie pogings aangewend om die Departement van
Bantoe-onderwys te oorreed om hierdie beleid te verander, maar dit het misluk.
Skoolrade is baie duidelik aangesê dat die taalbeleid geïmplementeer moes word.
Die meeste skoolrade het eenvoudig aan hierdie opdrag gehoor gegee …
[Uit www.sahistory.org.za/pages/governance_projects/june16/june16.htm.
Toegang op 23 Februarie 2020 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 3 DBE/2021
SS/NSS – Addendum
BRON 1B
Die artikel hieronder is deur Nelvis Qekema geskryf en die titel is 'The June 16
Uprising Unshackled: A Black Perspective' ('Die Junie 16-opstand Ongebonde: 'n
Swart Perspektief'). Dit fokus op hoe die filosofie van Swart Bewussyn swart
Suid-Afrikaanse studente beïnvloed het om die gebruik van Afrikaans as onderrigtaal
teen te staan.
… Dit maak nie saak hoe pynlik dit is nie, dit is 'n geskiedenisfeit dat die
16 Junie 1976-opstande onder die direkte invloed van die Swartbewussynsbeweging
(SBB) plaasgevind het. Die Suid-Afrikaanse Studentebeweging (SASM), 'n
studentekomponent van die SBB, het op 28 Mei 1976 sy algemene
studenteraadsvergadering gehou waar die kwessie van Afrikaans as onderrigtaal
bespreek is. Die notule van die algemene studenteraadsvergadering het die gees van
die vergadering vasgevang en verklaar dat die onlangse boikotte by skole 'n betoging
teen die voorbereiding van 'goeie industriële seuns' vir die owerhede was … 'Ons is
van voorneme om die gebruik van Afrikaans as onderrigtaal totaal te verwerp …'
Seth Mazibuko het hierdie getuienis by sy 1977-hofsaak gegee en die volgende gesê:
'Ek het hierdie vergadering op 13 Junie 1976 bygewoon. Verskeie skole van Soweto
was teenwoordig. Die hoofspreker het die doelstellings en oogmerke van die SASM
aan ons verduidelik. Hy het ook die gebruik van Afrikaans as 'n onderrigtaal bespreek
en 'n beroep op die prefekte by ons skole gedoen om na vore te kom en te verduidelik
wat die posisie [by hulle skole] was. Ek het opgestaan en aan die vergadering
verduidelik dat Phefeni [Junior Sekondêre] School geweier het om Afrikaans te gebruik
en dat hulle gedurende Mei 1976 klasse geboikot het.'
By 'n SASM-vergadering op 13 Junie 1976 is 'n Taakgroep gestig. Dit is die Soweto
Studenteraad (SSRC) genoem en die leier was Tsietsi Mashinini. 'n Besluit is geneem
om op 16 Junie 'n beplande betoging teen die verpligte gebruik van Afrikaans as
onderrigtaal in swart Suid-Afrikaanse skole te onderneem.
[Uit http://azapo.org.za/the-june-16-uprising-ushackled-a-black perspective/.
Toegang op 23 Februarie 2020 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 4 DBE/2021
SS/NSS – Addendum
BRON 1C
Die bron hieronder fokus op hoe gebeure op 16 Junie 1976 in Soweto verloop het.
'n Groot skare studente het die oggend van 16 Junie 1976 in Vilikazi Street, oorkant
Phefeni Junior Secondary School en Orlando West High School in Soweto, bymekaar
gekom.
Die groot skare mense het slagspreuke, soos 'Weg met Afrikaans', 'Amandla
Ngawethu' (Mag vir die Mense) en 'Bevry Azania', gedreunsing en baie mense gelok,
onder meer die apartheidspolisiemag …
Vyf wit polisiebeamptes het sy aan sy in die middel van die pad gestaan en na 'n see
van swart gesigte gestaar. Agter hulle het daar nog polisie in uniforms, die meeste van
hulle swart en van die onluste-eenheid, gewapen met gewere en saam met honde, uit
polisiewaens geklim. Hulle het na die beamptes en die massiewe groep studente in die
straat afgestap. Verskeie vroue langs die straat het alles dopgehou. 'Gaan julle ons
kinders doodmaak?' het 'n vrou 'n swart polisiebeampte gevra terwyl hy verbygeloop
het. 'Nee, daar sal nie 'n geskietery wees nie,' het die beampte kalm geantwoord. 'Die
kinders baklei nie met iemand nie, hulle betoog net …'
'n Wit beampte het skielik eenkant toe gestaan, afgebuk en iets wat soos 'n klip gelyk
het, opgetel. Hy het toe die voorwerp in die skare ingegooi. Die kinders vooraan die
skare het onmiddellik na die kante toe gespat. Hulle het klippe opgetel en weer
gegroepeer. Hulle het geskree: 'Power, P-o-w-e-r!' terwyl hulle in die rigting van die
polisie beweeg het. 'n Skoot het geklap, toe nog een en nog een in vinnige
opeenvolging.
Studente het in alle rigtings gevlug, baie het op die ruie bult agter die twee skole, in
agterpaadjies, systrate en huise skuiling gaan soek. Almal het gelyk of hulle erg
geskok is. Die studente was verward (deurmekaar) en geskok. Hulle het dit nie verwag
nie. Dronkgeslaan het hulle oral in die gebied in groepe gestaan terwyl die gewondes
kreunend op die grond gelê het. Motoriste en joernaliste het gehelp om die dooies en
gewondes bymekaar te maak en na hospitale te neem.
[Uit A People on the Boil by H Mashabela]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 5 DBE/2021
SS/NSS – Addendum
Bron 1D
Die hoofopskrifte hieronder het op 17 Junie 1976 op die voorblad van
The World-koerant verskyn. Die titel was 'POLISIE SKIET ONS KINDERS PLAT'
('POLICE GUN DOWN OUR CHILDREN'). The World-koerant is hoofsaaklik deur
swart Suid-Afrikaners gelees. Dit is vir duidelikheid oorgetik.
THE
WORLD POLICE
GUN
Donderdag 17 Junie 1976
DOWN
OUR
58 dood
CHILDREN
700 beseer
op een dag
beseer
[Uit The World, 17 Junie 1976]
in een dag
Afrikaanse vertaling van die hoofopskrif
POLISIE SKIET ONS KINDERS PLAT
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 6 DBE/2021
SS/NSS – Addendum
VRAAG 2: HOE HET DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
DIE MOORD VAN POLITIEKE AKTIVISTE, SOOS LENNY NAIDU,
HANTEER?
BRON 2A
Die bron hieronder is deur die historikus, Martin Meredith, geskryf. Dit fokus op die
redes vir die stigting van die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK).
Die wittebrood(fees)-tydperk oor verskille oor hoe om Suid-Afrika se gewelddadige
verlede te hanteer, het tot 'n einde gekom. Nelson Mandela was vasbeslote dat
menseregteskendings gedurende die apartheidsera deur 'n waarheidskommissie
ondersoek moes word. Hy het opgemerk dat die doel nie vergelding (wraak) was nie,
maar om 'n soort openbare verantwoordelikheid te gee om te help om die
onregverdighede van die verlede te verwyder sodat versoening kan plaasvind. Indien
daar nie aan misdade van die verlede aandag gegee word nie, het hy gesê, sal dit met
ons 'soos 'n etterende (lopende) sweer saamleef'. FW de Klerk, adjunkpresident in
Mandela se regering van nasionale eenheid, het die hele idee afgekeur (gekritiseer),
en aangevoer dat 'n waarheidskommissie tot 'n 'heksejag' sal lei wat op
regeringskendings (wandade) van die verlede sal fokus terwyl dit die misdade wat deur
die African National Congress gepleeg is, sal ignoreer. Dit kon, het hy gesê,
waarskynlik 'die steke van wonde wat besig was om gesond te word, los-
skeur' …
Die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) wat in 1995 ontstaan het, is
onvermydelik uit ooreenkomste gebore. Die omvang daarvan was beperk tot die
ondersoek van growwe menseregteskendings, soos moord, ontvoering en die gebruik
van marteling in die vier-en-dertig-jaar-periode vanaf 1960, wat met die slagting by
Sharpeville begin het …
Die WVK het die mag gekry om te dagvaar en om te deursoek en beslag te lê en is
deur sy eie ondersoekeenheid ondersteun. Daar is vereis dat dit net soveel aandag
gee aan menseregteskendings wat deur die vryheidsbeweging gepleeg is, as aan dit
wat deur die apartheidveiligheidspolisie gepleeg is. Dit was egter nie 'n geregtelike
liggaam of 'n geregshof nie. Dit kon nie vervolgings uitvoer of straf uitdeel nie. Die doel
daarvan was nie soseer om oordeel oor toerekenbaarheid (blaam) te vel nie, maar
eerder om 'n proses van openbaarmaking te vestig. In ruil vir die waarheid kon
oortreders wat na vore gekom het, op 'n individuele basis, amnestie van vervolging
verleen word op voorwaarde dat die kommissie tevrede was dat hulle hulle misdade en
optrede ten volle onthul het en dat hulle dade met 'n politieke doelwit uitgevoer is.
Indien hulle nie na vore kom nie, sou hulle steeds die risiko loop om vervolg
te word.
[Uit The State of Africa deur M Meredith]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 7 DBE/2021
SS/NSS – Addendum
BRON 2B
Die bron hieronder is 'n transkripsie (skriftelike rekord) van getuienis wat Leslie Naidu
oor die moord van sy broer en studente-aktivis, Lenny Naidu, voor die WVK gelewer
het. Die WVK-verhoor is op 30 Julie 1999 by die Durban Christian Centre gehou.
KOMMISSARIS: Jy het gekom om ons te vertel van die dood van jou broer, Surendra
Lenny Naidu, wat ook in 1988 deur die veiligheidsmagte in Piet Retief om die lewe
gebring is. Kan jy asseblief staan om die eed af te lê voordat jy daardie storie aan ons
vertel …?
LESLIE NAIDU: … Ek kom as woordvoerder vir my familie na die Kommissie om
getuienis te lewer oor die gebeure rakende die dood van my broer Lenny. Eerstens, ek
was baie bly om van die stigting van die WVK te hoor, en dit was iets waarvoor ons
die afgelope 10 jaar gebid en gehoop het en dit is byna 11 jaar sedert ek laas my broer
lewendig gesien het. Ons het heeltyd aan waarheid en geregtigheid geglo en dit was
iets wat ons beslis gedink het altyd sou wen, of dit vandag, môre of oor 10 jaar sou
wees. En dit was hierdie filosofie wat my regtig oor myself laat dink en selfondersoek
laat doen het nadat Lenny dood is. Ek het myself eerstens afgevra, wil ek geregtigheid
hê aangesien ons aan die filosofie van geregtigheid en skoon spel glo? Wil ek hê dat
geregtigheid ten opsigte van die oortreders moet geskied, veral diegene wat
geregtigheid toegepas het op die manier waarop dit op my broer en die mense van
hierdie land toegepas is? Wil ek dit op presies dieselfde manier uitgedeel hê? En daar
was tye dat ek hierdie tipe geregtigheid wou hê, ek wou hierdie reg van die sterkste hê,
bloed vir bloed, en 'n oog vir 'n oog, maar gelukkig was daar tye wat ek die waarheid
wou weet. En daardie tye wanneer ek die waarheid wou weet, het my in werklikheid in
my soeke na geregtigheid gekalmeer. Die waarheid is wat ons almal wil hê en die
waarheid, dink ek, is wat ons nou toekom. Die mees sielsdeursoekende deel kom
egter ná die waarheid, en dit is vergifnis. Ek moes lank en deurdringend oor vergifnis
nadink.
… Maar wat vergewe ek, wie vergewe ek? Dit lyk asof hierdie pad van vergifnis, of
hierdie stryd wat ek met vergifnis het, die heeltyd in 'n kring loop. Totdat hierdie pad
nie reguit loop nie, sal ek nie kan vergewe nie. Maar deur hierdie Kommissie hoop ek
dat hierdie oortreders ons die waarheid, en net die waarheid, sal vertel.
[Uit http://sabctrc.saha.org.za/documents/hrvtrans/durban/56210.htm?t=%2Bnaidu+%2Bsurendra
+%E2%80%98%2Blenny%E2%80%99&tab=hearings.
Toegang op 12 Februarie 2020 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 8 DBE/2021
SS/NSS – Addendum
BRON 2C
Die koerantberig hieronder fokus op Eugene De Kock se verskyning voor die WVK.
Dit is op 26 Julie 1999 deur Archie Mini vir die Independent Online-webblad geskryf.
Amnestie is nie aan die oortreders vir die moord van die nege politieke aktiviste
verleen nie.
Eugene de Kock, die apartheidsluipmoordenaar, het Maandag voor die Waarheids-en-
Versoeningskommissie by die Durban Christian Centre verskyn. De Kock en 14 ander
gewese veiligheidstakpolisiemanne het om amnestie aansoek gedoen vir hul
betrokkenheid by drie moordinsidente toe hulle binne vier dae in 1988 nege ANC-lede
van KwaZulu-Natal vermoor het.
In die eerste insident het Surendra 'Lenny' Naidu (23), Notsikelelo Cotoza (25),
Makhosi Nyoka (25) en Lindiwe Mthembu (21) gesterf toe hulle motor die aand van
8 Junie 1988 in Houtkopweg buite Piet Retief in Mpumalanga in 'n lokval gelei is.
Ses mense, Leon William Flores, Jury Bernardus Hayes, Gerrie Johan Barnard,
Flip Koenraad Theron, Frederick Johannes Pienaar en Marthinus David Ras, doen
saam met De Kock aansoek om amnestie vir die moord op die vier MK-agente wat
ongewapen was toe op hulle geskiet is. Die families van die vermoordes staan die
aansoek teen.
De Kock het aan Regter Morane Moerane, wat die families van die vermoordes
verteenwoordig, vertel dat hy die lokval georganiseer het nadat 'n versoek deur 'n
'mnr. Pienaar', gewese hoof van die veiligheidstak in Piet Retief, aan hom gestuur is
'om hulle te help met 'n operasie in verband met opgeleide ANC-lede wat die land
vanaf Swaziland infiltreer (binnekom)'.
'Hulle moes 'n teken met 'n flikkerende linkerflikkerlig gee om ons te laat weet dat die
insittendes gewapen was. In albei gevalle is die tekens gegee, volgens De Kock.
Om die skiet van ongewapende vegters toe te smeer, 'het ons 'n Makarov-pistool op
die liggaam van Lenny Naidu en 'n handgranaat in een van die vroue se sakke
geplant'.
'Ons staan die aansoek om amnestie teen,' het Leo Naidu, Lenny se pa, gesê.
[Uit https://www.iol.co.za/news/politics/families-hear-details-of-de-kock-deaths-6097.
Toegang op 12 Februarie 2020 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 9 DBE/2021
SS/NSS – Addendum
BRON 2D
Die spotprent deur Zapiro hieronder, beeld uit hoe Aartsbiskop Desmond Tutu, Eugene
de Kock se aansoek om amnestie ontvang. Dit het op 13 Maart 1996 in die Sowetan
verskyn.
[Uit http://www.saha.org.za/news/2013/July/galley eugene de kock.htm.
Toegang op 12 Februarie 2020 verkry.]
Afrikaanse vertaling
NAAM? A, MNR. DE KOCK … JA.
EUGENE DE KOCK HET JY DIE MISDADE
GENOEM WAARVOOR
AANSOEKE BY DIE JY OM AMNESTIE
WAARHEIDSKOMMISSIE AANSOEK DOEN?
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 10 DBE/2021
SS/NSS – Addendum
VRAAG 3: WAT IS DIE VERSKILLENDE MENINGS RAKENDE DIE IMPAK VAN
GLOBALISERING OP ONTWIKKELENDE LANDE?
BRON 3A
Die berig hieronder fokus op hoe globalisering die ekonomieë van ontwikkelende lande
beïnvloed. Dit is deur F Hamdi geskryf en die titel is 'The Impact of Globalisation on
Developing Countries' ('Die Impak van Globalisering op Ontwikkelende Lande'.
Globalisering help ontwikkelende lande om hul ekonomiese groei te verhoog en om
armoedeprobleme in hulle onderskeie lande op te los. Ontwikkelende lande kon in die
verlede nie die wêreldekonomie benut nie as gevolg van handelsbeperkinge. Hulle kon
nie dieselfde ekonomiese groei as ontwikkelde lande deel nie. Met globalisering het die
Wêreldbank en Internasionale Monetêre Fonds egter ontwikkelende lande
aangemoedig om markhervormings te ondergaan en om radikale (drastiese)
veranderings te maak deur groot lenings aan te gaan. Baie ontwikkelende lande
het begin om stappe te doen om hul markte oop te maak deur tariewe te verwyder en
hul ekonomieë oop te maak. Die ontwikkelde lande was in staat om in ontwikkelende
lande te belê en werksgeleenthede vir die armes te skep. Byvoorbeeld, vinnige groei
in Indië en China het tot 'n afname in wêreldarmoede gelei. Dit is duidelik
dat globalisering die verhoudings tussen ontwikkelde en ontwikkelende lande
versterk het …
Globalisering hou baie ekonomiese en handelsvoordele vir ontwikkelende lande in,
maar onderontwikkelde lande word benadeel. Byvoorbeeld, globalisering vergroot die
ongelykheid tussen ryk en arm omdat die voordele van globalisering nie universeel is
nie, rykes word ryker en armes word armer. Baie ontwikkelende lande word
bevoordeel uit globalisering maar, aan die ander kant, word baie nasies benadeel.
China en Indië het die afgelope twee dekades vinniger as baie ryk lande gegroei.
Lande in Afrika het egter nie gegroei nie en het steeds die hoogste armoedevlakke in
die wêreld …
[Uit https://www.linkedin.com/pulse/impact-globalization-developing-countries-fairooz-hamdi.
Toegang op10 Maart 2020 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 11 DBE/2021
SS/NSS – Addendum
BRON 3B
Die bron hieronder is 'n onderhoud oor globalisering wat deur die Global Business
Social Enterprise met N Pavcnik, 'n medeprofessor van Ekonomie by Yale University,
gehou is. Die onderhoud is in 2005 in New Hampshire, die Verenigde State van
Amerika (VSA), gehou.
ONDERVRAER: Is daar 'n manier om in breë trekke te beskryf watter impak
globalisering op die armste mense wat in onderontwikkelde lande woon, gehad het?
N PAVCNIK: Indien jy oor die afgelope 30 jaar terugkyk, het ontwikkelende lande
handelsbeskermingvlakke verhoog, wat daartoe gelei het dat hoër
handelsbelemmerings op invoere ingestel (afgedwing) is en tot beperkte invoere
bygedra het. Baie lande het in die 1980's en 1990's besluit om van hierdie
beskermende beleide ontslae te raak en het grootskaalse handelshervormings
geïmplementeer. Byvoorbeeld, Indië het in 1991 handelshervormings ingestel en hulle
gemiddelde belasting op invoere het van meer as 80% na 'n gemiddeld van 30%
gedaal. Colombië het van 50% tot om en by 13% gedaal. Dit het tot verhoogde
handelsbewegings gelei.
Ekonomiese groei is die hoofkanaal waardeur globalisering armoede kan beïnvloed.
Wat navorsers gevind het, is dat, in die algemeen, wanneer lande vir handel oopmaak,
neig hulle om vinniger te groei en lewenstandaarde neig om te verhoog. Die gewone
redenasie is dat die voordele van hierdie hoër groei na die armes sal afwentel. Dit is 'n
bietjie uitdagend, veral met kollektiewe (gekombineerde) data, om noukeurig te
identifiseer presies hoe armes voordeel getrek het. Een uitdaging is dat wanneer
handel of globalisering plaasvind, baie ander faktore, soos tegnologie en makro-
ekonomiese omstandighede, verander.
Maar, as alles in aanmerking geneem word, is dit feitlik onmoontlik om gevalle van arm
lande te vind wat oor lang tydperke kon groei sonder om handelsgeleenthede te skep.
En ons het geen bewyse wat daarop dui dat handel tot verhoogde armoede en 'n
afname in groei sal lei nie.
ONDERVRAER: Word armoede en ongelykheid as 'n bedreiging vir globalisering
beskou?
N PAVCNIK: As jy na die meningspeilings kyk wat mense vir hul menings oor
globalisering vra, is daar in armer lande minder teenkanting as in ontwikkelde lande.
Maar ek dink die bedreiging kan groei as meer mense voel asof hulle uit hierdie proses
uitgesluit word of nie voordeel uit die proses getrek het nie.
[Uit https://insights.som.yale.edu/insights/how-has-globalization-benefited-the-poor.
Toegang op 10 Maart 2020 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 12 DBE/2021
SS/NSS – Addendum
BRON 3C
Die berig hieronder is deur Lesetja Malope geskryf en het op 28 Mei 2017 in die
City Press verskyn. Die titel is 'Gordhan Warns that Inequality Could Lead to Revolt'
(Gordhan Waarsku dat Ongelykheid tot Opstand Kan Lei'). Dit fokus op die impak wat
globalisering op baie lande regdeur die wêreld gehad het.
Die gewese Minister van Finansies, Pravin Gordhan, het gesê dat globalisering een
van die groot dryfkragte van ongelykheid in lande soos Suid-Afrika is.
Gordhan het beklemtoon dat met 'n toename in die vlak van stratifikasie (groepering
van mense), die kwessie van ongelykheid op die voorgrond van beleide moet wees.
Hy het bygevoeg dat nuwe vorme van maatskaplike veiligheidsnette geskep moet word
om hierdie maatskaplike en ekonomiese verdeeldhede te verminder.
Die uitwerking van globalisering, soos die verskille in inkomste en werksverlies, het tot
toenemende ongelykheid in Suid-Afrika en ander soortgelyke lande bygedra.
'Daar is 'n besef dat globalisering eintlik tot wenners en verloorders gelei het en dat
daar groter kennis geneem moet word van wie die wenners is en watter persentasie
van die bevolking hulle uitmaak, en wie die verloorders is,' het Gordhan gesê.
Gordhan het ook die kwessie van radikale ekonomiese transformasie aangepak, en
gesê dat die term dikwels skeef voorgestel word en dit mislei mense om te glo dat
hierdie inisiatiewe (planne) die meerderheid sal help, terwyl dit slegs 'n minderheid
bevoordeel. 'Ekonomiese transformasie moet tot die voordeel van al 55 miljoen
Suid-Afrikaners wees,' het Gordhan gesê. 'Die ander sal dit in werklikheid op so 'n
manier sê dat dit mense mislei … dat as ons hierdie uiterste sogenoemde radikale
dinge doen, hulle baat sal vind, maar uiteindelik sal die klein elite (bevoorregtes)
baat vind.'
[Uit https://city-press.news24.com/. Toegang op 10 Maart 2020 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 13 DBE/2021
SS/NSS – Addendum
BRON3 D
Die grafiek hieronder toon hoe globalisering tot vergrote ongelykheidsgapings
in verskillende lande in die wêreld bygedra het. Dit het op 20 April 2018 in die
Mail & Guardian verskyn.
Wêreld se grootste ongelykheidsgaping
Suid-Afrika het die swakste telling op die Gini-indeks
Noorweë
Switserland
Verenigde
Koninkryk
Ethiopië
Niger
Indië
Gemiddeld
van 101 lande
Tanzanië
Verenigde State
Rusland
China
Zimbabwe
Kameroen
Brasilië
Suid-Afrika
Indeks (%)
Grafiek: John McCann Databron: WÊRELDBANK SA EKONOMIESE BYWERKING, APRIL 2018 (2013-SYFERS)
[Uit https://mg.co.za/article/2018-04-20-00-finding-wealth-in-a-sea-of-poverty.
Toegang op 10 Maart 2020 verkry.]
Gini-indeks: Word gebruik om die inkomsteverspreiding van mense wat in 'n
spesifieke land woon, te meet. Indien die Gini-indeks hoër is, beteken
dit dat ongelykheidsvlakke hoër sal wees.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 14 DBE/2021
SS/NSS – Addendum
ERKENNINGS
Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:
Mashabela, H. 2006. A People on the Boil: Reflections on June 16, 1976 and Beyond
(Jacana Media)
http://azapo.org.za/the-june-16-uprising-ushackled-a-black perspective/.
http://sabctrc.saha.org.za/documents/hrvtrans/durban/56210.htm?t=%2Bnaidu+%2Bsu
rendra+%E2%80%98%2Blenny%E2%80%99&tab=hearings.
http://www.saha.org.za/news/2013/July/galley eugene de kock.htm.
https://city-press.news24.com/.
https://insights.som.yale.edu/insights/how-has-globalization-benefited-the-poor.
https://mg.co.za/article/2018-04-20-00-finding-wealth-in-a-sea-of-poverty.
https://www.iol.co.za/news/politics/families-hear-details-of-de-kock-deaths-6097.
https://www.linkedin.com/pulse/impact-globalization-developing-countries-fairooz-
hamdi.
www.sahistory.org.za/pages/governance_projects/june16/june16.htm.
Meredith, M. 2005. The State of Africa. (Jonathan Ball)
The World, 17 Junie 1976
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Addendum
History Grade 12 P2 NSC November 2021 Addendum (English)

Question paper
History Grade 12 P2 EC June 2021 Question Paper (English)
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01/v1-761b3c43efc668005293/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2021 Question Paper (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 NSC November 2021 Question Paper (Afr)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5/v1-08263ca49c7d250a5368/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P2 NSC June 2024 Question Paper (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 NSC June 2016 Memo (English)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

Question paper