Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
GESKIEDENIS V2
2021
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2021 papers 

%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01/v1-761b3c43efc668005293/card.webp)



View all





History Grade 12 P2 NSC June 2021 Question Paper (Afrikaans)
Grade 12 History Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2021 (Afrikaans), 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
History · Grade 12 · NSC June Exam · 2021. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2021
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 196.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 2 DBE/2021
SS/NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA
VRAAG 2: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
VRAAG 3: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
WÊRELDORDE, 1989 TOT DIE HEDE
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA:
DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989
2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
word.
3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.
4. Beantwoord DRIE vrae soos volg:
4.1 Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste
EEN moet 'n opstelvraag wees.
4.2 Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag
wees.
5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer.
6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
gebruik.
7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 3 DBE/2021
SS/NSS
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
AFDELING. Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord, is in
die ADDENDUM vervat.
VRAAG 1: WAT WAS DIE REAKSIES OP DIE INSTELLING VAN AFRIKAANS
AS 'N VERPLIGTE ONDERRIGTAAL IN SWART SUID-AFRIKAANSE
SKOLE IN 1976?
Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Verwys na Bron 1A.
1.1.1 Wat, volgens die bron, was die oorsaak van die 1976-Soweto-
opstande? (1 x 1) (1)
1.1.2 Haal enige TWEE skoolrade uit die bron aan waaruit die Tswana
Skoolraad bestaan het. (2 x 1) (2)
1.1.3 Verduidelik tot watter mate jy met die kringinspekteur se
regverdiging saamstem dat alle skoolvakke in swart Suid-
Afrikaanse skole op 'n '50-50-basis' onderrig moes word. (2 x 2) (4)
1.1.4 Lewer kommentaar op die Skoolraad se reaksie op die instelling
van Afrikaans as 'n onderrigtaal. (2 x 2) (4)
1.2 Lees Bron 1B.
1.2.1 Noem TWEE organisasies in die bron wat die Soweto-opstande
beïnvloed het. (2 x 1) (2)
1.2.2 Verduidelik waarom die SASM die gebruik van Afrikaans as
onderrigtaal in swart Suid-Afrikaanse skole afgekeur het. (2 x 2) (4)
1.2.3 Definieer die konsep boikot in die konteks van die Soweto-
opstande. (1 x 2) (2)
1.2.4 Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van hierdie bron vir 'n
geskiedkundige wat die oorsake van die 1976-Soweto-opstande
bestudeer. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 4 DBE/2021
SS/NSS
1.3 Bestudeer Bron 1C.
1.3.1 Noem TWEE skole in die bron waar 'n groot skare bymekaar
gekom het. (2 x 1) (2)
1.3.2 Skryf enige TWEE slagspreuke uit die bron neer wat die studente
wat in Vilikazi Street bymekaar gekom het, gedreunsing het. (2 x 1) (2)
1.3.3 Verduidelik hoe die stelling wat die swart polisiebeampte gemaak
het die optrede van die wit polisiebeampte weerspreek (betwis) in
die konteks van die gebeure wat op 16 Junie 1976 in Soweto
ontvou het. (2 x 2) (4)
1.3.4 Identifiseer enige DRIE plekke genoem in die bron waar studente
gaan skuiling soek het nadat die polisie begin skiet het. (3 x 1) (3)
1.4 Gebruik Bron 1D.
1.4.1 Verduidelik waarom jy dink die redakteur van The World-koerant
besluit het om hierdie artikel op die voorblad te publiseer. (1 x 2) (2)
1.4.2 Watter boodskap dra die woorde, 'POLISIE SKIET ONS KINDERS
PLAT', met verwysing na die Soweto-opstande, oor? (1 x 2) (2)
1.5 Bestudeer Bron 1C en 1D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1C die bewyse
in Bron 1D ondersteun met betrekking tot hoe die apartheidspolisie op
16 Junie 1976 op studente in Soweto gereageer het. (2 x 2) (4)
1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die
reaksies op die instelling van Afrikaans as 'n verpligte onderrigtaal in swart
Suid-Afrikaanse skole in 1976 verduidelik. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 5 DBE/2021
SS/NSS
VRAAG 2: HOE HET DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
DIE MOORD VAN POLITIEKE AKTIVISTE, SOOS LENNY NAIDU,
HANTEER?
Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.
2.1 Verwys na Bron 2A.
2.1.1 Waarom, volgens Nelson Mandela, was daar 'n behoefte om die
WVK te stig? (2 x 1) (2)
2.1.2 Definieer die konsep versoening in die konteks van die WVK.
(1 x 2) (2)
2.1.3 Verduidelik waarom jy dink De Klerk aangevoer het dat die WVK
tot 'n 'heksejag' kon lei. (1 x 2) (2)
2.1.4 Maak 'n lys van DRIE menseregteskendings in die bron wat die
WVK moes ondersoek. (3 x 1) (3)
2.1.5 Verduidelik tot watter mate jy saamstem met die WVK se besluit
om menseregteskendings te ondersoek wat deur beide die
bevrydingsorganisasie en die apartheidsregime gepleeg is. (2 x 2) (4)
2.2 Raadpleeg Bron 2B.
2.2.1 Haal bewyse uit die bron aan wat aandui wanneer en waar
Lenny Naidu vermoor is. (2 x 1) (2)
2.2.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewer
kommentaar op waarom Leslie Naidu die woorde 'waarheid' en
'geregtigheid' verskeie kere tydens sy getuienis gebruik het. (2 x 2) (4)
2.2.3 Verduidelik waarom jy hierdie bron as bruikbaar sou beskou
wanneer navorsing gedoen word oor hoe die WVK die proses van
die aanhoor van slagoffergetuienis onderneem het. (2 x 2) (4)
2.3 Gebruik Bron 2C.
2.3.1 Noem enige DRIE MK-agente in die bron wat op 8 Junie 1988 deur
die veiligheidstakpolisiemanne in Mpumalanga in 'n lokval gelei is.
(3 x 1) (3)
2.3.2 Waarom, volgens die bron, het De Kock besluit om die MK-agente
in 'n lokval te lei? (1 x 2) (2)
2.3.3 Lewer kommentaar op waarom jy dink De Kock 'n 'Makarov-pistool
op die liggaam van Lenny Naidu en 'n handgranaat in een van die
vroue se sakke geplant het'. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 6 DBE/2021
SS/NSS
2.4 Verwys na Bron 2B en 2C. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 2B die inligting
rakende die moord van Lenny Naidu in Bron 2C ondersteun. (2 x 2) (4)
2.5 Bestudeer Bron 2D.
2.5.1 Verduidelik die boodskappe wat in die spotprent oorgedra word.
Gebruik die visuele leidrade in die bron om jou antwoord te
ondersteun. (2 x 2) (4)
2.5.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewer
kommentaar op waarom Tutu vir De Kock vra: 'HET JY DIE
MISDADE GENOEM WAARVOOR JY OM AMNESTIE AANSOEK
DOEN?' (1 x 2) (2)
2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
verduidelik hoe die Waarheids-en-Versoeningskommissie die moord van
politieke aktiviste, soos Lenny Naidu, hanteer het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 7 DBE/2021
SS/NSS
VRAAG 3: WAT IS DIE VERSKILLENDE MENINGS RAKENDE DIE IMPAK VAN
GLOBALISERING OP ONTWIKKELENDE LANDE?
Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.
3.1 Verwys na Bron 3A.
3.1.1 Haal TWEE bewyse uit die bron aan wat aandui dat globalisering
ontwikkelende lande gehelp het. (2 x 1) (2)
3.1.2 Watter TWEE instellings, volgens die bron, het ontwikkelende
lande aangemoedig om radikale veranderinge te maak? (2 x 1) (2)
3.1.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
hoe Indië en China daarin geslaag het om armoedevlakke in hulle
onderskeie lande te laat afneem. (2 x 2) (4)
3.1.4 Definieer die konsep globalisasie in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
3.2 Gebruik Bron 3B.
3.2.1 Noem TWEE gevolge wat handelsbeskerming op ontwikkelende
lande gehad het, soos in die bron genoem. (2 x 1) (2)
3.2.2 Verduidelik die impak wat handelshervormings op die ekonomieë
van Indië en Colombië gehad het. (2 x 2) (4)
3.2.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
waarom armer lande nie teen globalisering gekant was nie. (2 x 2) (4)
3.3 Bestudeer Bron 3A en 3B. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3A die bewyse
in Bron 3B ondersteun rakende die invloed wat globalisering op
ontwikkelende lande gehad het. (2 x 2) (4)
3.4 Raadpleeg Bron 3C.
3.4.1 Wat, volgens Pravin Gordhan, was een van die belangrikste
dryfkragte van ongelykheid in Suid-Afrika? (1 x 1) (1)
3.4.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
waarom jy hierdie bron as bruikbaar sou beskou wanneer die
invloed wat globalisering op ontwikkelende lande gehad het,
nagevors word. (2 x 2) (4)
3.4.3 Verduidelik wat jy dink Gordhan bedoel het met die stelling,
'globalisering (het) eintlik tot wenners en verloorders gelei', in die
Suid-Afrikaanse konteks. (2 x 2) (4)
3.4.4 Waarom, volgens Gordhan, is die term 'radikale ekonomiese
transformasie' dikwels skeef voorgestel? (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 8 DBE/2021
SS/NSS
3.5 Bestudeer 3D.
3.5.1 Identifiseer die land op die grafiek wat die volgende aandui:
(a) Die grootste ongelykheidsgaping (1 x 1) (1)
(b) Die kleinste ongelykheidsgaping (1 x 1) (1)
3.5.2 Volgens die bron, wat is Suid-Afrika se telling (%) op die
Gini-indeks? (1 x 1) (1)
3.5.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik die
verskillende faktore wat tot die ekonomiese gaping in
ontwikkelende lande bygedra het. (2 x 2) (4)
3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om die impak te
verduidelik wat globalisering op ontwikkelende lande gehad het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 9 DBE/2021
SS/NSS
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling.
Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.
VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA: DIE
KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's
Die oproep tot sanksies deur die anti-apartheidsbewegings in die 1980's was die
enigste vorm van internasionale protes wat betekenisvol tot die uiteindelike val van die
apartheidsregime bygedra het.
Stem jy met die stelling saam? Ondersteun jou argument met relevante bewyse. [50]
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
Die 30ste herdenking van die onvoorwaardelike vrylating van Nelson Mandela uit die
Victor Verster-gevangenis is in 2020 gevier. Hy het geglo dat 'onderhandelinge en nie
oorlog nie, die hoofbestanddele' vir die stigting van 'n demokratiese Suid-Afrika was.
Bespreek hierdie stelling krities. Gebruik relevante bewyse vanaf 1990 tot 1994 om jou
argument te ondersteun. [50]
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WÊRELDORDE:
DIE GEBEURE VAN 1989
Verduidelik tot watter mate die ineenstorting (val) van kommunisme in die Sowjetunie
grootliks verantwoordelik was vir politieke veranderinge wat na 1989 in Suid-Afrika
plaasgevind het.
Ondersteun jou argument met relevante bewyse. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Addendum
History Grade 12 Paper 2 NSC June 2021 Addendum (Afrikaans)

Question paper
History Grade 12 P2 EC June 2021 Question Paper (English)
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01/v1-761b3c43efc668005293/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2021 Question Paper (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 NSC November 2021 Question Paper (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 NSC November 2021 Addendum (English)

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 NSC June 2016 Memo (English)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum