Downloaded from hlayiso.com
SENIOR CERTIFICATE EXAMINATION
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
GESKIEDENIS V1
2021
ADDENDUM
Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2021 papers 





View all





History Grade 12 Paper 1 NSC June 2021 Addendum (Afrikaans)
Grade 12 History Paper 1 addendum from the NSC June Exam 2021 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.
History · Grade 12 · NSC June Exam · 2021. Addendum, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Addendum
- Year
- 2021
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 432.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 2 DBE/2021
SS/NSS – Addendum
VRAAG 1: HOE HET DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA IN 1962 OP DIE
ONTPLOOIING VAN SOWJETMISSIELE NA KUBA GEREAGEER?
BRON 1A
Die bron hieronder verduidelik hoe die Verenigde State van Amerika (VSA) in 1962 op
die Sowjetunie se ontplooing van missiele na Kuba gereageer het.
Die beweging (verplasing) van Sowjet-personeel en -toerusting na Kuba het regdeur
1962 die Amerikaanse intelligensiegemeenskap agterdogtig gemaak. In reaksie
daarop het Amerikaanse skepe en vliegtuie foto's van elke Sowjetskip wat na Kuba
onderweg was, begin neem en U-2-spioenasievliegtuie het begin om gereelde
verkenningsvlugte oor die eiland te onderneem.
Die eerste bewyse van die aankoms van grond-tot-lugmissiele, missiele toegerus met
torpedobote vir kusverdediging, en groot getalle Sowjet- militêre personeel in Kuba
het in foto's uitgekom wat laat in Augustus geneem is. Hierdie foto's het egter geen
bewyse van aanvals- ballistiese missiele verskaf nie. Kennedy het in September twee
uitdruklike waarskuwings aan die Sowjet-premier, Nikita Khrushchev, gerig oor die
opbou van sogenaamde 'aanvals'-Sowjet-wapens in Kuba.
Kennedy het op 13 September geskryf: 'Indien die kommunistiese opbou in Kuba ooit
op enige wyse ons veiligheid sou bedreig of daarmee inmeng, of indien Kuba ooit 'n
militêre aanvalsbasis met beduidende kapasiteit vir die Sowjetunie sou word, dan sal
hierdie land doen wat ook al gedoen moet word om sy eie veiligheid en dié van sy
bondgenote te beskerm.'
Ten spyte van Kennedy se waarskuwings het die Russe voortgegaan om basisse te
bou en die Verenigde State het voortgegaan om hul aktiwiteite te monitor en foto's te
neem. 'n Amerikaanse U-2-spioenasievliegtuig het op 14 Oktober 1962 verskeie foto's
geneem terwyl dit oor Kuba gevlieg het. Hierdie foto's het onthul dat die Sowjetunie
besig was om missielterreine in Kuba te bou. Dit het die aard van die spel verander
en 'n reeks buitengewone gebeurtenisse aan die gang gesit.
[Uit https://www.archives.gov/publications/prologue/2002/fall/cuban-missiles.html.
Toegang op 17 Februarie 2020 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 3 DBE/2021
SS/NSS – Addendum
BRON 1B
Hierdie bron is 'n uittreksel uit 'n onderhoud wat met Robert McNamara gevoer is toe
hy vanaf 1961 tot 1968 die Verenigde State se Minister van Verdediging was.
Die transkripsie van die onderhoud is op 29 November 1998 gedeklassifiseer. Dit
beskryf in breë trekke die besluit deur die VSA om 'n vlootkwarantyn op Kuba in te stel.
ONDERHOUDVOERDER: Kan jy net kortliks vir my verduidelik hoe die besluit om
kwarantyn te in stel, ontstaan het? Ek is nogal geïnteresseerd om oor die
gemoedsverandering of meningsverandering in die ExComm te hoor.
ROBERT McNAMARA: Die ExComm het eenparig besluit dat, in die belang van die
Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO) se veiligheid, Wes-Europa se
veiligheid en Amerika se veiligheid, dit nodig was om druk op die Sowjette te plaas op
maniere wat tot die verwydering van die missiele sou lei. Tweedens wou ons dit doen
met so min as moontlik militêre risiko; so min as moontlik militêre risiko met
betrekking tot die druk self en so min as moontlik risiko van militêre reaksie nadat
daardie aanvanklike stap gedoen is. Daar is geglo dat wat 'n 'kwarantyn' genoem is
(wat in 'n sekere sin 'n vlootblokkade was), 'n kwarantyn genoem is omdat 'n
kwarantyn minder militêre konnotasie as 'n 'blokkade' gehad het … daar is geglo dat
die kwarantyn die vasberadenheid van die President om toe te sien dat daardie
missiele verwyder word, aan Khrushchev sou oordra, sonder om 'n militêre reaksie
aan te wakker, en dit is waarom die kwarantyn goedgekeur is.
ONDERHOUDVOERDER: Was daar baie besprekings oor wat gedoen sou word
indien die Sowjetunie besluit het om die kwarantyn te ignoreer?
ROBERT McNAMARA: Ja, daar was, en dit het tot 'n paar baie venynige
(onaangename) konfrontasies gelei. Daar is besluit dat ons alle moontlike pogings
moes aanwend om die sink van 'n Sowjet-skip te vermy. Daar was 'n beroemde
insident wat my en die hoof van vlootkrygsverrigtinge betrek het. 'n Sowjet-skip was
besig om hierdie denkbeeldige kwarantynlyn te nader en die vraag was, hoe sou ons
reageer indien dit die kwarantynlyn bereik? Die hoof van die vlootkrygsverrigtinge het
eintlik gesê dat ons op die skip moes vuur as dit nie sou stop nie. Ek het daarop
gereageer deur te sê dat daar nie sonder my persoonlike toestemming op daardie
Sowjet-skip gevuur sou word nie, en dat ek dit nie sou gee sonder om die optrede met
die President te bespreek nie, want ek en hy was vasbeslote om sover as moontlik
militêre optrede te vermy. Soos wat ek voorgestel het, het ons nie aan kwarantyn as
militêre optrede beskou nie, maar eerder as 'n middel om voorneme en
vasberadenheid te kommunikeer, want die President wou daardie missiele verwyder
hê met so min as moontlik militêre risiko.
[Uit https://nsarchive2.gwu.edu/coldwar/interviews/episode-10/mcnamara2.html.
Toegang op 9 Januarie 2020 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 4 DBE/2021
SS/NSS – Addendum
BRON 1C
Die foto hieronder toon 'n groep Amerikaanse vroue wat lid was van die 'Women Strike
for Peace'-beweging, wat op 23 Oktober 1962 buite die Verenigde Nasies (VN) se
gebou geprotesteer het. Die foto is deur Phil Stanziola geneem en het in die World
Telegram- en Sun- koerante verskyn.
President Kennedy wees versigtig Vrede of sterwe
Laat die VN die Kubaanse krisis hanteer
[Uit https://images.app.goo.gl/e5u154rjea2JPqEZ6. Toegang op 15 Januarie 2020 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 5 DBE/2021
SS/NSS – Addendum
BRON 1D
Die bron hieronder is deel van 'n brief wat President N Khrushchev op
24 Oktober 1962 aan President JF Kennedy geskryf het. Dit verduidelik die Sowjetunie
se reaksie op die Amerikaanse vlootkwarantyn van Sowjet-skepe wat van plan was om
Kuba binne te vaar.
Geagte mnr. die President
... Stel jou voor, mnr. die President, wat as ons jou 'n ultimatum sou gee soos wat jy
aan ons met jou optrede gegee het. … Jy, mnr. die President, verklaar nie kwarantyn
nie, maar is eerder besig om 'n ultimatum uit te reik, en jy dreig dat jy geweld sal
gebruik indien ons nie jou bevele gehoorsaam nie.
… Nee, mnr. die President, ek kan nie hiermee saamstem nie … Ons eerbiedig
streng die beginsels van internasionale reg en handhaaf noukeurig die standaarde
wat navigasie op die oop see in internasionale waters reguleer. Ons
handhaaf/eerbiedig hierdie standaarde en geniet die regte wat deur alle nasies erken
word.
… Ongelukkig kan mense van alle nasies, en die minste van almal die Amerikaners
self, as gevolg van sulke malheid geweldig swaarkry. Sedert die ontstaan van
moderne tipes wapens het die VSA hulle voormalige ontoeganklikheid
(onbereikbaarheid) heeltemal verloor.
… Die Sowjet-regering beskou die skending van navigasievryheid in internasionale
waters en die lugruim as 'n daad van aggressie wat die mensdom tot op die rand van
'n wêreldkernmissieloorlog kan dryf. Daarom kan die Sowjet-regering nie die kapteine
van Sowjet-skepe wat na Kuba onderweg is, opdrag gee om die bevele van die
Amerikaanse vlootmagte wat hierdie eiland blokkeer, te eerbiedig nie. Ons instruksies
aan Sowjet-matrose is om die algemeen aanvaarde navigasiestandaarde in
internasionale water streng te eerbiedig en om nie een tree daarvan af te wyk nie.
En, indien die Amerikaanse kant hierdie regte sou skend (verontagsaam), moet hulle
bewus wees van die verantwoordelikheid wat hulle vir hierdie daad sal dra. Wees
verseker dat ons nie blote waarnemers van seerowery deur Amerikaanse skepe in die
oop see sal wees nie. Ons sal dan van ons kant geforseer word om daardie maatreëls
te tref wat ons as noodsaaklik en voldoende beskou om ons regte te beskerm. Vir
hierdie doel het ons alles wat nodig is …
[Uit http://www.ibiblio.org/expo/soviet.exhibit/x2jfk.html. Toegang op 15 Februarie 2019 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 6 DBE/2021
SS/NSS – Addendum
VRAAG 2: HOE HET KUBA DIE POPULAR MOVEMENT FOR THE LIBERATION
OF ANGOLA (MPLA) GEDURENDE DIE ANGOLESE
BURGEROORLOG VAN 1975 ONDERSTEUN?
BRON 2A
Hierdie bron is deel van 'n brief wat Kommandant Manuel Piñeiro Losada (Kuba se
Adjunkminister van Binnelandse Sake) in Julie 1975 aan die Kubaanse Minister van
die Rewolusionêre Gewapende Magte geskryf het. Dit fokus op hoe Kuba van
voornemens was om die Popular Movement for the Liberation of Angola (MPLA) te
ondersteun.
Ons bespreek nou al vir 'n geruime tyd die moontlikheid om Angola binne te gaan met
die doel om die rewolusionêre bewegings in daardie land te leer ken. Hierdie
bewegings was 'n geheim, selfs vir daardie sosialistiese lande wat aansienlike bystand
(hulp) aan hulle verleen het. Ek beskou dit nie as noodsaaklik om die strategiese
belangrikheid van hierdie lande te verduidelik nie.
Ons kamerade in die MPLA het in Mei die volgende van ons versoek:
Dat ons 10 mans in Kuba in guerrilla-oorlogvoering oplei, met inagneming van die
positiewe ervarings wat hulle gehad het met mense wat in Kuba opgelei is (hulle is
die leiers van verskillende guerrilla-magte).
Dat ons 'n bemanning stuur om 'n DC-3 (vliegtuig) vanaf Zambië of die Kongo na
Angola te vlieg wat toerusting vir die guerrilla-magte sal vervoer. Hulle het
verduidelik dat as gevolg van die groot afstande tussen die Noordelike Front en die
grense met Zambië en die Kongo, dit uiters moeilik is om die voorraad oor land vol
te hou en dat dit vanaf daardie front is waar hulle kontakte het en aktiwiteite in die
hoofstad Luanda beplan wat militêr en polities belangrik is
Hulle wil 'n hoëvlak-afvaardiging na Kuba stuur om betrekkinge met ons Party te
bespreek.
Ons het voorgestel dat dit 'n goeie idee sou wees om van ons kamerade na die
binneland van Angola te stuur om die terrein (landskap) te leer ken en om 'n film te
maak, waartoe hulle ingestem het en hulle het voorgestel dat hulle versoeke uitgestel
word totdat ons afvaardiging sou terugkeer. Die afvaardiging sal deur 150 troepe onder
die leiding van een van die bevelvoerders wat in Kuba opgelei is, beskerm word …
Kommandant Manuel Piñeiro Losada
Adjunkminister van Binnelandse Sake
[Uit https://narchives2.gwu.edu/NSAEBB/NSAEBB67.
Toegang op 8 Januarie 2020 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 7 DBE/2021
SS/NSS – Addendum
BRON 2B
Die bron hieronder is geneem uit Conflicting Missions – Havana, Washington, Pretoria
deur P Gleijeses. Dit verduidelik die militêre ondersteuning wat Kuba in 1975 aan die
MPLA verskaf het.
Nadat 'n reeks vergaderings met Agostinho Neto, die leier van die MPLA, gehou is, het
die hoof van die Kubaanse kontingent (groep), Brigadier-generaal Raul Diaz Argüelles,
en sy span planne opgetrek vir die implementering van 'n Kubaanse
opleidingsprogram wat aan al Neto se vereistes sou voldoen. Die opleidingsprogram,
soos voorgestel deur Argüelles, het 480 Kubaanse deskundiges ingesluit asook die
daarstelling van vier kampe in Angola wat in Cabinda, Salazar (N'Dalatando),
Benguela en Henrique de Carvalho (Saurimo) geleë sou wees. Die Kubane sou oor die
volgende ses maande 4 800 MPLA-rekrute tot 16 infanterie-(voetsoldate)-bataljonne
oplei en 25 mortierbatterye sowel as verskeie lugafweereenhede verskaf.
'n Verkenningsparty van hierdie Kubaanse Militêre Missie in Angola (Misión Militar
Cubana en Angola – MMCA), onder bevel van Argüelles, het op 21 Augustus 1975 in
Luanda aangekom. Argüelles sou direk rapporteer aan die Eerste Adjunkminister van
die Cuban Revolutionary Armed Forces (FAR), Generaal Abelardo Colomé Ibarra, wat
in algehele beheer van die operasie was.
Volgens die oorspronklike plan sou 191 Kubane na die kamp in die Cabinda-enklawe
(ingeslote grondgebied) onder die bevel van Generaal Ramón Espinosa Martín,
gestuur word. Die oorblywende 270 sou gelyk verdeel word onder die oorblywende
drie kampe. Die rede vir die relatiewe groot kontingent Kubaanse soldate wat na
Cabinda ontplooi is, was hulle kwesbaarheid (blootstelling) vir 'n aanval deur die FNLA
en sy Zaïrese bondgenote.
Die eerste 70 Kubane van die Cabinda-kontingent (afvaardiging) het op
30 September 1975 vanaf Havana via Barbados en Bissau na Brazzaville gevlieg waar
hulle na 'n Kongolese Antonov-vliegtuig oorgeplaas is vir 'n kort vlug na Pointe-Noire
en hulle reis na Cabinda padlangs voltooi het. Die Kubaanse weermag het op Afrika-
bodem aangekom en dit sou nie lank neem voordat hulle met die SAW en sy
bondgenote, die FNLA en UNITA, swaarde sou kruis nie.
[Uit Conflicting Missions – Havana, Washington, Pretoria deur P Gleijeses]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 8 DBE/2021
SS/NSS – Addendum
BRON 2C
Die bron hieronder beskryf in breë trekke hoe Kuba in 1975 sy eerste groep soldate na
Angola ontplooi het. Dit is deur 'n Colombiaanse skrywer, Gabriel Garcia Marquez,
geskryf en het op 12 Januarie 1977 in The Washington Post verskyn.
Op 7 November 1975, op die vooraand van Angola se onafhanklikheid van Portugal,
het Kuba 'n grootskaalse militêre ingryping, Operasie Carlota, van stapel gestuur om
die MPLA te ondersteun. Hul missie was om die aanvallers terug te hou sodat die
Angolese hoofstad nie in die hande van die vyand sou val voordat die Portugese
onttrek het nie, en om dan die weerstand vol te hou totdat versterkings opdaag.
Operasie Carlotta het begin met die stuur van 'n versterkte bataljon van spesiale
magte, bestaande uit 650 lede. Hulle is oor 'n tydperk van 13 dae ingevlieg uit die
militêre afdeling van die Jose Marti Lughawe in Havana na die lughawe in Luanda wat
steeds deur Portugese troepe beset is.
Die eerste kontingent (groep) het om 16:00 op 7 November op 'n spesiale vlug
van Cubana de Aviacion vertrek, op een van die legendariese Bristol Britannia
318-vliegtuie wat die Engelse vervaardigers opgehou vervaardig het en die res van die
wêreld opgehou gebruik het.
Die passasiers was almal in somersklere, sonder militêre kentekens (wapens), geklee
en het aktetasse en gewone paspoorte met hul regte name en identifikasie gedra.
Die lede van die spesiale bataljon was goed opgeleide krygers met 'n hoë vlak van
politieke en ideologiese vorming. Maar in hul aktetasse het hulle masjienpistole gedra
en in die vragruim van die vliegtuig was daar 'n aansienlike (groot) vrag ligte artillerie,
kleingewere, drie 75 mm-kanonne en drie 82 mm-mortiere in plaas van bagasie.
[Uit https://www.bajanthings.com/operation-carlotta--cuba-secret-flights-to-angola-via-barbados/.
Toegang op 7 Januarie 2020 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 9 DBE/2021
SS/NSS – Addendum
BRON 2D
Die foto hieronder is op 3 November 2015 geneem. Dit toon lede van Kuba se militêre
lugeenheid wat na Angola se 40ste herdenking van Operasie Carlota uitgenooi is.
Die fotograaf is onbekend.
[Uit https://repeatingislands.com/2015/11/03/cubanangola40-rethinking-the- 1975-african-cuban-war/.
Toegang op 25 September 2020 verkry.]
Agostinho Neto Fidel Castro
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 10 DBE/2021
SS/NSS – Addendum
VRAAG 3: WATTER ROL HET ELAINE BROWN GEDURENDE DIE 1960's EN
1970's IN DIE BLACK PANTHER-PARTY GESPEEL?
BRON 3A
Die bron hieronder is in September 1977 deur John Simkin vir Spartacus Education
geskryf. Dit verduidelik hoe Elaine Brown 'n lid van die Black Panther-party geword
het.
Elaine Brown het haar vroeë politieke opvoeding toegeskryf aan Jay Kennedy, 'n lid
van die Amerikaanse Kommunistiese Party, en die klavierlesse wat sy in die somer
van 1967 by die Watts-behuisingsprojek aangebied het. Haar ervaringe by Watts het
as 'n sosiale en rasse-ontwaking gedien en Brown het later vir die radikale Afro-
Amerikaanse koerant, Harambee, begin skryf. Brown se eerste direkte blootstelling
aan die Black Panther-party (BPP) het deur plaaslike pleidooie (versoeke) vir die
Huey Newton Legal Defence Fund gekom.
Brown het, as 'n lid van die Los Angeles-tak van die Black Panther-party, gehelp om
die party se eerste Gratis Ontbyt vir Kinders-program buite Oakland, Kalifornië,
te stig. Brown het teen 1971 die redakteur van die party se koerant, The Black
Panther, geword en is spoedig as die eerste vroulike lid van die Panther Central
Committee aangestel. In opdrag van Huey Newton het Brown in 1973 haar eerste
poging aangewend om deel te wees van die Oakland City Council, saam met
Bobby Searle se poging om burgermeester te word. Alhoewel nie Brown of Searle
verkies is nie, het beide groot steun van 'n polities herleefde swart Oakland-
bevolking ontvang wat tot 'n uitbreiding van die Panthers se kiesafdeling (kiesers)
gelei het.
Huey Newton het in 1974 Bobby Seale, die medestigter van die Black Panther-
party, uit die party ontsetel (uitgedryf) en twee dae later is Brown in die posisie van
voorsitter van die Black Panther-party aangestel.
Toe Newton na Kuba gevlug het, het Brown haar posisie as leier van die mans-
gedomineerde party gekonsolideer (versterk) en daaraan gewerk om die Panthers
se rewolusionêre programme te herdefinieer om die aspirasies (wense) van swart
vroue in te sluit.
[Uit https://www.spartacus-education.com.
Toegang op 9 September 2020 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 11 DBE/2021
SS/NSS – Addendum
BRON 3B
Die bron hieronder fokus op Elaine Brown, voorsitter van die Black Panther-party
(BPP) wat op 6 Augustus 1974 lede by 'n vergadering in Oakland, Kalifornië, toespreek
het.
Elaine Brown het haar posisie as die eerste vroueleier van die Black Panther-party
aanvaar. Omring deur veiligheidspersoneel op die verhoog, het sy in die gehoor van
die partylede ingekyk en met twee kort (saaklike) sinne haar plek in swart Amerikaanse
geskiedenis ingeneem. 'Ek het al die wapens en die geld. Ek kan 'n uitdaging van buite
en van binne weerstaan,' het Brown aan die BPP-lede gesê volgens haar 1992-
lewensbeskrywing, A Taste of Power: A Black Woman's Story. 'Ek het julle nie
saamgeroep om dreigemente te maak nie, Kamerade. Ek het eenvoudig hierdie
vergader belê om julle in te lig oor die realiteit van ons situasie. Die feit is dat
Kameraad Huey Newton in ballingskap is. Die volgende feit is: ek neem sy plek in
totdat ons dit vir hom moontlik maak om uit Kuba terug te keer.' Dit was opsigself
rewolusionêr vir die Panthers om 'n vrou aan te stel om die party te lei.
Sy het gewaarsku teen 'n omverwerping (oorname) deur te sê: 'Indien jy so 'n indiwidu
is, moet jy eerder hardloop en vinnig ook. Ek, as jou voorsitter, die leier van hierdie
party, ek sal nie toelaat dat my leierskap uitgedaag word nie. Ek sal ons party bo- en
ondergronds lei. Ek sal die party lei, nie net vir die bevordering van ons doelwitte nie,
maar ook in die verdediging van die party deur enige en alle maniere moontlik.'
Elaine Brown se kragtige toespraak aan lede van die Panthers het haar goeie
leierskapvaardighede getoon. Sy was nie bang om 'n ferm standpunt in te neem en om
haar manlike ampsgenote uit te daag nie. Brown het as inspirasie vir die swart
Amerikaanse jeug en vroue in besonder gedien …
[Uit http://www.washingtonpost.com/news/retropolis/wp/2018/01/19/i-have-all-the-guns-and-money-
when-a-woman-led-the-black-panther-party/. Toegang op 17 September 2020 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 12 DBE/2021
SS/NSS – Addendum
BRON 3C
Die foto hieronder toon hoe Elaine Brown, leier van die Black Panther-party,
Huey Newton in die Verenigde State van Amerika terugverwelkom nadat hy na Kuba
verban is. Die foto is op 14 Julie 1977 deur Jim Palmer vir die Associated Press (AP)
op die San Diego Internasionale Lughawe geneem.
Elaine
Brown
Huey
Newton
Gebalde
vuiste in
die lug
[Van http://www.washingtonpost.com/news/retropolis/wp/2018/01/19/i-have-all-the-guns-
and-money-when-a-woman-led-the-black-panther-party/.
Toegang op 18 September 2020 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 13 DBE/2021
SS/NSS – Addendum
BRON 3D
Die bron hieronder is deel van 'n onderhoud wat op 14 Oktober 1988 deur
Louis Massiah en Terry Rockefeller, namens die Washington University Libraries, met
Elaine Brown gevoer is. Dit fokus op die uitdagings wat die Black Panther-party in die
oë gestaar het
LOUIS MASSIAH: Wat het dit beteken om 'n Black Panther te wees? Wat was 'n Black
Panther?
ELAINE BROWN: Wel, as 'n individu, het dit beteken dat jy jou lewe moes verbind.
Ons moes iets van onsself opgee, ons lewens.
LOUIS MASSIAH: Hoe het daardie jaar, 1969, begin?
ELAINE BROWN: Wel, dit het met die sluipmoorde op John Huggins en Bunchy
Carter in Los Angeles begin. En ek, ek het elke maand 'n begrafnis bygewoon. Ag, ek
het 'n professionele sanger by begrafnisse geword. E Hoover, die fascistiese Direkteur
van die Federale Speurdiens (FBI), het aan die begin van daardie jaar aangekondig
dat dit die laaste jaar sou wees dat die Black Panther-party sou bestaan. En ons het
geweet dat ons dit sou moes konfronteer. Ons het wat ons die Executive Mandate
Number One genoem het, wat bepaal dat geen Panther ooit kon toelaat dat hy/sy 'n
geweer verloor nie.
LOUIS MASSIAH: Vertel ons meer van die sterftes.
ELAINE BROWN: Wel, 1969 was 'n baie moeilike jaar vir almal van ons in die Black
Panther-party. Maar ons het gedink dat ons onsself sou kon hanteer. Die Executive
Mandate Number One, wat deur Huey Newton uitgereik is, het verklaar dat die
Panthers, eerstens, altyd gewapen moes wees, of dit in die strate of tuis was, om
onsself daar en dan te kon verdedig. As gevolg van ons aktiwiteite en Hoover se
aandeel het ons 'n groot klomp mense verloor. Ek het elke maand in 1969 'n begrafnis
bygewoon, dit was geen grap oor wat besig was om te gebeur nie. Maar ons het met
ons harte geglo dat ons onsself moes verdedig. En daar was so baie wat juis dit
gedoen het. En so baie het teen die einde van daardie jaar gesterf in die klopjag deur
die Los Angeles Polisie se SWAT-span op die Los Angeles-kantoor, 'n vyf-en-'n-
halfuur-aanval op ons kantore met tenks en semimilitêre gewere, ens. Ons het geweet
dat dit ernstig was en dat ons almal sou sterf, maar dit was waaroor ons gegaan het.
Ons moes die prys betaal indien ons die voorlopers vir die bevryding van die swart
Amerikaners wou wees …
[Uit https://digital.wustl.edu/e/eii/eiiweb/bro5427.0311.022marc_record_interviewer_ process.html.
Toegang op 19 September 2020 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 14 DBE/2021
SS/NSS – Addendum
ERKENNINGS
Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:
Gleijeses, P. (2003) Conflicting Missions – Havana, Washington, Pretoria (Galago,
Kaapstad)
http://www.greenleft.otg.au/contest/angola-honours-cuba-crucial-contribution-freedom-
struggle
http://www.ibiblio.org/expo/soviet.exhibit/x2jfk.html
http://www.washingtonpost.com/news/retropolis/wp/2018/01/19/i-have-all-the-guns-
and-money-when-a-woman-led-the-black-panther-party/
https://digital.wustl.edu/e/eii/eiiweb/bro5427.0311.022marc_record_interviewer
process.html
https://narchives2.gwu.edu/NSAEBB/NSAEBB67
https://nsarchive2.gwu.edu/coldwar/interviews/episode-10/mcnamara2.html.
https://www.archives.gov/publications/prologue/2002/fall/cuban-missiles.html
https://www.bajanthings.com/operation-carlotta--cuba-secret-flights-to-angola-via-
barbados
https://www.spartacus-education.com.
https://images.app.goo.gl/e5u154rjea2JPqEZ6
https://repeatingislands.com/2015/11/03/cubanangola40-rethinking-the-1975-african-
cuban-war/
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Addendum
History Grade 12 Paper 2 NSC June 2021 Addendum (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2021 Addendum

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 Addendum (Eng)

Addendum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2022 Addendum (English)

Addendum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2017 Addendum (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 Memo (Afrikaans)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

Question paper