Downloaded from hlayiso.com
SENIOR CERTIFICATE EXAMINATION
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
GESKIEDENIS V2
2021
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2021 papers 

%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--9c825710-3cb6-41a5-83f1-ec4a4f9c153e/v1-42f62c7d1fe7c7105c27/card.webp)



View all





History Grade 12 P1 NSC June 2021 Question Paper (Afrikaans)
Grade 12 History Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2021 (Afrikaans), 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
History · Grade 12 · NSC June Exam · 2021. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2021
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 324.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 2 DBE/2021
SS/NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: DIE KOUE OORLOG: INSLUITING EN WAAGMANSKAP: DIE
KUBAANSE MISSIELKRISIS
VRAAG 2: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA
VRAAG 3: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: DIE
SWARTMAGBEWEGING
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: GEVALLESTUDIE – CHINA
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE –
DIE KONGO EN TANZANIË
VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: DIE
BURGERREGTEBEWEGING
2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
word.
3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.
4. Beantwoord DRIE vrae soos volg:
4.1 Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN
moet 'n opstelvraag wees.
4.2 Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag wees.
5. Jy word aangeraai om EEN uur per vraag te bestee.
6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
gebruik.
7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 3 DBE/2021
SS/NSS
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die
ADDENDUM gevind word.
VRAAG 1: HOE HET DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA IN 1962 OP DIE
ONTPLOOIING VAN SOWJETMISSIELE NA KUBA GEREAGEER?
Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Lees Bron 1A.
1.1.1 Waarom, volgens die bron, het die Amerikaanse intelligensie-
gemeenskap oor die gebeure in Kuba agterdogtig geraak? (1 x 2) (2)
1.1.2 Noem die TWEE stappe in die bron wat die Amerikaanse regering
gedoen het om te kyk wat besig was om in Kuba plaas te vind. (2 x 1) (2)
1.1.3 Haal TWEE bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat die Sowjetunie
Kuba militêr bygestaan het. (2 x 1) (2)
1.1.4 Verduidelik wat Kennedy geïmpliseer het met die stelling, 'hierdie land
doen wat ook al gedoen moet word om sy eie veiligheid en dié van sy
bondgenote te beskerm', in die konteks van die ontplooiing van
Sowjet- missiele na Kuba. (2 x 2) (4)
1.1.5 Lewer kommentaar op waarom Khrushchev voortgegaan het om
missiele na Kuba te ontplooi ten spyte van Kennedy se waarskuwing.
(2 x 2) (4)
1.2 Gebruik Bron 1B.
1.2.1 Verduidelik die konsep kwarantyn in die konteks van die Kubaanse
Missielkrisis. (1 x 2) (2)
1.2.2 Waarom, volgens die bron, het ExComm dit nodig gevind om die
Sowjetunie onder druk te plaas om die missiele uit Kuba te verwyder?
(2 x 1) (2)
1.2.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
waarom Robert McNamara en President Kennedy vasbeslote was om
'n militêre konfrontasie met die Sowjetunie te vermy. (2 x 2) (4)
1.3 Bestudeer Bron 1C.
1.3.1 Verduidelik die boodskappe wat in die foto oorgedra word. Gebruik die
leidrade in die bron om jou antwoord te ondersteun. (2 x 2) (4)
1.3.2 Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van hierdie bron vir 'n
geskiedkundige wat die Kubaanse Missielkrisis navors. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 4 DBE/2021
SS/NSS
1.4 Raadpleeg Bron 1D.
1.4.1 Hoe, volgens die bron, het Khrushchev verwys na die kwarantyn wat
die VSA op Sowjet-skepe ingestel het? (1 x 2) (2)
1.4.2 Kies TWEE bewyse in die bron wat aandui dat President Khrushchev
nie met die kwarantyn wat die VSA wou instel, saamgestem het nie.
(2 x 1) (2)
1.4.3 Verduidelik wat jy dink Khrushchev geïmpliseer het met die stelling,
'ons (sal) nie blote waarnemers van seerowery deur Amerikaanse
skepe in die oop see wees nie', in die konteks van die Kubaanse
Missielkrisis. (2 x 2) (4)
1.5 Verwys na Bron 1B en 1D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1B van die
bewyse in Bron 1D verskil met betrekking tot die VSA se besluit om 'n
kwarantyn op Sowjet-skepe in te stel wat Kuba wou binnevaar. (2 x 2) (4)
1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
'n paragraaf van omtrent AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik
hoe die Verenigde State van Amerika in 1962 op die ontplooiing van Sowjet-
missiele na Kuba gereageer het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 5 DBE/2021
SS/NSS
VRAAG 2: HOE HET KUBA DIE POPULAR MOVEMENT FOR THE LIBERATION
OF ANGOLA (MPLA) GEDURENDE DIE ANGOLESE
BURGEROORLOG VAN 1975 ONDERSTEUN?
Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.
2.1 Bestudeer Bron 2A.
2.1.1 Waarom, volgens die bron, wou Losada Angola 'binnegaan'? (1 x 2) (2)
2.1.2 Noem die TWEE versoeke wat die MPLA in Mei 1975 aan Kuba gerig
het, soos in die bron aangehaal. (2 x 1) (2)
2.1.3 Verduidelik waarom dit vir die Kubane nodig was om die terrein in
Angola te leer ken. (2 x 2) (4)
2.1.4 Lewer kommentaar op die mate waartoe 'n geskiedkundige hierdie
bron as betroubaar sou beskou wanneer die redes vir Kuba se
betrokkenheid in Angola nagevors word. (2 x 2) (4)
2.2 Gebruik Bron 2B.
2.2.1 Identifiseer, in die bron, TWEE aspekte van die opleidingsprogram wat
Kuba vir Neto aangebied het. (2 x 1) (2)
2.2.2 Noem die TWEE Kubaanse bevelvoerders in die bron wat vir die
algehele operasie in Angola verantwoordelik was. (2 x 1) (2)
2.2.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
waarom Kuba in 1975 besluit het om nog soldate na Cabinda te
ontplooi. (2 x 2) (4)
2.3 Verwys na Bron 2A en 2B. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 2B die inligting in
Bron 2A ondersteun met betrekking tot Kuba se betrokkenheid in die Angolese
Burgeroorlog. (2 x 2) (4)
2.4 Lees Bron 2C.
2.4.1 Verduidelik die konsep onafhanklikheid in die konteks van Angola.
(1 x 2) (2)
2.4.2 Waarom, volgens die bron, is 'Operasie Carlota' van stapel gestuur?
(1 x 2) (2)
2.4.3 Verduidelik waarom lede van die spesiale bataljon 'in somersklere
sonder militêre kentekens (wapens) geklee' was en 'aktetasse en
gewone paspoorte gedra' het.
(2 x 2) (4)
2.4.4 Identifiseer TWEE militêre items in die bron wat die spesiale bataljon in
die vragruim van die vliegtuig gestoor het. (2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 6 DBE/2021
SS/NSS
2.5 Raadpleeg Bron 2D.
2.5.1 Verduidelik waarom hierdie foto geneem is. (2 x 2) (4)
2.5.2 Lewer kommentaar op die belangrikheid van Agostinho Neto en
Fidel Castro op die agtergrond van die foto. (2 x 2) (4)
2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
'n paragraaf van omtrent AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik
hoe Kuba die Popular Movement for the Liberation of Angola (MPLA) gedurende
die Angolese Burgeroorlog van 1975 ondersteun het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 7 DBE/2021
SS/NSS
VRAAG 3: WATTER ROL HET ELAINE BROWN GEDURENDE DIE 1960's EN
1970's IN DIE BLACK PANTHER-PARTY GESPEEL?
Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.
3.1 Lees Bron 3A.
3.1.1 Wat, volgens die bron, het Elaine Brown se politieke opvoeding
beïnvloed? (2 x 1) (2)
3.1.2 Haal TWEE rolle uit die bron aan wat Elaine Brown in die Black
Panther-Party gespeel het. (2 x 1) (2)
3.1.3 Verduidelik waarom Elaine Brown se aanstelling as die eerste vroulike
lid van die Black Panther se Sentrale Komitee belangrik was. (1 x 2) (2)
3.1.4 Waarom, volgens die bron, het Elaine Brown die leier van die Black
Panther-party geword? (1 x 2) (2)
3.2 Raadpleeg Bron 3B.
3.2.1 Haal TWEE sinne uit die bron aan wat daarop dui dat Elaine Brown
haar plek in swart Amerikaanse geskiedenis ingeneem het. (2 x 1) (2)
3.2.2 Verduidelik tot watter mate geskiedkundiges Elaine Brown se leierskap
van die Black Panther-party as 'rewolusionêr' sal beskou. (2 x 2) (4)
3.2.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik wat
Elaine Brown met, 'ek sal nie toelaat dat my leierskap uitgedaag word
nie', in die konteks van die Black Panther-party, geïmpliseer het.
(2 x 2) (4)
3.3 Gebruik Bron 3C.
3.3.1 Lewer kommentaar op waarom hierdie foto geneem was. (2 x 2) (4)
3.3.2 Verduidelik die belangrikheid van die gebalde vuiste in die lug in die
foto. (1 x 2) (2)
3.4 Verwys na Bron 3B en 3C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3B die bewyse in
Bron 3C met betrekking tot Elaine Brown se leierskap van die Black Panther-
party ondersteun. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 8 DBE/2021
SS/NSS
3.5 Bestudeer Bron 3D.
3.5.1 Wat, volgens Elaine Brown, het 'dit beteken om 'n Black Panther te
wees'? (2 x 1) (2)
3.5.2 Identifiseer TWEE lede van die Black Panther-party in die bron wat in
1969 in Los Angeles vermoor is. (2 x 1) (2)
3.5.3 Definieer die konsep fascisme in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
3.5.4 Lewer kommentaar op wat Elaine Brown met die stelling, 'indien ons
die voorlopers vir die bevryding van die swart Amerikaners wou
wees …', geïmpliseer het. (2 x 2) (4)
3.5.5 Verduidelik die beperkinge van hierdie bron vir 'n geskiedkundige wat
die uitdagings wat die Black Panther-party in die 1960's en 1970's in
die gesig gestaar het, navors. (2 x 2) (4)
3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
'n paragraaf van omtrent AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die rol wat
Elaine Brown in die 1960's en 1970's in die Black Panther-party gespeel het,
verduidelik. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 9 DBE/2021
SS/NSS
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar NIE meer as TWEE vrae in hierdie afdeling
NIE.
Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.
VRAAG 4: GEVALLESTUDIE – CHINA
Verduidelik tot watter mate Mao Zedong se beleide van die Groot Sprong Vorentoe en
die Kulturele Rewolusie suksesvol was om tussen 1958 en 1969 die industriële en
landbouproduksie in die Volksrepubliek van China te verhoog.
Ondersteun jou argument met relevante bewyse. [50]
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE –
DIE KONGO EN TANZANIË
Mobuto Sese Seko (die Kongo) en Julius Nyerere (Tanzanië) het in die 1960's die
politieke en ekonomiese uitdagings oorkom wat hulle onderskeie lande na die
verkryging van onafhanklikheid van koloniale bewind in die gesig gestaar het.
Bespreek hierdie stelling krities. Ondersteun jou argument met relevante bewyse. [50]
VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
DIE BURGERREGTEBEWEGING
Amerikaanse burgerregte-aktiviste was suksesvol met die gebruik van verskillende
vorme van protesaksie om diskriminasie in die 1960's in die Verenigde State van
Amerika te beëindig.
Stem jy met die stelling saam? Ondersteun jou argument met relevante bewyse. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP (Eng)

Question paper
History Grade 12 P1 EC June 2021 Question Paper (English)
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--9c825710-3cb6-41a5-83f1-ec4a4f9c153e/v1-42f62c7d1fe7c7105c27/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2021 Question Paper (Afr)

Question paper
History Grade 12 P1 NSC June 2022 Question Paper (Afrikaans)

Question paper
History Grade 12 P1 NSC June 2015 Question Paper (English)

Addendum
History Grade 12 Paper 2 NSC June 2021 Addendum (Afrikaans)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum