Skip to content

History Grade 12 P1 NSC June 2022 Question Paper (Afrikaans)

Question paperHistoryGrade 1220229 pages

Grade 12 History Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN GESKIEDENIS V1 2022 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 2 DBE/2022 SS/NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is. AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: DIE KOUE OORLOG: DIE OORSPRONG VAN DIE KOUE OORLOG VRAAG 2: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA VRAAG 3: BURGERLIKE VERSET VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970s: DIE AMERIKAANSE BURGERREGTEBEWEGING AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: DIE UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE – VIËTNAM VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – DIE KONGO VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: DIE SWARTMAGBEWEGING 2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word. 3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae. 4. Beantwoord DRIE vrae soos volg: 4.1 Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN moet 'n opstelvraag wees. 4.2 Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag wees. 5. Jy word aangeraai om EEN uur per vraag te bestee. 6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig gebruik. 7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde. 8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 3 DBE/2022 SS/NSS AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word. VRAAG 1: HOE HET DIE MARSHALL-PLAN GEPOOG OM DIE EUROPESE EKONOMIE NA DIE VERWOESTING VAN DIE TWEEDE WÊRELDOORLOG TE HERSTEL? Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg. 1.1 Verwys na Bron 1A. 1.1.1 Haal TWEE bewyse uit die bron aan wat aanvoer dat toestande in Europa in 1947 haglik was. (2 x 1) (2) 1.1.2 Noem enige TWEE tipes swaarkry in die bron waarvoor die Europese publiek te staan gekom het as gevolg van die verwoesting wat deur die Tweede Wêreldoorlog veroorsaak is. (2 x 1) (2) 1.1.3 Definieer die konsep kommunisme in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 1.1.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik hoe die groeiende bedreiging van kommunisme die VSA sou beïnvloed. (2 x 2) (4) 1.2 Lees Bron 1B. 1.2.1 Identifiseer TWEE basiese doelstellings van die Marshall-plan wat in die bron genoem word. (2 x 1) (2) 1.2.2 Verduidelik die term individuele vryheid in die konteks van die Marshall-plan. (1 x 2) (2) 1.2.3 Volgens die bron, noem enige TWEE doelstellings wat die Marshall-plan gepoog het om te implementeer om Europa te herbou. (2 x 1) (2) 1.2.4 Noem enige TWEE areas in die bron waaraan die raadgewende groepe gewerk het om toestande in Europa te verbeter. (2 x 1) (2) 1.2.5 In die konteks van hulp wat deur die VSA verskaf is, lewer kommentaar op die volgende stelling: 'Amerika het voortdurend druk op hulle (Europese nasies) geplaas om tot 'n vergelyk te kom en om "gesamentlik die hulp te gebruik" om Europa as 'n geheel te herbou.' (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 4 DBE/2022 SS/NSS 1.3 Bestudeer Bron 1C. 1.3.1 Verduidelik die boodskappe wat in die spotprent oorgedra word oor die toestand waarin Europa homself na die Tweede Wêreldoorlog bevind het. (2 x 2) (4) 1.3.2 Wat, dink jy, is die implikasie van die byskrif, 'Die Pad Terug', in die konteks van die herstel van die Europese ekonomie na die Tweede Wêreldoorlog? (1 x 2) (2) 1.4 Gebruik Bron 1D. 1.4.1 Haal TWEE bewyse uit die bron aan wat aanvoer dat die Marshall- plan die Verenigde Nasies ondermyn (uitgedaag) het. (2 x 1) (2) 1.4.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewer kommentaar op waarom Vyshinsky die implementering van die Marshall-plan in Europa as inmenging in die internasionale sake van Europese lande beskou het. (2 x 2) (4) 1.4.3 Verduidelik die beperkinge van hierdie bron vir 'n geskiedkundige wat die doelstellings van die Marshall-plan navors. (2 x 2) (4) 1.5 Bestudeer Bron 1B en 1D. Verduidelik hoe Bron 1D van Bron 1B verskil oor die bystand wat aan Europa deur die Amerikaanse regering, deur middel van die Marshall-plan, verleen is. (2 x 2) (4) 1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik hoe die Marshall-plan gepoog het om die Europese ekonomie na die verwoesting van die Tweede Wêreldoorlog te herstel. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 5 DBE/2022 SS/NSS VRAAG 2: HOE HET BUITELANDSE MOONDHEDE VANAF 1974 BY DIE ANGOLESE BURGEROORLOG BETROKKE GERAAK? Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg. 2.1 Gebruik Bron 2A. 2.1.1 Watter gebeurtenis, volgens die bron, het in 1974 tot die beëindiging van kolonialisme in Angola gelei? (1 x 2) (2) 2.1.2 Verduidelik die konsep kolonialisme in die konteks van die beheer van Angola in 1974. (1 x 2) (2) 2.1.3 Noem enige TWEE doelstellings van die Alvor Ooreenkoms soos in die bron genoem. (2 x 1) (2) 2.1.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewer kommentaar op waarom die drie bevrydingsbewegings nie daarin geslaag het om die Alvor Ooreenkoms te eerbiedig nie. (2 x 2) (4) 2.2 Raadpleeg Bron 2B. 2.2.1 Verduidelik waarom jy dink hierdie historiese foto geneem is. (2 x 2) (4) 2.2.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik die omstandighede wat tot die ondertekening van die Alvor Ooreenkoms in 1975 in Portugal gelei het. (1 x 2) (2) 2.3 Verwys na Bron 2A en 2B. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 2B die inligting in Bron 2A oor die ondertekening van die Alvor Ooreenkoms deur die drie bevrydingsbewegings ondersteun. (2 x 2) (4) 2.4 Lees Bron 2C. 2.4.1 Hoe, volgens die bron, het Kuba die MPLA ondersteun? (2 x 1) (2) 2.4.2 Haal TWEE bewyse uit die bron aan wat op die Sowjetunie se betrokkenheid by die Angolese Burgeroorlog dui. (2 x 1) (2) 2.4.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewer kommentaar op die impak van die betrokkenheid van Kuba en die Sowjetunie by die Angolese Burgeroorlog. (2 x 2) (4) 2.4.4 Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir 'n student wat die betrokkenheid van Kuba en die Sowjetunie by die Angolese Burgeroorlog in 1975 navors. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 6 DBE/2022 SS/NSS 2.5 Bestudeer Bron 2D. 2.5.1 Gee enige TWEE redes in die bron waarom Suid-Afrikaners by die Angolese Burgeroorlog betrokke geraak het. (2 x 1) (2) 2.5.2 Noem TWEE bevrydingsbewegings in die bron wat Suid-Afrika besluit het om gedurende die Angolese Burgeroorlog van 1975 te ondersteun. (2 x 1) (2) 2.5.3 Waarom, dink jy, het Suid-Afrikaners hulle inval van Angola as 'n huursoldaatoperasie probeer vermom (wegsteek)? (2 x 2) (4) 2.5.4 Definieer die term onafhanklikheid in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik hoe vreemde moondhede vanaf 1974 by die Angolese Burgeroorlog betrokke geraak het. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 7 DBE/2022 SS/NSS VRAAG 3: WATTER UITDAGINGS HET SITSTAKINGBETOGERS TEENGEKOM IN HULLE POGINGS OM OPENBARE GERIEWE GEDURENDE DIE 1960's IN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA) TE DESEGREGEER? Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg. 3.1 Gebruik Bron 3A. 3.1.1 Wat, volgens die bron, was die teiken van die Nashville-sitstaking- veldtog gedurende die 1960's? (1 x 2) (2) 3.1.2 Definieer die term segregasie in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 3.1.3 Identifiseer TWEE studenteliggame in die bron wat die Nashville- sitstakingbetogings in die 1960's gekoördineer het. (2 x 1) (2) 3.1.4 Verduidelik of jy met die winkeleienaars se bewering (standpunt) saamstem dat dit hulle 'morele reg' was om te bepaal wie hulle sou, of nie sou bedien nie. (2 x 2) (4) 3.2 Bestudeer Bron 3B. 3.2.1 Waarom, dink jy, het hierdie foto op 20 Februarie 1960 hoofnuus in die Tennessean Newspaper geword? (2 x 2) (4) 3.2.2 Lewer kommentaar op die belangrikheid van die woorde: 'FOUNTAIN IN BELANG VAN OPENBARE VEILIGHEID GESLUIT', in die konteks van segregasie gedurende die 1960's in die VSA. (1 x 2) (2) 3.3 Lees Bron 3C. 3.3.1 Noem TWEE nie-gewelddadige wyses, wat in die bron genoem word, waarop Nashville-eienaars op die sitstakings in hul winkels gereageer het. (2 x 1) (2) 3.3.2 Waarom, dink jy, het die polisie slegs diegene wat by die middagetetoonbank-sitstakings betrokke was, en nie die wit oortreders van geweld nie, in hegtenis geneem? (2 x 2) (4) 3.3.3 Identifiseer TWEE tipes straf in die bron wat die regter aan diegene wat by die sitstakings by middagetetoonbanke betrokke was, opgelê het. (2 x 1) (2) 3.4 Verwys na Bron 3B en 3C. Verduidelik hoe hierdie bronne mekaar ondersteun oor die reaksie van wittes op die sitstakings wat gedurende die 1960's deur swart Amerikaners in Nashville, Tennessee, gehou is. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 8 DBE/2022 SS/NSS 3.5 Raadpleeg Bron 3D. 3.5.1 Identifiseer die beginsel, volgens President JF Kennedy, waarop die Amerikaanse nasie gestig is. (1 x 2) (2) 3.5.2 Noem enige TWEE openbare geriewe (plekke) in die bron waar Kennedy geglo het dat alle Amerikaners, van enige kleur, gelyke behandeling moes ontvang. (2 x 1) (2) 3.5.3 Verduidelik die term gelyke regte in die konteks van President Kennedy se toespraak. (1 x 2) (2) 3.5.4 Waarom, dink jy, het President JF Kennedy daarop aangedring dat alle Amerikaners, ongeag kleur, gelyke behandeling moes ontvang? (2 x 2) (4) 3.5.5 Lewer kommentaar op die betroubaarheid van hierdie bron vir 'n geskiedkundige wat die impak van sitstakingveldtogte gedurende die 1960's in die Verenigde State van Amerika bestudeer. (2 x 2) (4) 3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) en verduidelik die uitdagings wat sitstakingbetogers teengekom het in hul pogings om openbare geriewe gedurende die 1960's in die Verenigde State van Amerika te desegregeer. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 9 DBE/2022 SS/NSS AFDELING B: OPSTELVRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar NIE meer as TWEE vrae in hierdie afdeling NIE. Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees. VRAAG 4: DIE UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE – VIËTNAM Die militêre taktieke en strategieë wat die Verenigde State van Amerika gedurende die Viëtnam-oorlog (1960–1970's) teen die Viëtkong gebruik het, het nie daarin geslaag om te voorkom dat Viëtnam 'n kommunistiese staat word nie. Stem jy met die stelling saam? Gebruik relevante bewyse om jou argument te ondersteun. [50] VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – DIE KONGO Mobutu Sese Seko het goeie leierskapseienskappe getoon na verkryging van onafhanklikheid van koloniale beheer gedurende die 1960's. Bespreek hierdie stelling krities met verwysing na die politieke, ekonomiese, maatskaplike en kulturele beleide van die Kongo vanaf die 1960's tot die 1970's. [50] VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: DIE SWARTMAGBEWEGING Verduidelik tot watter mate die Swartmagfilosofie suksesvol was om swart Amerikaners te organiseer om gedurende die 1960's diskriminasie en segregasie in die Verenigde State van Amerika teen te staan. Gebruik relevante bewyse om jou argument te ondersteun. [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 History

View all