Skip to content

History Grade 12 Paper 1 NSC June 2022 Addendum (Afrikaans)

AddendumHistoryGrade 12202214 pages

Grade 12 History Paper 1 addendum from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN GESKIEDENIS V1 2022 ADDENDUM Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 2 DBE/2022 SS/NSS – Addendum VRAAG 1: HOE HET DIE MARSHALL-PLAN GEPOOG OM DIE EUROPESE EKONOMIE NA DIE VERWOESTING VAN DIE TWEEDE WÊRELDOORLOG TE HERSTEL? BRON 1A Die bron hieronder verduidelik die toestande wat in 1947 in Europa geheers het as gevolg van die verwoesting wat deur die Tweede Wêreldoorlog veroorsaak is. Die toestand in Europa in 1947, soos deur die destydse Minister van Buitelandse Sake, Marshall, en ander Amerikaanse amptenare beskryf, was betreurenswaardig (haglik). Alhoewel industriële produksie in baie gevalle tot vooroorlogse vlakke herstel het, het dit voorgekom asof die algemene ekonomiese situasie besig was om agteruit te gaan. Die herstel tot op daardie tydstip is deur die vermindering van plaaslike aandele en buitelandse beleggings gefinansier. Kapitaal was toenemend onbeskikbaar vir investering/belegging. Handel tussen Europese nasies was stagnant (stil). Nadat die Europese publiek reeds jarelange voedseltekorte, werkloosheid en ander teenspoed wat met die oorlog en herstel geassosieer is, verduur het, is hulle nou met verdere swaarkry gekonfronteer. Vir baie waarnemers was dit asof die afnemende ekonomiese toestande pessimisme (onsekerheid) oor Europa se toekoms veroorsaak het wat klasseverdeeldheid en politieke onstabiliteit aangevuur het. Kommunistiese partye wat alreeds groot was in belangrike lande, soos Italië en Frankryk, het gedreig om mag oor te neem. Die potensiële impak op Amerika was meervoudig. Byvoorbeeld, 'n einde aan Europese groei sou die vooruitsig van enige handel met die kontinent blokkeer. Inteendeel, een van die simptome van Europa se toestand was die massiewe dollar- tekort wat hulle onvermoë aangedui het om vir hulle invoere vanaf Amerika te betaal. Die hoofbekommernis vir Amerika was egter moontlik die groeiende bedreiging van kommunisme. [Uit The Marshall Plan: Origins and Implementation deur WF jr. Sanford] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 3 DBE/2022 SS/NSS – Addendum BRON 1B Die bron hieronder beklemtoon die ekonomiese strategieë en hervormings wat die Marshall-plan gepoog het om vanaf 1947 met die heropbou van die Wes-Europese ekonomie te implementeer. Volgens die Economic Cooperation Act (ECA) (Wet op Ekonomiese Bystand) was die basiese doel van die Marshall-plan om 'individuele vryheid, vrye instansies en ware onafhanklikheid' te verseker deur 'goeie ekonomiese toestande' te herstel. Die Marshall-plan het tussen 1948 en 1951 gepoog om verskeie ekonomiese strategieë en hervormings te implementeer om Wes-Europa te herbou. Dit het gepoog om:  Aan die onmiddellike behoefte aan voedsel, medisyne en behuising te voldoen  Industriële en landbouproduksie te verhoog deur vinnig fabrieke, spoorweë, brûe, ens. te herbou  Inflasie teen te staan en om finansiële stabiliteit te vestig  'n Gemeenskaplike mark vry van nasionale handelsbeperkinge te skep Sommige van die hulp van die Marshall-plan het in die vorm van tegniese bystand gekom. Die Amerikaanse Ekonomiese Bystandsadministrasie het vir tegniese hulp en raadgewers van Amerikaanse besighede, banke, plaasorganisasies en werkersunies gereël. Raadgewende groepe het daaraan gewerk om Europese produksie, besigheidsorganisasie en arbeid-bestuursverhoudings te verbeter. Die meeste bystand het as kontantskenkings of lenings ($11,8 miljard) gekom. Die Europeërs het hierdie geld gebruik om noodsaaklike goedere soos koring en olie te koop en om fabrieke en behuising te herbou. Die Europeërs het besluit hoe om die Amerikaanse hulp tussen die 16 nasies te verdeel. Hulle het soms verskil oor hoeveel elkeen moes kry. Amerika het voortdurend druk op hulle (Europese nasies) geplaas om tot 'n vergelyk te kom en om 'gesamentlik die hulp te gebruik' om Europa as 'n geheel te herbou. [Uit https://www.crf-usa.org. Toegang op 1 Junie 2021 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 4 DBE/2022 SS/NSS – Addendum BRON 1C Die spotprent hieronder, met die titel 'Die Pad Terug', is in 1947 deur Daniel Fitzpatrick geteken en in die St Louis Post-Dispatch gepubliseer. Dit beeld die Marshall-plan uit wat aan Europa gebied is. [Uit St Louis Post-Dispatch, 20 Julie 1947] DIE PAD TERUG [Uit St Louis Post-Dispatch, 20 Julie 1947] MARSHALL-PLAN VERWOESTING IN EUROPA EUROPA DIE PAD TERUG Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 5 DBE/2022 SS/NSS – Addendum BRON 1D Die bron hieronder is 'n uittreksel uit 'n toespraak wat op 18 September 1947 deur die Sowjet Minister van Buitelandse Sake, Andrei Vyshinsky, by die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies gelewer is. Die beklemtoon die Sowjetunie se siening van die voornemens van die Marshall-plan. Die sogenaamde Marshall-plan is 'n besonder ooglopende (duidelike) voorbeeld van die manier waarop die beginsels van die Verenigde Nasies geskend word, van die manier waarop die organisasie geïgnoreer word. Amerika het beweeg na 'n direkte verwerping van die beginsels van internasionale samewerking (vennootskap) en besorgde aksie deur die groot magte en na pogings om hulle wil op die ander onafhanklike state af te druk, terwyl hulle terselfdertyd ooglopend die ekonomiese hulpbronne, wat as verligting aan individuele behoeftige lande versprei word, as 'n instrument van politieke druk gebruik … Amerika het ook daarop gereken om al hierdie lande direk afhanklik te maak van die belange van Amerikaanse monopolieë wat daarna streef om die komende depressie te keer deur 'n versnelde uitvoer van kommoditeite en kapitaal na Europa. Dit raak al hoe duideliker vir almal dat die implementering van die Marshall-plan sal beteken dat Europese lande onder die ekonomiese en politieke beheer van Amerika geplaas sal word en dat laasgenoemde direk in die internasionale aangeleenthede van hierdie lande sal inmeng. Hierdie plan is voorts 'n poging om Europa in twee kampe te verdeel en, met die hulp van die Verenigde Koninkryk en Frankryk, 'n blok van verskeie Europese lande wat vyandig is teenoor die belange van die demokratiese lande van Oos-Europa, meer spesifiek teenoor die belange van die Sowjetunie, te vorm. [Uit http.//www.slantchev.ucsd.edu/courses/nss/documents/vyshinsky-criticism-of-truman doctrine.html. Toegang op 8 Junie 2021 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 6 DBE/2022 SS/NSS – Addendum VRAAG 2: HOE HET BUITELANDSE MOONDHEDE VANAF 1974 BY DIE ANGOLESE BURGEROORLOG BETROKKE GERAAK? BRON 2A Die bron hieronder, deur FA Guimaraes geskryf, beskryf in breë trekke hoe die val van 'n outoritêre regering in Portugal tot die beëindiging van kolonialisme in Angola gelei het en in 1975 tot 'n magstryd tussen drie bevrydingsbewegings gelei het. Die omverwerping van die outoritêre regime in Portugal op 25 April 1974 was die begin van die einde van kolonialisme in Angola. Meer as tien jaar se anti-koloniale oorlogvoering teen die Portugese het nie vir Angola onafhanklikheid gebring nie ... Die drie bewegings het op 15 Januarie 1975, in Alvor in suid-Portugal, 'n onafhanklikheidsooreenkoms met Portugal onderteken wat vrede en 'n werkbare politieke toekoms vir Angola belowe het. Die Alvor Ooreenkoms het 'n oorgangsregering bemagtig (in staat gestel) om Angola vanaf 31 Januarie 1975 te bestuur tot en met die verkiesings wat later daardie jaar gehou sou word om 'n nuwe regering te bepaal. Die nuwe mag (regering) sou dan op 11 November 1975 die formele oordrag van mag vanaf die Portugese aanvaar. Die oorgangsregering het bestaan uit 'n troika (drietal) van presidentskap van die drie bewegings, 'n verdedigingsraad en 'n kabinet … Soos wat die jaar gevorder het, is die kortstondige ooreenkoms tussen die mededingende bewegings deur sporadiese gevegte beëindig. Die Popular Movement for the Liberation of Angola (MPLA) was die beweging wat die meeste voordeel uit hierdie chaos getrek het. Portugal was veronderstel om gedurende die oorgangsperiode neutraal te wees ... maar die oorweldigende indruk was egter dat die Portugese administrasie bevooroordeeld (onregverdig) was en die MPLA ten koste van die ander bewegings gesteun het. Toe die Portugese vlag op 10 November 1975 vir die laaste keer oor Angola gestryk is, het die Hoë Kommissaris soewereiniteit (beheer) aan alle Angolese oorgedra en nie net aan een spesifieke beweging nie. Die mededinging om oorheersing (dominansie) tussen hulle het nou as 'n prioriteit te voorskyn gekom … Die bewegings het nou uitsluitlik bystand gesoek om hulle posisies teenoor mekaar te versterk. Die April- staatsgreep (omverwerping van die regering) in Lissabon … het die politieke magstryd tussen die Angolese bewegings geopenbaar. [Uit The Origins of the Angolan Civil War deur FA Guimaraes] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 7 DBE/2022 SS/NSS – Addendum BRON 2B Die foto hieronder is tydens die Alvor Ooreenkoms geneem wat op 15 Januarie 1975 in Alvor, Portugal, plaasgevind het. Voor is die Portugese Minister, Almeida Santos, links van hom is Aghostino Neto, dan 'n Portugese amptenaar gevolg deur Holden Roberto, gevolg deur 'n Portugese amptenaar, Soares, en langs hom Jonas Savimbi. [Uit Accoord verluiert tegenstellingen, Angolan Bulletin, Vol. 13, Nr. 2, deur Angola Comitè] [Uit Accoord verluiert tegenstellingen, Angola Bulletin, Vol. 13, No. 2, deur Angola Comité] AGHOSTINO NETO (MPLA) JONAS SAVIMBI (UNITA) HOLDEN ROBERTO (FNLA) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 8 DBE/2022 SS/NSS – Addendum BRON 2C Die bron hieronder, deur J Marcum, verduidelik hoe Kuba en die Sowjetunie besluit het om die MPLA gedurende die Angolese Burgeroorlog van 1975 te ondersteun. ... die MPLA het Kubaanse ekwivalente van die Chinese, wat FNLA-magte opgelei het, gesoek. Daar is berig dat ongeveer 230 Kubaanse militêre raadgewers teen die laat lente van 1975 vier People's Armed Forces for the Liberation of Angola (FAPLA)- opleidingskampe opgestel en beman het. Namate gevegte in Junie en Julie verhewig (vererger) het, het die MPLA 'n beroep om nog hulp gedoen. In Augustus … nadat vasgestel is dat die Sowjette nie self troepe sou stuur nie uit vrees dat dit 'n Amerikaanse reaksie sou veroorsaak, het die MPLA 'n verdere 200 Kubaanse infanterie-instrukteurs in Luanda verwelkom. Kubaanse skepe het teen laat September en vroeg Oktober met swaar wapens en honderde soldate in Angolese hawens begin aankom … Deur die beeld (bedreiging) te skep van wit rassiste wat 'n oorwinning behaal, het Kuba en die Sowjetunie straffeloos (met gesag) beweeg om hulle voordeel uit te buit … Kuba het begin om op groot skaal gevegstroepe per lug vanaf Havana na Luanda te vervoer. Dit het as Operasie Carlotta bekend geword. Die Russe het groot Antonov-22-vragvliegtuie, wat wapens bevat het, direk na Luanda gevlieg en gehelp om duisende Kubaanse gevegstroepe in te vlieg om MPLA-rekrute in die gebruik van gesofistikeerde (moderne) Sowjet-wapentuig op te lei en om dit uiteindelik ook te beman. Dit het T54- en T34-tenks ingesluit. Nog meer indrukwekkend was die mobiele 122 mm-vuurpyllanseerders ('Stalin's Organs') wat deur Kubane hanteer is. Dit het die FNLA militêre front, wat met hulle opmars na Luanda vanaf die noorde besig was, met skreeuende geluide verskrik en gate in hulle geblaas. ... Die MPLA het teen vroeg Januarie die FNLA as 'n gevegsmag geëlimineer. Terwyl dit ineengestort het, het die FNLA-weermag geen hulp van die Zaïrese troepe ontvang nie. Kuba se ingryping het 'n besliste keerpunt in die burgeroorlog aangedui. Sowjet-waaghalsigheid (moed) het in die proses Sowjet-invloed regdeur rasverdeelde Suider-Afrika laat styg. [Uit The Angolan Revolution, Volume II, deur J Marcum] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 9 DBE/2022 SS/NSS – Addendum BRON 2D Die uittreksel hieronder, deur M Meredith, fokus op hoe Suid-Afrikaners by die Angolese Burgeroorlog in 1975 betrokke geraak het. … Die Suid-Afrikaners het hul eie ingryping van stapel gestuur ... In die geval van Angola het hulle Sowjet- en Kubaanse betrokkenheid beskou as deel van 'n kommunistiese plan om suidelike Afrika te domineer. Hulle het geglo dat Angola, onder die beskerming van 'n pro-kommunistiese regering in Luanda en met Sowjet- ondersteuning, waarskynlik 'n wegspringplek vir nasionalistiese guerrillas van die Suidwes-Afrikaanse-Volkorganisasie (SWAPO) was om Suidwes-Afrika (Namibië), wat onder Suid-Afrika se beheer was, aan te val. Wat die Suid-Afrikaners gehoop het om te vermag, was die instelling van 'n gematigde pro-Westerse regering in Luanda wat ontvanklik (oop) vir Suid-Afrikaanse belange sou wees. Die Angolese teater het Suid-Afrika ook die geleentheid gebied om sy waarde as 'n betroubare (lojale) anti-kommunistiese streeksmag aan die VSA te toon en om sy posisie by die Amerikaanse regering te versterk. By geheime vergaderings met Roberto (leier van die FNLA) en Savimbi (leier van UNITA) het Suid-Afrikaanse amptenare ooreengekom om die National Front for the Liberation of Angola (FNLA) en National Union for the Total Liberation of Angola (UNITA) met wapens en opleiding by te staan en om 'n inval vanaf Suidwes-Afrika, verbloem (weggesteek) as 'n huursoldaatoperasie (geld-gerig), van stapel te stuur. Savimbi het geen gewetensbesware (vrese) oor sy betrokkenheid by apartheid-Suid-Afrika gehad nie. 'n Suid-Afrikaanse afdeling (soldate), met die kodenaam 'Zulu', het op 14 Oktober 1974 die grens vanaf Suidwes-Afrika oorgesteek en vinnig teen die kus op gevorder. Hulle is op pad per lug bevoorraad en deur helikopters vergesel ... 'n Tweede Suid-Afrikaanse afdeling, met die kodenaam 'Foxbat', het by Savimbi se troepe by sy hoofkwartier in Huambo in sentraal-Afrika aangesluit en noordwaarts beweeg. Die Suid-Afrikaners het ook 'n noordelike mag van die FNLA en Zaïrese troepe, wat suidwaarts in die rigting van Luanda beweeg het, ondersteun. Die Suid- Afrikaners het deur aansporing van die CIA (Amerikaanse Intelligensiediens), ingestem om aan 'n gesamentlike operasie deel te neem wat op die verowering van Luanda vir die FNLA voor onafhanklikheidsdag op 11 November 1974 gemik was. [Uit The State Of Africa deur M Meredith] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 10 DBE/2022 SS/NSS – Addendum VRAAG 3: WATTER UITDAGINGS HET SITSTAKINGBETOGERS TEENGEKOM IN HULLE POGINGS OM OPENBARE GERIEWE GEDURENDE DIE 1960's IN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA) TE DESEGREGEER? BRON 3A Die bron hieronder fokus op sitstakings wat gedurende die 1960's in Nashville, Tennessee, plaasgevind het. Die Nashville-sitstakings was van die vroegste niegewelddadige direkte-aksie- veldtogte wat gedurende die 1960's Suidelike rassesegregasie geteiken het. Die doel van die sitstakings, wat vanaf 13 Februarie tot 10 Mei 1960 geduur het, was die desegregasie van die middestad-middagetetoonbanke in Nashville, Tennessee. Die betogings is deur die Nashville Student Movement (NSB) (Nasionale Studentebeweging) en die Nashville Christian Leaderhip Council (NCLC) gekoördineer en het hoofsaaklik uit studente van Fisk University, Baptist Theological Seminary en Tennessee State University bestaan. Diane Nash en John Lewis, wat albei studente by Fisk University was, het as die belangrikste leiers van die plaaslike beweging te voorskyn gekom. Op 13 Februarie 1960, twaalf dae nadat die sitstakings in Greensboro, Noord- Carolina, begin het, het Nashville-kollegestudente om 12:40 die Kress- (nou K-Mart), Woolworth- en McClellan-winkels binnegegaan. Nadat hulle inkopies gedoen is, het die studente by die middagetetoonbanke gaan sit. Winkeleienaars het aanvanklik geweier om die studente te bedien en die toonbanke toegemaak. Hulle het beweer dat dit hul 'morele reg' was om te bepaal wie hulle sou of nie sou bedien nie. Die studente het oor die volgende drie maande met die sitstakings voortgegaan en hulle teikens uitgebrei om middagetetoonbanke by die Greyhound- en Trailways- busterminusse, Grant's Variety Store, Walgreens Drugstore en groot Nashville- kettingwinkels, Cain-Sloan en Harvey, in te sluit. [Uit https://www.blackpast.org/african-american-history/nashville-sit-ins-1960. Toegang is op 3 Oktober 2021 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 11 DBE/2022 SS/NSS – Addendum BRON 3B Die foto hieronder is deur J Ellis geneem en op 20 Februarie 1960 in die Tennessean Newspaper gepubliseer. Die foto beeld swart Amerikaanse studente uit, onder andere, van links af, John Hardy en Curtis Murphy, wat 'n sitstaking by die Walgreens- kettingwinkel in Nashville, Tennessee, hou. Die 'gesluit'-teken is opgesit onmiddellik nadat hulle gepoog het om bedien te word. [Uit This Light of Ours: Activist Photographers of the Civil Rights Movement deur L Kelea] FOUNTAIN IN BELANG VAN OPENBARE VEILIGHEID GESLUIT Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 12 DBE/2022 SS/NSS – Addendum BRON 3C Die bron hieronder is deur J Hasday en verduidelik die reaksies van wit Amerikaners op die sitstakings deur swart Amerikaners op 27 Februarie 1960 in Nashville, Tennessee. Aanvanklik was reaksies op die sitstakings nie gewelddadig nie. Winkeleienaars het in sommige gevalle borde gehang wat aandui: 'Gesluit – In Belang van Openbare Veiligheid' of 'Geen Oortreding Nie – Reg Voorbehou om die Publiek Na Goeddunke te Bedien'. Die stakings het egter op 27 Februarie 1960 'n gewelddadige wending geneem. Gedurende 'n sitstaking by die middagetetoonbank in die restaurant van 'n kettingwinkel in Nashville, Tennessee, is dosyne swart studente deur 'n groep wit tieners aangeval. Verskeie van die swart studente is van die toonbankstoele afgetrek en geslaan. Toe die polisie daar aankom, is nie 'n enkele oortreder in hegtenis geneem nie. Hulle het, inteendeel, ongeveer 81 van die swartes in die restaurant aangekeer en tronk toe gesleep. Een van diegene wat in hegtenis geneem is, was Fisk University-student, Diane Nash, organiseerder van die Nashville Student Movement. Nash het met die beskrywing van die toneel daardie dag gesê: 'Die polisie het gesê: "Goed, al julle *nigras, staan op by die middagetetoonbanke of ons gaan julle in hegtenis neem." [Toe] sê hulle: "Almal gaan in hegtenis geneem word." Ons het almal dus opgestaan en na die polisievangwa gestap. Hulle het toe omgedraai en weer na die middagetetoonbank gekyk, en 'n tweede vlaag studente het al die sitplekke ingeneem ... toe 'n derde vlaag. Dit maak nie saak wat hulle gedoen het en hoeveel hulle in hegtenis geneem het nie, daar was steeds 'n middagetetoonbank vol studente daar.' Z Alexander Looby, 'n swart respekteerde advokaat in Nashville, het ingestem om diegene wat in hegtenis geneem is, te verteenwoordig. Dit het min gebaat, want die regter in die saak het Looby geïgnoreer terwyl hy namens sy kliënte gepraat het. Hy het die studente skuldig bevind en hulle is elk met $150 (dollar), plus hofkoste, beboet. Die skuldigbevindings het egter niks gedoen om die momentum van die sitstakings te stop nie. [Uit Milestones in American History deur J Hasday] *Neerhalende woord vir swart Amerikaners Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 13 DBE/2022 SS/NSS – Addendum BRON 3D Die bron hieronder is deel van die toespraak wat op 11 Junie 1963 deur JF Kennedy, president van die VSA, gelewer is. Dit beklemtoon hoe President Kennedy alle openbare geriewe wou desegregeer. (Die bron is vir duidelikheid oorgetik.) 11 JUNIE 1963 VIR ONMIDDELLIKE VRYSTELLING KANTOOR VAN DIE WITHUIS-MEDIASEKRETARIS DIE WITHUIS AANMERKINGS VAN DIE PRESIDENT OP LANDSWYE RADIO EN TELEVISIE GOEIENAAND, MEDE-AMERIKANERS Ek hoop dat elke Amerikaner, ongeag waar hy woon, sal stilstaan en sy gewete hieroor en ander verwante insidente sal ondersoek. Hierdie Nasie is deur mense uit baie nasies en agtergronde gestig. Dit is gestig volgens die beginsel dat alle mense gelyk geskape is, en dat die regte van elke mens ingekort word wanneer die regte van een mens bedreig word. Dit behoort vir Amerikaanse verbruikers van enige kleur moontlik te wees om gelyke dienslewering by openbare plekke, soos hotelle en restaurante en teaters en kettingwinkels, te ontvang sonder om gedwing te word om hulle toevlug tot betogings in die straat te neem, en dit behoort vir Amerikaanse burgers van enige kleur moontlik te wees om vir vrye verkiesings te registreer en daarin te stem sonder hindernis of vrees vir wraak (vergelding) ... Die kern van die vraag is of daar aan alle Amerikaners gelyke regte en gelyke geleenthede toegestaan moet word, of ons ons mede-Amerikaners gaan behandel soos ons behandel wil word. Indien 'n Amerikaner, omdat sy velkleur donker is, nie middagete in 'n restaurant wat vir die publiek oop is, kan eet nie ... kortweg as hy nie die vol en vry lewe wat ons almal wil hê, kan geniet nie, wie van ons sal dan tevrede wees om die kleur van sy vel te verander en in sy plek te staan? Daarom versoek ek die Kongres om wetgewing te aanvaar wat alle Amerikaners die reg gee om in geriewe wat vir die publiek oop is – hotelle, restaurante, teaters, kettingwinkels en soortgelyke besighede – bedien te word … [Uit Public Papers of the Presidents of the United States: John F Kennedy, 1963, Item 237] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 14 DBE/2022 SS/NSS – Addendum ERKENNINGS Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem: Angola Comitè, Februarie 1975. Accoord verluiert tegenstellingen, Angolan Bulletin, Vol. 13, Nr. 2 Guimaraes, FA. 1998. The Origins of the Angolan Civil War (Palgrave, New York) Hasday, J. 2007. Milestones in American History, The Civil Rights Act of 1964: An End to Racial Segregation (New York Publishers, New York) http.//www.slantchev.ucsd.edu/courses/nss/documents/vyshinsky-criticism-of-truman doctrine.html https://www.blackpast.org/african-american-history/nashville-sit-ins-1960 https://www.crf-usa.org Kelea, L. 1965. This Light of Ours: Activist photographers of the Civil Rights Movement (University Press, Alabama, Mississippi) Kennedy, JF. 1963. Public Papers of the Presidents of the United States, Item 237 Marcum, JA. 1978. The Angolan Revolution, Volume 11 (The Massachusetts Institute of Technology, Massachusetts) Meredith, M. 2011. The State Of Africa (Jonathan Ball Publishers, Jeppestown) Sanford, WF jr. 1982. The Marshall Plan: Origins and Implementation (Department of State Bulletin) St Louis Post-Dispatch, 20 Julie 1947 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 History

View all