Skip to content

History Grade 12 Paper 2 NSC June 2022 Addendum (Afrikaans)

AddendumHistoryGrade 12202214 pages

Grade 12 History Paper 2 addendum from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN GESKIEDENIS V2 2022 ADDENDUM Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 2 DBE/2022 SS/NSS  Addendum VRAAG 1: HOE HET DIE UNITED DEMOCRATIC FRONT (UDF) OP PW BOTHA SE HERVORMINGS IN DIE 1980's GEREAGEER? BRON 1A Die bron hieronder is 'n uittreksel uit 'n boek deur S Dubow, 'n historikus en akademikus, wat fokus op PW Botha se hervormings soos deur die nuwe grondwet vir die Republiek van Suid-Afrika (Wet 110 van 1983) voorgestel. Dit verduidelik hoe die driekamerstelsel ingestel sou word. PW Botha se langverwagte grondwetlike voorstelle het bestaan uit die vervanging van die Westminster-stelsel van regering met die 'driekamer'-parlement bestaande uit afsonderlike kamers vir wittes, Kleurlinge en Indiërs. 'n Presidentsraad, saamgestel uit die drie kamers, sou die uitvoerende Staatspresident raad gee. Die grondwetlike voorstelle is uiteindelik in 1983 deur 'n groot meerderheid in 'n referendum vir slegs wittes aanvaar. Dit het 'n persoonlike korttermyn-oorwinning vir Botha beteken, maar die koste was dat opposisie aan beide kante van die politieke spektrum gemobiliseer is. Dit was die netelige kwessie van 'magsdeling' wat uiteindelik tot Treurnicht se langverwagte regse wegbreek van die Nasionale Party aanleiding gegee het. Van nog groter belang was die impak van die nuwe grondwet op die oorgrote meerderheid van die bevolking. In 'n poging om Kleurlinge en Indiërs na die politieke proses te lok (met baie beperkte sukses), het die bedrieglike grondwetlike reëlings die uitsluiting van swartes van Suid-Afrikaanse burgerskap beklemtoon. Beperkte politieke insluiting van sommiges was geen plaasvervanger vir die verlies van volle politieke regte vir die meerderheid in Suid-Afrika nie. Dit was in 1983 onmoontlik om te raai dat die stigting van die United Democratic Front (UDF) die Suid-Afrikaanse politiek sou verander; tog was dit onmiddellik duidelik dat die stigting daarvan 'n uiters belangrike politieke ontwikkeling was. [Uit Apartheid, 1948–1994 deur S Dubow] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 3 DBE/2022 SS/NSS – Addendum BRON 1B Die bron hieronder is 'n uittreksel uit 'n toespraak wat op 20 Augustus 1983 deur eerw. Frank Chikane by die bekendstelling van die United Democratic Front (UDF) in Rocklands, Mitchells Plein, Kaapstad gelewer is. Dit verduidelik die belangrikheid van die vorming van 'n verenigde front teen die 1983-apartheidshervormings. Comrades, vriende, hierdie dag, vandag, is die hoogtepunt van sewe maande se werk om die bekendstelling van die United Democratic Front te aanskou. Ons gaan verseker as 'n belangrike gebeurtenis in die geskiedenis aangeteken word, wat die gety van die stryd ('struggle') versterk, om daardie dag op te staan wanneer die mense sal sê, ons is vry en geregtigheid is hier, wanneer die mense as broers en susters sal saamleef sonder uitbuiting en onderdrukking deur die ander. Alhoewel dit 'n unieke dag is, val dit binne die spektrum van die geskiedenis van die stryd in Suid-Afrika. ... Die idee van 'n front is vir ongeveer die afgelope twintig jaar 'n nuwe konsep in die stryd van die mense, en daar is aangeneem dat dit vir eenheid-in-aksie staan deur die aanvaarding van die feit dat al die organisasies wat saamkom, verskille het. Daar is ook klasverskille, verskille in ideologie, verskillende oogmerke, maar almal stem saam dat hulle die hervormingsvoorstelle van die Botha-regime verwerp, en gevolglik het hulle 'n breë front nodig om dit te doen. Dit noodsaak dus die stigting van hierdie groep, nie noodwendig as 'n nasionale politieke organisasie nie, maar as 'n verenigde front met die enigste doel om die Koornhof-wetsontwerpe* teen te staan ... ... En ek wil 'n beroep op julle doen, al die vredeliewende mense van Suid-Afrika, om hande te vat, om sy aan sy te loop om teen die instelling van hierdie hervormingsvoorstelle te veg sodat ons dan die stelsel kan vernietig, sodat ons 'n regering deur die mense kan saamstel waar die mense volgens die wil van die mense sal regeer. [Uit A History of the United Democratic Front in South Africa 19831991 deur J Seekings] *Koornhof-wetsontwerpe: Verwys na 'n gedeelte van die wetgewing wat vernoem is na Piet Koornhof, die Nasionale Party se Minister van Samewerking en Ontwikkeling in die vroeë 1980's. Dit het gehoop om 'n swart plaaslike regering daar te stel, instromingsbeheer te verskerp en swartes in landelike en stedelike inwoners (ook vir beheerdoeleindes) te verdeel. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 4 DBE/2022 SS/NSS – Addendum BRON 1C Die bron hieronder verduidelik verskillende vorme van weerstand wat deur die United Democratic Front (UDF) teen apartheidshervormings aan die gang gesit is en die daaropvolgende reaksie deur die staat. Die UDF se opposisie teen apartheid het deur middel van 'n aantal aksies sigbaar geword. Kort na die stigting daarvan het dit 'n suksesvolle boikot-aksie teen die verkiesing van die (Kleurling) Huis van Verteenwoordigers en (Indiër) Huis van Afgevaardigdes onderneem. Die UDF was betrokke by die organisering van 'n aantal verbruikersboikotte en wegbly-aksies. Dit het in 1983 en 1984 die 'een miljoen handtekeninge'-veldtog georganiseer, waar ondertekenaars gevra is om hul teenstand teen die sogenaamde Koornhof-wetgewing op swart plaaslike regering sowel as die nuwe grondwet te opper. Die UDF se grootste impak was egter op voetsoolvlak waar dit plaaslike strukture geskep het wat 'n belangrike rol in die politieke opvoeding en mobilisering van die massas gespeel het. By hulle tweede nasionale kongres wat in April 1985 gehou is, is daar besluit om massaondersteuning na aktiewe deelname te verander met die tema 'Van Protes na Uitdaging: Van Mobilisasie tot Organisasie'. Vier maande later is hierdie tema uitgebrei om 'n nuwe slagspreuk, 'Voorwaarts na Mensemag', in te sluit. Die UDF se strategie was om die besluitnemingstrukture wat deur die regering geskep is, met 'n stelsel van 'mensemag' te vervang. Dit was gelykstaande aan die stigting van 'bevryde areas' in Suid-Afrika. Die staat het hierdie bedreiging hanteer en die algemene onluste in die land, wat in 1985 sy hoogtepunt bereik het, onderdruk deur 'n reeks noodtoestande in te stel. 'n Groot aantal mense is volgens veiligheidswetgewing in hegtenis geneem. Die UDF is besonder swaar getref. Etlike sleutellede van die organisasie is vermoor, onder andere Matthew Goniwe (UDF-organiseerder in die Oos-Kaap) en Victoria Mxenge (UDF-tesourier in Natal). Bykans die hele leierskorps van die UDF is in die tydperk 1985 tot 1987 ingeperk. [Uit https://omalley.nelsonmandela.org/omalley/index.php/site/q/03lv02424/04lv02730/05lv03188/ 06lv03222.htm. Toegang op 4 September 2021 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 5 DBE/2022 SS/NSS – Addendum BRON 1D Die plakkaat hieronder is in die 1980's deur die United Democratic Front (UDF) gepubliseer. Dit toon sy verbintenis tot verset teen die onderdrukkende maatreëls van die staat. AANHOUDINGS !!! UDF-LEIERS AANGEHOU VERBANNINGS!!! VERGADERINGS IN 22 GEBIEDE VERBIED VVVERBAN ONDERDRUKKING!!! MENSE IN TOWNSHIPS DOODGESKIET ONS SAL NIE STILGEMAAK WORD NIE [Uit Images of Defiance: South African Resistance Posters of the 1980s] HERVORMINGS BOTHA SE TEISTERING!!! Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 6 DBE/2022 SS/NSS – Addendum VRAAG 2: HOE HET DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) DIE MOORD OP DIE PEBCO-DRIE HANTEER? BRON 2A Die bron hieronder beklemtoon die stigting en oogmerke van die Port Elizabeth Black Civic Organisation (PEBCO) in Oktober 1979 en verduidelik hoe die organisasie se leierskap in 1985 deur die veiligheidspolisie ontvoer is. Die Port Elizabeth Black Civic Organisation (PEBCO) is in Oktober 1979 in Port Elizabeth gestig. Die groep se hoofdoelwitte was om deur middel van massaprotesoptogte en -deelname vir die regte van mense te veg ... en daarop gefokus het om te probeer om die lewensomstandighede van die massas te verbeter en ook om diskriminerende wetgewing in die Oos-Kaap te beëindig. PEBCO was 'n geaffilieerde van die United Democratic Front (UDF) wat daartoe gelei het dat duisende mense bymekaar gekom en sekere produkte geboikot het. PEBCO het ook die Vryheidsmanifes met die goedkeuring daarvan deur die UDF aangeneem. Die Vryheidsmanifes, wat in die 1950's geskep is, was die sentrale politieke leerstelling van die ANC wat 'n beroep gedoen het vir gelyke regte, menseregte en regering deur die mense vir die mense. Die PEBCO-drie, Champion Galela, Sipho Hashe en Qaqawuli Godolozi, was aktiviste in die stryd teen apartheid. Hashe, Godolozi en Galela was in 1985 die teikens van 'n sluipmoordkomplot deur die veiligheidspolisie. Hulle prominente rolle in PEBCO en affiliasie met die UDF het veroorsaak dat hulle as 'n bedreiging vir die regering beskou is. Sipho Hashe, Qaqawuli Godolozi en Champion Galela was op 8 Mei 1985 onderweg na die lughawe om 'n persoon te ontmoet, wat hulle geglo het deel van die Britse Konsulaat was en simpatiek teenoor hulle stryd was. Die telefoonoproep was egter vals en slegs 'n rede om die leiers te kry om hul huise te verlaat sodat hulle ontvoer kon word. [Uit https://www.sahistory.org.za/sites/default/files/SMU%20%20-Tristan%20Kelly%20- Hist%203377%20 Final%20Paper%20PEBCO%203.pdf. Toegang op 20 Oktober 2021 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 7 DBE/2022 SS/NSS – Addendum BRON 2B Die bron hieronder, geneem uit 'n koerantartikel met die titel 'Soektog na Vermiste PEBCO-mans', het op 27 Mei 1985 op die voorblad van die Cape Times verskyn. Dit verduidelik hoe hulle families daartoe verbind was om na die vermiste mans te soek. (Die bron is vir duidelikheid vertaal en oorgetik.) Soektog na Vermiste PEBCO-mans Eie Korrespondent PORT ELIZABETH. – Familielede van die drie vermiste uitvoerende lede van die Port Elizabeth Black Civic Organisation (PEBCO) het gesê hulle sou nie hul soektog na die mans opgee totdat hulle gevind word nie – dood of lewend. PEBCO se sekretaris-generaal, mnr. Sipho Hashe, 58, die president, mnr. Qaqawuli Godolozi, 30, en die organisasiesekretaris, mnr. Champion Galela, 32, het op 8 Mei geheimsinnig verdwyn. [Uit die Cape Times, 27 Mei 1985] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 8 DBE/2022 SS/NSS – Addendum BRON 2C Die bron hieronder is deel van 'n transkripsie van bewyse wat Barend du Plessis, 'n kolonel by die Port Elizabeth Veiligheidspolisietak ('n spesiale polisie-eenheid wat deur die apartheidsregime gestig is), gelewer het by die WVK openbare verhore vir amnestie-aansoeke, wat op 5 November 1997 met betrekking tot die moorde op die PEBCO-drie in Port Elizabeth gehou is. ME HARTLE: Glo jy, mnr. Du Plessis, dat jou dade polities gemotiveerd was? MNR. DU PLESSIS: Ja. ME HARTLE: En glo jy dat die moord op die PEBCO-3 regverdig was? MNR. DU PLESSIS: Op daardie stadium, ja, as jy nou daaraan terugdink, sou jy ja sê. ME HARTLE: Jy het nou reeds gehoor dat die hooggeplaaste politici gesê het dat die ontvoering en die dood van die PEBCO-3 mala fides (misleidend) en nie gemagtig was nie. Kan jy daarop kommentaar lewer? MNR. DU PLESSIS: Ek het nooit gesê dat mnr. FW de Klerk daarvan geweet het nie. Wat ek wel gesê het, was dat daar politici en hooggeplaaste amptenare was wat geweet het wat gebeur het. Miskien is hulle nie direk ingelig nie, maar hulle het per implikasie geweet en per implikasie het die magtiging na ons deurgekom. ADV. SANDI: Op hierdie punt, waarom het jy gedink dat die stelling wat gesê het: 'Maak 'n plan'  waarom dink jy dat daardie stelling noodwendig en uitsluitlik beteken het dat jy 'n plan moes beraam om hierdie mense dood te maak? MNR. DU PLESSIS: Dit is een woord wat ek gebruik het, maar dit is die enigste afleiding wat ek kan maak want indien daar nie 'n ander plan is nie, wat bly dan oor, want vanaf die oggend tot die aand was ons besig om planne te maak om wet en orde te herstel, en indien daardie planne nie meer effektief was nie, dan sou dit die enigste ander plan wees wat oorbly – dit was die enigste afleiding wat ek kon maak. [Uit https://www.justice.gov.za/trc/amntrans/am1997.htm. Toegang op 5 Oktober 2021 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 9 DBE/2022 SS/NSS – Addendum BRON 2D Die bron hieronder is geneem uit 'n boek wat deur O Bubenzer, 'n doktor in die regte, geskryf is. Dit beskryf die bevindinge van die WVK-verhore oor amnestie-aansoeke vir die moorde op die PEBCO-drie. Die Amnestiekomitee van die WVK het in 1996 die amnestie-aansoeke van Gideon Nieuwoudt, Harold Snyman, Barend du Plessis, Johannes van Zyl en Gerhardus Lotz van die Port Elizabeth Veiligheidstak ontvang. Snyman en Du Plessis was nie fisies by die ontvoering en moord van die PEBCO-drie betrokke nie, maar die twee het die ontvoering en moord gemagtig. Snyman, die bevelvoerder van die destydse Oos-Kaapse Veiligheidspolisie, is deur Du Plessis genader, wat voorgestel het dat die drie aktiviste vermoor word. Tydens die amnestieverhore is teenstrydige getuienis gegee. Die aansoek van die Port Elizabeth Veiligheidspolisie het verklaar dat daar tydens die ondervraging, wat deur Van Zyl, Lotz en Nieuwoud behartig is, geen marteling plaasgevind het nie. Hierdie getuienis is deur die Vlakplaas-askari's*, Mogoai, Koole en Mamasela, weerspreek, wat beweer het dat hulle by die ondervraging van die drie slagoffers teenwoordig was, waartydens hulle glo ernstig aangerand is. Die Amnestiekomitee van die WVK het die volgende verklaar: (1) Harold Snyman is amnestie verleen vir sameswering en opdraggewing van die ontvoering en moord op Hashe, Godolozi en Galela. (2) Amnestie is geweier aan Hermanus Barend du Plessis, Gideon Nieuwoudt, Johannes van Zyl en Gerhardus Lotz vir die sameswering en bevel tot ontvoering en moord van die drie vermoordes. (3) Amnestie is verleen aan Mogoai vir die ontvoering en aanranding van die PEBCO-drie. [Uit Post-TRC Prosecutions in South Africa deur O Bubenzer] *Askari: 'n vryheidsvegter (lid van die ANC of die PAC) wat onder dwang by die apartheidsveiligheidsmagte aangesluit het en teen hulle voormalige 'comrades' geveg het Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 10 DBE/2022 SS/NSS – Addendum VRAAG 3: WATTER MAATREËLS HET DIE SUID-AFRIKAANSE REGERING GEÏMPLEMENTEER OM DIE UITDAGINGS VAN DIE GLOBALE COVID-19-PANDEMIE TE HANTEER? BRON 3A Die bron hieronder is geneem uit 'n 2004-publikasie van die Centre for Global Change and Health wat in Londen gesetel is. Dit verduidelik hoe globalisering tot die verspreiding van aansteeklike siektes wêreldwyd bydra. Ten spyte van die wydverspreide belangstelling in die opkoms daarvan is daar beperkte eenparigheid oor presies wat globalisering is. Byvoorbeeld, vir ekonome behels globalisering die toenemend globale aard van die opkomende wêreldekonomie. Vir regsgeleerdes het dit te make met die dreigende veranderinge in die regsstatus van state en hulle burgers. Vir omgewingsbewustes is dit die veranderinge in die wêreld se klimaat en ander biosisteme. En vir inligtingstegnologie- deskundiges is dit die globale verspreiding en integrasie van inligtingstelsels. Om die verband tussen globalisering en aansteeklike siektes te verstaan, is dit belangrik om bewus te wees van hoe die term 'globalisering' afwisselend met terme soos 'internasionalisasie', 'liberalisering' en 'verwestering' gebruik word. 'n Streng definisie van globalisering onderskei tussen kruisgrens- en oorgrensvloei. Kruisgrens het te make met die interaksies oor twee of meer lande deur, byvoorbeeld, amptelike handel van goedere en dienste, of kapitaalvloei soos buitelandse direkte beleggings oor nasionale grense. Transgrens, in teenstelling, het te make met die vloei van mense, goedere en dienste, kapitaal, waardes en idees op 'n manier wat nie nasionale grense erken nie. Saam met veranderinge aan ruimtelike (driedimensionele) grense, lei globalisering tot veranderinge in hoe ons tyd begryp en ervaar. Globalisering verander die tydraamwerk waarin natuurlike en mensgeïnduseerde verskynsels plaasvind, sowel as die tyd beskikbaar om op hierdie verskynsels te reageer. Byvoorbeeld, die tyd wat dit neem vir sommige aansteeklike siektes om oor territoriale ruimtes te versprei, het heelwat vinniger geword as gevolg van die verhoogde aantal, frekwensie en spoed van bevolkingsmobiliteit (beweging). [Uit Globalisation and Infectious Diseases: A Review of the Linkages deur L Saker] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 11 DBE/2022 SS/NSS – Addendum BRON 3B Die artikel hieronder is deur W Roelf, 'n joernalis, geskryf en fokus op die nasionale ramptoestand wat op 14 Maart 2020 deur President Cyril Ramaphosa verklaar is. Kaapstad (Reuters) – Suid-Afrikaanse President, Cyril Ramaphosa, het Sondag 'n nasionale ramptoestand verklaar toe hy 'n aantal maatreëls aangekondig het om 'n Covid-19-uitbreking te beheer, wat sover 61 besmet het en tekens van interne verspreiding getoon het. Tydens 'n regstreekse televisie-uitsending ná 'n spesiale kabinetsvergadering het Ramaphosa gesê dat die uitbreking, wat vir die eerste keer op 5 Maart 2020 ontdek is, 'n betekenisvolle en 'moontlik blywende' impak op 'n sukkelende ekonomie, wat reeds in resessie is, kan hê. Maatreëls wat geneem sal word, sluit 'n reisverbod na lande soos Italië, Duitsland, China en die Verenigde State in. Die regering sal ook saamtrekke van 100 of meer verbied en groot geleenthede en feesvieringe kanselleer, het hy gesê. 'Dit is kommerwekkend dat ons nou met interne verspreiding van die virus te doen het. Hierdie situasie verg 'n buitengewone reaksie; daar kan geen kortpadmaatreëls wees nie,' het Ramaphosa gesê. Hy het gesê dat die regering die visums van besoekers uit hoërisiko-lande vanaf Sondag gekanselleer het, en visums wat reeds toegestaan is, ook gekanselleer het. 'Enige buitelandse burger wat die afgelope 20 dae hoërisiko-lande besoek het, sal 'n visum geweier word,' het hy gesê, en bygevoeg dat Suid-Afrikaners wat teikenlande besoek het, aan toetsing en kwarantyn onderhewig sal wees wanneer hulle terugkom. Die eerste geval is twee weke gelede ontdek met 'n enkele positiewe resultaat, en teen Sondag het die aantal gevalle tot 61 gestyg, 'n groeiende koers wat die vinnige verspreiding van die virus wêreldwyd weerspieël. Behalwe die gesondheidsimpak, het Ramaphosa gesê dat die ekonomie nie gespaar gaan word nie aangesien uitvoere in sleutelmarkte afneem, China ingesluit, en die arbeidsintensiewe toerismesektor ly. 'Die kabinet is dus besig om 'n omvattende pakket van ingrypings te finaliseer om die verwagte impak van Covid-19 op die ekonomie te verlig,' het hy gesê. [Uit Reuter's News Agency, 15 Maart 2020] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 12 DBE/2022 SS/NSS – Addendum BRON 3C Die artikel hieronder beklemtoon hoe opposisiepartye gereageer het op President Ramaphosa se maatreëls om die ekonomiese impak (op Suid-Afrika) van die globale Covid-19-pandemie te hanteer. President Cyril Ramaphosa het Suid-Afrika se grootste bestedingsplan aangekondig  'n eenmalige stimulus-inspuiting vir die sukkelende ekonomie – in reaksie op die Covid-19-pandemie wat tot 'n grendeltydperk die afgelope 28 dae gelei het. Oor die algemeen het opposisiepartye positief op die president se wye reeks ingrypings gereageer. Demokratiese Alliansie (DA): 'Broodnodige verligting bemoedigend' Die Demokratiese Alliansie (DA) het Ramaphosa se aankondiging verwelkom. 'Hierdie R500 miljard-pakket sal broodnodige verligting aan Suid-Afrikaners bring deur middel van toelaes, besigheidsverligting, belastingmaatreëls, bykomende gesondheids- begroting en voedselprogramme,' het die DA-leier, John Steenhuisen, gesê. Baie van die maatreëls wat aangekondig is, weerspieël dié waarvoor die DA gevra het, om nie net die lewens nie, maar ook die lewensbestaan, van miljoene Suid-Afrikaners te beveilig wat erg onder die grendeltydperk deurgeloop het om die verspreiding van Covid-19 te beheer. Steenhuisen het gesê dat dit bemoedigend is dat Ramaphosa daarvan gepraat het om instansies soos die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) en die Wêreldbank te nader vir gedeeltelike befondsing van die hulppakket, veral aangesien hierdie instansies onvoorwaardelike lenings met lae rentekoerse, spesifiek vir Covid-19-verligting beskikbaar gestel het. Vryheidsfront Plus (VF Plus): ' 'n Stap in die regte rigting' Die Vryheidsfront Plus (VF Plus) het gesê dat Ramaphosa se ekonomiese stimuluspakket 'n 'stap in die regte rigting' was. 'Die VF Plus is van mening dat die betaling van die nuwe voorgestelde maatskaplike toelaes met versigtigheid benader moet word omdat mense gou daarvan afhanklik sal raak en dat dit moeilik sal wees om dit in die toekoms af te skaf,' het VF Plus-leier, Pieter Groenewald, gesê. Hy het bygevoeg dat dit belangrik is om nie afhanklikheid van die staat te skep nie, maar om eerder werk te skep en besighede te ontwikkel ... 'Dit is belangrik dat die land se begroting geherprioritiseer (heroorweeg) word. Belangrike aspekte sluit die toekenning aan die gesondheidsbegroting, verligting van hongerte en ander maatskaplike probleme, bystand en steun aan besighede en die ontsluiting van die ekonomie in,' het Groenewald gesê. [Uit News24, 22 April 2020] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 13 DBE/2022 SS/NSS – Addendum BRON 3D Die spotprent hieronder wat deur Rico Schacherl geteken is, het op 17 Maart 2020 in die Business Maverick verskyn. Dit beeld President Ramaphosa uit met noodmaatreëls wat die Suid-Afrikaanse regering sou implementeer om sy burgers teen die dreigende (naderende) globale Covid-19-pandemie te beskerm. Sal dit genoeg wees? VOORBEREIDING VIR DIE NADERENDE STORM [Uit Business Maverick, 17 Maart 2020] SUID-AFRIKA NOODMAATREËLS CYRIL Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 14 DBE/2022 SS/NSS  Addendum ERKENNINGS Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem: Bubenzer, O. 2009. Post-TRC Prosecutions in South Africa by (Martinus Nijhoff Publishers, Boston) Business Maverick, 17 Maart 2020 Cape Times, 27 Mei 1985 Dubow, S. 2014. Apartheid, 1948–1994 (Oxford University Press) https://omalley.nelsonmandela.org/omalley/index.php/site/q/03lv02424/04lv02730/05lv 03188/06lv03222.htm https://www.justice.gov.za/trc/amntrans/am1997.htm https://www.sahistory.org.za/sites/default/files/SMU%20%20-Tristan%20Kelly%20- Hist%203377%20Final%20Paper%20PEBCO%203.pdf Images of Defiance: South African Resistance Posters of the 1980s News24, 22 April 2020 Reuter's News Agency, 15 Maart 2020 Saker, L. et al. 2004. Globalisation and Infectious Diseases: A Review of the Linkages (Centre for Global Change and Health, Londen) Seekings, J. 2000. A History of the United Democratic Front in South Africa 1983 1991 (David Phillip Publishers, Kaapstad) Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 History

View all