Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
GESKIEDENIS V2
2022
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2022 papers 
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4ecf07fc-c5be-4181-868c-5e74b2676b7a/v1-37bffaf38506ee52a7a5/card.webp)



%20SEP%202022%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--840540f3-b117-4271-886e-89f327a57fe1/v1-1384d56609855cc674f1/card.webp)
View all





History Grade 12 P2 NSC June 2022 Question Paper (Afrikaans)
Grade 12 History Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
History · Grade 12 · NSC June Exam · 2022. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 211.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 2 DBE/2022
SS/NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: DIE KRISIS VAN
APARTHEID IN DIE 1980's
VRAAG 2: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
VRAAG 3: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
WÊRELDORDE, 1989 TOT DIE HEDE
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
WÊRELDORDE
2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
word.
3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.
4. Beantwoord DRIE vrae soos volg:
4.1 Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten
minste EEN moet 'n opstelvraag wees.
4.2 Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n
opstelvraag wees.
5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer.
6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
gebruik.
7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 3 DBE/2022
SS/NSS
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, is in die
ADDENDUM vervat.
VRAAG 1: HOE HET DIE UNITED DEMOCRATIC FRONT (UDF) OP PW BOTHA
SE HERVORMINGS IN DIE 1980's GEREAGEER?
Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Verwys na Bron 1A.
1.1.1 Wat, volgens die bron, het PW Botha se grondwetlike voorstelle
met betrekking tot Suid-Afrika se parlementêre stelsel behels?
(1 x 2) (2)
1.1.2 Definieer die term referendum in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
1.1.3 Verduidelik wat bedoel word met die stelling: 'Dit het 'n persoonlike
korttermyn-oorwinning vir Botha beteken, maar die koste was dat
opposisie aan beide kante van die politieke spektrum gemobiliseer
is', in die konteks van grondwetlike voorstelle in 1983. (2 x 2) (4)
1.1.4 Waarom, dink jy, is swartes uit die nuwe grondwetlike skikking
uitgesluit? (2 x 2) (4)
1.2 Lees Bron 1B.
1.2.1 Haal bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat die stigting van
die UDF deur baie voorbereiding agter die skerms voorafgegaan is.
(1 x 2) (2)
1.2.2 Identifiseer enige TWEE verskille wat in die bron genoem word,
wat organisasies wat saamgekom het om die UDF te stig, moes
oorkom. (2 x 1) (2)
1.2.3 Wat is die implikasie van die stelling: 'En ek wil 'n beroep op julle
doen, al die vredeliewende mense van Suid-Afrika ... sodat ons
dan die stelsel kan vernietig', in die konteks van die doel met die
stigting van die UDF? (1 x 2) (2)
1.2.4 Verduidelik waarom 'n historikus hierdie bron as betroubaar sou
beskou wanneer die stigting van die UDF nagevors word. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 4 DBE/2022
SS/NSS
1.3 Bestudeer Bron 1C.
1.3.1 Noem enige TWEE protesaksies in die bron wat die UDF teen
Botha se apartheidhervormings onderneem het. (2 x 1) (2)
1.3.2 Lewer kommentaar op die implikasie van die slagspreuk:
'Voorwaarts na Mensemag', in die konteks van die UDF se
weerstand teen PW Botha se apartheidshervormings. (2 x 2) (4)
1.3.3 Verduidelik die konsep noodtoestand in die konteks van die
algemene onrus in die 1980's in Suid-Afrika. (1 x 2) (2)
1.3.4 Noem enige TWEE maatreëls (aksies) in die bron wat die staat
getref het om die algemene onrus wat in 1985 in die land
plaasgevind het, te onderdruk. (2 x 1) (2)
1.4 Gebruik Bron 1D.
1.4.1 Waarom, dink jy, het die UDF hierdie plakkaat gepubliseer? (2 x 2) (4)
1.4.2 Identifiseer enige TWEE onderdrukkende maatreëls in die bron wat
die apartheidsregime teen UDF-lede getref het. (2 x 1) (2)
1.5 Verwys na Bron 1C en 1D. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 1D die
inligting in Bron 1C ondersteun met betrekking tot die Suid-Afrikaanse
regering se reaksie op die UDF. (2 x 2) (4)
1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
hoe die United Democratic Front (UDF) op PW Botha se hervormings in die
1980's gereageer het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 5 DBE/2022
SS/NSS
VRAAG 2: HOE HET DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
DIE MOORD OP DIE PEBCO-DRIE HANTEER?
Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.
2.1 Verwys na Bron 2A.
2.1.1 Wat, volgens die bron, was die hoofoogmerke met die stigting van
die Port Elizabeth Black Civic Organisation (PEBCO)? (3 x 1) (3)
2.1.2 Identifiseer TWEE protesaksies in die bron wat PEBCO, as 'n
affiliaat van die UDF, teen sekere produkte geneem het. (1 x 2) (2)
2.1.3 Definieer die konsep apartheid in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
2.1.4 Wat, dink jy, het die polisie gehoop om te bereik deur die PEBCO-
drie te ontvoer? (2 x 2) (4)
2.2 Lees Bron 2B.
2.2.1 Waarom, dink jy, is hierdie artikel in Mei 1985 op die voorblad van
die Cape Times gepubliseer? (2 x 2) (4)
2.2.2 Wat word geïmpliseer deur die stelling: '... het gesê hulle (die
familie) sou nie hul soektog na die mans opgee totdat hulle gevind
word nie dood of lewend', in die konteks van hulle verdwyning?
(1 x 2) (2)
2.3 Verwys na Bron 2A en 2B. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2A die bewyse
in Bron 2B met betrekking tot die verdwyning van die PEBCO-drie
ondersteun. (2 x 2) (4)
2.4 Raadpleeg Bron 2C.
2.4.1 Gee DRIE bewyse uit die bron wat daarop dui dat hooggeplaaste
politici nie verantwoordelikheid vir die moord op die PEBCO-drie
aanvaar het nie. (3 x 1) (3)
2.4.2 Watter gevolgtrekking kan gemaak word uit Barend du Plessis se
verklaring: '… Wat ek wel gesê het, was dat daar politici en
hooggeplaaste amptenare was wat geweet het wat gebeur het', in
die konteks van die moord op die PEBCO-drie? (1 x 2) (2)
2.4.3 Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir 'n historikus wat
Barend du Plessis se amnestie-aansoek navors. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 6 DBE/2022
SS/NSS
2.5 Bestudeer Bron 2D.
2.5.1 Verduidelik die term ontvoering in die konteks van maatreëls wat
tydens die apartheidsera deur die veiligheidpolisie teen politieke
aktiviste getref is. (1 x 2) (2)
2.5.2 Noem die TWEE offisiere in die Oos-Kaapse Veiligheidspolisie wat
die ontvoering en moord op die PEBCO-drie gemagtig het. (2 x 1) (2)
2.5.3 Lewer kommentaar op waarom jy dink die getuienis van die
veiligheidspolisie (Gideon Nieuwoudt, Johannes van Zyl en
Gerhardus Lotz) dié van die askari's met betrekking tot die
ondervraging van die PEBCO-drie weerspreek het. (2 x 2) (4)
2.5.4 Haal 'n frase uit die bron aan wat aandui dat dit tydens die
amnestieverhore moeilik was om die waarheid oor die moord op
die PEBCO-drie vas te stel. (1 x 2) (2)
2.5.5 Waarom, dink jy, is amnestie vir die moord op die PEBCO-drie nie
aan Barend du Plessis en die ander veiligheidsoffisiere toegestaan
nie? (1 x 2) (2)
2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
hoe die WVK die moord op die PEBCO-drie hanteer het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 7 DBE/2022
SS/NSS
VRAAG 3: WATTER MAATREËLS HET DIE SUID-AFRIKAANSE REGERING
GEÏMPLEMENTEER OM DIE UITDAGINGS VAN DIE GLOBALE
COVID-19-PANDEMIE TE HANTEER?
Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.
3.1 Verwys na Bron 3A.
3.1.1 Definieer die konsep globalisering in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
3.1.2 Wat, volgens die bron, is die bekommernis van ekonome oor
globalisering? (1 x 1) (1)
3.1.3 Verduidelik hoe die 'transgrensvloei' tot 'n styging in die
verspreiding van die globale Covid-19-pandemie sou lei. (2 x 2) (4)
3.1.4 Waarom, volgens die bron, het die tyd geneem vir die verspreiding
van sommige aansteeklike siektes oor landstreke heelwat vinniger
geword? (1 x 1) (1)
3.2 Bestudeer Bron 3B.
3.2.1 Gee TWEE redes in die bron om te verduidelik waarom President
Cyril Ramaphosa op 14 Maart 2020 'n nasionale ramptoestand
verklaar het. (2 x 1) (2)
3.2.2 Identifiseer DRIE maatreëls, genoem in die bron, wat die regering
op Suid-Afrikaners afgedwing het om die verspreiding van Covid-
19 te beheer. (3 x 1) (3)
3.2.3 Verduidelik die term kwarantyn in die konteks van die
Covid-19-pandemie. (1 x 2) (2)
3.2.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
waarom dit vir die Suid-Afrikaanse regering nodig was om 'n
ekonomiese verligtingspakket vir Suid-Afrikaners in te stel. (2 x 2) (4)
3.3 Gebruik Bron 3C.
3.3.1 Maak 'n lys van DRIE areas, volgens die Demokratiese Alliansie,
waardeur die R500 miljard-pakket verligting aan Suid-Afrikaners
sou bring. (3 x 1) (3)
3.3.2 Noem die TWEE finansiële instellings, volgens die bron, wat
President Cyril Ramaphosa genader het om die R500 miljard-
pakket te befonds. (2 x 1) (2)
3.3.3 Lewer kommentaar op waarom opposisiepartye gunstig op die
president se aankondiging van 'n bestedingsplan in reaksie op die
Covid-19-pandemie gereageer het. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 8 DBE/2022
SS/NSS
3.4 Raadpleeg Bron 3D.
3.4.1 Verduidelik die boodskappe wat deur die spotprenttekenaar
oorgedra word met betrekking tot die 'noodmaatreëls' wat
President Ramaphosa ingestel het om die naderende
Covid-19-pandemie die hoof te bied. (2 x 2) (4)
3.4.2 Lewer kommentaar op die byskrif 'VOORBEREIDING VIR DIE
NADERENDE STORM' in die konteks van Covid-19. (1 x 2) (2)
3.4.3 Wat sou die beperkings van hierdie bron wees vir 'n historikus wat
die maatreëls bestudeer wat die Suid-Afrikaanse regering ingestel
het om die verspreiding van die Covid-19-pandemie te stuit? (2 x 2) (4)
3.5 Verwys na Bron 3C en 3D. Verduidelik hoe hierdie bronne van mekaar verskil
met betrekking tot die Suid-Afrikaanse regering se ekonomiese ingryping om
die impak van die Covid-19-pandemie op Suid-Afrikaners te verlig. (2 x 2) (4)
3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om die
maatreëls te verduidelik wat die Suid-Afrikaanse regering geïmplementeer
het om die uitdagings van die globale Covid-19-pandemie te hanteer. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 9 DBE/2022
SS/NSS
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling
Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.
VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA
Die filosofie van Steve Biko en die Swartbewussynsbeweging het in die 1960's en
1970's 'n belangrike rol gespeel om swart Suid-Afrikaners teen die apartheidsregime te
organiseer.
Bespreek hierdie stelling krities. Ondersteun jou antwoord met relevante historiese
bewyse. [50]
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
Verduidelik tot watter mate die sterk leierskap wat deur beide die Nasionale Party-
regering en die African National Congress tydens die onderhandelingsproses getoon
is, tot die eerste demokratiese verkiesing in 1994 bygedra het. [50]
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WÊRELDORDE
Gorbachev se hervormings in die 1980's in die Sowjetunie het die politieke landskap in
Suid-Afrika verander wat FW de Klerk se besluit beïnvloed het om vanaf 1989
hervormings in te stel.
Stem jy met hierdie stelling saam? Ondersteun jou antwoord met relevante historiese
bewyse. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
History Grade 12 P1 NSC June 2022 Question Paper (Afrikaans)
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4ecf07fc-c5be-4181-868c-5e74b2676b7a/v1-37bffaf38506ee52a7a5/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 Question Paper (Eng)

Addendum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2022 Addendum (English)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape June 2022 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 Addendum (Eng)
%20SEP%202022%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--840540f3-b117-4271-886e-89f327a57fe1/v1-1384d56609855cc674f1/card.webp)
Memorandum
History Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2022 Memo (English)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum