Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
GESKIEDENIS V2
NOVEMBER 2017
ADDENDUM
Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2017 papers 





View all





History Grade 12 P2 NSC November 2017 Addendum (Afrikaans)
Grade 12 History Paper 2 addendum from the NSC November Exam 2017 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.
History · Grade 12 · NSC November Exam · 2017. Addendum, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Addendum
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 1.6 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 2 DBE/November 2017
NSS – Addendum
VRAAG 1: WATTER LESSE KAN SUID-AFRIKANERS BY BANTU STEPHEN
BIKO, WAT VEERTIG JAAR GELEDE GESTERF HET, LEER?
BRON 1A
Die bron hieronder fokus op hoe die filosofie van Swart Bewussyn gedurende die
1960's in Suid-Afrika ontstaan het.
Een van die hooffaktore wat die nuwe gevoel van selfhandhawing (selfgelding)
verduidelik het wat so opvallend onder swart Suid-Afrikaners in baie dele van die land
was, was die groei van die Swartbewussynsfilosofie. Dit was gedurende die 1960's
een van die belangrikste ontwikkelings in Suid-Afrika.
Verskillende organisasies het in hierdie dekade die waardes van Swart Bewussyn
ondersteun, byvoorbeeld die Suid-Afrikaanse Studentebeweging ('SASM') en die Swart
Mense se Konvensie ('BPC').
Alhoewel dit deur Amerika se Swartmagbewegings en skrywers, soos Frantz Fanon,
beïnvloed is, was die Swartbewussynsfilosofie 'n inheemse verskynsel (plaaslike
beweging). Dit het die volgende komponente gehad:
Die eerste komponent was sielkundige bevryding. Omdat wittes hul eie
meerderwaardigheid verkondig het en alle politieke, ekonomiese en sosiale instellings
beheer het, het swartes gevoelens van minderwaardigheid ontwikkel en na maniere
gesoek om hulle oorheersers na te boots. Sielkundige bevryding het beteken om
swartes in staat te stel om hulleself van negatiewe opvattings los te maak en om dit
met positiewe selfbewussyn, soos trots op swart kultuur, geskiedenis en erfenis, te
vervang.
Die tweede komponent van Swart Bewussyn was om swartes hulle afhanklikheid van
wittes af te leer.
Die derde komponent van Swart Bewussyn het gepoog om al die swart mense in
Suid-Afrika te verenig, Indiërs en bruin mense ingesluit. Die term 'swart' het dus bruin
mense, Indiërs en swartes omvat (ingesluit) omdat hulle ook slagoffers van sosiale,
politieke en ekonomiese diskriminasie was. Swart Bewussyn het die etniese
institusionalisering van Afrika-politiek, soos die verdeel-en-regeer-strategie wat
ontwerp is om verdeling aan te hits, verwerp.
[Uit Soweto Black Revolt, White Reaction deur John Kane-Berman]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 3 DBE/November 2017
NSS – Addendum
BRON 1B
Die bron hieronder beskryf in breë trekke hoe Bantu Stephen Biko deur die polisie in
hegtenis geneem en daarna op 12 September 1977 vermoor is.
Bantu Stephen Biko was 'n invloedryke leier, maar die droewige (hartseer) manier
waarop hy gesterf het, het die gebrek aan moraliteit (waardes) in die hart van die
regering ontbloot. Biko, wat die polisie vir 'n jaar ontwyk het, was in die middel van
Augustus op pad Kaapstad toe om pamflette te versprei wat 'swartes aanhits om
onluste te veroorsaak en die regering omver te werp', het die polisie gesê toe hy by
'n padblokkade buite Grahamstad volgens Afdeling 6 van die Wet op Terrorisme in
hegtenis geneem is. Hierdie Wet het vir onbepaalde aanhouding voorsiening gemaak.
Hy is die volgende dag na Port Elizabeth vervoer waar hy naak uitgetrek is en vir die
volgende twee weke in verskillende selle aangehou is. Steeds naak, maar in
voetboeie, is hy op 6 September na die polisiehoofkwartier geneem, waar hy deur
Gideon Nieuwoudt en vier ander veiligheidspolisiebeamptes ondervra is.
Op daardie dag, of kort daarna, is hy so hard teen 'n muur gestamp dat hy
'n breinbesering opgedoen het wat hom sou laat sterf. (Polisie het by die
doodsondersoek gesê dat hy sy kop in 'n bakleiery gestamp het …) Biko het nie
onmiddellik gesterf nie, maar dit was vir sy vervolgers duidelik dat iets ernstig verkeerd
was. Hulle het nie minder nie as drie staatsdokters ingeroep wat vals diagnoses
(assesserings) gemaak het om die ondervraers te beskerm.
Toe Biko se toestand ernstig geraak het en daar aangedring is dat die polisie hom
hospitaal toe te neem, is hy naak en bewusteloos agterin 'n polisievangwa gegooi en
1 600 km na Pretoria vervoer. Hy het daar, op 12 September 1977, 'op 'n mat op die
klipvloer van 'n tronksel 'n miserabele, brutale en eensame dood gesterf'.
[Uit Apartheid: An Illustrated History deur M Morris]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 4 DBE/November 2017
NSS – Addendum
BRON 1C
Die foto hieronder toon 'n anti-apartheidsaktivis wat op 25 September 1977 in King
William's Town, 'n plakkaat van Bantu Stephen Biko by sy begrafnis rondgedra het.
[Uit http://news.bbc.co.uk/2/hi/Afrika/2253092.stm. Toegang op 8 Desember 2016 verkry.]
Gebreekte ketting Gebalde vuis
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 5 DBE/November 2017
NSS – Addendum
BRON 1D
Die uittreksel hieronder beskryf in breë trekke die omstandighede waaronder Bantu
Stephen Biko vermoor is. Dit is deur Helen Zille geskryf terwyl sy 'n verslaggewer by
die Rand Daily Mail was.
Die Minister (Jimmy Kruger) het te kenne gegee dat Biko homself uitgehonger en
gesterf het. Almal het geweet dat die Minister nie die waarheid gepraat het nie. Die
Minister self het dit ook geweet, maar sy onvermoë om die omvang van die situasie te
begryp en sy duidelike (intense) minagting vir die lewe van 'n swart man is saamgevat
in een van die ongevoeligste vierwoord-verklarings wat nog ooit gemaak is: 'Dit laat my
koud …'
… Allister Sparks (redakteur van die Rand Daily Mail) was vasbeslote dat ons by die
waarheid moes uitkom. 'Ons het geweet dat ons by die waarheid moes uitkom – maar
hoe? … Die deurbraak was die oggend van 29 September.
… die waarheid is aangeteken in die patoloog se verslag, deur beide dr. Gluckman en
die hoofstaatspatoloog, professor JD Loubser, geteken. In swart en wit het daar
gestaan: 'Oorsaak van dood: Breinskade'.
… Allister het besluit om my (Helen Zille) Port Elizabeth toe te stuur om enige iemand
te kontak wat dalk in Steve Biko se laaste dae met hom kontak gehad het en 'n
onderhoud te voer, met die dokters as beginpunt. My vraag aan die dokter was
eenvoudig: Kon hulle bevestig dat Steve Biko as gevolg van 'n hongerstaking dood is?
Indien nie, waarom het hy gesterf? … Dr. Colin Hersch 'n spesialisdokter, wat ook
ingeroep is om te bepaal of Biko besig was om "voor te gee" (dat hy beseer was) …
Ek het hom gesê dat ek moes bevestig of die Minister se verklaring dat Biko as gevolg
van 'n hongerstaking gesterf het, korrek was.
… Hy wou nie meer sê as om aan my te bevestig dat Biko nie uitgeteer (maer) was toe
hy gesterf het nie; eerder effens oorgewig. Die oomblik toe ek dit hoor, was dit feitlik
met soveel woorde bevestig dat Steve Biko nie as gevolg van 'n hongerstaking gesterf
het nie. Ek het dr. Hersch bedank en is daar weg.'
[Uit Not Without a Fight: The Autobiography deur H Zille]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 6 DBE/November 2017
NSS – Addendum
VRAAG 2: HOE HET DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
DIE MOORD VAN POLITIEKE AKTIVISTE, SOOS AHMED TIMOL,
HANTEER?
BRON 2A
Die koerantartikel hieronder, 'In Cold Blood: The Killing of Ahmed Timol', is deur
Ivor Powell geskryf en fokus op hoe die politieke aktivis, Ahmed Timol, vermoor is.
Ahmed Timol en sy vriend, die 21-jarige Wits Universiteit mediese student, Mohammed
Salim Essop, is op Vrydag 22 Oktober 1971 by 'n polisiepadblokkade gestop. Dit was
ongeveer 23:00. In die kattebak van hulle geel Anglia is verskeie beswarende
(impliserende) bewysstukke ontdek. Dit het kopieë van Inkululeku, die 50ste
herdenkingstoespraak van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) en lyste
met name en adresse ingesluit.
Hulle is na die Newlands Polisiestasie vervoer voordat hulle na John Vorster Plein
geneem is. Luitenant-kolonel Petrus van Wyk het ongeveer 03:15 die volgende oggend
van Pretoria af gekom en 'n span spesialisondervraers het by hom aangesluit, onder
andere Kapteins JZ van Niekerk, Richard Bean en JH Gloy.
Vir Timol het 'n ondervraging begin wat sou voortduur tot Woensdagmiddag toe hy aan
sy einde gekom het. In die daaropvolgende nadoodse ondersoek het
polisieondervraers daarop aangedring dat hulle nie aan Timol geraak het nie.
Die toestand van die aangehoudene se liggaam wat in die struike buite die
polisiehoofkwartier gevind is, het egter 'n ander storie vertel. Dit was oortrek met
kneusplekke, snywonde, rowe; die linkeroog het in die oogholte ingesink en is onder
die lid uitgehaal. Die dood van Ahmed Timol was 'n keerpunt in die stryd teen
apartheid.
Generaal-majoor CA Buys, hoof van die Kriminele Ondersoekafdeling (KOA) en die
man in beheer van die ondersoek na die dood van Timol, het twee dae na Timol se
dood vir Freek Swart van Rapport vertel: 'Ahmed het kalm op 'n stoel gesit. Daar was
veiligheidspolisiemanne saam met hom. Op 'n stadium het twee van hulle die vertrek
verlaat. Timol het skielik opgespring en vir die deur gemik. 'n Veiligheids- polisieman
het na die deur gehardloop om hom te keer. Maar die Indiër het toe na die venster
gehardloop en uitgespring. Niemand het hom bang gemaak of aan hom geraak nie.
Die nadoodse ondersoek sal dit bewys,' het Generaal Buys ten slotte gesê …
Dit het alles 25 jaar gelede gebeur. Baie van die sleutelspelers in die drama het
intussen gesterf en die res het lankal reeds die polisiemag verlaat. Daar is weinig
vooruitsig dat geregtigheid deur middel van die Waarheids-en-Versoeningskommissie
sal seëvier en, kan ons waag om te sê, nog minder deur die howe.
[Uit Sunday Times Inside Magazine, 9 Junie 1996]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 7 DBE/November 2017
NSS – Addendum
BRON 2B
Die bron hieronder beskryf die redes vir die stigting van die Waarheids-en-
Versoeningskommissie (WVK). Dit fokus op hoe politieke aktiviste, soos Ahmed Timol,
vermoor is.
Die WVK was 'n produk van die politieke ooreenkomste voortgebring tydens die
onderhandelinge wat apartheid beëindig het. Die Wet op die Bevordering van
Nasionale Eenheid en Versoening, 1995 (Wet 34 van 1995) het die WVK ingestel om
politiek-gemotiveerde growwe menseregteskendings wat tussen 1960 en 1994 gepleeg
is, te ondersoek. Die bedoeling was om te voorkom dat sulke gruweldade weer sou
plaasvind en om 'n verdeelde nasie te verenig wat deur konflik in die verlede geskend
is. Suid-Afrika se WVK was die eerste waarheidskommissie wat amnestie aan
individue gebied het wat ten volle, in die openbaar, hulle betrokkenheid by politiek-
gemotiveerde misdade geopenbaar het. Deur dit te doen, het die demokratiese
regering die konsep van 'herstellende geregtigheid' in plaas van 'vergeldende
geregtigheid' aanvaar.
President Nelson Mandela het 'n uiteenlopende groep van 17 WVK-kommissarisse
gekies en Aartsbiskop Desmond Tutu, Nobel-bekroonde en anti-apartheidsikoon, as
die voorsitter en Alex Borraine, as die ondervoorsitter, benoem. 'Amnestie kan beslis
nie as geregtigheid beskou word indien ons slegs aan geregtigheid as vergeldend en
bestraffend van aard dink nie,' het Tutu gesê. 'Ons glo dat daar egter 'n ander soort
geregtigheid is, 'n herstellende geregtigheid wat nie soseer oor straf gaan nie, maar
eerder oor die regstel van wanbalanse, die herstel van gebroke verhoudings met
genesing, harmonie en versoening en ook om uit te vind oor politieke moorde en die
verdwyning van aktiviste, soos Ahmed Timol.' In die verband het die 78-jarige Hawa
Timol swak en verward voor die WVK gelyk toe sy die afgryslikheid van haar seun se
moord in Oktober 1971 weer moes beleef.
[Uit http://overcomingapartheid.msu.edu/unit.php?id=65-24E-3&page=1.
Toegang op 5 April 2017 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 8 DBE/November 2017
NSS – Addendum
BRON 2C
Hierdie bron toon Hawa Timol (moeder van Ahmed Timol) wat getuienis lewer by die
Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK). Dit is op 30 April 1996 by die
Metodistekerk in Johannesburg gehou.
[Uit http://sabctrc.saha.org.za/hearing.php?id=55646&t=timol&tab=hearings.
Toegang op 10 April 2017 verkry.]
Hawa Timol
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 9 DBE/November 2017
NSS – Addendum
BRON 2D
Die artikel hieronder beskryf in breë trekke die NVG se voorneme om die moordsaak
van Ahmed Timol te heropen. Dit het op 26 Oktober 2016 op News24 verskyn en die
titel was 'AHMED TIMOL-DOODSONDERSOEK HEROPEN 2 DAE VOOR DIE 45STE
HERDENKING VAN SY DOOD'.
Die Timol-familietrust is Dinsdag deur die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in kennis
gestel van hulle besluit om die doodsondersoek te heropen. Dit is die gevolg van
familie- en politieke druk oor Ahmed Timol se moord. Timol se neef, Imtiaz Ahmed
Cajee, het hulde aan Timol se ma, Hawa Timol, gebring wat in 1996 voor die
Waarheids-en-Versoeningskommissie verskyn het om vir die heropening van haar
seun se saak te pleit.
'My ouma het intussen gesterf, maar sy sal vandag in die hemel glimlag,' het Cajee
gesê.
Hy het gesê intensiewe ondersoeke het die familie oortuig dat lede van die SAP-tak vir
die dood verantwoordelik was. Inligting oor Timol se moord is na die hoof van die
prioriteitsmisdaadvervolgingseenheid van die Nasionale Vervolgingsgesag gestuur.
Cajee het gesê die heropening van die doodsondersoek sal inligting verskaf oor wat
tydens die laaste dae van sy oom se lewe plaasgevind het.
Ander belangrike vrae wat verband hou met Timol se bewegings in die dae voor sy
inhegtenisneming is onbeantwoord. 'Is sy ondergrondse bedrywighede deur 'n
informant blootgestel? En, was die polisieblokkade waar hy in hegtenis geneem is 'n
rookskerm sodat dit gelyk het asof die inhegtenisneming toevallig was?' het die Timol-
familie gevra.
Ter nagedagtenis van die 45ste herdenking van sy dood sal die Ahmed Timol-
tentoonstelling in Ginsberg, King William's Town, geopen word.
Die Timol-familietrust het gesê hulle hoop dat die doodsondersoek 'n presedent
(voorbeeld) vir ander families sal wees om te volg.
[Uit http://www.news24.com/South Africa/News/ahmed-timol-inquest-reopened-2-days-before-45th-
anniversary-of-his-death-20161026. Toegang op 7 April 2017 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 10 DBE/November 2017
NSS – Addendum
VRAAG 3: HOE IS SUID-AFRIKA SE PLUIMVEEBEDRYF DEUR
GLOBALISERING BEÏNVLOED?
BRON 3A
Die bron hieronder fokus op globalisering en die invloed daarvan op ontwikkelende
lande. Dit het op 14 April 2014 in 'n artikel met die titel 'The Negative Effects of
Globalisation on South Africa' verskyn.
Globalisering verwys na die integrasieproses van die ekonomiese, politieke, sosiale
en kulturele verhoudings tussen mense, maatskappye en regerings van verskillende
nasies en lande. Dit is 'n proses wat gemik is op die verbetering van internasionale
beweging van goedere, dienste, arbeid en kapitaal. Hierdie proses beïnvloed ook
die omgewing, kultuur, politieke stelsels, ekonomiese ontwikkeling en vooruitgang
en menslike welstand van samelewings in die wêreld. Globalisering steun
internasionalisme en ondersteuning tussen lande, in teenstelling met nasionalisme en
proteksionisme, wat negatiewe kenmerke het.
Die globalisering van die ekonomie in die laaste 30 jaar, gelei deur die Wêreldbank, die
Internasionale Monetêre Fonds en transnasionale entiteite, het teen 'n baie vinnige pas
plaasgevind. Die verarming van Afrika is 'n gevolg van sulke prosesse. Besluite deur
internasionale organisasies verseker dat die oormag teen nasies van die Suide is, as
gevolg van magswanbalanse; reëls word gemaak om arm nasies te benadeel.
Internasionale ooreenkomste het dus ongelyke uitkomste. Dit het regerings van
ontwikkelende lande, soos Suid Afrika, onder druk geplaas om sy handelsbeperkings
tot die oorgrens vloei van kapitaal en produkte te verwyder, soos die pluimveebedryf.
[Uit http://www.123helpme.com/negative-effects-of-globalization-on-South-afrika-
preview.asp?id=168666. Toegang op 15 Mei 2017 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 11 DBE/November 2017
NSS – Addendum
BRON 3B
Die bron hieronder fokus op die krisis wat die Suid-Afrikaanse pluimveebedryf as
gevolg van goedkoop invoere uit lande in die Europese Unie ervaar het. Dit is deur
J Cameron in 'n artikel met die titel 'Unfair Game? South African Poultry Industry in
Crisis' geskryf.
'n Sentiment van anti-globalisering (verset) het begin om die wêreld na proteksionisme
te dryf en Suid-Afrikaanse pluimveeprodusente wil met die stroom meegaan. Hulle
reken boere in die Europese Unie (EU) tree nie regverdig op deur pluimveestukke
onder kosprys te verkoop nie. Maar EU-produsente ontken dat hulle pluimveeboudjies,
-dye en -vlerkies teen afvalprodukpryse in Suid-Afrika aflaai. In plaas daarvan sê hulle
dat Suid-Afrikaanse produsente nie op stryk is nie en dat EU-produsente bloot meer
effektief is. Hulle beweer, inteendeel, dat Suid-Afrikaanse pluimveeprodusente
verbruikers bedrieg deur pluimvee met water of soutwater in te spuit om hulle gewig
te laat styg. Duisende werksgeleenthede is op die spel, met party senior mense wat
waarsku dat Suid-Afrika binne 'n jaar dalk glad nie 'n pluimveebedryf sal hê nie.
Die Suid-Afrikaanse regering het alreeds tariewe gehef op pluimvee uit sommige lande
om plaaslike produsente die oorhand in die geveg om die binnelandse markaandeel
te gee. Dit lyk asof hulle weereens aan die produsente se oproep gehoor sal gee.
Per slot van rekening, met algemene (wydverspreide) werkloosheid het die regering
elke werksgeleentheid nodig wat dit in die hande kan kry en die verkiesing lê voor.
Suid-Afrikaanse pluimveeprodusente moet intussen meer tyd bestee aan bepeinsing
(oorweging) oor hoe hulle meer mededingend kan wees en minder tyd aan die
verantwoordelikheid afskuif. Hulle moet ook druk toepas vir kunsmatige sakevoordeel
om langtermyn-volhoubaarheid te verseker …
'Ons is beslis in nood,' het die Suid-Afrikaanse Minister van Handel en Nywerheid
('DTI'), Rob Davies, in 'n onderhoud gesê. 'Ons sal nie 'n bedryf hê om die
mededingendheid te verhoog indien invoere voortgaan om die mark te oorstroom nie.'
[Uit http://biznews.com/wef/davos-2017/2017/01/19. Toegang op 15 Mei 2017 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 12 DBE/November 2017
NSS – Addendum
BRON 3C
Die spotprent deur B Reynolds hieronder beeld die mededinging tussen plaaslike
produsente (Suid-Afrikaans) en goedkoop invoere (internasionale pluimvee-
produsente) uit. Die Minister van Handel en Nywerheid ('DTI'), Rob Davies, word as
die wedstrydskeidsregter uitgebeeld. Die spotprent het op 26 Januarie 2017 in die
Business Day verskyn.
[Uit http://www.businessdayonline.com. Toegang op 15 Mei 2017 verkry.]
EK WIL 'N
MOOI SKOON, GOEDKOOP
REVERDIGE INVOERE
GEVEG HÊ …
PLAASLIKE
PRODUSENTE
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 13 DBE/November 2017
NSS – Addendum
BRON 3D
Die artikel hieronder fokus op hoe die Departement van Handel en Nywerheid ('DTI')
gepoog het om die Suid-Afrikaanse pluimveebedryf te help.
Dit volg op die Food and Allied Workers' Union (FAWU) se pleidooi aan die regering
om regulasies met betrekking tot ingevoerde pluimvee te verskerp.
Die Departement van Handel en Nywerheid ('DTI') het Maandag gesê dat die Suid-
Afrikaanse regering saam met plaaslike pluimveeprodusente gewerk het om die
uitdagings in die bedryf as gevolg van pluimvee wat uit Europese Unie-lande, soos
Brittanje, ingevoer word, aan te pak.
Die 'DTI' het gereageer op die pleidooi van die Food and Allied Workers' Union
(FAWU) dat die regering die regulasies met betrekking tot ingevoerde pluimvee moet
verskerp in 'n poging om werksgeleenthede in die Suid-Afrikaanse pluimveebedryf te
red.
Ten minste drie groot Suid-Afrikaanse pluimveeprodusente het stappe aangekondig
om altesaam meer as 3 500 werkers te begin aflê sodat hulle voortgaande
ondernemings kan bly, aangesien hulle sukkel as gevolg van swaar mededinging van
goedkoop ingevoerde pluimvee.
Die 'DTI' het gesê dat die regering, deur hulle en die Departement van Landbou,
Bosbou en Visserye ('DAFF'), maatreëls ingestel het om plaaslike pluimveeprodusente
teen onregverdige mededinging te beskerm.
'Die regering het, met die aansoek deur die bedryf, deur die International Trade and
Administration Commission ('ITAC'), 'n aantal maatreëls in die laaste drie jaar ingestel
om die uitdagings in die bedryf aan te pak,' het die 'DTI' in 'n verklaring gesê.
'Die maatreëls wissel van 'n styging in tariewe wat 'n aantal pluimveeprodukte dek
wat met Suid-Afrika se internasionale verpligtinge ooreenkom, die instel van
handelsherstelmaatreëls waar bewyse aandui dat pluimvee in die Suid-Afrikaanse
mark gedump word of waar daar 'n skerp styging in invoere is.'
[Bron: The Citizen, 15 Mei 2017]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 14 DBE/November 2017
NSS – Addendum
ERKENNINGS
Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:
Berman, JK. 2001. Soweto Black Revolt, White Reaction (Ravan Press,
Johannesburg)
Morris, M. 2012. Apartheid: An Illustrated History (Jonathan Ball Publishers,
Jeppestown)
http://aese.psu.edu/students/research/ced-urj/news/2014/broken-promises-
globalization-and-bp-oil
http://news.bbc.co.uk/2/hi/africa/2253092.stm
http://overcomingapartheid.msu.edu/unit.php?id=65-24E-3&page=1
http://sabctrc.saha.org.za/hearing.php?id=55646&t=timol&tab=hearings
http://www.mcspotlight.org/campaigns/translations/trans_uk.html.
http://www.news24.com/SouthAfrica/News/ahmed-timol-inquest-reopened-2-days-
before-45th-anniversary-of-his-death-20161026
Sunday Times Inside Magazine, 9 Junie 1996
www.nydailynews.com/opinion/bramhall-cartoons-august-2d3-gallery-
Zille, H. 2016. Not Without a Fight: The Autobiography (Goodreads, South Africa)
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
History Grade 12 P2 NSC November 2017 Question Paper (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 NSC November 2023 Addendum (English)

Addendum
History Grade 12 P2 NSC November 2021 Addendum (English)

Addendum
History Grade 12 P2 NSC November 2020 Addendum (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P2 NSC November 2019 Addendum (English)

Addendum
History Grade 12 P2 NSC November 2018 Addendum (Afrikaans)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

Question paper