Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
GESKIEDENIS V1
NOVEMBER 2017
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2017 papers 





View all





History Grade 12 P1 NSC November 2017 Question Paper (Afr)
Grade 12 History Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2017 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · NSC November Exam · 2017. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 337.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 2 DBE/November 2017
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die
voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: DIE KOUE OORLOG: INSLUITING EN WAAGMANSKAP:
DIE KUBAANSE MISSIELKRISIS
VRAAG 2: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA
VRAAG 3: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
DIE SWARTMAGBEWEGING
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: GEVALLESTUDIE – CHINA
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE –
DIE KONGO EN TANZANIË
VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
DIE BURGERREGTEBEWEGING
2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat nodig
is om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word.
3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.
4. Beantwoord DRIE vrae soos volg:
4.1 Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN
moet 'n opstelvraag wees.
4.2 Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag
wees.
5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee.
6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
toepas.
7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 3 DBE/November 2017
NSS
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die
ADDENDUM gevind word.
VRAAG 1: HOE HET DIE ONTPLOOIING VAN SOWJETMISSIELE IN KUBA
KOUE OORLOG-SPANNING TUSSEN DIE VERENIGDE STATE
VAN AMERIKA EN DIE SOWJETUNIE VERHOOG?
Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Gebruik Bron 1A.
1.1.1 Haal TWEE maniere uit die bron aan wat die Amerikaanse regering
gebruik het om van Fidel Castro en sy ondersteuners ontslae te
raak. (2 x 1) (2)
1.1.2 Waarom, volgens die inligting in die bron, het Castro bystand van
die Sowjetunie verlang? (1 x 2) (2)
1.1.3 In die konteks van die Sowjetunie se bystand aan Kuba, verduidelik
wat Khrushchev met dié stelling: 'maar uiteindelik het Fidel met my
saamgestem' geïmpliseer het. (2 x 2) (4)
1.1.4 Lewer kommentaar op waarom jy dink Castro vir Khrushchev gevra
het om 'alles openbaar te maak' ten opsigte van die aflewering van
missiele in Kuba. (2 x 2) (4)
1.2 Raadpleeg Bron 1B.
1.2.1 Watter boodskappe dra die lugfoto oor? Gebruik die visuele leidrade
in die foto om jou antwoord te ondersteun. (2 x 2) (4)
1.2.2 Verduidelik tot watter mate 'n historikus die inligting in hierdie bron
bruikbaar sou vind in navorsing oor die ontplooiing van missiele
in Kuba. (2 x 2) (4)
1.3 Lees Bron 1C.
1.3.1 Volgens Kennedy, wie het hy verdedig nadat missielterreine in Kuba
ontdek is? (2 x 1) (2)
1.3.2 Verduidelik die konsep blokkade in die konteks van die ontplooiing
van missiele in Kuba. (1 x 2) (2)
1.3.3 Noem enige TWEE stappe wat Kennedy beweer het hy sou doen na
die ontdekking van Sowjetmissiele in Kuba. (2 x 1) (2)
1.3.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewer
kommentaar op waarom Kennedy besluit het om op 22 Oktober 1962
die Amerikaanse publiek toe te spreek. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 4 DBE/November 2017
NSS
1.4 Verwys na Bron 1B en 1C. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 1B die inligting
in Bron 1C ten opsigte van die ontplooiing van Sowjetmissiele in Kuba
ondersteun. (2 x 2) (4)
1.5 Raadpleeg Bron 1D.
1.5.1 Wat, volgens die bron, was die Sowjetunie se bedoeling met sy hulp
aan Kuba? (2 x 1) (2)
1.5.2 Verduidelik waarom jy dink Khrushchev besluit het om missiele in
Kuba te ontplooi. (2 x 2) (4)
1.5.3 Identifiseer enige TWEE beloftes in die bron wat die Sowjetregering
ten opsigte van Turkye gemaak het. (2 x 1) (2)
1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
verduidelik hoe die ontplooiing van Sowjetmissiele in Kuba Koue Oorlog-
spanning tussen die Verenigde State van Amerika en die Sowjetunie
verhoog het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 5 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 2: WAAROM HET KUBA IN 1975 BY DIE ANGOLESE
BURGEROORLOG BETROKKE GERAAK?
Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.
2.1 Verwys na Bron 2A.
2.1.1 Verduidelik die konsep koalisieregering in die konteks van die
1975 Alvor Ooreenkoms. (1 x 2) (2)
2.1.2 Watter bewyse in die bron dui daarop dat die Alvor Ooreenkoms
sterk ondersteuning vanaf ander Afrikalande gehad het? (1 x 2) (2)
2.1.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
waarom die Angolese Burgeroorlog ' 'n verlenging van die Koue
Oorlog' geword het. (2 x 2) (4)
2.2 Bestudeer Bron 2B.
2.2.1 Wat, volgens Agostinho Neto, het die Popular Movement for the
Liberation of Angola (MPLA) gemotiveer om bystand van Kuba te
versoek? (1 x 2) (2)
2.2.2 Noem TWEE vorme van bystand wat die MPLA by die Kubaanse
regering versoek het. (2 x 1) (2)
2.2.3 Volgens die inligting in die bron, watter tipe politieke ideologie het
Kuba na 1959 aangeneem? (1 x 2) (2)
2.2.4 Lewer kommentaar op waarom jy die inligting in hierdie bron as
bruikbaar sou beskou wanneer Kuba se betrokkenheid by die
Angolese Burgeroorlog nagevors word. (2 x 2) (4)
2.3 Lees Bron 2C.
2.3.1 Haal TWEE items uit die bron aan wat Kuba op 5 November 1975
aan die MPLA gestuur het. (2 x 1) (2)
2.3.2 Waarom, volgens Fidel Castro, het die MPLA Kuba se bystand
versoek? (1 x 2) (2)
2.3.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik hoe
Castro sy verhouding met die Sowjetunie en die MPLA beskou het.
(2 x 2) (4)
2.3.4 Lewer kommentaar op waarom jy dink Castro 'n negatiewe opinie
van President Ford en Kissinger oor Kuba se rol in Angola gehad
het. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 6 DBE/November 2017
NSS
2.4 Raadpleeg Bron 2D.
2.4.1 Watter boodskappe dra die spotprent oor? Gebruik die visuele
leidrade in die bron om jou antwoord te ondersteun. (2 x 2) (4)
2.4.2 Lewer kommentaar op die betekenis van die hamer en sekel in
die bron. (2 x 2) (4)
2.5 Verwys na Bron 2C en 2D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2C verskil van
die bewyse in Bron 2D ten opsigte van die rol wat die Sowjetunie en Kuba in
Angola gespeel het. (2 x 2) (4)
2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
verduidelik waarom Kuba in 1975 by die Angolese Burgeroorlog betrokke
geraak het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 7 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 3: HOE HET DIE SWARTMAGBEWEGING IN DIE 1960's SWART
AMERIKANERS GEMOBILISEER?
Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.
3.1 Verwys na Bron 3A.
3.1.1 Definieer die konsep Swart Mag in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
3.1.2 Waarom, volgens die bron, het Stokely Carmichael die ideologie van
Swart Mag bevorder? (2 x 1) (2)
3.1.3 Gee TWEE bewyse in die bron wat aandui dat die
Swartmagbeweging krities oor die Burgerregtebeweging was. (2 x 1) (2)
3.1.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
waarom die Swartmagbeweging in die 1960's die integrasie van die
Amerikaanse samelewing verwerp het. (2 x 2) (4)
3.2 Bestudeer Bron 3B.
3.2.1 Wat, volgens die inligting in die bron, was die DRIE uitdagings wat
swart Amerikaners in die gesig gestaar het? (3 x 1) (3)
3.2.2 Lewer kommentaar op waarom jy dink Malcolm X die regering van
die Verenigde State gekritiseer het. (2 x 2) (4)
3.2.3 Waarom, dink jy, is selfhelpprogramme in die 1960's onder swart
Amerikaners bevorder? (2 x 2) (4)
3.2.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
waarom 'n historikus hierdie bron bruikbaar sou vind wanneer die
Swartmagbeweging nagevors word. (2 x 2) (4)
3.3 Raadpleeg Bron 3C.
3.3.1 Watter boodskappe word in hierdie foto oorgedra? Gebruik die
visuele leidrade in die foto om jou antwoord te ondersteun. (2 x 2) (4)
3.3.2 Lewer kommentaar op die rol wat jy dink die Black Panther-koerant
in die swart Amerikaanse gemeenskap gespeel het. (2 x 2) (4)
3.4 Verwys na Bron 3A en 3C. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 3A die inligting
in Bron 3C ondersteun oor die invloed wat die Swartmagfilosofie op die swart
Amerikaanse gemeenskappe gehad het. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 8 DBE/November 2017
NSS
3.5 Lees Bron 3D.
3.5.1 Hoe, volgens die bron, het federale agente die Black Panther-party
onderdruk? (1 x 2) (2)
3.5.2 Lewer kommentaar op waarom dit vir die 'FBI' (Federale
Speurdiens) nodig was om die Black Panther-party van gematigde
swart en wit Amerikaanse gemeenskappe te isoleer. (1 x 2) (2)
3.5.3 Identifiseer EEN metode wat die 'FBI' gebruik het om verdeeldheid
onder lede van die Black Panther-party te bewerkstellig. (1 x 1) (1)
3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n
paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
verduidelik hoe die Swartmagbeweging in die 1960's swart Amerikaners
gemobiliseer het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V1 9 DBE/November 2017
NSS
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling.
Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.
VRAAG 4: GEVALLESTUDIE – CHINA
Die implementering van Mao Zedong se beleidsrigtings, die Groot Sprong Vorentoe en
die Kulturele Rewolusie, was 'n klaaglike mislukking.
Stem jy met hierdie stelling saam? Gebruik relevante bewyse van 1958 tot 1969 om
jou argument te ondersteun. [50]
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE –
DIE KONGO EN TANZANIË
Bespreek krities hoe Mobutu Sese Seko (die Kongo) en Julius Nyerere (Tanzanië) na
die verkryging van onafhanklikheid in die 1960's ekonomiese, maatskaplike en
kulturele ontwikkelinge in hulle onderskeie lande bevorder het.
Ondersteun jou argument met relevante bewyse. [50]
VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's:
DIE BURGERREGTEBEWEGING
Verduidelik tot watter mate die verskillende vorme van protes deur die burgerregte-
aktiviste suksesvol was om te verseker dat alle Amerikaners, ongeag ras, in die
Verenigde State van Amerika in die 1960's gelyk behandel is.
Ondersteun jou argument met relevante bewyse. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
History Grade 12 P2 NSC November 2017 Question Paper (Afr)

Question paper
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

Question paper
History Grade 12 P1 NSC November 2020 Question Paper (Eng)

Question paper
History Grade 12 P1 NSC November 2014 Question Paper (Eng)

Question paper
History Grade 12 P1 NSC November 2014 Question Paper (Afr)

Addendum
History Grade 12 Paper 1 Gauteng Mock 2017 Addendum
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum