Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
GESKIEDENIS V2
NOVEMBER 2017
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 21 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2017 papers 
%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c/v1-b616c542a8e748051a3c/card.webp)




View all



%202024%20Question%20Paper%20X05_hlayiso.com_--7b41ec15-3856-4a67-a9db-cedd424e51c5/v1-5ae80cf63fec0975a316/card.webp)

History Grade 12 Paper 2 NSC November 2017 Memo (Afrikaans)
Grade 12 History Paper 2 memorandum from the NSC November Exam 2017 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · NSC November Exam · 2017. Memorandum, 21 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 21
- File size
- 390.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 21
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 2 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
1. BRONGEBASEERDE VRAE
1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te
ontwikkel:
Kognitiewe Gewigstoekenning
Historiese vaardighede
Vlakke van vrae
• Onttrek inligting uit bronne
• Selektering en organisasie van relevante inligting 30%
VLAK 1
uit bronne (15)
• Definieer historiese begrippe/terme
• Interpretasie van bewyse uit bronne
40%
VLAK 2 • Verduidelik inligting verkry uit bronne
(20)
• Analiseer bewyse uit bronne
• Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne
• Skakel met bronne om bruikbaarheid,
betroubaarheid, eensydigheid en beperkings vas
30%
VLAK 3 te stel
(15)
• Vergelyk en kontrasteer interpretasies en
perspektiewe in die bronne en kom tot
onafhanklike gevolgtrekkings
1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word:
• By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige
ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of voorbeelde.
• Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die
vereistes van die vraag voldoen is.
• In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan
aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte
skrif aangedui.
• Daar word van leerlinge verwag om ʼn standpunt in te neem in die
beantwoording van ‘tot watter mate’ vrae om enige punte te verdien
1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae
• Gebruik 'n regmerk () vir elke korrekte antwoord.
• Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee redes
en word twee punte elk toegeken (); (1 x 2) wat neerkom op een rede en
twee punte toegeken word ().
• Indien 'n vraag 4 punte tel, word 4 regmerkies () aangedui.
Paragraafvraag
Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die inhoud en
die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte
toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer 'n antwoord op 'n
paragraafvraag geassesseer word:
• Lees die paragraaf en plaas 'n kolpunt (.) by elke punt binne-in die teks waar
die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord.
• Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat in staat
was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 3 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
• Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die paragraaf aan
die einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1,2, of 3) soos aangedui in die
holistiese rubriek en gee 'n kort kommentaar bv.
___________ . __________________________ . _________________________
_____________________________________________ . _________________
√√√√√
Vlak 2
Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf
• Tel al die regmerkies vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt op
die kantlyn regs onder, bv. 32
50
• Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die
antwoordeboek oorgedra word.
2. OPSTELVRAE
2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate:
• In staat sal wees om hul argument op 'n logiese en samehangende wyse te
stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en
bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om 'n redelike reeks feite of
'n effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde vraag te
beantwoord. Dit is noodsaaklik dat 'n opstel 'n inleiding, 'n samehangende en
gebalanseerde liggaam van bewyse en 'n slot het.
2.2 Nasien van opstelvrae
• Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word deur
die handboeke wat by 'n spesifieke sentrum gebruik is.
• Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as dit wat
ingesluit is by 'n riglyn vir nasien van 'n spesifieke opstel.
• By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet
kry vir enige ander relevante antwoord.
2.3 Globale assessering van 'n opstel
Die opstel sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat
die onderwyser die totale produk as 'n geheel sal bepunt sonder om die
samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder
aan om 'n individuele mening aan te bied deur gebruik te maak van geselekteerde
feitelike bewyse om 'n argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder
verwag word om slegs 'feite' neer te skryf om 'n beter punt te behaal nie. Hierdie
benadering sal leerders ook ontmoedig om 'model-antwoorde' voor te berei en te
reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem.
Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun
deur bewyse. Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met
holistiese assessering nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie,
aangesien die klem op die volgende val:
• Die konstruksie/daarstelling van 'n argument
• Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te
ondersteun
• Die leerder se interpretasie van die vraag.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 4 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
2.4 Assesseringsprosedures van die opstel
2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die opstel nagesien word.
2.4.2 Tydens die eerste deurlees van die opstel moet regmerkies toegeken word
vir 'n relevante inleiding (aangedui met 'n kolpunt ('bullet') in die
nasienriglyne), vir elke hoofmoment/aspek wat volledig gekontekstualiseer
is en 'n relevante slotopmerking (aangedui met 'n kolpunt in die
nasienriglyne) bv. 'n antwoord waar daar 5 hoofpunte is, sal daar dus 7
regmerkies wees.
2.4.3 Die volgende addisionele simbole kan ook gebruik word:
• Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik gekontekstualiseer nie
^
• Verkeerde stelling _________________
• Irrelevante stelling |
|
|
• Herhaling R
• Analise A√
• Interpretasie 1√
2.5. Die matriks
2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle
By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die matriks
voorsien word. Tydens die assessering van 'n opstel moet beide die inhoud en die
aanbieding in ag geneem word. 'n Punt word toegeken by die snypunt van die
inhoud en aanbieding, gebaseer op die sewe vaardigheidsvlakke.
(a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter mate
die hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak (op die matriks) vas te
stel.
I VLAK 4
(b) Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks) van die
aanbieding bepaal.
I VLAK 4
A VLAK 3
(c) Ken 'n algehele punt toe met behulp van die matriks.
I
A
VLAK 4
VLAK 3 }26–27
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 5 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
NASIENMATRIKS VIR OPSTELLE: TOTAAL: 50
VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1*
AANBIEDING Baie goed Baie goed Goed beplande en Argument beplan Toon soms bewys Poging Weinig of geen
beplande en beplande en gestruktureerde en gestruktureer. van 'n aangewend om poging om die
gestruktureerde gestruktureerde opstel. Bewyse tot 'n gestruktureerde en antwoord te opstel te
opstel. Goeie opstel. 'n Poog om 'n sekere mate beplande struktureer. struktureer nie.
sintese van Relevante duidelike argument gebruik om argument. Poog Grootliks
inligting. Het 'n argument is te ontwikkel. argument te om 'n argument vol beskrywend of
goed gevolg. Bewyse Gevolgtrekking ondersteun. te hou. poog om argument
INHOUD gebalanseerde, gebruik om die gemaak uit Slotsom bereik op Gevolgtrekking nie te ontwikkel. Geen
oorspronklike argument te bewyse om die grond van bewyse. duidelik poging om 'n
argument verdedig. Poog om argument te ondersteun deur gevolgtrekking te
ontwikkel met 'n onafhanklike ondersteun. bewyse nie. maak nie.
bewyse. Argument gevolgtrekking uit
deurgaans die bewyse te
volgehou en maak om die
verdedig. argument te
Onafhanklike ondersteun.
gevolgtrekking
gemaak uit
bewyse om die
argument te
ondersteun.
VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudskeuse ten 47–50 43–46
volle relevant tot
argument wat gevolg
is.
VLAK 6
Vraag is beantwoord.
Inhoudseleksie
43–46 40–42 38–39
relevant tot argument
wat gevolg is
VLAK 5
Vraag grotendeels
beantwoord. Inhoud
38–39 36–37 34–35 30–33 28–29
toereikend en
relevant.
VLAK 4
Vraag herkenbaar in
antwoord. Sommige 30–33 28–29 26–27
weglatings of
irrelevante keuse van
inhoud.
VLAK 3
Keuse van inhoud hou
verband met vraag,
maar beantwoord dit
26–27 24–25 20–23
nie. Hou soms nie
verband met die vraag
nie. Weglatings.
VLAK 2
Vraag ontoereikend 20–23 18–19 14–17
beantwoord. Inhoud
skraal.
VLAK 1*
Vraag ontoereikend
beantwoord of glad
14–17 0–13
nie. Ontoereikend of
irrelevante inhoud.
*Riglyne vir die toekenning van 'n punt in Vlak 1:
• Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0
• Inhoudseleksie sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer
nie = 1–6
• Vraag ontoereikend en vaag beantwoord ; klein poging om die opstel te struktureer = 7–13
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 6 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: WATTER LESSE KAN SUID-AFRIKANERS BY BANTU STEPHEN
BIKO, WAT VEERTIG JAAR GELEDE GESTERF HET, LEER?
1.1.1 [Definieer 'n historiese konsep uit Bron 1A - V1]
• Aanvaarding van jouself as swart/eiewaarde/ selfwaarde/ selfvertroue/
selfhandhawing
• Om trots te wees op wie jy is/ swart trots
• Dit gaan nie oor die kleur swart nie, maar eerder oor geestelike vrymaking
• Swart Suid-Afrikaners moet selfstandig wees en nie afhanklik wees van
wittes nie
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
1.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
• Sielkundige vrymaking/om swartes in staat te stel om hulleself van
negatiewe opvattings los te maak
• Losmaak van swartes van hul afhanklikheid van wittes
• Om al die swart mense in Suid-Afrika te verenig (3 x 1) (3)
1.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]
• Ontslae te raak van negatiewe idees/minderwaardigheidsgevoel/gelyk aan
wittes
• Om positiewe selfbewustheid/selfgeloof/selfstandigheid te ontwikkel
• Om trots te wees op swart kultuur, geskiedenis en nalatenskap
• Om trots te wees om swart te wees (2)
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2)
1.1.4 [Evaluering van die bruikbaarheid van Bron 1A – V3]
Die bron is BRUIKBAAR omdat:
• Dit gee insig oor die waardes van Swartbewussyn
• Dit noem die organisasies wat die waardes van Swartbewussyn ondersteun
het
• Identifiseer die drie komponente van Swartbewussyn naamlik sielkundige
vrymaking, onafhanklikheid en eenheid
• Dit definieer die idee van die alles omringende begrip om swart te wees
• Swartbewussyn verwerp die idee van verdeel en regeer en fokus op
eenheid onder Swart Suid-Afrikaners
• Swartbewussyn verwerp etniese verdeling
• Die invloed van Swartmagbewegings en skrywers/outeurs
• Dit verduidelik waarom daar ʼn gevoel van selfbewussyn was in die 1960s
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
• Biko was 'n invloedryke leier
• Biko het die polisie vir 'n jaar lank ontglip
• Biko het pamflette versprei om swartes aan te hits om onluste te stook
• Het swartes aangehits om die regering om ver te werp
• Hy is in hegtenis geneem volgens Afdeling 6 van die Wet op Terrorisme
• Hy is in voetboeie geplaas (enige 2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 7 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
1.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
• Steve Biko het pamflette uitgedeel om swartes bewus te maak van die
bevrydingstryd
• Die polisie het dit beskou as 'aanhitsing van swartes om onluste te stook'
• ‘Die regering om ver te werp’ (enige 1 x 2) (2)
1.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
• Die staatsdokters het gelieg om die ondervraers te beskerm
• Die staatsdokters het Gideon Niewoudt beskerm
• Die staatsdokters het die optrede van die staat beskerm
• Die staatsdokters het gelieg om 'n opstand teen die apartheid regering af
te weer
• Die staatsdokters het gelieg om die apartheidsregime te beskerm teen
plaaslike en internasionale verleentheid
• Die staatsdokters het vir hulle lewe gevrees
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.2.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
• Miserabele
• Brutale
• Eensame (enige 3 x 1) (3)
1.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C - V2]
• Die plakkaat was 'n herinnering aan wie Steve Biko was en wat hy gedoen
het vir die stryd teen onderdrukking/het hulde gebring/eer betoon/
gesalueer
• Die plakkaat openbaar hoe wreed die apartheid regime was toe hulle
Steve Biko ondervra en vermoor het terwyl hy in polisie aanhouding was
• Die plakkaat gee aanleiding tot veroordeling van die apartheidsregering en
verhoogde solidariteit in stryd teen verdrukking
• Die plakkaat moedig volgelinge aan om voort te gaan met die geveg teen
onderdrukking
• Om die Swartbewussynsfilosofie te bevorder
• Biko word in die plakkaat as ʼn martelaar gesien in die stryd teen apartheid
• Enige ander relevante response (enige 1 x 2) (2)
1.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C - V2]
(a) Gebalde vuis:
• Demonstreer krag aan die mense/Amandla
• Simboliseer krag/determinasie as 'n groep/onskuld
• ʼn Teken van weerstand/uitdaging
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2)
(b) Gebreekte kettings:
• Simboliseer vryheid van onderdrukking
• Bevry te word van diskriminasie/knegskap/boeie van minderwaardigheid
van die apartheidsregime
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 8 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
1.4.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]
• Allister Sparks het gevoel dat dit hul plig as joernaliste was om die publiek
in te lig oor hoe Steve Biko vermoor is
• Allister Sparks het geweet dat Biko beskou is as 'n bedreiging vir die
regering en het die manier waarop hy vermoor is bevraagteken.
• Allister Sparks het nie Minister Jimmy Kruger se verklaring geglo oor hoe
Steve Biko vermoor is nie
• Allister Sparks wou die apartheidsregering ontmasker vir die wandade wat
dit gepleeg het teen die anti-apartheidsaktivis
• Allister Sparks het gevoel dat die waarheid omtrent Steve Biko se dood
van nasionale belang was
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.4.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1]
• Helen Zille het die pataloog se verslag verkry
• Helen Zille is na Port Elizabeth gestuur om diegene te kontak wat moontlik
kontak met Steve Biko in sy finale dae gehad het
• Helen Zille is na Port Elizabeth gestuur om met diegene wat moontlik
kontak met Steve Biko in sy finale dae gehad het onderhoude te voer
(enige 2 x 1) (2)
1.4.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]
• Jimmy Kruger het impliseer dat Steve Biko homself tot die dood
uitgehonger het
• Dr. Hersch het gesê dat Steve Biko nie maer was toe hy gesterf het nie en
daarom kon hy hom nie tot die dood uitgehonger het nie
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
1.5 [Vergelyking van bewyse uit Bron 1B en 1D – V3]
• In Bron 1B het Steve Biko breinskade opgedoen wat hom sou doodmaak
en in Bron 1D het die patoloë bevestig dat die oorsaak van die dood
breinskade was
• In Bron 1B word beklemtoon dat Biko gesterf het van breinskade terwyl
Bron 1D beweer die minister het gelieg oor hoe Steve Biko gesterf het
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 9 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
1.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
Kandidate se antwoorde kan die volgende aspekte insluit:
• Steve Biko se Swartbewussynsfilosofie het swart trots en selfvertroue
inspireer (Bron 1A)
• Steve Biko se Swartbewussynsfilosofie swart Suid-Afrikaners
aangemoedig om hul denke te bevry (eie kennis)
• Steve Biko se Swartbewussynsfilosofie het swart Suid-Afrikaners
aangemoedig om hul eie vryheid te bepaal (Bron 1A)
• Steve Biko het die 'swart man' geleer om homself as 'n totale wese te
beskou – onafhanklikheid (Bron 1A)
• Steve Biko se dood het die wreedheid van die apartheidsregering aan die
lig gebring (Bron 1B)
• Stephen Bantu Biko was 'n invloedryke leier (leierskap) (Bron 1B)
• Steve Biko het swart Suid-Afrikaanse studente geïnspireer om
onafhanklik van blankes op te tree (eie kennis)
• Steve Biko het eenheid en solidariteit onder swart Suid-Afrikaners
geïnspireer (Bron 1C)
• Die media/koerante het ʼn belangrike rol gespeel in die ontbloting van die
wreedheid/brutaliteit van die apartheidsregering (Bron 1D)
• Swart Suid-Afrikaners is geïnspireer deur Steve Biko en het die apartheid
regime uitgedaag (eie kennis)
• Die reg tot 'n regverdige verhoor (eie kennis)
• Beskerming van menseregte en menswaardigheid (eie kennis)
• Enige ander relevante antwoord
Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken:
• Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon
geen of min begrip om die lesse te verduidelik wat
Suid-Afrikaners by Bantu Stephen Biko, wat veertig PUNTE
VLAK 1
jaar gelede gesterf het, kan leer. 0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf
nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou grootliks verband
met die onderwerp, bv. toon begrip om die lesse te
verduidelik wat Suid-Afrikaners by Bantu Stephen PUNTE
VLAK 2
Biko, wat veertig jaar gelede gesterf het, kan leer. 3–5
• Gebruik bewyse op 'n baie basiese manier om 'n
paragraaf te skryf.
• Gebruik relevante bewyse, bv. toon 'n deeglike begrip
om die lesse te verduidelik wat Suid-Afrikaners kan
leer by Bantu Stephen Biko, wat veertig jaar gelede PUNTE
VLAK 3
gesterf het, kan leer. 6–8
• Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde
paragraaf en toon begrip van die onderwerp.
(8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 10 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 2: HOE HET DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
DIE MOORD VAN POLITIEKE AKTIVISTE, SOOS AHMED TIMOL,
HANTEER?
2.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A - V1]
• Hy is by 'n polisieblokkade gestop (1 x 1) (1)
2.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
• Kopieë van Inkululeku
• Die 50ste herdenkingstoespraak van die SAKP
• Lys met name en adresse (enige 2 x 1) (2)
2.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
• Sy liggaam was bedek met kneuswonde
• Sy liggaam het snywonde gehad
• Sy liggaam het rowe gehad
• Sy linkeroog het in die oogholte ingesink en is onder die lid uitgehaal
(enige 3 x 1) (3)
2.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]
Kandidate kan of BETROUBAAR TOT ʼn GROOT MATE OF
BETROUBAAR TOT ʼn MINDERE MATE kies en hul antwoord ondersteun
met relevante bewyse.
MEER BETROUBAAR
• Die polisie se getuienis is die enigste getuienis van hoe Timol gesterf het
• Die polisie se getuienis is 'n ooggetuieweergawe wat deur een van hulle
eie mense gegee is
• Enige ander relevante antwoord
MINDER BETROUBAAR
• Die polisie het 'n geskiedenis van valse verklarings oor die behandeling
van aangehoudenes
• Die polisie het 'n geskiedenis van gewelddadige ondervraging van
aangehoudenes
• Die polisie het 'n geskiedenis van fisiese mishandeling/marteling van
aangehoudenes
• Die polisie se weergawe van gebeure kan nie bevestig word nie
Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
• Om polities gemotiveerde growwe menseregteskendings wat tussen 1960
en 1994 gepleeg was, te ondersoek
• Om voorkom dat sulke gruweldade weer gebeur
• Om 'n verdeelde nasie gewond deur die verlede te verenig
• Om amnestie aan te bied (enige 1 x 2) (2)
2.2.2 [Definisie van 'n konsep uit Bron 2B – V1]
• Die toestaan van amptelike kwytskelding aan mense wat polities verwante
misdade gepleeg het
• Die toestaan van amptelike kwytskelding aan oortreders wat die
gruweldade wat hulle vir politieke redes gepleeg het, openbaar
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 11 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
2.2.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
(a) Die Voorsitter
• Aartsbiskop Desmond Tutu (1 x 1)
(b) Die Ondervoorsitter
• Alex Borraine (1 x 1) (2)
2.2.4 [Interpretasie en sintese van bewyse uit Bron 2B – V2]
Onderneem herstellende geregtigheid omdat:
• Dit wanbalanse wou regstel
• Dit wou gebroke verhoudings herstel met genesing en harmonie
• Dit wou versoening/afsluiting bevorder
• Dit wou oortreders aanmoedig om die waarheid te praat
• Dit wou uitvind oor politieke moorde en die verdwyning van aktiviste, soos
Timol
• Om nasiebou te bevorder
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]
• Om te toon dat Hawa Timol getuienis by die WVK gegee het oor die moord
van haar seun, Ahmed Timol
• Om die hartseer, smart wat Hawa Timol verduur het gedurende die gee
van getuienis te toon
• Om te toon dat Hawa Timol steeds na die waarheid gesoek het
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]
• Sy wou weet wie was verantwoordelik vir die moord van haar seun
• Sy wou die waarheid weet oor die moord van haar seun
• Om genesing te vind
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.4 [Vergelyking van bewyse uit Bronne 2B en 2C – V3]
• Bron 2B beweer dat die WVK gestig is om uit te vind oor politieke moorde
en Bron 2C wys dat Hawa Timol voor die WVK verskyn het om uit te vind
oor die moord op haar seun
• Bron 2B beweer dat Hawa Timol voor die WVK verskyn het opsoek na die
waarheid oor die moord van haar seun en Bron 2C toon bewyse van
Hawa Timol wat voor die WVK verskyn
• Bron 2B verwys na Hawa Timol as ‘swak en verward’ en in Bron 2C word
sy bygestaan by die verhoor wat toon dat sy swak was
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 12 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
2.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V1]
• As gevolg van familie- en politieke druk (1 x 2) (2)
2.5.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2]
• Omdat Hawa Timol, ongeag haar ouderdom en broosheid, voor die WVK
verskyn het om te pleit dat haar seun se saak heropen word
• Na soveel jare wat verby is, was Hawa Timol vasbeslote om voor die WVK
te verskyn op soek na die waarheid oor die moord van haar seun
• Omdat die verskyning voor die WVK vir haar traumaties was
• Om Hawa Timol se waardigheid te herstel
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.5.3 [Interpretasie van bewyse uit 2D – V2]
• Ander families wie se familielede verdwyn het of vermoor is deur die
polisie gedurende die apartheidsregime moet aanhou om vir die waarheid
die soek
• Ander families moet nooit ophou hoop nie – hulle moet druk op die NVG
plaas om sake te heropen waar die waarheid oor die dood van geliefdes
nie openbaar is nie
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
2.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
Kandidate se antwoorde kan die volgende aspekte insluit:
• Die doel van die WVK was om uit te vind oor die politieke moorde en die
verdwyning van aktiviste, soos Ahmed Timol (Bron 2A)
• Hawa Timol het voor die WVK verskyn om getuienis te lewer in die hoop
om genesing te kry oor die moord van haar seun (Bron 2B)
• Hawa Timol, alhoewel broos en oud, het getuienis gelewer in die hoop dat
oortreders na vore sou kom om hulle betrokkenheid by haar seun se dood
te onthul (Bron 2C)
• Die doel van die WVK was om te verhinder dat sulke gruweldade weer
plaasvind en om 'n verdeelde nasie na die wonde van apartheid te verenig
(Bron 2B)
• Baie van die polisiemanne wat Timol ondervra en gemartel het, was al
dood of het die polisiemag verlaat, wat beteken het dat die WVK nie die
ondersoek na hoe Timol vermoor is, kon voltooi nie (Bron 2A)
• Hawa Timol het by die WVK gepleit om haar seun se saak te heropen
(Bron 2D)
• Die NVG het uiteindelik ingestem om die Timol-saak te heropen (Bron 2D)
• Die WVK was 'n nuttige platform om die waarheid te openbaar oor die
verdwyning van aktiviste, soos Timol (eie kennis)
• Indien die waarheid by die WVK-verhore vertel is, het dit vir die
geaffekteerde families genesing verskaf (eie kennis)
• Enige ander relevante antwoord
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 13 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken:
• Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon
geen of min begrip om te verduidelik hoe die WVK
die moord van politieke aktiviste, soos Ahmed PUNTE
VLAK 1
Timol, hanteer het nie. 0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf
skryf nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou grootliks verband
met die onderwerp, bv. toon begrip oor hoe die
WVK die moord van politieke aktiviste, soos PUNTE
VLAK 2
Ahmed Timol hanteer het. 3–5
• Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf
te skryf.
• Gebruik relevante bewyse, bv. toon 'n deeglike
begrip oor hoe die WVK die moord van politieke
PUNTE
VLAK 3 aktiviste, soos Ahmed Timol, hanteer het.
6–8
• Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde
paragraaf en toon begrip van die onderwerp.
(8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 14 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 3: HOE IS SUID-AFRIKA SE PLUIMVEEBEDRYF DEUR
GLOBALISERING BEÏNVLOED?
3.1.1 [Verduideliking van 'n historiese konsep uit Bron 3A – L1]
• Globalisering verwys na die tegnologiese, politieke en ekonomiese
veranderinge wat daartoe gelei het dat die wêreld op 'n ander manier as
20 jaar gelede funksioneer.
• Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2)
3.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – L1]
• Omgewing
• Kultuur
• Politieke stelsels
• Ekonomiese ontwikkeling en welvaart/voorspoed (enige 3 x 1) (3)
3.1.3 [Interpretasie of bewyse uit Bron 3A – L2]
• Internasionalisme laat groter ekonomiese samewerking tussen lande toe
• Internasionalisme laat groter politieke samewerking tussen lande toe
• Internasionalisme laat onderlinge ooreenkomste tussen lande toe
• Internasionalisme laat groter ondersteuning tussen lande toe
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – L1]
• Wêreldbank
• Internasionale Monetêre Fonds (2 x 1) (2)
3.1.5 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – L1]
• Om oorgrens vloei van kapitaal te verseker
• Om oorgrens vloei van produkte te verseker (2 x 1) (2)
3.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – L1]
• Hulle het lande in die EU daarvan beskuldig dat hulle hoenderstukke onder
kosprys verkoop (1 x 1) (1)
3.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – L2]
• Hulle het gesê dat Suid-Afrikaanse pluimveeboere nie op stryk is nie
• Hulle het gesê dat die boere in die EU meer effektief was
• Hulle het gesê dat die Suid-Afrikaanse pluimveeboere verbruikers bedrieg
deur pluimvee met water of soutwater inspuit om hulle gewig te
vermeerder
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.2.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – L1]
• Om werkloosheid in die pluimveebedryf te bestry
• Die verkiesing lê voor
• Om plaaslike produsente die oorhand in die geveg om die binnelandse
markaandeel te gee 2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 15 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
3.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – L2]
• Die Minister van Handel en Nywerheid wou probeer om 'n
handelsooreenkoms tussen die Europese Unie-pluimveeboere en hulle
Suid-Afrikaanse eweknieë te beding (Rob Davies as skeidsregter)
• Dit lyk asof die minister die pluimveeboere van beide die Europese Unie
en Suid-Afrika vir handelskompromieë smeek (hy is op sy knieë)
• Die pluimveeboere van die EU was vir goedkoop pluimvee-invoere
verantwoordelik
• Die Minister van Handel en Nywerheid lyk asof hy hulpeloos is om die
uitdagings wat die plaaslike pluimveeprodusente teëgekom het, op te los
• Die Minister van Handel en Nywerheid lyk asof hy by plaaslike produsente
pleit om om begrip te toon vir die invloed wat invoere op plaaslike
produsente het (hy wil 'n skoon geveg hê)
• Die Minister van Handel en Nywerheid lyk gestres as gevolg van die
invloed van pluimvee-invoere wat die plaaslike mark oorstroom het
• Die Minister van Handel en Nywerheid is onder druk om vir 'n
handelsooreenkoms te beding wat beide plaaslike produsente en die
Europese Unie-produsente tevrede sal stel
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – L2]
• 'GOEDKOOP INVOERE' verteenwoordig lande in die EU wat ontwikkelde
lande is in teenstelling met 'PLAASLIKE PRODUSENTE' (Suid-Afrika) wat
'n ontwikkelende land is.
• Dit lyk asof die 'GOEDKOOP INVOERE' van EU-pluimveeboere die
oorhand in die 'handelsoorlog' met 'PLAASLIKE PRODUSENTE' (Suid-
Afrikaanse pluimvee- boere) het
• Die 'GOEDKOOP INVOERE' (Europese Unie) is finansieel sterker as die
'PLAASLIKE PRODUSENTE' (Suid-Afrika) en kan bekostig om hulle
produkte teen laer pryse te verkoop
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.4 [Vergelyking van bewyse uit Bron 3B en 3C - L3]
• Bron 3B beweer dat die Suid-Afrikaanse pluimveebedryf 'n krisis beleef
omdat boere in die EU toegelaat is om hulle pluimvee onder kosprys te
verkoop en Bron 3C aandui dat boere in die EU 'n groter aandeel van die
mark gehad het as gevolg van hulle laer pryse
• Bron 3B beweer dat die Suid-Afrikaanse Minister van Handel en
Nywerheid, Rob Davies, bekommerd was oor die invloed van goedkoop
pluimvee-invoere op Suid-Afrika, en Bron 3C aandui dat hy probeer het om
'n ooreenkoms te beding wat beide plaaslike produsente en die Europese
Unie-produsente tevrede sou stel
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – L1]
• Food and Allied Workers' Union (FAWU) (1 x 1) (1)
3.5.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – L1]
• Brittanje (1 x 1) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 16 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
3.5.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – L2]
• Die Departement van Handel en Nywerheid ('DTI') en die Departement van
Landbou, Bosbou en Visserye ('DAFF') het maatreëls ingestel om
pluimveeprodusente teen onregverdige mededinging te beskerm
• Die DTI het beweer dat die Suid-Afrikaanse regering saam met plaaslike
pluimveeprodusente gewerk het om die uitdagings in die bedryf aan te pak
• Die DTI en die DAFF het tariewe verhoog
• Die DTI en die DAFF het handelsherstelmaatreëls ingestel
• Die DTI het op FAWU se versoek gereageer om regulasies oor die invoer
van pluimvee te verskerp
• Die DTI het te kenne gegee dat dit 'n aantal maatreëls teen die bedryf
ingestel het om hierdie uitdagings aan te pak
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.5.4 [Bepaal die bruikbaarheid van bewyse in Bron 3D – L3]
Die bron is BRUIKBAAR omdat:
• Dit die invloed wat pluimvee-invoere op die Suid-Afrikaanse mark gehad
het beklemtoon
• Dit die vasberadenheid van die vakunie FAWU om die poste van hulle lede
te red beklemtoon
• Dit die metodes wat die regering geïmplementeer het om die Suid-
Afrikaanse pluimveebedryf van internasionale mededinging te red
beklemtoon
• Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4)
3.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – L3]
Kandidate kan die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit:
• Die IMF en die Wêreldbank het die Suid-Afrikaanse regering onder druk
geplaas om die handelsbeperkinge te verwyder (Bron 3A)
• Die verwydering van handelsbeperkinge het gelei tot die oorgrens vloei
van produkte (Bron 3A)
• Die Suid-Afrikaanse pluimveeprodusente het 'n sentiment van anti-
globalisering (verset) en proteksionisme ontwikkel (Bron 3B)
• Die Suid-Afrikaanse pluimveeboere het die Europese Unie-boere van
dumping beskuldig (Bron 3B)
• Die Europese Unie het Suid-Afrikaanse pluimveeboere van bedrog ten
opsigte van produksie beskuldig (Bron 3B en 3D)
• Die Suid-Afrikaanse regering het tariewe op die invoer van pluimvee
ingestel (Bron 3B en 3D)
• Die Minister van Handel en Nywerhede is onder druk geplaas om 'n
handelsooreenkoms te onderhandel wat beide plaaslike pluimvee-
produsente en die Europese Unie-produsente bevredig (Bron 3C)
• FAWU het ingetree om hulle lede te beskerm en druk op die regering
geplaas om stappe te doen om Suid-Afrika se pluimveebedryf te red (Bron
3D)
• Goedkoop pluimvee-invoere het tot die verlies van duisende werkers se
poste by Rainbow Chickens in KwaZulu-Natal gelei (eie kennis)
• Enige ander relevante antwoord
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 17 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken.
• Gebruik bewyse op 'n elementêre wyse, bv. toon geen of
min begrip van hoe Suid-Afrika se pluimveebedryf deur PUNTE
VLAK 1
globalisering beïnvloed is nie. 0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou grootliks met die
onderwerp verband, bv. toon begrip van hoe Suid-Afrika
PUNTE
VLAK 2 se pluimveebedryf deur globalisering beïnvloed is.
3–5
• Gebruik bewyse op 'n baie basiese manier om om 'n
paragraaf te skryf.
• Gebruik relevante bewyse, bv. toon 'n deeglike begrip van
hoe Suid-Afrika se pluimveebedryf deur globalisering
PUNTE
VLAK 3 beïnvloed is.
6–8
• Gebruik bewyse baie doeltreffend in 'n georganiseerde
paragraaf wat begrip van die onderwerp toon.
(8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 18 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA:
DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's
[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet verduidelik hoe PW Botha se pogings tot hervorming van apartheid
begroet was met intense internasionale weerstand van anti-apartheidsbewegings.
Kandidate moet argumenteer hoe die internasionale weerstand aanleiding gegee het
tot die uiteibdelike val van die apartheid regime in die 1980's.
HOOFASPEKTE
Kandidate kan die volgende aspekte in hulle antwoord insluit:
• Inleiding: Kandidate moet 'n standpunt inneem en bewys hoe internasionale anti-
apartheidsbewegings PW Botha se regime uitgedaag het gedurende die 1980's.
UITBREIDING
• Stigting en rol van die Anti-Apartheid Movement (AAM) in die Verenigde
Koninkryk/Ierse anti-apartheid beweging
• Die rol van die International Defence Aid Fund (het fondse beskikbaar gestel vir
anti-apartheidsaktiwiteite
• Botha se pogings om apartheid te hervorm deur dien skepping van die Driekamer
parlementêre stelsel in 1983
• PW Botha se Rubicon-toespraak in 1985 het die internasionale gemeenskap
forseer om op te tree wat begin het met verskillende vorms van boikotte, sanksies
en disinvestering teen die apartheidsregering
• Sportboikotte Die rol van die Suid-Afrikaanse Nie-Rassige Olimpiese Komitee
(SANRO) (veldtogte teen diskriminasie in sport/gekant teen slegs blanke deelname
van Suid-Afrikaanse spanne in internasionale sport byeenkomste)
• Die rol van Halt All Racial Tours (HART) (het protesaksies geloods teen die
rassistiese' Springbok rugbytoer in Nieu-Seeland in 1981)
• Die rol van die Suid-Afrikaanse Sportraad (SARS) (het politieke verbintenisse met
die UDF en COSATU gestig en hulle het aan gedring dat sport boikotte handhaaf
word totdat apartheid beëindig word/hul slagspreuk Geen normale sport in 'n
abnormale gemeenskap nie)
• Teen die laat 1980's was Suid-Afrika verban uit 90% van wêreldsport
• Kulturele Boikotte In 1985 het Amerikaanse kunstenaars teen apartheid protes en
geweier om in Suid-Afrika op te tree en geld ingesamel vir die bevryding bewegings
• In 1986 die Vryheidsfees in Londen
• Musikante het hul solidariteit met vryheidsliewende Suid-Afrikaners uitgespreek
• Akademiese Boikotte (Internasionale geleerdes het geweier om na Suid-Afrika te
reis/Internasionale drukkers het geweier om Suid-Afrikaanse manuskripte te
publiseer en om toegang te gee tot informasie/Internasionale konferensies het
Suid-Afrikaanse geleerdes verbied/Buitelandse instellings het Suid-Afrika
akademiese toegang geweier en het geweier om Suid-Afrikaanse grade te erken
• Verbruikersboikotte OPEC het 'n handelsverbod op olieverkope aan Suid-Afrika
geplaas (Suid Afrika het 'n ekonomiese resessie gedurende die 1980's beleef) Ierse
werkers het geweier om vrugte uit Suid-Afrika te hanteer/Invoer van natuurlike
produkte van Suid-Afrika – steenkool, yster, staal – was verbied
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 19 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
• Desinvestering – In die 1980's het buitelandse beleggings met 30% gedaal; teen
1980 het Brittanje alreeds van die Simon stad hawe disinvesteer; General Motors
en Barclays Bank het uit Suid-Afrika onttrek/In die 1980's het die Suid-Afrikaanse
ekonomie gesukkel omdat beleggers die land verlaat het/ Die uitwerking van die
AAM protesaksie het 'n negatiewe effek op die Suid-Afrikaanse regering.
• Tussen 1985 en 1990 het meer as 200 Amerikaanse maatskappye uit Suid-Afrika
onttrek (Die Universiteit van Kalifornië het beleggings van meer as drie miljard
dollars uit Suid-Afrika onttrek.
• Sanksies (In 1980's die Sullivan Principle (werkers van alle VSA maatskappye
moet gelyk behandel word) In 1985 het Amerikaanse Bank – Chase Manhattan
Bank bande met Suid-Afrika verbreek; die Johannesburgse Aandelemark (JAM) het
vir vier dae gesluit. Die waarde van die rand het gedaal met 34% van 54 tot
34 sent), in 1986 het die VS Kongres 'n wet aanvaar wat alle nuwe beleggings en
lenings in Suid-Afrika verbied het; groot maatskappye soos General Electric, Pepsi
Cola, General Motors, Mobil en IBM het hul aktiwiteite in Suid-Afrika gestop; VSA
het gedreig om wapen transaksies te stop met land wat wapens aan Suid-Afrika
verskaf; in 1986 het die Anti-Apartheid Wet van die VSA veroorsaak dat Europa en
Japan sanksies teen Suid-Afrika instel/Internasionale banke het vertroue in Suid-
Afrika se ekonomie verloor)
• In 1982 het die Verenigde Nasies apartheid veroordeel en 'n beroep gedoen vir
totale sanksies teen Suid-Afrika
• In 1985 het die Europese Ekonomiese Gemeenskap alle nuwe beleggings in Suid-
Afrika verbied
• In1988 het een vyfde van Britse maatskappye hul besighede uit Suid-Afrika onttrek
as gevolg van druk van hul aandeel houers/Barclays Bank, het hul aandele verkoop
as gevolg van druk van die Britse publiek/Suid-Afrika se ekonomie het aangehou
stagneer en het 'n groeikoers van slegs 1.1%
• Bevry Mandela-veldtog (Wembley Stadion/Verenigde Nasies/VN Veiligheidsraad
en Algemene Vergadering doen 'n beroep vir die vrylating van Nelson Mandela)
• Die rol van Internasionale Vakbonde (Die AAM in Europa en Australië; Liverpool
dokwerkers/Finland se Transport Workers' Union stel 'n verbod op handel in met
Suid-Afrika)
• Dit het meegebring dat Suid-Afrika groot ekonomiese swaarkry beleef het en was
forseer om te begin om met bevrydingsorganisasies in Suid-Afrika te onderhandel
• Die rol van die frontliniestate
• Enige ander relevante antwoord
• Slot: Kandidate moet hul argument saamvat met 'n relevante slot [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 20 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet verduidelik hoe politieke leierskap en verbintenis van sleutel Suid-
Afrikaanse rolspelers die weg gebaan het vir die geboorte van 'n nierassige demokratiese
Suid-Afrika in 1994.
HOOFASPEKTE
Kandidate kan die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit:
• Inleiding: Kandidate moet aandui hoe politieke leierskap en verbintenis van sleutel
Suid-Afrikaanse rolspelers die weg gebaan het vir 'n nierassige demokratiese Suid-
Afrika in 1994.
UITBREIDING
• De Klerk kom aan bewind in 1989 – kort agtergrond
• De Klerk se toespraak in die parlement – 2 Februarie 1990 (Politieke leierskap)
• Die ontbanning van politieke en gemeenskapsorganisasies soos die ANC en SAKP
• Die verwydering van beperkinge op COSATU, AZAPO, ens. (Politieke leierskap)
• De Klerk se besluit om Mandela uit die tronk vry te laat op 11 Februarie 1990 wat die
weg gebaan het vir onderhandelinge (Politieke leierskap en verbintenis)
• Groote Schuur Minuut – 2 Mei 1990 (ANC en NP ontmoet, ANC-afvaardiging onder
leiding van Nelson Mandela, NP-afvaardiging onder leiding van FW de Klerk) (Politieke
leierskap en verbintenis)
• Apartheidswetgewing tot niet verklaar soos die Aparte Reservering van Geriewe Wet
(Politieke leierskap en verbintenis)
• Pretoria Minuut – 6 Augustus 1990 (ANC stem in om die wapenstryd op te skort)
(Politieke leierskap en verbintenis)
• CODESA 1 (19 politieke party met AZAPO, KP en PAC uitgesluit/300 afgevaardigdes)
(Politieke leierskap en verbintenis)
• Geweld ontplof in dele van die land, soos aan die Rand en Natal
• Slegs Blanke referendum en uitwerking (Maart 1992) (Politieke leierskap)
• CODESA 2 (2 Mei 1992) misluk. Partye kon nie saamstem oor 'n nuwe grondwetlike
liggaam en tussentydse regering nie (Politieke leierskap en verbintenis)
• NP dring aan op minderheid veto terwyl die ANC aandring op 'n tussentydse regering
wat nie langer as 18 maande sal dien nie en eenvoudige meerderheidsregering
• Boipatong-slagting en die gevolge (17 Junie 1992)
• Bhisho-slagting het onderhandelingsproses ontspoor (7 September 1992)
• Memorandum van Verstandhouding geteken op 26 September 1992 tussen Roelf
Meyer (NP) en Cyril Ramaphosa (ANC) (Politieke leierskap en verbintenis )
• Sluipmoord op Chris Hani (10 April 1993) en uitwerking op Suid-Afrika
• Veelpartyonderhandelingsforum (Politieke leierskap en verbintenis)
• Regsgesinde (AWB) aanval op die Wêreldhandelsentrum en gevolge
• Sunset Clause ingestel deur Joe Slovo het die dooie punt in onderhandelings verbreek
(Politieke leierskap en verbintenis)
• Verkiesingsdatum aangekondig – 27 April 1994 (Politieke leierskap)
• ANC het die verkiesing gewen en Mandela word die eerste swart president
• Enige ander relevante antwoord
• Slot: Kandidate moet hul argument saamvat met 'n relevante slot. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 21 DBE/November 2017
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WÊRELDORDE:
DIE GEBEURE VAN 1989
[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet aandui of hulle met die stelling saamstem of nie. Hulle moet aandui hoe
Gorbachev se beleide van Glasnost en Perestroika aanleiding gegee het tot die
ineenstorting van die Sowjetunie en hoe dit 'n direkte impak op die politiek van Suid-Afrika
gehad het.
HOOFASPEKTE
Kandidate kan die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit:
• Inleiding: Kandidate moet aandui hoe die ineenstorting van die Sowjet Unie die weg
gebaan het vir verandering in Suid-Afrika. Hulle moet hul gedagtegang met relevante
bewyse ondersteun.
UITBREIDING
• Teen die einde van 1989 het die Sowjetunie ineengestort en sy uitwerking
• Die kommunistiese regimes in Oos-Europa het ineengestort
• Politieke verandering in die res van die wêreld het druk op die apartheidsregime
geplaas om met veranderinge te begin
• Die val van kommunisme affekteer beide die Nasionale Party en die ANC
• Die Nasionale Party se vrees vir 'n kommunistiese beheerde ANC was nou ongegrond
• Die Nasionale Party was nou gereed om met die ANC te onderhandel
• Na die ineenstorting van kommunisme in die Sowjetunie, het die ANC nie verdere
ondersteuning van die Sowjetunie ontvang nie
• Die ANC kon nie meer op die Sowjetunie steun vir ekonomiese en militêre
ondersteuning nie
• Die Nasionale Party se bewering dat dit Suid-Afrika teen 'n kommunistiese aanslag
beskerm, het onrealisties geword
• Lande in die Weste het die benadering dat Suid-Afrika sy eie probleem vreedsaam en
demokraties moes oplos, ondersteun
• Daar was geen twyfel dat voortdurende onderdrukking van swart Suid-Afrikaners deur
die apartheidsregime nie volhoubaar was nie en politieke onstabiliteit tot volg sou hê
• Die regering het begin glo dat hervorming nodig was wat die ontwikkeling van 'n sterk
middelklas moes insluit wat moes optree as 'n 'bulwark' teen die revolusie
• PW Botha het 'n beroerte aanval gekry en was opgevolg deur FW de Klerk
• De Klerk besef Suid-Afrika se moeilike politieke toestand en het begin aanvaar dat
swart Suid-Afrikaners se stryd teen apartheid was nie 'n sameswering wat uit Moskou
beheer was nie
• Dit het De Klerk in staat gestel om met samesprekings by die bevrydingsorganisasies
betrokke te raak
• Op 2 Februarie 1990 het De Klerk ' 'n nuwe politieke dispensasie aangekondig
• De Klerk het alle anti-apartheidsorganisasies, die ANC, PAC en Suid-Afrikaanse
Kommunistiese Party ingesluit, wettig verklaar
• Dit dui die einde van apartheid aan en die begin van die proses van onderhandeling
• Enige ander relevante antwoord
• Slot: Kandidate moet hul argument saamvat met 'n relevante samevatting
Indien kandidate nie saam stem nie, moet hulle hul antwoord motiveer met relevante
bewyse. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
History Grade 12 P2 NSC November 2017 Question Paper (Afr)
%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c/v1-b616c542a8e748051a3c/card.webp)
Memorandum
History Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2017 Memo (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 NSC November 2020 Memo (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 NSC November 2013 Memo (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 NSC November 2012 Memo (Afrikaans)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2017 QP (Eng)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)
%202024%20Question%20Paper%20X05_hlayiso.com_--7b41ec15-3856-4a67-a9db-cedd424e51c5/v1-5ae80cf63fec0975a316/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P1 Gauteng Prelim 2024 Question Paper (Eng)

Addendum