Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2017
GESKIEDENIS V2
ADDENDUM
PUNTE: 150
*HISTA4*
Hierdie addendum bestaan uit 13 bladsye.
Skip to contentAll 2017 papers 





View all





History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)
Grade 12 History Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2017 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2017. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 820.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 13
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2017)
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1 WATTER BYDRAE HET STEPHEN BANTU BIKO TOT DIE
VRYHEIDSTRYD IN SUID-AFRIKA IN DIE 1970’s GEMAAK?
BRON 1A
Die volgende uittreksel fokus op die filosofie van Swartbewussyn. Dit is deur
G. Bizos geskryf.
Die Swartbewussynbeweging (BCM) was betrokke by welsyn, mediese en self-
helpprogramme. Steve Biko, as een van die stigters van die BCM, was baie betrokke
in die bedrywighede van die Swart Gemeenskap Programme (BCP), waarby hy in
Augustus 1972 aangesluit het nadat hy sy mediese studies aan die Universiteit van
Natal beëindig het. Hy het die rasionaal (doel) agter die organisasie beskryf as:
‘Basies om die probleem aan te spreek dat die Swart-man ʼn verslane wese is wat
dit baie moeilik vind om homself aan sy stewelveters op te lig. Hy is vervreemd. Hy
word gemaak om heeltyd te leef met aangeleenthede van voortbestaan, gemoeid
met môre. Nou het ons egter gevoel dat ons moes probeer om hierdie houding te
verslaan en te breek ten einde weereens ʼn gevoel van waardigheid binne die Swart
man aan te kweek. So wat ons gedoen het was om verskillende tipes programme
te ontwerp, dit aan die Swart gemeenskap aan te bied met ʼn duidelike illustrasie
dat hierdie programme deur Swart-mense geskep was vir die uitsluitlike doel om
die Swartgemeenskap op te bou. Ons het geglo dat ons mense opvoed deur die
voorbeeld te stel’.
[Vanuit: Steve Biko In No One To Blame? In Pursuit Of Justice In South Africa deur G. Bizos]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 3
BRON 1B
Die volgende bron gee ʼn uiteensetting van die interaksie tussen Donald Woods en
die Minister van Justisie, J.T. Kruger, oor die dood van Steve Biko.
Ek het een keer na mnr J.T. Kruger gegaan en hom gesmeek om die beperkings op
Steve op te hef en om met hom te praat. Die resultaat van daardie besoek was ʼn
toename in Steve se beperkings en ʼn staatsvervolging teen my.
Hy het altyd so hardnekkig as moontlik uit sodanige beproewings [detensie] gekom
en so onkeerbaar humoristies oor die ondervragingsessies. Hy het ʼn veel beter
begrip gehad oor sy ondervraers se vrese en motiverings as wat hulle ooit sal besef,
en met byna totale herroepping het hy aan my die volle omvang van hul vrae vertel.
Baie was eenvoudig ongelooflik...
Die regering het heel duidelik nooit verstaan tot watter mate Steve Biko ʼn man van
vrede was nie. Hy was militant in die verdediging van sy beginsels, ja, maar sy
blywende doel was ʼn vreedsame versoening van alle Suid-Afrikaners, en binne
hierdie raamwerk weet ek dat hy ʼn matigende invloed was.
Tydens die toespraak van ʼn vergadering van meer as 1 000 mense, ter herdenking
van mnr Biko se dood in aanhouding, het mnr Donald Woods gesê... ‘As enige van
vier redes vir sy dood beweer was, sou ek geweet het dat dit onwaar was’. Een van
die vier redes was dood deur ʼn hongerstaking.
Geen aanranding – geen toesmering — Kruger
Die Minister van Justisie, mnr Kruger, het in ʼn onderhoud gesê dat die voorlopige
verslag oor mnr Steve Biko se dood nie die indruk gegee het dat ʼn polisie-aanranding
die oorsaak van sy dood was nie.
‘Ek persoonlik glo dit nie’, het hy gesê. Ek glo nie dat my polisie – enigiets verkeerd
gedoen het nie … As daar iets verkeerd in die Biko-geval is, sal ek verbaas wees…
Daar sal ʼn toesmering in die Biko-geval wees, het mnr Kruger gesê.
[Vanuit: No.46: Steve Biko deur H. Bernstein]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2017)
BRON 1C
Hierdie uittreksel deur Nadine Gordimer, ʼn ANC-lid, bring huldeblyke aan
Steve Biko.
Iewers in een van my romans wat gedurende die ergste jare van die apartheid
regime geskryf was, sê ʼn karakter: ‘In ʼn wêreld van soveel boosheid en soveel
kompromieë met die bose, beteken dit iets spesiaals om in ʼn land te woon waar
daar nog steeds helde is.’
Ons land was so ʼn land. In die dieptes van apartheid se rassistiese barbaarsheid,
was daar sulke helde. Een van diegene wie se toewyding aan vryheid, om
geregtigheid, wie se dapperheid, en wie se afgryslike (verskriklike) lyding, sekerlik
die beproewinge (lyding) van genadelose onderdrukking en weerstand daarteen
verpersoonlik, was Steve Biko.
Dit is moeilik om nie te spekuleer met enorme spyt, wat hy sou beteken het in die
skepping van die nuwe Suid-Afrika wat vandag ontwikkel; wat sy duidelik-
gesindheid en diep kennis van die land en sy mense se werklike behoeftes sou
bygedra het tot ons ontwikkeling.
[Vanuit: A Resource To Inform Us Our Present and Future deur Nadine Gordimer]
BRON 1D
Hierdie spotprent deur Zapiro herdenk die nalatenskap van die Swartbewussynleier,
Stephen Bantu Biko.
[Vanuit: Die Sowetan, 12 September 1997]
20 Jaar later, ʼn onuitwisbare nalatenskap
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 5
VRAAG 2: HET DIE WAARHEID- EN VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
VREDE EN VERSOENING IN SUID-AFRIKA MEEGEBRING?
BRON 2A
Die volgende uittreksel beskryf die samestelling en werk van die Waarheid- en
Versoeningkommissie (WVK).
Die WVK was vroeg in 1996 gestig, onder die gesamentlike leiding van Aartsbiskop
Desmond Tutu en voormalige geestelike en liberale politikus, Alex Boraine. Ander
kommissarisse het oor die rasse en politieke spektrum gestrek. Sy take was om
menseregte-misbruike aan alle kante tussen 1960 en 1994 te ondersoek, om
getuienis van slagoffers en oortreders aan te hoor, en waar daar volledige
bekendmaking en politieke motivering duidelik teenwoordig was, oortreders
amnestie te verleen teen siviele vervolging en siviele aksie. Die doel was om mense
aan te moedig om die waarheid te vertel. Afsonderlike amnestie-verhore was vir
hierdie doel gehou. Indien oortreders nie hierdie geleentheid aangegryp het nie was
dit duidelik gemaak dat hulle vir vervolging aanspreeklik sou wees. Die WVK was
ook gevra om aanbevelings te maak oor hoe slagoffers deur reparasies vergoed kon
word.
Die funksie van die Kommissie sal wees om sy doelwitte te bereik en met hierdie
ten doel sal die Kommissie:
navrae fasiliteer, en inisieer of koördineer ten opsigte van:
o growwe skendings van menseregte, insluitend oortredings wat deel van ʼn
sistematiese patroon van mishandeling was;
o die aard, oorsake en omvang van growwe menseregteskendings,
insluitende die voorlopers, omstandighede, faktore, konteks, motiewe en
perspektiewe wat gelei het tot sodanige oortredings;
o die identiteit van alle persone, owerhede, instellings en organisasies
betrokke by sodanige oortredings;
o die vraag of sodanige oortredings die gevolg was van doelbewuste
beplanning aan die kant van die staat of ʼn voormalige staat of enige van hul
organe, of van enige politieke organisasie, vryheidsbeweging of ander groep
of individuele;
o verantwoordbaarheid, polities of andersins, vir enige sodanige oortreding;
[Vanuit: Every Step Of The Way deur die Departement van Onderwys]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2017)
BRON 2B
Hierdie bron is ʼn uittreksel van Monika Mbele se onderhoud wat sy met F.W. De
Klerk en Cyril Ramaphosa op SABC 3 op 30 April 2006 uitgevoer het.
F.W. DE KLERK: Die WVK-proses was in baie opsigte gebrekkig: talle gruweldade
(moorde) van die verlede is nie behoorlik ondersoek nie; daar
was ʼn oorbeklemtoning van die rol van die voormalige
veiligheidsmagte; die moord op ongeveer 400 hoof IVP-leiers is
nie deeglik ondersoek nie; daar was nie ʼn diepgaande ontleding
gedoen van wat baie as ‘swart-op-swart’ geweld sou noem nie.
Hierdie foute skep ʼn wanbalans wat die geloofwaardigheid van
die WVK verswak. Verder dink ek dat die WVK misluk het om ʼn
deeglike begrip van die kern van die verlede te kry of om voort te
bou op daardie begrip. Daar is onvoltooide sake, maar ons moet
nou die gees van die Grondwet uitleef. Ons moet Ubuntu hê …
in stede daarvan om wraak te soek. Ons moet mense vergoed in
plaas van vergelding soek. As vervolgings voortgaan, moet almal
dieselfde behandel word: daar moet vervolging wees van
onbekende misdade van alle kante, nie net van die een kant nie.
Ek was nog nooit tevrede met onvoorwaardelike amnestie nie,
maar dit sal ʼn gewelddadige, negatiewe uitwerking hê as ons nou
ʼn situasie kry wat as ʼn heksejag geïnterpreteer kan word. Ons
moet ʼn balans vind. Vervolging in uitsonderlike gevalle kan
geregverdig word indien dit duidelik is dat mense die waarheid
van ernstige misdade weggesteek het waarvoor hulle eintlik vir
amnestie aansoek moes gedoen het.
CYRIL RAMAPHOSA: F.W. De Klerk gebruik emosionele (sensitiewe) woorde
wanneer hy die term ‘heksejag’ gebruik. Die term ‘heksejag’
was nog nooit deel van die leksikon (woordeboek) van die
nuwe Suid-Afrika nie. Toe Nelson Mandela hierdie land tot
eenheid en versoening gelei het, het hy verseker dat daar
nie enige onvoorwaardelike ‘heksejag’ tipe proses sou wees
nie. Ons is nie gewoond aan heksejagte nie; ons is egter as
ʼn opkomende demokrasie gewoond aan geregtigheid. As
misdade in die verlede gepleeg was, deur wie ookal en daar
is geen aansoek om amnestie gedoen toe die geleentheid
daar was nie, moet geregtigheid seëvier.
[Vanuit: Truth and Reconciliation in South Africa 10 years on deur C. Villa-Vicencio & F. du Toit]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 7
BRON 2C
Die volgende uittreksel is deel van ʼn getuienis wat Mamanki Sepei (ma van
Stompie Sepei) gegee het by die WVK-verhore.
Op die 13de Februarie 1989, het hulle my seun gevat en ons het na Brixton gegaan.
Ons het na die Diepkloof lykshuis gegaan. Dit is waar ek Stompie geïdentifiseer het.
Sy liggaam was ontbind, maar jou seun is jou seun. Ek het geveg vir my regte. Daar
was tekens wat my regtig aangedui het dat dit Stompie was. Nadat hy doodgemaak
was, was hy in die rivier tussen nuwe Kanada en Soweto gegooi. Jy kon hom nie
eens identifiseer nie.
Ek het na Stompie gekyk want ek is sy ma. Ek het deeglik na hom gekyk. Ek het die
eerste teken gesien. Ek het gesê, ‘Ek ken my seun. Hy het nie hare op die agterkant
nie.’ Sy oë was uitgegrawe (uitgedwing), en ek het gesê, ‘Dit is Stompie.’ Hy het ʼn
litteken op sy oog gehad. Ek het na die neus gekyk en hy het ʼn geboorte-merk gehad.
Ek het na sy bors gekyk en ek kon ʼn litteken sien omdat hy met ʼn ander seun in
Thumahole geveg het. En ek het na sy linkerhand gekyk. Dit was identies aan
myne...
Verslaggewers het na my gekom. Hulle het vir my gesê dat, ‘Stompie is lewendig. Hy
is in Botswana.’ Hulle het gesê dat mev Mandela hulle vertel het dat Stompie
lewendig is; hy is in Botswana. Ek het vir hulle gesê: ‘Ek dra nie ʼn zombie nie, ek dra
my seun. Ek ken sy geboorte-merke. Ek het hom grootgemaak uit sy kinderjare ...
Niemand sal my ooit enigiets oor my kind vertel nie. Ons het na die lykshuis gegaan
om hom vir die laaste keer te sien. Hy was ontbind, hy het ʼn slegte reuk gehad. Ons
kon hom nie na die huis bring nie. Saam met my familie en my pa het ons hom gaan
sien en hy was die ware Stompie. Maar mnr Msipidi het vir ons gesê dat, ‘dit is nie
Stompie nie.’... Hulle het die gerug versprei dat Stompie ʼn informant was. ‘’Die
eienaar van die lykshuis sê die persoon wat gesterf het was nie Stompie nie.’ Ek het
gesê: ‘Dis nuus vir my.’ Die persoon wat ek môre gaan begrawe is my seun.’
[Vanuit: http://www.justice.gov.za/trc/media 5C1996 5C9605/s960508d.htm. Toegang verkry op 23
November 2016.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2017)
BRON 2D
Die foto hieronder toon lede van die ANC Vroueliga wat plakkate dra ter
ondersteuning van Winnie Mandela gedurende die WVK-verhoor.
[Vanuit: http://www.gettyimages.com/detail/news-photo/may-2004-women-show-their-support-for-
winnie-madikizela-news-photo/107145359#may-2004-women-show-their-support-for-winnie-
madikizelamandela-a-picture-id107145359.
Toegang verkry op 23 Maart 2017]
Oorlog is oorlog. Lys van mpimpis (informante) Cebekulu, Falati, Stompi Lolo
Bravo Winnie. President van die ANC Vroue Liga en SA
Besering aan Winnie is besering aan SA
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 9
VRAAG 3: WAT WAS DIE IMPAK VAN GLOBALISERING OP DIE
EKONOMIEË VAN ONTWIKKELENDE LANDE NA 1989?
BRON 3A
Hierdie bron handel oor die impak wat globale verandering gehad het op landbou
en hoe dit die internasionale ekonomie beïnvloed het.
Navorsing oor die landbou-impak van globale verandering beklemtoon dikwels die
fisiese en sosio-ekonomiese impakte van klimaatsverandering, maar tog kan
globale veranderinge wat geassosieer word met die internasionalisering van
ekonomiese aktiwiteit ook ʼn beduidende impak het op voedselstelsels. Saam, stel
klimaatsverandering en globalisering boere bloot aan nuwe en onbekende
omstandighede. Alhoewel sommige boere in ʼn posisie is om voordeel te trek uit
hierdie veranderinge, staar baie, meer verhoogde kwesbaarheid, veral in die
ontwikkelende wêreld, in die gesig. Hierdie skrewe oorweeg die dinamika van
landbou-kwesbaarheid tot globale verandering deur die voorbeeld van suidelike
Afrika. Ons demonstreer dat die kombinasie van globale en nasionale ekonomiese
veranderinge die konteks verander waaronder suider Afrikaanse boere
klimaatvariasie hanteer en aanpas by langtermyn-verandering. Ons vind dat boere
wat voorheen moeilik aangepas het by klimaatvariasie nou minder kwesbaar raak
vir droogte-verwante voedseltekorte as gevolg van handelsliberalisering.
Terselfdertyd, egter, kan die opheffing van nasionale krediet en subsidies die ander
boere se aanpassingstrategieë beperk en hulle meer kwesbaar laat vir
klimaatvariasie en verandering.
[Vanuit: Mitigation and Adaptation Strategies for Global Change deur Leichenko en O’Brien]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2017)
BRON 3B
Hierdie plakkaat deur die South African Social Protection Experts Network (SASPEN)
gee ʼn uiteensetting van hoe arm gemeenskappe in Suider-Afrika lande hul
lewensomstandighede kan verbeter.
[Vanuit: http://www.fao.org/3/a-c0012e.pdf. Toegang verkry op 15 November 2016]
Hoe kan landbou en maatskaplike beskerming
saam werk om klein arme familieboere
te laat wegbreek van armoede en hongersnood?
Landbou kan:
Klein arme familieboere se toegang tot natuurlike hulpbronne, versekering,
krediet en verlengingsdienste en markte verbeter.
Werksgeleenthede sowel as die beskikbaarstelling van voedsel en die lae
voedselpryse met voordele vir net voedselaankopers, vermeerder
Maatskaplike beskerming kan:
Kredietbeperkings verminder en laat klein arme boere toe om betrokke te
raak in meer produktiewe en winsgewende landbouaktiwiteite.
Plaaslike ekonomiese aktiwiteit bevorder deur die aanvraag na voedsel en
ander dienste te vermeerder
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 11
BRON 3C
Hierdie bron gee ʼn uiteensetting van die standpunte van die twee studente op die
gevolge van globalisering.
Siening van Domschu: Verder, die aantal mense wat wêreldwyd in volslae
armoede leef is baie kommerwekkend. Dit sou verkeerd
wees om die gevolgtrekking te maak dat globalisering
hierdie afwyking veroorsaak het, of dat niks gedoen kan
word om die situasie te verbeter nie. Afgesien van dit: die
lae-inkomste lande kon nie maklik integreer in die globale
ekonomie soos die ander nie, gedeeltelik as gevolg van
hul gekose beleide en deels as gevolg van faktore buite
hul beheer. Geen land, veral die armste, kan bekostig om
van die wêreld-ekonomie geïsoleer te wees nie. Elke land
moet probeer om armoede te verminder. Die
internasionale gemeenskap moet poog om die armste
lande te voorsien – deur die internasionale finansiële
stelsel te versterk, deur middel van handel en voorraad –
om te integreer in die globale ekonomie om vinniger te
groei en armoede te verminder. Dit is die manier om te
sorg dat alle mense in alle lande toegang het tot die
voordele van globalisering
Siening van Christian Kalytta: In my opinie het globalisering ʼn klomp positiewe
gevolge. Daar is byvoorbeeld ʼn globale mark vir
maatskappye om hul produkte te verhandel en ʼn
wyer reeks van opsies vir mense, om te kies uit die
produkte van verskillende nasies. Verder is
kommunikasie tussen die lande op die opkoms,
wat lei tot verbeterde begrip en breër visie.
Wanneer kommunikasie tussen twee lande
vermeerder, is daar ook ʼn interaksie van kulture.
Dit laat ons nou toe om meer te weet oor ander se
kulturele voorkeure en waarskynlik te leer uit die
ekonomie van ander nasies.
Daar is ook nadele, wanneer daar oor
globalisering gepraat word. In my opinie,
veroorsaak globalisering ʼn beweging van
werksgeleenthede van Europese- na Asiatiese-
lande. Dit is die gevolg van die laer koste van
arbeid in die Asiatiese lande in vergelyking met
ander lande. Die hoë winsgrense van
maatskappye in Asië, het gelei tot ʼn druk op die
werkende Europeërs, wat altyd onder bedreiging
was dat hul besigheid uitgekontrakteer sal word.
[Vanuit: https://laboureconomics.wordpress.com/2012/05/14/causes-and-effects-of-globalization-6/.
Toegang verkry op 15 November 2016]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2017)
BRON 3D
Hierdie bron verduidelik die negatiewe effekte wat globalisering op ontwikkelende
lande gehad het.
Dit is nie net die ontwikkelde nasies wat kla oor die negatiewe effekte nie, mense in
ontwikkelende lande – waar die meeste van die nywerhede opgestel was, het hul eie
stel redes waarom hulle teen globalisering is. Hulle kla dikwels dat hulle stede
verminder was tot vullishope waar alle industriële afval opgehoop word en
besoedelingsvlakke hemelshoog is.
Kitskoskettings soos McDonalds en KFC is besig om vinnig in die ontwikkelende
wêreld te versprei. Mense verbruik meer gemorskos wat ʼn nadelige uitwerking op
hul gesondheid het. Afgesien van gesondheidbekommernisse, is daar iets anders
waaroor globalisering gekritiseer word en dit is dat dit die sluise oopgemaak het vir
restaurante en eetplekke wat onsensitief vir die godsdienstige oortuigings van die
gasheernasie is. Byvoorbeeld, ʼn regsgeding moes teen McDonalds geopen word in
Indië, nadat hulle daarvan beskuldig was dat hulle beesvleis in hul burgers bedien.
Terwyl die rykes ryker word, sukkel die armes vir ʼn ordentlike maal. As die huidige
Beset Wall Straat-betogings ʼn herinnering is van hoe kwaad mense met die huidige
opset is, dan moet diegene wat ons regeer kennis neem, en werk tot die verligting
van armoede. Ideaal moes globalisering gelei het tot die skepping van rykdom en
voorspoed, maar korporatiewe gierigheid en korrupte regering het verseker dat geld
nie eweredig versprei word nie.
[Vanuit: http:/www.buzzle.com/articles/negative effects of globalisation.html. Toegang verkry op
23 November 2016]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 13
ERKENNINGS
Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:
Bernstein, H. 1978 No.46 ‘Steve Biko’, London International Defence and Aid Fund.
Bizos, G. 1998 ‘Steve Biko’ in No one to blame? In pursuit of justice in South Africa
(New Africa Books)
Every Step of the Way, HSRC Report 2004 (Departement van Onderwys)
Gordimer, N. 2015 ‘A reBRON to inform us our present and future’ in Steve Biko
25 Years On
http://www.fao.org/3/a-c0012e.pdf
http://www.gettyimages.com/detail/news-photo/may-2004-women-show-their-
support-for-winnie-madikizela-news-photo/107145359#may-2004-women-show-
their-support-for-winnie-madikizelamandela-a-picture-id107145359
http://www.justice.gov.za/trc/media 5C1996 5C9605/s960508d.htm
http:/www.buzzle.com/articles/negative effects of globalisation.html
https://laboureconomics.wordpress.com/2012/05/14/causes-and-effects-of-
globalization-6/
Leichenko and O’Brien 2002 Mitigation and Adaptation Strategies for Global
Change (Springer Link)
Nkurayija, C.J. de la Croix 2011 The Impact of Globalisation on Africa’s
development (National University of Rwanda)
Die Sowetan, 12 September 1997
Villa-Vicencio C & du Toit F 2006 Truth and Reconciliation in South Africa 10 years
on (David Philip, Claremont)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2017 QP (Eng)

Question paper
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

Question paper
History Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2017 Question Paper

Question paper
History Grade 12 P2 NSC November 2017 Question Paper (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2016 QP (Eng)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum