Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2017
GESKIEDENIS V2
NASIENRIGLYN
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 21 bladsye.
Skip to contentAll 2017 papers 
%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c/v1-b616c542a8e748051a3c/card.webp)
_hlayiso.com_--9b4b0c56-0d1c-480b-8ab5-b260d75b5222/v1-68278b92259dd5d25a89/card.webp)



View all



%202024%20Question%20Paper%20X05_hlayiso.com_--7b41ec15-3856-4a67-a9db-cedd424e51c5/v1-5ae80cf63fec0975a316/card.webp)

History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2017 Memo (Afrikaans)
Grade 12 History Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2017 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2017. Memorandum, 21 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2017
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 21
- File size
- 395.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 21
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
1. BRONGEBASEERDE VRAE
1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae
te ontwikkel:
GEWIGS-
KOGNITIEWE
HISTORIESE VAARDIGHEDE TOEKENNING
VLAKKE
VAN VRAE
Onttrek inligting uit bronne.
Selektering en organisasie van 30%
VLAK 1
relevante inligting uit bronne. (15)
Definieer historiese begrippe/terme.
Interpretasie van bewyse uit bronne.
40%
VLAK 2 Verduidelik inligting verkry uit bronne.
(20)
Analiseer bewyse uit bronne.
Interpreteer en evalueer bewyse uit
bronne.
Skakel met bronne om bruikbaarheid,
betroubaarheid, eensydigheid en 30%
VLAK 3
beperkings vas te stel. (15)
Vergelyk en kontrasteer interpretasies
en perspektiewe in die bronne en kom
tot onafhanklike gevolgtrekkings.
1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae
geassesseer word:
By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir
enige ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of
voorbeelde.
Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar
aan die vereistes van die vraag voldoen is.
In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede
waaraan aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in
kursiefgedrukte skrif aangedui.
1.3 Asseringsprosedures vir brongebaseerde vrae
Gebruik ʼn regmerk () vir elke korrekte antwoord
Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 × 2) wat neerkom op
twee redes en word twee punte elk toegeken ( ); (1 × 2) wat
neerkom op een rede en twee punte toegeken word ()
Indien ʼn vraag 4 punte tel word 4 regmerke () aangedui
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) GESKIEDENIS V2 3
Paragraafvraag
Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die
inhoud en die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring
word wanneer punte toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik
word wanneer ʼn antwoord op ʼn paragraafvraag geassesseer word:
Lees die paragraaf en plaas ʼn kolpunt ( . ) by elke punt binne-in die
teks waar die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te
beantwoord.
Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat
in staat was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te
beantwoord.
Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die
paragraaf aan die einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1, 2 of 3)
soos aangedui in die holistiese rubriek en gee ʼn kort kommentaar bv.
___________ ˖ __________________________ ˖ _________________
_________________ ˖ __________________________ ˖ ___________
√√√√
Vlak 2
Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf
Tel al die regmerke vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die
punt aan die regterkantse onderste kantlyn, bv.
32
50
Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die
antwoordeboek oorgedra word.
2. OPSTELVRAE
2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate:
In staat sal wees om hul argument op ʼn logiese en samehangende
wyse te stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer,
organiseer en bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om ʼn
redelike reeks feite of ʼn effektiewe argument te kan weergee om
sodoende die gestelde vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat ʼn
opstel ʼn inleiding, ʼn samehangende en gebalanseerde liggaam van
bewyse en ʼn slot het.
2.2 Nasien van opstelvrae
Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal
word deur die handboeke wat by ʼn spesifieke sentrum gebruik is.
Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê
as dit wat ingesluit is by ʼn riglyn vir nasien van ʼn spesifieke opstel.
By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate
krediet kry vir enige ander relevante antwoord.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
2.3 Globale assessering van ʼn opstel
Die opstel skryfwerk sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie
benadering vereis dat die onderwyser die totale produk as ʼn geheel sal
bepunt sonder om die samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie
benadering moedig die leerder aan om ʼn individuele mening aan te bied
deur gebruik te maak van geselekteerde feitelike bewyse om ʼn argument
te ondersteun. Daar sal nie van die leerder verwag word om slegs ‘feite’
neer te skryf om ʼn beter punt te behaal nie. Hierdie benadering sal
leerders ook ontmoedig om ‘model-antwoorde’ voor te berei en te
reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te
neem. Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan leerders se mening,
ondersteun deur bewyse. Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word
leerders met holistiese assessering nie vir ontoereikende taalgebruik
gepenaliseer nie, aangesien die klem op die volgende val:
Die konstruksie/daarstelling van ʼn argument
Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te
ondersteun
Die leerder se interpretasie van die vraag.
2.4 Assesseringsprosedures vir die opstel
2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die skryfwerk nagesien
word.
2.4.2 Tydens die deurlees van die skryfwerk moet regmerkies toegeken
word vir ʼn relevante inleiding (aangedui met ʼn kolpunt (‘bullet’) in
die nasienriglyne/memorandum), vir elke hoofmoment/aspek wat
volledig gekontekstualiseer is en ʼn relevante slotopmerking
(aangedui met ʼn kolpunt in die nasienriglyn/memorandum) bv. ʼn
antwoord waar daar 5 hoofpunte is, sal daar dus 7 regmerkies
wees.
2.4.3 Die volgende addisionele simbole kan ook gebruik word:
• Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik
gekontekstualiseer nie
^
• Verkeerde stelling _________________
• Irrelevante stelling |
|
|
• Herhaling R
• Analise A√
• Interpretasie II√
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) GESKIEDENIS V2 5
2. Die matriks
2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle.
By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die
matriks voorsien word. Tydens die assessering van ʼn opstel moet
beide die inhoud en die aanbieding in ag geneem word. ʼn Punt word
toegeken by die snypunt van die inhoud en aanbieding, gebaseer op
die sewe vaardigheidvlakke.
(a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter
mate die hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak (op die
matriks) vas te stel.
I VLAK 4
(b) Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks)
van die aanbieding bepaal.
I VLAK 4
A VLAK 5
(c) Ken ʼn algehele punt toe met behulp van die matriks.
I VLAK 4
A VLAK 5 }30–33
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
NASIEN-MATRIKS VIR OPSTEL ‒ TOTAAL: 50
VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1
Baie goed beplande Baie goed Goed Argument Toon soms Poging Weinig of
en gestruktureerde beplande en beplande en beplan en bewys van ʼn aangewend geen
AANBIEDING opstel. Goeie gestrukturee gestruktureerd gestruk- gestruk- om poging om
sintese van inligting. rde opstel. ʼn e opstel. tureer. tureerde en antwoord te die opstel
Het ʼn goed Relevante Poog om ʼn Bewyse tot beplande struktureer. te
gebalanseerde, argument is duidelike ʼn sekere argument. Grootliks struktureer
oorspronklike gevolg. argument te mate Poog om ʼn beskrywend nie.
argument ontwikkel Bewyse ontwikkel. gebruik om argument of poog om
INHOUD met bewyse. gebruik om Gevolg- argument te vol te hou. argument te
Argument die trekking ondersteun. Gevolg- ontwikkel.
deurgaans volgehou argument te gemaak uit Slotsom trekking nie Geen poging
en verdedig. verdedig. bewyse om bereik op duidelik om ʼn
Onafhanklike die argument grond van ondersteun gevolgtrekki
gevolgtrekking te ondersteun. bewyse. deur bewyse ng te maak
gemaak uit bewyse nie. nie.
om die argument te
ondersteun.
VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudskeuse ten 47–50 43–46
volle relevant tot
argument wat
gevolg is.
VLAK 6
Vraag is
beantwoord.
Inhoudseleksie 43–46 40–42 39–39
relevant tot
argument wat
gevolg is.
VLAK 5
Vraag grotendeels
beantwoord. 38–39 36–37 34–35 33–34 28–29
Inhoud toereikend
en relevant
VLAK 4
Vraag herkenbaar
in antwoord.
Sommige 30–33 28–29 26–27
weglatings of
irrelevante keuse
van inhoud.
VLAK 3
Keuse van inhoud
hou verband met
vraag, maar
beantwoord dit 26–27 24–25 20–23
nie. Hou soms nie
verband met die
vraag nie.
Weglatings.
VLAK 2
Vraag
ontoereikend 20–23 18–19 14–17
beantwoord.
Inhoud skraal
VLAK 1
Vraag
ontoereikend
beantwoord of 14–17 0–13
glad nie.
Ontoereikend of
irrelevante inhoud
* Riglyne vir die toekenning van ʼn punt in Vlak 1:
Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0
Vraag sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1–6
Vraag ontoereikend en vaag beantwoord; klein poging om die opstel te struktureer = 7–13
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) GESKIEDENIS V2 7
AFDELING A: BRONGEBASEERDE-VRAE
VRAAG 1: WATTER BYDRAE HET STEPHEN BANTU BIKO TOT DIE
VRYHEIDSTRYD IN SUID-AFRIKA IN DIE 1970’s GEMAAK?
1.1 1.1.1 [Onttrekking van inligting vanuit Bron 1A – V1]
Welsynwerk
Mediese programme
Selfhelpprogramme (3 × 1) (3)
1.1.2 [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 1A – V1]
Om die swart gemeenskap op te hef (1 × 2) (2)
1.1.3 [Interpretasie van bewyse vanuit Bron 1A – V2]
Swartmense het heeltyd hul lewe onder wit oorheersing geleef
Swartmense het hul lewens geleef volgens voortbestaan
Hulle leef volgens hulle middele en bekostigbaarheid
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 × 2) (4)
1.1.4 [Interpretasie van bewyse vanuit Bron 1A – V2]
Swart man sal nie vervreem word nie
Hy sal ʼn mate van waardigheid het
Hy sal sy gemeenskap ophef
Om dinge vir homself te doen
Om vir sy regte te staan
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 × 2) (2)
1.2 1.2.1 [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 1B – V1]
Humoristies oor die ondervragingsessies
Hy het ʼn veel beter begrip oor sy ondervraers se vrese gehad
Hy het ʼn veel beter begrip van sy ondervraers se motiverings
gehad as wat hulle ooit sou weet (3 × 1) (3)
1.2.2 [Interpretasie van bewyse vanuit Bron 1B – V2]
Biko was bereid om te sterf vir dit waarin hy geglo het, maar hy
was nie ʼn man van geweld nie
Biko was bereid om te veg vir gelykheid, maar terselfdertyd het
hy voorspraak gemaak op vreedsame rasse-naasbestaan
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 × 2) (2)
1.2.3 [Interpretasie van bewyse vanuit Bron – V2]
Hy wou polisiebetrokkenheid by die dood ontken
Dit was ʼn afgehandelde/geslote saak
Die staat was nie verantwoordelik vir Biko se dood nie
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 × 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
1.2.4 [Bepaling van die bruikbaarheid van Bron 1B – V3]
Toon dat Biko gesterf het terwyl hy in polisie-aanhouding was
Toon dat Biko vasbeslote was in sy pogings om gelykheid vir
swartes te bekom
Gee insig in hoe politieke aktiviste in die tronk ondervra en
gemartel was
Gee insig in hoe polisie probeer het om hul betrokkenheid by die
dood van Biko te bedek
Toon dat Biko wyd deur politieke aktiviste ondersteun was
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 × 2) (4)
1.3 1.3.1 [Definisie van historiese konsepte vanuit Bron 1C – V1]
(a) Apartheid
Politieke, ekonomiese en sosiale skeiding van rasse
gebaseer op kleur
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 × 2) (2)
(b) Onderdrukking
Onbillike/onregverdige behandeling van mense van
verskillende rasse
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 × 2) (2)
1.3.2 [Interpretasie en evaluering van bewyse vanuit Bron 1C – V2]
Biko was toegewyd aan vryheid, geregtigheid en gelykheid
Biko se dapperheid het die simbool van die onderdrukking van
alle swartes geword wat onder Apartheid geleef het
Hy was in staat om die bose stelsel van apartheid te beveg in
plaas daarvan om deur die stelsel geabsorbeer te word
Biko se idees het gehelp om die nuwe Suid-Afrika te vorm
Biko sou ʼn groot bydrae gemaak het tot die nuwe Suid-Afrika
deur te sorg dat sosiale geregtigheid effektief te implementeer
word
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 × 2) (4)
1.3.3 [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 1C – V1]
Sy duidelike denke oor die land en sy mense
Sy diep kennis van die land en die mense se werklike behoeftes
(2 × 1) (2)
1.4 [Interpretasie van bewyse vanuit Bron 1D – V2]
Biko se nalatenskap leef voort
Steve Biko het as ʼn inspirasie vir die meeste Suid-Afrikaners gedien
Steve Biko se idees het ʼn groot impak op Suid-Afrika gehad
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 × 2) (4)
1.5 [Vergelyking van inligting in Bron 1C en D om ooreenkomste te identifiseer – V3]
Beide bronne:
eer Biko as ʼn nasionale held
toon die invloed van die Biko op Suid-Afrika
toon dat Biko sy lewe opgeoffer het vir die nuwe demokratiese SA
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 × 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) GESKIEDENIS V2 9
1.6 [Interpretasie, begrip en sintese van bewyse vanuit bronne – V3]
Kandidate moet ʼn paar van die volgende insluit:
Betrokke geraak in welsynwerk en -programme van self-help deur
Swartes vir Swartes (Bron 1A)
Om ʼn gevoel van waardigheid binne die Swart man te
bewerkstellig (Bron 1A)
Ons het geglo dat ons vir mense kan leer deur self die voorbeeld te
stel (Bron 1A)
Steve Biko was ʼn man van vrede. Hy was militant ter verdediging van sy
beginsels, maar sy blywende doel was ʼn vreedsame versoening van alle
Suid-Afrikaners (Bron 1B)
Geglo in menslikheid en gelyke regte vir almal (Bron 1C)
Toegewyd aan die stryd vir die verwydering van onderdrukking (Bron 1C)
Toegewyd aan vryheid, geregtigheid en dapperheid (Bron 1C)
Sy helder denke en diep kennis van die land en sy mense se werklike
behoeftes sou bygedra het tot Suid-Afrika (Bron 1C)
Het Swartes geïnspireer om te streef na nasionale vryheid (Bron 1D)
Enige ander relevante antwoord
Gebruik die volgende geassesseer om ʼn punt toe te ken:
VLAK 1 Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse,
bv. toon min of geen begrip van die bydrae
van Steve Biko tot die vryheid stryd in
Suid-Afrika in die 1970’s. Punte: 0–2
Gebruik bewyse gedeeltelik om verslag te
lewer oor onderwerp of kan verslag oor
onderwerp lewer nie.
VLAK 2 Bewyse is meestal relevant en hou verband
met ʼn groot mate aan die onderwerp, bv. toon
ʼn begrip van die bydrae van Steve Biko tot
Punte: 3–5
die vryheid stryd in Suid-Afrika in die
1970’s.
Gebruik bewyse op ʼn baie basiese wyse.
VLAK 3 Gebruik relevante bewyse, bv. demonstreer ʼn
deeglike begrip van die bydrae van Steve
Biko tot die vryheid stryd in Suid-Afrika in
die 1970’s.
Punte: 6–8
Bewyse hou verband met die onderwerp.
Gebruik bewyse baie effektief in ʼn
georganiseerde paragraaf wat ʼn begrip van die
onderwerp toon. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
VRAAG 2: HET DIE WAARHEID- EN VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
VREDE EN VERSOENING IN SUID-AFRIKA MEEGEBRING?
2.1 2.1.1 [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 2A – V1]
Aartsbiskop Desmond Tutu
Alex Boraine (2 × 1) (2)
2.1.2 [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 2A – V1]
Ondersoek menseregte-misbruike aan beide kante vanaf 1960 en
1994
Hoor getuienis aan van beide slagoffers en oortreders
Staan amnestie toe aan oortreders teen vervolging/siviele aksie
waar volledige openbaarmaking en politieke motivering duidelik
aangebied was
Stel voor hoe slagoffers vergoed kon word (Enige 2 × 1) (2)
2.1.3 [Verduideliking van begrippe vanuit Bron 2A – V1]
Amptelike kwytskelding vir mense wat skuldig bevind is aan
politieke oortredings tydens die apartheidsera
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 × 2) (2)
2.1.4 [Bepaling van bruikbaarheid van Bron 2A – V3]
Bruikbaar
WVK se doel was om die verlede te oorkom deur belydenis en
vergifnis
Suid-Afrikaners kon versoen word om ʼn nuwe nasie te bou
Die nuwe Grondwet het die idee van nasionale eenheid
gebaseer op versoening en die heropbou van die samelewing
ondersteun
Enige ander relevante antwoord
Nie bruikbaar nie
Oortreders het gevoel dat die WVK bevooroordeeld was en een
groep mense bo die ander bevoordeel het
Sommige oortreders wou nie voor die WVK verskyn en vergifnis
vra nie
Hulle het gevoel dat hulle as individue kon leef eerder as om te
verenig as Suid-Afrikaners
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 × 2) (4)
2.2 2.2.1 [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 2B – V1]
Talle gruweldade (moorde) van die verlede was nie behoorlik
ondersoek nie
Daar was ʼn oormatige klem op die rol van die voormalige
sekuriteitsmagte
Die sluipmoord van ongeveer 400 top IVP-leiers was nie deeglik
ondersoek nie
Daar is nog nie ʼn diepgaande ontleding gedoen van wat baie as
‘swart-op-swart’-geweld beskou het nie (Enige 2 × 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) GESKIEDENIS V2 11
2.2.2 [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 2B – V1]
Ons moet nou in die gees van die Grondwet leef
Ons moet Ubuntu het in plaas van vergelding
Ons moet vergoeding het in plaas van weerwraak
Vervolgings moet eweredig gedoen word
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 × 1) (2)
2.2.3 [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 2B – V1]
Ons is ʼn opkomende demokrasie, gewoond aan geregtigheid
As misdade gepleeg was in die verlede deur wie ook al en geen
aansoek vir amnestie was daarvoor gemaak nie, dan moet
geregtigheid gehandhaaf word (Enige 1 × 1) (1)
2.2.4 [Interpretasie van inligting vanuit Bron 2B – V2]
De Klerk nie ten gunste van die WVK nie/Ramaphosa ten
gunste van die WVK
De Klerk beskou die WVK as ʼn heksejag/Ramaphosa sien WVK
as ʼn meganisme wat versoening bevorder
De Klerk het WVK gesien as ʼn ANC-metode om voormalige NP-
amptenare te vervolg/Ramaphosa beklemtoon die WVK as ʼn
aktiwiteit wat nasie-bou bevorder
De Klerk beweer dat die WVK ten gunste was van
onvoorwaardelike amnestie/Ramaphosa noem dat amnestie
toegestaan sou word aan enigiemand wat politieke misdade
gepleeg het gedurende apartheidsera
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 × 2) (4)
2.3 2.3.1 [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 2C – V1]
Hy was ʼn informant (1 × 1) (1)
2.3.2 [Interpretasie van bewyse vanuit Bron 2C – V2]
Sy wou weet hoe haar seun gesterf het
Sy wou weet hoekom hulle haar seun as ʼn informant bestempel
het
Sy wou weet wie dit aan haar seun gedoen het
Sy wou hê dat die oortreders vorentoe moes kom
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 × 2) (4)
2.3.3 [Interpretasie van inligting vanuit Bron 2B – V2]
Ja:
In 1997 het die WVK ʼn uitspraak gelewer dat Madikizela-
Mandela skuldig was en ʼn rol gespeel het in die dood van
Stompie Sepei
Die misdaad was deur haar lyfwagte van die Mandela United
Sokkerklub gepleeg
Jerry Richardson, een van Winnie Mandela se lyfwagte was
skuldig bevind aan die moord
Winnie Mandela was skuldig bevind aan ontvoering en as ʼn
medepligtige in die aanval van Stompie
Haar ses-jaar tronkvonnis was op appèl verminder tot ʼn boete
en ʼn twee-jaar opgeskorte vonnis
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 × 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
2.4 2.4.1 [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 2D – V1]
Cebekulu
Felati (2 × 1) (2)
2.4.2 [Interpretasie van bewyse vanuit Bron 2D – V2]
Hulle het geglo dat Winnie Mandela onskuldig was
Stompie was ʼn verraaier van die bevrydingstryd
Stompie was ʼn ongeval van oorlog omdat hy sy eie mense
verraai het deur sy samewerking met die wit regering
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 × 2) (4)
2.4.3 [Interpretasie van bewyse vanuit Bron 2D – V2]
Informante het die bedrywighede van die
vryheidstrydorganisasies openbaar
Informante het die name van die leiers van die bevrydingstryd
openbaar
Informante het die wegkruipplekke van strydleiers onthul
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 × 2) (4)
2.5 [Vergelyking van Bronne 2C en 2D om ooreenkomste te identifiseer – V3]
Beide bronne toon dat hy ʼn informant was
Beide bronne toon dat Winnie Mandela by die dood van Stompie
betrokke was
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 × 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) GESKIEDENIS V2 13
2.6 [Interpretasie, begrip en sintese van bewyse vanuit bronne – V3]
Kandidate moet ʼn paar van die volgende insluit:
Ja
Om post-apartheidversoening te bevorder (Bron 2A)
Om ʼn kultuur van menseregte op te bou (Bron 2A)
Om verdere menseregte misbruike te verhoed (Bron 2A)
Het oortreders die kans gebied om die waarheid te openbaar rakende
politieke moorde (Bron 2A)
Amnestie aan oortreders gegee (Bron 2A)
Die WVK het die haat tussen swart en wit Suid-Afrikaners
uitgewis (Bron 2B)
F.W. De Klerk wou hê dat die WVK onbevooroordeeld moes
wees (Bron 2B)
Ramaphosa het herbevestig dat die WVK nie ʼn heksejag was nie maar
verbind was tot geregtigheid (Bron 2B)
Slagoffers was die kans gegun om berusting te vind (Bron 2C)
Slagoffers was ʼn kans gegee om hul kant van die storie te
vertel (Bron 2C)
WVK was ʼn genesende proses (Bron 2D)
Nee
Baie oortreders het geweier om te getuig
Leidende figure in die NP het nie getuig nie
ANC beskou die WVK as ʼn poging om die bevrydingstryd te
kriminaliseer
Gruweldade van die IFP was nie ondersoek nie
NP beskou die WVK as ʼn heksejag
Enige ander relevante antwoord
Gebruik die volgende geassesseer om ʼn punt toe te ken:
VLAK 1 Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse,
bv. toon geen of min begrip oor die
suksesvolheid van die WVK om vrede en
versoening in Suid-Afrika mee te bring. Punte: 0–2
Gebruik bewyse gedeeltelik om verslag oor
onderwerp of kan geen verslag doen oor
onderwerp nie.
VLAK 2 Bewyse is meestal relevant en hou tot ʼn groot
mate verband met die onderwerp, bv. toon ʼn
begrip oor die suksesvolheid van die WVK
Punte: 3–5
om vrede en versoening in Suid-Afrika mee
te bring.
Gebruik bewyse op ʼn baie basiese wyse.
VLAK 3 Gebruik relevante bewyse, bv. demonstreer ʼn
deeglike begrip oor die suksesvolheid van
die WVK om vrede en versoening in Suid-
Afrika mee te bring.
Punte: 6–8
Bewyse hou verband met die onderwerp.
Gebruik bewyse baie effektief in ʼn
georganiseerde paragraaf wat ʼn begrip van die
onderwerp toon. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
VRAAG 3: WAT WAS DIE IMPAK VAN GLOBALISERING OP DIE
EKONOMIEË VAN ONTWIKKELENDE LANDE NA 1989?
3.1 3.1.1 [Onttrekking van inligting vanuit Bron 3A – V1]
Klimaatsverandering
Globalisering (2 × 1) (2)
3.1.2 [Onttrekking van inligting vanuit Bron 3A – V1]
Die kombinasie van globale en nasionale ekonomiese
veranderinge (1 × 2) (2)
3.1.3 [Interpretasie van bewyse vanuit Bron 3A – V2]
Klimaatsverandering
Klimaatsverandering is ʼn langtermyn deurlopende verandering
van die gemiddelde weer toestande bv. meer gereelde en
uiterste storms
Enige ander relevante antwoord
Klimaatvariasie
Dit is die manier waarop klimaat op ʼn jaarlikse basis wissel bo of
onder die langtermyn gemiddelde
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 × 2) (4)
3.2 3.2.1 [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 3B – V1]
Armoede
Hongersnood (2 × 1) (2)
3.2.2 [Interpretasie van inligting vanuit Bron 3B – V2]
Harde werk deur die grond op te grawe/aanplanting van
gewasse/voeding van diere (die dame aan die linkerkant -
landbou)
Geniet die voordele deur die gewasse te verkoop/diere verkoop
vir geld (dame op die regterkant - maatskaplike beskerming)
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 × 2) (2)
3.2.3 [Betroubaarheid van bewyse vanuit Bron 3B – V3]
NIE-BETROUBAAR
Dit fokus uitsluitlik op landbou en maatskaplike werk
Verwys na boere as selfversorgende boere (boer vir hulself)
Dit wys nie die impak van die weer op die landbou nie
Dit wys nie die impak van globalisering op Afrika-boerdery nie
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 × 2) (4)
3.2.4 [Interpretasie van inligting vanuit Bron 3B – V2]
Dit kan kredietbeperkings verlig
Arm kleinboere kan betrokke raak by kleinskaalse
wetenskaplike boerderymetodes wat produksie en wins sal
verhoog
Produktiewe boerdery kon aanvraag verhoog en daarmee
werksgeleenthede skep
Enige ander relevante antwoord (Enige 1 × 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) GESKIEDENIS V2 15
3.3 3.3.1 [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 3C – V1]
Handel
Hulp (2 × 1) (2)
3.3.2 [Interpretasie van verskille van inligting vanuit Bron 3C– L2]
Domschu
Lae inkomste-lande kon nie maklik integreer in die globale
ekonomie as gevolg van hul gekose beleide nie
Baie lande ervaar hoë vlakke van armoede
Alle lande moet deelneem aan die wêreldekonomie
Finansiële hulp moet aan arm lande gegee word
Enige ander relevante antwoord
Kalytta
Positiewe-effek
Globale mark vir maatskappye om hul produkte te verhandel
Kommunikasie tussen lande lei tot beter begrip en breër visie
Europese besighede kon uit kontrakteer word aan Asië omdat
arbeid daar goedkoper is
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 × 2) (4)
3.3.3 [Interpretasie van bewyse vanuit Bron 3C – V2]
Lae koste van arbeid in Asiatiese lande in vergelyking met
ander lande
Hoë winsgrense vir die maatskappye
Werkende Europeërs het die druk gevoel omdat hulle nie kon
kompeteer met goedkoop arbeid nie
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 × 2) (4)
3.4 [Vergelyking van Bronne 3B en 3C om ooreenkomste te identifiseer – V3]
Beide bronne toon dat selfs die armste lande voordeel uit kon trek
globalisering
Beide bronne meld dat alle lande in die wêreld ekonomie ingesluit word
selfs met die finansiële hulp van die internasionale gemeenskap
Beide bronne toon dat globalisering armoede kan verminder
Beide bronne meld dat lande hul produkte enige plek kon verkoop indien
hulle deelneem in die wêreldekonomie
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 × 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
3.5 3.5.1 [Onttrekking van inligting vanuit Bron 3D – V1]
Stede is verminder tot vuilishope waar alle industriële afval
opgehoop word
Besoedelingsvlakke was baie hoog (Enige 1 × 2) (2)
3.5.2 [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 3D – V1]
McDonalds
KFC (2 × 1) (2)
3.5.3 [Interpretasie van bewyse vanuit Bron 3D – V2]
Restaurante en eetplekke maak en verkoop enige vleisprodukte
sonder die oorweging van plaaslike mense se godsdienstige
oortuigings
Hulle stel net daarin belang om geld te maak
In Indië word die bees (beesvleis) as ʼn heilige dier beskou en
mag daarom nie geëet word nie
Enige ander relevante antwoord (Enige 2 × 2) (4)
3.5.4 [Onttrekking van inligting vanuit Bron 3D – V2]
Korporatiewe gierigheid
Korrupte regering (2 × 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) GESKIEDENIS V2 17
3.6 [Interpretasie, begrip en sintese van bewyse vanuit bronne – V3]
Kandidate moet ʼn paar van die volgende insluit:
Klimaatsverandering het ʼn impak op kosstelsels en
landbouproduksie (Bron 3A)
Ontwikkelende lande was minder kwesbaar vir klimaatsverandering as
gevolg van globalisering
Globalisering stel boere bloot aan nuwe en vreemde
toestande (Bron 3A)
Regeringsondersteuning het ʼn direkte invloed op arm
boere (Bron 3A en 3B)
Globalisering kan armoede verminder en werksgeleenthede
skep (Bro 3B en 3C)
Globalisering moet ontwikkelende lande help met handel en
hulp (Bron 3C)
Lae inkomste lande kan nie integreer in die globale ekonomie nie as
gevolg van hul beleide (Bron 3C)
Kalytta se sienswyse dui op ʼn positiewe effek van
globalisering (Bron 3C)
Kommunikasie lei tot beter begrip en breër visie (Bron 3C)
Globalisering lei tot migrasie van arbeid na Asië
Stede van ontwikkelende lande word die aflaaiplek van
gemorskoswinkels
Die rykes word ryker en die armes word armer (Bron 3D)
Enige ander relevante antwoord
Gebruik die volgende geassesseer om ʼn punt toe te ken::
VLAK 1 Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse,
bv. toon geen of min begrip van die impak
van globalisering op die ekonomieë van
ontwikkelende lande. Punte: 0–2
Gebruik bewyse gedeeltelik om verslag oor
onderwerp of kan nie verslag oor onderwerp
gee nie.
VLAK 2 Bewyse is meestal relevant en hou verband
met ʼn groot mate aan die onderwerp, bv. toon
ʼn begrip van die impak van globalisering Punte: 3–5
op die ekonomieë van ontwikkelende lande.
Gebruik bewyse op ʼn baie basiese wyse.
VLAK 3 Gebruik relevante bewyse, bv. demonstreer ʼn
deeglike begrip van die impak van
globalisering op die ekonomieë van
ontwikkelende lande.
Bewyse hou goeie verband met die Punte: 6–8
onderwerp.
Gebruik bewyse baie effektief in ʼn
georganiseerde paragraaf wat ʼn begrip van die
onderwerp toon. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: BURGERLIKE WEERSTAND IN SUID-AFRIKA: 1970’s TOT 1980’s
[Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpreterende vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet aandui of hulle saamstem met die stelling of nie en die redes vir hul
standpunt verduidelik.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hul opstelle insluit:
INLEIDING: Kandidate moet saamstem of nie saamstem nie en verduidelik hoekom
UITBREIDING
Die Anti-Apartheidbeweging (AAM) in Brittanje was daarop gemik om Apartheid te
beëindig deur boikotte en isolasie van Suid-Afrika van die internasionale
gemeenskap.
Het demonstrasies gehou buite: die Suid-Afrikaanse ambassade in Brittanje en teen
maatskappye wat besigheid met Suid-Afrika gedoen het
Die resultaat van hierdie aksie: Barclays Bank verkoop hul aandele in SA
Hulle het ʼn sterbelaaide konsert by Wembley ter vrylating van Mandela gehou
(AAM) inisieer sport, kulturele, akademiese en ekonomiese sanksies wat Suid-Afrika
internasionaal geïsoleer het
Sportboikotte:
o AAM verhoed Suid-Afrika om deel te neem aan internasionale kompetisies:
o Die Gleneagles-ooreenkoms het ʼn beroep op alle Statebondlande gedoen om
alle sportbande met Suid-Afrika af te sny
o Suid-Afrika is geskors uit die Internasionale Olimpiese Spele
Kulturele boikotte:
o Britse en Amerikaanse musikante het geweier om in Suid-Afrika op te tree
Akademiese boikotte:
o Suid-Afrikaanse Akademici was belet om internasionale akademiese
konferensies by te woon
Verbruikersboikotte:
o Die algemene publiek was versoek om Suid-Afrikaanse produkte te boikot
Disinvestering - Chase Manhattan Bank sny sy bande met Suid-Afrika
Die Europese Ekonomiese Gemeenskap het nuwe beleggings in Suid-Afrika in 1985
verban
In 1986 het Amerika alle nuwe lenings en beleggings in Suid-Afrika verbied
Groot maatskappye soos General Electric, Pepsi Cola, IBM, General Motors en Mobil
het hul bedrywighede in Suid-Afrika gesluit
Sanksies:
Die VSA het geweier om Suid-Afrikaanse landbouprodukte, yster en staal te koop
Die VSA verbied direkte lugreise tussen die lande
Internasionale vakbonde het ʼn beroep op die anti-Apartheid bewegings gedoen om
Suid-Afrikaanse goedere te boikot en om sanksies en disinvestering inisiatiewe te
ondersteun
Die Frontlinie state het ANC toegelaat om basisse en militêre opleidingskampe in hul
lande op te rig
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) GESKIEDENIS V2 19
Van hier af kon die ANC sy MK bedrywighede inisieer en die gewapende stryd
verskerp
Teen die laat 1980’s was die Suid-Afrikaanse ekonomie op die rand van ineenstorting
Sanksies en disinvestering het tot verhoogde werkloosheid en armoede gelei
Dit het gelei tot verhoogde interne weerstand
Al hierdie gebeure het dit baie moeilik vir die NP gemaak om aan bewind te bly
Dit is eksterne druk wat uiteindelik tot die ineenstorting van Apartheid gelei het
Enige ander relevante antwoord
SLOT: Kandidate moet hul argument met ʼn relevante gevolgtrekking saamvat
Gebruik die matriks op bladsy 6 om hierdie opstel te assesseer. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
20 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2017)
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN KOM VREDE
MAAK MET DIE VERLEDE
[Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak analitiese en interpreterende vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet demonstreer hoe die vrylating van Nelson Mandela in die 1990’s ʼn
draaipunt in die soeke na demokrasie in die geskiedenis van Suid-Afrika was.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hul opstelle insluit:
INLEIDING: Kandidate moet aandui hoe die proses van onderhandeling die weg vir
die vestiging van ʼn demokratiese Suid-Afrika in 1994 gebaan het
UITBREIDING
De Klerk kom in 1989 aan bewind – kort agtergrond (De Klerk se toespraak)
Die ontbanning van politieke en burgerlike organisasies soos die ANC en SAKP
De Klerk se besluit om Mandela op 11 Februarie 1990 vry te laat, wat die weg vir
onderhandelings gebaan het
Geweld wat in Sebokeng uitgebreek het – April 1990
Groote Schuur Minuut – 2 Mei 1990 (ANC en NP ontmoet, ANC afvaardiging gelei
deur Nelson Mandela, NP afvaardiging gelei deur F.W. De Klerk)
Pretoria Minuut – Augustus 1990 (ANC stem toe tot die opskorting van die
gewapende stryd)
Derde Mag-geweld in Natal tussen Inkatha, die ANC en die apartheidsregering
CODESA 1 (19 politieke partye minus AZAPO, KP en PAC/300 afgevaardigdes)
Geweld bars in sommige dele van die land uit, bv. Transvaal en Natal
Slegs-blanke referendum en die impak daarvan (Maart 1992)
CODESA 2 (2 Mei 1992) ineenstorting. Partye kon nie ooreenkom op ʼn nuwe
Wetgewende liggaam en tussentydse regering nie
NP t.g.v. vetoreg vir minderheidsgroepe terwyl ANC aangedring het op ʼn
tussentydse regering vir nie langer as 18 maande asook vir ʼn eenvoudige
meerderheidsregering
Boipatongslagting en sy gevolge (17 Junie 1992)
Bisho menseslagting ontspoor amper die proses van onderhandelinge
(7 September 1992)
Rekord van Verstandhouding onderteken op 26 September 1992 tussen Roelf Meyer
(NP) en Cyril Ramaphosa (ANC)
Sluipmoord van Chris Hani (10 April 1993) en die impak daarvan op Suid-Afrika
Regse (AWB) aanval op wêreldhandelsentrum en die gevolge daarvan
Multiparty onderhandelingsforum
Sonsondergangklousule voorgestel deur Joe Slovo breek die
onderhandelingsdooiepunt
Shell House menseslagting en sy gevolge – Maart 1994
Verkiesingsdatum – 27 April 1994 aangekondig
ANC wen verkiesings en Mandela eerste swart Suid-Afrikaanse President
Enige ander relevante antwoord
SLOT: Kandidate moet hul argument met ʼn relevante gevolgtrekking saamvat
Gebruik die matriks op bladsy 6 om hierdie opstel te assesseer. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) GESKIEDENIS V2 21
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ʼn NUWE WÊRELD ORDE:
1989 TOT DIE HEDE
[Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse
deur gebruik te maak van analitiese en interpreterende vaardighede]
SINOPSIS
Kandidate moet die impak van die ineenstorting van die USSR op die Suid-Afrikaanse
politieke landskap krities bespreek.
HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hul opstelle insluit:
INLEIDING: Kandidate moet aandui hoe die val van die USSR in 1989 bygedra
het tot die politieke transformasie in Suid-Afrika en hul gedagtegang
substansieer.
UITBREIDING
Ekonomiese toestande in Rusland in die laat 1980’s
Gorbachev se beleid van Glasnost en Perestroika
Gorbachev beëindig die kern bewapeningswedloop met die VSA
Gorbachev beëindig die oorlog in Afghanistan
USSR beëindig haar oorheersing oor Oos-Europa
Die val van die Berlynse muur
Verandering in wêreld dra by tot die beëindiging van Apartheid
Die val van die USSR ontneem die ANC van sy hoofbron van ondersteuning
Die ANC kon nie meer staatmaak op die USSR vir finansiële ondersteuning en
wapens nie
Gorbachev was ook ten gunste van ʼn vreedsame bewindsoorgang in Suid-Afrika
Die Nasionale Party se mening dat hulle die hoofteenvoeter teen kommunistiese
uitbreiding in suidelike Afrika was, het ook onrealisties geword
Die Nasionale Party se mening dat hulle Suid-Afrika teen ʼn kommunistiese oorname
beskerm het, was naïef
Die Weste was van mening dat Suid-Afrika sy probleme vreedsaam en demokraties
moes oplos
Dit het duidelik geword dat die Nasionale Party nie meer blanke oorheersing in Suid-
Afrika kon handhaaf nie
Invloedryke Nasionale Party-lede het begin besef dat apartheid nie die antwoord was
vir die benodigdhede van wit kapitalistiese ontwikkeling nie
Slag van Cuito Cuanavale en die onafhanklikheid van Namibië
Daar was geen twyfel dat die aanhoudende onderdrukking van swart Suid-Afrikaners
nie politieke stabiliteit sou verseker nie
P.W. Botha het ʼn beroerte gehad en was opgevolg deur F.W. De Klerk
F.W. De Klerk het besef dat die stryd van swart Suid-Afrikaners nie ʼn poging uit
Moskou was nie
Dit het De Klerk in staat gestel om samesprekings met die vryheidsbewegings daar te
stel
Op 2 Februarie 1990 het De Klerk ʼn nuwe en regverdige konstitusionele dispensasie
aangekondig
Dit het die einde van apartheid ingelui
Enige ander relevante antwoord
SLOT: Kandidate moet hul argument met ʼn relevante gevolgtrekking saamvat
Gebruik die matriks op bladsy 6 om hierdie opstel te assesseer. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2017 QP (Eng)
%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c/v1-b616c542a8e748051a3c/card.webp)
Memorandum
History Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2017 Memo (Afrikaans)
_hlayiso.com_--9b4b0c56-0d1c-480b-8ab5-b260d75b5222/v1-68278b92259dd5d25a89/card.webp)
Memorandum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2015 Memo (Afrikaans)

Question paper
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

Question paper
History Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2017 Question Paper

Question paper
History Grade 12 P2 NSC November 2017 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)
%202024%20Question%20Paper%20X05_hlayiso.com_--7b41ec15-3856-4a67-a9db-cedd424e51c5/v1-5ae80cf63fec0975a316/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P1 Gauteng Prelim 2024 Question Paper (Eng)

Addendum