Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2017
GESKIEDENIS V1
ADDENDUM
*HISTA3*
Hierdie addendum bestaan uit 13 bladsye.
Skip to contentAll 2017 papers 

%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995/v1-4bd7c3b8e18e806e9bbb/card.webp)
)%202015%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955/v1-6ab5452db578d608b6e0/card.webp)


View all




%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5/v1-08263ca49c7d250a5368/card.webp)
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 Addendum (Afr)
Grade 12 History Paper 1 addendum from the Eastern Cape Mock Exam 2017 (Afrikaans), 13 pages. Read online or get the free PDF download.
History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2017 · Afrikaans. Addendum, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Addendum
- Year
- 2017
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 404.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 13
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2017)
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: HOE HET DIE KUBAANSE MISSIELKRISIS TOT KOUE OORLOG -
SPANNING TUSSEN DIE SOWJETUNIE EN DIE VERENIGDE
STATE VAN AMERIKA IN DIE 1960’s BYDRA?
BRON 1A
Die volgende bron is die standpunt van N. Khrushchev, president van die Sowjet-
unie, oor die Kubaanse missiekrisis.
Ons verwelkom Castro se oorwinning, natuurlik, maar teen daardie tyd was ons
oortuig dat die inval net die begin was en dat die Amerikaners nie Kuba alleen sou
laat nie ... een gedagte het herhaaldelik op my brein gehamer. Wat sou gebeur as
ons Kuba verloor? Ek het geweet dat dit ʼn verskriklike terugslag vir Marxistiese-
Leninisme sou wees. Dit sou ons statuur aansienlik verminder het regoor die wêreld,
maar veral in Latyns-Amerika. Indien Kuba sou val sou ander Latyns-Amerikaanse
lande ons verwerp het en aanvoer dat vir al ons mag, die Sowjetunie nie in staat was
om enigiets vir Kuba te doen nie, behalwe om leë protes aan te teken by die
Verenigde Nasies. Ons moes aan een of ander manier dink om Amerika te
konfronteer met meer as woorde ...
Die logiese antwoord was missiele. Ek het die idee gehad om kernmissiele in Kuba
op te rig sonder dat die Verenigde State van Amerika daarvan weet totdat dit te laat
was vir hulle om enigiets daaroor te doen. Ons het geen begeerte gehad om 'n oorlog
te begin nie. Ons het aan die Amerikaners ʼn nota gestuur wat sê dat ons ingestem
het om ons missiele te verwyder op voorwaarde dat die president ons sy versekering
gee dat daar geen inval van Kuba sou wees deur die magte van die Verenigde State
van Amerika nie ... hy het ingestem ... Dit was ʼn groot oorwinning vir ons ... ʼn sukses
sonder om ʼn enkele skoot vuur.
[Vanuit Khrusjchev onthou deur S Talbott.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 3
BRON 1B
Hierdie bron is deel van ʼn toespraak wat JF Kennedy, president van die Verenigde
State van Amerika, gelewer het op 16 Oktober 1962. In hierdie toespraak praat hy
oor die Sowjetunie se ontplooiing van missiele na Kuba en hoe die Amerikaanse
regering die krisis sou hanteer.
... Hierdie regering, het soos belowe, met fyn waarneming die Sowjet militêre opbou
op die eiland van Kuba, volgehou. Binne die afgelope week, het onmiskenbare
bewyse die feit bekragtig dat ʼn reeks aanvallende missielterreine nou op daardie
ingeslote eiland voorbereid was. Die doel van hierdie basisse kan niks anders wees
as ʼn kern aanvalsvermoë teen die Westerse halfrond nie ... Hierdie lang-afstand
wapens van skielike massa vernietiging konstitueer (vorm) ʼn uitdruklike bedreiging
vir ons vrede en sekuriteit ... Ek doen ʼn beroep op die Sowjet-regering om hierdie
offensiewe opbou te stop.
Ek het opdrag gegee vir ʼn streng kwarantyn (blokkade) op alle offensiewe militêre
toerusting onder verskeping na Kuba. Alle skepe op pad na Kuba ..., indien dit bevind
dat dit offensiewe vragte vervoer, moet omdraai. Ons is egter nie op hierdie tydstip
besig om die noodsaaklikhede van die lewe te ontneem soos wat die Russe dit
gepoog het tydens die Berlynse Blokkade van 1948 nie. Ek doen ʼn beroep op
voorsitter Khrushchev om sy handelwyse van wêreldoorheersing prys te gee, en om
aan te sluit in ʼn historiese poging om die gevaarlike bewapeningswedloop te beëindig
en om die geskiedenis van die mensdom te verander.
[Vanuit http://www.famousquotes.me.uk/speeches/John_F_Kennedy/2.htm. Toegang op 3 Junie
2017 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2017)
BRON 1C
Die volgende bron is ʼn telegram (geskrewe boodskap) wat deur Anatoly Dobrynin
van die Sowjetunie na die USSR se Buitelandse Ministerie op 27 Oktober 1962
gestuur was.
Dobrynin se kabelgram (telegram) aan die USSR se Buitelandse Ministerie,
27 Oktober 1962.
HOOGS VERTROULIK
Die maak van fotostatiese
afdrukke is verbode
Kopie nr. 1
CIPHERED (GEHEIME) TELEGRAM
Laat vanaand het R Kennedy my uitgenooi om hom te kom sien. Ons het alleen
gepraat.
Die Kubaanse krisis, het R Kennedy begin, is besig om vinnig te vererger. Ons het
so pas ʼn verslag ontvang dat ʼn ongewapende Amerikaanse vliegtuig neergeskiet
was tydens die uitvoering van ʼn verkennings(ondersoek)-vlug oor Kuba. Die
weermag eis nou dat die president sodanige vliegtuie moet bewapen en om vuur
met vuur te beveg. Die VSA regering sal dit moet doen.
‘Ek wil’ het R Kennedy beklemtoon, ‘die huidige onrusbarende situasie voorlê soos
wat die president dit sien ...’ Hy wil hê dat NS Khrushchev dit moet weet. Dit is die
kernboodskap (fokus) van die situasie nou.’
‘... want dit is die enigste manier waarop ons vinnig inligting kan kry oor die vordering
van die konstruksie van die missielbasisse in Kuba, wat ons glo ʼn baie ernstige
bedreiging vir ons nasionale veiligheid inhou. Maar as ons in reaksie daarop begin
om te vuur/aan te val – sal ʼn kettingreaksie vinnig begin wat baie moeilik gestop sal
word. Dieselfde geld ten opsigte van die kern (hart) van die missielbasisse in
Kuba. Die VSA regering is vasbeslote om ontslae te raak van daardie basisse, in die
uiterste geval, om dit met bomme te bestook aangesien, ek herhaal, hulle ʼn groot
bedreiging vir die veiligheid van die VSA inhou. Maar in reaksie op die
bombardement van hierdie basisse, waar Sowjet-spesialiste dalk kan ly, sal die
Sowjet-regering ongetwyfeld dieselfde teen ons, iewers in Europa, reageer. ʼn
Werklike oorlog sal begin, waarin miljoene Amerikaners en Russe sal sterf.'
‘En wat van Turkye?’, het ek vir R Kennedy gevra.
‘As dit die enigste struikelblok is tot die bereiking van die regulasie (Wet) wat ek
vroeër genoem het, dan sien die president nie enige onoorkomelike (moeilike)
probleme om hierdie kwessie op te los nie’, het R Kennedy geantwoord. Die grootste
moeilikheid vir die president is die openbare bespreking van die kwessie van Turkye
... President Kennedy is egter ook gereed om tot ʼn ooreenkoms te kom met
NS Khrushchev op daardie vraag. Ek dink dat dit vir ons 4–5 maande sal neem om
daardie basisse vanaf Turkye te onttrek,’ het R Kennedy gesê.
[Vanuit: Ons almal het die Koue Oorlog verloor deur RN Lebow en JG Stein]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 5
BRON 1D
Hierdie spotprent deur E Valtman het in Die Hartford Times verskyn, op 30 Oktober
1962. Die byskrif lees soos volg: ‘HIERDIE MAAK MY MEER AS WAT DIT JOU
SEER MAAK!’.
'THIS HURTS ME MORE THAN IT HURTS YOU!'
Castro Missiele Khrushchev
[Uit: die redaksionele strokiesprente van Edmund, 1961 – 1991 deur S Valtman en E Valtman]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2017)
VRAAG 2: HOE HET DIE BUITELANDSE MOONDHEDE BETROKKE BY DIE
ANGOLESE BURGEROORLOG NA 1975 GERAAK?
BRON 2A
Hierdie bron toon die betrokkenheid van buitelandse moondhede in Angola ná 1975.
Die krisis in Angola het in ʼn Koue Oorlog slagveld ontwikkel namate die
supermoondhede en hul bondgenote militêre bystand aan hul voorkeurkliënte
gelewer het. Die Verenigde State het hulp en opleiding vir beide die FNLA en UNITA
verskaf terwyl troepe uit Zaïre vir Holden Roberto en sy vegters gehelp het. China
het ook militêre instrukteurs gestuur om die FNLA op te lei. Die Sowjetunie het
militêre opleiding en toerusting aan die MPLA voorsien. Gedurende die somer van
1975, het die Sowjet-ondersteunde MPLA daarin geslaag om hul mag in Luanda te
konsolideer en om die Amerikaans ondersteunde FNLA vanuit die hoofstad te
verban (weg te jaag), maar die FNLA het voortgegaan met hul aanval ...
Die MPLA het ook lank-gevestigde verhoudings met Fidel Castro se Kuba gehad.
Voor November 11, het die MPLA onderhandel met Castro vir Kubaanse bystand.
Op dieselfde tyd, het UNITA, wat die ondersteuning van die VSA geniet het, die
apartheidsregering in Suid-Afrika vir militêre versterkings genader. Pretoria, met die
doel om die gebruik van Angola as ʼn basis vir rebelle wat geveg het vir die
onafhanklikheid van Suid-Afrikaans beheerde Namibië te beëindig, het magte
verleen wat suidelike Angola in Oktober binnegeval het en vinnige het na die
hoofstad opgedruk het. Die Amerikaanse regering het die Suid-Afrikaanse ingryping
aangemoedig, maar verkies om sy verbinding met die apartheidsregering as
niksgewend voor te hou.
[Uit: https.//history.state.gov/milestones/1969-1976/angola. Toegang op 22 September 2016 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 7
BRON 2B
Hierdie bron gee ʼn uiteensetting van die rol wat die Verenigde State van Amerika in
die ondersteuning van UNITA gespeel het.
Teen 1986, het Angola ʼn meer sentrale rol begin speel in die Koue Oorlog, met die
Sowjetunie, Kuba en ander Oosterse blok nasies wat hul ondersteuning vir die MPLA
regering versterk het en die Amerikaanse konserwatiewes wat hul ondersteuning vir
Savimbi se UNITA begin verhoog het ... Savimbi het noue betrekkinge met die
invloedryke Amerikaanse konserwatiewes ontwikkel, wat Savimbi gesien as ʼn
belangrike bondgenoot in die Amerikaanse poging om Sowjet-gesteunde, nie-
demokratiese regerings regoor die wêreld teen te staan en om te keer. Die konflik het
vinnig verskerp (toename in intensiteit), met Washington en Moskou wat dit as ʼn kritieke
strategiese konflik in die Koue Oorlog beskou het.
Die Sowjetunie het ʼn bykomende $1 miljard in hulp aan die MPLA-regering gegee en
Kuba het ʼn addisionele 2,000 troepe na die 35,000-sterk mag in Angola gestuur om die
Chevron olieplatforms te beskerm in 1986 ...
... Bykomend tot die vermeerdering van militêre ondersteuning vir UNITA, het die Ronald
Reagan (gewese President van die VSA) Administrasie en sy konserwatiewe
bondgenote ook daaraan gewerk om die erkenning van Savimbi as ʼn sleutel
Amerikaanse bondgenoot in ʼn belangrike Koue Oorlogstryd uit te brei. In Januarie 1986,
het Reagan vir Savimbi genooi om hom by die Wit Huis te ontmoet. Na afloop van die
vergadering het Reagan by die Wit Huis in Januarie 1986 na Unita se oorwinning verwys
as iets wat “die wêreld geëlektriseer het.’’ Twee maande later, het Reagan die lewering
van Stinger grond-tot-lugmissiele aangekondig as deel van die $25 miljoen hulp wat
UNITA vanaf die VSA regering ontvang het. Jeremias Chitunda, UNITA se
verteenwoordiger na die VSA, het die Vise-President van UNITA geword in Augustus
1986 by die sesde party kongres. Fidel Castro het Chester Crocker (gewese
Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake) se voorstel, die onttrekking van
buitelandse troepe uit Angola en Namibië, ʼn voorvereiste (toestand waaraan voldoen
moet word eers) gemaak vir die Kubaanse onttrekking uit Angola ...
[Vanuit: https.//en.wikipedia.org/wiki/Angolan_Civil_War#War_intensifies. Toegang op 24 September
2016 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2017)
BRON 2C
Hierdie foto beeld twee Kubaanse militêre vlieëniers (sittend tweede en derde van
links) wat in 1988 deur UNITA gevange geneem was.
[Uit: gwww.pinterest.com/pin. Toegang op 24 September 2016 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 9
BRON 2D
Hierdie bron beskryf die impak wat die Slag van Cuito Cuanavale op die Suider-
Afrikaanse streek gehad het.
Die Slag van Cuito Cuanavale en die Kubaanse ingryping in Angola is een van die
keerpunte in die Suider-Afrikaanse geskiedenis. Dit het gelei tot die verskuiwing van die
magtige Kubaanse gewapende mag na die weste, na die Namibiese grens. Die stryd in
die suidwestelike deel van Angola het gelei tot die onttrekking van die Suid-Afrikaanse,
ANC en Kubaanse teenwoordigheid in Angola en die onafhanklikheid van Namibië.
Die Stryd van Cuito Cuanavale is egter ʼn omstrede (oop vir debat) kwessie, wyd bespreek
en gedebatteer deur gewone mense, deelnemers en historici. Afhangende van waar jy
staan, word Cuito Cuanavale beskryf as ʼn neerlaag van die Suid-Afrikaanse Weermag
(SAW), ʼn taktiese onttrekking deur die SAW of, ʼn dooiepunt.
Die stryd, of meer korrek genoem die beleëring (besetting) van Cuito Cuanavale was
geveg op die banke van die Lombarivier in die omgewing van Cuito Cuanavale, in suid-
oostelike Angola, tussen UNITA (met behulp van die SAW) en die Angolese weermag
(FAPLA) wat ondersteun was deur Kuba, die Sowjetunie en tot ʼn mindere mate Oos-
Duitsland. Daar was baie op die spel vir beide kante en die stryd het die grootste
konvensionele operasies van Suid-Afrikaanse magte sedert die Tweede Wêreldoorlog
behels.
[Vanuit: www.sahistory.org.za/topic/battle-cuito-cuanavale-1988. Toegang op12 Oktober 2016 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2017)
VRAAG 3: HOEKOM WAS DIE SWARTMAGBEWEGING IN DIE VERENIGDE
STATE VAN AMERIKA GEDURENDE DIE 1960's GESTIG?
BRON 3A
Hierdie bron is ʼn uittreksel vanuit Stokely Carmichael en George Hamilton se
boek, Swart Mag. Dit fokus op die behoefte vir gelykheid onder Afro-Amerikaners.
Ons moet begin met die basiese feit dat swart Amerikaners twee probleme het:
hulle is arm en hulle is swart. Alle ander probleme ontstaan as gevolg van hierdie
dubbele werklikheid: gebrek aan onderwys, die sogenaamde apatie (gebrek aan
belangstelling) van swart mans. Enige program wat rassisme wil beëindig moet
opsigself daardie dubbele werklikheid aanspreek ...
Die behoefte aan sielkundige gelykheid is die rede waarom die SNCC (Student
Non-violent Co-ordinating Committee) vandag glo dat swartes hulself in die swart
gemeenskap moet organiseer. Slegs swartmense kan die revolusionêre idee dat
swart mense in staat is om dinge self te doen oordra. Slegs hulle kan in die
gemeenskap, ʼn opwekking en voortsetting van swart bewussyn aanspoor wat die
basis vir politieke mag sal voorsien. In die verlede, dink ek, het blanke bondgenote
wit oppergesag bevorder sonder die blankes wat daarmee betrokke was dit besef
of dit geweet het. Swartmense moet dinge vir hulself doen ... Dit is een rede waarom
Afrika van sodanige belang is: die realiteit dat swart mans hulle eie nasies moet
regeer gee swartes elders ʼn gevoel van die moontlikheid, van mag, wat hulle nou
nie het nie.
[Vanuit: Vir die rekord: ʼn Dokumentêre geskiedenis van Amerika, Volume twee deur DE Shi en HA
Mayer, 1999]
BRON 3B
Die volgende is ʼn uittreksel vanuit ʼn toespraak wat Malcolm X op 3 April 1964
gelewer het in Cleveland, Ohio. Die toespraak was na verwys as, 'Die Stembrief of
die Koeël'.
Swart mense is keelvol met die gesloer ... tegemoetkomende benadering wat ons
gebruik het om ons vryheid te verkry. Ons soek vryheid nou, maar ons gaan dit nie
kry deur te sê: ‘Ons sal oorkom’ nie. Ons sal moet veg totdat ons oorkom.
Die ekonomiese filosofie van swart nasionalisme is suiwer en eenvoudig. Dit
beteken slegs dat ons die ekonomie van ons gemeenskap moet beheer. Waarom
moet wit mense al die winkels in ons gemeenskap beheer? Waarom moet wit
mense die banke in ons gemeenskap beheer? Waarom moet die ekonomie van ons
gemeenskap in die hande van die wit man wees? ... Die filosofie van swart
nasionalisme behels ʼn hernieude onderwysprogram in die swart gemeenskap ten
opsigte van die ekonomie. Ons mense moet kan insien dat wanneer jy jou dollar uit
jou gemeenskap neem en dit spandeer in ʼn gemeenskap waar jy nie woon nie, die
gemeenskap waar jy woon armer en armer sal raak, en die gemeenskap waar jy
jou geld bestee sal ryker en ryker raak.
[Uit: www.malcolm-x.org/quotes.ttm. Toegang op 10 November 2016 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 11
BRON 3C
Hierdie bron verduidelik die filosofie, doelwitte en prestasies van die Swartmag-
beweging.
Die Swartmagbeweging het ʼn gevoel van rasse trots en selfbeeld in swartes
aangewakker. Swart Mag voorstaanders het Swartes aangemoedig om slegs-swart
politieke partye te vorm of om daarby aan te sluit wat ʼn gedugte magsbasis sal
voorsien en ʼn basis sal vorm vir ware sosio-ekonomiese vooruitgang. Die leiers van
die beweging sê vir jare lank, dat die swartes probeer het om wit ideale na oor wat
hulle behoort te wees. Nou was dit tyd vir swartes om hul eie agenda op te stel, om
hul behoeftes en aspirasies eerste te stel. Die eerste stap, in werklikheid, was die
vervanging van die woord ‘Negro’ ('n woord wat geassosieer word met jare lange
slawerny) met ‘swart.’
... Dieselfde gees van rasse-eenheid en trots wat die Swartmagbeweging so
dinamies gemaak het, het dit ook problematies gemaak – en gevaarlik vir
sommige. Baie blankes, en ʼn aantal swartes, het die beweging as ʼn swart
separatistiese organisasie beskou wat daarop ingestel was om swart en wit te
segregeer en om die belangrike werk van die burgerregte beweging ongedaan te
maak. Dit is nie te betwis dat Swartmag voorstaanders geldige en dringende
bekommernisse gehad het nie. Swartes was steeds slagoffers van rassisme, of
hulle nou 'n hoër rentekoers vir ʼn verband moes betaal, of minder betaal was as ʼn
wit medewerker wat dieselfde werk doen, of geweld ervaar het aan die hande van
wit rassiste. Maar die oplossings wat sommige Swartmag leiers bepleit het, het
blykbaar net nuwe probleme geskep ...
[Vanuit:http://law.jrank.org/pages/4776/Black-Power-Movement.html. Toegang op 10 November
2016 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2017)
BRON 3D
Hierdie foto toon die stigterslede van die Black Panther Party. Bobby Searle is op die
linkerkant van die foto en Huey Newton is op die regterkant.
[Vanuit die Hutton Getty fotoversameling van die 1960’s deur N. Yapp]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 13
ERKENNINGS
Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:
Lebow, RN en Stein, JG, 1994, ons almal het die koue oorlog verloor, Princeton
University Press, Princeton, NJ
Shi, DE en Mayer HA, Vir die rekord: 'n Dokumentêre geskiedenis van Amerika, Volume
twee,1999
Talbott, S, 1974, Khrusjchev onthou, Boston, bietjie bruin
Valtman, S en amp; Valtman, E, Die redaksionele Spotprente van Edmund, 1961 – 1991
Yapp, N, die Hutton Getty fotoversameling van die 1960’s
https://hidtory.state.gove/milestones/1969-1976/Angola
www.digitalarchive.wilsoncenter.org/Collection/31/cuba-missile-Crisis
http://www.famousquotes.Me.UK/speeches/John_F_Kennedy/2.htm
http://Law.jrank.org/pages/4776/Black-Power-Movement.HTML
www.malcolm-x.org/Quotes.ttm
www.Pinterest.com/PIN
www.sahistory.org.za/topic/Battle-cuito-cuanavale-1988
https.//en.wikipedia.org/wiki/Angolan_Civil_War#War_intensifies
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 Memo (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 Memo (Afrikaans)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995/v1-4bd7c3b8e18e806e9bbb/card.webp)
Addendum
History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2019 Addendum (Afrikaans)
)%202015%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955/v1-6ab5452db578d608b6e0/card.webp)
Addendum
History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2015 Addendum (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 Paper 1 Gauteng Mock 2017 Addendum

Addendum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2017 Addendum (Afrikaans)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5/v1-08263ca49c7d250a5368/card.webp)
Question paper