Skip to content

History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)

Question paperHistoryGrade 1220219 pages

Grade 12 History Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2021 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2021 GESKIEDENIS V1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2021) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is. AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: DIE KOUE OORLOG: DIE OORSPRONG VAN DIE KOUE OORLOG VRAAG 2: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA VRAAG 3: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s: DIE BURGERREGTEBEWEGING AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE – VIËTNAM VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: UITDAGING WAT DIE KONGO EN TANZANIË NA AFHANKLIKHEID IN DIE GESIG GESTAAR HET VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s: DIE SWARTMAGBEWEGING 2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word. 3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae. 4. Beantwoord DRIE vrae soos volg: 4.1 Ten minste EEN moet ʼn brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN moet ʼn opstelvraag wees. 4.2 Die DERDE vraag kan όf ʼn brongebaseerde vraag όf ʼn opstelvraag wees. 5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee. 6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig gebruik. 7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde. 8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) GESKIEDENIS V1 3 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word. VRAAG 1: HOE HET DIE BERLYNSE BLOKKADE TOT KOUE OORLOG SPANNING TUSSEN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA) EN DIE SOWJETUNIE BYGEDRA? Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg. 1.1 Verwys na Bron 1A. 1.1.1 Watter land, volgens die bron, was na die Tweede Wêreldoorlog opverdeel? (1 x 1) (1) 1.1.2 Noem die TWEE besluite uit die bron, wat by die Potsdam- konferensie geneem was. (2 x 1) (2) 1.1.3 Hoe, volgens die bron, wou Stalin vir Duitsland ekonomies straf? (1 x 1) (1) 1.1.4 Verduidelik waarom jy dink Stalin die bekendstelling van ʼn nuwe geldeenheid deur Westerse magte as ʼn skending van hul na- oorlogse ooreenkomste beskou het. (1 x 2) (2) 1.1.5 Hoe, volgens die bron, het Stalin op die bekendstelling van ʼn nuwe geldeenheid in Wes-Berlyn gereageer? (2 x 1) (2) 1.2 Lees Bron 1B. 1.2.1 Definieer die konsep Koue Oorlog in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 1.2.2 Waarom dink jy was die Geallieerdes nie bereid om ʼn gewapende konflik met die Sowjets te waag nie? (2 x 2) (4) 1.2.3 Definieer die konsep kapitalisme in die konteks van die Koue Oorlog. (1 x 2) (2) 1.2.4 Waarom, volgens die bron, was Stalin nie bereid om geweld teen die Westerse Geallieerdes te gebruik nie? (1 x 1) (1) 1.2.5 Noem enige TWEE lande uit die bron wat die Duitse Federale Republiek gevorm het. (2 x 1) (2) 1.2.6 Lewer kommentaar op wat geïmpliseer word deur die stelling: ‘Die geallieerdes was nou vasbeslote om Wes-Berlyn as ʼn toonbeeld vir kapitalisme op te bou’. (1 x 2) (2) Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2021) 1.3 Raadpleeg Bron 1C. 1.3.1 Noem enige TWEE items uit die bron wat die Geallieerde Magte aan Wes-Berlyn verskaf het. (2 x 1) (2) 1.3.2 Lewer kommentaar oor die impak wat die Berlynse Blokkade op gewone Berlyners gehad het. (1 x 2) (2) 1.3.3 Deur gebruik te maak van die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik waarom Wes-Berlyners nie voedsel vanaf Rusland wou aanvaar nie. (2 x 2) (4) 1.3.4 Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir historici wat die impak van die Berlynse Blokkade op die Geallieerde Magte en burgers van Wes-Berlyn navors. (2 x 2) (4) 1.4 Bestudeer Bron 1D. 1.4.1 Verduidelik die boodskappe wat deur die foto oorgedra word. (2 x 2) (4) 1.4.2 Watter tipe vervoer is deur Westerse magte gebruik om kos na Wes-Berlyn te vervoer? (1 x 1) (1) 1.5 Verwys na Bron 1C en 1D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1C die bewyse in Bron 1D ondersteun met betrekking tot die hulp wat in 1948 aan Wes-Berlyn gegee is. (2 x 2) (4) 1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik hoe die Berlynse Blokkade tot Koue Oorlogspanning tussen die Verenigde State van Amerika en die Sowjetunie bygedra het. (8) [50] Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) GESKIEDENIS V1 5 VRAAG 2: WAAROM HET ANGOLA DIE FOKUSPUNT VAN DIE KOUE OORLOG IN AFRIKA GEDURENDE DIE 1970's GEWORD? Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die volgende vrae. 2.1 Verwys na Bron 2A. 2.1.1 Noem TWEE natuurlike hulpbronne in die bron wat Angola vatbaar (kwesbaar) vir buitelandse ingryping gemaak het. (2 x 1) (2) 2.1.2 Definieer die begrip ‘skietstilstand’ in jou eie woorde. (1 X 2) (2) 2.1.3 Watter land, volgens die bron, het Angola voor 1975 gekoloniseer? (1 x 1) (1) 2.1.4 Noem die DRIE bevrydingsbewegings in die bron wat in 1974 ʼn oorgangsregering geskep het om Angola te regeer. (3 x 1) (3) 2.1.5 Verduidelik waarom jy dink Rusland besluit het om die MPLA tydens die Angolese Burgeroorlog van 1975 te ondersteun. (2 x 2) (4) 2.2 Lees Bron 2B. 2.2.1 Waarom, volgens die bron, het die krisis in Angola tot ʼn Koue Oorlog slagveld na onafhanklikheid ontwikkel? (1 x 2) (2) 2.2.2 Verduidelik waarom jy dink die Verenigde State van Amerika besluit het om die FNLA en UNITA tydens die Angolese Burgeroorlog van 1975 te ondersteun. (1 x 2) (2) 2.2.3 Wat word geïmpliseer met die stelling: ‘Die MPLA het ook lang gevestigde verhoudings met Fidel Castro se Kuba gehad’? (1 x 2) (2) 2.2.4 Verduidelik die begrip onafhanklikheid in die konteks van die Angolese Burgeroorlog van 1975. (1 x 2) (2) 2.3 Raadpleeg Bron 2C. 2.3.1 Wie, volgens die bron, het Vorster vir Suid-Afrika se ingryping in Angola geblameer? (2 x 1) (2) 2.3.2 Noem die TWEE damme in die bron wat Suid-Afrika teen die MPLA en die Kubaanse ingryping beskerm het. (2 x 1) (2) 2.3.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik waarom Suid-Afrika wou keer dat ʼn vyandige MPLA-regering beheer in Angola oorneem. (2 x 2) (4) 2.3.4 Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir geskiedkundiges wat die redes vir Suid-Afrika se betrokkenheid by die Angolese Burgeroorlog van 1975 navors. (2 x 2) (4) Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2021) 2.4 Bestudeer Bron 2D. 2.4.1 Verduidelik die boodskappe wat die fotograaf oor die verhouding tussen Suid-Afrika en UNITA wil oordra. (2 x 2) (4) 2.4.2 Verduidelik wat jy dink geïmpliseer word deur die stelling: ‘Die vyand van my vyand is my vriend’. (1 x 2) (2) 2.5 Verwys na Bron 2C en 2D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2C die bewyse in Bron 2D ten opsigte van Suid-Afrika se betrokkenheid by die Angolese Burgeroorlog van 1975 ondersteun. (2 x 2) (4) 2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik waarom Angola die fokuspunt van die Koue Oorlog in Afrika gedurende die 1970’s geword het. (8) [50] Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) GESKIEDENIS V1 7 VRAAG 3: WATTER UITDAGINGS HET DIE LITTLE ROCK NEGE TYDENS DIE INTEGRASIE VAN SENTRAAL HOËRSKOOL IN 1957 IN DIE GESIG GESTAAR? Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die volgende vrae. 3.1 Verwys na Bron 3A. 3.1.1 Wat, volgens die bron, was die uitspraak van die Amerikaanse hooggeregshof in Brown versus die Raad van Onderwys van Topeka saak? (1 x 2) (2) 3.1.2 Definieer die begrip desegregasie in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 3.1.3 Wat word geïmpliseer deur die stelling, ‘rasseskeiding in opvoedkundige fasiliteite was ongrondwetlik’? (1 x 2) (2) 3.1.4 Hoeveel studente het, volgens die bron, belangstelling getoon om in 1957 Sentraal hoërskool by te woon? (1 x 1) (1) 3.1.5 Verduidelik waarom jy dink die agt swart studente besluit het om by die slegs-swart Horace Mann hoërskool te bly. (1 x 2) (2) 3.2 Gebruik Bron 3B. 3.2.1 Watter bewyse in die bron dui daarop dat Elizabeth Eckford senuweeagtig met haar aankoms by Sentraal hoërskool op haar eerste skooldag was? (1 x 2) (2) 3.2.2 Haal DRIE bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat Elizabeth Eckford se lewe in gevaar was. (3 x 1) (3) 3.2.3 Lewer kommentaar op die houding van die blanke oproerige skare teenoor die integrasie van onderwys by Little Rock hoërskool. (2 x 2) (4) 3.2.4 Watter gevolgtrekking kan oor Grace Lorch se houding teenoor Elizabeth Eckford gemaak word? (2 x 2) (4) 3.3 Raadpleeg Bron 3C. 3.3.1 Watter boodskappe word deur die foto met betrekking tot rasse- integrasie by Little Rock hoërskool oorgedra? Gebruik visuele leidrade in die bron om jou antwoorde te ondersteun. (2 x 2) (4) 3.3.2 Verduidelik die betroubaarheid van hierdie bron vir geskiedkundiges wat die Little Rock Nege-voorval in 1957 navors. (2 x 2) (4) Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2021) 3.4 Bestudeer Bronne 3B en 3C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3B die bewyse in Bron 3C ondersteun rakende die behandeling van Elizabeth Eckford by Sentraal hoërskool. (2 x 2) (4) 3.5 Lees Bron 3D. 3.5.1 Gee TWEE redes uit die bron wat die president gedwing het om tydens die Little Rock-voorval op te tree. (2 x 1) (2) 3.5.2 Verskaf TWEE voorbeelde uit die bron wat bewys dat die nege studente nie ʼn aangename ervaring gedurende hul eerste jaar by Sentraal hoërskool in 1957 gehad het nie. (2 x 1) (2) 3.5.3 Waarom dink jy het goewerneur Faubus beveel dat die drie hoërskole in Little Rock moet sluit? (1 x 2) (2) 3.5.4 Verduidelik die konsep integrasie in die konteks van die Burgerregtebeweging in die VSA. (1 x 2) (2) 3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die uitdagings wat die Little Rock Nege in 1957 tydens die integrasie van Sentraal hoërskool in die gesig gestaar het, verduidelik. (8) [50] Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) GESKIEDENIS V1 9 AFDELING B: OPSTELVRAE Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling, maar nie meer as TWEE vrae uit hierdie afdeling. Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees. VRAAG 4: UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE – VIËTNAM ‘Operasie Rolling Thunder’ was die enigste strategie wat deur die Verenigde State van Amerika in die Viëtnam-oorlog gebruik was om die verspreiding van kommunisme te beheer. Stem jy saam met hierdie stelling? Gebruik relevante bewyse om jou argument te ondersteun. [50] VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA – UITDAGINGS WAT DIE KONGO NA ONAFHANKLIKHEID IN DIE GESIG GESTAAR HET Bespreek krities die politieke en ekonomiese uitdagings wat die Kongo in die gesig gestaar het nadat hulle in 1961 onafhanklikheid van België verkry het. Gebruik relevante voorbeelde om jou antwoord te ondersteun. [50] VRAAG 6: BURGERLIKE SAMELEWING VERSET VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1960’s: DIE SWARTMAGBEWEGING Verduidelik tot watter mate die Swartmagbeweging suksesvol was om die lewens van Afro-Amerikaners in die VSA in die 1960’s te verander. [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 History

View all