Skip to content

History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2017 Question Paper (Afr)

Question paperHistoryGrade 12201710 pages

Grade 12 History Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2017 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2017 10792 GESKIEDENIS TWEEDE VRAESTEL TYD: 3 uur PUNTE: 150 10 bladsye en ʼn addendum van 14 bladsye 3 b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS 2 (Tweede Vraestel) 10792/17 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN GESKIEDENIS (Tweede Vraestel) TYD: 3 uur PUNTE: 150 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is. AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA VRAAG 2: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE VERLEDE VRAAG 3: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ʼn NUWE WÊRELDORDE, 1989 TOT DIE HEDE AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA: DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE VERLEDE VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ʼn NUWE WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989 2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word. 3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae. 4. Beantwoord DRIE vrae soos volg: 4.1 Ten minste EEN moet ʼn brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN moet ʼn opstelvraag wees. 4.2 Die DERDE vraag kan όf ʼn brongebaseerde vraag όf ʼn opstelvraag wees. b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS 3 (Tweede Vraestel) 10792/17 5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee. 6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig gebruik. 7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde. 8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 9. Skryf netjies en leesbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS 4 (Tweede Vraestel) 10792/17 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word. VRAAG 1 HOE HET STEVE BIKO EN DIE SWARTBEWUSSYNSBEWEGING DIE APARTHEIDSREGERING IN DIE 1970’S UITGEDAAG? Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg. 1.1 Verwys na Bron 1A. 1.1.1 Verduidelik die volgende konsepte in jou eie woorde. (a) Swartbewussyn (b) Bevryding (2 x 2) (4) 1.1.2 Hoe, volgens Biko, was swart mense veronderstel om hulself van hulle gevoelens van minderwaardigheid te bevry? (1 x 2) (2) 1.1.3 Verduidelik waarom die Black People’s Convention gestig is. (1 x 2) (2) 1.1.4 Lewer kommentaar oor die bruikbaarheid (nuttigheid) van hierdie bron vir ʼn geskiedkundige wat die Swartbewussynsbeweging bestudeer. (2 x 2) (4) 1.2 Bestudeer Bron 1B. 1.2.1 Waarheen, volgens die bron, is Biko na sy aanhouding in Port Elizabeth verplaas? (1 x 1) (1) 1.2.2 Haal ʼn bewys uit die bron aan wat suggereer dat Steve Biko nie die eerste persoon was wat onder polisie-aanhouding gesterf het nie.(1 x 1)(1) 1.2.3 Wat, volgens Jimmy Kruger, was die rede vir Biko se dood? (1 x 1) (1) 1.2.4 Gebruik die inligting in die bron asook jou eie kennis en verduidelik waarom mense na aan Biko nie Jimmy Kruger se verklaring vir Biko se dood aanvaar het nie. (2 x 2) (4) 1.2.5 Waarom, dink jy, het Jimmy Kruger nie die mediese verslag aan die publiek bekend gemaak nie? (2 x 2) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS 5 (Tweede Vraestel) 10792/17 1.3 Lees Bron 1C. 1.3.1 Watter boodskappe dra die plakkaat in terme van Steve Biko oor? Gebruik visuele leidrade om jou antwoord te ondersteun. (2 x 2) (4) 1.3.2 Lewer kommentaar oor waarom die Azanian People’s Organisation (AZAPO) Biko in gebreekte boeie uitgebeeld het. (2 x 2) (4) 1.4 Vergelyk Bronne 1A en 1C en verduidelik hoe die bronne mekaar ten opsigte van die idees van Steve Biko en die Swartbewussynsbeweging ondersteun. (2 x 2) (4) 1.5 Raadpleeg Bron 1D. 1.5.1 Haal bewys uit die bron aan wat suggereer dat Biko se dood intenasionale aandag geniet het. (1 x 2) (2) 1.5.2 Hoe, volgens die bron, het die onluste-polisie die roubeklaers wat Biko se begrafnis bygewoon het, behandel? (3 x 1) (3) 1.5.3 Verduidelik waarom die aparheidspolisie teenoor die roubeklaers met sulke geweld opgetree het. (1 x 2) (2) 1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls (80 woorde) waarin jy verduidelik hoe Steve Biko en Swartbewussynsbeweging die apartheidsregering in die 1970’s uitgedaag het. (8) [50] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS 6 (Tweede Vraestel) 10792/17 VRAAG 2 HOE SUKSESVOL WAS DIE WAARHEIDS- EN VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) IN DIE ONTBLOTING VAN DIE WAARHEID OOR DIE DERDE MAG- BEDRYWIGHEDE? Bestudeer Bronne 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg. 2.1 Bestudeer Bron 2A. 2.1.1 Waarom, volgens die bron, was die WVK gestig? (1 x 2) (2) 2.1.2 Lewer kommentaar waarom jy dink dat die WVK die mandaat toegeken is om die menseregteskendings wat in Suid-Afrika tussen 1960 en 1994 plaasgevind het, te ondersoek. (1 x 2) (2) 2.1.3 Waarom, dink jy, is baie growwe menseregteskendings tydens die apartheidsperiode in Suid-Afrika gepleeg? (1 x 2) (2) 2.1.4 Noem die DRIE sub-komitees van die WVK uit die bron. (3 x 1) (3) 2.1.5 Definieer die term amnestie binne die konteks van die WVK. (1 x 2) (2) 2.1.6 Verduidelik die bruikbaarheid van die bron vir ʼn geskiedkundige wat die doel van die WVK navors. (2 x 2) (4) 2.2 Verwys na Bron 2B. 2.2.1 Haal bewyse uit die bron aan wat suggereer dat die Nasionale Party ondersteuners met die WVK ontevrede was. (1 x 2) (2) 2.2.2 Hoe, volgens die bewyse in die bron, wou die Nasionale Party deur die Kommissie erken word? (1 x 2) (2) 2.2.3 Waarom dink jy het die Nasionale Party ʼn voorlegging aan die WVK gedoen? (1 x 2) (2) 2.2.4 Wat word deur O’Malley se stelling: "Die Kommissie word toenemend betrokke by die partypolitieke proses?", geïmpliseer? (1 x 2) (2) 2.2.5 Gebruik die inligting in die bronne en jou eie kennis en verduidelik hoe die bevindings van die Kommissie die Nasionale Party se siening oor die werk van die WVK verander het. (2 x 2) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS 7 (Tweede Vraestel) 10792/17 2.3 Gebruik Bron 2C. 2.3.1 Watter boodskappe dra die spotprenttekenaar oor De Klerk se voorlegging aan die WVK voor? Gebruik die visuele leidrade om jou antwoord te ondersteun. (2 x 2) (4) 2.3.2 Lewer kommentaar op die volgende stelling; 'DAAR GAAN OOGLOPEND MEER AAN', in die konteks van die WVK se bevindings. (1 x 2) (2) 2.4 Vergelyk Bronne 2B en 2C en verduidelik hoe hierdie bronne mekaar ten opsigte van die WVK se bevindinge oor De Klerk se betrokkenheid by Derde Mag-aktiwiteite ondersteun. (2 x 2) (4) 2.5 Raadpleeg Bron 2D. 2.5.1 Wie, volgens die bron, het toestemming vir die bombardement van Khotso Huis gegee? (1 x 1) (1) 2.5.2 Verduidelik die term menseregte binne die konteks van die WVK. (1 x 2) (2) 2.5.3 Lewer kommentaar waarom jy dink De Klerk versuim het om ʼn volle openbaring van growwe menseregteskending te maak. (1 x 2) (2) 2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls (80 woorde) waarin verduidelik of die WVK suksesvol was om die waarheid oor Derde Mag-aktiwiteite te ontbloot. (8) [50] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS 8 (Tweede Vraestel) 10792/17 VRAAG 3 HOE HET GLOBALISERING DIE TEKSTIELBEDRYF IN SUID-AFRIKA BEïNVLOED? Bestudeer Bronne 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg. 3.1 Verwys na Bron 3A. 3.1.1 Definieer die volgende terme in jou eie woorde. (a) Globalisering (b) Vryemark-ekonomiese stelsels (2 x 2) (4) 3.1.2 Lys TWEE maniere uit die bron wat aandui hoe die regerings globalisering moontlik gemaak het. (2 x 1) (2) 3.1.3 Verduidelik die impak wat die vryemark stelsel op die ekonomieë van Wes-Europa gehad het. (2 x 2) (4) 3.1.4 Lewer kommentaar oor wat die volgende frase in terme van ondersteuners en kritici van globalisering impliseer: ‘Globalisering is egter baie omstrede’. (2 x 2) (4) 3.2 Bestudeer Bron 3B. 3.2.1 Wie, volgens die bron, vorm die grootste persentasie werkers in Suid-Afrika se tekstielbedryf? (1 x 1) (1) 3.2.2 Identifiseer DRIE redes volgens die bron waarom vroue as ‘geskikte’ werkers vir die tekstielbedryf beskou word. (3 x 1) (3) 3.2.3 Gebruik die informasie in die bron en jou eie kennis, en verduidelik hoe handelsliberalisme vroue in die klerebedryf beïnvloed het. (2 x 2) (4) 3.3 Lees Bron 3C. 3.3.1 Watter boodskappe dra die spotprentkunstenaar in verband met Suid-Afrika se tekstielbedryf oor? Gebruik die visuele leidrade om jou antwoord te ondersteun. (2 x 2) (4) 3.3.2 Verduidelik die bruikbaarheid van die spotprent vir ʼn geskiedkundige wat die effek van ingevoerde items op die Suid- Afrikaanse tekstielbedryf bestudeer. (2 x 2) (4) 3.4 Vergelyk Bronne 3B en 3C en verduidelik hoe die bronne mekaar in terme van die impak van globalisering op die Suid-Afrikaanse tekstielbedryf ondersteun. (2 x 2) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS 9 (Tweede Vraestel) 10792/17 3.5 Gebruik Bron 3D. 3.5.1 Identifiseer uit die bron, die tekstielbedryf se vakbond. (1 x 2) (2) 3.5.2 Wat, volgens die bron, was die sekretaris-generaal se voorspelling? (1 x 2) (2) 3.5.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik hoe globalisering armoede onder die werkersklas vererger het. (1 x 2) (2) 3.5.4 Verduidelik hoe die gebruik van kwotas in die tekstielbedryf vir Suid-Afrika beter sal wees. (1 x 2) (2) 3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls (80 woorde) waarin jy verduidelik hoe globalisering die tekstielbedryf van Suid-Afrika beïnvloed het. (8) [50] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS 10 (Tweede Vraestel) 10792/17 AFDELING B: OPSTELVRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie afdeling. Jou opstel behoort ongeveer DRIE bladsye lank te wees. VRAAG 4 BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA: DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s Die internasionale anti-apartheidsbewegings het hul druk op Suid-Afrika verskerp om ʼn einde aan die apartheidstelsel te bring. Bespreek die geldigheid van die bostaande stelling krities. Gebruik relevante historiese bewyse om jou antwoord te ondersteun. [50] VRAAG 5 DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE VERLEDE Die vestiging van ʼn nie-rassige demokratiese Suid-Afrika in 1994 kon slegs deur die toewyding van die politieke leiers behaal word. Is dit ʼn geldige gevolgtrekking? Motiveer jou antwoord met relevante historiese bewyse vanaf die tydperk 1990 tot 1994 [50] VRAAG 6 DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ʼn NUWE WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989 Die val van die Sowjet-Unie in 1989 het ʼn beduidende impak op Suid-Afrika se politieke toekoms gehad. Stem jy saam met die stelling? Ondersteun jou antwoord met relevante historiese bewyse. [50] TOTAAL: 150 EINDE

Study this subject

More from Grade 12 History

View all