Downloaded from hlayiso.com
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2017
NASIEN RIGLYNE
VAK: GESKIEDENIS V1 (10791)
18 bladsye
Skip to contentAll 2017 papers %20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c/v1-b616c542a8e748051a3c/card.webp)

%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--9c825710-3cb6-41a5-83f1-ec4a4f9c153e/v1-42f62c7d1fe7c7105c27/card.webp)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995/v1-4bd7c3b8e18e806e9bbb/card.webp)
)%202015%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955/v1-6ab5452db578d608b6e0/card.webp)

View all





History Grade 12 Paper 1 Gauteng Mock 2017 Memo (Afrikaans)
Grade 12 History Paper 1 memorandum from the Gauteng Mock Exam 2017 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2017 · Afrikaans. Memorandum, 18 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2017
- Exam period
- Gauteng Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 18
- File size
- 210.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 18
This exam
Gauteng Mock Exam 2017
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
10791/17
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
GESKIEDENIS
(Eerste Vraestel)
MEMORANDUM
VRAAG 1
HOE HET DIE KUBAANSE MISSIELKRISIS DIE KOUE OORLOG VERHOUDING TUSSEN
DIE VSA EN DIE USSR GEDURENDE DIE 1960’s VERSKERP?
1.1 1.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
• VSA
• USSR (2x1) (2)
1.1.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]
• Kuba was besig om ʼn nouer verhouding met die USSR te sluit.
• Eisenhower was bang vir die verspreiding van Kommunisme in
Latyns-Amerika.
• Eisenhower wou kapitalisme in Kuba beskerm.
• Enige ander relevante respons (enige 1x2) (2)
1.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
• Guatemala (1x1) (1)
1.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]
• Castro het gelei deur ʼn voorbeeld te stel vir die standaard van
toewyding ter verdediging van Kuba.
• Hy beeld patriotisme en ware leierseienskap uit.
• Jose Raman was onbevoeg.
• Enige ander relevante respons (enige 1x2) (2)
1.1.5 [Analise van bewyse uit Bron 1A – V2]
(a) Castro: Oorwinnaar, held, gerespekteerd, vereer, versterk sy
persoonlikheid. (1x2) (2)
(b) Kennedy: Lafaard, mislukking, besmette beeld, wêreldwyd
gekritiseer vir ambisieuse doelwitte, nie respek getoon vir die
outonomie van ander lande nie.
• Enige ander relevante respons (1x2) (2)
2
Downloaded from hlayiso.com
10791/17
1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
1.2.1 Operasie Mongoose (Operation Mongoose) (1x2) (2)
1.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
• Medium afstand ballistiese reeksmissiele – (MRMM)
• Intermediêre afstand ballistiese reeksmissiele – (IRBM) (2x1) (2)
1.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
• Kennedy het gereageer deur sy betroubaarste adviseurs te
nader en ʼn direkte plan van aksie in ag te neem wat die krisis
sou oplos.
• Oplegging van ʼn vlootkwarantyn in Kuba
• Enige ander relevante respons (enige 1x2) (2)
1.2.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
• Lugaanval om die missiele te vernietig gevolg deur ʼn VSA inval
• Skerp waarskuwing aan Kuba en die USSR
• Vlootkwarantyn van Kuba (3x1) (3)
1.2.5 [Verduideliking van ʼn historiese konsep uit Bron 1B – V1]
• Kwarantyn:
Voorkom die toegang van USSR missiele tot Kuba
Beskou Kuba as ʼn beskermde gebied deur die VSA, teen
enige toekomstige aanval deur die USSR (enige 1x2) (2)
1.3 1.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2]
• Die bron verwys na die verklaring van Kuba as ʼn beskermde
sone van die USSR skepe.
• Dit reflekteer Amerika se voorneme om kontrole te neem van
Kuba.
• VSA se voorneme om kapitalisme te versprei in Kuba.
• VSA se doelwit om die verspreiding van kommunisme in Kuba
te beveg.
• Enige ander relevante reaksie (enige 1x2) (2)
1.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2]
• Amerika wou kapitalisme versprei in Kuba.
• Amerika wou Kuba beskerm teen kommunistiese invalle.
• Amerika wou wêreldvrede bewaar en ʼn kernoorlog vermy.
• Enige ander relevante reaksie (enige 1x2) (2)
3
Downloaded from hlayiso.com
10791/17
1.3.3 [Analise en interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2]
• Khruschev het ingestem om toe te gee tot die VSA se
aandrang om kernmissielstasies in Kuba te vernietig.
• Khruschev het daarop aangedring dat die VSA sy
missielbasisse in Turkye en Italië tot niet maak.
• Khruschev het daarop aangedring dat die VSA Kuba alleen
laat.
• Enige ander relevante respons (enige 2x2) (4)
1.4 [Vergelyking van bewyse van Bron 1B en Bron 1C – V3]
• Bron 1B verduidelik die implementasie van die kwarantyn op 22 Oktober
1962 en Bron 1C wys die kwarantyngebied in Kuba op 22 Oktober 1962.
• Albei bronne verwys na die missielbasisse in Kuba.
• Enige ander relevante respons (enige 2x2) (4)
1.5 1.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1]
• ‘... as u rêrig besorgd is oor die welsyn van die wêreld.’
• ‘ ... as hulle nie alle rede verloor het nie, ...’ (2x1) (2)
1.5.2 [Interpretasie van bewyse van Bron 1D – V2]
• Krushchev was verbind tot wêreldvrede om die effek van ʼn
verwoestende oorlog te voorkom.
• Wou sy uitgangspunt teenoor ʼn moontlike oorlog uitspreek.
• Enige ander relevante respons (1x2) (2)
1.5.3 [Evaluering van die bruikbaarheid van Bron 1D – V3]
Bruikbaar
• Brief geskryf deur Kruschev (USSR) aan president Kennedy
(VSA).
• Druk Kruschev se uitgangspunt uit met betrekking tot die
verwydering van missiele in Kuba.
• Toon Kruschev se twyfel met betrekking tot Kennedy se
verbintenis tot wêreldvrede (die beëindiging van
kernkragwapens)
• Enige ander relevante respons
Nie bruikbaar
• Bevoordeeld teenoor VSA (Kennedy)
• Kritiseer die VSA se verbintenis tot wêreldvrede
• Enige ander relevante respons (enige 2x2) (4)
4
Downloaded from hlayiso.com
10791/17
1.6 [Interpretasie, analise en sintese uit relevante bronne – V3]
Leerders mag die volgende punte gebruik om die vraag te beantwoord:
• VSA en USSR het ʼn beduidende rol in die Kubaanse Missielkrisis gespeel.
(Bron 1A)
• Die VSA het missiele ontplooi op die Sowjetgrens van Italië en Turkye.
(Eie kennis)
• Die USSR het gereageer deur missiele in Kuba te plaas. (Bron 1B)
• Die strategiese installasie van missielbasisse het wêreldvrede bedreig.
(Bron 1C)
• Die VSA het gedreig om Kuba binne te val as missiele nie verwyder word
nie terwyl die USSR ook die VSA aangesê het om hulle missiele uit Turkye
en Italië te verwyder. (Eie kennis)
• Die VSA en die USSR se aggressiewe reaksies het die Koue Oorlog
verskerp. (Bron 1A)
• Albei het uiteindelik toegegee en die krisis is ontlont. (Bron 1C)
• Die supermoondhede het op oop lyne van kommunikasie besluit (rooi /
warm telefoonlyn). (Eie kennis)
• Hulle het ook die kernkragtoetsooreenkoms geteken. (Bron 1C).
• Enige ander relevante respons (8)
VLAK 1 • Gebruik bewyse op ʼn elementêre manier bv. toon geen of min PUNTE
begrip van hoe die Kubaanse Missielkrisis die Koue Oorlog 0 – 2
verhouding tussen die USSR en VSA gedurende die 1960’s
verskerp het nie.
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie rapporteer oor onderwerp
nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou tot ʼn groot mate verband
VLAK 2 met die tema bv. toon begrip van hoe die Kubaanse PUNTE
Missielkrisis die Koue Oorlog verhouding tussen die USSR en 3 – 5
VSA gedurende die 1960’s verskerp het.
• Gebruik bewyse op ʼn basiese manier.
VLAK 3 • Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer ʼn deeglike begrip PUNTE
van hoe die Kubaanse Missielkrisis die verhouding tussen die 6–8
VSA en USSR gedurende die Koue Oorlog in die 1960’s
verskerp het.
• Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde paragraaf
wat ʼn deeglike begrip van die tema toon.
[50]
5
Downloaded from hlayiso.com
10791/17
VRAAG 2
WAT WAS DIE FAKTORE WAT GELEI HET TOT ʼn BURGEROORLOG IN ANGOLA NA DIE
DEKOLONISASIEPROSES IN 1975?
2.1 2.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
• Hul was krities teenoor koloniale regerings.
• Hul het aangedring op seggenskap in die regering.
• Hulle het ʼn gegriefde gevoel uitgespreek. (Enige 2x1) (2)
2.1.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]
• Afrikane het geveg vir hul onafhanklikheid van die koloniale
magte na die Tweede Wêreldoorlog.
• Afrikane wou hul eie lande ekonomies ontwikkel tot voordeel
van Afrikane en nie Europese lande nie.
• Afrikane wou met respek behandel word en as gelyk beskou
word deur die koloniale magte.
• Enige ander relevante respons (Enige 1x2) (2)
2.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]
• Baie jong Afrikane het oorsee gestudeer en is aangespoor om
te veg vir onafhanklikheid.
• Hulle was gereed om militêre aksie te gebruik om hul lande te
dekoloniseer.
• Hulle was daartoe in staat om te verenig en ander te oorreed
om hul pogings om koloniale magte omver te werp, te
ondersteun.
• Enige ander relevante respons (Enige 2x2) (4)
2.1.4 [Verduideliking van ʼn historiese konsep vanuit Bron 2A – V1]
• Bevryding van ʼn land om onafhanklik te wees van ʼn ander land
• Enige relevante respons. (1x2) (2)
2.1.5 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
• Dit het ʼn protes teen buitelandse heerskappy en dominansie
uitgedruk.
• Dit het die regte van Swart mense aangespreek om in ag
geneem te word en as gelyk behandel te word deur koloniale
gesaghebbendes. (2x1) (2)
6
Downloaded from hlayiso.com
10791/17
2.2 2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
• MPLA
• FNLA
• UNITA (enige 2x1) (2)
2.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]
• Daar was genoegsame ekonomiese vooruitgang, sodat die
koloniale magte nie bereid was om op te gee nie.
• Die koloniale setlaars het onafhanklikheid teengestaan en
gewelddadig geveg teen die bevrydingsbewegings.
• Enige ander relevante antwoord (enige 2x2) (4)
2.2.3 [Verduideliking van historiese konsepte uit Bron 2B – V1]
• ʼn Oorlog tussen die drie Angolese militêre groepe of
gewapende faksies MPLA, FNLA en UNITA.
• Enige ander relevante antwoord (1x2) (2)
2.2.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
• MPLA – USSR/KUBA
• FNLA – VSA
• UNITA – VSA/SUID-AFRIKA (enige 2x1) (2)
2.2.5 [Interpretasie van bewyse van Bron 2B – V2]
• Rusland en Kuba het die MPLA ondersteun om te veg vir
beheer van Angola.
• Die VSA en Suid-Afrika het UNITA ondersteun vir beheer van
Angola.
• Die twee supermoondhede het die Angolese vegtende faksies
met militêre wapens voorsien om die oorhand in Angola te kry.
• Albei supermoondhede wou hulle sfeer van mag uitbrei in
Angola / Afrika.
• Enige ander relevante antwoord (enige 1x2) (2)
7
Downloaded from hlayiso.com
10791/17
2.3 2.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
• Om ʼn drieledige oorgangsregering te vorm met die Portugese
Hoë Kommissaris as leier
• Die drie bewegings sou mag en portefeuljes deel en hulle
weermagte integreer.
• Nasionale verkiesings sou binne nege maande gehou word vir
ʼn Samekoms van 150 lede.
• Die oorgangsregering sou ingesweer word op die 31 Januarie
1975.
• Die datum vir onafhanklikheid is bepaal vir 11 November 1975.
(enige 2x1) (2)
2.3.2 [Evaluasie van bruikbaarheid van Bron 2C – V3]
• Dit voorsien informasie rakende die Angolese
verteenwoordigers wat die Alvor Akkoord geteken het.
• Dit voorsien die datum waarop die ooreenkoms geteken is.
• Dit gee informasie oor hoe lank die oorgangsregering aan
bewind sou wees.
• Dit verskaf redes waarom die Akkoord nie nagekom is nie.
• Dit gee informasie rakende die konflik tussen die
bevrydingsbewegings.
• Enige ander relevante respons (enige 2x2) (4)
2.4 [Vergelyking van informasie uit Bron 2C en 2D – V3]
• Bron 2B stel voor dat die Angolese burgeroorlog veroorsaak is deur die drie
bevrydingsbewegings wat hulp van die supermoonthede ontvang het. Bron
2C toon dat die MPLA beheer geneem het van 11 uit die 15 provinsies as
gevolg van Rusland se ondersteuning.
• Bron 2C wys hoe die Alvor Akkoord nie die verskille tussen die drie
bevrydingsbewegings gedurende die oorgangsregering kon oplos nie en in
stede aanhou veg het teen mekaar.
• Enige ander relevante antwoord (2x2) (4)
2.5 2.5.1 [Analise van informasie uit Bron 2D – V2]
• Die bevrydingsbewegings se leiers lyk kalm en verenig, met ʼn
gesamentlike doel om te onderhandel en die ooreenkoms te
onderteken vir ʼn oorgangsregering.
• Hul was gereed om hul verskille tersyde te stel ter wille van
vryheid.
• Hul verteenwoordig die belange van al die mense in Angola
ongeag etnisiteit, ras of ideologiese verskille.
• Enige ander relevante antwoord (enige 2x2) (4)
8
Downloaded from hlayiso.com
10791/17
2.5.2 [Interpretasie van informasie uit Bron 2D – V2]
• Om die onderhandelaars te beskerm teen moontlike
demonstrasies en ander militante insidente
• Die Angolese onderhandelaars en afgevaardigdes het maksimum
sekuriteit en beskerming gevra.
• Vrees dat Portugese simpatiseerdes onder die 400 000 Portugese
wat in Angola gebly het, die onderhandelingsproses sou
omverwerp
• ʼn Neutrale plek is aangevra vir die onderhandelings, en advies sou
ingewin kon word van ander Afrika leiers wat teenwoordig was.
• Enige ander relevante antwoord (enige 2x2) (4)
2.6 [Interpretasie, analise en sintese uit relevante Bronne – V3]
Die kandidate mag die volgende punte gebruik vir die vraag.
• Die drie hoof rebelliegroepe is gevorm met ʼn gemeenskaplike doel om
Angola te dekolonialiseer, maar met verskillende ideologiese invloede of
perspektiewe, dus implementering van teenstrydige strategieë (Bron 2A).
• Portugal was huiwerig om mag af te staan as gevolg van ekonomiese winste
uit hul ‘oorsese provinsies’ (Bron 2B).
• Ingryping en militêre hulp van die supermoonthede het Angola by die Koue
Oorlog betrek (Bron 2B).
• Die drie leiers het ooreengestem om die Alvor Akkoord te teken, maar het dit
nie geïmplementeer nie en het mekaar begin aanval. (Bron 2C).
• Gebrek aan vertroue en die onwilligheid om mag te deel soos ooreengekom
in die Alvor ooreenkoms (Bron 2C) .
• Die drie bevrydingsbewegings wou beheer oorneem van die mees
produktiewe industriële gebiede, daarom het hul teen mekaar geveg.
(Bron 2C).
• Die drie bevrydingsbewegings moes die ooreenkoms buite die grense van
Angola teken omdat hul ontwrigtings verwag het. (Bron 2C).
• Enige ander relevante antwoord (8)
• Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse bv. toon geen of min begrip
VLAK 1 rakende die faktore wat gelei het tot die burgeroorlog in Angola na PUNTE
die dekolonisasieproses in 1975. 0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik om verslag te lewer of kan glad nie
verslag lewer oor tema nie.
• Bewyse grotendeels relevant en sluit aan by die tema bv. toon
VLAK 2 begrip rakende die faktore wat gelei het tot die burgeroorlog in PUNTE
Angola na die dekolonisasieproses in 1975. 3–5
• Gebruik bewyse op ʼn basiese manier.
• Gebruik relevante bewyse bv. toon deeglike begrip rakende die
VLAK 3 faktore wat gelei het tot die burgeroorlog in Angola na die PUNTE
dekolonisasieproses in 1975. 6–8
• Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde paragraaf wat
begrip toon rakende die tema.
[50]
9
Downloaded from hlayiso.com
10791/17
VRAAG 3
HOE HET DIE ‘BLACK POWER MOVEMENT’ (SWARTBEWUSSYNBEWEGING) IN DIE
VERENIGDE STATE VAN AMERIKA SEGREGASIE TEENGESTAAN GEDURENDE DIE
1960’s?
3.1 3.1.1 [Verduideliking van ʼn historiese konsep uit Bron 3A – V1]
• Hul het swart trots gevier en die belangrikheid van swart determinasie
beklemtoon.
• ʼn Oortuiging dat swart mense trots op hulself moet wees, hul
voorkoms en hul prestasies
• ʼn Sosiale ideologie wat hoop, waardigheid maar ook self-trots, self-
hulp en onafhanklikheid aanmoedig
• Enige ander relevante verduideliking (enige 1x2) (2)
3.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
• Maar ek is …….iemand.
• Ek is ……swart…..pragtig…..trots.
• Ek moet gerespekteer word.
• Swart is pragtig. (enige 2x1) (2)
3.1.3 [Onttrekking van informasie uit Bron 3A – V1]
• Verwerp velverligters en haarprodukte wat hare reguit maak, dra Afro
haarstyle
• Gee hul kinders Islamitiese name
• Verheerlik ‘soul musiek’
• Vestig swart studieprogramme by kolleges (enige 4x1) (4)
3.1.4 [Analise van informasie uit Bron 3A – V2]
• Leer van self-help en self-trots
• Swart Mag versterk die oortuiging om in hulself te glo.
• Afro-Amerikaners kan besluit wat hul wil hê en hoe hulle regeer moet
word.
• Enige ander relevante respons (enige 2x2) (4)
3.1.5 [Evaluasie van die bruikbaarheid van Bron 3A – V3]
• Die bron verduidelik die verskillende vorms van weerstand soos
guerrilla- oorlogvoering tot eise vir hervorming en self-hulp.
• Die bron verduidelik verder hoe Afro-Amerikaners hul trots in hulself
gewys het deur slagspreuke soos ‘Black is beautiful.’
• Die bron voorsien die voorbeeld van hoe Afro-Amerikaners hul eie
kultuur en ook hul eie lot geskep het.
• Enige ander relevante respons (enige 2x2) (4)
10
Downloaded from hlayiso.com
10791/17
3.2 3.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
• Wit heerskappy
• Anti-demokratiese praktyke (2x1) (2)
3.2.2 [Interpretasie van inligting in Bron 3B – V2]
• Gepoog om demokratiese beheer te kry oor die arbitrêre (lukrake)
publieke geweld van die VSA regering wat swart burgerlikes beseer en
vermoor het.
• Om aan swart burgers hulle basiese en fundamentele konstitusionele
regte te verduidelik
• Enige ander relevante antwoord (2x2) (4)
3.2.3 [Interpretasie van informasie in Bron 3B – V1]
• Lede het gepatrolleer met regsboeke.
• Hul het basiese konstitusionele regte aan die publiek verduidelik en die
polisie ook daaraan herinner.
• Enige ander relevante respons (enige 1x2) (2)
3.2.4 [Interpretasie en evaluering van Bron 3B – V2]
• Om te verseker dat lede van die gemeenskap hul regte ken
• Lede aangemoedig om deel te neem aan die weier/groter gemeenskap
om hul menseregte te verkry.
• Om ontslae te raak van selfvernietigende gedagtes en gedrag (in te
gee vir polisie brutaliteit) maar om eerder hulself te bemagtig en op te
staan teen die polisie
• Enige ander relevante respons (enige 1x2) (2)
3.3 3.3.1 [Onttrekking van inligting uit Bron 3C – V1]
• Die polisie (1x1) (1)
3.3.2 [Interpretasie van informasie uit Bron 3C – V2]
• ‘Afro-Amerikaners’ se regte is ingeperk en hulle het baie min siviele
voorregte gehad.
• Indien die wet oortree is, is ‘Afro-Amerikaners’ gewoonlik gearresteer
en in die tronk gesit.
• Enige ander relevante respons (enige 1x2) (2)
3.3.3 [Interpretasie van informasie in Bron 3C – V2]
• Polisiëring van die polisie – selfverdediging is aangemoedig
• Staatsgeweld gemik teen ‘Afro-Amerikaanse’ gemeenskappe
• Polisie is gesien as oortreders in die Oakland ghettoes. (enige 1x2) (2)
11
Downloaded from hlayiso.com
10791/17
3.4 [Vergelyking en kontrastering van Bronne 3B en 3C – V3]
• In Bron 3B het die ‘Black Panther Party’ demokratiese beheer probeer uitoefen
oor die lukrake publieke geweld. Hierdie konsep word gedemonstreer in die
visuele teks as ʼn lid van die BPP wat ʼn geweer rig op ʼn polisieman. Dus,
polisiëring van die polisie.
• In Bron 3B is daar verwysing na “die opheffing van mense se politieke
bewussyn.” Dit word ondersteun deur die visuele bron ‘... dat hierdie stilte sal
eindig. Ons sal net gewere moet kry en ons man staan.”
• Enige ander relevante vergelyking (enige 2x2) (4)
3.5 3.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
• ʼn Reeks sosiale programme (1x1) (1)
3.5.2 [Interpretasie van informasie uit Bron 3D – V2]
• Duisende honger kinders is gevoed.
• Die Federale Regering was genoodsaak om ʼn soortgelyke program vir
skole regoor die land te loods. (enige 1x2) (2)
3.5.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V2]
• ‘Afro-Amerikaners’ het hierdie programme gebruik om te verseker dat
hulle kos en behuising gehad het asook skole.
• Sodra die liggaam gevoed is, kan die brein toegepas word op die
geveg vir siviele vryhede en gelykheid. (enige 1x2) (2)
3.5.4 [Analise van informasie uit Bron 3D – V2]
• Dit was a radikale (militaristiese) beweging. Radikalisme wat
gewoonlik geassosieer was met kommunisme.
• Die Black Panthers het die konsep van selfstandigheid ondersteun.
• Newton, een van die stigterslede is geïnspireer deur die Sjinese leier,
Mao Zedong.
• Enige ander relevante respons (enige 1x2) (2)
12
Downloaded from hlayiso.com
10791/17
3.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
Kandidate kan die volgende aspekte in hul antwoord gebruik:
• Revolusionêres het dit gebruik om guerrilla oorlogvoering aan te moedig;
liberales om reformasie aan te moedig; konserwatiewes om op self-hulp aan te
dring. (Bron 3A).
• Frase beteken self-trots. (Bron 3A).
• Beklemtoning van rassetrots en die skep van swart politieke en kulturele
instansies om swart kollektiewe belange te koester asook die bevordering van
swart waardes. (Eie kennis)
• Slagspreuke soos: ‘Sê dit luid – ek is swart en ek is trots’, ‘Swart is pragtig’ en
‘Swart Mag’ het populariteit gewen en is wyd gebruik. (Bron 3A en eie kennis).
• Opkoms van die Black Panther Party, 1966. (Bron 3B).
• BPP probeer beheer uitoefen oor willekeurige aanvalle (Bron 3B).
• BPP fokus om die gemeenskap te onderrig rakende hul burgerregte.
(Bron 3B).
• Stokely Carmichael bevraagteken of die nie-geweldadige uitgangspunt Afro-
Amerikaners kon lei na waar hul graag wou wees.
• Carmichael het die slagspreuk ‘Swart Mag’ aangeneem. (Bron 3C).
• Jong ghetto inwoners het passiewe weerstand verwerp, ten gunste van ʼn meer
militante en radikale vorm van weerstand.
• BPP het baie gewildheid verwerf onder jong stedelinge. (Bron 3C).
• Polisiëring van die polisie. (Bron 3C & eie kennis).
• Die Black Panther Party het die Oorlewingsprogramme bekend gestel bv. Gratis
Ontbyt vir Kinders. (Bron 3D).
• Ander programme: Gratis mediese klinieke, uitdeel van klerasie,
selfverdedigingsklasse, lesse in politiek, onderrig van swart geskiedenis. (Eie
kennis).
• Die BPP het ʼn 10 punt program geskryf. (Eie kennis)
• Enige ander relevante respons
Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken. (8)
• Gebruik bewyse op ʼn elementêre manier, bv. wys geen of min
VLAK 1 begrip van hoe die filosofie van die ‘black power’ (swart mag) PUNTE
segregasie in die Verenigde State van Amerika teengestaan het 0–2
nie.
• Gebruik bewyse gedeeltelik om te rapporteer oor die tema of
kan glad nie rapporteer oor die tema nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou grotendeels verband met die
VLAK 2 tema bv. wys ʼn mate van begrip oor hoe die filosofie van ‘black PUNTE
power’ (swart mag) segregasie in die Verenigde State van 3–5
Amerika teengestaan het gedurende die 1960’s.
• Gebruik bewyse op ʼn basiese manier.
• Bewyse is relevant bv. toon ʼn deeglike kennis van hoe die
VLAK 3 filosofie van black power (swart mag) segregasie in die PUNTE
Verenigde State van Amerika teengestaan het gedurende die 6–8
1960’s.
• Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde paragraaf
wat goeie begrip toon van die tema.
[50]
13
Downloaded from hlayiso.com
10791/17
AFDELING B
OPSTELVRAE
VRAAG 4
GEVALLESTUDIE: SJINA
[Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument gebaseer op relevante bewyse deur
gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede.]
SAMEVATTING
Kandidate moet uitbrei oor hoe Mao Zedong se beleide van die Groot Sprong vorentoe en
die Kulturele Rewolusie beskou is as ʼn groot mislukking.
HOOFASPEKTE:
Kandidate moet probeer om die volgende aspekte in hul antwoord in te sluit.
INLEIDING:
Kandidate moet ʼn gedagterigting ontwikkel om te toon hoe Mao kommunisme in
Sjina ingestel het.
UITBREIDING:
• Stigting van die Sjinese Kommunistiese Party (CKP)
• Burgeroorlog teen Kwomintang (KMT)
• Vestiging van die Mense se Republiek van Sjina, proklamasie op 1 Oktober 1949
• Die Kulturele Rewolusie
• Rooi Wagte wat ʼn belangrike rol gespeel het
• Teweegbring van gelyke regte in die samelewing
• Intellektuele vermoë is gesien as nutteloos en gevaarlik.
• Baie intellektueles is vermoor of is dood in aanhouding.
• Honderde Blomme (1956 – 1959)
• Die Groot Sprong Vorentoe (1958 – 1961)
• Groter kollektiewe plase en kommunes
• Kleinboere in produksie bataljonne
• Kleinboere kon nie eiendom besit nie en het geen aansporings ontvang nie.
• Grootskaalse hongersnood
• Die Groot Kulturele Revolusie, Proletariese Rewolusie (1967 – 1976).
• Ontwikkeling van ʼn magstryd tussen verskillende faksies in die leierskap van die CKP.
• September 1971, Lin Biao probeer Mao omverwerp, maar slaag nie
• 1975, Program van die Vier Moderniserings (Landbou, Bedryfsektor, Nasionale
Verdediging, Wetenskap en Tegnologie)
• 1976, Mao sterf en ʼn “Bende van Vier”, onder leiding van Mao se weduwee, Jiang
Qing is gearresteer en verhoor
• Enige ander relevante respons
GEVOLGTREKKING:
Kandidate moet hul argument opsom met ʼn relevante gevolgtrekking. [50]
14
Downloaded from hlayiso.com
10791/17
VRAAG 5
ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE: KONGO EN
TANZANIË
[Beplan en konstrueer ʼn argument gebaseer op bewyse, deur gebruik te maak van
analitiese en interpretasie vaardighede.]
SAMEVATTING:
Kandidate moet verduidelik tot watter mate Tanzanië meer effektief as die Kongo was met
die hantering van hul onderskeie politieke, ekonomiese, sosiale en kulturele uitdagings na
onafhanklikheid.
HOOFASPEKTE:
Kandidate moet probeer om die volgende aspekte in hul antwoord in te sluit.
INLEIDING:
Kandidate moet ʼn gedagterigting vestig deur te verduidelik of Tanzanië se ekonomiese en
politieke sisteme beter ontwikkeld was, na onafhanklikheid, as dié van die Kongo.
UITBREIDING:
EKONOMIE
• Nyerere het ʼn Afrika-Sosialistiese model aangeneem wat uiteengesit is in die Arusha
Verklaring, wat gelei het tot die nasionalisering van industrieë en grondgebied.
• Die doel was om alle bande met Westerse lande af te sny om onafhanklikheid en
selfstandigheid te skep.
• Die samelewing sou stabiel en vry van ekonomiese ongelykhede wees.
• Mobutu het aanvanklik industrieë genasionaliseer met behulp van die ‘Zairianisation’
beleid – Plase en besighede is weggevat by buitelandse eienaars en is aan
Kongolese gegee.
• Toe die konsep misluk het, as gevolg van ʼn tekort aan vaardighede en swak
bestuur, neem Mobutu ʼn kapitalistiese model aan en gee die besighede terug aan
hul buitelandse eienaars.
• Nyerere stel ‘villagisation’ (dorpstigting) of Ujaama in.
• Landelike gemeenskap boerderye/kollektiewe arbeid.
• Gebrek aan gereedskap, water, bestuursvaardighede, het gelei tot weerstand wat
die polisie en militêre magte nie kon beheer nie.
• Dit het gelei tot die vernietiging en verlating van landerye.
• Tanzanië het egter steeds die armste en onder-ontwikkeldste land gebly.
• Beide lande is gedwing om buitelandse hulp en beleggings te aanvaar wat Nyerere
oorspronklik as neo-kolonialisme beskou het.
15
Downloaded from hlayiso.com
10791/17
POLITIES
• Beide het Een-Party State geword, opposisie is nie toegelaat nie.
• Nyerere is verkies en het alle stamgebondenheid verban, teenoor Mobuto wat ʼn
militêre staatsgreep uitgevoer het.
• Kongo het ʼn moontlike burgeroorlog op hande gehad (Katanga en Kasai het hul
onafhanklikheid verklaar).
• Mobuto het homself as leier van Kongo verklaar.
• Politieke onstabiliteit is aangevuur deur die betrokkenheid van die supermoonthede.
• Beide leiers het geglo in neo-kolonialisme en nepotisme.
• Neyerere het ʼn “Leierskap Kode” ingestel wat die integriteit vereis het. Mobutu het
egter misluk om kleptokrasie, wanadministrasie, korrupsie en wanbestuur van
staatsfondse te beheer.
• Nyerere stel die onverbondenheidsbeleid in met die Weste en die Ooste, wat sy volk
verenig het.
• Mobutu skaar homself by die Weste en hou Kongo (Zaïre) aan die gang met behulp
van die Westerse magte, wat bitter min gebaat het in die Kongo.
• Nyerere het uitgetree na die 1964 muitery en ʼn nuwe leier is gekies.
SOSIAAL EN KULTUREEL
• Beide lande se klerasie is beïnvloed deur die ‘Maoistiese’ drag.
• Beide lande het die gebruik van Afrikatale beklemtoon (Swahili).
• Gesondheidsdienste is in albei lande verbeter.
• Onderwys en geletterdheid is verbeter in albei lande.
• Tanzanië het navorsingsentra ingelyf in nuut gestigte universiteite.
• Tanzanië het onderwys gebruik om die nasionale etos, ideologie en filosofie asook
die beginsels van ʼn nuwe samelewing te stig (gebaseer op die konsep van sosiale
geregtigheid).
• Tanzanië se staatsradio en televisie het slegs Tanzaniese musiek uitgesaai.
• Die Kongo het tradisionele Kongolese inheemse musiek onderdruk.
• Enige ander relevante respons
GEVOLGTREKKING:
Kandidate moet hul argument opsom met ʼn relevante gevolgtrekking.
[50]
16
Downloaded from hlayiso.com
10791/17
VRAAG 6
BURGERLIKE SAMELEWINGSPROTES VAN DIE 1950’S TOT DIE 1970’S – DIE
BURGERREGTE BEWEGING.
[Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument gebaseer op relevante bewyse deur gebruik te
maak van analitiese en interpretasie vaardighede.]
SAMEVATTING:
Kandidate moet aandui of hulle saamstem of nie met die stelling. Deur saam te stem met die
stelling moet hulle die verskillende vorms van protes deur siviele ongehoorsaamheid bespreek
van 1955 – 1963. Indien hulle nie met die stelling saamstem nie moet hulle, hul argument staaf.
HOOFASPEKTE:
Kandidate moet poog om die volgende aspekte in hul antwoord in te sluit.
INLEIDING:
Kandidate moet aandui of hulle saamstem of nie en relevante voorbeelde van die verskillende
vorme van protes deur burgerlike ongehoorsaamheid asook ʼn relevante argument wat aandui of
die verskillende vorms van protes segregasie beëindig het in die VSA.
UITBREIDING:
• Sleutelkenmerke van oortuigings en aksies van die Burgerregte Beweging
• ʼn Oortuiging van nie-geweldadige protes deur gebruik te maak van burgerlike
ongehoorsaamheid
• Die rol en invloed van Marting Luther King
• Rosa Parks – Montgomery Busboikot 1955, weiering om haar sitplek aan ʼn witman te
gee
• Sy is gearresteer en skuldig bevind aan die oortreding van segregasiewette.
• ʼn Boikot van die Montgomery bussisteem wat ʼn jaar lank geduur het, die stad wat
finansiële verliese gelei het (65% van inkomste), verskeie leiers is in hegtenis geneem,
insluitend Martin Luther King.
• Die Hooggeregshof verklaar in 1956 dat segregasie op busse teen die grondwet is.
• Greenborough 1960 ‘Sit-ins’: SNCC student voer ʼn ‘sit-in’ uit by ʼn middagete toonbank
in ʼn winkel waar swartmense kon koop, maar nie middagete kon geniet nie.
• Hulle is verneder maar het geweier om te beweeg.
• Soortgelyke proteste is gehou by ander gesegregeerde geriewe.
• ‘Kneel-ins’ by kerke, ‘read-ins’ by biblioteke, ‘play-ins’ by stadsparke en ‘wade-ins’ by
strande.
• Vryheidsritte: Beide swart en wit aktiviste het op die hoofweë gereis, om integrasie op
busse te forseer, veral in die suide.
• Hul hoofdoel was om mediadekking te lok.
• Hul is aangeval deur woedende witmense (moontlik KKK lede), wat die busse aan die
brand gesteek het.
• Hul pogings was suksesvol omdat hulle federale ondersteuning ontvang het en die
bussisteem gedesegregeer is.
• Registrasie van James Meredith by die Universiteit van Mississippi
17
Downloaded from hlayiso.com
10791/17
• Vryheidsomer van 1964: Veldtog vir Vryheidskole om swart letterkunde en
geskiedenis te onderrig sowel as om swartmense aan te moedig om te registreer
om te stem.
• Gewelddadige reaksie op hul pogings: bomaanvalle op kerke, vryheidsomer
werkers is aangeval of gearresteer, 6 is vermoor.
• Burgerregteoptogte: Birmingham Veldtog en Selma Montgomery optog.
• Kort en Langtermyn Voordele: 1964 – Burgerregte Wet: Segregasie en
diskriminasie is verban in alle werkplekke en publieke fasiliteite op die basis van ras
of geslag.
• 1965 – Stemreg Wet: Niemand kon verhoed word om te stem nie as gevolg van
hulle velkleur nie.
• Wetlike en wetgewende oorwinnings het nie onmiddelik verander in sosiale en
ekonomiese transformasie nie.
GEVOLGTREKKING:
Kandidate moet hul argument opsom met ʼn relevante gevolgtrekking.
[50]
TOTAAL: 150
18
Study this subject
Recommended for this subject
%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c/v1-b616c542a8e748051a3c/card.webp)
Memorandum
History Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2017 Memo (Afrikaans)

Question paper
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--9c825710-3cb6-41a5-83f1-ec4a4f9c153e/v1-42f62c7d1fe7c7105c27/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2021 Question Paper (Afr)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995/v1-4bd7c3b8e18e806e9bbb/card.webp)
Addendum
History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2019 Addendum (Afrikaans)
)%202015%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955/v1-6ab5452db578d608b6e0/card.webp)
Addendum
History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2015 Addendum (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 Paper 1 Gauteng Mock 2017 Addendum
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 2024 Addendum (Afr)

Addendum