Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2017
10791
GESKIEDENIS
EERSTE VRAESTEL
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
9 bladsye en ʼn addendum van 14 bladsye
3
b.o.
Skip to contentAll 2017 papers 
%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c/v1-b616c542a8e748051a3c/card.webp)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995/v1-4bd7c3b8e18e806e9bbb/card.webp)
)%202015%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955/v1-6ab5452db578d608b6e0/card.webp)

%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01/v1-761b3c43efc668005293/card.webp)
View all





History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2017 Question Paper (Afr)
Grade 12 History Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2017 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2017 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- Gauteng Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 631.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
Gauteng Mock Exam 2017
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS 2
(Eerste Vraestel) 10791/17
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
GESKIEDENIS
(Eerste Vraestel)
TYD: 3 uur
PUNTE: 150
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die voorgeskrewe
inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE – DIE
KUBAANSE MISSIELKRISIS
VRAAG 2: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA
VRAAG 3: BURGERLIKE SAMELEWINGSPROTES VANAF 1950’s – 1970’s:
SWARTBEWUSSYNSBEWEGING
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: GEVALLESTUDIE – SJINA
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE – DIE
KONGO EN TANZANIË
VRAAG 6: BURGERLIKE SAMELEWINGSPROTESTE VANAF DIE 1950's – 1970’s:
DIE BURGERREGTEBEWEGING
2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat benodig word
om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word.
3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.
4. Beantwoord DRIE vrae soos volg:
4.1 Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN moet 'n
opstelvraag wees.
4.2 Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag wees.
5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer.
6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig gebruik.
7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is.
9. Skryf netjies en leesbaar.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS 3
(Eerste Vraestel) 10791/17
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie afdeling.
Bronmateriaal wat vereis word om hierdie vrae te beantwoord, kom voor in die ADDENDUM.
VRAAG 1
HOE HET DIE KUBAANSE MISSIELKRISIS DIE KOUE OORLOG-SPANNING TUSSEN DIE
USSR EN DIE VSA GEDURENDE 1960’s VERSKERP?
Bestudeer Bronne 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die volgende vrae.
1.1 Verwys na Bron 1A.
1.1.1 Noem die twee supermoondhede wat betrokke was in die Kubaanse
Missielkrisis. (2x1) (2)
1.1.2 Hoekom was President Dwight D. Eisenhower bekommerd oor die
rigting wat Castro se regering ingeneem het? (1x2) (2)
1.1.3 Volgens die bewyse in die bron, watter land het die VSA gebruik om
Brigade 2506 op te lei? (1x1) (1)
1.1.4 Waarom, dink jy, het Castro beheer oorgeneem oor die Kubaanse
weermag se teenoffensief? (1x2) (2)
1.1.5 Gebruik die bewyse in Bron 1A en jou eie kennis, en lewer komentaar
oor die effek van die inval van Kuba op:
(a) Castro (1x2) (2)
(b) Kennedy (1x2) (2)
1.2 Lees Bron 1B.
1.2.1 Noem die gevegshandeling wat Kennedy se administrasie beplan het
in Julie 1962. (1x2) (2)
1.2.2 Noem die TWEE tipes missiele wat deur die U2 vliegtuie
geïdentifiseer is, soos in die bron aangedui. (2x1) (2)
1.2.3 Hoe het President Kennedy gereageer op die ontdekking van die
Sowjetmissiele in Kuba? (1x2) (2)
1.2.4 Wat was die DRIE moontlike optredes wat die VSA oorweeg het, om
die probleem van die Sowjet-missielbassisse in Kuba op te los? (3x1) (3)
1.2.5 Verduidelik die term “kwarantyn” in die konteks van die Kubaanse
Missielkrisis. (1x2) (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS 4
(Eerste Vraestel) 10791/17
1.3 Raadpleeg Bron 1C.
1.3.1 Watter boodskap word deur Bron 1C oorgedra met betrekking tot die
Kubaanse Missielkrisis? (1x2) (2)
1.3.2 Hoekom het die VSA ʼn Amerikaanse kwarantyn op Kuba op
22 Oktober 1962 ingestel? (1x2) (2)
1.3.3 Volgens die bron en jou eie kennis, hoe het Khrushchev gereageer
op die vlootblokkade van Kuba? (2x2) (4)
1.4 Verwys na Bronne 1B en 1C. Verduidelik hoe die twee bronne mekaar
ondersteun rakende die betrokkenheid van die VSA in die Kubaanse Missielkrisis.
(2x2) (4)
1.5 Bestudeer Bron 1D.
1.5.1 Haal TWEE redes aan vanuit Bron 1D wat voorstel dat Khrushchev
getwyfel het oor die VSA se toewyding tot vrede in Kuba. (2x1) (2)
1.5.2 Verduidelik waarom dit nodig was vir Khrushchev om ʼn brief aan
Kennedy te skryf. (1x2) (2)
1.5.3 Lewer kommentaar of jy die inligting in Bron 1D as ʼn bruikbare
historiese bron sou beskou, in die konteks van die Kubaanse
Missielkrisis. (2x2) (4)
1.6 Met behulp van die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, skryf ʼn
paragraaf van ongeveer AGT reëls (80 woorde) en verduidelik hoe die Kubaanse
Missielkrisis die Koue Oorlog spanning verskerp het, tussen die Sowjetunie en die
VSA in die 1960’s? (8)
[50]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS 5
(Eerste Vraestel) 10791/17
VRAAG 2
WAT WAS DIE FAKTORE WAT GELEI HET TOT DIE BURGEROORLOG IN ANGOLA NA
DIE DEKOLONISASIEPROSES IN 1975?
Bestudeer Bronne 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die volgende vrae.
2.1 Verwys na Bron 2A.
2.1.1 Wat, volgens die bron, was die redes vir die formasie van die
Nasionalistiese bewegings in Afrika? (2x1) (2)
2.1.2 Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom Afrikane
hulle vir selfverbetering beywer het. (1x2) (2)
2.1.3 Verduidelik, waarom jy dink die politieke partye gelei is deur ʼn
nuutopgeleide radikale elite. (2x2) (4)
2.1.4 Definieer die term dekolonisasie in jou eie woorde. (1x2) (2)
2.1.5 Noem TWEE karaktereienskappe van dekolonisasie vanuit die bron.
(2x1) (2)
2.2 Verwys na Bron 2B.
2.2.1 Noem enige TWEE Angolese bevrydingsbewegings wat in die bron
genoem word. (2x1) (2)
2.2.2 Deur gebruik te maak van die bron en jou eie kennis, verduidelik
waarom Portugal huiwerig was om Angola sy onafhanklikheid te gee.
(2x2) (4)
2.2.3 Definieer die term burgeroorlog in jou eie woorde. (1x2) (2)
2.2.4 Noem TWEE buitelandse magte wat hulle teen 1975 saamgroepeer
het met die Vryheidsbeweging in Angola. (2x1) (2)
2.2.5 Verduidelik hoekom Angola die fokus van beide die Sowjet Unie en
die Verenigde State geword het. (1x2) (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS 6
(Eerste Vraestel) 10791/17
2.3 Verwys na Bron 2C.
2.3.1 Wat, volgens die bron, het die leiers van die Vryheidsbeweging mee
ooreengestem? Noem TWEE ooreenkomste. (2x1) (2)
2.3.2 Verduidelik die bruikbaarheid van die bron vir ʼn historikus wat die
onderhandelinge bestudeer wat gelei het tot die onafhanklikheid van
Angola. (2x2) (4)
2.4 Verwys na Bron 2C en Bron 2B. Verduidelik hoe hulle mekaar ondersteun rakende
Angola se betrokkenheid in die Koue Oorlog vanaf 1975. (2x2) (4)
2.5 Bestudeer Bron 2D.
2.5.1 Verduidelik die belangrikheid van die foto vir die burgers van Angola.
(2x2) (4)
2.5.2 Deur gebruik te maak van die bron en jou eie kennis, verduidelik
waarom die Angolese afgevaardigdes buite hulle land moes ontmoet
om te onderhandel en die Alvor-Akkoord te onderteken. (2x2) (4)
2.6 Deur gebruik te maak van die relevante bronne en jou eie kennis, skryf ʼn
paragraaf van ongeveer AGT reëls (80 woorde) waarin verduidelik word wat die
faktore was wat gelei het tot die burgeroorlog in Angola, na die
dekolonisasieproses in 1975. (8)
[50]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS 7
(Eerste Vraestel) 10791/17
VRAAG 3
HOE HET DIE ‘BLACK POWER MOVEMENT’ (SWARTBEWUSSYNSBEWEGING) IN DIE
VERENIGDE STATE VAN AMERIKA SEGREGASIE TEENGESTAAN GEDURENDE DIE
1960’s?
Bestudeer Bronne 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.
3.1 Lees Bron 3A.
3.1.1 Definieer die term Black Power (Swart Mag) in jou eie woorde. (1x2) (2)
3.1.2 Voorsien TWEE voorbeelde van slagspreuke wat die Afro-Amerikaners
aangemoedig het om die term Black Power aan te neem? (2x1) (2)
3.1.3 Hoe het die swartbewussynbeweging die Afro-Amerikaners aangemoedig
om hulle eie kultuur te vorm? (4x1) (4)
3.1.4 Deur gebruik te maak van jou eie kennis, sowel as die inligting in die bron,
verduidelik waarom jy dink dat die ‘Black Power Beweging’ soveel
aanklank by Afro-Amerikaners in die Verenigde State van Amerika gevind
het. (2x2) (4)
3.1.5 Lewer kommentaar oor waarom jy die bewyse in die bron as bruikbaar
beskou, vir ʼn historikus wat navorsing doen oor die vorms van weerstand
teen segregasie. (2x2) (4)
3.2 Bestudeer Bron 3B.
3.2.1 Noem die TWEE fundamentele pilare wat die opkoms van die Black
Panther Party uitgelig het as struikelblokke. (2x1) (2)
3.2.2 Deur gebruik te maak van jou eie kennis en die bron, verduidelik waarom
die Black Panther Party gestig is. (2x2) (4)
3.2.3 Waarom, volgens Hilliard, was die Black Panther Party nie ʼn groep kwaai
jong swart militantes nie? (1x2) (2)
3.2.4 Wat, dink jy, het Hilliard bedoel met ‘om mense se politieke bewussyn te
verhoog’? (1x2) (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS 8
(Eerste Vraestel) 10791/17
3.3 Raadpleeg Bron 3C.
3.3.1 Wie dink jy stel die vark karakter voor? (1x1) (1)
3.3.2 Wat dink jy het Elaine Brown bedoel toe sy gesê het: ‘ʼn man moet wees
wat hy wil wees of hy sal nie vry wees nie. As hy styf vasgebind is.’.
(1x2) (2)
3.3.3 Wat is die boodskap van die Black Panther Party plakkaat ? (1x2) (2)
3.4 Gebruik die informasie in die bron en jou eie kennis en verduidelik hoe die inligting
in Bron 3B die bewyse in Bron 3C rakende die totstandkoming van die Black
Panther Party ondersteun. (2x2) (4)
3.5 Verwys na Bron 3D.
3.5.1 Wat, volgens die bron, het die Black Power Party ontwikkel om dienste
aan arm, swart mense te voorsien? (1x1) (1)
3.5.2 Lewer kommentaar rakende die belangrikheid van die ‘Gratis Ontbyt vir
Kinders-program’. (1x2) (2)
3.5.3 Wat verstaan jy onder die slagspreuk ‘oorlewing onderhewig aan
rewolusie’? (1x2) (2)
3.5.4 Verduidelik waarom die FBI na die Black Panther Party verwys het as ʼn
groep kommunistiese misdadigers. (1x2) (2)
3.6 Deur gebruik te maak van die informasie in die relevante bronne en jou eie kennis,
skryf ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls (80 woorde), waar jy verduidelik hoe die
Black Power Movement in die Verenigde State in die 1960’s segregasie
teengestaan het. (8)
[50]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS 9
(Eerste Vraestel) 10791/17
AFDELING B
OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling. Moenie meer as TWEE vrae uit
hierdie afdeling doen nie.
Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.
VRAAG 4
GEVALLESTUDIE: SJINA
Mao Zedong se beleide van die Groot Sprong Vorentoe en die Kulturele Rewolusie is as
ʼn groot mislukking beskou.
Bespreek die bogaande stelling krities deur middel van relevante historiese bewyse van
1949 – 1976. [50]
VRAAG 5
ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE – KONGO EN
TANZANIË.
Verduidelik tot watter mate Tanzanië meer effektief as die Kongo was met die hantering
van hul onderskeie politieke en ekonomiese, sosiale en kulturele uitdagings na
onafhanklikheid? [50]
VRAAG 6
BURGERLIKE SAMELEWINGSPROTES VAN DIE 1950’S TOT DIE 1970’S – DIE
BURGERREGTE BEWEGING.
Martin Luther King Jnr. het die volgende verklaring in sy eerste toespraak gemaak:
“Ons het geen alternatief as om te protesteer nie. Vir baie jare het ons ongelooflike
geduld getoon.”
Stem jy saam met die bogenoemde verklaring? Staaf jou antwoord met die verskillende
vorms van protes gebruik deur die Burgerregte Beweging. [50]
TOTAAL: 150
EINDE
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)
%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c/v1-b616c542a8e748051a3c/card.webp)
Memorandum
History Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2017 Memo (Afrikaans)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995/v1-4bd7c3b8e18e806e9bbb/card.webp)
Addendum
History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2019 Addendum (Afrikaans)
)%202015%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955/v1-6ab5452db578d608b6e0/card.webp)
Addendum
History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2015 Addendum (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 Paper 1 Gauteng Mock 2017 Addendum
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01/v1-761b3c43efc668005293/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2021 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Memorandum