Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
JUNIE 2023
GESKIEDENIS V2
ADDENDUM
Hierdie addendum bestaan uit 10 bladsye.
Skip to contentAll 2023 papers 

%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed/v1-eaba88523cccc85340dd/card.webp)



View all


%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5/v1-08263ca49c7d250a5368/card.webp)


History Grade 12 P2 Eastern Cape June 2023 Addendum (Afr)
Grade 12 History Paper 2 addendum from the Eastern Cape June Exam 2023 (Afrikaans), 10 pages. Read online or get the free PDF download.
History · Grade 12 · Eastern Cape June Exam · 2023 · Afrikaans. Addendum, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Addendum
- Year
- 2023
- Exam period
- Eastern Cape June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 10
- File size
- 418.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 10
This exam
Eastern Cape June Exam 2023
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/JUNIE 2023)
VRAAG 1: HOE HET DIE UNITED DEMOCRATIC FRONT (UDF) PROBEER OM
PW BOTHA SE HERVORMINGS IN DIE 1980’s TEEN TE STAAN?
BRON 1A
Die uittreksel hieronder verduidelik die konstitusionele hervormings bekendgestel deur
eerste minister PW Botha in die Suid-Afrikaanse parlement in 1983.
PW Botha was die minister van verdediging, en sy opgang na mag het die weermag in staat
gestel om sy invloed oor die onderdrukkende aktiwiteite van die regering te verhoog. Maar,
Botha was ook ondersteun deur groot Afrikaner besighede wat apartheid wou hervorm.
Botha het beide die onderdrukkende en die hervormende kante van regeringsbeleid
gesimboliseer.
ʼn Belangrike hervormingsmaatreël was die wetlike erkenning van swart vakbond-unies in
1979. ʼn Ander was die regering se groeiende erkenning van die permanensie van stedelike
Afrikaan (swartmense) bevolking.
Op die politieke vlak, het regeringsleiers ʼn wegbreek van die beginsel van slegs-wit
kieserskorps voorgestel. Planne was voorgestel vir ʼn ‘driekamer’-parlement met drie
kamers. Dit sou beteken dat Indiër- en Kleurlingmense die stemreg gegee sou word.
Afrikane sou steeds nie die reg gehad het om te stem nie.
Hervormingsplanne soos hierdie het tot skerp verdelings binne die Nasionale Party gelei.
In 1982, het ʼn aantal regsgesindes weggebreek, onder die leierskap van Andries Treurnicht,
om die Konserwatiewe Party te vorm.
[Uit Apartheid to Democracy South Africa 1948–1994.]
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 3
BRON 1B
Die uittreksel hieronder is geneem uit ʼn toespraak gelewer deur dr. Allan Boesak,
hoofspreker by die stigtingsvergadering van die United Democratic Front (UDF) wat in
Augustus 1983 in die Rocklands-gemeenskapsaal, Mitchells Plain, naby Kaapstad gehou
is.
Ons is hier om te sê dat die regering se konstitusionele voorstelle onvoldoende is, en dat
dit nie die wil van die meerderheid van Suid-Afrika se mense uitspreek nie. Maar, meer as
dit, ons doelwit waarna ons streef is ʼn onverdeelde Suid-Afrika wat sal behoort aan al sy
mense, ʼn ope demokrasie waarvan geen enkele Suid-Afrikaner uitgesluit sal wees nie, en
ʼn samelewing waarin die menswaardigheid van al sy mense gerespekteer sal word.
Ons is hier om te sê dat daar regte is wat nóg toegeken is nóg ontleen is vanaf die staat;
jy sal moet teruggaan verby die geringste ontstaan om sy oorsprong te verstaan; hulle is
Godgegewe. En so is ons hier om dit te eis.
Op ʼn manier, het die vorming van die United Democratic Front (UDF) beide beklemtoon en
gesimboliseer, die krisis van apartheid, en dit wat sy ondersteuners vir hulself geskep het.
Na ʼn geskiedenis van byna 331 jaar van slawerny, rassediskriminasie, ontmensliking (nie
bekommerd oor mense) en ekonomiese uitbuiting, wat hulle verwag het was aanvaarding
van die status quo (huidige situasie).
[Uit https://www.sahistory.org.za/archive/united-democratic-front-national-launch-august-20-1983
Toegang op 10 Januarie 2023 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
4 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/JUNIE 2023)
BRON 1C
Die foto hieronder toon dr. Allan Boesak, Archie Gumede en Mev. Naicker by die
bekendstelling (stigting) van die UDF op 20 Augustus 1983.
Mev. Naicker
Dr. Allan Boesak Archie Gumede
[Uit https://www.sahistory.org.za/article/united-democratic-front-udf Toegang op 15 Januarie 2023 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 5
BRON 1D
Die uittreksel hieronder verduidelik die reaksie van die apartheidsregime teenoor die UDF.
Gedurende die Delmas hoogverraadverhoor in Junie 1985 het die staat 22 UDF-leiers en
aktiviste van die Vaal met hoogverraad, ondermyning (om die regering omver te werp) en
moord, in ʼn marathon-verhoor aangekla wat in die klein dorpie van Delmas begin het. Die
beskuldigdes het UDF-nasionale leiers Popo Molefe (nasionale algemene sekretaris van
die UDF, Mosiuo Patrick ‘Terror’ Lekota (nasionale publisiteit-sekretaris) van die UDF, en
Moses ‘Moss’ Chikane ingesluit.
Die moordaanklagte was ingebring op die wettige gronde van ‘algemene doel’, waar die
staat erken het dat die mense wat aangekla was nie self die moorde gepleeg het nie, maar
dat hulle as leiers en organiseerders van die Vaal-proteste/oproere, as verantwoordelik
beskou word as die protesteerders regeringsamptenare doodmaak.
Die staat het die aanklagte teen die drie beskuldigdes in 1986 teruggetrek. Vier jaar na die
begin van die Delmas-verhoor, in November 1988, het die regter beslis dat die UDF eintlik
opgetree het as die ‘interne vleuel van die ANC’; het gewerk om die land onregeerbaar te
maak, en om die regering deur geweld omver te werp. Op 8 Desember, het die regter Terror
Lekota, gevonnis tot 12 jaar in die tronk, en beide Popo Molefe en Moss Chikane tot 10
jaar in die tronk.
In 1989, het die Appèlhof die vonnisoplegging omgekeer en die Delmas-aangeklaagdes
was vrygelaat. Die verhoor was die langste politieke verhoor in Suid-Afrika met 437 dae in
die hof.
[Uit https://www.saha.org.za/udf/repressing_the_leadership.htm. Toegang op 21 Januarie 2023 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
6 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/JUNIE 2023)
VRAAG 2: WAS DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
SUKSESVOL OM DIE WONDE VAN ’N VERDEELDE SUID-AFRIKA TE
GENEES?
BRON 2A
Die volgende is ʼn uittreksel wat handel oor ontbloting en uitdrukking van slagoffers
gedurende die WVK.
Daar is twee belangrike dinge wat by die Suid-Afrikaanse Waarheids-en-
Versoeningskommissie na vore gekom het. Die eerste is dat dit ʼn merkwaardige en
verreikende publieke (openbare) blootstelling van menseregteskendings en misdade
gepleeg onder die apartheidsregime bereik het … Dit het ʼn voorheen teensinnige bevolking
(hoewel, daar natuurlik steeds ontkenning op een vlak is) gedwing om te sien dat apartheid
moreel onverdedigbaar was; dat dit ʼn misdaad teen die mensdom is. Dit het ʼn argief
(bewaarplek) geskep wat mense toelaat om hul verlede te ondersoek en hopelik daaruit te
leer.
Tweedens, dit het gewone mense toegelaat om uitdrukking te vind vir die lyding onder die
regime (regering). Dit het ʼn totale katarsis (genesende) funksie vir baie van die slagoffers
gehad … Dit is in hierdie sin dat ʼn vorm van versoening alreeds plaasgevind het.
[Uit The South African Truth Commission, 2000 deur K. Christie.]
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 7
BRON 2B
Hierdie bron deel met die positiewe aspekte van die WVK.
Die WVK moes ook griewe hanteer wat gespruit het uit die aksies (dade) van beide swart
en wit gedurende apartheid. Om mense aan te moedig om na vore te kom, was beperkte
amnestie aangebied. Amnestie impliseer nie vergifnis of vrywaring nie, maar beteken
eenvoudig dat vir enige erkende misdade die oortreder nie later voor die hof gedaag kon
word nie. Diegene wat amnestie versoek het moes voor ʼn ope verhoor getuig.
Die verhore was ontwerp om agtergeblewe slagoffers die geleentheid te bied om diegene
wat hulle skade aangedoen het te konfronteer en te vra hoekom, en om oortreders die kans
te gee om berou te toon, as hulle wou. By hierdie verhore, het baie slagoffers geleer wat
met hulle geliefdes gebeur het wat verdwyn het of wat dood gevind was. Ander het vir die
eerste keer die individue (persone) verantwoordelik vir dit gekonfronteer.
Vir sommige mense was die plek van die liggame van hul geliefdes vertel en was hulle dus
in staat om die oorblyfsels te vind vir ʼn behoorlike begrafnis. Alhoewel die kommissie sy
kritikusse gehad het, onder hulle familielede wat die kans om geregtigheid in die howe te
soek, was dit algemeen beskou as ʼn sukses in die aanmoediging van die nasie om aan te
beweeg na die gruwels van die apartheidsera.
[Uit South Africa in the 20th Century deur P. Joyce.]
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
8 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/JUNIE 2023)
BRON 2C
Hierdie spotprent deur Zapiro beeld uit hoe die Nasionale Party (NP) kennis ontken van
sy betrokkenheid in die ‘Vuil Skelm(Onderduimse)streke’-veldtog teen ANC aktiviste.
*Zapiro – ʼn Welbekende Suid-Afrikaanse spotprentjie-tekenaar
[Uit Sowetan, 9 Junie 1995]
WAT IS ‘APARTHEID’?
DERDE VLAKPLAAS MOORDBENDES
MAG
KENNISGEWING NASIONALE PARTY
DEPT 1980's
SKELMSTREKE:
Betrokkenheid
in bombardering, WIE HET DIE OPDRAGTE GEGEE?
foon-afluistering, GAAN JULLE AANHOU OM ONTKEN
diefstal van unie DAT JULLE ENIGEIETS WEET WAT
fondse, spioenasie, GEDURENDE DIE APARTHEIDSERA
smeerveldtogte GEBEUR HET?
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 9
BRON 2D
Die volgende is ʼn evaluering van die werk van die WVK.
Een van die grootste beperkings om slagoffers se menswaardigheid te herstel – en wat
grootliks buite die beheer van die Kommissie was – was die politieke spanning wat
gedurende sy werking geheers het. Dit het gespruit uit die onwilligheid van die Nasionale
Party en sommige ekstreme regsgesinde groepe om toe te sien dat die WVK aspekte van
die verlede ondersoek wat hulle politieke geloofwaardigheid skade kon berokken. Hierdie
partye beskuldig die WVK dat dit ʼn ‘heksejag’ was eerder as ʼn ware instrument vir
nasionale versoening, en het die Kommissie se werk gefrustreer deur gereelde regsaksies
teen die WVK in te stel. Die Kommissie se grootste politieke fout was die neiging om in te
gee teen hierdie politieke groeperings in ʼn poging om hulle toegewyd aan die proses te
hou … die delikate politieke taak van die WVK het sy verhoudings met slagoffers wat
regverdiglik gefrustreerd was deur die tekort aan voldoende geregtigheid wat dié posisie
gewaarborg het. Vir herstellende geregtigheid om te seëvier, het slagoffers nodig om te
sien dat oortreders berou toon. Dat dit nie gekom het nie van die politieke party wat die
land onder apartheid regeer het nie, het die proses ʼn geweldige terugslag toegedien.
[Uit The Truth and reconciliation Commission as a Model of Restorative Justice deur T. Maepa]
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Downloaded from hlayiso.com
10 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/JUNIE 2023)
ERKENNINGS
Visuele bronne en ander geskiedkundige bewyse was geneem uit die volgende:
Apartheid to Democracy South Africa 1948–1994
Christie, K. 2000. The South African Truth Commission
https://www.sahistory.org.za/archive/united-democratic-front-national-launch-august-20-
1983
https://www.sahistory.org.za/article/united-democratic-front-udf]
https://www.saha.org.za/udf/repressing-the-leadership.htm
Maepa, T. The Truth and reconciliation Commission as a Model of Restorative Justice,
2005, Pretoria.
Joyce P. South Africa in the 20th century
The Sowetan, 9 June 1995
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
History Grade 12 P2 Eastern Cape June 2023 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape June 2022 Addendum (Afr)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed/v1-eaba88523cccc85340dd/card.webp)
Addendum
History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 Addendum (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 Memo (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5/v1-08263ca49c7d250a5368/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P2 NSC June 2024 Question Paper (Afrikaans)

Question paper
History Grade 12 P2 NSC November 2023 Question Paper (Afr)

Addendum