Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
JUNIE 2023
GESKIEDENIS V1
NASIENRIGLYN
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 24 bladsye.
Skip to contentAll 2023 papers 


%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--9c825710-3cb6-41a5-83f1-ec4a4f9c153e/v1-42f62c7d1fe7c7105c27/card.webp)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995/v1-4bd7c3b8e18e806e9bbb/card.webp)

View all




%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5/v1-08263ca49c7d250a5368/card.webp)
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 Memo (Afrikaans)
Grade 12 History Paper 1 memorandum from the Eastern Cape June Exam 2023 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · Eastern Cape June Exam · 2023 · Afrikaans. Memorandum, 24 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2023
- Exam period
- Eastern Cape June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 24
- File size
- 725.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 24
This exam
Eastern Cape June Exam 2023
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GESKIEDENIS V1 (EC/JUNIE 2023)
1. BRONGEBASEERDE VRAE
1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae
te ontwikkel:
GEWIGS-
KOGNITIEWE
HISTORIESE VAARDIGHEDE TOEKENNING
VLAKKE
VAN VRAE
• Onttrek inligting uit bronne.
• Selektering en organisasie van 30%
VLAK 1
relevante inligting uit bronne. (15)
• Definieer historiese begrippe/terme.
• Interpretasie van bewyse uit bronne.
40%
VLAK 2 • Verduidelik inligting verkry uit bronne.
(20)
• Analiseer bewyse uit bronne.
• Interpreteer en evalueer bewyse uit
bronne.
• Skakel met bronne om bruikbaarheid,
betroubaarheid, eensydigheid en 30%
VLAK 3
beperkings vas te stel. (15)
• Vergelyk en kontrasteer interpretasies
en perspektiewe in die bronne en kom
tot onafhanklike gevolgtrekkings.
1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae
geassesseer word:
• By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir
enige ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of
voorbeelde.
• Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar
aan die vereistes van die vraag voldoen is.
• In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede
waaraan aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in
kursiefgedrukte skrif aangedui.
• By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate
krediet kry vir enige relevante antwoord.
• Daar word van leerlinge verwag om ʼn standpunt in te neem in die
beantwoording van ‘tot watter mate’ vrae om enige punte te verdien.
1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae
• Gebruik ʼn regmerk (✓) vir elke korrekte antwoord
• Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op
twee redes en word twee punte elk toegeken (✓✓✓✓); (1 x 2) wat
neerkom op een rede en twee punte toegeken word (✓✓)
• Indien ʼn vraag 4 punte tel word 4 regmerke (✓✓✓✓) aangedui
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023) GESKIEDENIS V1 3
Paragraafvraag
Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die
inhoud en die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring
word wanneer punte toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik
word wanneer ʼn antwoord op ʼn paragraafvraag geassesseer word:
• Lees die paragraaf en plaas ʼn kolpunt ( . ) by elke punt binne-in die
teks waar die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te
beantwoord.
• Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat
in staat was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te
beantwoord.
• Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die
paragraaf aan die einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1, 2 of 3)
soos aangedui in die holistiese rubriek en gee ʼn kort kommentaar bv.
___________ ˖ __________________________ ˖ _________________
_________________ ˖ __________________________ ˖ ___________
√√√√ Vlak 2
Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf
• Tel al die regmerke vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die
punt aan die regterkantse onderste kantlyn, bv.
32
50
• Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die
antwoordeboek oorgedra word.
2. OPSTELVRAE
2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate:
• In staat sal wees om hul argument op ʼn logiese en samehangende wyse
te stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en
bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om ʼn redelike reeks
feite of ʼn effektiewe argument te kan weergee om sodoende die
gestelde vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat ʼn opstel ʼn inleiding,
ʼn samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en ʼn slot het.
2.2 Nasien van opstelvrae
• Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal
word deur die handboeke wat by ʼn spesifieke sentrum gebruik is.
• Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê
as dit wat ingesluit is by ʼn riglyn vir nasien van ʼn spesifieke opstel.
• By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate
krediet kry vir enige ander relevante antwoord.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GESKIEDENIS V1 (EC/JUNIE 2023)
2.3 Globale assessering van die opstel
Die opstel skryfwerk sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie
benadering vereis dat die onderwyser die totale produk as ʼn geheel sal bepunt
sonder om die samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie benadering
moedig die leerder aan om ʼn individuele mening aan te bied deur gebruik te
maak van geselekteerde feitelike bewyse om ʼn argument te ondersteun. Daar
sal nie van die leerder verwag word om slegs ‘feite’ neer te skryf om ʼn beter
punt te behaal nie. Hierdie benadering sal leerders ook ontmoedig om ‘model-
antwoorde’ voor te berei en te reproduseer sonder om die spesifieke vereistes
van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan
leerders se mening, ondersteun deur bewyse. Anders as by
inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese assessering nie vir
ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem op die
volgende val:
• Die konstruksie/daarstelling van ʼn argument.
• Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te
ondersteun.
• Die leerder se interpretasie van die vraag.
2.4 Assesseringsprosedures vir die opstel
2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die skryfwerk nagesien word.
2.4.2 Tydens die deurlees van die skryfwerk moet regmerkies toegeken
word vir ʼn relevante inleiding (aangedui met ʼn kolpunt (‘bullet’) in die
nasienriglyn), vir elke hoofmoment/aspek wat volledig
gekontekstualiseer is en ʼn relevante slotopmerking (aangedui met ʼn
kolpunt in die nasienriglyn) bv. ʼn antwoord waar daar 5 hoofpunte is,
sal daar dus 7 regmerkies wees.
2.4.3 Hou die PEEL-struktuur in gedagte by die assessering van ʼn opstel.
Punt: Die kandidaat lei die opstel in met ʼn argument/ʼn duidelike
hoofpunt.
P
Elke paragraaf moet ʼn punt bevat wat die hoofpunt (argument)
wat in die inleiding gemaak is, ondersteun.
Verduideliking: Die kandidaat moet in groter detail bespreek
E waaroor die hoofpunt (argument) gaan en hoe dit verband hou
met die vraag wat gevra is.
Voorbeeld: Die kandidate moet die vraag beantwoord deur
E inhoud te selekteer wat relevant is tot die argument. Relevant
voorbeelde moet gegee word om die argument vol te hou.
Skakel: Kandidate moet seker maak dat die argument
L deurgaans in die opstel onderhou word en samehangend
geskryf is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023) GESKIEDENIS V1 5
2.4.4 Die volgende simbole MOET in die assessering van opstel gebruik
word:
• Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik
gekontekstualiseer nie
^
• Verkeerde stelling _________________
• Irrelevante stelling |
|
|
• Herhaling R
• Analise A√
• Interpretasie I√
• Argument LOA
2.5 Die matriks
2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle.
By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die
matriks voorsien word. Tydens die assessering van ʼn opstel moet
beide die inhoud en die aanbieding in ag geneem word. ʼn Punt word
toegeken by die snypunt van die inhoud en aanbieding, gebaseer op
die sewe vaardigheidsvlakke.
(a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot
watter mate die hoofmomente gedek is om en die
inhoudsvlak (op die matriks) vas te stel.
I VLAK 4
(b) Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks)
van die aanbieding bepaal.
I VLAK 4
A VLAK 3
(c) Ken ʼn algehele punt toe met behulp van die matriks.
I VLAK 4
A VLAK 3 }26–27
KOMMENTAAR
Vraag herkenbaar in antwoord.
Toon soms bewys van ʼn gestruktureerde en beplande argument.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GESKIEDENIS V1 (EC/JUNIE 2023)
NASIENMATRIKS VIR OPSTEL: TOTAAL: 50
VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1
Baie goed Baie goed Goed beplande Argument Toon soms bewys Poging Weinig of geen
AANBIEDING beplande en beplande en en beplan en van ʼn poging om die
aangewend om
gestruktureerde gestruktureerde gestruktureerde gestruktureer. gestruktureerde en opstel te
opstel. Goeie antwoord te
opstel. ʼn opstel. Bewyse tot ʼn beplande struktureer nie.
sintese van struktureer.
Relevante Poog om ʼn sekere mate argument. Poog
inligting. Het ʼn argument is gebruik om om ʼn argument vol Grootliks
duidelike
goed gevolg. Bewyse argument te te hou. beskrywend of
gebalanseerde, argument te
gebruik om die ondersteun. Gevolgtrekking nie poog om argument
oorspronklike argument te ontwikkel. Slotsom bereik duidelik te ontwikkel. Geen
argument verdedig. Poog om Gevolgtrekking op grond van
ontwikkel met ondersteun deur poging om ʼn
ʼn onafhanklike gemaak uit bewyse.
bewyse. Argument gevolgtrekking uit bewyse nie. gevolgtrekking te
bewyse om die
deurgaans die bewyse te maak nie.
volgehou en argument te
INHOUD maak om die
verdedig. ondersteun.
argument te
Onafhanklike ondersteun.
gevolgtrekking
gemaak uit
bewyse om die
argument te
ondersteun.
VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudskeuse ten 47–50 43–46
volle relevant tot
argument wat
gevolg is.
VLAK 6
Vraag is
beantwoord.
Inhoudseleksie 43–46 40–42 38–39
relevant tot
argument wat
gevolg is
VLAK 5
Vraag grotendeels
beantwoord. 38–39 36–37 34–35 30–33 28–29
Inhoud toereikend
en relevant.
VLAK 4
Vraag herkenbaar
in antwoord.
Sommige 30–33 28–29 26–27
weglatings of
irrelevante keuse
van inhoud.
VLAK 3
Keuse van inhoud
hou verband met
vraag, maar
beantwoord dit nie. 26–27 24–25 20–23
Hou soms nie
verband met die
vraag nie.
Weglatings.
VLAK 2
Vraag
ontoereikend 20–23 18–19 14–17
beantwoord.
Inhoud skraal.
VLAK 1
Vraag
ontoereikend
beantwoord of 14–17 0–13
glad nie.
Ontoereikend of
irrelevante inhoud.
*Riglyne vir die toekenning van ʼn punt in Vlak 1:
• Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0
• Vraag sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1–6
• Vraag ontoereikend en vaag beantwoord; effense poging om die opstel te struktureer = 7–13
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023) GESKIEDENIS V1 7
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: WAT WAS DIE REDES VIR DIE BOU VAN DIE BERLYNSE MUUR IN
AUGUSTUS 1961?
1.1 1.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
• ‘diep binne die omliggende DDR’ (1 x 2) (2)
1.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
• ‘vervaardiging was steeds swak’
• ‘daar was ʼn verbruikskrisis’
• ‘verspreiding ongelyk aan die toenemende vraag na selfs basiese
voedsel en klere’
• ‘Die gedwonge kollektivisering van die landbou het die probleem in
die openbare oog net vererger’
• ‘die dreigement van ʼn verbod van Wes-Duitse uitvoer na die DDR’
• ‘die DDR nie selfvoorsienend in grondstowwe nie’
• ʼn tekort aan harde steenkool en ystererts gehad’ (Enige 3 x 1) (3)
1.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
• ‘een uit elke ses Oos-Duitsers het die land verlaat’.
• ‘Ingenieurs en geskoolde werkers in onvervangbare getalle verlaat’
• ‘Diegene wat agtergebly het, kon ook ernstige probleme veroorsaak’
• ‘die DDR bevolking ... van 19,1 tot 17,1 miljoen afgeneem.
• ‘Hierdie massiewe breindrein het die DDR in ʼn stryd om oorlewing
gedwing’ (Enige 3 x 1) (3)
1.1.4 [Analise van bewyse uit Bron 1A – V2]
• DDR kon sukkel weens ʼn tekort aan geskoolde werkers.
• DDR sal minder belastinginkomste hê.
• DDR se ekonomie kan as gevolg van die breindrein ineenstort.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
1.1.5 [Analise van bewyse uit Bron 1A – V2]
• Wes-Berlyn was ʼn kapitalistiese vertoonvenster in Oos-Duitsland.
• Wes-Berlyn het ʼn beter lewens- en werksomstandighede gehad in
vergelyking met Oos-Duitsland.
• Die beter lewens- en werksomstandighede in Wes-Berlyn het
Duitsers gelok om die land te verlaat.
• Wes-Berlyn het gefloreer onder die Marshall-plan, terwyl Oos-
Duitsland ekonomies gesukkel het.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 GESKIEDENIS V1 (EC/JUNIE 2023)
1.2 1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
• ‘ons wettige regte in Wes-Berlyn tot 'n einde te bring’
• ‘ons vermoë om goed te maak met ons verbintenis tot die twee
miljoen vrye mense van daardie stad’.
• ‘dat ʼn aanval op daardie stad as ʼn aanval op ons almal beskou
sal word’. (Enige 2 x 1) (2)
1.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
• Wes-Berlyners wat die reg van vryheid van keuse en beweging
geniet sonder inmenging van ander lande.
• Wes-Berlyners wat die reg gehad het om hul eie vorm van
regering te kies
• Vrye mense verwys na Wes-Berlyners wat verkies het om onder
ʼn kapitalistiese ekonomie sonder dwang te leef
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
1.2.3 [Sintese van bewyse uit Bron 1B – V2]
• Kennedy verklaar dat hy bereid is om Wes -Berlyn teen Russiese
aggressie te verdedig, maar is oop vir onderhandelinge vir 'n
vreedsame oplossing vir die krisis.
• Kennedy wou die krisis vreedsaam oplos, maar sou hom tot
oorlog wend indien die krisis nie opgelos kon word nie.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
1.2.4 [Bepaling van die betroubaarheid van Bron 1B – V3]
Hierdie bron is in ʼn groot mate betroubaar omdat:
• Dit is 'n primêre bron wat eerstehandse inligting gee.
• Kennedy: die skrywer van die bron, was die president van die
VSA.
• Die datum van die bron stem ooreen met die tydlyn van die
historiese gebeurtenis.
• Die doel van die bron is om die leser in te lig en nie te oorreed
oor die Amerikaanse reaksie op die Russiese bedreigings nie.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
1.3 1.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1]
• ‘wanneer daar min verkeer sou wees en min werkers heen en
weer sou beweeg’
• ‘dat Adenauer spioene deur Wes Berlyn na Oos Duitsland en
Oos Europa stuur’ (Enige 1 x 2) (2)
1.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2]
• Hulle wou nie ʼn oorlog met die Russe begin nie.
• Hulle kon nie aan die Russiese kant van die grens binnedring nie.
• Hulle het slegs die reg gehad om Wes-Berlyn te beheer volgens
die naoorlogse ooreenkoms.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023) GESKIEDENIS V1 9
1.3.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2]
• Menige Berlyners is van hul gesinne geskei.
• Gratis toegang na en vanaf Wes-Berlyn het tot ʼn einde gekom.
• Wes-Berlyners het ekonomiese welvaart beleef in vergelyking
met Oos-Berlyners wat ekonomies gesukkel het.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
1.3.4 [Definisie van historiese konsep uit Bron 1C – L1]
• ʼn Persoon wat in diens geneem word deur iemand / regering om
in die geheim inligting oor hul mededingers te bekom.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
1.4 1.4.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]
• Die foto toon dat die muur deur Oos-Duitsland gebou is.
• Die foto toon dat die doringdraad vervang is met die bou van ʼn
fisiese muur.
• Die foto toon dat die muur Oos-Berlyners verhinder het om na
Wes-Berlyn oor te gaan
• Die foto toon dat die muur Wes-Berlyn van Oos-Berlyn verdeel het.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
1.4.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2]
• Die polisie het verseker dat die muur volgens regeringsvoorskrifte
gebou word.
• Die polisie het verseker dat niemand ontsnap tydens die bou van
die muur nie.
• Die polisie het bevele gehad om enigiemand te skiet wat probeer
ontsnap het.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
1.5 [Vergelyking van bewyse uit Bronne 1C en 1D ‒ V3]
• Bron 1C verklaar dat Khruschev die grens met Wes-Berlyn gesluit het met
die bou van ʼn muur, terwyl bron 1D die bou van die muur visualiseer. / Albei
bronne toon aan dat die grens tussen Oos- en Wes-Berlyn met ʼn muur
verdeel was.
• Bron 1C noem dat die muur bewaak sal word wat duidelik gesien kan word
in Bron 1D waar soldate die bou van die muur dophou. / Albei bronne dui
aan dat die muur deur soldate bewaak is.
• Bron 1C verklaar dat die muur gebou is met betonblokke wat duidelik in Bron
1D gesien kan word. / Albei bronne dui aan dat die muur met
betonblokke gebou is.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 GESKIEDENIS V1 (EC/JUNIE 2023)
1.6 [Interpretasie, analise en sintese van bewyse uit relevante bronne ‒ V3]
• Wes-Berlyn, diep in die omliggende DDR geleë, het probleme vir DDR
opgelewer. (Bron 1A)
• Oos-Berlyn se ekonomie het gesukkel (Bron 1A)
• Die DDR was nie selfversorgend in grondstowwe nie, sonder harde
steenkool en ystererts het ontbreek. (Bron 1A)
• een uit elke ses Oos-Duitsers het die land verlaat. (Bron 1A)
• Ingenieurs en geskoolde werkers het in onvervangbare getalle vertrek
(Bron 1A)
• Hierdie massiewe breindrein het die DDR in ʼn stryd om oorlewing
gedwing (Bron 1A)
• Wes Berlin ʼn 'swerende wond' op die DDR (Bron 1A)
• Kennedy verklaar dat die Geallieerde teenwoordigheid in Wes-Berlyn en
toegang daartoe, nie deur enige daad van die Sowjet-regering beëindig
kan word nie. (Bron 1B)
• Kennedy verklaar dat die keuse van oorlog grootliks die USSR’s is.
(Bron 2B)
• Kennedy wil nie hê dat militêre oorwegings die denke van Oos of Wes
moet oorheers nie. (Bron 1B)
• Khruschev verklaar dat Adenauer spioene deur Wes-Berlyn na Oos-
Duitsland stuur (Bron 2C)
• Oos-Berlyners ontsnap nog steeds na Wes-Berlyn. (Bron 2C)
• Oos- en Wes-Berlyn word deur die bou van ʼn betonmuur verdeel.
(Bron 2C en 2D)
• Muur bewaak deur die polisie om te verseker dat geen ontsnappings
plaasvind nie (Bron 1C en 1D)
• Enige ander relevante antwoord.
Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken:
• Gebruik bewyse op ʼn elementêre manier,
byvoorbeeld, toon min of geen begrip van die
redes vir die bou van die Berlynse Muur in PUNTE
VLAK 1
1961 nie 0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ʼn
paragraaf skryf nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou in ʼn groot
mate verband met die onderwerp, byvoorbeeld,
toon ʼn mate van begrip van die redes vir die PUNTE
VLAK 2
bou van die Berlynse Muur in 1961. 3–5
• Gebruik bewyse op ʼn baie basiese manier om ʼn
paragraaf te skryf.
• Gebruik relevante bewyse, byvoorbeeld, toon ʼn
deeglike begrip van die redes vir die bou van
die Berlynse Muur in 1961. PUNTE
VLAK 3
• Gebruik bewyse baie effektief in ʼn 6–8
georganiseerde paragraaf wat ʼn begrip van die
onderwerp toon. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023) GESKIEDENIS V1 11
VRAAG 2: WAAROM HET DIE ANGOLESE BURGEROORLOG VAN 1975 DIE
SLAGVELD VAN DIE KOUE OORLOG IN AFRIKA GEWORD?
2.1 2.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
• ‘ʼn onafhanklikheidsooreenkoms met Portugal onderteken’.
• ‘vrede en ʼn werkende politieke toekoms vir Angola beloof’. (2 x 1) (2)
2.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
• ... ʼn oorgangsregering bemagtig om Angola te administreer vanaf
31 Januarie 1975’
• ‘... tot verkiesings wat later daardie jaar gehou sou word om ʼn nuwe
regering te bepaal’ (2 x 1) (2)
2.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]
• Die bewegings het onderlinge stamverskille gehad wat nie opgelos
kon word nie.
• Die bewegings het ideologiese verskille gehad wat nie opgelos kon
word nie.
• Elke beweging het gedink dat hulle Angola alleen kon regeer.
• Elke beweging is ondersteun deur verskillende buitelandse
moondhede wat hul eie agendas in Angola gehad het.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
2.1.4 [Definisie van historiese konsep uit Bron 2A – V2]
• Die bevrydingsoorlog deur die MPLA, FNLA en UNITA om Angola
van Belgiese bewind te bevry
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
2.1.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]
• Die bewegings wou wapens en finansiële steun van die
buitelandse moondhede kry om mekaar te beveg oor die alleenreg
om Angola te regeer.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
2.2 2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
• ‘Kuba’
• ‘Rusland’ (2 x 1) (2)
2.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
• ‘om te verhoed dat die Sowjet-gesteunde MPLA die mag verkry’
• ‘die groter magsbalans tussen die supermoondhede versteur sou
word’
• ‘Sowjet- en Kubaanse ingryping beskou as deel van ʼn
kommunistiese plan om Suider-Afrika te oorheers’
• ‘Angola, onder ʼn pro-kommunistiese regering, waarskynlik ʼn
springplank sou word vir nasionalistiese guerrillas van die South
West Africa People’s Organisation om Suidwes-Afrika aan te val’.
(Enige 3 x 1) (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 GESKIEDENIS V1 (EC/JUNIE 2023)
2.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]
• Suid-Afrika wou nie ʼn kommunistiese regering op sy noordelike
grens hê nie.
• Angola onder die MPLA het SWAPO toegelaat om basisse in
Angola te hê.
• SA wou haar belange in Suidwes-Afrika beskerm.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
2.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron2B – V2]
• Die VSA was onlangs in Viëtnam verslaan en die publiek was
gekant teen inmenging in die binnelandse sake van ander nasies.
• Die VSA wou nie SA se ingryping in Angola in die openbaar
ondersteun nie.
• Die VSA wou sy ekonomiese belange in Angola beskerm deur
ander lande as gevolmagtigdes te gebruik.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
2.3 2.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]
• ‘Die Sowjet-besluit om militêre hulp aan die MPLA in Maart 1975
grootliks te verhoog‘
• ‘Die Sowjet het ʼn totaal van sewe-en-twintig skeepsvragte
wapentuig
• ‘dertig tot veertig vragvliegtuie wapentuig na die MPLA gestuur’
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 3 x 1) (3)
2.3.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V2]
• ‘die MPLA … Neto ondersteun om onmiddellike en massiewe
versterkings van Havana aan te vra
• ‘inspuiting van groot hoeveelhede hoë-tegnologiese wapens’
• ‘Die moontlikheid dat tientalle Kubaanse personeel deur die
Suid-Afrikaners gevange geneem of vermoor sou word’
• ‘dat ʼn anti-kommunistiese regime in Angola wortel sou skiet, sou
Castro se aansien en invloed verminder’ (Enige 2 x 1) (2)
2.3.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2]
• Dit het die MPLA in staat gestel om hul mededingers te verslaan.
• Dit het die magsbalans na die MPLA verskuif.
• Die MPLA kon die Suid-Afrikaanse opmars op Luanda stuit.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
2.3.4 [Evaluering van die bruikbaarheid van Bron 2C – V3]
Bruikbaar tot ʼn groot mate omdat:
• Die bron is geskryf deur ʼn historikus met ʼn formele geskiedenis
opleiding.
• Die bron beskryf akkuraat waarom en hoe Rusland en Kuba by
die Angolese burgeroorlog betrokke geraak het .
• Die doel van die bron is om die leser in te lig/ ʼn beter begrip te
gee oor redes waarom buitelandse moondhede by die Angolese
burgeroorlog betrokke geraak het.
• Die inligting in hierdie bron kan bevestig word met ander
historiese bronne.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023) GESKIEDENIS V1 13
2.4 2.4.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2]
• Buitelandse moondhede het by die burgeroorlog betrokke geraak
deur wapens na Angola te stuur.
• Rusland het hul mees gesofistikeerde wapens gestuur – T34-tenk en
MIG-vegvliegtuie om die MPLA te ondersteun.
• Buitelandse betrokkenheid was groot omdat elke supermoondheid sy
eie agenda in Angola wou bevorder.
• Dit toon dat die MPLA ʼn baie kragtige mag geword het om mee
rekening te hou.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
2.4.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D – V2]
• Die MPLA het ʼn formidabele militêre mag geword.
• Die MPLA kon die aanslag van sy mededingers weerstaan.
• Die MPLA kon sy mededingers verslaan.
• Die MPLA het die amptelike regering van Angola geword.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
2.5 [Vergelyking van bewyse uit Bronne 2A en 2D – V3]
• Bron 2A verklaar dat die bewegings hulp gesoek het om hul posisies te
versterk, terwyl Bron 2D die hulp toon wat deur die buitelandse moondhede
gelewer is. //Beide bronne dui aan dat buitelandse hulp aan Angola
verleen is.
• Bron 2A verklaar dat die MPLA tenks en straaljagters gehad het, terwyl Bron
2D die tenks en Migs toon wat in Bron 2A genoem word. // Albei bronne
toon dat tenks en straaljagters in die oorlog gebruik is.
• Enige relevant response. (Enige 2 x 2) (4)
2.6 [Interpretasie, analise en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
Kandidate kan die volgende aspekte in hul antwoorde insluit.
• Die drie bevrydingsbewegings kon Angola nie gesamentlik regeer nie.
(Bron 2A)
• Wedywering om beheer het as ʼn prioriteit na vore gekom. (Bron 2A)
• Die bewegings het nou uitsluitlik hulp gesoek om hul posisies te versterk
soos teen mekaar bereken. (Bron 2A)
• Kuba het 230 instrukteurs na Angola gestuur terwyl Rusland wapens aan die
MPLA verskaf het. (Bron 2B)
• Verenigde State van Amerika en Suid-Afrika in ʼn vasberade poging om te
verhoed dat die Sowjet-gesteunde MPLA die mag verkry. (Bron 2B)
• Die VSA was bekommerd dat die magsbalans tussen die supermoondhede
versteur sou word. (Bron 2B)
• Suid-Afrika beskou die Sowjet- en Kubaanse ingryping as deel van ʼn
kommunistiese plan om Suider-Afrika te oorheers. (Bron 2B)
• Suid-Afrika wou ʼn pro-Westerse regering in Angola hê wat vatbaar was vir
Suid-Afrikaanse belange. (Bron 2B)
• Die MPLA het hulp van Kuba aangevra. (Bron 2C)
• Kuba het Operasie Carlotta van stapel gestuur. (Bron 2C)
• Suid-Afrika, die VSA, Kuba, Rusland en China was almal betrokke by die
burgeroorlog in Angola. (Eie kennis en Bron 2C)
• Buitelandse moondhede het gesofistikeerde wapens na Angola gestuur.
(Bron 2D).
• Angolese burgeroorlog het ʼn gevolmagtigde oorlog van die supermoondhede
geword.
• Enige ander relevante antwoord.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 GESKIEDENIS V1 (EC/JUNIE 2023)
Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken:
• Gebruik bewyse op ʼn elementêre manier,
byvoorbeeld, toon min of geen begrip van
waarom die Angolese Burgeroorlog van 1975
die slagveld van die Koue Oorlog in Africa PUNTE
VLAK 1
geword het nie. 0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik om oor die onderwerp
verslag te doen of kan nie oor die onderwerp
verslag doen nie.
• Bewyse is meestal relevant en hou verband met
die onderwerp, byvoorbeeld, toon ʼn mate van
begrip van waarom die Angolese Burgeroorlog PUNTE
VLAK 2
van 1975 die slagveld van die Koue Oorlog in 3–5
Afrika geword het.
• Gebruik bewyse op ʼn baie basiese manier.
• Gebruik relevante bewyse, byvoorbeeld, toon ʼn
insig waarom die Angolese Burgeroorlog van
1975 die slagveld van die Koue Oorlog in PUNTE
VLAK 3
Afrika geword het. 6–8
• Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde
paragraaf wat ʼn begrip van die onderwerp toon. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023) GESKIEDENIS V1 15
VRAAG 3: HOE HET DIE VRYHEID SOMER VELDTOG VAN 1964 BYGEDRA
TOT DIE TOEKENNING VAN STEMREG AAN SWART
AMERIKANERS WAT IN DIE 1960s IN DIE VSA GEWOON HET?
3.1 3.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
• ‘Die staat was berug (beroemd) vir sy groot aantal toevallige
ophang op swartes’
• ‘en aanvalle op swartes’. (2 x 1) (2)
3.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
• ‘CORE’
• ‘SCLC’
• ‘NAACP’
• ‘SNCC’ (Enige 2 x 1) (2)
3.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2]
• Dit sal die veldtog groter media-aandag gee.
• Daar was gehoop dat dit die aggressiwiteit van die staat polisie
en KKK sou verminder.
• Dit sou die federale regering dwing om in te gryp.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
3.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2]
• Blankes in Mississippi was rassisties en was lede van die KKK.
• Blankes in Mississippi was bang vir kommunisme, aangesien
hierdie gebeurtenis gedurende die hoogtepunt van die Koue
Oorlog plaasgevind het.
• Blankes in Mississippi wou hul rasse-meerderwaardigheid bo
swartes in daardie staat behou.
• Blankes in Mississippi was teen desegregasie en gelykheid
gekant.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
3.2 3.2.1 [Definisie van ʼn konsep in jou eie woorde uit Bron 3B – V1]
• Iemand wat teen onreg veg.
• ʼn Persoon wat veg om politieke en sosiale verandering teweeg te
bring.
• Enige ander relevante antwoord. (1 x 2) (2)
3.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
• ‘swart mense gehelp het om op te staan vir hul regte’
• ‘en te registreer om te stem’ (2 x 1) (2)
3.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2]
• Wetstoepassers in Mississippi was nie gretig om die verdwyning
van die drie aktiviste te ondersoek nie.
• Wetstoepassers in Mississippi het nie omgegee oor die lewens
van aktiviste nie.
• Wetstoepassers in Mississippi was rassiste.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 GESKIEDENIS V1 (EC/JUNIE 2023)
3.2.4 [Sintese of bewyse uit Bron 3B – V2]
• Dit het gelei tot die aanvaarding van die Wet op Stemreg van
1965.
• Baie swart Amerikaners was geleer hoe om te lees en skryf.
• Swart geskiedenis is aan baie swart Amerikaners onderrig.
• Alle hindernisse wat Swartes beperk het om te stem, is verwyder.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
3.2.5 [Bepaling van die betroubaarheid van Bron 1B - V3]
Betroubaar tot ʼn groot mate omdat:
• Dit is ʼn primêre bron wat eerstehandse inligting gee.
• Die skrywer van die bron was ʼn deelnemer aan die geleentheid.
• Die datum van die artikel stem ooreen met die tydlyn van die
historiese gebeurtenis.
• Die doel van die bron is om die leser ʼn akkurate weergawe te gee
van wat met die drie aktiviste gebeur het.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
3.3 3.3.1 [Analise van bewyse uit Bron 3C – V2]
• Die FBI wou by die waarheid uitkom agter die verdwyning van die
drie aktiviste.
• Die FBI wou weet of die aktiviste nog lewe.
• Die FBI wou die oortreders voor die gereg bring.
• Die FBI wou wys dat die organisasie onpartydig teenoor die
Burgerregtebeweging was.
• Die FBI wou homself uitbeeld as die beskermer van die
Amerikaanse regstelsel.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
3.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – V2]
• Die Vryheid Somer-veldtog is deur beide swartes en wittes
ondersteun.
• Die Vryheid Somer-veldtog is ondersteun deur diegene wat
rassegelykheid ondersteun het ongeag velkleur.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
3.4 [Vergelyking van bewyse om ooreenkomste in bronne 3B/3C – V3 te
identifiseer]
• Bron 3B verklaar dat die FBI ʼn soektog vir die drie mans uitgevoer het wat
ondersteun word deur Bron 3C wat verklaar dat die FBI gekontak moet
word om inligting oor die vermiste aktiviste te gee. / Beide bronne noem
dat die FBI op soek was na die vermiste mans.
• Bron 3B noem die name van die drie vermiste aktiviste, terwyl Bron 3C
ook die name en die foto's van die vermiste aktiviste noem. / Albei
bronne noem die name van die drie vermiste aktiviste.
• Bron 3B verklaar dat die ouers optrede geëis het wat Johnson gedwing het
om die FBI te versoek om ondersoek in te stel, soos gesien in Bron 3C. /
Albei bronne toon die aksie wat die Amerikaanse president
onderneem het om die verdwyning van die drie aktiviste op te los.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023) GESKIEDENIS V1 17
3.5 3.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
• ‘het die bewussyn van miljoene mense verhoog oor die lot van
Swart Amerikaners’
• ‘en die behoefte aan verandering’ (2 x 1) (2)
3.5.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
• ‘swart inwoners van Mississippi het organiseringsvaardighede en
politieke ervaring opgedoen‘
• ‘die Wet op Stemreg van 1965 die federale regering wettiglik
bemagtig het om sy eie amptenare na plaaslike howe te stuur’
• meer as die helfte Swart Amerikaners in die suidelike state
geregistreer om te stem’
• ‘baie is verkies tot plaaslike kantore soos burgemeesters, skoolrade
en polisiehoofde’
• ‘Baie SNCC en CORE-personeel het belangrike loopbane in die
staatsdiens gevolg’
• ‘John Lewis van SNCC is tot die Amerikaanse Kongres verkies’
• ‘Mary King van SNCC het beheer geneem oor die Peace Corps en
Vista onder president Carter’. (Enige 2 x 1) (2)
3.5.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V2]
• Die Amerikaanse regering het geweier om sy eie burgerregtewette
af te dwing.
• Die pas van verandering was te stadig.
• Baie swartes het nog steeds in armoede en onder diskriminasie
geleef.
• Baie swartes het ongeduldig geraak met die nie-geweldadige protes
aksie van die BRB.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
3.5.4 [Definisie van konsep uit Bron 3D – V1]
• Regte wat aan alle burgers van ʼn land gegee word wat gelykheid
en gelyke beskerming aan alle burgers gee ongeag ras.
• Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
3.5.5 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
• ‘Malcolm X’
• ‘Stokely Carmichael‘ (2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 GESKIEDENIS V1 (EC/JUNIE 2023)
3.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
Kandidate kan die volgende aspekte in hul antwoorde insluit:
• Mississippi het een van die laagste koerse van geregistreerde swart kiesers
gehad. (Bron 3A)
• Mississippi was berug vir sy groot aantal ewekansige ophang en aanvalle
op swartes. (Bron 3A)
• COFO het ʼn kiesersregistrasieveldtog begin (Bron 3A)
• Wit studente gebruik in die Vryheid Somer-veldtog (Bron 3A)
• Die insluiting van blankes sal die veldtog help om groter media-aandag te
kry. (Bron 3A)
• Drie aktiviste het verdwyn – Johnson is gedwing om op te tree. (Bron 3B)
• Swartes is geleer om te lees en skryf. (Eie kennis)
• Swart geskiedenis onderrig in swart skole (Eie kennis)
• Kunsmatige kwalifikasies vir registrasie verwyder. (Bron 3B).
• FBI gedwing om die moord te ondersoek – het meer druk op verandering
toegepas (Bron 3C)
• Vryheid Somer het die bewussyn van miljoene mense verhoog oor die lot
van Swart Amerikaners en die behoefte aan verandering (Bron 3D)
• Die Wet op Stemreg van 1965 het stemreg aan swartes gegee (Bron 3D)
• meer as die helfte Swart Amerikaners in die suidelike state geregistreer om
te stem. (Bron 3D)
• Baie is verkies tot plaaslike kantore soos burgemeesters, skoolrade en
polisie hoofde. (Bron 3D)
• Baie SNCC en CORE-personeel het belangrike loopbane in die staatsdiens
gevolg. (Bron 3D)
• Enige ander relevante antwoord.
Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken:
• Kan nie bewyse onttrek of bewyse uit die bronne op ʼn
baie elementêre manier onttrek nie, byvoorbeeld toon
geen of min begrip van hoe die Vryheid Somer-
veldtog bygedra het tot die toekenning van stemreg PUNTE
VLAK 1 aan Swart Amerikaners wat in die 1960’s in die VSA
gewoon het. 0–2
• Gebruik bewyse gedeeltelik om oor die onderwerp
verslag te doen of kan nie oor die onderwerp verslag
doen nie.
• Onttrek bewyse uit die bronne wat meestal relevant is
en in ʼn groot mate verband hou met die onderwerp,
byvoorbeeld, toon ʼn mate van begrip van hoe die PUNTE
VLAK 2 Vryheid Somer-veldtog bygedra het tot die
toekenning van stemreg aan Swart Amerikaners 3–5
wat in die 1960’s in die VSA gewoon het.
• Gebruik bewyse op ʼn baie basiese manier.
• Gebruik bewyse uit bronne baie effektief in ʼn
georganiseerde paragraaf wat ʼn begrip van die
onderwerp toon, byvoorbeeld, toon ʼn deeglike begrip
van die Vryheid Somer-veldtog bygedra het tot die PUNTE
VLAK 3 toekenning van stemreg aan Swart Amerikaners wat in 6–8
die 1960’s in die VSA gewoon het.
• Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde
paragraaf wat ʼn begrip van die onderwerp toon. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023) GESKIEDENIS V1 19
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: DIE KOUE OORLOG – VIËTNAM
[Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument gebaseer op relevante bewyse met
behulp van analitiese en interpretatiewe vaardighede.]
SYNOPSIS
Kandidate moet saamstem of nie saamstem met die stelling nie. As hulle met die
verklaring saamstem, moet hulle verduidelik hoe Diem se weiering om die verkiesing
te laat lei tot die guerrilla-oorlog en uiteindelik die Amerikaanse betrokkenheid om te
verhoed dat Viëtnam 'n kommunistiese staat word.
BELANGRIKSTE ASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoorde insluit:
Inleiding: Kandidate moet standpunt inneem deur te verduidelik waarom hulle
Viëtnam wou verenig en waarom hulle besluit het om die VSA se
betrokkenheid by die oorlog teë te staan.
UITWERKING
• Viëtnam is verdeel, langs die 17de parallel in Noord- en Suid-Viëtnam
• Genève-ooreenkoms beloof verkiesing om die land teen 1956 te verenig
• Noord-Viëtnam was kommunisties terwyl Suid-Viëtnam kapitalisties was
• Die VSA het Suid-Viëtnam onvoorwaardelike steun verleen.
• Diem het geweier om die verkiesing te hou – uit vrees vir kommunistiese
oorname
• Vietkong is gestig om Diem omver te werp en Viëtnam te verenig
• Vietkong ondersteun deur Vietminh via Ho Chi Minh-roete
• Toe Vietkong lyk asof hy die guerrilla-oorlog wen – besluit die VSA om in te gryp
• VSA wou die verspreiding van kommunisme in Suidoos-Asië voorkom – die
'Domino-effek’
• Die VSA het wapens en adviseurs gestuur – misluk.
• VSA het veilige dorpsbeleid ingestel – Vietkong was gekant
• Vietkongboere bedags en vryheidsvegters in die nag.
• VSA het Operation Rolling Thunder van stapel gestuur om Ho Chi Minh Roete
te vernietig – misluk – LEI tot meer ondersteuning vir die Vietkong
• Vietkong het die Tet-offensief (1968) geloods – ongeveer 80% van die dorpe
verower
• Tet -offensief het die openbare mening teen die oorlog gedraai.
• 'Operation Ranch Hand' – het chemikalieë gebruik om woude (Agent Orange)
en gewasse (Agent Blue) te vernietig.
• Die VSA het jong en onervare soldate na Viëtnam gestuur.
• Hoogs effektiewe gebruik van guerrilla taktieke deur die Vietkong gefrustreerde
Amerikaanse strategieë.
• Die VSA het soek-en-vernietig-missies gebruik – wat tot ʼn groot aantal
burgerlike sterftes) gelei het.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
20 GESKIEDENIS V1 (EC/JUNIE 2023)
• Die My Lai-slagting het die beeld van die VSA in die wiele gery
• Die media het druk op die Amerikaanse regering toegepas om aan die oorlog te
onttrek.
• Studente en ontwapeningsbewegings protesteer teen die Amerikaanse
betrokkenheid by die oorlog.
• President Nixon se Vietnamiseringsbeleid.
• Die VSA het alle troepe teen 1973 onttrek en Noord-Viëtnam het in 1975 beheer
oor Saigon oorgeneem.
• Viëtnam het ʼn verenigde land onder ʼn kommunistiese regime geword.
• Enige ander relevante antwoord.
• Gevolgtrekking: Kandidate moet hul argument met ʼn relevante gevolgtrekking
verbind. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023) GESKIEDENIS V1 21
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – DIE KONGO
[Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument gebaseer op relevante bewyse met
behulp van analitiese en interpretatiewe vaardighede.]
SYNOPSIS
Kandidate moet krities bespreek die pogings wat Mobuto Sese Seko
geïmplementeer het om die Kongo se politiese en ekonomiese uitdagings aan te
spreek nadat onafhanklikheid van België in 1960 verkry is.
BELANGRIKSTE ASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoorde insluit:
Inleiding: Kandidate moet krities bespreek of Mobutu se pogings om die Kongo
se politieke en ekonomiese uitdagings die hoof te bied, misluk het of
nie.
UITWERKING
Politieke uitdagings
• Die Belgiese Kongo het op 30 Junie 1960 onafhanklik geword met Joseph
Kasavubu as president en Patrice Lumumba as premier.
• Die Kongo-krisis het begin toe Moise Tshombe Katanga onafhanklik verklaar het.
• Mobutu Sese Seko het aan bewind gekom deur ʼn militêre staatsgreep.
• Joseph Mobutu het ʼn eenparty-staat gestig.
• Hy het alle opposisiepartye verbied en onderdruk.
• Hy het die menseregte van sy opposisie geskend deur politieke onderdrukking.
• Hy regeer by besluit en beheer alle aanstellings en bevorderings.
• In 1974 het Mobutu 'n beleid van Zaïreanisering ingestel
• Die tydperk van onafhanklikheid in die Kongo is gekenmerk deur geweld en
politieke omwenteling.
• Die Kongo was hoogs gefragmenteer volgens etniese lyne met leiers wat
meegeding het.
• Mobutu beklemtoon die belangrikheid van die Afrikanisering van hul politieke
stelsels
• Hy beskou demokrasie as 'anti-Swart’ en ʼn Westerse oplegging
• Mobutu het ʼn persoonlikheid kultus (Mobutuism) ontwikkel. om homself.
• Hy is die Vader van die Nasie genoem en sy dade is eindeloos geprys in liedere
en danse.
• Mobutu Sese Seko het tussen die 1960’s en 1970’s lewenslank as president gebly
• Mobutu Sese Seko het ʼn kleptokrasie geskep waar ʼn groep aangestelde
openbare amptenare hul posisie misbruik het.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
22 GESKIEDENIS V1 (EC/JUNIE 2023)
Ekonomiese uitdagings
• Mobutu het na onafhanklikheid ʼn baie effektiewe ekonomiese strategie
geïmplementeer.
• Inflasie is gestaak, die geldeenheid is gevestig, uitset het toegeneem en
staatskuld is laag gehou
• Hy het die land se kopermynbedryf genasionaliseer.
• Mobutu het ʼn beleid van Zaïreanisering ingestel om geskoolde buitelanders met
ongeskoolde inwoners te vervang.
• Hy het 2 000 klein ondernemings in buitelandse besit sonder vergoeding
genasionaliseer
• Hy het die besighede onder die beheer van sy eie politieke bondgenote en
familielede geplaas.
• Hy het homself verryk ten koste van sy eie mense.
• Die ondernemings in buitelandse besit het bankrot geraak weens swak bestuur,
korrupsie en wanadministrasie.
• Korrupsie het so algemeen geword.
• Die gaping tussen die elite en gewone burgers het vergroot.
• Elitisme en nepotisme het die belangrikste kenmerke van die ekonomie geword.
• Zaïre het ʼn kleptokrasie geword.
• Die Kongo het nie ʼn lewendige vervaardigingsektor gehad nie
• Die Kongo het ʼn paar gekwalifiseerde tegnici en ingenieurs gehad.
• Die Kongo het nie oliereserwes gehad nie, en die land het ʼn ekonomiese krisis
beleef toe oliepryse in die 1970’s gestyg het.
• Die land het in ʼn krisis gedompel
• Mobutu het Retrocession geïmplementeer – buitelandse eienaars is gevra om
terug te keer.
• Baie min het teruggekeer.
• Die ekonomie het in duie gestort en die Kongo het meer afhanklik geword van
buitelandse hulp en beleggings.
• Enige ander relevante antwoord.
• Gevolgtrekking: Kandidate moet hul argument met ʼn relevante gevolgtrekking
verbind. [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023) GESKIEDENIS V1 23
VRAAG 6: PROTESOPTOGTE IN DIE BURGERLIKE SAMELEWING VANAF DIE
1950’s TOT DIE 1970’s – DIE SWARTMAGBEWEGING
[Beplan en konstrueer ʼn oorspronklike argument gebaseer op relevante bewyse met
behulp van analitiese en interpretatiewe vaardighede.]
SYNOPSIS
Kandidate moet verduidelik in watter mate die doelwitte van die Black Power Movement
die lewens van Swart Amerikaners in die VSA in die 1960's verbeter het.
MAIN ASPECTS
Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoorde insluit:
Inleiding: Kandidate moet standpunt inneem deur aan te dui in watter mate die
doelwitte van die Black Power Movement die lewens van Swart Amerikaners
in die VSA in die 1960’s verbeter het.
UITBREIDING
Redes vir die vorming van die Black Power Movement.
• Daar is teen swartes gediskrimineer en hulle het in armoede geleef.
• Swartes het ongeduldig geraak met die stadige pas van verandering.
• Swartes het nasionalistiese gevoelens ontwikkel.
• Hulle het die nie-gewelddadige benadering van die CRM verwerp.
• Polisie brutaliteit hoofrede vir die ontstaan van BPM.
BPM filosofie
• Swartes moet dinge vir hulself doen
• Swartmense moet die politici en politiek in hul eie gemeenskappe beheer.
• Swartmense moet hulself teen polisie brutaliteit verdedig
• Swartmense moet trots op hul eie kultuur ontwikkel en beklemtoon
• Bevorder Afro-haarstyl en Afrika-klere.
• Enige ander relevante antwoord.
Black Panther Party.
• Bobby Searle en Huey Newton het die BPP vir selfverdediging gevorm.
• Hulle het ʼn Tienpunt-plan opgestel om sy doelwitte te dek.
• Hulle het beter lewens- en werksomstandighede vir arm swartes geëis.
• Hulle het binnestede gepatrolleer om swart mense teen polisie brutaliteit te beskerm.
• Hulle het voedingskemas, kindersorg- en geletterdheidsprojekte in swart
gemeenskappe bedryf.
• Hulle het verseker dat Swart Geskiedenis in skole en universiteite onderrig word.
• Hulle het met die polisie gebots – LEI tot einde van BPP.
• Enige ander relevante antwoord.
Stokely Carmichael
• Swartes aangemoedig om trots te wees op hul erfenis.
• Swart separatisme bevorder.
• Hy wou die Verenigde State in aparte swart-en-wit lande verdeel
• Hy het wit idees oor styl en mode verwerp en sy mense aangemoedig om afros te
dra
• Hy het die slagspreuk 'Black is beautiful' gewild gemaak.
• Hy was teen Amerika se betrokkenheid by die Viëtnam-oorlog.
• In 1966 is hy gearresteer terwyl hy aan ʼn protesoptog deelgeneem het.
• Enige ander relevante antwoord.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
24 GESKIEDENIS V1 (EC/JUNIE 2023)
Malcolm X
• Hy verkondig swart selfgenoegsaamheid en gewapende verdediging teen
witmense se onderdrukking.
• Hy het gesê dat bloedvergieting vir revolusie nodig is.
• Hy het sy volgelinge aangemoedig om hul regte te beveilig “op enige manier wat
nodig is”.
• Hy het swartes aangemoedig om trots te wees op hul erfenis en hul Afrika-
erfenis.
• Bevorder die konsep van 'Swart Trots' (selfbeeld / selfrespek / selfhelp)
• Hy was ten gunste van swart separatisme in plaas van integrasie en revolusie in
plaas van hervorming.
• Enige ander relevante antwoord.
Suksesse van die BPM
• Rasse geweld en spanning het afgeneem
• Swart-Amerikaners is tot openbare ampte verkies.
• Behuising en fasiliteite van Swart Amerikaners is verbeter.
• Swart geletterdheid het toegeneem en afhanklikheid van staatstoelaes het
afgeneem.
• Regstellende aksiebeleide vir federale indiensneming is ingestel.
• Miljoene swartes is uit armoede gelig
• Groter rassetrots en selfvertroue is by swartmense ingeboesem.
• Swart kiesers is gemobiliseer om swart kandidate vir ampte te ondersteun.
• Daar was ʼn toename in federale besteding aan behoeftiges swartes
• Daar was ʼn sosiale en ekonomiese mobiliteit van Swart Amerikaners.
• Swart Amerikaners is by universiteite geregistreer
• Enige ander relevante antwoord.
Gevolgtrekking: Kandidate moet hul argument met ʼn relevante slot saamvat. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 Addendum (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape June 2023 QP (Afr)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--9c825710-3cb6-41a5-83f1-ec4a4f9c153e/v1-42f62c7d1fe7c7105c27/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2021 Question Paper (Afr)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995/v1-4bd7c3b8e18e806e9bbb/card.webp)
Addendum
History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2019 Addendum (Afrikaans)

Question paper
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P1 November 2024 NSC Addendum (English)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5/v1-08263ca49c7d250a5368/card.webp)
Question paper