Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2018
GESKIEDENIS: VRAESTEL II
Tyd: 3 uur 200 punte
LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR
1. Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n Bronmateriaalboekie van 7 bladsye
(i–vii). Maak asseblief seker dat jou vraestel volledig is. Verwyder die
Bronmateriaalboekie uit die middel van die vraestel.
2. Lees die vrae noukeurig.
3. Alle vrae moet beantwoord word.
4. Hierdie vraestel bestaan uit:
Afdeling A wat die volgende insluit:
• visuelebronontleding
• tekstuelebronontleding
• huidige kwessie in die media
EN
Afdeling B, wat die volgende insluit:
Brongebaseerde vrae wat die Bronmateriaalboekie gebruik
EN
Afdeling C, wat die volgende insluit:
'n Brongebaseerde opstel wat die Bronmateriaalboekie gebruik.
5. Nommer jou antwoorde presies soos die vrae genommer is.
6. Laat 'n reël tussen jou antwoorde oop.
7. Dit is in jou eie belang om leesbaar te skryf. Werk op 'n geordende wyse en bied jou
antwoorde so netjies as moontlik aan.
8. Kandidate moet aandag aan die puntetoekenning gee. Tensy anders aangedui, word
twee punte vir 'n geldige feit toegeken. Dit beteken dat 'n vraag wat vier punte tel,
twee feite vereis.
9. Gebruik die bronne wat verskaf word om jou antwoord te formuleer, tensy jy spesifiek
opdrag gegee word om jou eie kennis te gebruik.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSBELIEF OM
Skip to contentQuestion paper 











View all





History Grade 12 IEB Paper 2 2018 Question Paper (Afrikaans)
IEB Grade 12 History Paper 2 question paper from the 2018 (Afrikaans), 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Publisher: IEB
History · Grade 12 · 2018 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Paper
- 2
- Publisher
- IEB
- Curriculum
- IEB
- Pages
- 9
- File size
- 1.1 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 9
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GESKIEDENIS: VRAESTEL II Bladsy 2 van 9
AFDELING A INDIVIDUELE BRONONTLEDING
VRAAG 1 VISUELE BRONONTLEDING
Hierdie foto, wat deur die Amerikaanse fotojoernalis, Bill Hudson, geneem is,
toon die polisierespons op burgerregtebetogers in Birmingham, Alabama, op
3 Mei 1963.
[Kasher, S. The Civil Rights Movement: A Photographic History 1954–1968. New York:
Abbeville Press, 2000. pp. 89]
1.1 Gebruik jou eie kennis om die historiese konteks van hierdie foto te
verduidelik. Jou antwoord moet uit TWEE punte bestaan. (4)
1.2 Beskryf hoe die Birmingham-polisiebeamptes op die foto uitgebeeld word.
Verskaf EEN visuele leidraad uit die bron om jou antwoord te motiveer. (4)
1.3 Toon die optrede van Birmingham se polisiebeamptes die houding van die
Verenigde State se regering teenoor desegregasie in 1963? Gebruik jou eie
kennis om jou antwoord te motiveer. (4)
1.4 Verskaf EEN visuele leidraad uit die bron wat daarop dui dat die betogers
vreedsame protesmetodes gebruik het. (2)
1.5 Volgens sommige historici simboliseer die foto's van die Birmingham-protes
van 1963 die karakter van alle reaksies op protesaksie teen segregasie in
die Verenigde State in die 1960's. Gebruik jou eie kennis om te verduidelik
of dit akkuraat is. (6)
[20]
IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GESKIEDENIS: VRAESTEL II Bladsy 3 van 9
VRAAG 2 TEKSTUELE BRONONTLEDING
Hierdie is 'n uittreksel wat die sienings aandui van President FW de Klerk en
ANC aktivis en regter, Albie Sachs, op die gebeure wat gelei het tot die
ondertekening van die Rekord van Verstandhouding op 26 September 1992.
Op 26 September 1992 verseël Mandela en De Klerk hul nuwe verbintenis tot
onderhandeling deur die Rekord van Verstandhouding, wat 'n mylpaal* was, te
onderteken …
FW de Klerk glo:
"Die tydperk tussen die onderbreking van CODESA en Bisho was van kritieke belang in
die grondwetlike proses. In hierdie tydperk was die ANC daaraan toegewy om die land
onregeerbaar te maak, soos hulle belowe het toe hulle uit CODESA gestap het ... Hulle
was gretig om hul aansien te red omdat hulle misluk het – hulle dreigemente het nie
gerealiseer nie, gevolglik het hulle na die onderhandelingstafel teruggekeer."
Die ANC se Albie Sachs:
Massaprotesaksie was die deurslaggewende* faktor in die geskiedenis van
onderhandeling. Dit was ook baie belangrik vir die moreel van die ANC, want mense het
toenemend weerspannig* geraak. Ons het die aandag van die wêreld weer eens daarop
gevestig dat die werklike mag van die land lê in hierdie groot massa swartmense wat in
die townships woon, wat georganiseer is in vakbonde en burgerlike organisasies wat
verandering wou hê en nie 'n soort Mickey Mouse-ooreenkoms sou aanvaar nie.
[Aangepas uit: Segal A. en Cort S. One Law, One Nation: The Making of the South African
Constitution, Suid-Afrika, Constitution Hill Trust, Jacana, 2011, pp.106]
* mylpaal – 'n belangrike gebeurtenis in die geskiedenis van 'n land
* deurslaggewende – bepalende of belangrike
* weerspannig – rusteloos en op die punt om teenstand teen staatsbeheer te bied
2.1 Verduidelik hoe massa-optrede die onderhandelingsproses in 1992
beïnvloed het. Staaf jou antwoord met EEN aanhaling uit die bron. (4)
2.2 Gebruik jou eie kennis om EEN punt in die Rekord van Verstandhouding te
noem wat gehelp het om die Nasionale Party te oorreed om meerderheids-
regering te aanvaar. (2)
2.3 Hoe verskil FW de Klerk en Albie Sachs in hul interpretasie van hoe die
verbintenis tot die Rekord van Verstandhouding bereik is? Gee TWEE
aanhalings uit die bron om jou antwoord te ondersteun. (6)
2.4 Stel TWEE redes voor waarom die interpretasies van FW de Klerk en Albie
Sachs verskil. (4)
2.5 FW de Klerk en Albie Sachs het hul aansprake ná die byeenkoms gemaak.
Hulle het dus die voordeel van nakennis gehad. Hoe sal dit die
betroubaarheid van hierdie bron beïnvloed vir 'n historikus wat die gebeure
in Suid-Afrika in 1992 bestudeer? (4)
[20]
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSBELIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GESKIEDENIS: VRAESTEL II Bladsy 4 van 9
VRAAG 3 HUIDIGE KWESSIE IN DIE MEDIA
Dit is 'n uittreksel uit 'n artikel wat op 27 Oktober 2015 in 'n gewilde Suid-
Afrikaanse vrouetydskrif, Marie Claire, gepubliseer is. Die artikel lewer
kommentaar op die rol van vroue in die #FeesMustFall studente-
opstandbeweging in Suid-Afrika.
… Die #FeesMustFall studenteprotesaksie was
om verskeie redes baanbrekerswerk*: dit was die
grootste, wydverspreidste studenteprotes sedert
die 1976 Soweto-opstande. Die kollektiewe mag
van die studente ... het in 'n kort tydjie
verandering gebring. Hulle het ook die vermoë
van sosiale media geïllustreer om saam te staan
en bewustheid te verhoog. Maar een ding wat
veral uitgestaan het, was die feit dat vroue die
aksie gelei het. (Paragraaf 1)
Regdeur Suid-Afrika se geskiedenis, en die
geskiedenis van burgerregtebewegings in die
algemeen, is feminisme en vroue dikwels opsy
gestoot. Wat maatskaplike onregte aanbetref,
het segregasie en rassisme histories voorrang
geniet* bo vrouekwessies ... Sosiale media het 'n
groot rol gespeel om die narratief * van vroueleiers openbaar te maak ... (Paragraaf 2)
Onder hierdie hutsmerk het jong vroulike studente en ouer vroulike werkers by universiteite
regoor die land opgestaan om die skares te lei en te motiveer, selfs toe hulle gekonfronteer
is met skokgranate, rubberkoeëls en waterkanonne ... Wits SR-president, Shaeera Kalla ... en
Nompendulo Mkatshwa ... het twee van die mees ikoniese* leiers van die protesaksie
geword. Die #FeesMustFall-protesoptogte het van Wits Universiteit na die res van die land
versprei, en gekulmineer* in die finale nasionale opmars na Luthuli-huis en die Uniegebou.
Hulle het getoon hoe magtig samewerking tussen studente en werkers van alle politieke
affiliasies deur inklusiwiteit* kan wees ... Daar is egter steeds bewyse dat vroulike leiers
ongemak by sommige veroorsaak. Nompendulo het opgemerk dat wanneer sy in die
openbaar praat, die skare se reaksie minder entoesiasties is as vir haar kollega, Mcebo
Dlamini, voormalige SR-president. (Paragraaf 3)
[Aangepas van: Devaksha Vallabhjee. 27 Okober 2015. #MbokodoLead: The Women Leading The
#FeesMustFall Movement. [AANLYN] Beskikbaar by: <http://www.marieclaire.co.za>
(Verkry 1 Januarie 2018)]
* baanbrekerswerk – nuut of grondverskuiwend
* voorrang geniet – was belangriker
* narratief – die storie of volgorde van gebeure
* ikoniese – beroemde
* gekulmineer – op iets uitloop, 'n hoogtepunt bereik
* inklusiwiteit – om op gelyke voet ingesluit te word
IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GESKIEDENIS: VRAESTEL II Bladsy 5 van 9
3.1 Verduidelik hoekom die #FeesMustFall-beweging met die Soweto-opstande
van 1976 vergelyk word. Gee EEN rede uit jou eie kennis en TWEE redes
uit Paragraaf 1. (6)
3.2 Gebruik die bron en jou eie kennis om te verduidelik wat 'n "beweging" is. (2)
3.3 Stel VIER eienskappe voor wat die protesaksie van vroue in die
#FeesMustFall-beweging met die Vrouebeweging van die 1960's in die
Verenigde State gemeen het. (Verwys na Paragraaf 3.) (8)
3.4 Hoe toon hierdie artikel die veranderende rol en posisie van vroue in die
Suid-Afrikaanse samelewing? Staaf jou antwoord met verwysing na
Paragraaf 3. (4)
[20]
60 punte
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSBELIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GESKIEDENIS: VRAESTEL II Bladsy 6 van 9
AFDELING B BRONGEBASEERDE VRAE
Bestudeer die bronne in die Bronmateriaalboekie en beantwoord die
volgende vrae:
Verwys na Bron A
4. Noem VIER redes, behalwe ekonomiese sanksies, wat volgens Roelf
Meyer die ineenstorting van apartheid veroorsaak het. (8)
5. Hoe het ekonomiese sanksies volgens Roelf Meyer bygedra tot die
ineenstorting van apartheid,? Jou antwoord moet uit TWEE punte bestaan. (4)
Verwys na Bron A en Bron B
6. Verduidelik die uitwerking van sanksies op party Suid-Afrikaners.
Ondersteun jou antwoord met EEN aanhaling uit Bron A en EEN aanhaling
uit Bron B, Paragraaf 5. (6)
7. Dink jy dat alle Suid-Afrikaners die effek van sanksies op dieselfde manier
ervaar het? Gebruik die bronne en jou eie kennis om jou antwoord in TWEE
omvattende punte te verduidelik. (6)
Verwys na Bron B
8. Waarom sou die verontagsaming van die "doeltreffendheid van sanksies"
deur party mense as propaganda beskou kan word? (Paragraaf 2.) Jou
antwoord moet uit EEN omvattende punt bestaan. (2)
9. Verwys na hierdie artikel deur Alexander Laverty en verduidelik die mate
waarin ekonomiese sanksies beskou is as die rede vir die ineenstorting van
apartheid. Jou antwoord moet uit DRIE omvattende punte bestaan. (6)
Verwys na Bron B
10. Vind 'n historiese konsep in Bron B wat die beste pas by elk van die
volgende definisies. Skryf slegs die historiese konsep neer. (Geen
verduideliking word benodig nie.)
10.1 Die onttrekking van handel en finansiële ondersteuning uit 'n land ten
einde druk op die regering te plaas om politieke of sosiale beleid te
verander. (2)
10.2 Bevooroordeelde of misleidende inligting wat gebruik word om 'n
politieke oorsaak of standpunt te bevorder. (2)
10.3 'n Stelsel van segregasie en diskriminasie gegrond op ras. (2)
IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GESKIEDENIS: VRAESTEL II Bladsy 7 van 9
Verwys na Bron C
11. Verskaf EEN bewysstuk uit die bron wat toon dat die Anti-
Apartheidsbeweging boikotte aangemoedig het. (2)
12. Stel TWEE redes voor waarom die Anti-Apartheidsbeweging die 1976-
afbeelding op hul plakkaat gebruik het. (4)
13. Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie plakkaat vir die historikus wat die
weerstand teen apartheid in die 1980's bestudeer. Jou antwoord moet uit
TWEE punte bestaan. (4)
Verwys na Bron D en Bron E
14. Gebruik Bronne D en E om die volgende vrae te beantwoord. Skryf
slegs die antwoord neer.
14.1 Noem die anti-apartheidsveldtog waarna BEIDE bronne verwys. (2)
14.2 Verskaf TWEE leidrade uit Bron E wat jou antwoord op die
bostaande vraag ondersteun. (4)
14.3 Skryf TWEE aanhalings uit Bron D neer om aan te toon dat die
veldtog suksesvol was. (4)
14.4 Kan die veldtog waarna daar in albei bronne verwys word, as 'n
ekonomiese sanksie geklassifiseer word? Verduidelik jou antwoord. (4)
Verwys na Bron F
15. Skryf bewyse uit die bron neer wat daarop dui dat Margaret Thatcher 'n
beleid van konstruktiewe betrokkenheid, eerder as sanksies teenoor, Suid-
Afrika gevolg het. (2)
16. Gebruik bewyse uit die bron om TWEE redes te verskaf waarom Margaret
Thatcher konstruktiewe betrokkenheid teenoor Suid-Afrika gebruik het. (4)
Verwys na Bron G
17. Gebruik Bron G sowel as jou eie kennis om aan te dui of die volgende
stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs WAAR of ONWAAR neer.
(Geen verduideliking word benodig nie.)
17.1 Die Suid-Afrikaanse ekonomie was onstabiel voordat sanksies in die
1980's ingestel is om druk op die regering uit te oefen. (2)
17.2 Die Anti-Apartheidsbeweging in Brittanje het alleen gewerk om
boikotte van Suid-Afrikaanse produkte te bewerkstellig. (2)
17.3 Sanksies het as 'n simbool teen apartheid gefunksioneer en was nie
doeltreffend in die stryd om apartheid te beëindig nie. (2)
17.4 Boikotte teen Suid-Afrika was slegs ekonomies van aard. (2)
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSBELIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GESKIEDENIS: VRAESTEL II Bladsy 8 van 9
17.5 Die Anti-Apartheidsbeweging het vreedsame protes teen die
apartheidsregering in Suid-Afrika gebruik. (2)
Verwys na Bron G en Bron H
18. Sou dit korrek wees om te beweer dat protes deur die publiek, eerder as
ekonomiese sanksies, gehelp het om die apartheidsregering te vernietig?
Verduidelik jou antwoord met bewyse uit ALBEI bronne. (6)
Verwys na Bron H
19. Vind 'n historiese konsep in Bron H wat die beste by elk van die
volgende definisies pas. Skryf slegs die historiese konsep neer. (Geen
verduideliking word benodig nie.)
19.1 Die weiering, as 'n vreedsame vorm van politieke protes, om sekere
onregverdige wette te gehoorsaam. (2)
19.2 Die besluit van lande om nie met apartheid-Suid-Afrika handel te dryf
of in die land te belê nie. (2)
19.3 'n Grondwetlike reg om 'n besluit of voorstel wat deur 'n wetgewende
liggaam gemaak is, te verwerp. (2)
90 punte
IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GESKIEDENIS: VRAESTEL II Bladsy 9 van 9
AFDELING C BRONGEBASEERDE OPSTEL
Gebruik Bronne A tot H in die Bronmateriaalboekie om 'n brongebaseerde
opstel oor die volgende onderwerp te skryf:
In watter mate was ekonomiese sanksies verantwoordelik vir die ineenstorting van
apartheid?
Maak seker dat jy die bronne wat voorsien is, gebruik om jou argument saam
te stel en onthou om die letters te gebruik om na die bronne te verwys.
50 punte
Total: 200 punte
IEB Copyright © 2018
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 History notes
CAPS revision notes with worked examples.
- History questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 History quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 History past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 IEB past papers
More History and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paperIEB
History Grade 12 IEB Paper 1 2019 Question Paper

Question paperIEB
History Grade 12 IEB Paper 1 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
History Grade 12 IEB Paper 1 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
History Grade 12 IEB Paper 2 2019 Question Paper

Question paperIEB
History Grade 12 IEB Paper 2 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
History Grade 12 IEB Paper 2 2019 Question Paper (Afrikaans)
Related documents

Question paperIEB
History Grade 12 IEB Paper 2 2018 Question Paper

AddendumIEB
History Grade 12 IEB Paper 2 2019 Addendum (Afrikaans)

MemorandumIEB
History Grade 12 IEB Paper 2 2018 Memo

Question paperIEB
History Grade 12 IEB Paper 1 2018 Question Paper

Question paperIEB
History Grade 12 IEB Paper 2 2017 Question Paper

Question paperIEB
History Grade 12 IEB Paper 2 2017 Question Paper
More from Grade 12 History

MemorandumIEB
History Grade 12 IEB Paper 1 2019 Memo

MemorandumIEB
History Grade 12 IEB Paper 2 2019 Memo

AddendumIEB
History Grade 12 IEB Paper 2 2019 Addendum

MemorandumIEB
History Grade 12 IEB Paper 1 2018 Memo

Question paperIEB
History Grade 12 IEB Paper 1 2017 Question Paper

MemorandumIEB